Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Pyn en siekte is meestal nie 'n straf van God nie maar 'n geleentheid wat Hy aan ons gee vir verskeie redes. Soms is dit net om weer na liggaam en gees te herstel tot daar waar ons weer tyd maak om Hom te loof en tyd te maak vir ander dinge wat gedoen moet word.
DIE BOLERO
Geniet hierdie uitstekende kunstenaars:
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-15-june-2022-bolero-with-a-difference/
MET RYPERD EN MAUSER (7)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
VERRAAI EN ONTWAPEN
Dr JP Botha
Ons veldkornet, Johannes Eloff, wou nie die wa van Frans du Toit laat huis toe gaan nie want ons het hom baie nodig gehad om die voetgangers mee te vervoer.
Die môre toe die kommando per trein vertrek, lê ek weer plat met ‘n hewige kouekoors. By die walaer wou ek nie graag agterbly nie, maar my Veldkornet het dit raadsaam geag om my nie saam met die perdekommando te stuur nie. Hy het my verseker dat die walaer al met die spoor langs na Johannesburg sou trek, sodat ek dan weer die kans sou hê om by die perdekommando aan te sluit. Daarop het ek maar ingewillig om agter te bly - ook maar gelukkig vir my, want later het my maats wat daarby was my vertel dat dit die kragte van ‘n gesonder man geverg het om al die ontberings op pad vanaf Kliprivier na Pretoria te deurstaan. Sommige voetgangers moes naderhand van vermoeidheid hul kos en komberse agterlaat en kon uiteindelik selfs sonder hierdie las skaars meer van uitputting voortstrompel.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 1:9-27
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 1:19-27 Hoor en doen
In die Joodse kultuur was daar baie gesegdes wat by hierdie raad van Jakobus aansluit. In Spreuke kry ons ook heelwat soortgelyke raad. “Meer woorde bring nie minder sonde nie. Hy wat sy woorde tel, is verstandig” (Spr. 10:19) “Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe.’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer” (Spr. 13:3) “Jy sien self daar is meer hoop vir ʼn dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink” (Spr. 29:20) Die Griekse filosoof Zeno, (490 v.C.) het gesê dat ’n mens twee ore en een mond het, sodat ’n mens meer kan luister en minder kan praat.
Jakobus se raad is ook dat ʼn mens nie so vinnig moet kwaad word nie. ’n Onderwyser bereik baie meer met aanmoediging, as wanneer hy ’n leerling met die tong bykom. ’n Prediker wat raas en baklei, gaan nie veel met mense se siele uitrig nie. ’n Ouer moet onthou, dat wanneer die klem van sy opvoeding op liefde val, dit baie meer krag het as wanneer hy woede openbaar.
’n Goeie lewensuitkyk is om stadig te wees om te praat, stadig om kwaad te word, en vinnig om te luister.
GETUIG U LEWE VAN DIE WARE GOD EN SY EVANGELIE?
Hannes Ollewagen
Ps. 53:1-7. “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.” (:2).
Geliefdes, u kan gerus Psalm 53 lees. U kan selfs uit Psalm 14 lees waar u hierdie selfde Psalm, met enkele verskille, sal vind. Ek glo nie dat hierdie Psalm per ongeluk twee maal in die Woord van die HERE ingesluit is nie. Ek glo dat die herhaling van hierdie selfde boodskap juis vir ons ‘n beklemtoning daarstel. Dit is om die belangrikheid van die boodskap vir ons duidelik te beklemtoon.
Wanneer ons dink aan iemand wat sê dat daar geen God is nie, dink ons gewoonlik aan diegene wat die evolusie-teorie (eintlik evolusie-dwaalteologie) se misleiding volg. Hulle wat op allerhande maniere die wonder van die Skepping en die ontstaan van alle dinge probeer “verduidelik”. Hulle probeer “bewys” dat die wêreld op ‘n ander wyse ontstaan het as wat daar in Génesis geleer word. En die doel hiervan is niks anders as om die bestaan en die heerskappy van God oor alle geskape dinge te probeer ontken nie. Daarom dat ons met waarheid kan stel dat die evolusieleer ‘n dwaalteologie is en ligjare van ware wetenskap staan. Die ontkenning van God se bestaan bied tog die grondslag vir ‘n algehele verwerping en vernietiging van sy insettinge, gebooie en verordeninge. En dit is eintlik die doelwit van hierdie verwerplike kettery wat selfs op universiteite as waarheid voorgehou word.
MET RYPERD EN MAUSER (6)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
MAFEKING ONTSET
Dr JP Botha
Aan die begin van Mei 1900 het gerugte die rondte gedoen dat kol. Mahon met ‘n sterk troepe-afdeling aan die nader is om vir 'Barend Paul' (Baden Powell) uit sy benarde posisie te kom verlos en Mafeking te ontset. Van Vryburg af was ‘n ander afdeling van die vyand aan die kom, met wie die Boere by Kraaipan slaags geraak en ‘n paar van hulle minder gemaak het. Hulle het toe langs ‘n wye omweg getrek totdat hulle by eersgenoemde mag aangesluit het.
Elke dag het van ons patrollies van hul verkenningswerk teruggekeer sonder om tekens van die vyand te gewaar. Tot op die aand van die 15e Mei kon hulle nog geen nuus van die Engelse bring nie. Een van die windmakers, ‘n sekere Diederiks, sê toe aan die kommandant: “Gee my agt goeie kêrels, dan sal ek môreaand vir hulle kom sê waar die Engelse is!”
Die agt man is daarop aangewys en ek is jammer om te sê dat ek ook een van hulle was.
DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
Ds A.E. van den Berg
“Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge” (I Kor. 12:13).
Die doop met die Heilige Gees is ʼn Bybelse gegewe waaroor dwaalleer verkondig word omdat mense nie die Bybel ken nie. Dwaalleer is die gevolg van gebrekkige Bybelkennis wat mense leuens laat glo. Jesus berispe die kerklui van sy tyd: “. Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ........” (Mt.22:29).
Alle dwaalleer is skadelik vir die geloof en ʼn bespotting van God. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” (Gal.6:7).
Een van die bekendste dwalings kom in Charismatiese kringe voor. Charismate glo dat mense met hul bekering nie die Heilige Gees ten volle ontvang nie en dat daar ná die bekering na die volle seën daarvan gestreef moet word; ’n tweede seën (secondblessing) wat verkeerdelik die doop met die Heilige Gees genoem word. Hierdie eenmalige seën plaas gelowiges op ʼn hoër geestelike vlak as diegene daarsonder. Dis ʼn dwaling!
WANNEER ONS OUD WORD
Net voor ons ernstig raak en die Here dank vir nog 'n wonderlike dag, geniet hierdie video.
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-11-june-2022-old-farts-dilemma/
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 1:9-18
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 1:9-11 Arm en ryk in die gemeente
Christenskap gee aan elke individu dít wat hy of sy nodig het. Aan die persoon wat arm is of minderwaardig voel, verleen dit selfrespek en ’n gevoel van selfwaarde. In die vroeë Kerk was daar geen klasseverskille nie. Dit was heeltemal moontlik dat die slaaf die prediker in die gemeente kon wees wat die sakramente bedien het, terwyl die eienaar van die slaaf, net ’n gewone lidmaat was. Geen indiwidu was belangriker as die ander nie. Elke mens het geleer dat hy of sy vir God kosbaar en bruikbaar is, omdat Jesus vir elkeen gesterf het.
HOE DIE APOSTELS GESTERF HET
Wanneer u hier gelees het sal u besef dat u eie swaarkry en opofferings moontlik niks is in vergelyking met die vervolging en wreedheid wat die apostels en evangeliste ná Christus se Hemelvaart moes deurmaak nie. Laat ons dan ook aan ons broers en susters in Christus dink wat steeds hieronder gebuk gaan en die dood daagliks weens hul geloof in die gesig moet staar.
- Matteus: Hy was ‘n belastinggaarder wat ‘n envangelis geword het. In Ethiopië het hy ‘n martelaarsdood gesterf toe hy met ‘n byl doodgekap is.
- Simon die Seloot: Sy dood is in onduidelikheid gehul. Volgens vroeë vertellings is hy òf in die koninkryk van Iberië (Georgië) òf in Samaria, òf in Persië gekruisig.
- Petrus: Hy is onderstebo gekruisig. Volgens oorlewering het hy dit só versoek aangesien hy homself onwaardig beskou het om op dieselfde wyse as sy Meester te sterf.
MET RYPERD EN MAUSER (5)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
MAFEKING "AANGEVAL"
Dr JP Botha
Gedurende die paar maande wat ons klompie Mafeking verlaat het, het daar twee gebeurtenisse plaasgevind wat meldenswaardig is: Daar het ‘n oproep van die Kommandant-Generaal gekom om soveel as moontlik van die Mafekingse burgers na Colenso te stuur, waar die oorwig van die vyand al haas gedreig het om te veel vir die weerstand van die Boeremagte te word. Hulle is toe soontoe.
Verder het die vyand ‘n aanval gewaag op een van ons forte, wat die “Platboomfort” genoem is. Die fort was tussen ‘n aantal jong doringboompies geleë. Die vyand het vroeg in die môre, toe dit pas lig was, reeds begin om die fort aan te val.
HOFSAAK TEEN RAMAPHOSA EN BENDE
'n Mens wonder hoeveel mense bewus is van die hofsaak wat teen Cyril Ramaphosa, teen die Parlement, en teen die Sentrale Bank in die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof aanhangig gemaak is. Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy nie die mense van Suid-Afrika se belange verdedig het nie toe hy sonder om ondersoek in te stel, die storie van 'n Covid 19-virus sonder meer aanvaar en 'n nasionale noodtoestand verklaar het. Die hele Parlement word aangekla omdat hulle Ramaphosa nie ondervra het daaroor nie en sonder meer met hom saamgewerk het. Die Sentrale Bank van Suid-Afrika word aangekla dat hulle sonder bewyse dat daar 'n virus bestaan, 'n lening van biljoene aan Ramaphosa toegestaan het om die viruskabaal mee te finansier en daarmee die mense van Suid-Afrika diep in die skuld te delg.
U word gevra om vir hierdie saak te bid sodat die persone wat dit aanhangig gemaak het sal slaag om ons land te bevry van die Nuwe Wêreldorde wat besig is om die wêreldbevolking met die gifinspuitings uit te moor. Sommige van die betrokkenes by die hofsaak is reeds so ernstig gedreig dat hulle moes onttrek en die vrees bestaan dat sommiges vermoor sal word om sodoende die hofsaak nie te laat voortgaan nie.
Vir meer inligting oor die saak, kyk na die video by die skakel hieronder. Dit sal waarskynlik nie lank daar toegelaat word nie.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 1
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 1
Jakobus 1:1 Jakobus beskryf homself met ’n titel waarin sy enigste eer en glorie lê in die feit dat hy ’n dienaar van God en die Here Jesus Christus is. Judas, die skrywer van die Judasbrief, is die enigste ander Nuwe Testamentiese skrywer wat homself met hierdie woorde beskryf, sonder enige verdere kwalifikasie. Hy was ook ’n broer van die Here Jesus. Hierdie titel, doulos in Grieks, veronderstel absolute gehoorsaamheid, nederigheid, en lojaliteit. Dit impliseer ook ’n sekere mate van trots. Al die geloofshelde van die Ou Testament het as die doulos van God bekend gestaan. Deur hierdie titel vir homself toe te eien, het Jakobus homself gelykgestel aan ’n groot aantal persone wat hulle vryheid, hul vrede en hul eer gevind het in volkome onderdanigheid aan die wil van God, soos Moses, Elia, Jesaja ensovoorts.
SELFS SPOTTERS SIEN ANARGIE VOOR ONS DEUR
Vir reeds baie jare waarsku intelligente regse groepe ons land se mense dat die toestand van ons land afstuur op groot chaos en anargie. Dit wil voor kom of daardie tyd reg voor ons deur staan. Die mense van die land is keelvol vir die ANC-regime se korrupsie, onvermoë en koelbloedigheid. Geen munisipaliteit funksioneer nie; geen dienste word gelewer nie; die meeste van ons inwoners betaal privaat instansies om vullis te verwyder; tallehet boorgate gesink om hulself van water te voorsien want die munisipale water is òf besmet òf opgedroog en talle van ons het ons huise ten duurste met ‘n sonkragsisteem toegerus want Evkom (ja dit is wat sy werklike naam is, Elektrisiteitsvoorsieningskomitee) is in die afgrond in besteel en bankrot soos alle ander staatsdepartemente.
Sekere dorpe ervaar reeds die afgelope week verskeie opstande teen swak dienslewering, maar die ergste sal sekerlik oormore, Vrydag 10 Junie plaasvind wanneer die massas en veral taxi-bestuurders hulle stem gaan dik maak teen die brandstofprysverhogings. Mens wil amper simpatie daarmee hê maar ons weet ook dat so ‘n protesaksie tot groot anargie kan lei.
‘n Stukkie goeie raad: bly Vrydag uit die strate en wees paraat; daar sal tien teen een klippe gegooi en motors gebrand word.
Luister na die video by die skakel hieronder wat u sal inlig oor die verwagte anargie in Suid-Afrika. Toe die ingeligtes destyds hierdie toestand voorspel het, is daar met hulle gespot. Vandag sê dieselfde spotters dat hulle veiliger in die apartheidstydperk gevoel het; hulle self voorspel nou die groot chaos en anargie wat vir Suid-Afrika voorlê. Ja, jammer dat sommiges so lank neem om tot die regte insig te kom...
GROOTSTE KORRUPSIE OOIT!
As u meer wil weet van die moorde wat die Kabaal pleeg, van JF Kennedy in 1963, dr HF Verwoerd in 1966, tot nou toe Stephan Goodsen vermoor is, oor hierdie persone die Kabaal se planne teengestaan het, en as u meer wil weet oor die omvangryke korrupsie van die banke in Suid-Afrika, moet u tyd maak om die video by die skakel hieronder te kyk, THE HIDDEN TRUTH 2. As gevolg van die inhoud van die video, sal dit nie lank op YouTube verduur word nie; kyk dit so gou u kan.
MET RYPERD EN MAUSER (4)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
WEER NA DERDEPOORT
Dr JP Botha
Eers in Februarie 1900 het ons klompie vrywilligers uiteindelik verlof gekry om ‘n bietjie huis toe te gaan. Sommige van die burgers - ek inkluis - ly toe alreeds aan malaria. Ek kon die huis skaars haal en moes ‘n tydjie in die bed deurbring.
Oom Flippie van Vuuren, ons veldkornet, was ook met verlof. Vroeg op ‘n sekere oggend kry ons van hom kennis om op die plaas Brakspruit bymekaar te kom. Daar aangekom vorm ons ‘n kommando’tjie van omtrent vyftien man sterk. Hy vertel ons dat hy berig ontvang het dat die laer by Derdepoort deur die Bagatlas omsingel en vasgekeer is. Ons moes dadelik soontoe gaan om te kyk wat ons aan hulle haglike posisie kon doen. So begin ons reis weer die boswêreld in. Hierdie tog het my uithoudingsvermoë tot amper op sy breekpunt gespan, want die koors het my toe nog kwaai beet.
SIES RAMAPHOSA, SIES!
Daar word dikwels genoem dat sekere rasse bitter slim is as dit by kriminele dade kom - en alleenlik slim is daarmee. U sou saamstem dat dit briljant van Ramaphosa was om vir hom 'n "jagplaas" reg langs die Kruger Wildtuin aan te skaf, die omheinings te verwyder sodat wild vryelik in sy grond kan loop, dan 'n klomp jagters, plaaslik en van oorsee, te kry wat ten duurste betaal vir die wild wat hulle kom skiet, en dan skatryk daaruit te word, sowat R64 miljoen sover wat op sy plaas ontdek is en sekerlik nie die enigste inkomste daaruit nie.
ONthou, Ramaphosa het in 'n media-onderhoud gesê indien hy krimineel aangekla word, hy afstand sal doen van sy presidentskap - nie as hy skuldig bevind word nie; net as hy aangekla word. Laat ons sien hoe 'n gebore leuenaar dit regkry om sy presidentskap prys te gee ter wille van die waarheid...
Die video by die skakel hieronder wys hoe die gewetelose jagters tientalle skote moet skiet om 'n arme olifant plat te trek. Die lyding wat die dier deurgegaan het ruk aan 'n mens se hart. Die onvermoë van die idiote wat die snellers trek sny deur 'n mens.
https://lovinglifetv.com/where-and-how-did-ramaphosa-allegedly-get-us4-million-in-cash-lets-look/
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Mense verskil van mekaar en die Here loop met elkeen 'n unieke pad; ons moet dit leer verstaan en ophou om bemoeisiek te wees. Petrus het hom bemoei met wat Jesus se plan vir Johannes is, maar Jesus het Petrus geantwoord dat dit niks met hom te doen het nie, dat Petrus vir sy eie lewe moet sorg en Hom moet volg. Ons oordeel mekaar so vinnig – klim uit hierdie strik uit en sorg dat jou eie lewe met God daarin in orde is.
DIE HERE WAG REEDS DAAR
Luister gerus na hierdie pragtige lied van Rudi Claase en Charnè Hugo.
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-5-june-2022-die-here-wag-reeds-daar/
MET RYPERD EN MAUSER (3)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
GEVEGTE BY KROKODILPOEL
Dr JP Botha
"In die heetste van die geveg skree die Duitser vir sy artilleriste: 'Laag skiete, dat hullie kan lank vrekke!' ”
Op hierdie stadium was daar vir ons kommando’tjie op Derdepoort verder niks te doen nie. Ou kmdt Du Plessis se laer moes daar bly om ‘n moontlike inval in Transvaal deur die vyand vanuit hierdie rigting te verydel. Ons driehonderd burgers is toe weer terug na die laer van kmdt Pieter Daniël Swart.
Toe ons honderd vrywilligers by Mafeking gewerf is vir die aanval op die Bagatlas by Derdepoort, het die offisiere ons belowe sodra ons taak daar afgehandel sou wees, ons vir ‘n paar weke verlof sou kry. Almal gesels toe net hoe lekker dit sal wees om weer ‘n slag tuis te wees. Na ‘n paar dae se rus begin die burgers kmdt Dawid Louw oor ons beloofde verlof te pols. Sy antwoord was dat hy dit nie op eie houtjie kon toestaan nie, maar hy sou eers na Mafeking moes gaan om verdere bevele van die offisiere daar te ontvang. Ons moes maar intussen eers op Derdepoort bly tot hy terugkom. Hiervoor het ons nie kans gesien nie. Ons het vir hom gesê ons sien geen sin in ‘n nuttelose leeglêery solank as wat hy weg is nie.
AAN WATTER JUK TREK ONS?
Hannese Ollewagen
Matt. 11:25-30
“Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (:29&30).
Geliefdes, daar word op verskeie plekke in die Woord van die HERE na ‘n juk verwys. Die ouer mense onder ons sal natuurlik baie beter bekend wees met die doel en die werking van hierdie voorwerp. Wanneer osse onder ‘n juk gebring word, is dit vir hulle nie moontlik om vanself daar uit te kom nie. En hulle word ook onder die juk gebring wanneer hulle harde werk moet verrig en swaar vragte moet trek. Daarom is die gebruik van ‘n juk as voorbeeld van diensbaarheid in die Woord van die HERE natuurlik baie gepas.
Ons lees in Deut. 28:48 hoedat die HERE sy volk waarsku dat hulle onder ‘n juk van sware diensbaarheid gebring sal word indien hulle aan Hom ongehoorsaam is.
“...sal jy jou vyand wat die HERE teen jou stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.”