Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Martin Luther het by geleentheid gewaarsku dat elke mens self die keuse moet maak oor wie sy sonde moet dra: jy dra óf die sonde op jou eie skouers óf jy het die aan Christus, die Lam van God gegee. As jy self jou sonde dra, is jy verlore, maar as dit op Christus rus, sal jy gered word.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 3
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 3:1-12 Beheersing van die tong
In die vroeë Kerk was die rol van ’n leermeester van baie groot belang en hulle is ook met groot agting behandel. Die Griekse woord wat Jakobus hier gebruik vir leermeesters, is didaskaloi. Dit is dieselfde woord waarvandaan ons Afrikaanse woord, “didaktiek”, wat “lerende onderwys”, beteken, afgelei is. In 1 Korintiërs 12:28 noem Paulus diegene wat onderrig gee, as een van die lys van sommige ledemate wat God aan sy gemeente, die liggaam van Christus, gegee het. Die apostels en die profete het altyd rondgereis en het nooit lank in een gemeente gebly nie. Die mense wat onderrig gegee het, het in die gemeente gebly en ’n baie belangrike werk gedoen om die nuwe bekeerlinge te leer en op te voed in die Christelike geloof.
MET RYPERD EN MAUSER (10)
Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
DIE BEGIN VAN ONS VLIEËNDE KOMMANDO’S
Frans du Toit was toe ook noodgedwonge verplig om saam met sy Engelse vriende in die kamp, in die skuilings vir die Boere se koeëls weg te kruip. Sy huis was maar ongeveer vyf kilometer van die kamp af geleë en ek het gewens ek kon hom - en veral sy vrou - weer ontmoet om haar my perde en geweer te wys waarmee ek nou weer lustig teen hulle vriende veg. Ongelukkig kon ek nie die geleentheid kry nie deurdat ek skielik saam met veldkornet Van Tonder in die middel van die nag die kamp moes verlaat om hulp te gaan verleen aan president Steyn en generaal De Wet, wat deur ‘n vyandelike oormag gedwing is om noordwaarts te vlug.
Ons klompie onder veldkornet Van Tonder het die President en generaal De Wet by Olifantsnek ontmoet. Daarna is ons oor die nek in die rigting van Magaliesburg, totdat ons kontak met die Vrystaatse agterhoede op Middelfontein gemaak het.
MODERNE PROFETE
Ds. A.E. van den Berg
“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan”(1 Joh.4:1).
Charismate hou dikwels kerkkampe om mense te leer hoe om te profeteer. Dis ʼn ernstige dwaling want die Bybel sê duidelik dat profesie ʼn gawe van God is. Mense leer dit nie aan nie. God gee dit aan wie Hy wil.
Charismate glo dit vir geen oomblik nie en glo dat dit wel aangeleer kan word. Hulle glo dat God op so ʼn wyse boodskappe aan die moderne profete gee om aan mense mee te deel. Getalle neem ten opsigte hiervan oorhand toe! Jesus waarsku in Mt.24 teen die valse profete van die laaste dae en sê dat daar baie van hulle gaan wees met baie volgelinge wêreldwyd. Satan werk onder hulle!
HET ONS VOLK NOG ENIGE KENNIS?
Hannes Ollewagen
Jes. 1:1-31
“’n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.” (:3)
Geliefdes, hierdie is nie ‘n geïsoleerde geval waar God sy volk oor hul gebrekkige kennis aanspreek nie. Luister gerus na die woorde van die HERE uit Jesaja 5:13. “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis ...”. En die profeet Hoséa getuig ook hiervan. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...” (Hos. 4:6).
Hierdie gebrekkige kennis waaroor die HERE sy volk aanspreek, is nie ‘n gebrek aan kennis oor ekonomiese sake, politiek, onderwys of dergelikse sake nie. Dit spreek ons aan oor ‘n gebrek aan kennis van Hom. En hierdie woorde is vir ons volk nog nét so van toepassing as wat dit vir die volk van Israel in die dae van Jesaja en Hoséa was. Die HERE het vandag steeds ‘n behae daarin dat ons ‘n ware kennis van Hom moet hê. “Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (Hos. 6:6).
GRIEP TERUG, "GEJABDES" ERG SIEK
Dit is kostelik hoe die gewone griepvirus vir 2 jaar vakansie gaan hou het en nou weer terug is. Maar hierdie keer is hy nie so genadig as in die verlede nie, minstens nie met die mense wat die gifinspuiting gekry het. Hulle immuniteit is mos deur die inspuiting afgebreek, dus land hulle in groot getalle in hospitale. In Australië is daar dubbel soveel grieppasiënte in hospitale as wat daar met covid lê.
En steeds word ons wysgemaak dat die aappokke lewensgevaarlik is. Nee wat, wees gerus, u behoort dit nie eers aan te steek nie behalwe as u dalk homoseksuele gewoontes het, of letterlik met iemand wat dit het, se blasie-vloeistof in aanraking was.
Kyk na die video by die skakel hieronder om meer daaroor te wete te kom:
https://lovinglifetv.com/the-truth-about-the-flu-monkeypox-and-covid-19/
DIESEL-ENJIN-OLIE ONVERKRYGBAAR
Ons is almal bewus van die poging van die globaliste van die Nuwe Wêreldorde om 'n voedselskaarste te skep presies soos in OPenbaring 6 aangedui. Een van die mees suksesvolle pogings sal sekerlik die nuutste een wees om die produksie van diesel-enjin-olie te stop - iets wat hulle beoog om binne die volgende weke uit te voer.
Die meeste groot trokke wat voedsel vervoer gebruik diesel; hulle het dus diesel-olie vir die enjins nodig. Die plan is om vir minstens 'n jaar geen diesel-enjin-olie te vervaardig nie.
Kyk na die video by die skakel hieronder en neem gerus die raad aan om bitter vinnig 'n voorraad daarvan bymekaar te maak vir gebruik in krisistye.
GEEN MASKERS - HOE LANK?
Baie mense is seker verlig oor die herroepping van die staat van rampspoed met betrekking tot die dra van maskers, samekomste en toegang tot Suid-Afrika. Dit beteken geen maskers hoef gedra te word nie, mense kan weer in onbeperkte getalle bymekaar kom, en dat enigiemand wat Suid-Afrika binnekom nie meer die gifinspuiting vooraf hoef te kry nie.
Dit alles klink baie positief en mens kan maar net hoop dat dit nie 'n ompad is tot groter inperkings nie. Niks, maar niks, keer hierdie onbevoegde, skelm regering om oor 'n maand bekend te maak dat die wegneem van maskers veroorsaak het dat 'n virus, of dit nou covid of aappokke of wat ookal is, 'n "pandemie" meegebring het nie. En dan, en dan, sal daar strenger maatreëls as ooit tevore wees...
Maar geniet hierdie (kort) periode van normaliteit solank as dit hou! En kyk na die video by die skakel hieronder om te bevestig waarvan ons praat.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 2:14-26
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 2:14-26 Glo en doen
Wanneer ons hierdie gedeelte lees kan dit maklik gebeur dat ons dink Jakobus en Paulus mekaar weerspreek. Paulus sê telkemale baie duidelik dat ons uit genade gered is (Efes. 2:8). Ons moet egter raaksien dat Jakobus se klem dieselfde is as wat ons dwarsdeur die hele Nuwe Testament kry. Johannes die Doper het geleer dat mense die egtheid van hulle bekering moet wys deur hulle dade (Matt. 3:8; Luk. 3:8). Jesus het self gepreek dat mense se lewens só die lig moet laat skyn deur hulle dade, dat ander wat dit sien, aan God al die eer sal gee (Matt. 5:16). Hierdie klem ontbreek geensins by Paulus self nie. Daar was min van die Bybelskrywers wat soveel klem geplaas het op die etiese aspek van ons Christenskap. Hy het altyd die belangrikheid van ons Christendade as deel van ons Christelike lewe beklemtoon. “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade” (Rom. 2:6). “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee” (Rom. 14:12). “God sal elkeen beloon volgens sy werk” (1 Kor. 3:8). “…sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Kor. 5:10).
VOEDSELPLAN OM ANTICHRIS TE DIEN
Sintetiese vleis- en suiwel-alternatiewe is GMO-gemorskos op steroïede
Hier staan ons nou op die vooraand van sintetiese voedsel vir die hele wêreld – dis nou indien die Nuwe Wêreldorde se ryk base hulle sin kry. Suid-Afrika sal vermoedelik nog lank daarteen veg en moontlik nooit heeltemal onderwerp word aan hierdie satansplan nie maar daar is lande waar dit reeds beproef word onder andere Singapoer wat reeds gekweekte vleis vir kommersiële verkoop goedgekeur het. Tot dusver is dit 'n verlore onderneming. Soos berig deur die Daily Mail, word die fetale (fetusse) beesserum (FSB) wat gebruik word om die “vleis” te kweek, verkoop vir $1 000 per liter, so, gekweekte vleis sal teen $200 000 per pond moet verkoop om net gelyk te breek.
In die VSA en ‘n paar ander lande het 'n ander soort beesvleisalternatief wat nie 'n fortuin kos om te maak nie, die mark oorgeneem, naamlik “plantgebaseerde” vleisvervangers onder name Impossible Burger en Beyond Meat. Ongelukkig vir hierdie maatskappye is daar tydens hofsake bewys dat dit nie plantaardig is nie.
OM IN DIE WAARHEID TE LEEF
Hannes Ollewagen
Joh. 1:15-34
“Want die wet is deur Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.” (:17).
Geliefdes, ons lees in Psalm 25 van die pragtige versoek wat Dawid aan God rig. “Dalet. HERE, maak my u weë bekend; want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.” (:4&5). Ja, uit hierdie versoek besef ons opnuut waarom hierdie man ‘n man na aan God se hart was. Ons besef weer waarom God hom so innig liefgehad het. Hierdie man, hoewel nie sonder sonde nie, het in opregtheid begeer om in die weë van die HERE te leef. Hy het met opregtheid begeer om die waarheid te ken omdat hy hierin wou leef. Dit word vir ons in Ps. 26:3 bevestig. “...want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.”
MET RYPERD EN MAUSER (9)
Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
DIE ENGELSE VLUG NA MAFEKING
"Ons was nog aan die skiet toe kom generaal De La Rey weer op ons af met sy sambok. Koos Swanepoel het nog nie van hierdie gewoonte van die Generaal geweet nie, met die gevolg dat hy te stadig was om genoeg ruimte tussen hom en die sambok te maak."
Hiervandaan is ons verder na Swartruggens. Op die terrein waar die NG-kerk later gebou is, het ons ‘n Engelse kamp aangetref. Teen hierdie tyd het ons al weer vir enige vyand kans gesien, want ons getal weerbare manne is aansienlik versterk deur die Maricokommando. Veldkornet Van Heerden, ook uit die distrik Rustenburg, se klompie burgers was ook weer bymekaar. Ons het van hulle ook ‘n klompie perde gekry.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 2
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 2
Jakobus 2:1-13 Moenie volgens die uiterlike oordeel nie
Die Nuwe Lewende Vertaling stel vers 1 so mooi en sê dat ons nie kan bely dat ons in die Here Jesus glo, en dan ander mense sommer so op die uiterlike beoordeel nie. Jesus het vir ons die regte voorbeeld gestel en selfs die Fariseërs het dit erken. (Luk. 20:21; Mark. 12:14; Matt. 22:16). Petrus het ook hierdie les geleer toe hy die gesig gesien het van die doek met die rein en die onrein diere in Handelinge 10. In Handelinge 10:34 erken hy dat hy tóé eers begryp het dat God geen onderskeid maak nie, maar uit alle volke mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is. Hierdie waarheid het Paulus ook voortdurend op die harte van sy lesers gedruk (Rom. 2:11; Efes. 6:9; Kol. 3:25).
WEGRAPING
Ds. A.E. van den Berg
“... En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mt.24:11).
Dwaalleer neem ontstellend onder volksgenote toe. Mense eet leuens vir soetkoek op omdat hulle geestelik honger is, maar op die verkeerde plekke na geestelike voedsel gaan soek en in die slagyster van fabels trap. “...want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie .... en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).
God gee vir ons die waarheid in sy Woord. Om dwaalleer te glo, is om met God te spot. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie...” (Gal.6:7). Een van die dwalings wat die meeste mense mislei, is die leer van die Wegraping. Dit leer in werklikheid twee wederkomste. Met die eerste vertoef Jesus in die lug terwyl Hy sekere gelowiges oppluk om hul die groot verdrukking te spaar. Later kom Hy vir ʼn finale keer as Regter aarde toe.
Klink hierdie eerste wederkoms en die wegraping reg? Beslis nie! Ongelukkig glo duisende volksgenote dit omdat hulle met tweedehandse kennis tevrede is. Hulle lees en bestudeer nie self die Bybel nie en aanvaar sondermeer oor wat ander daaroor sê. Dit laat mense baie leuens en fabels soos die wegraping glo. Dit staan glad nie eens in die Bybel nie!
DIE S.A. POLISIE...
...beskerming of bedreiging?
Ds. A.E van den Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte...” (Rom.13:3)
1. God en wetgewing
Omdat God reg en geregtigheid liefhet, het Hy wette gegee en regspraak ingestel:
“Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die Here jou God jou sal gee” (Deutr.16:20).
“Die Rots — volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy” (Deutr:32:4).
“Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense” (Ps.82:3,4).
MET RYPERD EN MAUSER (8)
(Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser )
TERUG NA KOMMANDO
Dr JP Botha
Dit was op ‘n Saterdag toe die Engelse my tweede perd gekommandeer het en ek weer voetganger geword het. Daardie Sondag lê ek weer plat van die malaria se kouekoors. Omstreeks twaalfuur dieselfde nag maak iemand my wakker en vertel dat veldkornet Van Tonder die volgende dag op Teerputsfontein, twintig kilometer daarvandaan, op ons sou wag. Haastig maak ons toe gereed want buiten my vader, was daar ook nog vyf ander burgers op die plaas.
In dieselfde rigting waarin ons dié nag moes stap, het ‘n groot Kakielaer gestaan, sodat ons langs ‘n taamlike omweg moes gaan. Die saal wat ek intussen weer in die hande gekry het, dra ek op my rug. Ons moes baie versigtig in die donker aansukkel want jy weet nooit hoe ver Kakie sy wagte geplaas het nie. Jy durf jou voete nie te hard teen die vaal grond laat neerkom nie. Graspolle en kaal kolle lyk net eenders.
Meteens struikel ek oor ‘n groot miershoop en kom anderkant op hande en voete te lande, onderwyl die gerinkel van die stiebeuels ver in die stil naglug hoorbaar is.
SA DIE NUWE WILDE WESTE?
Sien by die skakel hieronder 'n video van die arrogansie van misdadigers wat in Melrose, Johannesburg, helderoordag 'n plek beroof en daarna koeëls die strate deur vuur:
https://lovinglifetv.com/south-africa-crumbling-to-a-stage-where-it-mirrors-the-wild-west-of-old/
SAAM STAAN ONS 'N KANS
Dalk put u 'n bietjie aanmoediging uit die kort video hieronder:
WAT IS JEUGDAG?
Johan Dorfling
Hierdie dag in Suid-Afrika het sy oorsprong by die opstande van ouer skoliere op 16 Junie 1976 in Soweto. Daar is steeds nie duidelikheid oor die rede vir die opstand nie omdat verwarrende berigte deur joernaliste die wêreld ingestuur is. Die regering het 'n ondersoek gelas om agter die waarheid te kom, maar onrusstokers wat ondergronds te werk gegaan het, het daarin geslaag om feite toe te smeer. Dat hulle hulself weerspreek het, is duidelik uit hulle bewerings.
Aan die een kant is beweer dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot gewelddadige verset gelei het. Let wel deels.
Dan beweer die opstokers dat Bantoe-onderwys beveel het dat Afrikaans, wat as die "taal van die onderdrukker" beskou is, as een van die onderrigmediums op skool ingestel word. Nou was dit skielik nie meer deels nie, maar verpligtend.
NOG 'N BARBAARDAG GEVIER
OPGEVOEDES SOU WOU VERGEET VAN SULKE BARBAARSHEID
Die meeste mense vier graag die Nuwe Suid-Afrika se talle publieke vakansiedae sonder om te weet presies waar die swart regime dit uitgekrap het. Behoudende blanke Afrikaners behoort egter te weet waar elkeen van hierdie dae sy oorsprong het sodat hy kan besluit of hy daaraan wil meedoen.
Die sogenaamde jeugdag wat weer vandag landswyd gevier word is nog een van die kommunisties-geïnspireerde instellings wat teen elke blanke en Afrikaner in die besonder gemik is. Soos meeste van die Nuwe Suid-Afrika se feesdae het dit sy oorsprong uit swart opstand, wanorde en barbarisme. Hierdie keer was dit hordes swart skoolleerlinge in Soweto wat op 16 Junie 1976 in die Orlando Stadium bymekaargekom het uit protes teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. Afrikaans is destyds, net soos vandag waar 'n felle stryd daarteen gevoer word, gesien as die taal van die onderdrukker. Leerlinge van die Orlando Wes Junior Hoërskool het reeds vanaf April geweier om skooltoe te gaan en teen Junie was die opsweping genoeg om duisende swart leerlinge te beweeg om aan die plundering en chaos op die 16e deel te neem. Tiperend van sekere rasse is dit nie moontlik om 'n vreedsame byeenkoms te hou nie en het die hel in hulle midde losgebars toe hulle mekaar begin takel en doodslaan. Honderde swart jeugdiges het in die chaos gesterf, nie aan die hand van die polisie nie maar deur hulle eie wanorde en barbaarsheid.
Die dood van die spul word jaarliks met oproerige en wanordelike musiekkonserte gevier. 'n Opgevoede persoon sou redeneer dat so 'n verskriklike dag waarin mense so iets aan hulle self gedoen het liewer vergeet moet word in plaas van dit jaarliks aan die wêreld uit te basuin. Maar mens kan ook redeneer dat opgevoede mense nie so 'n barbaarse daad aan hulleself sou doen nie...
Moet ook nie die storie wat die rondte doen glo dat hierdie oproer van 16 Junie die rede is waarom die terroris en bomplanter Mandela uit die tronk vrygelaat is nie. Dáárvoor was net een oorsaak: die geld- en eersug van FW de Klerk en sy bende.