Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons die herfstyd van ons lewensduur binnegaan is ons geneig om depressief en vol neuroses te raak. Die oorgang van somer waar ons in die fleur van ons lewens was, sterk, vol moed, dapper, gesond, is so dramaties dat ons moet waak teen donker in die gemoed. Herfstyd het self die opwinding van manjifieke kleure: rooi, pers, geel, goud, brons, pragtig! So het die herfs van ons lewe die moontlikheid om wonderlik kleurvol te wees: vol wysheid, humor, deernis, geduld en baie ander vreugdes wat ryklik bot in hierdie tyd.
ONS HET GESONDIG
As daar tans 'n gedeelte in die Bybel is wat honderd persent op ons Afrikanervolk van toepassing is, is dit hierdie gedeelte uit II KRONIEKE 6:36-39 AFR53:
As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n land, ver of naby, en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos — en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het.
Almagtige Vader in die hemel, vergewe ons volk vir al die afdwalinge, bring ons asseblief in opregte berou op ons knieë voor U, en kom reinig ons land van al die afgode sodat ons weer die volk vir U sal wees wat U wou hê. O Heer, verlos Suid-Afrika van die sataniese tirannie wat tans oor die hele wêreld spoel en kom regeer asseblief self hier sodat ons nooit weer hierdie pad hoef te stap nie en hier 'n veilige toevlugsoord vir al u kinders oor die wêreld sal wees. U alleen kan hierdie wonderwerk verrig. Dankie Vader dat U ons steeds liefhet; ons glo in U en u almag.
Amen.
DIE ANTICHRIS 1
Ds A.E. van den Berg
“ ...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is” (2 Thess.2:3).
Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar. Een ding waaroor almal egter saamstem, is dat Jesus weer kom; ʼn belofte uit Jesus se eie mond: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3).
Voordat Jesus kom, gaan sekere onaangename dinge gebeur soos die opwagting en optrede van die Antichris. Hy is ʼn werklike persoon wat net voor die wederkoms die sigbare gestalte van Satan op die aarde sal wees en God na-aap.
God openbaar Homself as ʼn Drie-eenheid; Vader, Seun en Heilige Gees. Satan aap Hom na met ʼn bose trio; Satan, Antichris en valse profeet; almal teenstanders. Satan staan God teen, die Antichris staan Jesus teen en die valse profeet staan die Heilige Gees se werking in die kerk teen.
PAS OP VIR DIE LEUEN
Hannes Ollewagen
Gén. 3:1-24
“MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?” (:1).
“Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” (:4&5).
Adam en Eva was die eerste, maar nie die laaste mense, wat deur hierdie selfde leuen van Satan bekoor is nie. Satan het in sy listigheid vir Eva oorreed dat die mens nie absolute, kinderlike gehoorsaamheid aan God verskuldig is nie. Hy het haar daarvan oortuig dat ‘n mens homself tot op “God se vlak” kan verhef om vir homself te bepaal wat goed en kwaad, reg en verkeerd is en God nie hiervoor nodig het nie. “...sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” (:5). Dit is sekerlik die toppunt van vermetelheid!
DIE GEVAAR VAN GROEPSDENKE
Lelani Gouws
Mens kan beswaarlik vandag meer 'n mening lewer sonder om onmiddelik deur die aanhoorders in 'n spesifieke kamp geplaas te word.
Min mense besef dat ons selde ons gesonde verstand gebruik, maar almal toenemend onsself in "tonnels" bevind, deur te dink en te praat soos van ons verwag word. Gedagtestrominge wat beheer word deur wat ons gevoer word oor die Internet en van platforms op sosiale media waar almal deesdae 'n opinie het om te lug op alles, van die mees onbenullige sakies tot die belangrikste kernpunte van die samelewing. Hulle beheer hoe ons dink oor die wêreld en ons samelewing. Almal het deesdae 'n mening, en omdat almal 'n mening het, het niemand meer 'n standpunt nie, want jou standpunt, al is dit die waarheid is maar net...wel, jou mening. Al spreek jy ook in alle nugterheid die waarheid, gebruik jy jou gesonde verstand op die mees logiese manier, dit bly maar net jou mening en word as sulks gesien deur die "groep".
DIE “AFRIKA RENAISSANCE”
Deur Mike du Toit
Inleiding
Wat is die "Afrika Renaissance" of die "Eeu van Afrika". Wat presies word bedoel wanneer die begrippe gebruik word? Bestaan daar 'n verband tussen die Europese en die "Afrika Renaissance"? En hoe suksesvol is die "Afrika Renaissance" waarvan so baie gepraat word?
Die begrip "Renaissance"
Die woord "Renaissance" beteken letterlik "wedergeboorte." Dit verwys na 'n tydperk in die Europese geskiedenis wat van ongeveer 1300 tot 1650 gestrek het. Aanvanklik het historici gemeen dat die Middeleeue 'n tydperk van beskawingsduisternis was en dat die Renaissance 'n tydperk van hernieude belangstelling in die klassieke beskawings van Griekeland en Rome was. Later het sekere historici egter daarop gewys dat die Renaissance se oorsprong in die Middeleeue lê en dat dit as 'n tipiese geestesproduk van die Europese mens beskou behoort te word. Die Renaissance word dus deesdae gesien as 'n produk van intense belangstelling in die ou klassieke beskawings van Europa, fasette van die Middeleeue en ook as iets nuuts en unieks in die ontwikkeling van Europa.
DIE TOLSTOY-SINDROOM
Om teen die beterwete te stry
Ds. A.E van den Berg
Die Tolstoy-sindroom is ʼn gedragspatroon wat na die Russiese skrywer Leo Tolstoy (1828-1910) in ʼn skrywe wat hy gebruik het, vernoem. Dit kom voor by mense wat, ongeag voldoende teenoorgestelde bewyse, aan hersenskimme bly vasklou. Hulle vrees dat die waarheid hul in ʼn swak lig sal stel.
Ingewikkelde sake kan aan leke verduidelik word as hulle nie bevooroordeelde menings daaroor het nie. Eenvoudige waarhede kan egter nie by dwase tuisgebring word nie. Hulle bly die waarheid minag.
Dwase verander nie maklik van denkrigting nie al loop hul telkens ʼn bloutjie. Hulle kyk die werklikheid vol in die oë maar ontken dit. Hulle raak selfs in die dwase politiekery waarin hul hulself toegespin het, verstrengel maar versink eerder in hul ideologiese dryfsand as om ʼn ommekeer te maak. Hulle sien nie die duiwels van hul eie skeppings raak nie, herhaal foute en verwag telkens ’n ander uitslag. Die reënboognasie-fiasko is een daarvan.
DIE SIN VAN DIE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense” (Pred.12:13).
Baie mense glo dat die wêreld hom uiteindelik self gaan vernietig. Beskawings kom en gaan, natuurrampe, pessiektes, hongersnode en mense-slagtings neem toe. Al hierdie dinge maak van die moderne mens ʼn onsekere wese. Hy leef in ʼn wêreld wat lengte, maar nie diepte het nie. En die rede hiervoor is dat mense aan nietighede vasklou wat net so lank hou as wat hul leef. Gevolglik bly die mens t.s.v. al die lig wat kennis en tegnologie bring, steeds in die duisternis.
ʼn Paar jaar gelede is ʼn inboorlingstam in die hart van die Amasone ontdek wat nog nooit met die beskawing in kontak was nie. Benewens ʼn filmspan wat hulle vanuit ʼn helikopter gaan afneem het, het die Brasiliaanse owerheid enige verdere kontak met hulle verbied ten einde hul eiesoortigheid te bewaar. ʼn Kameraman vertel dat die inboorlinge selfs spiese na die helikopter gegooi het.
GEDAGTE VIR DIE NAG
Vandag het jy nog 'n dag vol genade beleef. Die vraag is of jy dit raakgesien het. Of het jy jou blind gestaar teen die swaarkry, pyn of dalk ander ongerief wat jy moes verduur? Onthou dat ons binne hierdie gebroke wêreld al hierdie dinge sal beleef, maar dat ons met God se genade binne hierdie belewenis beskerm en gedra word, suiwer deur Genade!
LIEWE SUID-AFRIKA
Hierdie WhatsApp word rondgestuur en Gelofteland stem heelhartig hiermee saam. Daarom plaas ons dit onveranderd:
“Liewe Suid-Afrika, ek wil 'n beroep doen om op te hou om die leuens van Eskom-bestuur, die bose hoofstroommedia en Ramaphosa te glo. Teen hierdie tyd moes die meeste van julle besef het daar was nooit 'n Covid-virus nie en daarom was die pandemie vals. Net so is daar geen elektrisiteitskrisisse nie. Die beurtkrag-krisisse is ook vals. Ons word almal gemanipuleer sodat die NWO hul Net Zero Carbon-oplossing kan implimenteer.
“Ons het Fase 6-beurtkrag in Junie gehad omdat Ramaphosa verplig was om sy netto nulkoolstofplan vir die land aan te kondig en sy internasionale vennote tevrede te stel dat Suid-Afrikaners die eugenetika-plan sal aanvaar. Ons het nou fase 6-beurtkrag, want Ramaphosa het pas 'n ooreenkoms onderteken waarvolgens hulle die hele Eskom-skuld met nuwe klimaatseffekte sal herfinansier. Eskom-infrastruktuur word basies as kollateraal gebruik en sodra die hele stelsel ineenstort, sal hierdie globaliste dit opkoop teen sy reddingswaarde (op dieselfde manier as wat hulle die SAL verkry het). Die huidige HUB is aangestel om Eskom af te breek en nie om dit reg te maak nie. Enige persoon wat jou probeer laat glo dat daar 'n werklike energiekrisis is, is beheerde opposisie. Jacob Zuma het beurtkrag in 2017 vasgestel en, net soos Donald Trump, die Parys-klimaatooreenkoms in 2015 verwerp. In 2018 het hulle hom verwyder omdat hy 'n ernstige belemmering vir hul planne met hierdie Just Energy Transition Partnership (JETP) was. Die JETP is geskoei op die plan wat deur Bill Gates ontwikkel is, genaamd die Breakthough Energy-plan.
“As jy nie in 2020 vir die vals CV-pandemie geval het nie, moet asseblief nie nou vir die vals beurtkrag-krisisse val nie. Albei is deel van dieselfde ontvolkingsplan. Terwyl die vals Corona-pandemie ons ekonomie onherstelbare skade berokken het, is hierdie vals beurtkrag-krisisse en sy oplossing, die JETP, bedoel om dit heeltemal te vernietig.”
DRIE EUROPESE GEBEURE
Drie Europese Gebeure
in die Vorming van die Afrikanervolk se identiteit
Deur Mike du Toit
Inleiding
Daar word baie maal oor die Afrikanervolk se Europese voorgeskiedenis geskryf – soms korrek en soms nie korrek nie. Hierdie artikel is gebaseer op historiese bronne asook die argeologie, antropologie en vergelykende filologie en belig drie belangrike Europese gebeure wat die Afrikanervolk se identiteit gevorm het.
Eerste gebeure: Die rol van die Proto-Indo-Europeërs
Die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs het die eerste beslissende rol in die vorming van die Afrikanervolk se identiteit gespeel.
Alle Europese Kaukasoiëde (met die uitsondering van die Baske) is die produk van Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs wat vanaf die Oekraïne en Suid-Rusland, vanaf ongeveer 4400 v.C., oor Europa gespoel en met Proto-Mediterreense Oud-Europeërs saamgesmelt het.
DEUR SY GEES GELEI
GOD SE KINDERS WORD DEUR SY GEES GELEI
Hannes Ollewagen
Rom. 8:1-17
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” (:14).
Geliefdes, ons lees in Johannes 14 waar Christus met sy dissipels spreek en aan hulle die belofte van die Heilige Gees gee. Dink maar aan die neerslagtigheid en dalk ook bekommernis wat hierdie mense moes beetpak. Hulle wat vir jare lank elke dag saam met Christus, die Seun van God, geleef en gewandel het. En nou moet hulle verneem dat Hy van hulle sou weggaan na die Vader in die hemel. En hulle hier alleen sou laat? Dit moes ‘n verskiklike en oorweldigende gevoel gewees het. Maar Christus beloof aan sy dissipels dat Hy aan hulle die Heilige Gees as Trooster en Leidsman sou stuur. “...maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh. 14:26).
NOG DUISTERNIS OPPAD
Sedert ons vorige uitgawe het daar geen noemenswaardige lig aan die energietonnel verskyn nie. Die land is steeds in die knelling van fase 4 van verduistering, wat nou sagkens “beurtkrag” genoem word. Af en toe is daar ‘n verligting in fases, maar telkens word daar teruggeval na ‘n hoër fase.
Dit gaan nie gou verander nie. As daar ‘n windjie waai in Mosselbaai, kan olietenkskepe nie vasmeer om noodsaaklike diesel vir Eskom af te laai waarmee hy sy noodkragopwekkers moet laat hardloop nie. Feitlik daagliks breek daar iets by een van die opwekkingseenhede, en word die oudheid van die kragstasies die skuld gegee. As daar egter gereelde en deeglike instandhouding gedoen was sedert die ANC-bende en sy kaders die land oorgeneem het, sou minder gebreek het.
Die bestuurshoof van Eskom, André se Ruyter, het by die “Africa Renewables Investment Summit” in Kaapstad ‘n toespraak gelewer waarin hy gewaarsku het dat die land by fase 15 beurtkrag kan uitkom, en dat dit honderdduisend werksgeleenthede sal laat verlore gaan.
WOIII – KORT BERIGTE
Die Amerikaners het altwee Rusland se ondersee gaspyplyne opgeblaas. Dit sal baie maande indien nie jare neem om te herstel nadat tonne seewater natuurlik ook in die pype ingespoel het. Hiermee het die VSA oorlog verklaar. Die hele Europa gaan dus hierdie winter onder gaan van koue en honger, geen kunsmis, geen krag, geen kos, dis wat Amerika en die NWO wou hê, miljoene Europese sterftes.
Soos Siener van Rensburg genoem het sal Engeland heeltemal onder die water verdwyn. Vroeër het dit nogal vergesog geklink maar nou is dit heeltemal verstaanbaar. Rusland het reeds aan menige kusgebied van die VSA en Engeland onderwater "kerndrones" gevestig. Dit is elk glo 'n honderd keer sterkter (100megaton) as die Hirosjimabom. Daar word gesê dat dit 'n finale uitweg is indien Rusland dit nodig ag. Dit het die vermoë om amper die hele see om te keer waar dit ontplof. In Lukas 21: 25 het Jesus gesê die mense sal beangs wees vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe.
Daar is die afgelope tyd talle profesieë waar die Here die mensdom waarsku om hulle saak met Hom reg te maak want 'n oorlog is op hande. Hierdie oorlog sal die laaste een wees wat die aarde sal beleef, ook die grootste en mees vernietigende ooit. Openbaring sit dit ook duidelik uiteen. Nadat dit verby is, sal daar nie veel lewende organismes oor wees nie want kern vernietig in so mate dat dit tot 50jaar neem om weer bruikbare grond te verkry. Maar ons sal dit seker nie sien herstel nie want die Here sal kort na afloop van hierdie Armageddon sy kinders kom haal.
Maak reg vir ‘n moeilike tyd vorentoe. Suid-Afrika sal nie in volle mate deur die oorlog geraak word nie maar daar sal groot skaarste aan noodsaaklikhede wees. Maar maak veral u saak met u Skepper reg, want dit kan te laat word...
ARIESE ETIEK
Die Veertien Erekodes
Vertaal vanaf runiese skrif na Afrikaans deur Leon Hart
Geredigeer deur Mike du Toit
1) Eer geen gode behalwe die God van jou ras en volk nie, aangesien vreemde gode jou kan vernietig.
2) Die natuurwette getuig van goddelike plig, aangesien die natuurlike wêreld die werk van God is.
3) Tree edelmoedig en dapper op, oorweeg altyd die gevolge van jou dade versigtig, aangesien die gevolge van jou dade voortleef nadat jy Midgard (die naam van die Wêreld) verlaat het.
4) Leef binne die werklikheid van hierdie lewe; vrees jou noodlot nie. Vrees is vir dwase en lafaards. 'n Dapper man trotseer met vrymoedigheid wat die noodlot op sy pad plaas.
5) Bemin, beskerm, verbrei en bevorder jou ras, aangesien natuurlike instinkte rasvermenging en selfvernietiging verbied.
6) Wees eerlik, wees gedissiplineerd, wees produktief en wees getrou aan jou vriende, aangesien die Ariese gees na voortreflikheid streef.
7) Bewaar as skatte jou geskiedenis, kulturele erfenis en ras-identiteit, soos jou voorgeslagte dit gedoen het. Indien dit saam met jou val, kan dit ook weer saam met jou herrys.
8) Eer die nagedagtenis van jou ras en jou volk, veral diegene wat hul lewens of vryheid ter wille van jou ras opgeoffer het, aangesien mens se ras deur mens se bloed en wil voortleef.
9) Respekteer die wysheid van jou oudstes, aangesien elke oomblik van jou lewe die oneindige verlede met die oneindige toekoms aaneenskakel.
10) Eer jou lewensmaat, versorg julle kinders en neem geen twis met jou familie bed toe nie, aangesien jou familie jou doelwit en vervulling is.
11) Mag jou woord aan 'n volksgenoot 'n band van staal wees, aangesien jou erewoord 'n refleksie van jou waardigheid en krag van inbors is.
12) Wees so uitgeslape soos 'n jakkals met jou vyande en die Skraelinge (ras-vreemdes), aangesien hulle doelwit jou uitwissing is.
13) Verkry, verdedig en koester jou vaderland, soos wat die natuur se territoriale imperatief vereis.
14 Leef in harmonie met die natuur en jou ras en skik nie met die bose nie, aangesien ras‐oorlewing ‘n ewigdurende stryd is.
GEDAGTE VIR DIE NAG
I KONINGS 8:33-34 AFR53
As u volk Israel verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,
wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het.
I KONINGS 8:57-58 AFR53
Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie — deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.
WAT IS TERRITORIALE INTEGRITEIT
Wat van die territoriale integriteit van Ukraïne?
Dr Danie Theron
In die Internasionale Reg word groot gewag gemaak van die territorial integriteit van state. So bepaal artikel 2(7) van die Handves van die Verenigde Nasies byvoorbeeld dat mag (geweld) nie gebruik mag word teen die territoriale integriteit en politieke onafhanklikheid van state nie.
Wat is territoriale integriteit? Dit is die grense van ‘n staat wat wêreldwyd erken word deur ander state. Om daardie grense te skend word as ‘n daad van aggressie beskou.
Rusland se inval in Ukraïne in Februarie 2022 word deur sommige beskou as ‘n skending van die territoriale integriteit van daardie staat. Rusland op sy beurt weer, steun op die Minsk-verdrae wat in 2014 en 2015 gesluit was ingevolge waarvan die OSCE (Organisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa) moes toesien dat die regte van die inwoners van die Donbas-republieke (Luhansk en Donestk) met ‘n meerderheid Russies-sprekende inwoners, se menseregte beskerm sou word en selfregering aan die twee republieke gegee sou word. Daaraan is nooit gehoor gegee nie en ondanks Rusland se pleidooie en latere waarskuwings dat dit nie geduld kan word nie, het NATO (onder Amerikaanse druk uiteraard) en Ukraïne eenvoudig voortgegaan om die bepalings van die ooreenkomste te ignoreer. Rusland het dit gesien as ‘n bedreiging vir sy eie territoriale integriteit waar NATO hom sou vestig aan die grense van Rusland.
ARIESE SEKSUELE ETIEK
Geskryf deur Leon Hart
Geredigeer deur Mike du Toit
Die Ariese Missiestelling
Daar is maar net een leerstelling: Volk en Vaderland. Waarvoor ons moet veg, is die voortbestaan en vermeerdering van ons ras en ons volk, die reinhouding van ons bloed en die vryheid en onafhanklikheid van ons vaderland, sodanig so dat die roeping deur die Skepper van die Heelal aan ons volk opgedra, tot vervulling kan bring.
Elke gedagte en elke idee, elke leerstelling en alle kennis moet hierdie doel dien. Vanuit hierdie gesigspunt moet alles ondersoek word en aan die hand van sy doelmatigheid aangewend of verwerp word. Geen teorie mag tot ‘n dodelike leer verstar nie, aangesien alles maar net die Lewe moet dien.
Kort vorm van die Ariese Missiestelling
Ons moet die voortbestaan van ons ras en ‘n toekoms vir Wit kinders verseker.
DERDE WÊRELDOORLOG REEDS BEGIN
ONS LAASTE TWEE PAAIE
Die Derde Wêreldoorlog het reeds begin. Dit word eenvoudig nie vir die publiek gesê nie, want regerings en die omgekoopte media is toegewyd aan hulle geldmeesters om die publiek in die duister te hou. Maar toestande is reeds lank verby die punt van onderhandeling of de-eskalasie tussen Rusland en die weste. Dit veral nadat Rusland gesê het indien hy direk aangeval word is dit vir hom die teken om met kern terug te veg.
Ongelukkig het die waansin van Westerse nasies hierdie konflik geëskaleer tot 'n toestand waar wie ook al kernbomme het, die eerste voordeel sal hê. Die westerse media, wat nou nog heftiger lieg as wat Pravda ooit gedoen het, beweer dit is Poetin wat die eerste met gebruik van kernwapens dreig. Dit is 'n baie gevaarlike ontwikkeling, want as Rusland sulke dreigemente ernstig opneem, sal klassieke spelteorie vereis dat Poetin eerste toeslaan om die verwagte aanval deur die Weste te stuit.
TWAK MET AFRIKANER VERSUS BOER!
Dr Mike du Toit
Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan. Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.
Definisie van ‘n volk
Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.
‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.
BESETENHEID
Ds A.E. van den Berg
“Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” (1 Joh.4:4).
Besetenheid kom van die woord besit en verwys na ʼn persoon wat nie in beheer van homself is nie, maar deur Satan beheer word. Die Bybel het talle voorbeelde van mense wat besete was en die waarnemingsimptome daarvan. Besetenheid tas soms die sintuie aan: “En terwyl hulle weggaan, bring die mense ʼn stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat...” (Mt.9:31,32). Die bose gees het hierdie man fisies gestrem sodat hy nie kon praat nie.
Mattheus teken ʼn soortgelyke geval op: “Toe het hulle ʼn duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien” (Mt.12:22). Die bose gees in hom het hom dubbel gestrem - hy kon praat of sien nie; stom en blind.