Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."
DIE 400 JAAR VAN STILTE TUSSEN DIE TWEE BYBELSE TESTAMENTE
Ds. A.E van den Berg
“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur,gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet” (Gal.4:4).
Inleiding
Die OT eindig met Maleagi 4. Die daaropvolgende hoofstuk plaas die leser onmiddellik in die NTmet ʼn tydverloop van 400 jaar tussen in; ʼn tyd waarin die profetiese stem in Israel stil geword het. Wat het in dié vier eeue in Palestina, soos wat Israel toe bekend gestaan het, gebeur?
Toe Maleagi geskryf is, was Israel as ʼn verenigde volk alreeds terug op eie bodem. Die Tienstammeryk van Israel is in 732vC na Assirië en die Tweestamme ryk van Juda in 607vC na Babel weggevoer. Toe die Perse later die nuwe wêreldheerser geword het, is die Bondsvolk in sy geheel toegelaat om in ongeveer 537vC na Palestina terug te keer en die verwoeste tempel en stadsmure van Jerusalem te herbou.
VERDRAAIDE REALITEIT
E. van Nantes
Die een voorgestelde wysigingswetsontwerp na die ander, het hierdie week se nuusberigte gekenmerk. Ja, selfverdediging en eiendomsreg het problematies geword, wat ‘n mens kan verstaan, siende dat die apartheidsera so goed gebou is dat dit die huidige regering nou reeds meer as 27 neem om dit af te breek.
Die eerste gedagte is dat die wetsontwerpe ten doel het om dit makliker te maak vir blankes om hulle hande op daardie HOP-huise met die hoë kwaliteit afwerkings te kry sonder vrees dat die eienaars daarvan bewapen sou wees, of om die een swart plaas na die ander te beset sonder enige noemenswaardige teëstribbeling.
Die ander gedagte is dat kommunisme, iets wat elke blanke nog altyd nagestreef het, uiteindelik ‘n realiteit gaan word.
Wat ‘n regering het ons nie! Nie net dra hulle elke blanke se welstand op die hart by wyse van verskeie wetgewing soos, dat ons darem 10% van die werksmag mag verteenwoordig en 49% van ons eie ondernemings mag behou nie, maar beskerm hulle ons, soos ‘n beer haar kleintjies, teen hierdie gevreesde Sjinese snotsiekte met een na die ander vlak van inperking. Inteendeel, die volle kompensasie wat ontvang is vir elke dag wat ons deure gesluit was as gevolg van hierdie inperkings, kan net beskryf word as ‘n onbaatsugtige liefde vir die blanke bevolking.
GOD IS ‘N BERGVESTING
Ds A.E. van den Berg
“Want U is my rots en my bergvesting; en om U naam ontwil sal U my lei en bestuur” (Ps.31:4)
Ons kom soms by ʼn breekpunt in ons lewe en ons sê vir onsself: “ Ek kan nie meer nie!” Dink aan Elia onder die besembos wat vir Isebel vlug en die Here dan bid om hom maar liewer te laat sterf. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy seun Absolom ʼn opstand teen sy koningskap geloods het.
Voor dit was Israel betreklik rustig. Maar toe verander dinge drasties en moes Dawid in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat. Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, het hy telkens vir koning Saul gevlug. En nou op sy oudag vlug hy al weer! Wat doen ʼn mens as jy op moedverloor se vlakte beland? Jy doen die regte ding, dit wat Dawid in sy nood gedoen het – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader. God het gehoor en uitkoms gegee.
As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie. Ons lees dat Elia na sy versterking deur God vir 40 dae aaneen tot by die berg Horeb geloop het! God verlos sy kinders van die donkerste krisis en stap met hulle die lig van die toekoms tegemoet. Dis hoe die geloofslewe werk; eers ontkoming en daarna verligting.
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).
DIE KAMP
Op 16 Junie 1900, tydens die Twee Vryheidsoorlog, het die Britse bevelvoerder, Lord Roberts, PROKLAMASIE Nr 5/1900 uitgevaardig waarvolgens die Boervroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou, die plaashuise en landerye verbrand en die vee doodgemaak moes word. Die Britte kon nie die oorlog teen die Boere wen nie, en is die Proklamasie uitgevaardig om die Boere tot oorgawe te dwing.
A.G.VISSER
In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
die ellende genadig gedek deur die nag.
Hier en daar in 'n tent nog 'n flou liggeflonker,
waar die Engel van Meely - die Doodsengel - wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
lê 'n knapie te snik in 'n troost'loos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
van 'n weeskind verlate, op die wêreld alleen?
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel;
na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand;
sy en sy sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
"wees getrou", het sy sterwend gesê, "aan jou land!".
NEE, NEE, NEE VIR COVID-INENTING!
Covid het 'n vreesveldtog tot stand gebring wat diktatoriale en ongrondwetlike vryheidsroofmaatreëls vergemaklik vir die superrykes van die wêreld, die Internasionale Geldmag of genaamd Illuminati met sy seekatarms binne elke groot organisasie, dít nadat hy die wêreld-ekonomie vernietig het, ontelbare bankrotskappe, werkloosheid, hongersnood en uiteindelik die dood geskep het.
Dit is moeilik om te glo dat elke regering besig is om sy burgers te verraai en dat al 193 VN-lidregerings in 'n mindere of meerdere mate deelneem aan hierdie wêreldwye vernietiging, 'n massiewe bio-WO III-senario. Maar dit is wat dit is! Ons het reeds die derde wêreldoorlog betree wat betref sy bio-chemiese sy, die kernoorlog sal weldrae volg.
Nie net is die wêreld doelbewus besmet met ‘n laboratorium-gemodifiseerde virus nie, maar is die volgende fase van die sataniese plan om die wêreldbevolking van nagenoeg 7 biljoen na 500 miljoen te verminder, reeds in aksie met die sogenaamde intentingsprogram waarvan mense nou in honderdtalle vinniger sterf as aan die virus self. En diegene wat nie sterf nie sal eendag nie eers meer onthou wat dit beteken om vry te wees in jou eie land nie.
In minder as tien jaar van nou, wanneer die inspuitings die meeste van die oorblywende mensdom in transhumane omskep het, en sommige van die weerstandbiedende oorlewendes vra, waarom het niemand iets daaraan gedoen nie terwyl mens kon sien daar is groot fout, sal dit te laat wees om terug te keer na ‘n werklik normale lewe op hierdie planeet.
DIE GELDMAG (17)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
D.P. DE VILLIERS
Dit is van belang om kortliks te let op die rol wat adv. D.P. de Villiers, voorsitter van die Internasionale Bestuurskomitee van die USSALEP en besturende direkteur van Nasionale Pers Beperk, deur die USSALEP in die Suid-Afrikaanse politiek begin speel het. Aan die begin van die sewentigerjare het hy ’n aanstelling as appélregter van die hand gewys en daarna besturende direkteur van Nasionale Pers geword en gaandeweg al hoe meer na vore getree as segsman van ’n klein groepie Wes-Kaaplandse liberaliste (hulle is deur dr. Rupert teenoor die skrywer, Allen Drury, geïdentifiseer as die “Cape Liberal Nats) oor die Kleurling-politiek.
DIE GELDMAG (16)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
HARRY FREDERICK OPPENHEIMER
’n Mens kan die rol van die SA-Stigting nie in isolasie van die politieke filosofie van die belangrikste verteenwoordiger van die geldmag in Suid-Afrika, mnr. Harry Oppenheimer, beoordeel nie. Hy was immers die groot dryfkrag agter die totstandkoming van die SA-Stigting, en deur die samewerking van groot name in die geldwêreld het hy die bevordering van sy eie politieke en ander oogmerke gesien. Hy was ook die dryfkrag agter die stigting van die ou SA United Trust Fund waarmee die Regering van dr. Malan vernietig moes word. Hy het die Progressiewe Party in 1959 tot stand laat kom en was altyd die “finansiële ruggraat” van hierdie party. Hy is ook die medestigter van die Stedelike Stigting. Dit is daarom interessant om te weet wat mnr. Oppenheimer self van die SA-Stigting gesê het en hoe hy sy rol in die binnelandse politiek beskou het
LES IN IRONIE EN GEREGTIGHEID
INGEËNTES SAL STEEDS NIE MAG VLIEG
In Amerika, Engeland en ‘n paar ander lande is die Inentingspaspoort reeds besig om mense se lewens te reguleer, dws of hulle mag vlieg en sekere publieke plekke mag besoek, al dan nie.
Die lugdiensmaatskappye het almal met hulle regerings saamgewerk om die sataniese kabaal deur middel van die Covid-virus te bevorder en saamgewerk om inentingspaspoorte wetgewing te maak. Hulle het selfs die spreekwoord "No Jab, No Fly", maw “Geen Inenting, Geen vlug” bekend gemaak.
Alles het ook baie reg vir hulle uitgewerk, veral finansiëel toe die meeste mense nie kon wag om die inspuiting te kry sodat hulle met vakansie en werksgeleenthede op ‘n vliegtuig kon klim nie alhoewel daar ‘n hele aantal is wat hulle vakansies opgeoffer het omdat hulle gesondheid vir hulle belangriker was.
Maar wat interessant is, is dat al die lugrederye nou weer dringende samesprekings oor die intentingsproses hou. Wat sou die rede daarvoor wees?
ONTHOU ONS DIE WELDADE?
Hannes Ollewagen
Matt. 25:31-46
“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (:40).
“Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” (:45).
Geliefdes, luister ons mooi na hierdie woorde van onse Here Jesus Christus? Kry ons skaam en seer wanneer ons in die lig van hierdie gedeelte aan ons eie dade uit die verlede dink – hoe verkeerd het ek nie al teenoor my Here gehandel nie? Hoeveel leed het ek Hom nie al berokken nie? Hoeveel maal het ek al by Hom verbygegaan en nagelaat om aan Hom goed te doen?!
Ons moet as gelowige kinders van God daarteen waak om nie met die wêreld se ongeërgdheid en selfsug besmet te word nie. Geliefdes, die Here het ‘n afsku van hulle wat net vir hulself leef. Hulle wat net leef vir hul eie eer, hul eie voorspoed, hul eie geluk word as vervloektes deur die Here Jesus Christus aangespreek!
AANBID JY DIE WERKLIKE GOD?
Ds A.E. van den Berg
“........ Kom, maak vir ons gode wat voor ons uittrek....”(Ex 32:1).
Mense het ʼn aangebore behoefte aan leiers, nie om hulle te oorheers nie, maar om leiding vir ʼn sinvolle lewe te gee. Daarom is daar leiers en volgelinge. As ʼn leier egter nie daarin slaag om te lei nie, word hy mettertyd vervang. Hulle word uitgestem, uitgedwing of soms selfs vermoor. Ongelukkig hoor ʼn mens ook van leraars waarvan die band met hul gemeente losgemaak is omdat hulle die betrokke gemeente nie verder tot stigting kon dien nie.
Moses was ʼn besondere leier. Toe God hom tot diens geroep het, was Israel al vir 400 jaar slawe in Egipte. Hy moes hulle uitlei na die land wat God aan hul beloof het. Sommige volksgenote het hom aanvanklik gewantrou totdat die plae hulle tot ander insigte gebring en ʼn skouspelagtige uittog gevolg het.
Die 40 jaar woestyn-tog was nie sonder probleme nie. Kos, water en veiligheid was maar altyd op die agenda. God het egter altyd die nodige uitkoms gebied:
“Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het” (Ex.19:4).
Indien Israel hierdie tog in eie krag aangepak het, sou niemand dit oorleef het nie.
SO VAAR DIE WêRELD MET COVID-INSPUITINGS
Indien u belangstel om te sien hoe elke land in die wêreld sover vaar met die Covid-19-inspuitings, kliek op die skakel hieronder. Die lande word alfabeties in die grafiek aangedui met 'n paar datums ter vergelyking van die veranderde syfers. Gaan kyk dit voordat dit verwyder word soos wat die meeste videos wat nie die leuens oor die virusplandemie ondersteun nie, vinnig verwyder word.
https://www.youtube.com/watch?v=xSrc_s2Gqfw
DOKTERS VIR COVID-ETIEK
Indien daar geen rede was om oor die Covid-inspuitings (sogenaamde inentings) bekommerd te wees nie, sou organisasies soos Dokters vir Covid-etiek, nie tot stand gekom het nie. Hierdie is een van talle protesgroepe in die wêreld wat gesien het hoe die leuens oor die Covid-virus op die mensdom afgedwing word en hulle nou alles in die stryd werp om die waarheid aan die lig te bring.
Op 28 Februarie 2021 het dr. Sucharit Bhakdi, 'n afgetrede professor, mikrobioloog en spesialis in aansteeklike siektes en immunologie, en lid van Dokters vir Covid-etiek, namens hulle organisasie 'n brief aan die Europese Medisyne-agentskap (EMA) gestuur om te waarsku oor die geen-gebaseerde COVID-19 “entstowwe” wat bloedklonte, serebrale aartrombose en skielike dood veroorsaak.
Die ondertekenaars het verskeie vrae gevra wat dringend antwoorde eis. Onder andere vra hulle mediese bewyse dat die entstowwe nie die bloedstroom binnedring en deur die liggaam versprei nie, en dat die entstowwe nie in sirkulasie bly en deur endoteelselle opgeneem word nie – soos beweer word.
Trombositopenie na inenting
NUWE NAVORSING OP DIE COVID-19-VIRUS
AAR-PROTEïN BESKADIG VASKULêRE SELLE
Sedert 2020 het talle mense vir die eerste maal die woord koronavirus gehoor. Die waarheid is dat koronavirusse vir die eerste keer in 1930 reeds ontdek is en die meeste mense het reeds hierdie griepvirus in een of ander vorm gehad waarvan vier soorte geïdentifiseer is wat endemies kan raak, en verkoues en griep veroorsaak soos ons dit almal ken.
Maar in die afgelope twee dekades het drie nuwe koronavirusse ontstaan: SARS in November 2002; MERS in September 2012; en SARS-CoV-2 in Desember 2019.
In 'n onlangse artikel wat in Circulation Research10 gepubliseer is, blyk dit dat die proteïene op die virus 'n sleutelrol as oorsaak van simptome speel.
SARS-CoV-2-skade is meer as net in die longe
'n Span navorsers in Amerika, waaronder wetenskaplikes van die Universiteit van San Diego, het die gevolge van die SARS-CoV-2-virus op diere geëvalueer. Die navorsing het in fyn besonderhede gewys hoe die “spike”- of dan aar-proteïen, skade aan die hele vaskulêre stelsel veroorsaak.
DIE GELDMAG (15)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
STIGTINGSMANNE AAN DIE WOORD
Die SA-Stigting en sy politieke oogmerke kan miskien die beste beoordeel word deur sommige van sy leiersfigure hier kortliks aan die woord te stel. Maar eers is dit interessant om te let op die naam van die organisasie. Hy heet die Suid-Afrika-Stigting, nie die Suid-Afrikaanse Stigting nie. Waarom dan nie Suid-Afrikaanse Stigting nie? Die antwoord is heel eenvoudig: dit is geheel en al nie ’n Suid-Afrikaanse organisasie nie, maar bloot ’n organisasie wat ’n bepaalde stel oogmerke het om in Suid-Afrika na te strewe. So bv. kan daarop gewys word dat die man wat die Stigting se eerste voorsitter geword het en van wie die gedagte van so ’n organisasie glo uitgegaan het, sir Francis de Guingand, groot finansiële en nywerheidsbelange in Suid-Afrika gehad het, maar nie ’n Suid-Afrikaanse burger was nie en ook nooit enige voorneme gehad het om een te word nie.
PONTIUS PILATUS SE VERSLAG AAN KEISER TIBERIUS
DIE VERSLAG VAN GOEWERNEUR PONTIUS PILATUS AAN KEISER TIBERIUS IN SAKE DIE PERSOON, IN HEGTENIS-NAME, KRUISIGING EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS
Dit is oorspronklik in Latyns geskryf en het eeue lank in die Vatikaan vergete gelê voordat iemand dit in Engels vertaal het. Ds André van den Berg het hierdie vertaling in die laat tagtigerjare bekom en later in Afrikaans vertaal. U sal besef watter waardevolle dokument u hier onder oë het!
Aan Tiberius, keiser van Rome.
Ek groet u, edele Vors.
Die gebeure van die afgelope paar dae in my provinsie is so ingrypend, dat ek u alles daaroor wil meedeel. Ek sal nie verbaas wees indien dit ons lot binnekort gaan verander nie. Soos wat dinge tans verander, lyk dit asof die gode ons hul guns ontsê het. Ek het lus om te sê: "Vervloek is die dag dat ek Vallerius Flaceus in Judea opgevolg het!" My lewe is sedertdien vol ongemak en benoudheid.
By my aankoms in Jerusalem het ek beheer van die plaaslike regering verkry en 'n luukse fees gereël waarheen die viervors van Galilea, Hoëpriester en sy gevolg uitgenooi is. Niemand het opgedaag nie. Ek het dit as 'n belediging vir my amp asook die waardigheid van die regering wat ek verteenwoordig, beskou.
Enkele dae later het die Hoëpriester hom verwerdig om my te besoek. Sy houding was somber en slu. Hy het voorgegee dat sy geloof hom en sy gevolg verbied het om saam met Romeine voedsel en plengoffers te gebruik. Sy gesig het egter gewys dat hy lieg. Ek het dit egter raadsaam geag om sy verskoning te aanvaar.
WAAR HY LEI, SAL ONS DAN MEEGAAN?
Hannes Ollewagen
Exodus 33:1-23
“As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self megaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Want waaraan sou dan bekend word datek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.” (Ex. 33:13-16).
Ek dink aan die pragtige Halleluja-lied wat ons gereeld as kind gesing het, “Ek kan hoor my Heiland roep my.” Dit is veral die koorgedeelte van hierdie lied wat vir my nog altyd baie besonders is – “Waar Hy lei daar sal ek meegaan.” Ek wonder hoeveel van ons met alle opregtheid hierdie belydenis kan maak; hoeveel van ons is waarlik bereid om te volg langs die weg waar Hy ons lei? Ja, hoeveel van ons is werklik bereid om Hom ook langs die weë van beproewing te volg? Is ons nie geneig om maar veel eerder ‘n ompad te probeer soek wanneer ons sien dat hierdie weg vir ons beproewinge kan inhou nie?
PINKSTERSONDAG
Egte geestesgemeenskap
Ds A.E. van den Berg
“En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en almal het een taal. En dit is net die begin van hul onderneming ... Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar..... So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi....” (Gen.11:6-8).
“en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” (Hand.2:7,8).
In Gen.2:18 staan daar:
“Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas” waarna Hy vir Eva gemaak het. God het die mens van die begin af vir ʼn gemeenskapslewe bestem om bruikbaar te wees, veral in ʼn geloofsgemeenskap. Gelowiges is soos ʼn bondel stokke wat saamgebind is. As die een aan die brand gesteek word, steek dit ook die ander aan. Iemand het eenmaal gesê: Miere sou goeie burgers kon wees omdat hulle gemeenskapsbelange bo eie belang stel.
DIE GELDMAG (14)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
UITWAARTS MET DIE STIGTING
Toe mnr. Vorster kort na sy bewindsaanvaarding met sy sg. uitwaartse beleid begin het, was dit duidelik wie se taal hy gepraat het. Dit was die taal wat toe reeds lank deur die leidende figure in die SA-Stigting gepraat is. Die uitgangspunt van die beleid was die gevaar van isolasie, wat nooit deel van die NP se beskouinge was nie maar wel die van die Stigting. Die hele klemtoon in die beleid van afsonderlike ontwikkeling is deur die voorstanders van uitwaartse beweging so verskuif dat die binnelandse beleid van Suid-Afrika al hoe meer soos ’n onderdeel van die buitelandse beleid begin lyk het. Dit was die grondliggende botsing tussen dr. Verwoerd en die geldmanne dat dr. Verwoerd nie daartoe wou instem nie. In die sin het mnr. Vorster dr. Verwoerd se standpunt verlaat en die Stigtingsmanne se standpunt heelhuids aanvaar.
DIE GELDMAG (13)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
TOEKOMSVISIE
Toe dr. Verwoerd in September 1966 gewelddadig van die toneel geruk is, het ook die belangrikste versperring tussen die Afrikaner en die groot geldmag verdwyn en het ons die taal van die Botha’s begin hoor. Hulle het die taal begin praat wat die verteenwoordigers van die groot geldmag wou hoor. Hulle het inderdaad niks anders geword as die spreekbuise van die super-rykes, wat deur hulle enorme rykdomme en die invloed wat daarmee saamgaan, as die werklike beleidmakers en regeerders in Suid-Afrika na vore getree het.
Wie is hierdie mense? Laat ons hulle van naderby beskou. Hulle is ryk sakemanne en nyweraars wat hulleself aan die begin van die sestigerjare in ’n liggaam bekend as die Suid-Afrika-Stigting saamgesnoer het.
ONS IS LABORATORIUM-ROTTE...
... Bill Gates wil die wêreld op sintetiese gifkos plaas
Sedert Gates heel voor stap in die vervaardiging van plante om sintetiese vleis te vervaardig, bedryf Gates ook 'n maatskappy wat swamme gebruik om wors en jogurt te maak, wat dié miljardêr “redelik verstommend” noem. Die mikrobe of te wel swamme, is aanvanklik in die grond in 'n geiser in Yellowstone National ontdek. Dit kan sonder grond of kunsmis gekweek word om ‘n voedingsproteïen te produseer, wat dan in verskillende voedselsoorte met 'n klein koolstofvoetspoor verander kan word na ‘n “aanvaarbare vleisproteïn.''
Gates sê in sy boek: How to Avoid a Climate Disaster: The Solutions We Have and the Breakthroughs We Need, dat “Die idee is dat deur vee uit te skakel, ons die uitstoot van metaan, 'n kweekhuisgas, sal verminder.” Gates stel nie voor dat die VSA die vleisverbruik met 'n bietjie verminder nie. Hy wil hê dat Amerikaners en ALLE ander Westerse lande volledig moet oorskakel na 'n dieet van 100% sintetiese beesvleis.
Inderdaad, Gates wil hê dat welgestelde Westerse lande geheel en al oorskakel na sintetiese beesvleis wat in sy laboratoriums gekweek word met watse gifstowwe ookal daarin is, soos sy sogenaamde Covid-entstowwe wat binne 3 jaar talle lewens sal eis, en hy veg tans teen wetgewende pogings om hom te keer om te verseker dat sy kunsmatige vleis goedgekeur sal word.