Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As gelowige Boerevolk het ons vandag die versekering dat God 'n deel van ons volk nie die knieë voor Baäl laat buig het nie, net soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: dat Hy vir Hom 7 000 man uitgehou het en dat Hy dit in "teenswoordige tyd" weer sal doen – uit suiwer genade, nie uit ons verdienste nie. Daarom mag ons daarop staatmaak!
DIE GELDMAG (12)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Die SA-Stigting
Tot sowat twee dekades gelede het Suid-Afrika nog nie persoonlik kennis gemaak met die stigtings van die groot geldmanne soos ons dit in die VSA leer ken het nie. Dit beteken egter nie dat die verteenwoordigers van die geldmag voor daardie tyd stilgesit het nie. Die geskiedenis van Suid-Afrika sedert Uniewording in 1910 toon verskillende momente waar die mag en invloed van die groot geldmag in die politiek en ook op ander terreine in Suid-Afrika baie skerp waargeneem kon word. Dit sal dwaas wees om te ontken dat agter die Nasionale Konvensie van 1909 self belangrike geldmagte geritsel het. Die bloedige mynstaking van 1922 en die ineenstorting van die ekonomie met die groot depressie van 1929 is nog twee voorbeelde wat in dié verband genoem kan word. In 1939 is Suid-Afrika van die kantlyn af in ’n uitgerekte en bloedige oorlog ingeruk. Oorloë is een van die erkende en belangrikste middele van die groot geldmag om sy oogmerke te bevorder. Agter die Tweede Wêreldoorlog het die groot geldmag geskuil, net soos wat die geval met die Eerste Wêreldoorlog was.
DIE GELDMAG (11)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Afrikaanse bondgenote
Die Anglikaanse netwerk van geheime en halfgeheime organisasies waardeur die politieke strewe na Amerikaans-Engelse heerskappy — ook oor die Afrikanerdom — bevorder word, is vir die oningewyde ’n rietbos van raaisels.
In Brittanje was die Rhodes Trust baie jare lank die belangrikste enkele kring van geheime politieke aktiwiteit. Namate hy deur die Rhodes-beurse en die Round Table sy politieke invloed na die VSA uitgebrei het, het die gebruik van soortgelyke trustfondse vir hierdie soort politiek al meer in Amerika posgevat. Daar het dit “stigtings” geheet. Voor 1910 was daar net 18 Amerikaanse stigtings. In die daaropvolgende tien jaar is 76 in die lewe geroep;in die twintigerjare 173, in die dertigerjare 288, in die veertigerjare 1 638 en in die vyftigerjare 2 839. Van 5 050 vooraanstaande Amerikaanse stigtings is 32 persent in die veertigerjare en 56 persent in die vyftigerjare gestig, beweer Ferdinand Lundberg in sy boek, The Rich and Super Rich (1969).
DIE GELDMAG (10)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE VSA SE MEESTERPLAN
Dat mnr. Vorster nie graag ’n konfrontasie met die groot geldmag gesoek het nie, het ook aan die lig gekom twee jaar voor die moord op dr. Verwoerd toe Vorster nog die portefeulje van Justisie beklee en allerweë die beeld van die “sterk man” gekry het. In daardie jaar het dit aan die lig gekom dat die Amerikaanse ambassade in Pretoria mnr. Quinton Whyte, destydse Direkteur van die SA Institute of Race Relations, gevra het om ’n “meesterplan” op te stel wat as handleiding vir die Amerikaanse regering kon dien hoe om die bestaande orde hier ingrypend te verander. Mnr. Whyte het aan hierdie versoek voldoen en die naam van mnr. Oppenheimer het ook prominent ter sprake gekom. Hy sou glo gevra word om sy invloed in die Withuis in Washington te gebruik om simpatieke oorweging daarvan te verseker. ’n Afskrif van die “meesterplan” is deur mnr. J.A. Marais en dr. Koornhof aan mnr. Vorster beskikbaar gestel met die versoek om dit openbaar te maak.
DIE MENS SE WEG IN HIERDIE LEWE
Hannies Ollewagen
Ps. 18:1-51
“Die weg van God is volmaak; die word van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.” (:31).
“God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.” (:33).
Die mens kom in hierdie lewe voortdurend voor keuses, voor kruispaaie, te staan. Dit is dan wanneer ‘n mens moet besluit – hierdie kant toe of daardie kant toe. Wat sal die regte weg wees om in te slaan?
Die groot hoeveelheid hartseer en ellende waarin so baie mense in ons tyd leef, getuig daarvan dat mense toenemend die verkeerde besluite rakende hul lewensweg maak. Dit is eintlik ‘n vreemde verskynsel wanneer ‘n mens in ag neem dat die mens van vandag tog soveel meer inligting tot sy beskikking het. Ons het soveel makliker en vinniger toegang tot inligting. En ‘n ingeligte mens is mos veronderstel om beter besluite te neem as ‘n oningeligte mens, nie waar nie? Wel, dit is inderdaad die geval, mits die bron wat jy raadpleeg ‘n betroubare bron is. En dit is juis hierin wat die hededaagse mens klaaglik misluk. Mense vra na leiding en rigting vir hul lewens in al wat ‘n bron op die internet en tydskrif is en ignoreer die enigste ware, opregte, volmaakte en betroubare Bron, nl. die Woord van God. Die mens vertrou nie op God vir sy heil nie. Nee, die hedendaagse mens vertrou op homself om sy eie heil te bewerk. En die Woord van God waarsku die mens teen die slegte gevolge van hierdie onverskillige keuse om God nie in gedagtenis te hou nie!
DIE GELDMAG (9)
>
>>>>
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE HOEKVERSLAG
Mnr. Vorster se verhouding teenoor die geldmanne, en dan meer bepaald teenoor mnr. Oppenheimer, blyk miskien die beste uit die gebeure rondom die Hoekverslag.
Dit is betekenisvol dat dr. Verwoerd, toe hy in 1964 geantwoord het op die heftige aandrang van die Opposisie dat ondersoek ingestel moes word na die bedrywighede van die Afrikaner-Broederbond, gesê het dat as die Broederbond ondersoek moes word, ander organisasies van die Engelssprekende wêreld ook ondersoek behoort te word. Een van die organisasies wat hy genoem het, was Anglo-American. ’n Ruk daarna het prof. Piet Hoek, destyds Adjunk-hoofbestuurder van Yskor, dr. Verwoerd gevra om wel so ’n ondersoek na Anglo-American te laat instel. Prof. Hoek was diep bekommerd oor die greep wat Anglo-American en mnr. Oppenheimer op die Suid-Afrikaanse ekonomie verkry het. Hy het gesoek na middele om hierdie greep te breek.
HEMELVAART IS 'N CHRISTELIKE DAG
LEEF DAN SOOS KONINGSKINDERS!
Ds Andrè van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote vandag Jesus se hemelvaart herdenk? Ek wil waag om te sê dat die oorgrote meerderheid onverskillig teenoor hierdie dag staan. Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, was dit ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magsoorname in 1994 het booswigte dit afgeskaf. Ek is dankbaar vir mense wat nog waarde daaraan heg.
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie.
Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Jesus vir 40 dae sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna na die hemel opgevaar. Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur Jesus se volgelinge versprei is. Paulus skryf : “Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).
Vir baie gelowiges is hemelvaart slegs ʼn nagedagtenis van Goeie Vrydag en Paassondag. Nee, die hemelvaart het wonderlike betekenis vir ons. Kom ons kyk na ʼn paar aspekte van die hemelvaart en verheerliking van Jesus.
VANDAG IS HEMELVAART...
...WAT SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Dr Johan Celliers
Vandag is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring.
Al is dit hierdie jaar buitengewone omstandighede, kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan. Ons kan ons besighede sluit en op hierdie wyse aan diegene rondom ons toon dat ons te midde van 'n ekonomiese krisis steeds op God vertrou deur gehoorsaam aan sy Gebooie te wees en Hom die eer en respek wat Hom toekom daardeur betoon.
DIE GELDMAG (8)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Vorster en die Geldmag
>
>>>
Vir die verteenwoordigers van die groot geldmag hier en in die buiteland moes die verwydering van dr. Verwoerd van die politieke toneel in Suid-Afrika deur die kommunis Tsafendas ongetwyfeld ’n belangrike moment in hulle veroweringsplanne gewees het. Dr. Verwoerd was die een man teen wie hulle altyd gestuit het in hulle berekenings om deur hulle geld die politieke mag in Suid-Afrika te verower. Hy het tussen hulle en die Afrikanerdom gestaan en telkens moes hulle sien hoe hulle planne deur hom verongeluk is. Die vooruitsigte op sukses het na 30 Maart 1966, toe dr. Verwoerd in daardie verkiesing binnelands nuwe hoogtes bereik het, baie skraal gelyk. En na die uitspraak in die Internasionale Hof in Den Haag oor die Suidwes-saak in Julie van daardie jaar het hierdie man in die buitewêreld feitlik tot ’n onaantasbare posisie uitgestyg. Die planne van die internasionale magshebbers en die magte wat agter hulle geritsel het, was erg deurmekaar gekrap. Die sluipmoord op 6 September 1966 in die Volksraad het egter alles oornag verander.
DIE GELDMAG (7)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE BILDERBERGERS
In ’n studie van sulke magsgroepe soos die Council on Foreign Relations en sy Britse eweknie, die Royal Institute of International Affairs, sal dit blyk dat die politieke mag in die Westerse wêreld deur klein, dog magtige, elite-groepe_gerig word. Hierdie elite-groepe, wat in die geheim werk, is nie baie lief vir persfotograwe nie en hulle invloed op die gang van wêreldsake moet dus afgelei word uit die bedrywighede van die agentskappe wat hulle in hulle diens het. Daar is talle van hierdie agentskappe, waarvan een van die belangrikste die Bilderbergerroep is. Dit is noodsaaklik dat kortliks stilgestaan word by hierdie groep.
Waar die CFR uitsluitend tot Amerikaanse geldbaronne beperk is, is lidmaatskap van die Bilderberger-groep eintlik “internasionaal.” Onder sy bekendste lede tel sakemanne, nyweraars en politici en uit die VSA, Brittanje, Wes-Duitsland en ander Wes-Europese lande, asook lede van koningshuise in Brittanje en Nederland. Sedert sy totstandkoming was prins Bernhard, van Nederland, voorsitter van die Bilderbergers. Enkele Jare gelede is hy opgevolg deur prins Philip van die Britse koningshuis.
DIE GELDMAG (6)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
COUNCIL ON FOREIGN RELATIONS
Agter die huidige Amerikaanse aanslag op die Afrikanerdom sit daar etlike geheime organisasies, waarin die verteenwoordigers van die groot geldmag saamgetrek is. Maar dit is veral een wat in die middelpunt staan: die Council on Foreign Relations (CFR). Voor hom het hy etlike frontorganisasies en agter hom lê dieper verskuilde organisasies. Van sy frontorganisasies waarmee Suid-Afrika regstreeks te doen het, is die belangrikste die United States-South Africa Leader Exchange Programme (USSALEP) en die African-American Institute (AAI). Maar daarnaas is bv. die Ford Foundation en die Carnegie Endowment for International Peace, wat oënskynlik onafhanklik is, maar ook vanuit die CFR beheer word.
DIE WOORDE UIT ONS MOND
Hannes Ollewagen
Ps. 10:1-18
“Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.” (:7).
Geliefdes, die psalmdigter beskryf vir ons die woorde uit die mond van ‘n goddelose mens. Ja, ‘n mens wat God nie in sy hart vrees en liefhet nie se woorde getuig ook hiervan. Onse Here Jesus Christus leer ons in Lukas 6:45 dat ‘n mens se woorde tot ‘n groot mate getuienis lewer van wat in daardie mens se hart aangaan.
“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.”
Geliefdes, die goddelose rig met sy mond verderf en vernieling in God se Skepping hier op aarde aan. Hy gee nie om om op onverskillige wyse die harte van ander mense te laat bloei nie.
“Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke ...” (Spr. 12:18).
Koning Dawid het ook tot God geroep teenoor sulke mense onder wie hy groot ellende gely het.
“Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ‘n skerp swaard is.” (Ps. 57:5).
ONTHOU U NEURENBERG?
COVID-REGULASIES ERGER AS KRYGSWET!
Onthou u nog die reeks verhore in Nürnberg, Duitsland, in 1945–46? Hier kom ‘n tweede een, groter as die eerste, word daar gesê. En weer is Duitsland betrokke.
Neurenberg, waarin voormalige Nazi-leiers deur die Internasionale Militêre Tribunaal aangekla en as oorlogsmisdadigers verhoor is, het die Duitse leierskap ontbloot wat die Nazi-diktatuur ondersteun het. Van die 177 beskuldigdes is 24 ter dood veroordeel, 20 tot lewenslange gevangenisstraf en 98 ander gevangenisstraf. Vyf en twintig beskuldigdes is onskuldig bevind. Baie van die gevangenes is vroeg in die vyftigerjare vrygelaat as gevolg van kwytskelding. Tien vooraanstaande lede van die politieke en militêre leierskap van Nazi-Duitsland is gehang. Lord Justice Geoffrey Lawrence, die Britse lid, was die voorsitter van die verrigtinge wat tien maande geduur en uit 216 hofsittings bestaan het. Op 1 Oktober 1946 is 12 argitekte van die Nazi-beleid ter dood veroordeel. Sewe ander is gevangenisstraf opgelê wat wissel van tien jaar tot lewenslank, en drie is vrygespreek.
Dr. Reiner Fuellmich, ’n verbruikersregprokureur van Duitsland en ook aktief in Kalifornië, berei tans die grootste groepsgeding in die geskiedenis voor, 'n tweede NEURENBERG.
DIE GELDMAG (5)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE 'ROUND TABLE'
Vir ’n Afrikaner wat ’n sin vir die geskiedenis het, was die Rhodes-beurse nog altyd iets wat jy op ’n groot afstand gehou het. Die vroeg gestorwe, skrander dr. Tobie Muller, van Stellenbosch, wat al nasionalisme verkondig het lank voordat die Nasionale Party in 1914 tot stand gekom het, het bv. ’n aanbod van ’n Rhodes-beurs van die hand gewys. So ook die ewe skrander dr. H.F. Verwoerd, wat later Eerste Minister van Suid-Afrika en die skyf van haat van die moderne Rhodes-Milner-politiek geword het. Ander Afrikaners (of juister, Afrikaanssprekendes) het Rhodes-beurse aanvaar. Hulle het al tot in die kabinet gevorder:dr. Hilgard Muller, voormalige Minister van Buitelandse Sake, was een en dr. Piet Koornhof, Minister van Samewerking en Ontwikkeling, is ’n ander. Dit is miskien nie blote toeval dat albei ’n paar jaar gelede deur die Vrymesselaars vereer is met die Orde van Malta nie.
Sulke Afrikaanssprekende Rhodes-beurshouers het na Suid-Afrika teruggekeer, uiterlik soms onveranderd, soms ook nie. Maar moontlik, sonder dat hulle in hulle jeugdige ongevormdheid geweet het, het hulle deel geword van die wye netwerk in die Engelse wêreld waardeur die oogmerke van die Rhodes-beurse bevorder word.
ENTSTOF-CHAOS IN ISRAEL
Dit blyk met meeste lande se verslae dat die Pfizer- en die AstraZenica-entstof by verre die mees skade aanrig terwyl hulle die wêreldbevolking as proefkonyne inspan. Die ander maatskappye is nie vry te spreek nie, selfs hier in Suid-Afrika is die Johnson&Johnson-entstof vir ‘n tyd gestaak nadat talle newe-effekte gerapporteer is.
Volgens die data van die Sentrale Buro vir Statistiek was daar in Januarie-Februarie 2021, op die hoogtepunt van die Israelse massa-inentingsveldtog, 'n toename van 22% in die totale sterftesyfer in Israel in vergelyking met die vorige jaar. In werklikheid was Januarie-Februarie 2021 die dodelikste maande van die afgelope dekade, met die hoogste totale sterftesyfers vergeleke met ooreenstemmende maande in die afgelope tien jaar.
DIE GELDMAG (4)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Geheime aanslag uit die VSA
In die voortgesette volgehoue aanslag wat vandag nog teen pres. Kruger se nalatenskap gevoer word, verbaas een ding ’n mens telkens. Dit is die aanmatigende houding van die Engelse gevestigdheid teen geheime organisasies in die Afrikanerlewe. Die meriete of andersins van geheime organisasies daargelaat, die feit is dat die huidige aanslag teen Suid-Afrika byna geheel en al op geheime organisasies rus en vanuit binnekamers gevoer word waartoe slegs ’n klein groepie mense toegang het; dat die geheime Rhodes Trust vandag nog op geheime wyse die oorlog, net met ander middele, teen die Afrikanerdom voer; dat allerlei frontorganisasies in die Anglikaanse wêreld bestaan waaragter die geheime stryd om die Afrikanervolk te onderwerp, voortgesit word.
DIE GELDMAG (3)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE WESE VAN DIE STRYD
Suid-Afrika was nog nooit gevrywaar van die mag en die bedreiging van die geldmag nie. Trouens, die Afrikanervolk het in die verlede, net soos vandag, op verskillende maniere met hierdie vyand kennis gemaak, selfs in die vorm van ’n bloedige oorlog waardeur die Afrikanernasie byna uitgewis is. Vandag maak die geldmag nie meer van oorloë gebruik om sy oogmerke in Suid-Afrika te bevorder nie, maar dit beteken nie dat hy minder berekend te werk gaan nie. Teen die einde van die vorige eeu was dit Rhodes en Milner en hulle handlangers wat hulle teen die Afrikanerdom gerig en ’n vernietigende oorlog teen die Afrikaner ontketen het om sy land en sy rykdom te verower. Vandag word nog dieselfde stryd deur die opvolgers van die Rhodes-Milnerpolitiek teen die Afrikanervolk gevoer — net met ander middele. Die ideale en strewes van Rhodes en Milner is steeds die ideale van hulle opvolgers in Suid-Afrika en hulle belangrikste wapen teen die Afrikaner bly steeds hulle groot rykdomme en ander middele, soos die pers, wat hulle met hierdie rykdom ingepalm het.
DIE GELDMAG (2)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
SAAM IN DIE RAND CLUB
Ondersoek na die werkinge van die geldmag en die invloed wat dit op die politieke mag uitoefen, is vandag nie ’n baie gewilde onderwerp nie. Dit was trouens nog nooit ’n gewilde onderneming nie, want as daar een ding is wat die verteenwoordigers van die groot geldmag soos die pes haat, is dit dat hulle planne, hulle skemas, hulle knoeiwerk onder die soeklig geplaas moet word. Dit het verder ’n ongewilde onderwerp geword, omdat die massa-media, wat grotendeels deur hierdie geldmag beheer word, ’n beeld van die rykes en die super-rykes opgebou het van onaantasbare wesens. soort godjies, wie se dade en planne nie bevraagteken mag word nie. Hulle het ’n soort ekonomiese herrenvolkie geword wat verhewe bo enige kritiek is.
Selfs sommige politieke leiers duld nie enige kritiek op die verteenwoordigers van die geldmag nie, dikwels omdat hulle self vasgevang is in die net van hierdie geldmanne, of weet dat hulle politieke voortbestaan deur hierdie mense beheer word.
DIE GELDMAG (1)
Baie mense hoor nou eers van terme soos Die Nuwe Wêreldorde, 'n Een Wêreldregering en Die Geldmag. Dit is terme wat nou dikwels gebruik word vandat die Covid-virus sy skielike verskyning gemaak het en ons dit met mekaar verbind. Maar daar is baie lank gelede reeds uitstekende werke oor die Geldmag, die superrykes van die wêreld geskryf. Van een daarvan is Beumont Schoeman die outeur en is dit nou die regte tyd om dit weer deur te werk om sodoende 'n beter begrip te kry van wat presies nou vir ons voor die deur lê.
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Van Rhodes tot Oppenheimer
Dit was Benjamin Disraeli, voormalige Eerste Minister van Brittanje, wat gesê het: “Die wêreld word vandag regeer deur heeltemal ander mense as wat diegene glo wat nie agter die skerms is nie.” En dit was die bekende lord Bryce wat in sy Modern Democracies geskryf het: “Die demokrasie het nie ’n meer volhardende en verraderlike vyand as die geldmag nie... Daardie vyand is gedug omdat dit in die geheim deur middel van oorreding of misleiding werk, eerder as deur mag en so mense niksvermoedend betrek. Dit is oral ’n gevaar vir enige goeie regering.”
Ander skrywers en politieke leiers van naam voor en ná hulle het die invloed en bedreiging van die groot geldmag ewe oortuigend geïdentifiseer en die standpunt van C. Rothschild, een van die magtige Rothschild-familie, bevestig toe hy verklaar het: “Gee my beheer oor die rykdomme van ’n land en ek gee nie om wie die wette van die land maak nie.” Abraham Lincoln het in sy stryd teen die magte van die suidelike state van Amerika gesê: “Ek het twee groot vyande: die Suidelike leër voor my en die groot finansiële instellings agter my. Van die twee is die een agter my my grootste vyand.” Vir die groot geldmag was Lincoln ’n stuikelblok in die verwesenliking van hulle oogmerke en daarom is hy gewelddadig van die toneel verwyder.
SKOKKENDE VERSLAE VAN BEROERTES, MISKRAME, STERFTES ENS AGV INENTING
Soos verwag veroorsaak die mRNS-inspuitings chaos deur die wêreld. Dit is nou die sogenaamde entstof teen die Covid-19-virus. Uiteindelik sal baie meer mense daarvan sterf as wat van die virus gesterf het. Die newe-effekte van die inspuitings mag dalk selfs meer wreed wees as die dood self. Intussen dwing regerings op verskeie wyses dit steeds op hulle bevolkings af. President Biden het selfs nou gesê mense mag sonder maskers uit hulle huise kom indien hulle die inspuiting gehad het.
Onlangse verslae van die UK Medicines Agency en die UK's Medicines Regulatory Agency onthul nog meer newe-effekte van die sogenaamde entstof. Dit is nadat hulle ‘n ‘geelkaart’-stelsel ingestel het waarvolgens “ingeêntes” hulle simptome kan aanteken. In Brittanje is mense ingespuit met AstraZeneca, Moderna en Pfizer / BioNTech. Ongeveer twee derdes van die kennisgewings en byna 60 000 individuele antwoorde in die geelkaart-skema hou verband met Pfizer / BioNTech se entstof. AstraZeneca vul die res. Alhoewel die entstof Moderna ook sedert 8 Januarie in die Verenigde Koninkryk gelisensieer is, word dit nie in die regeringsverslag genoem nie.
Teen einde Januarie is daar reeds oor die 100 000 newe-effekte gerapporteer. Behalwe honderde sterftes het sommiges blind geword, talle miskrame het plaasgevind, ander het gesigsverlamming, verlamming in ander dele van die liggaam en baie pyn ervaar. Volgens Epoch Times is die ergste die bloeding. Tot meisies van een jaar oud het vaginaal begin bloei. Meisies en vroue het berig dat hulle menstruele siklus totaal deurmekaar is deurdat hulle aanmekaar en oorvloedig bloei. Mense bloei ook deur hulle oë en neuse.
HOE LYK JOU GEESTELIKE FONDAMENT?
Ds A.E. van den Berg
“Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose; sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ’n spinnerak. Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie” (Job.8:11,13-15).
Om ʼn huis te koop of te laat bou kos baie en is mense soms puntenerig met so ʼn koop. Maar, waarna kyk mense as hulle huis koop? Gewoonlik na alles behalwe die belangrikste – die fondament. Die mure, dak, vloer en binne afwerkings kry meer aandag. Dis soos ʼn man wat ʼn vrou trou net omdat sy mooi is. Alles gaan om die uiterlike. As dit reg is, is die wêreld reg.
So is dit ook met baie mense; as dit op stoflike gebied goed gaan, is alles reg. ʼn Dak oor die kop, ʼn betroubare voertuig en paar rand in die bank en die lewe is goed. Maar wat van die geestelike lewe? Is alles daar ook reg? Dit gebeur so dikwels dat as dit op stoflike gebied skielik sleg gaan, God daarvoor verkwalik word asof Hy mense ʼn gemaklike lewe skuld.