Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Baie van ons pyn hier op aarde kies ons vir onsself. Maar ons kan ons aan twee dinge troos: pyn duur nie vir ewig nie; en pyn is juis die bitter medisyne waarmee ons siek gees genees word – daardeur leer ons gewoonlik om beter besluite te neem wat in die toekoms minder pyn sal veroorsaak.
DIE HEL...
...BANGMAAKSTORIE OF WERKLIKHEID?
Ds A.E. van den Berg
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”(Openb.20:15).
Die woord hel wek oor die algemeen by mense vrees en afkeur op. Vrees, omdat dit as die mees weersinwekkende plek beskou word om in te wees asook afkeur omdat sommiges dit as die produk van ooraktiewe verbeeldings beskou en glo dat die ou Jode dit bedink het om mense van booshede te weerhou.
Leraars preek nie graag oor die hel nie omdat dit kwansuis lidmate ontstel. Dis ʼn fout want hoe kan leraars nalaat om mense oor die laaste oordeel te waarsku? As daar meer van die hel vanaf kansels gehoor word, sal daar minder sonde in die samelewing wees. Die hel is net so ʼn werklike plek as die hemel. Dis die laaste plek van aankoms vir hulle wat nooit tot bekering gekom het nie.
Baie mense glo egter nie aan ʼn hel nie omdat dit nie met hul misplaaste idee van ʼn liefdevolle God strook nie. Om die Bybel te verwerp net omdat dit van die hel praat, is soos om ʼn boek te verwerp net omdat jy nie van die prente daarin hou nie.Die hel is ʼn werklikheid ongeag wat mense sê! Min Bybelse waarhede het onverskilliges al so tot hul sinne gebring soos ʼn duidelikheid oor die hel. Desondanks moet niemand hul bekeer omdat hulle bang is vir die hel nie.
NEURALINK – ‘N PSIGIATRIESE RAMP IN WORDING
Een van die transhumaniste wat ons onlangs by 'n splinternuwe afgrond gebring het, is Elon Musk, met sy jongste onderneming, Neuralink. Neuralink is 'n transkraniale inplantaat wat gelykstroomstimulasie gebruik. Die toestel is voorlopig gebruik om mense met brein- of ruggraatbeserings te help maar die uiteindelike doel is om die menslike brein met rekenaars saam te smelt. Hierin is geweldige ruimte vir onvoorsiene sielkundige en psigiatriese gevolge. In 'n onderhoud met die psigiater dr. Peter Breggin het hy sy bekommernisse oor hierdie tegnologie uitgepreek:
“Wat vir my interessant is, is dat Musk so briljant is, maar dat hy dom is oor die brein. Dit is waarskynlik omdat die neurochirurge en psigiaters wat hy raadpleeg dom is oor die brein. Hy wil veelvuldige draadagtige elektrodes in die brein insit, in neurone en 'n lae spanning stimulasie. Dit is kranksinnig. Die brein kan dit nie duld nie. Hy hoop om te kan kommunikeer, maar daar gaan geen kommunikasie wees nie. Die brein gaan nie met hierdie elektrodes praat nie. Dit is nie hoe die brein werk nie. Die brein praat met homself. Dit gaan nie met Elon Musk [of met iemand anders] praat nie en hy sal die brein wat met homself praat, totaal ontwrig. Dit is 'n verskriklike ding om te doen.
WEES GETROU EN VERTROU!
Hannes Ollewagen
Ps. 37:1-40
“Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;” (:1-5).
Geliefdes, wat ‘n kosbare les wat God aan ons deur die mond van koning Dawid in hierdie Psalm gee. En wel ‘n baie belangrike les waarop ons moet ag slaan. Dit word selfs in Ps. 73 deur die mond van koning Asaf weereens aan ons gegee. En in die mond van twee of drie getuies sal ‘n saak vas staan, nie waar nie? U verstaan nou beter waarop soveel dinge in die Woord van God deur verskillende mense herhaal word – om die onveranderlikheid en belangrikheid daarvan by ons vas te lê.
GOEIE BURGERS, GOEIE REGERING
Ds A.E. van den Berg
"Naas oorlog is swak regerings die skadelikste vir ʼn land. Die belangrikheid van ʼn kundige kieserskorps kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie en bepaal staatkundige voor- of teenspoed. Ongelukkig kies dwase gereeld leiers wat eens voorspoedige lande tot bankrotskap omskoffel soos bv. met Suid-Afrika en Zimbabwe gebeur het."
“Godsdiens en sedelikheid is onmisbaar vir enige goeie regering” (George Washington).
Inleiding
Sommige mense glo dat politiek vuil is en die Bybel gevolglik niks daaroor sê nie. Dis onwaar. Die Bybel handel interessant genoeg net 30% oor geestelike sake en die res oor politieke sake soos bv. gemeenskap- en regsake. Politiek is ʼn heilige saak wat ordelike samelewings wil skep en God is ʼn God van orde:
“Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
Jesus het tydens sy aardse bediening talle geestelike beginsels neergelê om ʼn ordelike samesyn en ʼn gesonde gemeenskap te laat verwerklik. Alle mag kom immers van God. Jesus sê vir Pilatus:
OP VOETE VAN KLEI
Ds A.E. van den Berg
“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ʼn klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword .....maar die klip wat die beeld getref het, het ʼn groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (Dan.2:34,35).
Menslike koninkryke is tydelik, bestaan net vir ʼn wyle waarna dit verdwyn. Met die koninkryk van God is dit anders; hierdie ryk en sy burgers bestaan vir ewig. Waar is hierdie koninkryk? Dis nie ʼn land of ʼn oorkoepelende ryk nie, maar mense wat God as hul Koning erken.
ʼn Droom het Nebukadneser een nag hewig ontstel. Hy was baie voldaan met dit wat hy as koning van Babel bereik het - die magtigste koning op aarde. Hy het dit tot sy voordeel gebruik en talle ander konings aan hom onderwerp en belastings van hul geëis - marionette aan toutjies in sy hand. Wie dit sou waag om teen Nebukadneser op te staan, is met mag oorrompel en bitter swaar gestraf.
Om ʼn ryk soos syne te bekom, was relatief maklik, maar om dit te behou ʼn ander storie. Daarom was hy maar dikwels bekommerd ook oor die toekoms van sy koninkryk en het baie daaroor nagedink. Daarom het God hom een nag in ʼn droom deur ʼn groot beeld gewys wat die toekoms vir die wêreld sou inhou.
OM DIE HERE TE SOEK
Hannes Ollewagen
2 Kron. 26:1-23
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dathy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).
Ons lees gedurig in die geskiedenis van die konings van Israel wat van God afvallig geraak het. En dan lees ons andersyds ook weer van daardie konings wat na God gesoek het. En hierdie konings se ryk was dan voorspoedig teenoor daardie konings wat van die HERE afvallig geword het en wie se koninkryke eindelik ten gronde gegaan het.
Dit is in 1 Kronieke 28:9 waar ons lees van Dawid wat ook sy troonopvolger, sy seun Salomo, vermaan om na die HERE te soek.
“En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.”
HOSPITALE VOL INGESPUITE MENSE
Terwyl duisende mense wêreldwyd van die covid-inspuitings sterf, hou amptenare van openbare gesondheid vol met die gruwelikste leuens daaroor. Hulle probeer hul bes om die publiek te laat glo dat 97% van gehospitaliseerdes nie “ingeënt” is nie terwyl die hospitale in werklikheid vol is van ingespuite mense.
Maar toe vang slim sy baas toe dieselfde dokter wat die leuen oor 97% kwytgeraak het, Rochelle Walensky van ‘n Amerikaanse sentrum vir Siektebeheer, haar mond ‘n paar weke later in ‘n verklaring verby praat. Hier volg wat sy erken het:
Die CDC het beveel dat elke pasiënt wat in 'n hospitaal opgeneem word en nie “volledig geënt” is nie, as “ongeënt” gelys moetword. Dit geld ook vir die duisende sterftes van persone wat een of twee inspuitings gehad het en as gevolg daarvan oorlede is. Hulle name is op die lys van “ongeëntes”. So is die syfer van 97% bereken.
In werklikheid is 80% van gehospitaliseerde persone ingespuit en is as gevolg daarvan siek en in 'n hospitaal opgeneem.
Die gesondheidorganisasies vertel nie net ‘n leuen oor die nie-ingespuite persone nie, maar verberg asook die feit dat die inspuitings die oorsaak is dat mense weer en weer virus-besmetting opdoen.
220,000 DIENSPLIGTIGES WEIER INSPUITING
Hofsaak teen Departement van Verdediging nou aanhangig
Die Biden-administrasie probeer die betekenis van die woord "immuniteit" herdefinieer in sy poging om die Covid-inspuiting op 220,000 lede van die Amerikaanse militêre diens wat reeds die SARS COV-2-virus opgedoen en oorleef het, af te dwing.
Dit het die deur oopgemaak vir 'n federale regsgeding wat op 30 Augustus deur twee aktiewe dienslede teen die Minister van Verdediging, Lloyd Austin, die Direkteur van Binnelandse Veiligheid, Xavier Bacerra, en die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmadministrasie-kommissaris, Janet Woodcock, ingedien is.
Ook die vloot het vandeesweek sy matrose 90 dae tyd gegee om die inspuiting te kry, net soos die weermag en lugmag gedoen het.
Die saak, wat op 30 Augustus by die Amerikaanse distrikshof in Colorado ingedien is, eis onmiddellike aandag.
Die twee eisers, Daniel Robert, 'n 33-jarige gimnasiumsersant by die Fort Benning Army-basis in Columbus, Georgia, en Hollie Mulvihill, 'n 29-jarige personeelsersant by die Marine Corp-basis in Jacksonville, Noord-Carolina, sê hulle verteenwoordig 220,000 dienende militêre lede en vra die hof vir 'n tydelike beperkingsbevel wat die gedwonge inspuitings verhoed voordat 'n volledige verhoor geskeduleer kan word. Hulle versoek egter ‘n permanente bevel teen Biden se Departement van Verdediging.
WIE IS ‘N HEIDEN?
Ds. A.E van den Berg
As ʼn selfstandige naamwoord dui heiden op onbekeerde mense/volke in die algemeen. As ʼn byvoeglike naamwoord verwys dit na diegene wat die God van die Bybel nie eerbiedig nie. Hierdie woord (Hebreeus gojim) is in die OT vir alle volke buite die Jodedom gebruik ten einde hulle van die Jode, as die volk van God, te onderskei:
“...dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie” (Jos.23:7).
In die Nuwe Verbond het heiden ʼn ander inhoud verkry – almal wat die geloof in Jesus Christus as die Seun van God verwerp het wat ook onbekeerdes uit die Jodedom ingesluit het. Jesus het vooraf gewaarsku dat dit gaan gebeur:
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra” (Mt.21:43).
VERBLY JULLE IN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).
Paulus herhaal hierdie opdrag van hom in sy brief aan die Fillipense. Daarmee beklemtoon hy dus hierdie opdrag. En dit nadat hy alreeds in Fil. 3:1 hierdie opdrag gegee het. “VERDER, my broeders, verbly julle in die Here. ...” En ten spyte van die beklemtoning van hierdie opdrag, gee ons waarskynlik ook vandag steeds nie genoeg ag hierop nie.
Geliefdes, dit was ook nie alleen Paulus wat van hierdie saak melding gemaak het nie. Ons lees in Neh. 8:11 hoe Esra die volk in hierdie saak onderrig.
“...Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.”
Natuurlik het die geliefde man van God, koning Dawid, ook in verskeie Psalms van vreugde en blydskap in die HERE melding gemaak. Ps. 4:8
“Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.” Ps. 19:9:”
LEUENS OOR IVERMEKTIEN
Verlede week is daar berig dat ‘n Oklahoma-hospitaal oorval is met pasiënte wat ‘n oordosis ivermektien ingeneem het. Intussen is die komplot onthul toe die hospitaal laat weet het dat daar nie een so geval is nie en dat die dokter wat hierdie leuen aan die media vertel het reeds twee maande lank nie meer in daardie hospitaal werk nie. Gerugte dat ivermektien lewerversaking veroorsaak het ook die rondte gedoen maar daarvoor was geen bewyse nie. Nou ja, dit sê alles van die vyande van die waarheid. Die Bybel leer ons mos dat die satan van die begin af die vader van die leuen is; daarom weet ons met wie ons te doen het.
‘n Ietsie meer oor die agtergrond van ivermektien: die maatskappy, Merck, wat self die medikasie ivermektien vir menslike gebruik ontwikkel het en in 1987 goedkeuring van die FDA en in 2015 ‘n Nobelprys daarvoor gekry het, het 3.7 miljard dosisse daarvan dwarsdeur die wêreld versprei. Maar nou het Merck ‘n handomkeer daaroor gemaak.
COVID-"ENTSTOF" IS DODELIK
Jan-Tinus Smuts
“Dit is nou in verskeie lande bewys dat veral mense wat ingeënt is, in kwarantyn geplaas moet word. Ongeënte mense is nie gevaarlik nie, ingeëntes is 'n gevaar vir ander.” - Prof Christian Perronne
"Ons is op die rand van 'n wêreldwye transformasie. Al wat ons benodig is die regte groot krisis en al die nasies sal die Nuwe Wêreld Orde aanvaar," het wyle David Rockefeller op 14 September 1994 by die VN Besigheidskonferensie gesê. Sy familie is internasionale bankiers wat na bewering deel is van 'n komplot om 'n een wêreld diktatuur te vestig. Daar is ook bewerings dat dit deel van die Geldmag (wat "Big Tech" en "Big Pharma" insluit) se planne is om die wêreldbevolking drasties te verminder en dat Covid-19 en die entstowwe daarteen, deel uitmaak van hierdie planne.
Niemand sal kan ontken dat die Covid-19 pandemie kwalifiseer as so 'n "groot krisis" soos waarvan Rockefeller gepraat het nie. "Big Pharma" sluit ook maatskappye soos byvoorbeeld Pfizer en Johnson & Johnson in.
By geleentheid het mnr. David Rockefeller erken dat hy en sy familie deel is van 'n plan om 'n eenwêreldregering daar te stel:
"Sommige glo dat ons deel is van 'n geheime kabaal wat teen die beste belange van die VSA werk en word ons as "internasionaliste" gekaraktiseer en dat ons in 'n sameswering met ander van reg rondom die wêreld is om 'n meer geïntegreerde globale politieke en ekonomiese struktuur te vestig - een wêreld, as jy wil. As dit die aanklag is, staan ek skuldig en ek is trots daarop."
WAT SATAN MET DIE COVID-SAGE WIL BEREIK…
…is om die beeld van God van die aarde af te verwyder.
Hierdie plan van die satan was van die begin van die skepping in werking. Hy het toe reeds besluit dat hy uit wraak teen God die hele mensdom na hom sal insleep sover dit in sy mag is. In hoofstuk 6 van Genesis word uitgelê hoe die gevalle engele (wat uit die hemel gegooi is weens hulle ongehoorsaamheid) waaronder die hoofkwaadstigter, die satan of Lucifer soos sy naam is, onnatuurlike seksuele verhoudings met vroue van die mens gehad het om 'n hibriede menslike geslag te produseer (ook genoem Nephilim of gewelddadiges) wat deels menslike en deels demoniese DNS besit het.
In Matteus 24 v 37 het Jesus gesê dat die eindtyd sou wees soos in die dae van Noag. Dit het baie parallelle en betekenisse, waarvan een feit is, dat ten tye van die vloed, Noag en sy gesin die enigste geneties suiwer (of volkome mens) mense was wat op aarde oorgebly het en nie met die gevalle engele verbaster het nie. Op daardie stadium wou die satan die koms van Jesus voorkom deur die DNS van die hele menslike ras te verbaster en te verontreinig sodat daar geen genetiese suiwer bloedlyn oor sou wees waardeur die Seun van God gebore kon word nie.
‘n Mens kan dink hoe woedend hy verdere planne beraam het toe Jesus Christus gebore is en vir ons aan die kruis kom sterf het!
SATAN VERVANG GOD SE DNS IN ONS
Ons is nou in 'n tyd wat die Bybel voorspel waar groot misleiding die aarde sal bedek en waar moontlik, selfs die uitverkorenes mislei sal word. Die boek Openbaring profeteer dat daar 'n tyd sal kom wanneer daar 'n eenwêreld ekonomie en ’n eenwêreld regering sal wees, wat uiteindelik regeer sal word deur 'n eenwêreld diktator bekend as 'die Antichris’ of die 'Seun van die verderf’, alias Satan, alias die dier of dan Lucifer soos ons die gevalle engel ook by sy naam ken.
Genesis 1 v 27 sê dat God die mens na sy beeld geskape het ... en al daardie inligting van SY skepping op fisiese vlak is in ons DNS gekodeer. Nou betreë ons die tyd waar Satan sy verklaarde oorlog teen God en die mensdom gaan uitbrei in ‘n poging om God se DNS binne ons te verander na iets wat Satan se merk sal dra. So sal hy instaat wees om die meerderheid van die wêreldbevolking sy kinders te maak. Die Bybel vertel ons dan van die breë pad hel toe en die smal pad na die hemel.
Vir Satan om ons DNS te verander, het hy gesorg dat sy handlangers soos Bill Gates en die hele Kabaal, met die noukeurigste sorg die sataniese proses reeds vir jare beplan het en vir hom het die tyd nou aangebreek om resultate te sien. Daarom het hy gesorg dat die viruskabaal losgelaat word en die sogenaamde inenting die begin van die veranderinge aanbring; en so sal elke verdere inspuiting wat drie maandeliks verpligtend gaan word die werk doen tot die hele mensdom goddeloos en verdorwe is en net die vermoë het om kwaad te bedink en te doen – ooglopend is ons nie ver daarvandaan nie.
SO WORD ONS MET BIO-WAPENS UITGEWIS
Vergewis uself gerus by die skakel hieronder oor die bestaan van organisasies wat genetiese bio-wapens vervaardig om mense uit te wis. Dit is die mees geheime industrie in die wêreld waaroor nie maklik gepraat word nie. In hierdie video word hoogsgeheime inligting daaroor bekend gemaak. Daar word ook duidelik gestel dat al die inspuitings wat nou as inentings voorgehou word, dodelik en skadelik is, daarom word dit genoem Frankenstein-inentings wat ons DNS sal verander en ons immuunstelsel vernietig. Ingespuite persone het nou 'n 6.7 groter kans as oningespuite persone om siek te word van die reeds honderde variante wat nou die wêreld vol ingestuur gaan word. Daarom sal daar in die volgende paar jaar miljoene mense daaraan sterf. Die statistiek wat in hierdie video voorgehou word wys daarop dat 86% mense ná die inspuitings kan sterf. Maar laat ons nie vaskyk teen die grootte van ons vyand nie maar na die grootte van ons God wat ons deur hierdie verskriklike tyd wat voorlê hierdeur sal dra!
https://www.facebook.com/groups/553507445663192/permalink/599514527729150/
DIE MOORD OP DR. VERWOERD (2)
J.J.J. SCHOLTZ
Lees reeks by Die moord op dr HF Verwoerd
“Hoe Gelukkig Lyk Doktor Vandag! ”
Die Dinsdagoggend, 6 September, het dr. en mev. Verwoerd omstreeks sewe-uur per vliegtuig van die militêre lughawe Waterkloof, in Pretoria, na Kaapstad vertrek.
Agter hulle het hulle ’n lang naweek vry van kommer en sorge gehad. (Die Maandag was ’n openbare vakansiedag, Setlaarsdag.) Die grootste deel van die naweek het hulle op hul plaas, Stokkiesdraai, aan die Vaalrivier, deurgebring. Hulle is die Vrydagmiddag na dr. Verwoerd se ontmoeting met hoofman Jonathan daarheen.
DIE MOORD OP DR.VERWOERD (1)
J.J.J. SCHOLTZ
Lees reeks by Die moord op dr HF Verwoerd
Op die Kruin
“Vandag gaan ’n geskiedkundige dag word,” het mnr. Koos Potgieter, hoofsweep van die Nasionale Party in die Volksraad, op Dinsdag, 6 September 1966, aan die man in die bank agter horn gesê.
Die volgende oomblik het dit ’n geskiedkundige dag geword, maar gans anders as wat mnr. Potgieter of wie ook al kon droom.
Dr. Verwoerd sou die dag praat. Die openbare galerye was stampvol en die Volksraadsaal het vinnig volgeloop. Daar was ’n duidelik merkbare gevoel van gespanne afwagting.
WIE IS DIE HEILIGES?
Ds A.E. van den Berg
“Wees heilig, want Ek is heilig”(1 Pet 1:1).
As daar vir mense gevra sou word of hulle heilig is, sal die meeste ontkennend antwoord omdat hulle glo dat hulle te sondig is. Dis ʼn wanopvatting. Heilig beteken nie sondeloos nie anders sou die oproep in die teksvers onbillik wees. Heilig beteken afgesonderd.w.s. opsy gesit te wees. En dis wat God van ons verwag - om anders as die wêreld te wees.
Waarom wil God dit hê? Omdat Hy soos ʼn goeie vader wil hê dat sy kinders sy voorbeeld moet navolg. Daarvoor is ʼn lewensverandering noodsaaklik:
“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18).
Wanneer van heiliges gepraat word, dink baie mense aan ou Roomse skilderye van mense met stralekranse om die kop; dooies wat uiters godsdienstig geleef het. Protestante dink baie anders oor heiliges. Die Roomse leer oor heiliges is geheel en al vreemd aan die Bybel en onbeskaamd afgodies ingekleur.
In die vroeë Roomse Kerk is slegs martelare as heiliges vereer. Later in die Middeleeue is kerkvaders, godsdienskluisenaars en sekere biskoppe ook as heiliges beskou en in sommige gevalle feitlik afgodies vereer.
VERWRONGE VRYHEIDSBEGRIP
ʼn Wesenlike Afrika-probleem
Ds. A.E van den Berg
“Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God”
(1 Pet.2:15,16)
Afrika het soveel probleme dat dit moeilik is om die grootste daarvan uit te sonder. Swartes se verwronge beeld van vryheid staan egter hoog op hierdie lys en laat regerings voortdurend in trurat voortbeur.
Vryheid is die suurstof van die siel waarsonder geen beskawing gedy nie en verantwoordelikheid die fondament daarvan. Daarsonder is ʼn land soos ʼn skip sonder ʼn roer en beland onafwendbaar op die rotse.
Vryheid mag nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie want dan is die kans daar om dit verloor. Dit moet eerder sorgsaam opgepas word. Vryheid wat deur mag ontneem word, kan met mag teruggeneem word. As dit egter prysgee word, is dit vir altyd verlore soos Suid-Afrika op ʼn harde manier geleer het!
DIE SWART CHRISTUS
Ds. A.E van den Berg
Die CristoNegrois ʼn afgodsbeeld wat in Panama met karnavalfeestelikheid vereer word. Dit het in die 17de eeu aan die plaaslike kus uitgespoel nadat die krat waarin dit verpak was tydens ʼn storm van ʼn skip afgegooi is om die vrag ligter te maak. Dis van baie donker hout gemaak en twee maal per jaar van nuwe kleding voorsien. Aanbidders skenk dit as teken van toewyding daaraan asook ʼn boetedoening vir hul sonde.
Hierdie beeld word jaarliks op 21 Oktobermet die Fees van die Swart Christus luisterryk vereer en selfs wonderwerke daaraan toeskryf. Verhale van hoe gebede aan die beeld die omgewing in die 18de eeu van ʼn dodelike plaag gered het, is gewild. Pelgrims loop tot 85 km te voet vanaf Panamastad na die Iglesia de San Felipe, ʼn Roomse kerk,waar die beeld gehuisves word. Sommige van hulle kruip selfs die laaste kilometers om deur selfkastyding seëninge te verkry.