Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word – Jes 30:15
AFRIFORUM: SELFVERKLAARDE VYAND...
...VAN DIE AFRIKANERVOLK!
“Die politiek in Suid-Afrika is tans baie deurmekaar en konsepte soos nasionalisme, liberalisme, konserwatisme, Sosialisme en kommunisme word op allerlei verwarrende maniere aan die publiek voorgestel in die media en deur politici. Maar daar sal 'n dag kom wanneer al die ander '-ismes' en konsepte sal vervaag en irrelevant sal word. Wanneer dít gebeur, sal die keuse vir Afrikaners eenvoudig wees – hulle sal moet kies tussen Afrikanernasionalisme of kommunisme. Niks anders sal relevant of ter sprake wees nie…”
Met hierdie woorde het die Afrikanervolk se grootste politieke profeet van die 20ste eeu, Jaap Marais, kort voor sy dood 'n situasie voorspel wat waarskynlik binnekort sal realiseer in Suid-Afrika. Weens verskeie redes word Afrikaners tans nog wysgemaak dat daar selfs teenoor liberalisme nog opsies na die regterkant van die spektrum is. Die "konserwatiewes" van ouds het met die laaste verkiesing duisende ontgogelde Afrikaners, wat die afgelope 20 jaar by die liberale DA gaan inkruip het, weer in hul geledere terugverwelkom.
Heel ironies het hierdie natuurlike verskuiwing van denke en stemme álles te make met rassepolitiek, terwyl daar deur die breinspoel-mediamasjien van die liberaliste gepropageer word dat rasse-politiek uitgewis moet word in Suid-Afrika. Intussen het die "konserwatiewes" ook oor die afgelope 25 jaar 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Die rede vir hulle bestaan is eintlik hul versugting na 'n "volkstaat", soos hulle in 1994 verkondig het. Dit was natuurlik net na daar besluit is om hul generaals se krete van "maak nog net één boer dood en daar is oorlog" te verruil vir onderhandeling met die terroriste, deelname aan die verkiesing en 'n "Volkstaatraad", waar so 20 van hul leiers vir 'n tyd lank as gaste van die ou terroris en kommunis, Nelson Mandela, so bietjie sous op die soustrein kon geniet.
GOD VRA BETROUBARE LEIERS
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel diè aan oor hulle...” - Ex.18:21
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou? Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou. Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis! Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word. Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie!
Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak. Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos. Oral waar daar chaos heers, regeer Satan. Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie. Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – gemiddeld 60 moorde per dag!
IN ‘N DOODLOOPSTRAAT
Ds A.E. van den Berg
“Bekeer ons tot U, Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd” (Klaagl.5:21).
Daar is niks so hartseer as om in tye van swaarkry na die goeie ou dae van die verlede te verlang nie; veral as jy weet dat die swaarkry jou eie skuld is. Dit het met Juda gebeur. God het Juda deur Jeremia 40 jaar lank gewaarsku dat hulle verkeerde paaie loop en dat Hy hulle gaan straf.
Hulle het nie luister nie waarna God vir Babilon, ʼn gedugte vyand, as ʼn karwats in sy hand gebruik om Juda ʼn loesing te gee. Dit het in Augustus 586vC gebeur toe Jerusalem ingeval, die tempel verwoes en die stadsmure platgeslaan is. Daarna is die inwoners in drie sarsies as ballinge na Babel weggevoer. In die boek Klaagliedere huil Jeremia oor wat hy sien – die verwoesting van die glorieryke stad wat deur die Jode as onvernietigbaar beskou is omdat dit God se aardse setel was.
Die val van Jerusalem is deur ongekende barbaarsheid gekenmerk. Mense is doodgemaak en vroue en dogters verkrag:
“Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda” (Klaagl.5:11).
BRING ONS OFFERS VAN DANK?
Hannes Ollewagen
Ps. 147:1-20
“Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.” (:7-9).
Geliefdes, is dankbaarheid nie ‘n eienskap wat in ons dae al meer skaars word nie? Die mens wie se gedagtes deur die humanisme besmet word, is in sy eie gedagtes op alles geregtig. En hoe sal ‘n mens dankbaar kan wees vir enigiets wanneer jy in alles voel dat jy in elk geval daarop geregtig is? Ons kan daarom met reg sê dat die humanisme reg teenoor die ware Christelike geloof staan. Die humanis verag God deur sy beskouïng dat hy ‘n reg op alles het. Hy stel hierdeur dat daar vir niks enige dank of eer aan God toekom nie. En dit is lynreg in teenstelling met die lering uit God se Woord. “Die een wat dank offer, eer My; ...” (Ps. 50:23).
Geliefdes, ten spyte van koning Dawid se foute en ook sy sondes teen God, het God hierdie man innig liefgehad. God het gesien dat Dawid Hom opreg liefhet en eer. Dink maar aan die lewe van koning Dawid. Hy wou uit dankbaarheid vir God se goedheid vir Hom ‘n huis bou. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou telkens sy dankoffers aan God gebring. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou vir God lofliedere en Psalms geskryf en in gebede sy diepe dankbaarheid voor God uitgespreek. Ja, geliefdes – koning Dawid was ‘n dankbare man.
GEEN REDDING BINNE ROME
Ds. A.E van den Berg
Oral waar die kerk van Christus gevestig is, was die Satan gereed om sy kapel van misleiding op te rig. Die ideologiese samesmelting van die ou Romeins-Babiloniese godsdienste met die vroeë kerk is so ʼn voorbeeld wat die Roomse Kerk (RK) betreklik vroeg op die kerktoneel laat verskyn het.
Die eertydse Roomse kerkleiers was nie met die eenvoud van die oorspronklike kerk tevrede nie en het mettertyd heidense gebruike van Christelike name voorsien en in die kerk gevestig. Die gevolg was dat ʼn heidense duisternis op die kerk toegesak het wat in die geskiedenis as die Donker Eeue bekend staan omdat die lig van Christus ontbreek het.
Die Roomse leer verskil so ingrypend van die Bybel, dat daar vir lidmate geen kans op redding is nie. Die leer van die wedergeboorte deur die doop, redding deur kerklidmaatskap, regverdiging deur goeie werke, boetedoening, vagevuur, die aanbidding van Maria en gebede vir dooies is skadelike dwaalleer. ʼn Amerikaanse teoloog wat 18 jaar lank ʼn deeglike studie van die Roomse leer gemaak het, het bevind dat 82 % van hierdie leer geensins met die Bybel ooreenstem nie.
SO STERF DIE INGEËNTES
Vir diegene wat nog nie ‘n standpunt oor die Covid-inenting ingeneem het nie sal dit raadsaam wees om die artikels daaroor hier op Gelofteland te lees aangesien ons meer en meer sal hoor van mense wat sterf en ander wat dodelik siek word van die entstof. Ons vind dit nodig om ons lesers in te lig oor wat in ander lande en plekke met ingeënte persone gebeur aangesien die hoofstroommedia nie die waarheid daaroor sal berig nie. Hier volg enkele Covid-sterfberigte:
'n Gesonde enkelma van een sterf in Ogden, Utah dae nadat sy haar tweede dosis Covid-19 ontvang het. Dit volg kort op die sterftes van drie ander persone in Utah wat dieselfde inentings ontvang het.
Die familie van Kassidi Kurill (39), sê sy was haar normale energieke self tot 1 Februarie toe sy haar tweede dosis Moderna se koronavirus-entstof ontvang het. Volgens haar pa, Alfred Hawley, het Kurill se gesondheid vinnig agteruitgegaan nadat sy die entstof ontvang het.
Sy het dadelik siek geword, en daarna begin kla dat sy baie vloeistowwe drink maar geen nierfunksie het nie.
DIE NUWE WÊRELD-“ORDE”-CHAOS
Duisende puntenerige onwettige inkommers na Amerika rig nou die oog op Europa
Dit is nie net in Suid-Afrika waar ‘n onbevoegde regering sy burgers verarm en verdruk en die ekonomie vernietig nie, daar is ‘n hele paar lande waar korrupsie hoogty vier waaronder die Spanjaarde, wat tans ernstig daaronder ly.
Sedert die begin van 2020 het meer as 25 000 onwettige vreemdelinge die Kanariese Eilande, 'n eilandgroep voor die kus van Marokko, oorstroom. U sal onthou hoe die Marokkane Nederland oorspoel en die land so onveilig gemaak het dat Nederland se meisies en vroue nie meer in die publiek kon verskyn sonder om gemolesteer te word nie. Nederland se liberale regering was die oorsaak hiervan deur sy grense oop te stel en aan die eise van die Marokkane gehoor te gee.
Nou het 'n groot groep, ongeveer 1,200 onwettige vreemdelinge en aktiviste weer op Tenerife op die Kanariese eilande betoog en geëis dat die Spaanse regering hulle na die vasteland van Europa moet verplaas. Hulle het deur die strate van San Cristóbal de La Laguna opgeruk en by die stadsaal geëindig. Die plaaslike polisie het nie eers probeer ingryp in die proteschaos wat die migrante veroorsaak het nie ondanks wydverspreide oortredings van streng COVID-maatreëls.
ENTSTOF LAAT TALLE STERF
Net soos verwag, lees ons nou elke dag hoe mense siek word en sommiges sterf as gevolg van die inenting teen die Covid-virus. En dit is maar net die begin. Hierdie spel wat die Internasionale Geldmag speel om homself verder te verryk is besig om die lewens van miljoene mense wêreldwyd permanent te vernietig.
In Suid-Korea het die eerste week van die inentings reeds groot ontnugtering meegebring toe dit tot sewe sterftes en 2,800 aangemelde newe-effekte gelei het. Duisende mense is reeds siek van die inspuitings en die Suid-Koreaanse agentskap vir siektebeheer en -voorkoming (KDCA) is besig om ondersoek in te stel na die sogenaamde “veilig en effektiewe” entstof van AstraZenica. Die grootskaalse inentingstog in Suid-Korea begin egter eers volgende maand wanneer 5 miljoen dosisse die land ingevoer word.
In Oostenryk het die Die Oostenrykse Federale Kantoor vir Veiligheid in Gesondheidsorg (BASG) die inentingsproses gestaak sodat daar eers ‘n deeglike ondersoek kan plaasvind na die dood en aangemelde newe-effekte by verskeie mense wat die inspuiting ontvang het. Van die newe-effekte is onder andere ernstige bloedstollingsprobleme en bloedklonte in die longe.
In Israel heers daar totale chaos en paniek noudat die streng inentingmaatreëls op die bevolking afgedwing word. Matrikulante mag byvoorbeeld nie eksamen gaan skryf indien hulle nie die inenting ontvang het nie. Intussen sterf daar hope mense en duisende is dodelik siek van die inspuitings. Ouers is histeries oor hulle kinders wat nêrens in publieke plekke toegelaat word indien hulle nie die inenting ontvang het nie terwyl hulle dodelik siek word en talle daarvan sterf.
ONS LEWE IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:11-21
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.” (:17-19).
Geliefdes, wat ‘n ontsettende liefde het die Vader nie aan ons bewys nie. Hy wat bereid was om sy Seun, sy Enigste, te offer ter wille van ons versoening met Hom.
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:16&17).
God het in Jesus Christus die ongehoorsaamheid en opstandigheid teen God, wat reeds van die begin van die skepping af in die mens posgevat het, vernietig. Ja, volgens sy belofte het God in Christus Jesus vir ons ‘n oorwinning oor die Bose bewerkstellig.
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (Gén. 3:15).
PYN HET PLEK IN JOU LEWE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” - Jes.53:5 .
Ons bevind ons vandag in die pylvak van die wederkoms van Jesus en, alhoewel ons nie die dag weet nie, gee die Bybel vir ons voortekens waaraan ons moet weet dat die tyd naby is.
Een hiervan is ’n wêreldwye verval in godsdiens. Kerke gaan die waarheid van God se Woord verlaat. Dit gebeur tans. Kerke bespiegel toenemend of Jesus werklik aan ’n kruis gesterf, uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het. Gelowiges twyfel vir geen sekonde hieraan nie! Ongelowiges daarenteen soek na tasbare bewyse hiervoor. Hulle glo dat dit versinsels van die mensdom is wat smag om aan iets te glo.
Ons geloofsoortuigings word vandag uitgedaag soos nooit ooit tevore nie.
Dis moeilik om geloofsoortuigings te bewys want ons het teoreties min om op die tafel te sit. Al wat ons het, is vertroue, en dis wat geloof is. As ek my geloofsoortuigings kon bewys, was dit nie geloofsoortuigings nie, want dan was dit nie nodig om te glo nie. “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).
Ongeloof neem oorhand toe en ongelowiges meer uitdagend: “As God liefde is, waarom laat Hy soveel pyn en swaarkry toe?” Miskien het jy ook al daaroor gewonder. Dis ’n moeilike vraag waarvoor daar geen maklike antwoorde is nie. Ons weet net dat ons weens sonde in ’n gebroke wêreld bly; ’n wêreld van swaarkry en pyn.
Het jy al gewonder hoe sal dit wees as alle vorms van pyn skielik sou verdwyn? Mense het geen hoofpyn, tandpyn, spierpyn, gewrigsontsteking of watter ander vorm van pyn nie; algehele pynloosheid? In Amerika was daar ’n geval van ’n babadogtertjie wat haarself verwond het, sonder om te huil. Dokters het toe vasgestel het dat sy geen pyngevoel gehad het nie. Gevolglik kon sy haarself beseer omdat daar nie ’n waarskuwingsmeganisme was nie.
ONTHOU ONS GESKIEDENIS!
Soos dit ook hier in Suid-Afrika die geval is, is daar talle ander lande waar ‘n regering die land in die afgrond in bestuur het, en oral waar ʼn regering nie daarin kon slaag om ʼn sinvolle toekoms vir sy burgers te skep nie, is ook die geskiedenis afgetakel. Straatname is verander en standbeelde is beskadig, skole se leerplanne is verander deur die inhoud van vakke soos geskiedenis totaal te herskryf, alles in ‘n poging om die geskiedenis van die land te probeer ongedaan maak.
Die geskiedenis kan egter nie verdwyn nie want wat gebeur het, het gebeur. Dit kan wel vergeet word wanneer nageslagte nie die moeite doen om dit te bestudeer nie wat ‘n groot leemte in ‘n volk veroorsaak want die geskiedenis leer die mensdom om nie foute te herhaal nie en verantwoordelik met die toekoms om te gaan. Daarom bewaar die geskiedenis nie net die groot dade van die verlede nie, maar is dit ook ’n voorbeeld en leermeester van die hede sowel as ʼn waarskuwing vir die toekoms. Daarom verdien ʼn volk wat sy rug op sy geskiedenis draai, om onder te gaan. As hy nie uit die geskiedenis leer nie, word hy daardeur vernietig.
Ongelukkig stel baie van ons volksgenote nie in hul volksverlede belang nie. Geskiedenis is vir hulle niks anders as ’n register van die misdade, dwaashede en rampe nie - mislukte planne en teleurstellende verwagtings. Om so daarna te kyk is rampspoedig want die geskiedenis is lewendig. Dis ’n gesprek sonder einde.
AS GOD VANDAG NA DIE AARDE KYK...
Hannes Ollewagen
Gén. 6:1-22
“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.” (:5&6).
“Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. Toe sien God die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.” (:11&12).
Geliefdes, wanneer God vandag vanuit die hemel na die aarde kyk, lyk dit regtig beter as in die dae van Noag? Sal Hy nie ook met hartseer aanskou hoedat die mens die aarde met hul goddelose dade besmet nie? Die mens is in ons tyd opnuut besig om die aarde met hul goddelose en bose werke bedorwe te maak en vir God smart in sy hart te veroorsaak. Ons sien oraloor dinge gebeur wat vir God aanstoot gee. Ja, dinge wat vir Hom smart veroorsaak en wat Hy verag. Ons sien homoseksuele praktyke wat boefen word asof daar geen fout mee is nie. Maar geliefdes, God verag dit.
“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. ...”(Lev. 20:13).
Ons sien hoedat mense weens hul gierigheid mekaar besteel en bedrieg.
“’n VALSE weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae.” (Spr. 11:1).
INTERNASIONALE WAARSKUWING AAN RAMAPHOSA
Hier volg ‘n brief wat aan Cyril Ramaphosa en 30 regerings in die wêreld gestuur is. (Regerings en datums van stuur verskyn onderaan hierdie brief.) Gelofteland plaas nie gewoonlik Engelse artikels nie maar hierdie is ‘n internasionale waarskuwing deur meer as 1,500 kundiges van oor die wêreld, wat ‘n organisasie gestig het, United Health Professionals,(hulle name volg heel onder) om regerings oor die waarheid mbt Covid en die inentings in te lig. In hierdie brief word Ramaphosa en sy bende gemaan om nie die waarskuwing te verontagsaam nie. Duidelike riglyne word aan die SA-regering gegee hoe om die gekheid van die virus-drama te staak. Die omkoopgeld wat aan regerings betaal word bemoeilik egter die poging om korrupsie en die leuens oor die virus stop te sit. Indien u die waarheid wil weet, lees hierdie lang brief met al die bewyse en onthou dat Ramaphosa-hulle gewaarsku was maar nie gehoor wou gee nie. Dit blyk dat die regime ook nie die brief beantwoord het soos gevra is nie - Red.
"The charge of conspiracy theories is the response of those who have no arguments and a technique of mass manipulation because all what has been reported in this letter does not consist of theories but of truths and statements made by eminent experts including Nobel laureates for medicine. This letter will be kept as proof that your government has been alerted. Everything must return immediately to normal and this global hostage-taking must stop because you have known that you have been the victims of the biggest health scam of the 21th century."
“There is utterly unfounded public hysteria driven by the media and politicians. It’s outrageous. This is the greatest hoax ever perpetrated on an unsuspecting public....it should be known as nothing more than a bad flu season. this is not Ebola. It’s not SARS" (Dr Roger Hodkinson, November 13, 2020).
“ It is just a global scam to make huge profits, bail out the banks and meanwhile ruin the middle classes in the name of an epidemic...made destructive by liberticidal, allegedly health measures "(Dr Nicole Delépine, December 18, 2020).
“We have medical evidences that this is a scam" (Dr Heiko Schöning, July 2020).
“The infection fatality rate for this new coronavirus is likely to be in the same ballpark as seasonal influenza" (Prof. John Ioannidis, April 17, 2020.)
Very Urgent :
INTERNATIONAL ALLERT MESSAGE OF HEALTH PROFESSIONALS TO GOVERNMENTS AND CITIZENS OF THE WORLD
About COVID-19
Mr. Cyril Ramaphosa : President of South Africa
Mr. David Mabuza : Deputy President of South Africa
and Mr. Zweli Mkhize : Minister of Health of South Africa
We are health professionals of the international collective : United Health Professionals, composed of more than 1,500 members (including professors of medicine, intensive care physicians and infectious disease specialists) from different countries of Europe, Africa, America, Asia and Oceania.
NEDERIGHEID IS KOSBAAR VOOR GOD
Hannes Ollewagen
Luk. 1:46-56
“EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.” (:46-48).
Wat ‘n lieflike lofsang uit die mond van Maria! Sy maak ook in hierdie lofsang van haar aan ons een van die redes bekend waarom God haar uit soveel mense tot hierdie grootste eer verkies het. Dit was nie omdat sy een van die aansienlikste vroue in haar tyd was nie. Dit was nie omdat sy uiterlik een van die beeldskoonste vroue was of uit een van die mees welgestelde families gekom het nie. Geliefdes, wat God in Maria raakgesien het wat sy behae gewek het, was haar innerlike skoonheid – haar nederigheid.
“...en my gees is verheug in God, my Saligmaker, omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; …” (:47:48).
God kyk veel dieper as mense na ‘n mens. Hy staar Homself nie blind aan die dinge voor oë soos wat ons as mense dikwels doen nie.
NARSISME
Persoonlikheidselfmoord
Ds. A.E van den Berg
Narsisme is ʼn persoonlikheidsafwyking wat weens ʼn oordrewe sin van eie belangrikheid ontstaan. Dis aan ʼn Griekse mite ontleen wat vertel van Narsissus, ʼn buitengewoon aantreklike jongman, wat ʼn profesie van ʼn blinde profeet ontvang het dat hy baie oud sou word indien hy nooit sy eie gesig sou sien nie.
By geleentheid wou hy sy dors in ʼn waterpoel gaan les toe hy sy gesig sien en ter stond daarop verlief geraak het. As hy buk om van die water te drink, het die beeld van sy gesig verdwyn. Bang om dit te verloor, het hy daarna bly kyk waarna hy later van dors gesterf en die narsingblom met sy geboë steel op daardie selfde plek opgekom het.
Hierdie mite waarsku teen oordrewe selfliefde. So ʼn selfliefde laat ʼn mens so in sy eie ego verstrengel raak, dat hy uit voeling met die werklikheid raak en as’t ware emosionele selfmoord pleeg. Mans is meer tot narsisme geneig as vroue. Dis ʼn persoonlikheidversteuring wat deur ʼn samestelling van genetiese en omgewingsfaktore gevorm is. Navorsing het bevind dat buitensporige ouerbewondering, vrye teuels en gebrekkige tuisdissipline ʼn teelaarde vir narsisme is. Gewoonlik is net een van die ouers daarvoor verantwoordelik!
EUROPESE REWOLUSIE DIE BEGIN VAN ONS VRYHEID?
Ons onthou dat Siener van Rensburg ‘n rewolusie wat tot ‘n staatsgreep lei vir Duitsland voorspel het... Dat die wêreld nou opwindende tye en groot veranderinge tegemoet gaan is nie ‘n leuen nie. Laat ons wakker en oplettend op die tekens van die tye wees sodat elkeen van ons sal weet wat hom te doen staan wanneer die winde van verandering verwoestend oor ons waai!
Wêreldwyd lewer die media deesdae min nuus oor Europa. Veral hier in Suid-Afrika hoor ons nie eers die waarheid oor ons plaaslike toestande nie, wat nog te staan enige waarheid oor wat in die buiteland gebeur – slegs die leuens deur die media in samewerking met verskeie owerhede word vryelik verkondig. Enige waarhede veral oor aktuele politieke aangeleenthede word oor die algemeen deur die media verswyg. Gevolglik is die gemiddelde landsburger onbewus van wat nou besig is om in Europa te gebeur.
HET U DEEL AAN DIE FEESMAAL VAN DIE HERE?
Hannes Ollewagen
Matt. 22:1-14
“Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (Matt. 22:4&5).
Geliefdes, elkeen van ons was seker al na ‘n feestelike geleentheid genooi. Ons weet dat dit ‘n eer is wat ‘n mens te beurt val om so ‘n uitnodiging te ontvang. Die gasheer wat hiermee te kenne gee dat die gaste vir hom in sy lewe tog van belang is. En daarom word daar baie tyd, geld en moeite vooraf spandeer om die feesmaal vir die genooides ‘n aangename geleentheid te maak.
Ons lees uit vanoggend se Skrifgedeelte van ‘n gelykenis wat deur onse Here Jesus Christus vertel is. En hierdie gelykenis handel ook oor ‘n feesmaal wat berei is. Ja, geliefdes, ‘n feesmaal nie net vir belangrike, gesiene, geleerde en ryk mense nie gereserveer is nie. Nee, ‘n feesmaal vir gewone mense, gebroke mense, sondige mense, mense wat honger en dors na die geregtigheid. Hierdie feesmaal wat deur God self berei is waarheen mense gratis kan kom om met die ware brood uit die hemel versadig te word. En tog sien ons ook self in ons tyd hoedat mense steeds hierdie wonderlike uitnodiging nie aanneem nie en hulle nie daaraan steur nie, maar verkies om hulself eerder met hul eie sake besig te hou.
“Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (:5).
WAT DAN VAN DIE G-WOORD?
Die misbruik van God se naam
Ds. A.E van den Berg
"Want u Naam is, troue Heer, vir u volk tot troos naby." (Beryming Ps.75:1).
Kinders gee nie aan hulself name nie. Dis ouers se voorreg. Niemand het egter vir God ʼn naam gegee nie. Hy het sy eie Naam gekies om daarmee te sê wie Hy is. Sy Naam is, soos wat die Israeliete name verstaan het sy identiteit, en derhalwe onlosmaaklik aan die Persoon self verbind.
Wie die naam van God gebruik, raak die kern van sy goddelike persoonlikheid aan. Die derde gebod verbied niemand om dit wel te gebruik nie. God gee dit vir mense om persoonlik met Hom te praat en ʼn liefdesverhouding met Hom te bou. Hy verbied wel die misbruik van sy Naam.
Niemand mag dit of op ʼn leë, onnadenkende manier gebruik asof God nie van belang is nie. Desondanks word hierdie Naam goedsmoeds in sake gebruik wat niks met Hom te doen het nie. Sy heiligheid en eer is nie daar ter sprake nie!
LAAT ONS BOEREBLOED WEER BRUIS!
DISSIPLINE
Johan Hack
Tydens die jare 70’s en 80’s was die aanslag deur die ANC, die liberalistiese wêreld en Afrikaner-verraaiers teen die Afrikaner-regering reeds in volle swang. Die simpatiseerders was reeds goed gevestig in hoë posisies in die regering. Suid Afrika was gekenmerk as ‘n land wat militaristies uiters goeie dissipline ten toon gestel het in die weermag, polisie en gevangenisdiens en daar was selfs onderlinge wedywering oor wie se dissipline en opleiding die strengste was.
Die jonger manne wat in hierdie departemente in diens geneem is moes so gekondisioneer word met betrekking tot dissipline dat hulle die vermoë om vir hulself te kan dink en te redeneer uitgewis moes word sodat daar geen teenstand sou wees tydens die oorgawe wat al lank reeds beplan en in werking was nie. Enige opdrag deur ‘n hoër gesag kon nie meer bevraagteken word nie en so het die mentaliteit ontstaan dat alles wat van bo af gesê word waar en reg moet wees want dit is mos van meer “geleerde en intelligente” mense in gesagsposisies deurgegee.
Die wat in gesagsposissies was het hul mag begin misbruik deur middel van die dissipline wat geskep is, om so hul verskuilde agendas te bevorder, en so het ons die spreekwoordelike “creators of our own demise”geword.
PAD VAN DIE LEWE OF DIE DOOD?
Die eis van gehoorsaamheid
Ds. A.E van den Berg
Nadat Israel uit Egiptiese slawerny bevry en op pad Kanana toe was, het God Moses deeglik oor sy wil vir Israel ingelig. As die volk gehoor gee, sou Hy hulle seën. Indien hulle nie wou luister nie, sou Hy hulle straf.
God het Israel uit vrye wil vir sy doel uitverkies. Hy wou hulle uitsonderlik seën en voorspoedig maak, dat dit die omliggende heidenvolke moes opval en hulle laat besef dat hulle nietige afgode aanbid en dat die God van Israel die enigste ware God was en die knie voor Hom buig (Deut.11:18-25).
Om sulke getuies te kon wees, moes Israel God waarlik liefhê. En dit was slegs moontlik deur sy opdragte te gehoorsaam (Deut.11:1-7). Israel moes alles wat Hy hulle beveel het, doen. (Deut.11:8-12). God sou hulle gehoorsaamheid met vrugbaarheid in Kanaän beloon (Deut.11:13-17).
Die eerste vereiste wat Moses sterk beklemtoon, is dat Israel hul liefde vir God deur gehoorsaamheid aan sy opdragte moes laat blyk wat voorskrifte, bepalings en gebooie ingesluit het. Om dit te verduidelik, het Moses die volk ʼn oorsig van die hele verloop van die onlangse gebeure in hul midde gegee; van die uittog uit Egipte, die tog deur die woestyn tot waar hulle by die beloofde land was. Israel moes God se grootheid, magtige dade en wondertekens telkens in herinnering roep.