Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense wat een maal baie swaar gekry het, het daarna nooit weer plek in hul lewe vir leë genot nie.
MAG OOK ONS OPNUUT REIN WORD
Hannes Ollewagen
Eségiël 36:1-38
“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” (:25-27).
Ai geliefdes, hoe het ons volk nie ook ‘n ware nood aan hierdie belofte van God nie! Sou God nie ook met reg vandag met ons volk kan twis oor die verontreiniging van ons land deur ‘n goddelose wandel en skandelike handelinge nie? Ja, het ons nie ook ons land en volkshuishouding besoedel met allerhande drekgode soos die volk Israel van ouds nie?
“Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.” (:17&18).
Die Here het sy volk uit die slawerny van Egipte verlos en aan hulle ‘n eie land en kosbare erfenis gegee. Hy het hulle daar in hul eie land geplant met die verwagting dat hulle vrug sou dra, maar die opbrengs was teleurstellend!
MOENIE MY VREDE VERSTEUR NIE!
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
ʼn Mens is wat hy dink en moet bewustelik oor sy gedagtes waak omdat Satan dit onophoudelik teiken. Daarom bepaal die gehalte van denke grootliks die gehalte van lewe. Wie reg dink, dwaal nie. Verkeerde gedagtes laat mense egter gereeld in die pekel beland; selfs goeie mense met verkeerde oordeel.
Ongelukkig het ons volk toegelaat dat politici en kerklui met verkeerde oordele ons hand en voet aan die vrysinnigheid van die wêreld bind - slagoffers van die omstandighede wat onsself geskep het. Gevolglik kan ons in werklikheid geen vinger van beskuldiging na iemand anders as onsself wys nie!
1. Onverskillig
Om die waarheid te misken, doof die lig van die lewe uit. Die Donker Eeue is juis so genoem,nie omdat lig destyds ontbreek het nie, maar omdat mense dit nie wou raaksien nie. Die geskiedenis leer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie. Foute word telkens herhaal en dwase deur die stormwind van hul eie toedoen weggewaai.
IS JY WERKLIK LIEF VIR JESUS?
Ds A.E. van den Berg
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie .... As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar” (Joh.14:15; 23).
Toe Jesus die woorde van Joh.14 uitgespreek het, was sy inhegtenisname voor die deur en nie lank daarna nie ook sy hemelvaart. Jesus wou die dissipels op ʼn toekoms sonder Hom voorberei. Hulle was uiteraard baie ontsteld oor sy voorgenome vertrek want wat sou van hulle sonder Hom word?
Die Christendom was op daardie tydstip ʼn nuwe geloof. Hoe sou die dissipels sonder Jesus se fisiese teenwoordigheid daarmee kon volhard? Hy antwoord hulle dat daar een manier is om wel in die geloof te volhard:
“...bewaar my gebooie”.
Wie God se wil doen, struikel nie op die lewenspad nie.
ʼn Duisend jaar voor Jesus skryf Salomo:
“ Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spr.3:5,6).
MEDIESE KRYGSWET EN ONS TOEKOMS
Dr Danie Theron
Noodgevalle was nog altyd die voorwendsel waarop die beskerming van individuele vryheid die individu ontneem is.
Friedrich August von Hayek
Dit verg nie 'n meerderheid om te heers nie ... maar 'n woedende, onvermoeide minderheid wat gretig is om die die begeerte na vryheid in die gemoed van mans te bewerkstellig.
Samuel Adams
Die afgelope sowat ‘n jaar het ons beleef hoe ons vryhede oornag weggeneem is onder die dekmantel van die woord “ramptoestand”, of eerder, die towerwoord “pandemie”. Boonop het ons gesien hoe mense soos skape en slawe word, feitlik vrywillig en sonder om die saak ernstig te oordink, of om protes aan te teken. Die kurwe moes mos eers “plat” word! Dat die Covid-19 pandemie duidelik vooraf beplan is waar dit dan gelyktydig in 193 state in die wêreld uitbreek (wat onmoontlik is), het ook by meeste verby gegaan. So is mediese krygswet ingevoer wat van gewone krygswet bitter min verskil.
Peter Koenig is ‘n geopolitieke analis en verwoord die slawerny van Covid-19 uitstekend in talle van sy artikels. Hy wys op die plan wat die bewerkers van die NOW, waaronder Rockefeller, Gates en Soros, en organisasies soos die Bilderbergers en die Wêreld Ekonomiese Forum reeds vir jare bekonkel en wat nou, deur middel van ‘n onsigbare “virus”, soos ‘n ryp appel in hulle skoot laat val het.
Een van die doelwitte is om die wêreldbevolking drasties te verminder. So, alhoewel mense glo die entstof (wat geen entstof is nie) gaan die mensdom red, gaan dit die teenoorgestelde uitwerking hê. Swakkes en oues gaan sterf en vroue gaan onvrugbaar raak. Maar verkondig laasgenoemde nou aan die menigte daarbuite en jy sal strafregtelik van “fake news” aangekla word!
VERSKONING
Gelofteland vra verskoning aan sy lesers vir die afgelope 5 dae se internetonderbreking; dit was buite ons beheer maar is nou eindelik herstel. Dankie vir u geduld!
BID VIR NUWE LEIERS
Misdaad vier hoogty, geweld neem toe, vrouens en kinders word daagliks verkrag en vermoor. Mense leef in vrees vir hul lewens, selfs in hul eie huise. VIGS rig verwoesting aan, barbaarse optrede het gangbaar geword, dwelmverslawing neem epidemiese afmetinge aan. Politici plunder die staatskas en werk saam met die geldmagte ter wille van enorme omkoopbedrae; korrupsie is aan die orde van die dag, selfverryking het mode geword en verantwoordelikheid het verdwyn. Gesonde werksetiek het skaars geword en werkloosheid neem toe. Die landsadministrasie gaan sienderoë agteruit en onderwys het ’n laagtepunt bereik. En die ergste van alles is dat ’n geslag van jongmense besig is om sonder kennis van die Bybel groot te word!
Die gevolg van hierdie teologiese rewolusie aan die suidpunt van Afrika is dat Suid-Afrika in ’n morele moeras beland het. Die mens wil sy eie God wees en self besluit wat reg en wat verkeerd is. Van objektiewe, bindende voorwaardes soos in die Bybel vervat is, wil hy niks weet nie. Hy sal self besluit wat reg of verkeerd is en hoe hy die Skrif wil verstaan. Hy wil ’n god maak soos hy Hom wil hê. Dieselfde ding het met Israel tydens die maak van die goue kalf gebeur – ’n god na hulle smaak.
OP DIE TRANSHUMANIS- TIESE NWO-PAD
ONS IS NET KNOPPIES OP HUL KONTROLEBORD
COVID-entstof is 'n bedryfstelsel, sê Moderna, die vervaardigers daarvan. Ja, u kan dit self gaan lees op Moderna se webblad by www.modernatx.com
‘n Bedryfstelsel is nie ‘n entstof of ‘n ‘vaksiene’ nie, om dan die anglisisme te gebruik. ‘n Bedryfstelsel is in Engels ‘n “operating system”; of te wel ‘n stelsel wat deur iemand bedryf, bestuur of beheer moet word.
Die COVID mRNA-entstof is 'n bedryfstelsel wat u eie DNA kan programmeer en ú liggaam dus kan programmeer. Is dit ‘n oordrewe stelling? Nee! Want Moderna sê op hul webwerf dat hul mRNA-tegnologieplatform die “sagteware van die lewe” is en dat dit baie soos 'n bedryfstelsel op 'n rekenaar funksioneer. Dit staan só op hul webwerf geskryf:
“Dit is so ontwerp dat dit met verskillende programme kan wissel en speel. In ons geval is die 'program' of 'app' ons mRNA-middel – die unieke mRNA-volgorde wat wat kodes gebruik om 'n proteïen te kry.”
Die Geldmag se spelplan maak dus van elke mens net 'n digitale knoppie op die beheerstelsel se kontrolebord.
Ons beweeg vinnig na die wêreld van transhumanisme waar ons natuurlike biologiese liggame gekaap en met sintetiese dele waaronder patogene wat siek maak, geïnfiltreer word. Die Nuwe Wêreldorde (NWO) se base wil 'n soort Microsoft-kantoorstelsel of te wel ‘sagteware’ in u liggaam en brein aflaai en u aan die JEDI- en / of Amazon-CIA-wolk koppel, sodat hulle direkte toegang tot u brein het. Dan kan hulle 'entstowwe' wat nie entstowwe is nie, uitrol om u voortdurend op te dateer, net soos rekenaarsagteware gereelde opdaterings kry – dit het Bill Gates al male sonder tal self gesê, dat daar veelvuldige inentings vir elke persoon beoog word. Daarom sal die ‘virus-pandemie’ nooit stop nie, mense moet blywend siek en oortuig voel dat hulle die ‘inentings’ nodig het.
VOORWAARDE VIR LANDSVREDE
Ds. A.E van den Berg
“ ...(as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”(2 Kron.7:14).
Inleiding
Die Bybel leer dat staatkundige onrus dikwels die gevolg van geestelike afvalligheid is soos in die tyd van die OT se profete duidelik laat blyk. God het bv. vir Esegiël gebruik om Juda tydens die ballingskap tot bekering op te roep. Hulle moes goed verstaan waarom God hulle gestraf het – hul godsdiensafvalligheid!
Esegiël het oor God se onttrekking van sy guns aan Juda, gepreek sonder dat die woord ingang by die ballinge gevind het. Dit kon die profeet maklik moedeloos laat word en ophou preek het. God het hom egter ʼn toekomsgesig van Juda se vrylating en terugkeer na Jerusalem gegee wat hom met sy prediking laat volhard het.
'n Groot deel van die bemoedigende toekomsgesig handel oor die herstel van die tempel in Jerusalem. Daarom het Esegiël ten spyte van die uiters ongunstige omstandighede waarin die ballinge verkeer bly profeteer dat hulle op God se tyd na Jerusalem sou terugkeer om die verwoeste tempel en stadsmure te herstel.
GEEN EENHEID MET ONGELOWIGES
Ds AE van den Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
WANDEL LANGS DIE WEG VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Spreuke 3:1-35
“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (:6).
Ons moet baie versigtig wees hoe ons met hierdie woorde van God handel, geliefdes. ‘n Mens sien so maklik dat mense ‘n mooi belofte soos hierdie, ‘n wonderlike versekering soos hierdie, kan probeer buig om hul in die gehoor te streel. Maar tog, geliefdes, die mens kan probeer buig en verander aan God se woorde soos hy wil, daar is geen sterfling wat Hom daardeur sal kan dwing om na die mens se hart te handel nie. Daar is geen wese wat God sal kan dwing om te doen wat nie in sy hart is nie. En daarom is dit belangrik om die Woord van God te gebruik om daaruit te leer wat in God se hart is sodat ons daarvolgens voor sy Aangesig kan wandel. Ja, dit behoort ons eerder te doen as om die Woord van God te probeer misbruik en teksverse te probeer verdraai om God te vertel wat Hy eintlik behoort te doen. Het die mens werklik so verwaand geraak dat ons dink ons kan die Heilige en Almagtige God wat die hemel en aarde geskape het as raadgewer bystaan?
VOORSPEL TOT KOMS VAN DIE ANTICHRIS
Ons het baie vinnig en selfs onverwags die sigbare voorspel van die anti-chris betree toe ons met ‘n wêreldwye magspel van die instrumente van die satan in 2020 te doen gekry het. Vir sommige van ons het dit ‘n kort tydjie geneem om te besef dat die virus-“pandemie” ‘n stap van die Geldmag is om totale beheer oor die wêreld te bewerk; ander het dit later ingesien maar die meeste mense besef nou nog nie dat dit die voorspel tot volkome beheer is waarmee die anti-chris die wêreld sal regeer nie.
Veral Christene bespiegel nou meer as ooit oor die koms van die anti-chris waarvan die Bybel melding maak. Wie sal die anti-chris wees? Wat kom maak hy op aarde? Hoe sal die wêreld daar uitsien? Sal Christene dit kan oorleef en steeds aan God getrou bly? Uit die Woord weet ons dat dit byna onmoontlik sal wees om te leef want daar sal nie voedsel en lewensmiddele beskikbaar wees vir diegene wat die anti-chris teenstaan nie.
BIDEN EN SY HEKS
Johan Hack
Laat ons begin deur te vra wie werklik in beheer is van Amerika? Die Amerikaanse meerderheid is al so geindoktrineer deur die Nuwe Wêreldorde dat hulle nie besef hoe hulle meedoen aan die vordering van die antichris en sy strewe na wêreldoorheersing nie.
In die 1960’s het ‘n sogenaamde christelike groep ontstaan wat bekend was as Children Of God (COD). Hierdie groep se leier, David Berg, het aanklank gevind by jong mense in die tydperk wat as die “hippie” -era bekend gestaan het. David Berg se ouers was evangeliste en hy self was op sy jong dae n pastoor vir ongeveer twee jaar. Hy het egter die woord van God heeltemal begin verdraai. Hy het beweer dat die Here se liefde waarvan ons in die Bybel lees so ver gevat moet word dat losbandigheid en egbreek geen sonde is nie solank dit in “liefde” geskied.
Hierdie groep van David Berg het later hul naam verander en bekend gestaan as “The Family”. In hierdie valse christelike groep kon enige man met ‘n ander man se vrou gemeenskap hêom sy seksuele drange te bevredig sou hy eensaam voel. Dit het baie gebeur wanneer manne rondgetoer het vir besigheidsdoeleindes en mans het hul vrouens met ander gedeel want hulle was almal mos lede van die sogenaamde familie.
David Berg het sy Bybelse beginsel van liefde so ver geneem dat hy sy eie dogters gemolesteer en selfs verkrag het. (lees meer hieroor in “CULTS,NEW RELIGIOUS MOVEMENTS AND YOUR FAMILY” deur Richard Abanes.
Hierdie einste groep het in 1992 met sang opgetree by President George Bush se amptelike opening van die Wit Huis se Kersfeesvieringe.
IS JY WERKLIK LIEF VIR JESUS?
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie .... As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar” (Joh.14:15; 23).
Jesus het die woorde in Joh.14 net voor sy inhegtenisname in die dissipelkring uitgespreek om hulle vir die toekoms te bemoedig omdat dit ʼn toekoms sonder Hom sou wees. Hy was op pad na sy hemelse vaderhuis. Die dissipels was ontsteld want wat sou van hulle sonder Hom word?
Christendom was ʼn nuwe geloof. Hoe sou hulle sonder Jesus ooit daarin kon volhard? Jesus antwoord in die teksverse hierop. Daar is net een manier om te volhard: “bewaar my gebooie”. Wie God se bevele bewaar (sy eie maak) en uitvoer, struikel nie op die geloofspad nie.
Salomo het ook hierdie waarheid onderstreep:
“ Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spr.3:5,6).
Wat beteken “bewaar my gebooie”? Om na Jesus se leer en opdragte te luister en uit te voer. En dit geskied deur vir Jesus diensbaar te wees soos ʼn boom wat vrugte dra.
VERGENOEGDHEID EN GODSALIGHEID...
...‘N GROOT WINS
Hannes Ollewagen
1 Tim. 6:3-21
“Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.” (:6).
Ons leer hier van twee besondere kosbare deugde, geliefdes – godsaligheid en vergenoegdheid. Ja, deugde waarvan die hedendaagse mens min besit. En daar is darem seker nog minder mense wat hierna streef.
Daar lê vir ons ‘n fyn waarskuwing in God se Woord van die skade wat onvergenoegdheid ons kan berokken. Ja, onvergenoegdheid en geldgierigheid kan die mens in baie dwase en skadelike begeerlikhede laat val.
“Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.” (1 Tim. 6:9).
Ja, hoe tragies dat die mens van ons tyd voortdurend daarna streef om in sy onvergenoegdheid alles in sy lewe te verbeter behalwe homself en sy verhouding met sy Skepper! Dit is die strewe na groter sukses en groter inkomste. Daar is die strewe na ‘n nuwer en beter motor. Daar is die strewe na ‘n groter en mooier huis. Daar is die strewe na allerhande beter dinge wat aards en verganklik is selfs al sou dit ten koste van die mens self wees. Ja, soveel mense sal hierdie dinge najaag al sou dit ten koste van hul godsaligheid wees.
ONS IS 'N BELEËRDE VOLK
Die situasie lyk sleg in hierdie land. Behalwe die Covid-sage en die gevare van 5G wat dreig om ons te vernietig, is daar steeds die botsende kulture met uiteenlopende verwagtings wat mekaar die stryd aansê. Barbaarse optrede is aan die (wan)orde van die dag. Dit is natuurlik voorspel gegewe die les van die geskiedenis; al het die waarskuwings op dowe ore geval. Tog lyk dit in 2021 of ons baie nader aan 'n situasie beweeg waar die geweld, chaos en ellende 'n klimaks kan bereik, aangehelp deur die viruskabaal. Dan kan ons jonger geslag vra: maar wat van ons? Ons wat nog (eers) ons talente wil ontgin? Ons wat nog die vreugdes van die lewe wil ervaar? Die toestande wat ons vandag beleef in hierdie land noop baie van ons om by die Here te smeek om ingryping, ander weer dink die situasie is onomkeerbaar op pad na verwoesting en ander vra dat die Here se wederkoms tog gou sal plaasvind.
Ons situasie is verseker nie uniek nie. Ten spyte van die geldmag-beheerde media se propaganda tot die teendeel, lyk die prentjie wêreldwyd uiters ellendig. Wêreldwyd word mense ingeperk deur regerings onder die Geldmag se druk. Daarby is Europa deur Moslems oorstroom weens die onrus in die Midde-Ooste wat deur die VSA aangeblaas is. Ja, ISIS ('n klomp huursoldate), is 'n uitvoerproduk van die VSA. Die ekonomieë van verskeie state is op die rand van ineenstorting. En ironies genoeg is dit veral Rusland, maar ook die ontwakende reus Sjina, eens die geswore vyande van die Christendom, wat nou die morele hoë grond betree. Ja, ons eertydse bondgenote (as mens dit enigsins so kan beskryf) in Europa, (om nie te praat van die VSA nie), het die pad totaal byster geraak.
IS JY TE KOOP?
Die euwel van omkopery
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Omkopery is so oud soos die mensdom en kan as die aanbieding of ontvang van wettige en/of onetiese voordele waardeur die reg verdraai word omskryf word. Ten spyte daarvan dat streng boetes daarvoor in oud-Rome voor opgelê is, het voornemende politieke kandidate gereeld steun gekoop. Dit as sulks het baie van hulle so diep in die skuld laat beland, dat hulle maklike prooi vir omkopery geword het.
1. Sonde
Die OT veroordeel omkopery in geen onduidelike taal as sonde nie:
“Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges” (Ex.23:8).
Die Hebreeuse term vir omkopery het oorspronklik op ʼn geskenk gedui wat mense aan regters gegee het om ʼn gunstige uitslag in ʼn moeilike saak te verkry. God haat omkopery omdat dit verhoed dat geregtigheid geskied, die waarheid vertroebel en die woorde van regverdiges verdraai wat talle mense aan ʼn vroeë einde laat kom het:
“Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen” (Deutr.27:25).
DIE PLAN VIR WÊRELDWYE SLAWERNY
Dr Joseph Mercola
Dr Mercola is ‘n mediese dokter wat in Amerika praktiseer en as sterk nasionalis en realis in sy voordurende soeke na die waarheid gereeld artikels daaroor skryf. In hierdie artikel verduidelik hy hoe die Wêreldgeldmag in hulle poging om die hele wêreld onder hulle digitale beheer te kry,te werk gaan en haal hy dele aan uit 'n onderhoud wat Catherine Fitts met een van die ryk elite persone van die Geldmag gehad het. Dr Mercola se ervaring is geskoei op gebeure in die VSA wat stuk vir stuk na Suid-Afrika oorspoel, en ons sal hier binnekort dieselfde dinge sien gebeur.
Hoe bemark en implementeer u 'n finansiële stelsel wat niemand sou wou hê as hulle die volle gevolge daarvan begryp nie - 'n verandering so groot dat dit nie net die einde van die geldeenheid is soos ons dit ken nie, maar 'n totale hersiening van soewereiniteit en individuele regte sou beteken? In ‘n onderhoud, wat deel uitmaak van ’n vollengte dokumentêr, "Planet Lockdown", beskryf finansiële ghoeroe Catherine Austin Fitts - uitgewer van The Solari Report - die ingewikkelde, "rommelige" plan om die huidige gesondheidskrisis te gebruik om 'n totale vervanging van wêreldgeldeenhede en ons hele lewenswyse te weeg te bring.
Met 'n vergelyking met die skuif van skape vanaf die herder na 'n slaghuis, verduidelik Fitts hoe die pandemie mense opstel om van hul regerings afhanklik te wees vir beskerming teen 'n onsigbare vyand (COVID-19) en dan vrees te gebruik om mense te weerhou om ‘n normale lewe voort te sit. Die kudde-mentaliteit sluit in die aanmoediging van skuldverstrengeling tot op die punt dat mense desperaat raak vir enige soort kontantvloei wat hulle kan help om hul daaglikse lewenskoste te dek, totdat hulle gewillig hul regte prysgee in ruil vir enige finansiële verligting wat hulle aangebied word. Die kern is dat 'n slawernystelsel, deurspek van die ideologieë van transhumanisme en tegnokrasie, reg onder die neuse van die mense van die wêreld geskep word - en die huidige afsluitings, die sluiting van klein ondernemings en die herdefiniëring van 'normaal' is alles deel van 'n beplande wêreldwye bestuurstelsel wat soewereiniteit en individuele regte sal beëindig, tensy dit nou gestaak word.
EKONOMIESE ONTKNEGTING VAN DIE AFRIKANER
Nico van der Dussen
" Die Afrikaner is die enigste etnies-kulturele groep ter wêreld wat vrywillig sy kapitaal volledig tot beskikking van sy vyand stel... Die sukses van hierdie ekonomiese verknegtingsproses was sodanig dat die Afrikaner sy vryheid prysgegee het sonder om eers een enkele skoot te skiet – die tragiek was dat geen politieke of kulturele leier besef het dat jy vandag moeilik 'n gewapende vryheidstryd kan stry as jy nie ook bereid is om met een van die wapens van die huidige tydsgewrig, jou kapitaal en ekonomiese vermoë, 'n vryheidstryd te stry nie."
Negatiewe uitgangspunte soos "die Afrikaner moet nog eers verder swaarkry voor hy sal opstaan", of "daar is geen volk meer om te red nie", word gereeld deur sommige "behoudende" politieke en kulturele leiers geuiter. Hierdie afbrekende uitgangspunte moet gestaak word. Om die volk se ekonomiese lyding as teelaarde vir 'n politieke magsbasis te visualiseer, terwyl hulle self op 'n politieke salaris oorleef, is 'n ernstige refleksie op die kwaliteit van leierskap in sommige kringe in Afrikanergeledere. Die oordeel of daar nog 'n volk is of nie, lê nie op die weg van mense nie maar is God se uitsluitlike prerogatief – die uitering van sodanige twyfel is nie alleen 'n belediging teenoor ons volk nie maar is saam met die eerste uitgangspunt gewoonlik ook 'n gemaksverskoning om nie daadwerklik betrokke te wees by die skepping van sinvolle beheersings- en oorlewingsoplossings nie.
AMERIKANER OOR INSPUITINGSBEDROG
Catherine Autin Fitts
Die inspuitingsbedrog - dit is nie 'n entstof nie
Hierdie indringende en noukeurig nagevorste artikel wat die eerste keer op 28 Mei 2020 deur Global Research gepubliseer is, is van belang vir die debat oor entstowwe. Suid-Afrika gaan binne ‘n maand gebombardeer word met die inentingsproses en as u goed ingelig is oor al die fasette is daar ‘n moontlikheid dat u die regte besluit sal neem om Nie Ingeënt te word nie. Die artikel handel oor die VSA se geskiedenis van inenting maar u kan weet dat dieselfde probleme binnekort hier sigbaar sal word.
"Hier is 'n voorbeeld van hoe die proses werk: 'n Gifstof skep 'n siekte. Die gifstof kan plaagdoders of industriële besoedeling of draadlose tegnologiebestraling wees. Die gifstof beskadig miljoene mense en hul gemeenskappe. Maatskappye of hul versekeringsverskaffer kan aanspreeklik wees vir siviele of kriminele oortredings. 'n Virus word die skuld gegee. 'n Kuur 'kom voor in 'n entstof '. Die blootstelling aan plaagdoders of ander toksiese middels word gestaak sodra die entstof ingestel word, en die siekte verdwyn. Die entstof word tot 'n sukses verklaar, en die uitvinder word tot 'n held verklaar. 'n Potensiële finansiële ramp is omgeskakel na 'n wins, ook vir beleggers en pensioenfondse. As portefeuljestrateeg gee ek toe dat dit 'n briljante truuk was en die versekeringsbedryf waarskynlik beskerm het teen die bankrot verliese wat hy sou ervaar as dit die mense en gesinne wat vernietig is, moes vergoed."
"Net soos Gates 'n bedryfstelsel op ons rekenaars geïnstalleer het, is die visie nou om 'n bedryfstelsel in ons liggaam te installeer en 'virusse' te gebruik om 'n aanvanklike installasie te gee, gevolg deur gereelde opdaterings."
Ek is ‘n Amerikaner en woon in Amerika waar ons baie jare reeds groot probleme in verband met gedwonge inentings waargeneem het; kinders wat permanent beskadig is, ander wat sterf daarvan, en groot opstand deur die gewone bevolking wat natuurlik nie gehoor word nie. Ek is nie 'n wetenskaplike nie. Ek is nie 'n dokter nie. Ek is nie 'n biotegniese ingenieur nie. Ek is nie 'n prokureur nie. Ek lees egter, luister, deursoek en probeer diegene wat praat verstaan.
Ek was 'n beleggingsbankier totdat politiek dit onmoontlik gemaak het om voort te gaan om my kuns te beoefen. Ek is opgelei as 'n portefeuljestrateeg - daarom karteer ek my wêreld deur na die finansiële vloei en die toewysing van hulpbronne te kyk. Ek is ook opgelei as samesweringsgenerator en voetsoldaat — sameswerings is die fundamentele organiseringsbeginsel van hoe dinge in ons wêreld gedoen word. Eers toe ek die instansie verlaat, het ek besef dat diegene wat nie in die klub was nie, opgelei is om sameswerings te minag en te vermy - 'n slim truuk wat hul pogings om mag in te samel, saboteer.
My antwoord was om 'n tyd lank met agentskappe van die Amerikaanse regering in 'n oorlog te leef, om die vrae te beantwoord van mense wat genoeg moed het en nuuskierig was om my mening in te win. Hierdie reaksie het oor baie jare in twee ondernemings ontwikkel. Die een was The Solari Report, wat steeds groei as 'n wêreldwye intelligensienetwerk - ons probeer mekaar help om te verstaan wat gebeur, om te navigeer en by te dra tot positiewe uitkomste. Die ander was 'n beleggingsadviseur vir individue en gesinne deur Solari Investment Advisory Services. Na tien jaar het ek die onderneming omgeskakel na 'n ESG-skerm. Wat diegene wat dit gebruik, wil hê - wat andersins nie in die kleinhandelmark beskikbaar is nie - is 'n skerm wat kennis van finansiële en politieke korrupsie weerspieël. Die dop van die verspreiding van korrupsie, dit is 'n kuns, nie 'n wetenskap nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Ds.A.E van den Berg
Rom.1:18-32
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk....” (Rom.1:18).
Inleiding
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
Suid-Afrika ervaar God se toorn. Hy onttrek Hom aan ʼn volk wat met sy weë en die waarheid vertroud was en dit bewustelik verlaat het. Hy waarsku Israel:
“Dan sal my toorn op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en my aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie onheile ons nie oorgekom, omdat onse God nie onder ons is nie?” (Deut.31:17).