Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoewel 'n mens in gebed enigiets van God kan vra, benadruk Johannes in 1 Joh 5 dat diegene wat iets in ooreenstemming met God se wil vra, daarop kan reken dat God dit wil en sal gee. Gebed is nie 'n manier om God se gedagtes te verander (en Hom dus te manipuleer om jou wense uit te voer) nie. Om volgens God se wil te bid is ook nie 'n towerformule om te kry wat jy wil hê nie. Gebed is juis om jóú planne en ideale in ooreenstemming te bring met God s'n.
HABAKUK WORD DANIËL
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Habakuk se blikkie kondensmelk
Kom ons geniet een van Jan Spies se kostelike vertellings:
Die gemeente het vir ‘n feesgeleentheid voorberei en die predikant het die gedagte gekry om by die uitvoering van die program die aand, die boeke van die Bybel in volgorde prakties voor te stel aan die gemeente. Daarvoor het hy 66 kinders van die gemeente uitgesoek wat elkeen ‘n Bybelboek moes voorstel deur middel van ‘n plakkaat waarop die naam van die boek geskryf staan. Hulle sou dan een-een op die verhoog stap met die plakkaat om die nek en langs mekaar gaan staan totdat die hele Bybel se name in volgorde vertoon terwyl die dominee van agter die gordyn elkeen se verskyning verduidelik.
OLIEPRYSE RAAK KUNSMISBEDRYF
Die wisselvalligheid van die internasionale olieprys gee die kunsmisbedryf tans hoofbrekens, sê dr. Gert van der Linde, direkteur van die Misstofvereniging van SA. Hy sê terwyl kunsmispryse in 2007 en 2008 drasties gestyg het, het oliepryse ook ‘n drastiese styging getoon.
“Toe dié pryse weer begin daal, het die pryse van kunsmis weer begin daal,” vertel Van der Linde. Hy het tydens die 11de AMT-kongres in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die huidige wisselvalligheid van oliepryse, asook oor voorspellings dat dit gaan styg, en die uitwerking daarvan op die bedryf.
VROU WORD RUGPYN GESPAAR...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Man kom by die dokter en kla oor sy seer rug. Die dokter wil weet hoe hy dit seergemaak het. Hy vertel:
"Ag dok, ek het nou die dag teruggekom van die werk en in my huis het ek besef iets is nie reg nie want my vrou het baie skuldig gelyk. Toe weet ek daar is 'n ander man êrens in die huis en ek hardloop die hele huis deur maar kon hom nie binne kry nie. Toe ek by die balkon uitkyk sien ek sowaar daar sit hy onder op die sypaadjie en sy skoene vasmaak. Toe gryp ek die stukkende yskas op die balkon en gooi die vent daarmee.
ONS NADER U TROON IN GEBEDE
Hierdie gedig is die pragtige lied wat ons so graag sing, verwerk na die bekende Duitse lied “Wir treten zum Beten vor Gott den Gerechten”:
O VADER, ONS NADER U TROON IN GEBEDE
Jan Celliers.
O Vader ons nader u troon in gebede,
Vertrouend en bouend op reg en op eer.
O, U in verlede ons hulp, hoe sou hede
voor u oog dan die bose oor ons triomfeer.
Na lye en strye het steeds u genade
ons harte se smarte verligting geskenk.
Na storme se woede het altyd die goede
soos daagraad na donker verskyn op u wenk.
KRUGER
DIE ROEPSTEMVAN ONS DIGTERS
Hier is een van die vroeë werke van een van ons geliefde digters, Jan Celliers. Hy het daar in 1920/21 sy eerste gedigte nog nie so mooi afgerond as wat later die geval was nie, maar kyk hoe treffend mooi is dit:
KRUGER
Soos ‘n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!
Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!
DIE BYBEL (38)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Die ligging van Sodom en Gomorra
Daar is geen sekerheid oor waar die twee stede presies geleë is nie. Aan die een kant lyk die suidelike deel van die Jordaanvallei na ‘n moontlikheid, terwyl ander navorsers beweer dat die twee stede op die bodem van die Dooie See lê, net suid van die Jordaanvallei.
Abram red Lot en ontmoet Melgisedek
Die onderdane van die koning van Elam (die gebied oos van Babilonië), waaronder die konings van Sodom en Gomorra getel het, kom in opstand. Kedorlaomer, koning van Elam, het nie die opstandigheid geduld nie en verslaan die koalisie van opstandiges by die vlakte in die omgewing van die Dooie See. Lot, wat op daardie stadium in Sodom gebly het, word ook gevange geneem.
SWART KULTUUR BLY “SKIET DIE BOER”
TLU-SA MEDIAVERKLARING
UITSPRAAK DEUR DIE GELYKHEIDSHOF : “SKIET DIE BOER”
MALEMA WIL APPELLEER
Die uitspraak van regter Lamont gee gestalte aan TLU SA se pogings om haatspraak uit die Suid-Afrikaanse samelewing te verban en sodoende ’n bydrae te maak om die geweldadige viktimisasie van landbouers en plaasbewoners te stop. TLU SA doen ’n beroep op die ANC en Malema om die uitspraak te aanvaar, die vete te beëindig en om vreedsame naasbestaan en wedersydse respek tussen ras- en kultuurgroepe te bevorder. Die tyd om die verlede se gevegte ter syde te stel het aangebreek.
TLU SA doen ’n beroep op die regering om in die lig van getuienis wat gelewer was, opnuut aandag te gee aan geweldsmisdade op plase en kleinhoewes asook ander misdade wat die volhoubaarheid van landbou bedreig.
STRENG SINODE-KEURDERS
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (37)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oud-Springbokkaptein Dawie de Villiers was in die 1960's soms baie ongewild by ondersteuners in die Noorde want hulle wou altyd vir Piet Uys in die Springbokspan gehad het. Dawie was 'n predikant en het een Sondag in Pretoria 'n kerkdiens gelei. Na die diens sê een man hoorbaar vir 'n ander: "Dit was nie 'n slegte preek nie. Om die waarheid te sê, ek dink dit was 'n baie goeie preek. Maar ek dink nog Piet Uys moes gespeel het."
In dieselfde tydperk het twee seuntjies op 'n dag in die straat staan en praat oor die Springbokspan en die keuse van Dawie bo Piet Uys. "Die keurders moes eerder vir Piet Uys gekies het," sê die een seun. "Nee, my pa sê hulle sal dit nooit doen nie," antwoord die ander wysneus. "Hulle is te bang vir die Sinode."
JAKKALS MAAK WOLF VARKWAGTER
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Ou Wolf was so gewoond om maar al om die ander dag as hy honger is, te gaan jag en met ‘n wildsbok huis toe te kom. As Jakkals dit dan agterkom, dink hy dadelik ‘n paar skelm planne uit hoe om ook van ou Wolf se wildsvleis in die hande te kry. Die runderpes wat oor die land uitgebreek het, het egter baie beeste van die boere laat vrek sodat hulle groot skade gely het maar baie wildsbokke het ook die lewe ingeskiet en vir tye lank het die aasvoëls floreer en feesgevier. Nadat dit alles verby is, het kos baie skaars geword, veral vir Wolf en Jakkals. Maar wild was nou so skaars dat selfs die lui Jakkals moes uitspring om te kyk of hy nie iets kan vang nie. Maar daar was niks.
DIE BYBEL (37)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Abraham se verhale
Die verhale oor Abraham vind aansluiting by die Voorgeskiedenis aan die hand van die geslagsregister in Genesis 11 wat die afstamming vanaf Sem tot by Abraham aandui. Waar Genesis 11 die toenemende invloed van die sonde op die lewe van mense dramaties aantoon, gaan dit in die Abrahamsverhale om die geleidelike verwesenliking van die aanvanklike land- en nageslagbeloftes wat in Genesis 12 uitgespreek word.
Aartsvaders
Die aartsvadertydperk omsluit die lewe van Abraham, Isak en Jakob. Die Bybelprentjie oor die aartsvaders se godsdiens toon dat hulle ‘n God aanbid het wat persoonlik aan hulle verskyn het. Hulle het tot Hom gebid en offers aan Hom gebring. Seuns is kort na geboorte besny as teken dat hulle in ‘n verbondsverhouding met God staan.
BOERE- VERNEUKERY
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (36)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Destyds speel Oos-Vrystaat teen Noord-Natal in Bethlehem en die bekende karakter Frans de Jager speel teen Lappies Labuschagne wat op sy dag al vir die Piesangboere uitgedraf het. Hier kort voor die einde was die Oos-Vrystaters met twee punte agter maar hulle is darem naby die Noord-Natallers se pale, en 'n strafskop sou die wedstryd vir hulle kon beklink.
Daar's toe 'n woeste losskrum met ou Frans onder in die bondel, en skielik en baie hard gil hy: "Hei Lappies, wat byt jy my so!!?" Lappies was natuurlik nie eers naby Frans nie maar die skeidsregter het dit gehoor, sy eie gevolgtrekking gemaak en ken 'n strafskop aan Oos-Vrystaat toe.
Die skop was oor en Oos-Vrystaat wen die wedstryd – danksy Frans se skelm plan!
DUITSE WESIES (12)
KEURDER ARRIVEER IN LONDEN
(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Met Schalk Botha, keurder en organiseerder, se aankoms in Londen op 29 April 1948 het dr Kriek, wie aangebied het om die Fonds gratis met die mediese keuring van die kinders behulpsaam te wees, by hom aangesluit. Die eerste taak wat die twee mans onderneem het was om aansoek te doen vir toegangspermitte tot Duitsland. Hulle is deur die Military Permit Officer meegedeel dat dit ongeveer tien dae sou neem om die permitte gereed te kry. Mnr Chitty van die Foreign Office het Botha in kennis gestel dat hy vir hom en dr Kriek die nodige vervoer- en verblyfreëlings in Duitsland sou tref. In die Britse sone sou mev M Wagstaff, hoof van die Public Health Branch in Bad Rothenfelde, Botha se kontakpersoon wees.
Alle reëlings het vlot verloop. Daar was egter nog redelike onsekerheid oor die wetlike aspekte van die aanneming van Duitse kinders. Mev Wagstaff het egter uit Bad Rothenfelde vir Chitty laat weet dat sy met die Suid-Afrikaanse militêre verteenwoordiger in Berlyn, majoor-genl Armstrong, in verbinding was en dat hy haar meegedeel het dat daar geen regsbesware teen die aanneming bestaan nie.
GEBED OM SONDEBESEF
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (4)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Here, wat ‘n onwelriekende
Sonde keer alles wat U goed geskape het om in chaos. Dit bring verwildering en maak dat mense soos ontembare diere optree en mekaar gedurig wil verslind.
DIE AARDE HET GEBEWE! (3)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit in 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
Ons vier bolandse dorpies was stukkend. Ons harte so seer en ons so verslae en so magteloos. Selfs ons berge, onwankelbaar deur die eeue heen, lyk vandag asof hulle geween het oor hierdie vreemde ding wat met hulle gebeur; lang sandtrane loop langs die hellings af; vir altyd geskend op so 'n ongewone manier. Hierdie letsels op ons berge sal steeds dien as 'n stille getuienis om ons te herinner aan 'n nag van verskrikking en boweal aan die Almag van God.
Ons as familie het nou nie veel tyd gehad om na die welstand en moeilikhede van ons kennisse te verneem nie want ons moes nou in hierdie haglike omstandighede met die begrafnisreëlings van my moeder voortgaan. Hier was geen predikante nie. Hulle was steeds in Pretoria vir die kongres.
JAKKALS KAN NIE BOOMKLIM
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Ou Jakkals was maar altyd die grootste snuffelaar onder die diere en hy het gou ontdek dat twee Tinktinkies ‘n nessie bo in die doringboom het. Kos was toe maar skaars en daarom het ou Jakkals skielik vreeslik lus gekry vir tinktinkie-eiers.
Tinktinkie en sy vroutjie het hul nessie in ‘n doringboom langs die rivier gemaak. Hierdie doringboom het half onder ‘n groot wilgerboom gestaan sodat die wilger sy breë takke oor die doringboom gesprei het.
Ou Jakkals wag toe net tot Tinktinkie wegvlieg om te gaan kossoek en mevrou Tinktinkie ewe rustig op haar nessie sit, toe hy daar aangestap kom en onder die doringboom gaan staan.
DAAI BAAS BENNIE SE 2 BREINS...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (35)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die legendariese Springboklosskakel Bennie Osler was baie gewild onder die Maleiers van die Kaap. Osler was natuurlik bekend as 'n speler wat uitstekend kon skop, en het soos Naas Botha jare later baie wedstryde met sy skopskoen gewen.
Dit het een van die Maleiers eendag op Nuweland laat sê: "Daai baas Bennie is vir jou 'n marvel, sy breins sit mos in sy feets!"
WETTIGE KAALNAEL
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (34)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oud-Springbokvleuel van 1928, Manus de Jongh, het in die vroeë 1920's onder die legendariese AF Markötter, beter bekend as oubaas Mark, vir Stellenbosch gespeel, maar in 1925 op Somerwet-Wes begin werk en ook vir dié klub begin speel.
Een Saterdag speel hy teen Maties op Stellenbosch. Hy kry die bal in 'n agterlynbeweging op die middellyn en nael skuins by sy opponent verby, maar dié kêrel kry net-net vinger agterin Manus se broek ingehak.
DIE LAASTE POUS (SLOT)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE LAASTE REGERING
"Die EU is besig om ‘n ekonomiese diktatuur te vorm. Amerikaanse handelsondernemings wat al met die EU gebots het, het almal sleg daarvan afgekom. Microsoft is bv. geskud toe dit in Februarie 2007 na ‘n EU ondersoek ‘n reuse boete opgelê is. Daarbenewens skuld Microsoft die EU ook glo ‘n aardige bedrag. En dis maar net een van die talle groot Amerikaanse maatskappye wat deurgeloop het. Apple, Intel, Google en MasterCard het die spit ook lelik afgebyt. "
15.1 Die geskiedenis herhaal homself
Daar is min dinge so gevaarlik soos godsdiens in bose hande! Romeinse keisers het miljoene mense daarmee beheer. Dit gaan weer gebeur wanneer die Antichris as eindtydse Babiloniër die geskiedenis op dieselfde wyse afsluit as wat Nimrod daarmee begin het – ‘n geweldenaar wat homself in sy eie ryk vergoddelik.
Die ideologie van internasionale eenheid wat met die bou van die toring van Babel in oorleg met afgodery nagestreef is, sal sy toppunt met die aanbreek van die ryk van die Antichris bereik. In Europa span kerk en staat alreeds saam om ‘n beduidende greep op die mensdom te verkry; ‘n heroprigting van die laaste Heilige Romeinse Ryk (HRR). Hierdie heilig dui nie op geloofsekerheid nie, maar op ‘n kerkbeheerde wêreld.
AL WEN ONS NET DIE BAKLEIERY!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (33)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die voor 1995 rugblyklub, die Verwoerdburgse RVK in Pretoria, het maar 'n nederige begin in 1947 gehad as die Lytteletonse RVK. Dit het eers in 1970 die Verwoerdburg RVK geword.
In 1955 het die kommandowurms en droogte hulle rugbyveld so beskadig dat die manne verkies het om eerder langs die veld te speel en hulle het baie nederlae gely.
Sommer so terloops, die voormalige voorsitter van die Vleisraad, Fanie van Rensburg, alombekend as Meneer Rooivleis, het op sy dag vir die klub gespeel, so ook oudminister Adriaan Vlok, later jare bekend as die Voetewasser...
Een Saterdagmiddag het die kaptein, Paul Cilliers, voor 'n wedstryd gou 'n kort gebedjie soos gewoonlik gedoen maar was hierdie dag ook maar baie bekommer na alles wat oor 'n lang tyd nie baie goed vir hulle verloop het nie. Toe bid hy: "Ag, Heer, bewaar ons asseblief en help ons tog ook as daar 'n fight uitbreek dat ons dít darem sal wen".
In 1995, nadat ons land in 1994 op 'n skinkbord aan 'n kommunistiese owerheid oorhandig is, het selfs eens stoere Boere met klein dingetjies soos naamsveranderinge net so maklik gekapituleer as om die land weg te gee, en het die Verwoerdburg RVK hulself toe die Centurion RVK gedoop.
GEBED OM DIE LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (3)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
O, Heilige Gees, U ken my van A tot Z en wil my elke oomblik van my lewe vir Christus afsonder. Ek sou Hom nie as Verlosser geken het as U my nie tot die wonderbare lig geroep het nie. Ek is so baie aan U verskuldig. Selfs my behoefte om tot God te bid, kom nie van myself nie, maar getuig van u wonderbare werking in my lewe. Daarsonder sou ek geen behoefte aan ‘n Hoërhand of gebed gehad het nie. As U my nie aanraak en vervul nie, sal ek geestelik stagneer en soos ‘n vuurtoring sonder lig en ‘n seiljag sonder wind wees.