Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nooit ’n regte of verkeerde tyd om die waarheid te spreek nie; dis altyd nou!
WAT IS IN ‘N NAAM ?
E. van Nantes
Die afgelope week is daar geluide gemaak rondom die verandering van skoolname - herinner die regering glo te veel aan die apartheidsdae, of so verstaan ek.
Oor die afgelope twintig jaar neuk die ou spul aan en af met die name van publieke vakansiedae, provinsies, strate, dorpe, en al draai sommige hiervan in die hof, word daar maar net eenvoudig daarmee volgehou. Die gerapporteerde kostes hieraan verbonde, is om die minste te sê, astronomies en kan mens nie help om te wonder of die ou geldjies nie maar beter aangewend kon word nie, soos om byvoorbeeld dienslewering op te knap in daardie gebiede waar daar daagliks onluste voorkom reeds as gevolg van die gebrek aan dienste nie.
Onwillekeurig begin mens wonder waarom hierdie regering nie bereid is om van sy inkomste af te staan ten einde die omstandighede van sy eie mense te verbeter nie, maar wel bereid is om geld te mors ten einde name te verander.
Nou hoekom is die naamding dan vir hulle so seerpunt?
- Dat daar in hierdie nuwe Suid-Afrika geen plek is vir enigiets wat Blank en Afrikaans is nie en dit derhalwe wortel en tak uitgeroei moet word, of
GAAN ONS JESUS WEER SIEN?
Ja, Jesus kom beslis!
Ds Andrè van den Berg
Skrif: Hand.1:1-14
Teks: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”(:14)
In Gal.4:4 lees ons dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het. Wat beteken dit? Dat die tyd toe reg was. Jesus kom op God se bepaalde tyd na die aarde om sondaars te red. Hier vertoef Hy 33 jaar waarna Hy na die hemel toe opvaar.
Die vraag is: Gaan ons Hom weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11:
Wat ‘n wonderlike belofte en vooruitsig is dit nie vir ons nie! Jesus het nie net eenmaal na die aarde gekom nie, maar kom weer. Maar wanneer? Hierdie vraag word al meer as 2000 jaar lank gevra.
SATANISME – 'N REALITEIT (4)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Ons gaan voort met inligting oor die New Age-beweging wat deur die gees van Satan gedryf word.
Dit is uiters moeilik om die Bybelse Evangelie met die New Agers te deel. Daar is 'n paar redes daarvoor:
1 Hulle word demonies beheer.
2 Hulle het 'n passiewe verstand as gevolg van mediterende praktyke.
3 Hulle glo in reïnkarnasie.
4 Talle van hulle het al astrale projeksie ondervind.
5 Hulle het alreeds die leerstelling aanvaar dat elke persoon sy eie "waarheid" besit en dat elkeen sy eie "realiteit" geskep het.
Om u bewus te maak wat die New Age werklik in glo noem ek van die belangrike basiese beginsels:
Die Bybel leer ons Jesus is die Seun van God - New Age sê Jesus is die oorheersende Wester soos Mohammed, Krishna en Boeddha en die broer van Lucifer.
Die Bybel leer ons ons is gered deur genade – New Age sê ons verwerf 'n godheid deur goeie werke.
Die Bybel leer ons Jesus Christus is die enigste weg – New Age sê laat Christus in jou wakker word.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (21)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Fundamentele Behoeftes
Fundamentele navorsing, het dr Louw Alberts, 'n voormalige vise-president van die RAK eenmaal gesê, bly die noodsaaklike fondament vir tegnologiese ontwikkeling in enige land. Fundamentele navorsing is 'n lewensbelangrike bestanddeel van die werk van enige navorsingsinrigting en sonder die bydrae van die teoretici sou baie van die kernnavorsing skipbreuk gely het.
Let daarop dat die meeste navorsing in Suid-Afrika onder 'n swart regime gestaak is want dit is nie deel van hulle kultuurpersepsie nie. Daarom het Suid-Afrika 'n werkerstaat geword waar geen eerstehandse vooruitgang plaasvind nie. Indien ons onsself wil handhaaf maak ons dus gebruik van navorsing wat elders in die wêreld gedoen word, veral in Amerika wat miljarde dollar aan navorsing spandeer en dus meestal eerste met 'n ontwikkelde ontdekking ter bêrde kom.
Tegnologie word egter nie op dieselfde vlak ontwikkel wanneer invoer daarvan ter sprake is nie. Ons kan die VSA sekerlik baie dankbaar wees vir die bietjie wat ons kan aanwend maar ons kon in 2015 self op daardie vlak gestaan het indien ons nie uitverkoop was aan 'n Derdewêreldse moordbende wat nie weet wat vooruitgang en ontwikkeling beteken nie. Inteendeel, vernietiging en korrupsie is die lewensfilosofie van hierdie spul wat dink hulle kan 'n land regeer.
Dit word dan duidelik waarom Suid-Afrika die afgelope een-en-twintig jaar ook op hierdie gebied gekwyn het want weens al die duidelik aanwysbare redes vind 'n mens dat tegnologie nie met sukses in 'n land wat nié 'n sekere hoeveelheid basiese navorsing onderneem, ingevoer of ontwikkel kan word nie.
OOK IN TYE VAN TEËSPOED
Hannes Ollewagen
Hábakuk 3:1-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Dit is maklik om in tye van voorspoed lofprysinge te uiter en oor die goedheid van God te praat, aangesien ons dit eerstehands ervaar. Wanneer die lewe egter vir ons ‘n bietjie moeilik raak, om dit lig te stel, word die diepte van ons geloof gemeet. Daar word in hierdie tye bepaal of ons geloof maar net oppervlakkig is – tot daar waar dit m.a.w. vir ons voordelig is. Aanbid en loof ek God bloot vir dit wat ek van Hom kan ontvang, of dien ek Hom waarlik uit liefde wat diep wortel geskiet het en dus ook groei?
WAAR WAS JESUS...
...DIE DRIE DAE TUSSEN SY DOOD EN SY OPSTANDING?
Ds Andrè van den Berg
1 Pet 3:18-22
Die Bybel sê dat Jesus op ʼn Vrydag op ʼn koppie net buite Jerusalem gekruisig en begrawe is, maar dat Hy die daaropvolgende Sondagoggend uit die dood opgestaan het. Waar was Hy in die tyd tussen sy dood en opstanding? Slegs Petrus gee in die gelese Skrifgedeelte spesifieke inligting op hierdie vraag. Hou egter in gedagte dat hierdie Skrifgedeelte die verband tussen Christus se lyding (:18) en sy verheerliking (:22) beskryf. Dit is nie ʼn bal-vir-bal kommentaar van wat Christus alles in dié tyd gedoen het nie.
In vers 19 skryf Petrus dat Christus gedurende hierdie drie dae vir die geeste in die gevangenis gaan preek het. Dis ʼn uitsonderlike vermelding aangesien dit nêrens anders in die Bybel genoem word nie. Hoe moet dit verstaan word?
Die Griekse woord preek wat Petrus hier gebruik, is nie dieselfde woord as wat vir prediking van die Evangelie gebruik word nie. Hier beteken dit letterlik om ʼn boodskap by wyse van ʼn aankondiging oor te dra.
SATANISME – 'N REALITEIT (3)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Die New Age-beweging se belangrikste mikpunt op die agenda is om 'n eenwording tussen mense en die kosmiese magte daar te stel. Daar word dus baie aandag gevestig op die Kosmiese Bewussyn.
Sekere hulpmiddels word aanbeveel en gebruik om so 'n bewussynsverandering te bevorder. Dit is:
- Kristalle met kosmiese strale, piramides en amulette word om die nek en arm gedra.
- Boeddhabeelde word as fokuspunte vir die verspreiding van kosmiese energie gebruik.
- Mistiese ervaring deur dwelmmiddels.
- New Age-Musiek - ("heavy metal" rock musiek ingesluit)
- Naaktheid as aantrekkingskrag vir demone te gebruik.
OOK VIR SUID-AFRIKA...
...'N NUWE VERBOND
Ds Andrè van den Berg
“Herstel die kontrak en Ek herstel jul vryheid”. Dis ʼn wenresep vir elke volk wat swaarkry: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader ...” (Jak.4:8).
“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ʼn nuwe verbond sal sluit... Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hul hart; en Ek sal vir hulle ʼn God wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees” (Jer.31:31,33)
In die OT lees ons van talle gelowiges wat wonderlike preke gelewer het, veral die profete wat deur God gebruik is om hul volk op dreigende gevaar te wys of om hulle onder moeilike omstandighede te bemoedig. Jeremia was een van die uitstaande predikers van die OT, ʼn man wat 650 jaar voor die geboorte van Christus alreeds die koms van die Christendom voorspel het.
Wanneer Jeremia God se belofte in die woorde van ons teksverse uiter, klink hy eintlik modern want hy praat hier soos ʼn Christen.
HOOP VIR DIE NGK?
Professor Niemandt,
I/S: Berig in die Volksblad van 19 Maart 2015
Ek kan nie help om te wonder hoe anders die NGK asook Suid-Afrika in sy geheel sou lyk as die evangelie van Jesus Christus soveel aandag gekry het as menslike leerstellings soos die Belharbelydenis nie.
Volgens die berig in die Volksblad blyk daar amper ‘n obsessiwiteit by u om hierdie belydenis in die NGK aanvaar te kry. Dié tipe gedrag van ‘n akademikus kan die vraag laat ontstaan oor wie se opdragte, voorskrifte en bevele eintlik deurgevoer moet word? In die eerste paragraaf van die onderhoud word die eintlike boodskap alreeds aan die leser gegee, naamlik dat die versuim om die weg van die moderator te volg, rampspoedige gevolge sal inhou. Dit blyk dat u van mening is dat die NGK irrelevant sal raak, sou die belydenis van Belhar nie aanvaar word nie? Dít impliseer dat u die evangelie van Jesus Christus verkleineer tot minder relevant as die belydenis van Belhar! Moet ons as mensedan glo dat u Jesus Christus en sy kerk werklik liefhet en in u amp dien?
DIE KWEEK VAN SUPERMENSE
Transhumanisme: ʼn Opstand teen God
Ds Andrè van den Berg
Die Bybel waarsku dat Satan aan die einde van die tyd alle stoppers gaan uittrek ten einde mense te mislei om hul rug op God te keer. Dit gebeur alreeds op baie lewensterreine. Een daarvan is die onrusbarende opkoms van ʼn nuwe beweging wat Transhumanisme genoem word. Dis ʼn internasionale beweging wat wetenskap en tegnologie wil gebruik om die mens se verstandelike en fisiese moontlikhede tot ongekende hoogtes te ontwikkel.
Transhumaniste beywer hulle om beter mense vir die toekoms te kweek deur hulle geneties te probeer verbeter. Dit gaan hier oor die kweek van supermense. Sulke geneties verbeterde mense moet dan in die toekoms die toppunt van die beskawing wees en die wêreld beheer. Die tegnologiese vooruitgang wat op hierdie gebied gemaak word, is in een woord verbysterend!
Die ongelooflike tegnologiese ontwikkeling van vandag gaan aan die einde van die tyd nog ʼn baie groot rol in die vervulling van Bybelse profesie speel. Dit gaan ongelukkig ook Satan se invloed versterk.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (3)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
"Deurentyd is dit duidelik dat Suid-Afrika op alle gebiede meer as paraat was teen buitelandse vyandelikhede. Die standaard van opleiding by ons weermag sowel as die latere artillerie deur onsself vervaardig was van hoogstaande gehalte en het ons in 'n posisie geplaas wat die buiteland hoogs bevrees gelaat het. Sou hulle hul kloue op ons ondergrondse rykdomme wou lê, sou hulle ons moes ontwapen. Om dít te kon vermag, moes hulle 'n verraaier soos F.W. de Klerk koop om die regering omver te werp ...Dat F.W de Klerk en sy verraaiersbende kon wegkom met die leuen dat Suid-Afrika ter wille van vrede en orde aan 'n swart korrupte regime oorhandig moes word, spreek van onkunde onder ons mense. Sy stelling dat ons geen ander keuse gehad het nie as om ons land sonder slag of stoot op 'n skinkbord weg te gee is van alle waarheid ontbloot, dit het die geskiedenis bewys. Elkeen van die duisende lewens wat intussen in die Nuwe Suid-Afrika aan moord geoffer is onder 'n misdaadbende wat in die parlement sit omdat F.W. sowat 45 miljoen rand daarvoor betaal is, sal van die hande van De Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, en al hulle trawante geëis word. En sou dit ons nie beskore wees om hulle in hierdie leeftyd in die openbaar tereg te stel vir hoogverraad nie, sal ons regverdige God van hemel en aarde sorg dat hierdie onreg in die reine gestel word."
Pelindaba
Daar het 'n spesifieke tyd aangebreek toe die Atoom Energieraad gereed was om 'n nasionale kernnavorsingsentrum op te rig. Dit was nadat sekere wetenskaplikes reeds opleiding van hoogstaande gehalte ontvang het, sommige in Brittanje by die Harwell navorsingsentrum en ander in die Verenigde State van Amerika. Nog later is ander vir opleiding gestuur na die Karlruche Kernnavorsingsentrum Wes Duitsland.
TOEGEWY AAN GOD?
Hannes Ollewagen
Romeine 12:1-8
(:1&2) "EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
Hoe het ons samelewing nie ontaard van ‘n lewe toegewy aan God na ‘n lewe waarin elke mens toegewy is aan homself nie? Is dit enigsins vreemd dat die dwaalleer van humanisme daarom tot gevolg het dat huwelike en gesinne verbrokkel, verhoudings tussen mense skipbreuk ly en daar soveel hartseer en ellende in die samelewings is waarin ons beweeg omdat elke mens in selfsug toegwy is om net sy eie begeerlikhede te bevredig?
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (2)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
" Met so 'n onbevoegde Afrika-regering sou die land werklik gou onregeerbaar word en sou Suid-Afrika met al sy rykdomme vinnig in buitelandse skoot val, het hulle geredeneer – 'n sataniese maar suksesvolle plan vir onstabiliteit en ekonomiese verval in Suid-Afrika waardeur almal vandag kan sien. Daarom behoort u te begryp dat die finale slag nog nie geslaan is net omdat die kommunistiese ANC ons land sonder enige weerstand gekry het nie – die wêreldgeldmag moet nog sy pond kom opeis, en 'n Suid-Afrika mét kernwapens sal die oorname te riskant vir ons vyande maak. Daarom dan dat Obama jaar na jaar 'n beroep op die swart Suid-Afrikaanse regering doen om die verrykte uraan wat uit die ses kernbomme onttrek is en by Pelindaba toegesluit lê, aan hom te gee."
Wanneer het die idee vir 'n kernprogram posgevat?
Die Suid-Afrikaanse Weekly Mail skryf in 1993 dat dokumente wat dateer uit die tyd van JG Strijdom as Eerste Minister die eerste militêre moontlikhede vir kernwapens bevat het. Tesame met Suid-Afrika se ryk bronne van uraan, die land se nuwe opkomende goudmyne wat die land in een van die rykste lande ter wêreld sou laat ontwikkel, en die groeiende behoefte aan elektrisiteit en water, kon ons by kernontwikkeling groot baat vind.
Die briljante wetenskaplike, dr Ampie Roux, was die man wat gemoeid was met die totstandkoming van 'n ondersoekkommissie om moontlike kernkrag vir hierdie behoeftes te ondersoek. In Junie 1958 het hy reeds sy volledige navorsing vir 'n ontwikkelde kernnavorsingsprogram voorgelê.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (1)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
" Maar daar is selfs nog ‘n sterker skakel tussen Suid-Afrika en Iran se kernwapenontwikkeling. In 1994, net nadat Suid-Afrika sy eerste sogenaamde demokratiese verkiesing gehou het, het die regering van die Verenigde State van Amerika opdrag gegee dat alle kernprogramme onmiddellik en permanent gestop moet word, anders sou Washington ekonomiese sankies toepas. Suid-Afrika het ongeveer 600 hoogsbegaafde wetenskaplikes, ingenieurs en tegnici hierdeur verloor wat in minder as twee maande sonder werk gesit het. En daar is met rede bespiegel wie aan die anderkant van die pad vir hierdie begaafde mense gewag het..."
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê (en hulle hou steeds daarmee vol) dat hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer is dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika hierdie land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994 toe die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
KLOU ZUMA, KLOU VAS...
Kriewelkop
Kostelik dat daar op hierdie tydstip weer 'n klagte uit New York kom oor Suid-Afrika se uraan wat uit die ses kernbomme wat in dr Verwoerd se tyd gebou is, onttrek is en netjies weggebêre is sedert die negentigerjare. Hulle geheue is nogal goed om te onthou dat dit ses kernbomme se uraan is wat daar in Pelindaba toegesluit lê want Suid-Afrika het presies ses kernbomme van uitstaande gehalte vervaardig onder 'n wit regering met van die beste kernwetenskaplikes ter wêreld. Of hulle nou ook van die misiele en ander wapens onthou weet ons nog nie... Maar wat ons wel verstaan is dat die VSA baie graag hul kloue op daardie hoogsverrykte-uraanstof wil lê. Maar Zuma sê Amerika kan gaan bars, ons gee nie ons uraan verniet weg nie – maar die gevaar bestaan natuurlik dat Zuma dit wel aan hulle kan verkoop sou hy 'n aanbod ontvang. Maar wat is nuut!
SATANISME – 'N REALITEIT (2)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
5. Wit magie
Net soos by die swart magie word ook demoniese kragte by wit magie gebruik om die mens en sy besittings teen die swart magiër te beskerm. Dié magiër gebruik weer die Christelike, Bybelse en godsdienstige gebruike saam met die demoniese kragte om sy doel te bereik.
Reeds in 1987 was daar na skatting tagtigduisend mense in Amerika wie die "wit" towerkuns bedryf. 'n Groot groep van die mense behoort aan die Wicca-beweging wat ook bekend staan as die "woman-spirit movement".
'n Ontstelde winkeleienares het my in November 1989 geskakel nadat sy 'n tydskrif in haar winkel oopgeblaai het. Die betrokke artikel het gehandel oor 'n "goeie heks", Marina Medici, se vyf towerformules vir geluk en liefde. Medici sê in haar eie woorde: "White Magic is purely for helping and protecting people, to use my spells wisely to bring only good things". Haar 5 towerformules is:
GETSÉMANÉ
W.E.G Louw
Die nag lê wit oor daardie stille tuin en torings van Jerusalem — maar wreder as die maan oor krans en kruin was in die slaap hul oë loom en swaar.
Alleen het Hy gekniel . . . Hy het geweet dat Hy verlate was . . . van hand en voet en aangesig het in die stof sy sweet van Hom geval soos sware druppels bloed.
"Waak een uur met My ..." Hy het verlaas in doodsbenouenis voor daardie lot as mens tot mens geroep — en was verbaas, want onafwendbaar was die wil van God:
swart val reeds oor die vaal van grint en gruis die skaduwee van skandepaal en kruis.
ONS ROTS EN BERGVESTING OOK IN 2015
Ds Andrè van den Berg
“Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur” - Ps.31:4
ʼn Mens kom soms by ʼn breekpunt in jou lewe waar jy vir jouself sê: “Dis nou genoeg. Ek kan nie meer nie!” Dink maar aan die profeet Elia onder die besembos. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy eie seun Absalom ʼn burgerlike opstand teen sy vader se koningskap geloods het en Dawid vir sy lewe moes vlug. Voor hierdie gebeure was dit betreklik stil en rustig in Israel. God het menige vyand in hul hand gegee en Dawid se koningskap ryklik geseën sodat die volk se geestelike peil hoog was.
En toe verander alles eensklaps. Dawid moes in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat. Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, moes hy telkens vir koning Saul vlug. En nou vlug hy al weer.
PASOP WAARNA JY LUISTER!
WAT SÊ DIE WOORD VAN GOD OOR MUSIEK?
Wie het die eerste musieknote voortgebring? In Job 38:7 sien ons toe God die aarde gegrond het, sy afmetinge bepaal en sy fondamente ingesink het, die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het. Die klank van musiek was dus by die skepping reeds hoorbaar.
In die begin het God 'n engel geskape en aan hom die vermoë gegee om musiek te maak om die lof van God te besing. Dié engel is inderdaad met musiekinstrumente in sy liggaam geskape (Eseg 28:13-14). Dit was Lucifer wie se naam beteken ligdraer of môrester. In Jes 14:12 word hy "seun van die dageraad" genoem. Esegiël verwys na hom as gérub en gesalfde. God het Lucifer geseën met 'n spesifieke salwing vir die bediening van musiek.
Dit is duidelik dat Lucifer in die hemel gewoon het – hy was die gérub met uitgespreide vlerke wat beskut. In die hemel was dit Lucifer se taak om die troon van God te oordek en beskut.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (20)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Hulp aan die nywerheid
" Later het nie minder nie as vyftig maatskappye meer as 34 000 kg per week vir sterilisering na Pelindaba gestuur. Om materiaal van hierdie omvang te behandel, moes die bronaktiwiteit tot 1 100 kCi verhoog word. Dit het van die aanleg een van die grootste gammasteriliseeraanlegte ter wêreld gemaak... ...Die nywerheid was maar in die beginstadium om radioisotope en straling na waarde te skat en as Suid-Afrika nie deur sy vyande ondermyn is nie sou daar in die jare vorentoe veel groter toepassing van dié nywerheidspotensiaal plaasgevind het. Suid-Afrika was in so 'n goeie posisie om voordeel uit die toepassing van straling en radioisotope op alle ondernemingsgebiede te trek dat hy sy plek op hierdie terrein langs die gevorderdste lande kon inneem. Maar vanaf die laat tagtigerjare het vyandelike oorheersing seker gemaak dat ons nie langer 'n hoogsontwikkelende navorsingsland nie maar 'n werkerstaat sou word met geen internasionale bedingingsmag nie. Dit was die enigste manier om beheer oor Suid-Afrika se rykdomme te bekom."
'n Geleidelike oorgang van die fundamentele tot prakties geörienteerde navorsing het gedurende die laat sestigerjare plaasgevind en het tot 'n aansienlike uitbreiding van bedrywighede, geriewe en personeel gelei. Die stralingsintese van chemikaliee is ondersoek en baie reaksies wat tot die produksie van buitengewone verbindings met hoë opbrengs lei, en waarvan sommige die moontlikhede van industrialisering ingehou het, is uitgeken.