Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke mens moet 'n ideaal koester waarin hy glo en dit met 'n passie nastreef wat hom sal dring om dit te wil bereik. Dit maak nie saak of dit vir ander onbelangrik lyk nie, solank jy glo dat dit vir jou 'n nastrewenswaardige ideaal is. Alleen dan sal jou lewe hier op aarde vir jouself die moeitewerd bly.
UITNODIGING AAN GELOFTEVOLK
NA DIE DERDE VERBONDSMAAL EN KONSILIE VAN DIE
GELOFTEVOLK IN SUID-AFRIKA
GELOFTEVOLK KOÖRDINERINGSKOMITEE
Datum en Plek: D.V. 3-6 April 2015 te Vegkop Slagveld Terrein [Heilbron / Lindley]
Ps.46:1b God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
Geagte Volksgenoot.
Toe Jan van Riebeeck 363 jaar gelede in Tafelbaai voet aan wal gesit het, is die weg berei vir die vervulling van Sef.3 waarin die vestiging van sy verstrooide gemeente, oorkant die riviere van Kus voorsien word, welke gemeente, wat gering en ellendig sal wees en sal deurloop onder strafgerig, by niks ander as net sy Naam skuiling sal soek en vind.
Die huidige bestel hoon die koms van die westerling hierheen en is ons as Protestante nie welkom nie, aldus die huidige staatshoof se uitsprake vroeë die jaar in Kaapstad waartydens sy “sangoma” lofsanger met sy “uitdrywing” van Jan van Riebeeck se gees, eintlik die Heilige Gees, onder wie se leiding Van Riebeeck hierheen gekom het, gesmaad het.
ZUMA SE SALARIS VERSUS...
... LEIERS IN DIE WÊRELD S'N
Telkens praat mense oor wat openbare leiers "verdien".
Die eerste regstelling wat ons moet maak is dat niemand dit verdien nie, veral nie in die Nuwe Suid-Afrika nie. Dat hulle dit ontvang is ook te betwyfel – in die meeste gevalle. Maar dat hulle dit vat, daaroor kan ons gerus saamstem.
CNN het 'n opname gaan maak waaruit ons iets kan leer:
Kom ons kyk na wat Barack Obama, die eerste swart president van Amerika per jaar in sy sak steek: 'n ronde R4,946 040 miljoen – ja, in rand gemeet.
In die tweede plek sien ons dat die Kanadese Eerste Minister, Stephen Harper kortkop agter Obama trek met R 3, 214 926 miljoen per jaar.
Dan volg die Duitse kansellier, Angela Merkel met R 2, 900 946 miljoen per jaar.
En in die vierde plek, raai! Onse Jakob, met 'n stewige R 2, 766 527 miljoen per jaar – nogal 'n sakvol vir 'n 'leier van 'n ontwikkelende land' wat kort-kort bakhand by ander lande bedel. En hierdie bedrag sluit nou nie byvoordele soos Nkandla in nie...
Die vyfde plek word verower deur die Britse Eerste Minister, David Cameron met R 2, 658 375 – nogal snaaks as in ag geneem word dat die Britte amper R19 by Zuma kan kry vir een enkele pond.
SATANISME – 'N REALITEIT (1)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Kobus Jonker het in die tagtiger- en negentigerjare meer as 'n miljoen mense toegespreek en bereik deur die pers, televisie, radio en aanbieding van lesings. Hy is 'n deskundige op die vakgebied van satanisme en is in April 1991 aangewys as die P.E. Persklub se 'Nuusmaker van die Jaar' vir sy landwye stryd teen satanisme.
1. Inleiding
Suid-Afrika het die beginfase van die 2Oste eeu met talle probleme op die horison betree. Vigs, dwelms, oorbevolking, politieke veranderinge, onrus, armoede, werkloosheid, besoedeling en losse sedes is van toe af erger as ooit aan die orde van die dag en vandag het dit onmeetbare afmetings aangeneem.
Sells die duiwel blyk nou ook 'n revolusionere herverskyning te maak. Suid-Afrika het nog nooit so 'n ontploffing in belangstelling in die Oosterse godsdienste, duiwelaanbidding en die okkulte gehad nie. Die Nuwe Era (New Age) se gevaarlike tentakels verskyn nou byna op alle vlakke in die samelewing.
Dit is ook skokkend om in 'n Christelike land te woon waar daar dikwels in tydskrifte en koerante deur teoloë geredekawel word of die satan wel bestaan. 'n Mens sal eerder verwag dat almal bewus sal wees wat die Bybel ons leer van die duiwel.
Die duiwel is nie 'n mite van die Christelike Kerk nie maar 'n werklikheid.
DOEN DIT MET MAG EN OORGAWE!
Werk julle eie heil uit met vrees en bewing
(Filippense 2:1)
Dr Pieter van der Dussen
Hierdie Woord is dikwels deur dr H F Verwoerd aangehaal tydens sy bewindstyd in die jare sestig, die Goue Dekade van Afrikanerskap en Blankeskap – toenemende voorspoed en rustigheid vir Wit, Swart en Gekleurd. Die onderstaande artikel deur 'n Swart jeugdige sluit hierby aan en kom die laaste paar jaar meer en meer in hulle geledere voor. Dit is bemoedigend. Die bevordering daarvan was kenmerkend en onderliggend aan die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Ongelukkig het sogenaamde leiers die huidige geslag Swart jeugdiges se voorgangers verlei om dit te verwerp en sit hulle nou met ‘n kommunistiesbeheerde godlose regime wat juis hierdie soort denke ten alle koste wil inperk. Die Kommunisme vereis dat die bevolking dom gehou moet word in volslae afhanklikheid van Vadertjie Staat sodat hy hulle kan beheer.
Die artikel bring die Afrikaner se stryd om vryheid en voortbestaan in gedagte – twee gelyklopende ideale sedert 1652 met 1657 se vryburgerskap 'n kerndatum omdat dit die geboorte van ons volk verteenwoordig.
SLEGS EEN MANIER VAN VERSOENING...
... TUSSEN HENDRIK POTGIETER EN ANDRIES PRETORIUS TE RUSTENBURG
MAART 1852
Andries Pretorius se onderhandelinge met die Britse owerheid het op 17 Januarie 1852 op die ondertekening van die Sandrivier-konvensie uitgeloop, waardeur Pretorius Britse erkenning vir die onafhanklikheid van Transvaal verkry het. Aangesien Potgieter sterk gekant was teen enige vorm van onderhandeling met die Britse owerheid en hy met 'n de facto onafhanklikheid vir die Oorvaalse gebied tevrede was, het Pretorius se optrede en die feit dat hy sonder goedkeuring van die Volksraad met die Britte onderhandel het, hom die gramskap van Potgieter op die hals gehaal. Ten einde verslag van Pretorius se werksaamhede in verband met die Sandrivierkonvensie te ontvang, is 'n Volksraadsvergadering vir 16 Maart 1852 te Rustenburg belê. Vanweë die spanning wat tussen Potgieter en Pretorius en hul onderskeie ondersteuners bestaan het, is daar gevrees dat dit tot 'n breekpunt tussen die twee partye mag kom.
DIEN ONS HOM GETROU?
Hannes Ollewagen
1 Samuel 12:1-25
“Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”(:24).
Een van die grootste ketterye wat in die “moderne samelewing” verkondig word, is myns insiens dat geloof in God ‘n uitdaging is wat jy moet regkry waarna jy kan aangaan met die res van jou lewe. Die indruk word by mense geskep dat jy deur belydenis van jou geloof met lippetaal die saak van jou saligheid afhandel en jou verhouding met God hierdeur verseker. Hierdie mistasting is geweldig gevaarlik en sal aanleiding gee dat jy gedurigdeur na die waarheid rondtas en mistas.
Die Waarheid is Jesus Christus alleen wat vir ons die Weg en die Waarheid en die Lewe is. Hy is die Weg na ons ewige saligheid en dus moet ons na ware bekering die res van ons lewe op aarde met Hom en agter Hom aanstap.
IS DAAR WERLIK 'N HEL?...
...HOE LYK DIT DAAR?
Ds Andrè van den Berg
Luk.16:19-31
Daar is min woorde so soet as redding. Jy bevind jou op ʼn sinkende skip en ʼn reddingsvaartuig daag ter elfder ure op. Jy is in ʼn brandende gebou vasgekeer en word ter nouer nood deur brandweerpersoneel gered. Jy moes eintlik gesterf het, maar jy leef teen alle verwagting in!
Wat sou jy dink is die wonderlikste redding denkbaar? Om van die ewige dood gered te word. Dit gebeur wanneer God ʼn sondaar uit die see van vernietiging red amper soos wat Jesus vir Petrus een nag op die See van Galilea van ʼn gewisse verdrinking gered het. God het Jesus soos ʼn brandweerman gestuur om ons van ʼn vlamme-ewigheid te red wat die hel genoem word.
Die woord hel is ʼn woord wat oor die algemeen vrees en afkeur verwek. Vrees, omdat dit as die mees weersinwekkende plek beskou word om in te verkeer en afkeur omdat baie mense dit as die produk van ʼn siek verbeelding afmaak. Daar is ook mense wat sinies daaroor lag en die hel as ʼn bangmaak-simbool beskou. Hulle glo dat dit ʼn storie is wat die ou Jode bedink het om mense van ʼn bose lewe te weerhou.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (19)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Geneeskunde (2)
"Kernstraling, of dit nou van natuurlike of mensgemaakte bronne afkomstig is, kan ongetwyfeld vir die normale gesonde menslike liggaam skadelik wees. Dit het egter ook die vermoë om lewens te behou, om kanker te genees en om onbekende gebiede van die mediese wetenskap te verklaar waardeur sy negatiewe invloed teengewerk kan word. Begrip vir hierdie benadering versterk die destydse toegewyde houding van die navorsers in die lewenswetenskappe. Hulle ondernemingsveld hier in ons land was baie groot van begrip, dikwels baie klein in die praktyk, maar dit is op hierdie gebied waarin die grootste moontlikhede vir navorsingsukses waarskynlik opgesluit was. Dit is betreurenswaardig dat Suid-Afrika nie die geleentheid gegun is om hierdie kruin van sukses enduit te klim nie."
Die mees gesofistikeerde gammakamera en bybehorende rekenaarstelsel in Suid-Afrika was destyds in Pretoria gehuisves en die waarde daarvan is grootliks deur die toenemende gebruik van plaaslik geproduseerde radioisotope verhoog. Dit het die behoefte aan behoorlike veiligheids- en doeltreffendheidsmonitering vir radioisotope, sowel as aan meer navorsing en ontwikkeling van radiofarmaseutiese materiale uitgelig.
As gevolg hiervan is 'n unieke moderne kerngeneeskundenavorsingsgerief in samewerking met die Provinsiale Administrasie in die vorm van die nuwe eksperimentele dierekompleks in Pretoria opgerig. Dit sou nie slegs van groot waarde vir die RAK wees nie, maar ook vir die Departement van Gesondheid en vir alle opleidingsentrums vir kerngeneeskunde in Suid-Afrika.
CHRISTENVROU, LAAT JOU LIG SÓ SKYN
Ds Andrè van den Berg
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” - 1 Pet.3:3,4
Paulus skryf aan die Efesiërs dat gelowiges elke dag stryd ervaar. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12). Ja, daar is ʼn oorlog aan die gang tussen Satan en sy magte aan die een kant en God en sy getroue getuies aan die ander kant. Hierdie oorlog is in werklikheid alreeds deur God gewen; ʼn oorwinning wat behaal is toe Jesus uit die graf opgestaan en die dood oorwin het. Satan het dit nie verwag nie! En omdat hy weet dat hy hierdie oorwinning nie meer kan keer nie, voer hy ʼn terroriste-oorlog met oneindig baie skade.
Baie jare gelede het ʼn sendeling in die Amasonegebied gewerk.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (14)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Laodicea, die louwarm gemeente
Openb.3:14-22
- 1. Die stad Laodicea
Laodicea was in die streek Frigië, 72 km vanaf Filadelfia (160km van Efese) op die kruising van twee sleutelroetes in Klein Asië. Daar was drie stede in hierdie streek; Kolosse, Hierapolis en Laodicea. Laodicea is in 253vC gestig en deur koning Antiochus II na sy vrou Laodike vernoem. Dit het in 133vC in Romeinse bewind gekom en was vir tekstielware van swart wol en ooghospitaal bekend. Laodicea is in 60nC deur ʼn groot aardbewing getref.
Die stad het gereeld watertekorte ondervind. Water moes met ʼn 10km pypleiding na die stad herlei word. Die Romeinse veelgodedom het in Laodicea floreer, veral die aanbidding van Zeus en Apollo. Daar was ook ʼn sterk Joodse bevolkingsgroep en vermenging van die Joodse en heidense godsdienste.
OM OUER TE WEES (3)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
As ouer speel ons 'n belangrike rol in die ontwikkeling van ons kinders se verhouding met die buitewêreld. Ons dien as't ware as skakel en as gids vir daardie wêreld. Hoe óns dit benader sal in 'n groot mate bepaal hoe ons kinders dit gaan benader.
Nou weet ons almal hoeveel gevare en boosheid daarbuite skuil en ons wil ons kinders daarteen beskerm en met die nodige waarskuwing daarop voorberei. Aan die ander kant is daar uitdagings wat wag en is daar soveel interessante moontlikhede wat ontgin kan word. Ons moet dus 'n balans handhaaf: aan die een kant moet ons kind versigtig wees, maar aan die ander kant moet hy kan uitbeweeg en vra en kyk en die buitewêreld verken sodat hy 'n ryk en vol lewe kan lei.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (13)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Filadelfia – die poort na die Ooste
Openb. 3:7-13
1. Die stad Filadelfia
Filadelfia was 45 km suidoos van Sardis en beteken broederliefde voortspruitend uit die stigter, koning Attalus, se liefde vir sy broer Eumenes. Dit was strategies op die pad na die Ooste geleë en ʼn militêre en handelsentrum. Aan die voet van die stad was die vrugbare Hermusvallei. Die gebied is gereeld deur aardbewings geteister en is in 17 nC saam met elf ander omliggende stede feitlik verwoes. Dit was moeilik om die stad te herbou omdat sporadiese skuddings steeds voorgekom het. Keiser Tiberias het al hierdie stede vir vyf jaar van belasting onthef ten einde opbouwerk te kon doen. Uit dankbaarheid het Filadelfia die naam Neosesarea by haar naam gevoeg. Daar was ook 'n sterk Joodse element woonagtig.
In 92 nC het keiser Domitianus ʼn wet uitgevaardig dat wingerde met graanlande vervang moet word vir kos vir die weermag. Dit was egter ook om Italië se wynbedryf ten koste van Klein Asië te bevorder. Dit het Filadelfia ʼn gevoelige knou toegedien. Dionusos, god van wyn en fuifpartytjies, was juis die beskermgod.
OM OUER TE WEES (2)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
OPVOEDING TOT ONAFHANKLIKHEID
Hoe voed ons ons kinders op en wat hoop ons om daarmee te bereik?
Die primêre doel van opvoeding is om die kind te lei en op sy pad na onafhanklike volwassenheid te vergesel. Ten einde volwassenheid te kan bereik moet die kind 'n duidelike begrip van sy eie indentiteit ontwikkel. Daarbenewens is 'n positiewe selfbeeld en onafhanklikheid binne sy bepaalde kultuur onontbeerlik.
Die belangrikste twee fasette van onafhanklikheid is ekonomiese onafhanklikheid, dit wil sê om finansieel selfversorgend te wees, en normatiewe onafhanklikheid, oftewel die vermoë om op grond van die eie waardestelsel tussen reg en verkeerd te kan onderskei.
OM OUER TE WEES (1)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
Vroeër het ouers eenvoudig kinders gehad sonder om ooit daaraan te dink of hulle hul regtig wou hê; of hulle goeie ouers sou wees en of daar moontlik 'n ander alternatief was. Vandag weet ons dat sommige ouers nie goeie ouers is nie. Die biologiese vermoë om voort te plant, lei nie outomaties tot effektiewe ouerskap nie.
Waarom al die klem op goeie ouerskap? Sommige mense glo dat 'n kind in elk geval op 'n bepaalde manier gaan ontwikkel, ongeag die behandeling wat hy kry. 'n Mens hoor dikwels die opmerking: "Ek het baie pak gekry toe ek klein was en daar is niks fout met my nie."
SAL ONS HOM AANNEEM?
Hannes Ollewagen
Johannes 1:1-14
Dit is belangrik om tydens die lees van hierdie gedeelte ook die Skeppingsverhaal in gedagte gehou. Wanneer ons dit doen, leer ons dat Jesus Christus nie “ontstaan” het tydens sy geboorte uit die maagd Maria nie, maar dat Hy daartydens mens (vlees) geword en na die aarde gekom het.
Wanneer ons in vers 1 lees dat die Woord by God was, besef ons dus dat God deur sy Seun, Jesus Christus, die aarde geskape het, want Hy het deur die Woord geskape. As Skepper van die aarde, sou ‘n mens tog verwag dat die skepsel en alles daarop en daarin Hom wat dit geskep het sou verheerlik en dien. Dit was tog sekerlik die bedoeling, maar deur die listige slang wat genoem word duiwel en satan, is daar opstand teen God bewerkstellig.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (12)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Sardis, die gemeente wat met ʼn naderende geestelike dood geworstel het
Openb.3:1-6
1. Die stad Sardis
Sardis was 48 km suidoos van Thiatire op ʼn hoë rif gebou en uit ʼn militêre oogpunt feitlik onoorwinlik. Dit kon bv. slegs van die suidekant bereik word. Die stad is later afgeskuif om deel van ʼn vrugbare vallei te vorm waarna dit vir sy landbou en tekstielbedryf bekend was, Dit het tot ʼn kosmopolitiese bevolking en baie invloede gelei. Die legendariese koning Croesus, koning van Lidië (560-546vC) was deel van Sardis se geskiedenis. Volgens legende het alles waaraan hy geraak het in goud verander.
Ten spyte van Sardis se militêre posisie is die stad twee maal verower – in 546vC deur die Perse en in 214vC deur die Siriërs waarna die Siriese koning 2000 Joodse gesinne vanuit Mesopotamië in Klein-Asië gevestig het. Gevolglik het daar in Sardis heelwat Jode gewoon wat hul invloed laat geld het. Daar is ʼn groot sinagoge gebou en volgens Josephus het hierdie Jode jaarliks groot bedrae geld vir die tempel in Jerusalem gestuur.
EIENDOMSREG IN SA
GELOFTEVOLK
KOÖRDINERINGSKOMITEE
HET ONS DIE GROND GESTEEL?
Lees die waarheid oor die vestigingspatrone en grondaansprake van die verskillende volke in Suider-Afrika: sodat ons geestelik weerbaar kan wees teen die psigiese oorlog wat ons vyande teen ons voer.
Geagte Volksgenoot
Die Geloftevolk Koördineringskomitee vind dit verontrustend dat daar op verskeie lewensterreine leiersfigure is wat die indruk skep dat blanke grondeienaars begerig is om tradisionele blanke landbougrond van hul regmatige eienaarskap te vervreem.
Tot op hede het die regering se sogenaamde “grondhervormingsproses” onomwonde getoon dat landbou-produksie geen rol ter motivering daarvan speel nie, maar dat dit eerder ‘n drang is deur nie-blankes om die blanke boer van sy grond te beroof.
Landbouleiers het ook geen morele gronde waarop hulle hul kan beroep om tradisionele blanke landbougrond te help vervreem deur aan die regering se grondroof-proses deel te neem nie. Die teendeel is eerder waar soos wat hieronder na verwys word.
Die onlangse uitspake van pres. Zuma m.b.t. die ongewenstheid van Jan van Riebeeck en daarom alle blankes in hierdie land, toon duidelik dat die enigste versadigingspunt vir swart grondaansprake die totale verowering van blanke grond sal wees. Dit is in ooreenstemming met die ANC se Freedom Charter.
STAP IN GELOOF, NIE OP SIG
Ds Andrè van den Berg
“... Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ʼn aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens” - Dan.6:6
Dit wat destyds met Daniël in Babel gebeur het, gebeur nog steeds. Die wêreld hou gelowiges se lewens baie fyn dop en huiwer nie om ongerymdhede aan die groot klok te hang nie, veral as dit ʼn persoon met ʼn sterk openbare beeld is. Daarom moet gelowiges se lewens skoon wees om skandale te vermy en God te verheerlik. God gebruik dikwels ons voorbeeld om goddelose mense te laat vrees. En wanneer Hy dit doen, kan dit vir gelowiges selfs lewensgevaarlik lyk. Vra maar vir Daniël!
Dan.6 vertel die verhaal van ʼn gelowige man wat saam met heidense kollegas ʼn baie hoë staatspos beklee het. Daniël se uitsonderlike verstandelike vermoë het hom egter bo sy kollegas laat uitgestyg, iets wat hulle bitter afgunstig op hom gemaak het. Afguns is ʼn baie lelike ding want dit maak van mense vlermuise.
HENDRINA JOUBERT...
...'N HELDIN IN EIE REG
Ons het gister die Slag van Amajuba herdenk toe die Boere onder leiding van Piet Joubert die berg in 'n rekordtyd bestyg en die Britte die pak slae van hulle lewe gegee het. Piet se vrou Hendrina wat vroegoggend die eerste persoon was om die klomp rooibaadjies daar bo-op die berg raak te sien en haar man gewaarsku het, was reeds 'n heldin in eie reg toe sy twee jaar vantevore 'n groot vrag gewere gered het waarmee die Transvalers later hierdie oorlog sou voer.
Piet Joubert, die Transvaalse leier, beleef in die jaar 1879 ‘n tyd van spanning en stryd. Twee jaar tevore het die Engelse die Republiek geannekseer.
Die geklop dreun deur die stilte van die voorkamer, dring tot in die agterste vertrek en vul die hele huis. Die asof alle ander geluide verstom, en ‘n lang oomblik is die hele lewe saamgetrek in ‘n gekromde kneukel wat driftig teen die hout van die voordeur hamer. Dan sit Hendrina die koppie wat sy aan’t afdroog was, beslis langs die wasbalie neer, haak in die verbygaan ‘n agterlaaier van die geweerrak af en stap vorentoe.
LUISTER NA SY STEM!
PRAAT GOD DEUR SIEKTE MET JOU?
Ja, verseker is siekte 'n tydperk waarin God ernstig met sy kinders verkeer en waarin hulle meer leer as in enige goeie tyd van hul lewe. Siekte is 'n manier waarop God met sy kinders praat, sê Job in hoofstuk 33:19: "Hy spreek die mens aan met ernstige siekte."
Dit is nie 'n teken van God se onmag as iemand nie gesond word nie, maar die middel tot God se almagswerke, sodat ons vir Hom getuies kan wees; sodat ons weer kan besef, al word ek elke dag afgetakel, daar is niks wat my van God se liefde vir my kan skei nie.
Daar op jou siekbed kyk jy met nuwe oë na jou eie lewe, veral na die dinge wat jy nog so graag wil bereik; na die mense wat jy liefhet en geen waarborg het dat hulle môre nog by jou sal wees of jy by hulle nie. Dan besef jy elke minuut wat jy nog krag en tyd oorhet, moet maksimaal benut word omdat elke oomblik genadetyd is.