Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die mooiste toneeltjies in die lewe is 'n Christenman wat nederig langs die Christenvrou van sy keuse voor die kansel kniel om God se seën op hulle eenwording te ontvang.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gatiep innie skool.
Juffrou vra vir Gatiep: "Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?"
Gatiep: "My ma's nie stupid nie, sy maak mash!"
IS DAAR SPOKE?
Ds AE van den Berg
Efes.6:10-20
Is daar werklik so ’n iets soos spoke? Die antwoord hierop hang alles af van wat presies met spoke bedoel word? Indien dit geestelike wesens (sonder ’n liggaam) is, is die antwoord ’n baie besliste ja. Indien dit die geeste van afgestorwenes beteken, is die antwoord ’n baie besliste nee.
Die Bybel sê baie duidelik dat daar geestelike wesens bestaan – goeies en slegtes, maar wys die idee van geeste wat ontslape mense wat op aarde agterbly om mense vrees aan te jaag, beslis af.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dominee is besig om die Tien Gebooie met die Sondagskoolklas te behandel en spesifiek die gebod:
"Jy mag nie steel nie".
Hy vra toe vir die klas:
"Wat sou die koekblik in die spens vir julle sê as dit kon praat?"
Pietie steek sy hand op en sê:
"Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie!"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (70)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 1
PROFETE TYDENS DIE LAASTE JARE VAN DIE RYK VAN JUDA (2)
SEFANJA 1, OBADJA 1, NAHUM 1
1. Sefanja
Sefanja was ʼn tydgenoot van Jeremia en het ook onder koning Josia begin profeteer. Hy het sterk teen die Baäldiens asook die verering van hemelliggame geprofeteer. Sefanja het dus alreeds voor die groot hervorming van Josia begin optree. Sefanja se voorsate word tot in die vierde geslag genoem. Sy pa was Kusi, sy oupa Gedalja, sy oupagrootjie Amarja en sy oorgrootjie Hiskia. Daar word nie koning Hiskia gesê nie. Hierdie Hiskia was dus nie die goeie koning van Juda nie, maar ʼn ander een. Sefanja was nie van koninklike afkoms nie, maar het met groot vrymoedigheid teen konings en prinse gepreek (Sef.1:8,3:3).
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NET DIE TANDE IS VAN JOHANNESBURG...
Die Regter kyk vir Gatiep in die oog en sê:
"Dis nou die 6e jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
''Djou honour," sê Gatiep, "moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry nie."
Regter: "Hoe kan jy onskuldig pleit as vyf mense jou sien steel het?"
Gatiep: "Djou Honour, ek kan thousands bring wat my nie gesien het nie!"
Regter: "Waar is jy gebore?"
Gatiep: "Djou Honour, ek is gebore innie Kaap!"
Regter: "Watter deel?"
Gatiep: "My hele lyf is daar gebore, djou Honour, net die tanne is van Joburg af!"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (69)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boek JEREMIA
LES 1
PROFETE TYDENS DIE LAASTE JARE VAN DIE RYK VAN JUDA (1)
JEREMIA 1
- 1. Die vernaamste profeet
Jeremia was die vernaamste profeet in die laaste jare van Juda. In sy boek is daar geskiedkundige feite wat nie in Konings of Kronieke vermeld word nie. Sy pa, Hilkia, was ʼn priester in Anatot waar hy ook grond besit het. Jeremia is in die dae van Josia tot profeet geroep en was ʼn oujongkêrel (Jer. 16:2). Hy was so besorg oor die afvalligheid van sy volk dat hy by geleentheid soos ʼn Job van ouds sy geboortedag verwens het (Jer.20:14-18). Hy wou egter nie aan God ongehoorsaam wees nie (Jer.20:9).
In die dae van Josia het Jeremia teen die afgodery van sy tyd gepreek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (68)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 17
DIE EINDE VAN JUDA
II KON 23-25
1. Joahas koning van Juda
Josia het vier seuns gehad. Alhoewel Sallum nie die oudste was nie, het hy koning word en die troonnaam Joahas aangeneem. Hierdie naam kom ook by Israel se konings voor. Die volk het hom koning gemaak omdat hy die anti-Egiptiese politiek van Josia sou laat voortduur. Nego het nie daarvan gehou nie en Joahas laat vang en hom na sy hoofkwartier in Ribla, tussen Hamat en Damaskus, gebring.
Daarna het Nego vir Aljakim, ‘n ouer broer van Joahas, koning van Juda gemaak. Nego het die mag gehad om die koningskap van Joahas ter syde kon stel en ‘n ander man koning te maak. Daarna het hy Juda ‘n swaar boete opgelê. Alhoewel Joahas maar kort regeer het, word daar gesê dat hy goddeloos was.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (67)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 16
MANASSE, AMON EN JOSIA KONINGS VAN JUDA
II KON 21-22
- 1. Manasse
Manasse en Amon was goddeloos. Manasse het byvoorbeeld die godsdienshervorming wat Hiskia geloods het, ongedaan gemaak en die Baäldiens heringestel. So ook heilige boomstamme en hoogtes. Manasse het selfs Agab in goddeloosheid oortref (1 Kon.16:31-33). Hy het hom voor die son, maan en sterre neergebuig en hulle aanbid. Uit 2 Kon.23 kan afgelei word dat Agas alreeds daarmee begin het. Dit kom oorspronklik uit Babel en is astraalgodsdiens genoem. God het dit streng verbied (Deut.4:19; 17:3).
Manasse het altare vir die verering van die hemelliggame gebou en in die voorhowe van die tempel geplaas. Daarbenewens het hy sy eie seun vir Molog geoffer soos Agas ook gedoen het (2 Kron.28:3).
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (28)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die sewe plae van Engeland – wat nog in vervulling moet gaan
Een van Siener van Rensburg se mees ontstellende gesigte is ongetwyfeld die een i.v.m. "Die sewe plae wat God vir Engeland beskik het". In die bronne beskikbaar is daar meer as 20 direkte verwysings na hierdie vreemde en skrikwekkende gebeurtenis wat, volgens die Boereprofeet, vroeër of later nog Engeland se lot gaan wees.
Daar was by oom Nieklas nooit enige twyfel dat Engeland se finale ondergang die gevolg sal wees van die misdade wat hy destyds in die Boereoorlog teen Afrikanervroue en -kinders gepleeg is nie. "Kyk," het hy een keer aan 'n vriend gesê: "elke maal as daar 'n groot wêreldgebeurtenis kom, dan word kinders en vroue vermoor en dan volg die straf gewis. Het Farao dan nie ook die vroedvroue opdrag gegee om al die manlike kinders by geboorte dood te maak nie? En die straf was dat Farao met al sy ruiters in die Roode See begrawe is ..."
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (66)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 15
HISKIA KONING VAN JUDA
II KON 18-20
1. Sy lewenshouding
Ná die dood van Agas het sy seun Hiskia koning van Juda geword. Hy was ʼn gelowige en een van die beste konings wat Juda ooit gehad het. Hy het nie van God se weë afgewyk nie en die Wet onderhou. Hiskia was werklik ʼn teokratiese koning en het as hervormer opgetree toe hy die tempel wat sy vader toegesluit het weer oopgesluit en die erediens herstel het. Daarbenewens het hy ook die verbond met God hernuwe, die pasga gevier en die afgodshoogtes afgeskaf (Deut.12:2). Hiskia se hele optrede het van godsdienssuiwering getuig. Die profeet Miga het hom die nodige leiding gegee (Miga 1:5, Jer.26:18).
ONDERMYNING, VERRAAD, VAG
Die gevaar in ons midde is dat die Afrikaner weer te doen het met die moedswillige onderbeklemtoning van die ondergrawende Afrikaner-bedrywighede van die voormalige Oosbloklande en hul inligtingsdienste. Die ondergrawing deur die Anglo-Amerikaanse magswêreld was egter 'n bekende feit by Afrikaners in die ou Suid-Afrikaanse inligtingsdienste. Die bewys daarvan is byvoorbeeld in die boeke van adv. Piet Pretorius wat Gelofteland die afgelope tyd besig is om te plaas, Volksverraad, (Volksverraad... Waarom?) en Volkshoop, waarin hy die Central Intelligence Agency (CIA) beskuldig vir meeste van die dinge. Die toename in moorde op Afrikaners en ander Blankes sedert die Mangaung-konferensie in Desember verlede jaar waar die ANC-leier Jacob Zuma soos dikwels opruiende uitsprake geuiter het en ook in 'n opvolgende uitspraak in Durban, raak nou meer as kommerwekkend.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (4)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Heilige skynheiligheid
My teenstanders het feite verlang. Hier is hulle.
Die voorvalle in die lewe van die Ondergrondse Kerk mag pragtig en indrukwekkend wees, maar ons sal moet onderskei tussen mooi legendes en ’n indrukwekkende werklikheid. Ek laat vir eers al my emosies tersyde en wil slegs feite, bevestig uit onbetwisbare bronne, gee. Ek kan nie daaroor swyg nie, nie vanweë my eie lotsgevalle, wat my in botsing met die Kommunisme gebring het nie, maar omdat ek Jesus liefhet.
GELOFTEDAG IS BINDEND
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Daarby beveel dié kommissie aan dat ook Tweede Kersdag en Paasmaandag as vakansiedae geskrap moet word. Alhoewel dié twee dae nie in wese Christelike dae is nie, is dit tog nog altyd aan die twee belangrikste christendae, Christus se opstanding en Christus se geboorte gekoppel.
Geloftedag is geskiedkundig die belangrikste dag vir die Afrikanervolk, maar dit is ook ’n dag wat soos ’n Sabbat aan God gewy moet word omdat op dié dag in 1838 die Afrikanervolk ’n bindende gelofte gemaak het aan die “heilige God van hemel en aarde... dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee... ons die dag en datum elke jaar dag as 'n dankdag, soos ’n Sabbat, sal deurbring...”
WAT IS DAN DIE GROOT GEBOD?
Hannes Ollewagen
Matt. 19:16 – 30:
Vers 16: “En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?"
Jesus se onmiddellike antwoord op bogenoemde vraag is dat die jongman die gebooie van God moet gehoorsaam (Verse 17 – 20). Maar interressant genoeg laat Jesus met beantwoording van hierdie vraag doelbewus die eerste gebod uit. Die jongman antwoord dadelik met selfvertroue dat hy al hierdie gebooie wel getrou onderhou van sy jeug af, maar voel steeds dat iets skort met die onderhouding daarvan, daarom dat hy vir Jesus in vers 19 vra: “…Wat kom ek nog kort?”
GLO DIT AS JY WIL!
"Ons hoop die dag gaan nog kom dat almal in die land, swart mense inkluis, gaan dink Hendrik Verwoerd was nie so ’n slegte leier nie. Die land se hospitale was beter in Verwoerd se tyd. In die skole was meer dissipline, en almal het handboeke gehad."
Dana Snyman – Beeld 4 April 2013
NIE NET JOU GROND GAAN GEVAT WORD NIE
Die Grondwet beskerm ons nie
Andries Breytenbach
Toe F.W. de Klerk met sy "hervorming" van Suid-Afrika besig was, het hy hoog opgegee oor die wigte en teenwigte wat magsmisbruik deur die owerheid sou voorkom en almal se belange sou beskerm. Die sterkste daarvan was die sogenaamde "beste grondwet in die wêreld" met sy ingeboude Handves van Regte wat kwansuis landsburgers se regte sou beskerm.
Teen dié tyd weet ons almal wat van De Klerk se wigte en teenwigte geword het. Die "regering van nasionale eenheid" was gou tot niet (wie onthou dit nog?) en De Klerk het hom uit die voete gemaak. Nie dat enigiemand daaroor spyt is nie, maar ons volk sit vasgevang in die gemors wat De Klerk op ons afgelaai het, en om daaruit te kom, sal 'n harde en langdurige stryd verg.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (27)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die era ná Verwoerd
Louis Dohne van P.K. Bernhondina, Reitz, O.V.S. was ná die mislukte Rebellie van 1914 saam met oom Nieklas in die Fort op Boksburg. 'n Gesig wat die ou Boereprofeet een nag daar gehad het, het mnr. Dohne op die laaste drie bladsye van oom Nieklas se Bybel neergeskryf. Voor in die Bybel staan in 'n fyn handskrif: "Aan oom Siener van Rensburg, van Kate Kock, Germiston". Die datum daarby is 1916.
Mev. Ria James, ('n kleindogter van Siener) het hierdie visioen aangestuur en het ook sekere van die inligting oor die stryd in Angola verskaf.
Visioen: Ek droom naby my huis is daar 'n kerk, maar die predikant is nie daar nie. (Die kerk is nog teenwoordig, maar is geestelik reeds dood). Die waens staan in twee rye, ek sit tussen die vroumense, en 'n klein meisie van so 8 jaar staan op en sê: "Kyk na die Westekant. (Daar kom 'n oorlog waarin die vroue en kinders letterlik agtergelaat sal word. Hier word direk heengewys na die stryd op ons grens).
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (65)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 14
DIE EINDE VAN DIE TIENSTAMMERYK
II KON 17
1. Hosea die laaste koning van Israel
Hosea was die laaste koning van Israel alvorens die volk na Assirië in ballingskap weggevoer is. Hy was net so goddeloos soos die meeste van sy voorgangers. Hy het die troon as moordenaar bestyg nadat hy Peka vermoor het. Wat die rede vir hierdie opstand was, word nie vermeld nie. Dit het heelwaarskynlik iets met die internasionale politiek van daardie tyd te doen gehad. Mense was òf teen òf vír die Assiriese magsuitbreiding.
Peka was teen enige onderdanigheid aan Assirië gekant en Hosea daarvoor. Tiglat-Pileser III skryf in sy annale dat hy Hosea as koning oor Israel aangestel het. Dis miskien ʼn bietjie aangedik! Desondanks bevestig dit die feit dat hy met Hosea gediend was. Dit het Hosea egter baie duur te staan gekom!
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (3)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Bestaan die Ondergrondse Kerk?
Toe ek deur die publikasie van Vir Christus Gemartel, Die Russiese Heiliges, Ondergronds vir God en ander boeke en artikels hierdie wonderlike wêreld van Christenmartelare en -helde bekend gemaak het, en toe ek hierdie Kerk se verhaal wat, hoewel waar, na groter verdigsel as enige roman klink, vertel het, was die reaksie oorweldigend. Ek het opgehou om die briewe van geesdriftige ondersteuners te tel nadat dit die 300 000-kerf oorskry het.
Christene het eenvoudig geweet dat daar nou aan hulle ’n verborge waarheid vertel is. Die menslike hart is van baie dinge bewus waarvoor daar geen bewys nodig is nie. Hulle het geweet dat Kommunisme ateïsties is. Hulle het geweet dat dit ’n diktatorskap is.
En ook in die vrye wêreld word Christene deur ateïste omring, of mense wat vir alle praktiese doeleindes sonder God is, al mag hulle op een of ander vorm van godsdiens aanspraak maak. Christene weet uit eie ervaring hoe wreed ’n baas, man, of ’n ouer kan wees as hy die Skepper nie vrees nie.
EIENDOMSREG: DE KLERK SE WAARBORG IN DIE DREIN!
Pieter van der Spuy
Regsverteenwoordiger: Afrikaner Volksparty
Verlede week het die konstitusionele hof by monde van hoofregter Mogoeng in ’n meerderheidsuitspraak beslis dat die ontneming van bestaande mineraalregte deur die MPRDA glo nie neerkom op onteiening nie, alhoewel die houer van die mineraalreg sy reg verloor en die estaat alleen mag besluit wie die mynregte sal kry. Nogtans is die ontneemde nie geregtig op enige vergoeding nie, want volgens Mogoeng is dit nie onteiening nie!
Die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA) het in 2004 in werking getree. Die effek daarvan was dat die bestaande houers van mineraalregte van hulle regte ontneem is.
Volgens die Grondwet hoef vergoeding nie vir ‘n ontneming van eiendom betaal te word as dit nie juridies as ‘n onteiening (wat nie in die Grondwet omskryf word nie) kwalifiseer nie.