Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Optimisme is om te glo in wat mense dalk kan uitrig; hoop is om te vertrou op wat God reeds vermag het, en wéér kan. Hoop is die heel laaste ding waarmee alle mense uiteindelik oorbly.
VERSTOM DIE WÊRELD...
...MET JOU SKOONHEID
Ds Andrè van den Berg
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” - 1 Pet.3:3,4 .
Paulus skryf aan die Efesiërs dat gelowiges elke dag stryd ervaar: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12). Ja, daar is ʼn oorlog aan die gang tussen Satan en sy magte aan die een kant en God en sy getroue getuies aan die ander kant. Hierdie oorlog is in werklikheid alreeds deur God gewen; ʼn oorwinning wat behaal is toe Jesus uit die graf opgestaan en die dood oorwin het. Satan het dit nie verwag nie! En omdat hy weet dat hy hierdie oorwinning nie meer kan keer nie, voer hy ʼn terroriste-oorlog met oneindig baie skade.
Baie jare gelede het ʼn sendeling in die Amasonegebied gewerk.
ISLAM TEEN CHRISTENDOM
Is Islam 'n groter gevaar vir die Christendom as die Judaïsme?
Dr JJ Snyman
Christene word gereeld deur die Joods-beheerde media vertel hoe groot gevaar die Islam is. Islam is volgens hierdie propaganda ons grootste vyand. Dit is natuurlik 'n flagrante leuen.
Kom ons kyk wat sê Alexander Solzhenitsyn in sy boek 200 Years Together, die laaste boek voor sy dood:
You must understand. The leading Bolsheviks who took over Russia were not Russians. They hated Russians. They hated Christians. Driven by ethnic hatred they tortured and slaughtered millions of Russians without a shred of human remorse...It cannot be overstated. Bolshevism committed the greatest human slaughter of all time. The fact that most of the world is ignorant and uncaring about this enormous crime is proof that the global media is in the hands of its perpetrators.
Die Jode in kommunistiese Rusland het 66 miljoen mense se dood veroorsaak. So gesien is Kommunisme, wat deur die Jode op Rusland afgedwing was en deur Jode bestuur was, verantwoordelik vir die grootste menseslagting in menseheugenis.
AMERIKA SOEK OORLOG TEN ALLE KOSTE!
Dr JJ Snyman
"Die wêreld stuur af op 'n oorlog ongekend in die geskiedenis. Die VSA se Satansbende, beheer deur die Joodse geldmagte, sit daaragter. As die mensdom maar net betyds hulle oë wil oopmaak!"
Die VSA is op die oorlogspad. En nie van vandag af nie. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die Joods-beheerde VSA gepoog om elke ander staat in die wêreld te onderwerp. Met Kommunisme is daarin geslaag om die hele Oosblok vir meer as 'n halfeeu in bedwang te hou. Vandag moet NAVO, die IMF en die Wêreldbank alle state in die VSA se invloedsfeer hou.
Dinge is egter besig om nou totaal hand-uit te ruk aangesien die oorlogsugtige VSA nou oorlog teen Rusland wil maak en enige rede denkbaar soek om dit te kan doen. Eers was Rusland verantwoordelik gehou vir die internasionale vliegramp oor die Oekraïne se grondgebied. Dit het later geblyk 'n gesamentlike operasie van die VSA en die Oekraïne te wees. Nou mag hierdie vliegramp nie verder ondersoek word nie! Die bewindsverandering in die Oekraïne dra 'n VSA-stempel en kan die VSA nie wag dat Rusland tot sy buurman se hulp kom nie. Dan sal die VSA vir almal vertel dat Rusland die aggressor is en sal dit waarskynlik 'n volgende wêreldoorlog tot gevolg hê.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (13)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
KOEBERG
"Gedurende Mei 1971 het EVKOM die eerste bepaalde stap in die rigting van'n kernkragprogram gedoen toe hy besluit het om potensiële tenderaars in kennis te stel dat hy beplan om sy eerste kernkragsentrale gedurende 1978 in bedryf te stel... ... is as doeltreffend en bevredigend bewys en niemand was meer bewus van die noodsaaklikheid om spitsbedryfdoeltreffendheid te verseker as juis EVKOM nie – totaal 'n ander prentjie van die ESKOM wat ons vandag ken. "
Die kus noord van Kaapstad is troosteloos, winderig en verlate, 'n gebied van sandduine met immergroenbosse en 'n gladde wit strand wat tot in die verte strek. Wanneer die seisoene verander, rol dik misbanke van die see na die land en in die winter storm reënbuie ongehinderd oor die plat landskap, aangedryf deur die wind wat selde sagter as 'n sterk bries waai. Hier by Duynefontein het Suid-Afrika se eerste kernkragsentrale, Koeberg, verrys, byna as 'n uitdaging aan die elemente.
Dit is 'n projek wat stewig op gesonde ekonomiese oorwegings gegrondves was. Dit is 'n projek wat dit moontlik gemaak het om aan die toekomstige elektrisiteitsbehoeftes van Wes-Kaapland te voldoen. Alhoewel dit ten volle in die nasionale elektrisiteitsnetwerk ingelyf sou word, sou Koeberg se twee reaktoreenhede van 922 MW elk dié Kaapse gebied onafhanklik maak ingeval 'n kragonderbreking in ander sentrales sou voorkom.
LAAT HY ONS VERTROUE WEES
Hannes Ollewagen
Jeremia 17:1-18
Vers 7 van die gelese gedeelte lui “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.”
Een van die kernboodskappe wat regdeur die Woord van die Here aan elkeen gegee word is dat ‘n mens nooit jou vertroue op mense moet plaas nie, want mense stel teleur, mense verander, en selfs getroue en standvastige mense wat navolgingswaardig is, is verganklik. Wanneer hierdie goeie en standvastige leiers wegval, moet ‘n mens steeds na God vir leiding kan kyk.
Met ‘n vaste geloofsvertroue in God is ons volk gevestig hier aan die suidpunt van Afrika. As gevolg van ‘n vaste geloofsvertrou in en liefde vir God, het ons voorouers uit Europa na Suid-Afrika gevlug om hier in die wildernis na ‘n tuiste te kom soek. Met ‘n vaste geloofsvertroue het ons voorouers die binneland ingetrek, die wildernis onderwerp en ‘n beskawing gevestig waar ook hul nageslagte ons God kon dien en aanbid. Hierdie vaste geloofsvertroue het God se rykste seën oor ons gebied, soos wat Hy beloof.
NADERENDE EKONOMIESE INEENSTORTING
DIE ROL VAN SWART VAKBONDE IN NADERENDE EKONOMIESE INEENSTORTING
Jeanette Koekemoer
In 1979 het die Regering op aanbeveling van die Wiehahn-kommissie besluit om swart vakbonde te wettig; by terugskoue een van die talle groot foute van daardie Regering. Aanvanklik het gematigde vakbondfederasies soos Vaksa hul eie parallelle swart vakbonde probeer stig maar sonder groot sukses. Teen die agtergrond van die toenemende radikalisasie van die swart politiek was dit radikale vakbonde soos Fosatu en sy opvolger, Cosatu, wat uiteindelik die meeste spierkrag verwerf het. En dit was primêr hulle wat met 'n kombinasie van klipharde onderhandelings, afdreiging en stakings vir die skerp toename in inkomste vir hul eie lede verantwoordelik was. Die vooruitstrewende ekonomiese tydperk van 1981 tot 1994 toe Suid-Afrikaners se gemiddelde per kapita-inkomste met 18,5 persent gedaal het sal nie eers in 'n ambisieuse ekonomiese ontwikkelingsprogram weer behaal word nie.
Die negatiewe siening oor Suid-Afrika se produktiwiteit word bevestig deur die gesaghebbende jaarverslag van die Switserse Union Bank in 1995. Die bank het Suid-Afrika op grond van sy algemene mededingendheid toe reeds 42e uit 48 lande geplaas. Wat sy produktiwiteit betref, skaars een jaar nadat die ANC in die regeerstoel geplaas is, het die land die heel slegste van almal gevaar. Daarna het F.W.de Klerk die vermetelheid om in Bonn, Duitsland, te gaan rondflenter ná sy verraderlike kortdaatstuk om die land op 'n skinkbord aan nóg 'n korrupte regering oor te gee.
WORD GROOT IN GOD SE OË
Ds Andrè van den Berg
“...en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap - oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe” - Fil.1:4,5
Paulus was nie net ʼn wonderlike prediker nie, maar ook ʼn begeesterde skrywer. Baie van sy briewe is dan ook in die Bybel opgeneem omdat dit duidelik deur die Heilige Gees geïnspireer was. Gelowiges het nooit getwyfel dat dit briewe van God aan die mensdom is nie; ook vir my en vir jou.
Die meeste van Paulus se briewe is aan spesifieke gemeentes gerig met die doel om aandag aan die verkeerde dinge wat daarin voorgekom het te gee sodat die gemeente tot eer en verheerliking van God kon leef. Die gemeente in Filippi was egter die enigste uitsondering op hierdie reël want nêrens in Paulus se brief aan hulle is daar enige vermaning, kritiek of teregwysing soos by al die ander gemeentes nie. Vir Filippi het Paulus slegs woorde van waardering gehad.
GOD HET ONS NIE VERLAAT NIE
Oorweldig die poorte van die hel ons dan nou?
Dr JJ Snyman
Waarom voel dit vir baie Afrikaners of hulle van God verlaat is? Het die bose magte dan die oorhand gekry? Wel, as mens sake op sigwaarde beskou sien mens 'n volk wat hopeloosheid en weerloosheid ervaar. Mense wat probeer ontsnap van die werklikheid. Hoe dikwels is die reaksie: "Moet my nie ontstel met die feite" nie? Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Waarom is dit so?
Nadat Petrus, die deur-God-geopenbaarde verklaring maak dat Jesus die seun van God is, het Jesus hom verseker dat die poorte van die hel (duisternis) nie die kerk (volk) van God sal oorweldig nie. Maar hoekom wil ons dit nie vandag meer glo nie?
Petrus het pas, nadat hy saam met alle gelowiges een van die kragtigste momente in die Bybel beleef het (Matt 16:16), probeer om Jesus wys te maak dat Hy nie sou sterf soos wat God dit wou nie. Skielik word Petrus deur Jesus as Satan aangespreek juis omdat hy hom verset het teen God se wil! Petrus word in 'n ommesientjie 'n dissipel van Satan. Sy geloof verander dramaties na kleingeloof.
WARE EN VALSE WOORD- BEDIENING
Die seuns van Eli en die seuns van Sadok – ʼn OT perspektief
Ds Andrè van den Berg
1 Sam.2:12-36;3:1-21 en 4:10-22
Die OT onderskei tussen ware en valse Woordbediening. Dit blyk in die tyd van Samuel baie duidelik uit twee bedieningspatrone; dié van die seuns van Eli en dié van die seuns van Sadok. Beide groepe was Woordbedienaars maar met die verskil dat die seuns van Sadok se bediening tot eer van God gestrek het en Eli s’n nie.
Eli se seuns se Woordbediening was nie eerbiedwaardig nie en ʼn gruwel in God se oë. Hul optrede het later so ten hemel geskreeu, dat God ʼn einde aan die huis van Eli gemaak en Hofni en Pinehas saam met hul vader op dieselfde dag laat sterf het. Toe Pinehas se seun net daarna gebore is, het sy weduweemoeder hom Ikabod genoem. Dit beteken: die heerlikheid het verdwyn. Dit was so sprekend van Israel se godsdienspeil weens die verfoeilike Woordbediening.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (12)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Hoewel dit vandag nie denkbaar is dat 'n kragsentrale volgens die PELINDUNA-konsep in sy oorspronklike vorm in Suid-Afrika gebou sal word nie, was die jare van navorsing en ontwikkeling wat aan die projek bestee is nie verlore nie en is daar 'n groot stap nader aan die ideaal van kernenergie in Suid-Afrika gegee. Die doelstelling om 'n skatkamer van kerndeskundigheid daar te stel, is bereik. Hierdie manne was in staat om met verdere navorsing daardie ideaal te verwesenlik. En dit was moontlik om 'n treffende spangees te skep wat, ten spyte van die trauma van die projek se einde, 'n kenmerk van Pelindaba was tot dit ook deur politieke oorwegings tot 'n einde gebring is."
Wanneer uraan as brandstof gebruik word, was dit uit 'n reaktorfisiese gesigspunt noodsaaklik dat 'n materiaal met 'n lae neutron-absorpsiekansvlak vir die brandstofhouerbuis gekies word. Die enigste geskikte materiaal wat oor die nodige fisiese en meganiese eienskappe beskik het, was sirkonium en sirkoniumlegerings. Die geredelik beskikbare Zircaloy-Z se sterkte was by die bedryfstemperature van PELINDUNA onvoldoende en hoewel ander legerings van sirkonium soos niobiumsirkonium van 1 % geskikter was, het dit hoër neutronvangskansvlakke getoon en dit sou 'n beduidende negatiewe uitwerking op die neutronekonomie van die reaktor gehad het.
ALMAL IS GELYK – SOMMIGE NET MEER AS ANDER...
Rykes word ryker en minder en armes word meer en armer:
Waarom?
Dr SH Gregan
Sowat 1% van die wêreld se bevolking besit tans amper 50% van die wêreld. Dit is volgens ‘n verslag van Oxfam International wat pas uitgereik is. Dit is ‘n tendens wat al lank aan die gang is en alles dui daarop, ten spyte van lippediens tot die teendeel, dat dit sal voortduur. Waarom is dit so?
Volgens Oxfam International is hierdie globale ongelykheid “morally obscene” en bedreig dit die ekonomieë van die wêreld en is die oorlewing van die mensdom op die spel. Dit is ‘n ramp waarop afgestuur word. “Do we really want to live in a world where the one percent own more than the rest of us combined?”, het Winnie Byanyima, uitvoerende direkteur van Oxfam International gevra.
Volgens die verslag besit 80% van die wêreld se bevolking slegs 5,5% van die wêreld se rykdom wat beteken dat sou die tendens voortduur, 99% van die wêreld se bevolking binne slegs twee jaar van nou af maar 1% van die wêreld sal besit.
GEROEP OM VIR HOM TE LEEF
Hannes Ollewagen
1 Tessalonicense 4:1-12
In vers 7 van die gelese gedeelte word ons as God se kinders opnuut herinner aan ons roeping op aarde in 'n samelewing wat toenemend humanisties van aard raak. “Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.”
Ons besef dat ons ook soveel goeie gawes van die liewe Vader ontvang wat dit laat reën oor regverdiges sowel as onregverdiges. Hierdie gawes en goeie dinge moet ons met blydskap en dankbaarheid ontvang, maar ons moet nooit ons lewe sodoende begin leef om uitsluitlik ingestel te wees op genietinge, genot en dies meer nie.
SOET IS DIE STRYD
ID Du Plessis (uit sy Versamelde Verse, eerste uitgawe 1970)
Julle sê die stryd is verlore
Ons nasie te arm en klein
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae sal verdwyn?
My broer dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar
Miskien moet ons oormôre klaar wees
Om weer hierdie droom te laat vaar.
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
is tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
want hy het ‘n roepstem gehoor;
Maar die man wat sy deelname weier
Is die man wat sy nasie vermoor.
WAT SOEK JY HIER?
Ds Andrè van den Berg
“En hy het daar in ʼn spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?” 1 Kon.19:9
In die OT was Elia een van die kragtigste instrumente in God se hand, ja, so kragtig dat God hom die dood gespaar en lewend in die hemel opgeneem het. Ons weet eintlik niks van Elia alvorens hy met ʼn oordeelsboodskap van God voor die goddelose koning Agab kom staan het nie: “... So waar as die Here, die God van Israel leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!” (1 Kon.17:1). Na hierdie onverskrokke aankondiging neem God hierdie onbekende profeet soos klei in sy hand en maak van hom ʼn meesterstuk in sy diens.
Ná Elia se roemryke oorwinning oor die Baalprofete by Karmel tuimel hy van ʼn geestelike hoogte tot in die diepte wanneer hy op ʼn plek beland wat hy nooit sou kon droom hy ooit sou sien nie – onder ʼn besembos - soos ʼn verskrikte dier in afwagting op die dood! En hiervoor was Elia alleen te blameer. Toe hy van donkerte sy gids maak het wanhoop sy leier geword!
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (11)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
PELINDUNA KRAGSTASIE
”Die buigsame ontwerp van PELINDUNA het sommige van die mees gevorderde en progressiewe tegnieke in kernkragontwikkeling bevat. Dit het ons in staat gestel om 'n geweldige kernkragtegnologiese stap vorentoe te doen".
Alhoewel kernenergie in die gestalte van 'n wapen 'n verskrikking in die wêreld se oë is, was die potensiaal en vooruitsigte vir elektrisiteitsontwikkeling met ander brandstowwe as die gebruiklike fossielbrandstowwe baie belowend. Vandag is hierdie potensiaal, ten spyte van die teenstand teen kernkrag uit verskeie oorde, net so groot, waarskynlik selfs groter as gevolg van die styging in aardoliepryse. Die vraagstuk van kernkrag was in Suid-Afrika in die vyftigerjare nie dringend nie omdat steenkool volop was, maar dr Roux het nietemin voorsien dat kernkrag vroeër of later sy buiging in die Republiek sou maak, en toe hy sy voorstelle geformuleer het, het hy die belangrikheid daarvan benadruk om 'n span wetenskaplikes en ingenieurs op te bou wat met aktiewe navorsing op die hoogte van ontwikkelinge op hierdie gebied kon bly en wat leiding sou kon gee wanneer kernkrag uiteindelik aangewend word. Hy het nooit daaraan getwyfel dat dit sou gebeur nie en by tallose geleenthede daarop gewys dat dit nodig was om die Republiek se steenkoolhulpbronne te spaar waaruit die toevoermateriaal vir olie- en petrolaanlegte soos SASOL verkry word.
RASSEVERSKILLE ONOMSTOOTLIK
Vryheid, gelykheid en broederskap in 2015
Dr SH Gregan
No one must lightly dismiss the question of race. It is the key to world history and it is precisely for this reason that written history so often lacks clarity - it is written by people who do not understand the race question and what belongs to it. Language and religion do not make a race, only blood does that. - Benjamin Disraeli
In 2015 begeef jy jou op gevaarlike terrein as jy in die openbare media oor ras en rasseverskille wil bespreking voer. Dieselfde liberaliste wat wyd en syd skreeu vir persvryheid, wil jou mond snoer as jy durf waag om iets oor die laer IK van sekere rasse kwyt te raak. Dit word as haatspraak beskou en kan kriminele vervolging tot gevolg hê. Dit is juis hierdie liberaliste (gefinansier deur die Sionistiese magte) wat wil verhoed dat die feitelike en waarneembare verskille tussen rasse, en veral die effek wat dit op samelewings het, geopenbaar word. Daarom die histeriese verbod op die bespreking daarvan.
Rasseverskille is nie net fisies waarneembaar nie, maar onomstootlik bewys. Dit is gewoon 'n saak van onmoontlikheid om 'n uitnemende kultuur voort te bring wat gebaseer is op lae intelligensie.
BLY GETROU TOT DIE DOOD TOE
SAL EK HOM VERLOëN?
Hannes Ollewagen
Lukas 22:54-62
Vers 61: ”En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.”
Dit is vir ons maklik om Petrus te verkwalik wanneer ons hierdie gedeelte lees. Ons sal by onsself dink dat as ons maar die geleentheid gehad het om dag vir dag saam met Jesus te kon wandel en al sy wonderwerke en kragte met ons eie oë te kon sien, ons Hom in der ewigheid nie sou verloën het soos wat Petrus gedoen het nie. Is dit werklik die geval? Het ons nie al elkeen in ons eie lewens gesien hoe die beloftes van God wat Hy aan ons maak in sy Woord waar word en daar dus nie een van ons is wat daarmee kan spog dat ons Hom nog nooit verloën het nie?
BRING FRANSE TERUG NA HUL WORTELS
Charlie Hebdo en vryheid van spraak
Dr SH Gregan
Die wêreld was die afgelope paar dae behoorlik in rep en roer oor die moorde wat deur vermeende Moslem-ekstremiste in Frankryk gepleeg is. Frankryk was tot in sy fondamente geskud en het die Franse in groot getalle hulle simpatie betoon met die slagoffers ("Ek is Charlie"), en ook hulle afkeur in geweld (gerig teen hoofsaaklik Moslems).
Wat opval is hoe oningelig mense oor die gebeure agter die gebeure is. Nie alleen is daar talle vrae oor die identiteit van die moordenaars nie, maar die vraag is ook of dit nie 'n beplande operasie was deur die magte van onheil wat nie alleen terreur en paniek wil saai nie, maar ook daaruitvoortvloeiend maatreëls in plek wil stel om individule vryheid hok te slaan.
Berigte wil dit hê dat ISIS (die radikale Moslems wat tans so bedrywig is in Sirië) vir die massaslagting verantwoordelik is. Maar ISIS word in die geheim befonds deur die VSA!
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (10)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Ten spyte van die Republiek se herhaalde verklarings dat sy kernprogram uitsluitlik op vredesgebruike toegespits was, is gifpropaganda naarstiglik deur die land se vyande versprei. Hierdie gifpropaganda het wrange vrugte afgewerp. Die brandstoftoevloei uit die VSA vir die navorsingsreaktor SAFARI-1 het sonder verduideliking opgedroog. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot twyfel oor die voorsiening van brandstof vir die Koeberg-kernkragsentrale wat aan die einde van 1982 in bedryf gestel moes word."
Valindaba
So spoedig moontlik nadat redelike sekerheid oor die daarstelling van die uraanverrykingsaanvooraanleg verkry is, is 'n terrein daarvoor gekies. Daar was baie goeie redes waarom UKOR digby die RAK geleë moes wees en aangesien daar in die vroeë sestigerjare met die keuse van die Pelindaba-terrein doelbewus besluit is om 'n ylbevolkte gebied te kies, was daar genoeg ruimte vir die nuwe korporasie in die onmiddellike omgewing van die RAK. Ten spyte van die geologiese tekortkominge het die gebied wat uiteindelik op die grens van Pelindaba gekies is aan die vereistes voldoen. Dit het genoeg afsondering van nuuskierige verbygangers gebied terwyl 'n versigtige keuse van die bougebiede beskikbare geologiese formasies sou benut wat swaar laste kon dra. Die simboliese begin van boubedrywighede was 'n eenvoudige gebeurtenis sonder publisiteit, amper soos 'n familie-uitstappie.
GOD, ONS BERGVESTING, SAL ONS OOK IN 2015 BESKERM
Ds Andrè van den Berg
“Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur” - Ps.31:4
ʼn Mens kom soms by ʼn breekpunt in jou lewe waar jy vir jouself sê: “Dis nou genoeg. Ek kan nie meer nie!” Dink maar aan die profeet Elia onder die besembos. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy eie seun Absolom ʼn burgerlike opstand teen sy vader se koningskap geloods en Dawid vir sy lewe moes vlug. Voor hierdie gebeure was dit betreklik stil en rustig in Israel. God het menige vyand in hul hand gegee en Dawid se koningskap ryklik geseën sodat die volk se geestelike peil hoog was.
En toe verander alles eensklaps. Dawid moes in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat. Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, moes hy telkens vir koning Saul vlug. En nou vlug hy al weer. Wanneer Dawid op moedverloor se vlakte kom, doen hy die regte ding – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader. En God tel hom op.
As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie.