Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
" '...maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien... maar ek en my huis, ons sal die HERE dien...' Daarop sê Josua aan die volk: 'Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien.' En hulle sê:' Ons is getuies.' 'Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.' " Josua 24.
PINKSTER 2015 (1)
Die Onse Vader
Ds Andrè van den Berg
Mattheus 6: 9-13
1. “Onse Vader wat in die hemele is.” (:9)
'n Christen is iemand wat God as hemelse Vader ken en Hom so in gebed aanspreek. Ek is seker dat toe u gehoor het dat hierdie jaar se Pinkster oor die Onse Vader gaan, u ʼn reeks oor gebed verwag het. Die Onse Vader is immers die modelgebed wat Jesus aan sy dissipels gegee het in antwoord op hulle versoek: “Here, leer ons bid.” (Luk 11:1). Daar is egter ook 'n ander manier om na die Onse Vader te kyk waarop ek u aandag hierdie Pinkster wil vestig. In hierdie gebed is daar ses kenmerke van 'n Christen se lewe wat hom/haar as kind van God kenmerk amper soos 'n identiteitsdokument.
Die Onse Vader is ons geestelike ID-boekie. As dit oopgemaak word, sien jy onmiddellik ses kenmerke wat van 'n mens ʼn kind van God maak. Die eerste ding wat opval, is dat die mens God as sy hemelse Vader ken. Noem dit maar die eerste kenmerk van 'n Christen se identiteit. Dit is immers die manier waarop ons Here Jesus hierdie gebed laat begin het: “Onse Vader wat in die hemel is.” Die eerste aanduiding dat iemand tot bekering gekom het, is dat hy God as Vader aanspreek.
BRIEFIES VAN JACKIE
Lees dit by Briefies van Jackie
Mens kan so maklik die pad byster raak, en net op die ingewing van die oomblik die verkeerde besluit neem. 'n Mens kan 'n ernstige Christen met die beste hart en bedoelings wees, maar ons almal maak foute en 'n mens bly maar net 'n mens.
Soms val jy so vas in die kloue van wêreldomstandighede dat jy nie helder dink nie - veral met ons land wat nou so in die greep van die ongelowiges is. So moet ons nog harder werk om waarlik ons oë te open, ook ons ore om die regte dinge te hoor en ons mond om dit te sê. Ons moet op God fokus 24 uur per dag, 7 dae 'n week. En dalk moet ons bietjie ons oë toemaak vir al die lelike dinge wat om ons gebeur en begin luister na God se stem wat sagkens na ons fluister.
HEILIGHEID SORG VIR VEILIGHEID
Ds Andrè van den Berg
“Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U:Geweld! – maar U help nie?
Mense is vandag baie meer veiligheidbewus as ooit. Vandaar die geweldige opbloei in die versekeringsbedryf wat feitlik elke lewensterrein dek – die dood, arbeidsongeskiktheid, aftrede, studiefondse ens. Desondanks ontbreek dit aan een baie belangrike polis - ʼn ongelukvrywaringspolis. Dit sou jou van alle lewensongelukke soos droefheid, beproewing en selfs die dood kon vrywaar. Indien so ʼn polis moontlik was, sou die versekeringsbedryf vertiendubbel!
Wie sal nie graag ʼn polis wou hê wat verhoed dat slegte dinge met jou gebeur nie? Dis nie juis moontlik nie omdat ons in ʼn sondige bestel verkeer met sy dorings en distels, sorge, siektes en die dood. Niks neem egter die verlange na so ʼn ongeluksvrywaringspolis weg nie. Daar is egter mense wat dit vir hulself met Christenskap probeer skep.
HEMELVAART 'N CHRISTELIKE DAG
IS JY GEREED VIR HOM?
Ds Andrè van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote vandag Jesus se hemelvaart herdenk? Ek wil waag om te sê dat die oorgrote meerderheid onverskillig teenoor hierdie dag staan. Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, was dit ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magsoorname in 1994 het booswigte dit afgeskaf. Ek is dankbaar vir mense wat nog waarde daaraan heg.
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie. Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Jesus vir 40 dae sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna na die hemel opgevaar. Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur Jesus se volgelinge versprei is. Paulus skryf : “Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).
Vir baie gelowiges is hemelvaart slegs ʼn nagedagtenis van Goeie Vrydag en Paassondag. Nee, die hemelvaart het wonderlike betekenis vir ons. Kom ons kyk na ʼn paar aspekte van die hemelvaart en verheerliking van Jesus.
HEMELVAART
BEWAAR ONS HEMELVAART IN ONS HARTE?
Hannes Ollewagen
1 Petrus 1:3-12
Ons moet ons daarin verheug wanneer ons tans vir ‘n kort tydjie beproef word en selfs bedroef raak wanneer ons sien dat dae soos Hemelvaart van die kalender geskrap word as ‘n erkende Christelike dag. Wanneer ‘n dag soos Hemelvaart van die kalander geskrap word, beteken dit egter nie dat ons ons erfenis kwyt is nie, mits ons nie Christus, volgens die voorbeeld van die wêreld, uit ons harte en lewens skrap nie. Net soos wat ons nie nodig het om Jesus Christus fisies te sien om in Hom te glo en Hom lief te hê nie, net so hoef hierdie dag nie fisies op ‘n kalender te verskyn sodat ons dit sal bly onderhou en eer ter nagedagtenis aan ons Verlosser nie. Ons durf egter nie verskonings uitdink oor waarom ons nie hierdie uiters belangrike dag nie op ‘n eerbiedwaardige wyse kan deurbring nie.
WAAR IS JOU HART?
E. van Nantes
April 2015 sal sekerlik eerstens onthou word vir die xenofobiese aanvalle en tweedens vir die wye veroordeling daarvan.
Verskeie saamtrekke is in verskillende streke gereël ten einde die aandag op die onaanvaarbaarheid van xenofobiese gedrag te vestig. Die stemme van studente, gewone landsburgers, ministers, die leier van die regerende party en selfs die sekretaris –generaal van die VN, het in ontsteltenis gereageer oor die dood van “broers en susters” wat die huidige Suid-Afrikaanse politieke elite tydens die apartheidstryd in húl onderskeie lande gevoed en geklee het. Die land, of nee die wêreld , het gesteier onder die dood van sewe wettig-onwettige immigrante in Suid-Afrika, of so het die media dit probeer oordra. Amper die hele bevolking van Suid-Afrika het aan die wêreld, maar veral aan Afrika, probeer bewys dat die xenofobiese gesindheid beperk was tot ‘n klein persentasie van die reënboognasie.
GETROUE ARBEIDER?
Hannes Ollewagen
Matt. 20:1-15
“Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?” (:13).
Is ons as mense nie maar geneig om gedurig met God te stoei oor hoe onregverdig ons dan behandel word nie? In my eie oë is ek so regverdig en eerlik en hardwerkend en ek het dan soveel probleme en ergernis in my lewe teenoor die man wat ‘n losbanidige lewe sonder enige probleme leef. Dalk vergeet ons wat onsself ware gelowige in Christus Jesus noem dat ons ook eenmaal by ‘n keerpunt in ons lewens gekom het toeons voor Hom ‘n keuse gemaak en Hy met ons ‘n ooreenkoms aangegaan het. Daardie dag wat ek besluit het om Hom as my Verlosser en Saligmaker te aanvaar en die lewenspad agter Hom aan te stap – deur plate kosmosse, maar ook deur die paaie wat besaai is met dorings.
DIE POUS SE HELDER OOMBLIK
Dr JJ Snyman
Pous Francis, hoof van die Rooms-Katolieke kerk, het die afgelope week die verstommende uitlating teenoor Italiaanse skoolkinders gemaak dat "many powerful people don't want peace". Hy het verwys na die "industry of death" wat bestaan en dat mense in magsposisies "live off war".
Dit is verstommend omdat die pousdom daarvoor bekend is dat dit die Joodsbeheerde magte klakkeloos napraat en is uitlatings soos hierdie, wat die waarheid is, 'n rare verskynsel komende uit die Vatikaan.
Dit het egter nie daarby gebly nie. Hy het voortgegaan en gestel dat die wapen-industrie agter elke oorlog in die wêreld sit:
"This is serious. Some powerful people make their living with the production of arms and sell them to one country for them to use against another country”.
Hy het die wapen-industrie “the industry of death, the greed that harms us all, the desire to have more money" genoem en gestel dat die “economic system orbits around money and not men, women," 'n verbysterende uitlating voor 7000 skoolkinders.
HIER STAAN ONS!
Leiers en ons volk se selfrespek
Dr JJ Snyman
Mnr Jaap Marais het tydens sy leeftyd by herhaling klem daarop gelê dat die Afrikanervolk se selfrespek herstel moet word. En nie om dowe neute nie. Hy het presies geweet wat die gevolge sou wees van 'n volk wat in 'n skuldkompleks en 'n toestand van selfverwyt verkeer.
Reeds in Mei 1984 verklaar hy soos volg:
"'n Volk kan hom nie gedurig in die beskuldigdebank van die geskiedenis laat stel nie. As hy dit doen, kan hy nie reg wees nie. Sy lewe is gedoem tot selflikwidasie. En dit is wat hulle van ons wil hê: nie met wapengeweld nie, nie met konvensionele oorlog moet ons verower word nie, maar in 'n sielkundige proses waarin ons onsself sal likwideer in ons vertwyfeling aan onsself".
In Januarie 1996 stel hy:
"Solank Afrikaners ... hulle skaam vir (apartheid) ... sal hulle gebuk gaan onder 'n skuldbesef wat alle selfrespek en volkstrots sal onderdruk".
Kort voor sy dood in 2000 verklaar hy:
"Om Afrikaners se selfrespek te herstel, moet hulle tot die besef gebring word dat hulle nie hul vryheid weens slegtigheid verloor het nie, maar deur verraad".
KAN GELOWIGES VERVLOEK WORD?
Andrè van den Berg
Num.22:1-12
Al hoe meer gelowiges word deur dwaalleraars beïnvloed om hul huise van allerlei beelde en geestelik ondermynende voorwerpe te reinig sodat daar nie ʼn vloek op so ʼn huis kan rus nie. Indien dit nie gedoen word nie, sal sulke vloeke ʼn gesin in die ongeluk dompel.
Maar wat is ʼn vloek? ʼn Mens hoor van persone wat vir iemand baie kwaad word en dan van ʼn persoon met magiese krag gebruik maak om ʼn vloek oor daardie persoon uit te spreek. Swartes beskuldig dikwels mense van toordery as ʼn albino of kind met liggaamlike gebrek in ʼn gesin gebore word.
Is dit moontlik dat vloeke wat ander oor jou uitspreek die gewenste trefkrag kan hê? Volgens die Bybel is dit God, en nie die duiwel nie, wat mense vervloek: “Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?” (Num.23:8).
In die Gelykenis van die Talente sê Jesus: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.” (Matt.25:41). Omdat God almagtig is, kan geen booswig God se kinders deur afgodery, toordokters of enige ander okkultiese rituele vervloek en in die ongeluk dompel nie.
JY LEEF NET EEN KEER!
Ds Andrè van den Berg
“Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” - Spr.14:27 (1 Kon.3:3-15)
Koning Salomo was buitengewoon slim omdat hy sy wysheid direk van God ontvang het. Wysheid het nie net sy eie lewe vergemaklik nie, maar hom ook as koning gehelp om die lewe vir sy onderdane sinvoller te maak.
Uit Spreuke en Prediker wat uit Salomo se pen gevloei het, sien ons dat hy van een ding baie bewus was - dat die lewe ʼn baie kort reis was en derhalwe reg geleef moes word. Salomo het geleer dat die lewe nie ʼn probleem was wat opgelos moes word nie, maar eerder ʼn werklikheid wat beleef moes word. In hierdie proses het sy onderdane kennis geneem van sy vaste geloof in God. Sy geloof en sy lewe was een ding.
Die lewe is ʼn kosbare gawe uit God se hand. Ons gaan egter net eenmaal op die aarde lewe en nooit weer nie. Gevolglik is die lewe soos ʼn valskermsprong; ons moet dit die eerste keer regkry!
BID VIR HULLE...
...EN VIR ONS HELE LAND!
Dit word vinnig weer winter, en die van ons wat so bevoorreg is om 'n dak oor ons kop, 'n warm bed en heerlike kos te hê dink nie veel daaroor nie. Tot ons die haglike omstandighede van talle Blankes in letterlike plakkerskampe sien. Net rondom Pretoria alleen is daar 82 sulke terreine of nedersettings soos dit ook genoem word. Nie eers in die armste tyd in Suid-Afrika, selfs nie na die Tweede Vryheidsoorlog of tydens die depressiejare was daar soveel hawelose en verarmde Blankes nie. Wat die Engelse en die Tweede Wêreldoorlog nie kon regkry nie, het die Geldmag met sy Swart pionne nou hier vermag. Die vyand se ideaal om die Blanke aan die suidpunt van Afrika uit te wis, is sekerlik die naaste aan voltooi as wat dit ooit was. Dié wat nie na die buiteland gevlug het nie (daar is minder as twee miljoen Blankes in Suid-Afrika oor – dit is CIA-syfers) is verarm, verhonger en word daagliks uitgemoor onder 'n hatige Swart regime wat hulself verryk deur te steel en te lieg en die hele swart Afrika ons grense laat binnestroom het. Daarom is hier na raming minstens tagtig miljoen Swartes wat roof, moor en ons verswelg.
Lees die hartroerende briefie van 'n ma uit een van die kampe, en bid nie net vir diegene wat reeds daar is nie maar ook vir elke Blanke in hierdie land; en bid veral dat hulle die pad na Christus sal terugvind sodat Hy ons land weer sal genees voordat daar nie 'n enkele witmens of kind van die Here op hierdie stukkie vasteland oor is nie. Word wakker Suid-Afrika!:
SATANISME – 'N REALITEIT (7)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Satanisme word kortliks in die HAT verklarende woordeboek omskryf as "Aanbidding van Satan" – wat volgens my siening nie voldoende is nie. Daar kan ook nie in my navorsing 'n voldoende omskrywing vir satanisme gevind word nie. Selfs regslui is verdeeld met hulle siening oor hoe die aspek omskryf moet word. Ek sal satanisme omskryf as 'n 'n Georganiseerde teen-Bybelse, anti-Christelike kultus wat doelbewus gerig is op die persoon en wese van Satan en waaronder alle lede Satan aanbid en dien.
Satanisme het ook 'n bepaalde verband met die Christelike geloof en die Bybel. Satanisme is besonder goed as 'n kultus georganiseerd. Meestal is dit ook in 'n wolk van geheimhouding omsluit. Vir 'n buitestaander is dit byna 'n onmoontlikheid om by die 'selle' (covens) toegang te verkry. Om toeskouers by die feeste of vergaderings te wees kan slegs geskied op uitnodiging van 'n lid waar die sel van voorneme is om die toeskouer op 'n latere stadium in te lyf. Die selle se besluite oor wanneer, watter stadium en in hoe 'n mate 'n persoon se betrokkenheid moet geld, verskil dikwels.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Sy het so baie plooie, sy sit 'n boekmerk in om plek te hou wanneer sy haar valstande uithaal...
BRIEFIES VAN JACKIE
Lees by Briefies van Jackie
Vanaand lê ek in my bed en hoor hoe die kallers op die plaas wat gespeen is bulkroep na hulle ma's. En dit het my laat wonder en dink: roep ons nog so na ons God? Mis ons sy warmte en vertroeteling en liefde wat net 'n ouer kan gee? Of het ons as kinders van God waarlik vergeet hoe wonderlik Hy is? Dat Hy ons sal beskerm, voed teen sy bors van liefde en alles sal gee wat ons nodig het nog voordat ons vra? Of onthou ons nog dat geen jakkals of roofdier (ongelowiges) ons sal seermaak nie? Roep ons as volk genoeg uit na ons God? Hoekom is ons nie soos hierdie kalfies wat skreeu en deur die hele nag en dag roep, dat ons stemme hees raak nie? Hoekom skreeu ons dit nie uit nie? Hoekom het ons as volk net ophou roep en tou opgegee?
SATANISME – 'N REALITEIT (6)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
HEKSERY ONDER DIE SWART BEVOLKING
" Dit is die barbarisme waarmee Christene in Suid-Afrika te make het. Dit is bygelowe wat by hierdie swart nasies sal bly en as dit nie deur die krag van Jesus Christus in toom gehou word nie, is dit die lot wat vir elke Blanke in hierdie land wag."
In Suid-Afrika is etniese toordery onder die swart bevolking 'n bekende realiteit. In die swarte se tradisie word gebruik gemaak van verskillende bonatuurlike kragte wat volgens geloofsoortuiginge beheer word deur 'n kundige wat dit vir 'n spesifieke doel kan aanwend of kan afweer. Hierdie beheer word as toordery beskou. Dit kan op velerlei wyses beoefen en vir verskillende doeleindes aangewend word. Die toorkundige van sodanige stam of volk het 'n verskeidenheid benaminge wat van volk tot volk verskil. Hierdie toorkundige geniet besondere aansien van sy stam of volk. Daar is dus goedwillige en kwaadwillige toorkundiges.
Die goedwillige toorkundige word die toordokter of medisyneman genoem. Die kwaadwillige toordkundige word 'n towenaar of heks genoem. Voodoo speel ook 'n groot rol by laasgenoemde.
Wat behels die diense van die etniese toorkundige?
- Daar moet omgesien word na sy stam en gemeenskap se mediese welsyn en farmaseutiese behoeftes.
HOE HEERLIK IS U NAAM!
Hannes Ollewagen
Psalm 8
“...wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.” (:5&6)
Ons lees in hierdie gedeelte hoe die psalmdigter God se grootheid beskryf en in verwondering hieraan kom die nietigheid van die mens na vore. Dawid besef dat God wel die mens as die kroon van God se skepping gemaak het om oor die aarde te heers volgens God se opdrag, maar in vergelyking met die skeppingswerk van God is die mens maar net ‘n stofdeeltjie.
‘n Gedeelte soos hierdie waarin ons lees dat God die mens maar ‘n weinig minder gemaak het as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon het, is ‘n gedeelte wat ‘n mens laat goed voel oor die wese van die mens. Dit is egter gedeeltes soos hierdie wat maklik deur dwaalleraars uit verband geruk word om die mens te verhef as ‘n opperwese wat nie meer afhanklik van God is nie, maar soveel eer en heerlikheid ontvang het dat die mens die 'REG' gegee word om God voor te skryf. Die dwaling van humanisme veroorsaak soveel ellende omdat hierdie dwaling die mens verhef as ‘n wese wat gelyk is aan God. Daarom veroorsaak dit die waansinnige gedagte dat die mens God maar kan voorskryf in sy Raad.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
INTEGRITEIT BEGEER GEREGTIGHEID
Die 18de-eeuse Britse komponis Isaac Watts het die volgende verse oor die nastreef van geregtigheid en gehoorsaamheid aan God se woord geskryf:
Blest are the undefiled in heart,
Whose ways are right and clean,
Who never from the law depart,
But fly from ev'ry sin.
Blest are the men who keep Thy Word
And practice Thy commands;
With their whole heart they seek the Lord,
And serveThee with their hands.
Great is their peace who love Thy law;
How firm their souls abide!
Nor can a bold temptation draw
Their steady feet aside.
Then shall my heart have inward joy,
And keep my face from shame,
When all Thy statutes I obey,
And honor all Thy Name.
DIE AFRIKANERVROU VANDAG...
...STEEDS 'N STILLE KRAG?
Hannes Ollewagen
Kol. 3:8&9: "VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet julle vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.”
Ek twyfel of die Afrikanervolk in sy geskiedenis ‘n aanslag beleef het wat die huidige een oortref. Ons word fisies uitgemoor teen ‘n tempo wat die Tweede Vryheidsoorlog-sterftesyfers na speletjies laat lyk. Asof die fisiese aanslag nie genoeg is nie, word ons taal, kultuur, sedes, gesinswaardes en geloof in God Drie-enig aanhoudend gebombardeer. Die kinders word op skool gebreinspoel om die waardes en leringe van die ouerhuis te bevraagteken en selfs daarteen in opstand te kom. Die Afrikanerman word gedurig afgekraak en ondermyn om so die gesag as hoof van sy huis te probeer vernietig.
Die Afrikanervrou het telkens in die verlede haar deug bewys – daar was tye van groot beproewing en het sy daarvoor eer en respek ontvang. Hierdie vrouens was bv. bereid om gedurende die Groot Trek met baie min op stoflike gebied klaar te kom en het nie teruggedeins vir harde werk nie. Terwyl die manne op kommando was gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was dit die vrouens wat die hele opstal en boerdery aan die gang gehou het.
SATANISME – 'N REALITEIT (5)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Ons kyk in hierdie aflewering na heksery, 'n praktyk wat reg onder ons oë plaasvind maar nie deur die meeste onskuldige en gelowige persone raakgesien word nie. Heksery bly 'n verskynsel met 'n ryk geskiedenis vol misterie, bygelowigheid, misleiding en tragiek. 'n Wêreldbekende heks, Aleister Crowley, het daarin geslaag om heksery as 'n sosiaal aanvaarde praktyke laat herleef. Moderne hekse in die buiteland soos Sybil Leek, Alex Landers, Marian Unsworth, Louise Huebner, Monique Wilson en Raymond Buckland het ook wye sosiale erkenning geniet.
Algemene Gebruike van Hekse
1 Oorgedraagde kennis (van haar moeder of 'n ouer heks na haar as 'n ingewyde leerling).
2 Magiese sirkel (Bestaan uit binne en buite sirkel waarin towerwoorde en name van God ingeskryf word asook 'n vyfpuntige ster in die sirkel. Die vyfpunt ster verteenwoordig die hoofelemente water, lug, vuur, aarde en Akasha - die heksegees. Die sirkel bevat ook 'n ander teken, nl. die gelyksydige driehoek. Die Magiese sirkel word gebruik as beskerming teen en fokus- versamelpunt van magiese kragte.
3 Die Magiese mes / swaard. (Die Magiese sirkel word ook deur dit getrek - Hekse word aanbeveel om dit soveel as moontlik te gebruik tydens rituele - Hoe meer in gebruik hoe meer "Mana" of krag sal dit vereis.)