Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling. Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid. Mag my hart 'n ander hart aanraak en 'n afdruk van u liefde laat. En as iemand sou sê: "Jou aanraking het my vandag versterk" laat hulle agterbly met die wete dat dit u Liefde was wat hul in my ervaar het.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (4)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
LUIPERD GAAN JAG
Gedurende die daaropvolgende dae lê die luiperd in die grot, waar die kleintjies soos katjies speel, terwyl sy maat op die jag uitgaan, om later terug te keer met ’n tarentaal, ’n bokkie, of ’n bobbejaan. Die wond het maar stadig geheel.
In die begin het die luiperd geen poging gemaak om te roer nie, behalwe wanneer hy die poot lek, of rusteloos van die een sy op die ander rol, of sy ergernis uitgrom wanneer een van die kleintjies alte naby kom. Maar binne ’n week was hy weer op die been en staan hy daarbo op die kranse en afkyk, die oë gevestig op troppe antelope en gaselle; dat hy nog nie instaat is om hulle te gaan bekruip nie, weet hy egter goed genoeg.
’n Rukkie later volg die kleintjies, reeds mooi opgeskote al, hom en die wyfie tot op die rantjie van die krans en werp hulle eerste blik oor die wêreld daarbuite.
JY 'N SLAAF VAN MENSE?
DIE NIKOLAÏETE
Ds AE van den Berg
"Naas die sondeval (Gen.3) is die godsdienstige samesmelting van Rome en Babel die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het. Daaruit het die RK ontstaan. Die kerk is mislei om heidense gebruike te huisves en so gou ingebed geraak, dat mense die waarheid nie meer van leuens kon onderskei nie."
Mt.20:25-28; 23:1-12
In Openb.2:6 het Christus lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” en in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op dwaalleer in hulle midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat”. Dan waarsku Hy: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Nie die kerk as sodanig nie, maar die dwaling waarmee dit die kerk al eeue lank skaad. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom” vanwaar die Engelse woord laymen afgelei is. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom”.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (25)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
NOG VISOENE VAN SIENER REEDS IN VERVULLING
Die Depressiejare
Kort voor sy dood het die Siener 'n gesig gehad wat nogal sterk herinner aan die droom van die Farao van Egipte in verband met die sewe vet koeie en die sewe maer koeie:
Ek sien twee wit perde in die more in die vlei kom wei. Hul wei met hul koppe na mekaar toe, en in die middag draai hulle van mekaar weg. Hulle is maer en uitgeteer. Toe kom nog een by wat net soos die ander twee lyk en hulle was drie.
In Oktober 1929 stort die aandelemark van New York in duie. Bankrotskappe en selfmoorde het gevolg. Skielik was daar nie meer geld in om loop nie. Die Depressie het begin. En vir die daaropvolgende drie jaar beleef Suid-Afrika die kwaaiste droogte in sy geskiedenis.
Die Tweede WêreldoorlogKEUSE IS JOUNE
VERMANING TOT GEHOORSAAMHEID
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Deut 8:1 – 20
Vers 1: “Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die Here aan julle vaders met ‘n eed beloof het.”
ÁL die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle onderhou. (Verwysing na Die Tien Gebooie). Dit word beklemtoon dat ons ÁL die gebooie sorgvuldig moet onderhou. Ons moet dus weet dat ons nie sekere gebooie mag uitsonder of probeer aanpas om in te pas by die manier wat ons graag wil lewe nie. Indien jy die Wet probeer wysig om by jou besluite, keuses en lewenstyl in te pas, eerder as om die rigtingaanwyser daarvan te wees, dan het die Wet vir jou totaal en al nutteloos geword. Dit is soos om ‘n geneesheer te raadpleeg wanneer jy siek is, maar jou voorwaarde aan hom is dit hy nie vir jou slegte nuus met betrekking tot jou gesondheid mag gee nie, want jy sal nie daarvan hou nie. Indien jy dus aan een of ander ernstige kwaal ly, kan hy jou nie help nie, want hy mag jou nie te kenne gee wat fout met jou is nie.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (24)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Stakings
Ek (Anna) en Nieklas staan met dubbelloop haal geweers en mik op Johannesburg. (Die Boere berei hulle voor vir 'n oorlog). Toe kom banja mofskape af van Johannesburg ze kant. Toe staan aan die Weste kant 'n kliphuis en die voorste stuk ze zink is af en die deur is uit.
Hier het die Siener 'n baie duidelike gesig gehad van die mynstakings en opstande van 1922 in Johannesburg. Die verloopte Smutsregering het militêr ingegryp en altesaam 287 blanke stakers gewond en 140 doodgeskiet. Hierdie ongenaakbare optrede van Smuts het tot gevolg gehad dat hy alle steun onder die arbeiders verloor het, en toe hy skaars twee jaar later (op aanbeveling van Siener van Rensburg) 'n algemene verkiesing uitskryf, is hy teen alle verwagting in deur genl. Hertzog se Nasionale Party verslaan.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KOSTELIKE NUWE SUID-AFRIKA
Is dit nou nie pragtig nie? Die (Tshwane) Pretoria-munisipaliteit het die elektrisiteitstoevoer na sy eie Roodeplaat-gemeenskapsaal afgesny nadat hy nie sy eie agterstallige rekening van net meer as R16 000 betaal het nie. Amptenare in die gebou, noordoos van Pretoria, het onlangs kopgekrap toe 'n aanmaning van hul werkgewer om dié munisipale skuld te betaal daar aangekom het. Die gebou, waar inwoners onder meer hul rybewyse kan hernu, is 'Tshwane' se eiendom en word deur die munisipaliteit bestuur. Die munisipaliteit het die kragtoevoer verlede week afgesny toe die rekening nie vereffen is nie. Die enkele amptenare in die kantoor sit sedertdien in die donker.
VOED JUL KINDERS IN DIE HERE OP
'N HELE VERLORE GESLAG OMDAT ONS OPVOEDING VERSUIM
Ds AE van den Berg
“Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte” - Deut. 7:9 (6:4-7)
Die meeste van u het al ’n kettingbrief ontvang waarin enersyds geluk belowe, maar andersyds ook gedreig word dat die ketting nie gebreek mag word nie. Almal begin met ’n belofte en eindig met ’n bedreiging. Die tweede gebod begin met ’n bedreiging en eindig met ’n belofte. Die bedreiging is dat God geen afgode duld nie en oortreders tot in die vierde geslag straf. Hy beloof egter om aan diegene wat die gebooie hou, besondere guns te bewys.
Daar is niks wat met God se besondere guns vergelyk nie. Hy verleen dit graag aan ouers wat kinders opvoed.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (24)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Karel Landman-monument
Ligging: Op die plaas De Kol-rant langs 'n grondpad wat noordwaarts uitdraai uit die R72 tussen Alexandria en Port Elizabeth.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Die naaste geriewe is in dorpe/stede in die omgewing.
Argitek: Gerard Moerdyk.
Onthul: 1939, deur ds W.A. Landman, 'n seun van Alexandria en bloedverwant van Karel Landman.
Hierdie monument bring hulde aan Karel Pieter Landman, 'n Voortrekkerleier en Andries Pretorius se tweede-in-bevel tydens die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (23)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die Simboliese Ossewatrek
In 1920 het die Siener aan dr. Servaas Rossouw, 'n predikant van Senekal (vroeër van die Nuwe Kerk, Kaapstad en vader van oud-pres. P.W. Botha se eggenote, mev. Elize Botha) 'n breedvoerige en merkwaardige uitleg gegee van sy visioene van al die dinge wat nog in die komende dekades met die Boerevolk sou gebeur. Ek gaan hier slegs na een van daardie belangrike gebeurtenisse kyk omdat dit aansluit by wat oom Nieklas reeds aan mnr. Lategan en sy gesinslede vertel het.
Volgens dr. Rossouw het oom Nieklas gesê hy sien donkiewaens en ossewaens uit die suide optrek na die noorde.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (64)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 13
DIE OPVOLGERS VAN JEROBEAM II
II KON 15:8-26; 16; II KRON 28
1. Sagaria en Sallum konings oor Israel
Ná die dood van Jerobeam II het sy seun Sagaria koning van Israel geword. Hy was net so goddeloos soos sy vader. Die kalwerdiens was op daardie tydstip al so stewig in die Tienstammeryk gevestig, dat dit nie uitgeroei kon word nie. Sagaria het slegs ses maande regeer waarna hy deur Sallum vermoor is.
Hiermee het die koningshuis van Jehu tot ʼn einde gekom. Vyf konings het altesaam ʼn eeu lank op hierdie troon regeer. Daarmee het God sy belofte aan Jehu, dat sy seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sou wees, nagekom. Hulle was egter almal goddeloos sodat God se lankmoedigheid tot ʼn einde gekom het. Israel sou nog verder verval en uiteindelik in ballingskap gaan (Hos.8:4)
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (63)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 12
JEROBEAM II: KONING VAN ISRAEL
II KON 14, 15
1. Sy lewenshouding
Tydens die regerings van Amasia en Ussia in Juda, was Jerobeam II koning in Israel. Hy was die seun van Joas en het 41 jaar lank regeer. Hy was net so goddeloos soos sy naamgenoot, die seun van Nebat, wat ná Salomo se dood koning van Israel geword het. Laasgenoemde het die kalwerdiens in Bet-El en Dan ingestel. Jerobeam II het daaraan meegedoen. God het sy afkeur deur die profeet Amos bekend gemaak (Amos 3:13; 4:4; 5:5). Toe hy na Bet-el is om God se straf aan te kondig, het die priester van Bet-el hom weggejaag en die koning van sy optrede verwittig.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (62)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
USSIA EN JOTAM KONINGS VAN ISRAEL
II KON 14:23-15:7
1. Ussia
Ussia was soos sy vader ʼn goeie koning. Dis ook van Joas gesê. Tog word gesê dat hulle nie soos Dawid was nie. Al drie het ten spyt van ʼn regte lewenskoers ernstig gesondig. Joas het byvoorbeeld ʼn profeet doodgemaak, Amasia het die afgode vereer en Ussia het inbreuk op die regte van die priesters gemaak en nie die hoogtes afgeskaf nie. Ussia se voorspoed was aan die leiding van ʼn sekere Sagaria wat godsdiensonderrig gegee het te danke. Solank as wat hy na Sagaria geluister het, het God hom geseën. Toe Ussia hom verlaat, het dinge onmiddellik skeef begin loop.
BEDROG EN VERRAAD (2)
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL
Eschel Rhoodie
Lees reeks by Bedrog en verraad - Inligtingskandaal
In 'n poging om my agter tralies te sit en sodoende my mond te snoer het iemand selfs die verloop van regspleging in die hof probeer verydel. 'n Kriminele oortreding. Iemand in magsposisie was so desperaat om my vir 12 jaar in die tronk te sien dat belangrike dokumentêre getuienis in die lêers van die Erasmus-kommissie opsetlik van die Prokureur-generaal weerhou is.
In die Appelhof in Bloemfontein en in antwoord op 'n sleutelvraag van die voorsittende Regter, is die Prokureur-generaal, 'n eerbare man, onwetend gedwing om 'n blatante onwaarheid te vertel. Indien al die beskikbare dokumentêre getuienis aan die Prokureur-generaal gestuur was, sou daar miskien nooit 'n hofsaak teen my gewees het nie.
ONS VERLANG NA APARTHEID SE VOORSPOED!
DIE ONDERGANG ONDER ANC
Die sogenaamde swaarkrydae in die Apartheidsjare was 'n partytjie in vergelyking met wat in ons land gebeur het sedert 1994 toe die verraderlike De Klerk ons land vir sowat 45 miljoen sikkels silwer in sy sak aan die ANC gegee het. Kyk na hierdie grafieke, die eerste een wat die petrolprysstyging sedert 1994 aandui, en die tweede grafiek wat aandui hoeveel meer geld die Reserwe Bank sedert 1994 in omloop geplaas het - 'n bitter vals beeld van die ware toestand in Suid-Afrika.

Die Reserwe Bank het sedert 1994 die hoeveelheid geld in omloop met meer as 1 000% vermeerder. Dis amper 'n wonderwerk dat die pryse nie nog meer gestyg het nie maar sodra die buitelandse beleggers ophou om in Suid-Afrika te belê, iets wat besig is om te gebeur, sal die inflasiesyfer die hoogte inskiet en sal ons 'n prysontploffing op alle produkte sien wat die hare sal laat rys.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (22)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Toe kom my ou Bybel voor my ...
Ek gaan naar die Noorde en oor die pad is draad gespan en een vrou ze hand maak die draad los, en ek gaan verder.Toe staan die brand pragtig groen en mense hardloop om 'n kop. Toe kom my ou Bybel voor my in gezicht .
Nieklas van Rensburg het hierdie visioen in November 1920 gehad en by verskeie geleenthede teenoor sy kinders en vriende daarvan gepraat en gesê hy sien dit as die "geboorte en bevryding van ons volk (die draad word deur 'n vrou losgemaak en die brand staan pragtig groen). Maar dit sou eers intree nadat die volk in die 'noorde' by 'n koppie fees gevier het (Voortrekkermonument 1948:.... mense hardloop om 'n kop - 'n teken van vreugde), en hierdie fees sal 'n sterk godsdienstige strekking hê.
DIE JESUÏETE
Ds AE van den Berg
" God sê: “Bekeer julle van julle sonde”. Die RK sê: “Dis nie nodig nie. Die kerk sal jou sonde vergeef en jou die hemel indra”. Kan daar iets gevaarliker as dit wees? Rome het al miljoene siele mislei en in die verderf laat beland!"
Die Jesuïete Orde staan sentraal in die doolhof van bose Roomse organisasies wat daarop ingestel is om Protestantisme te vernietig. Die Roomse Kerk (RK) pak nie al haar eiers in een mandjie nie omdat sy weet dat die geldmag nie alleen genoeg is om wêreldheerskappy te verkry nie. Daarom maak sy van 'n magdom van sub-organisasies gebruik om haar bose doel te bereik; organisasies wat gereed staan om al die pous se opdragte tot op die letter uit te voer. Alles moet aan die RK onderwerp word; regerings, kerke, kultuurverenigings, organisasies, en alles moontlik.
Op 13 Maart 2013 het Jorge Mario Bergoglio die nuwe pous geword. Hierdie 76 jarige Argentyn van Italiaanse ouers is die eerste Jesuïet wat pous geword het, iets waaroor die Jesuïete in die wolke is. Na jare van knoeiery, sameswering en insypeling in elke kantoor van die Vatikaan, het hulle uiteindelik die pousdom verower. Omdat hulle nou die Vatikaan beheer, kan hul bose invloed nie meer gestuit word nie. Die stert swaai nou die hond!
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (21)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Jan Smuts: Die kleur van verraad
Vir 'n pot lensiesop
Reeds met Uniewording in 1910 het oom Nieklas 'gesien' dat Smuts en Botha die Afrikaner nog eendag vir 'n pot lensiesop in Brittanje sou verkoop. Sy kleindogter, mev. Ria James, beskryf die visioen wat haar oupa gehad het as volg: "Oupa het gesien hoe Louis Botha, Jan Smuts en genl. Hertzog in 1910 in bruin klere (kleur van die Afrikaner) na Engeland toe gaan. Maar toe hulle terugkom, was Botha en Smuts in Kakie (kleur van verraad) geklee; net genl. Hertzog het nog sy bruin pak aangehad ..."
Oom Nieklas was een van die weiniges wat destyds gewaarsku het dat die Unie nog eendag die handperd van die Britse Empire sou word, maar niemand wou dit glo nie.
Dit het eintlik alles begin toe Botha die Cullinan-diamant aan die Britse koningshuis geskenk het, daarna het hy in Londen sy Boere-uniform vir die kniebroek en sykouse verruil. lets wat Smuts lankal reeds gedoen het. Van toe af was hulle by die Afrikaner nie meer te vertrou nie.
REGUIT HOUE MET KROM STOKKE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"Die Boerevolk is in duisternis.Ja, daar is onweer in die lug. Doemprofete voorspel nare dinge vir ons toekoms. Ons is soos skape wat deur wrede wolwe op ‘n hoop gejaag is. Hulle bekke kwyl vir die groot slagting."
“En toe ook daardie hele geslag by hul vaders versamel is, staan daar ‘n ander geslag na hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat…Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” (Rigt.2:10, 11, 15, 16)
Die boek Rigters leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan. Onwaardige menselewens word kragtige instrumente in sy diens.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (61)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 10
AMASIA KONING VAN JUDA
II KON 14; II KRON 25
1. Sy lewenshouding
Amasia het aanvanklik gunstig van sy voorgangers verskil en gedoen wat reg was in die oë van God. Die res van sy lewe toon dat hy God nie met ʼn volkome hart gedien het nie. Hy het nie die hoogtes afgeskaf nie; nie dat dit hom as sulks anders sou gemaak het nie. Asa en Josafat wat wel soos Dawid gewandel het, het dit ook nie gedoen nie. Alhoewel die hoogtes in naam as ʼn diens aan God gehou is, was dit heidens van oorsprong. Dit was sinkretisties en ʼn vermenging met die Baälgodsdiens. Dat gelowiges dit geduld het, moet as ʼn gebrek aan Skrifinsig toegeskryf word. Hiskia was die eerste koning wat werklik daarmee weggedoen het.
BEDROG EN VERRAAD (1)
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL
Eschel Rhoodie
Lees reeks by Bedrog en verraad - Inligtingskandaal
"Rhoodie leef nie meer nie, en sy dood is 'n omstrede saak met verdagte omstandighede wat destyds vinnig onder die mat ingevee is - ná sy boek oor die Inligtingskandaal was sy lewe niks werd nie. Tydens die eerste poging om hierdie boek gedruk te kry, was werknemers by die drukkery besig om dit te proeflees toe Intelligensie-marionette ingestorm en die rekenaars en elke proefeksemplaar gekonfiskeer het – so bang was die NP-regering dat Rhoodie hierdie skandaal sou ontbloot. Soos in een van Murphy se wette gestel: 'As jy mense wil kwaad maak, lieg. As jy mense absoluut woedend wil maak, vertel die waarheid ' ".
Die Ware Inligtingskandaal gaan oor propaganda-oorlog, politieke bedrog, verraad, lafhartigheid, moed en liefde; oor onbedagte en kwaadwillige joernalistiek, die misbruik van regeringsmag en van administratiewe terrorisme. Dit is 'n storie van gewetenlose, selfsugtige individue, nie almal politici nie, van buitelandse beleidsrampe en van blinde vertroue en idealisme. Dit is ook 'n verhaal van politieke sluipmoorde en Suid-Afrika se eerste staatsgreep. Dit mag alles na fiksie klink, maar dit is nie so nie.