Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer. Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie. Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)
WAAK ÉN BID
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Matt. 26:36-46
Vers 37: “En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedèüs saam en begin bedroef en benoud word. “ Jesus sonder drie van sy “beste” dissipels van die ander om saam met Hom verder te gaan en te bid. Hy verduidelik aan hulle hoe bedroef en benoud Hy is en Hy vra hulle dan ook om saam met Hom te waak. Tydens Jesus se lewe op aarde, as ‘n mens, is hierdie een van die kere in die Woord dat dit onomwonde gestel word dat Hy in sy binneste pleit vir bystand en ondersteuning van sy dissipels – Hy was doodsbenoud.
Hy vra dan ook reguit hulle ondersteuning om saam met Hom te waak, net om terug te keer en hulle aan die slaap te vind – nie in staat om EEN uur saam met Hom te waak nie. . . Jesus kom in die gedaante van ‘n mens aarde toe, wy sy hele lewe aan sy volgelinge (dissipels) en dan is een uur se toewyding/ondersteuning van hul kant af te veel gevra.
LIEWE LULU...
- WAT WEET JY VAN CALVINISME?
Johannes de Koning
(Lees meer van hierdie skrywer by skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com
Dit lyk my as jy iemand wil slegsê en jy het nie feite nie, dan beskuldig jy hom van rassisme of Calvinisme. So het minister Lulu Xingwana*. van Suid-Afrika onlangs in ‘n onderhoud gesê: "Jong Afrikanermans word grootgemaak in die Calvinistiese geloof en glo hulle besit 'n vrou, hulle besit 'n kind, hulle besit alles, en daarom kan hulle daardie lewe neem, want hulle besit dit." ‘n Groter vertoon van sotlikheid en dwaasheid is moeilik denkbaar. Miskien moet mens Lulu tog nie te hard oordeel nie, want geestelike insig kan seker nie verwag word uit die geledere van die goddelose ANC met sy heidense sekulêre agenda nie.
VOLKSVERRAAD (36)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REAKSIES OP SUID-AFRIKA SE BELEID VAN TOTALE OORGAWE
Die sogenaamde Rooi Toespraak is deur die regse groepe met weersin ontvang. Die Konserwatiewe Party het byvoorbeeld hulle ongelukkigheid gedemonstreer deur uit die ParIement te stap. Pieter Groenewald het ook aan F.W. de Klerk by 'n geleentheid sewe munte oorhandig as 'n simbool van die uitverkoping van die Blankes in Suid-Afrika.
Die Britse ekonomiese navorsingseenheid, The Economist Intelligence Unit, het in Februarie 1990 die standpunt gehuldig dat ekonomiese sanksies weinige uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het. Daar word gewys dat dit slegs op 5 persent van alle uitvoerverdienste impak gehad het. Hulle was van mening dat ekonomiese sanksies 'n meer sielkundige uitwerking op die Suid-Afrikaanse beleidmakers gehad het.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (16)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Terug Transvaal toe
Boy Mussmann vertel verder:
Ons is weer terug op Jeruzalem. Oom Klasie het nog in Transvaal gesê: "Ons begin ons terugtog waar ek kaal staan."
Toe oom Klasie kaal in die badkamer staan, kom van die burgers en sê aan hom: "Generaal Kemp het gesê ons moet klaarmaak, ons moet terugtrek Transvaal toe."
Toe Manie Maritz hoor Kemp trek terug, toe gaan genl. Maritz na Kemp en vra: "Wat gaan aan?" Kemp sê: "Ek trek terug." Maritz sê: "Dit sal jou laaste trek wees." Kemp sê: "Siener het gesê my pad is oop." Maritz sê: "Jou pad is oop, maar ek sien dit nie."
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (48)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
ELIA EN ELISA
1 Kon 19
"God sou die lewe van die 7 000 wat die knie nie voor Baäl gebuig het nie spaar. Elia was dus nie al gelowige oor soos wat hy op ʼn stadium gedink het nie. Kragtens die wonder van die uitverkiesing bly daar altyd ʼn oorblyfsel oor waarmee God verder werk (Rom.11:5). Dis vandag nog waar!"
1. Elia by die berg Horeb
Nadat Agab tuisgekom en Isebel van die slagting van haar profete by die Kisonspruit verwittig het, was sy woedend. Alhoewel Agab dit self aanskou het, het hy nie ingegryp en die booswigte probeer red nie. Daarvoor was die volk net te oortuig van God se kragtige werking. ʼn Verkeerde opdrag kon ʼn hewige stryd in der midde ontketen het. Daarbenewens was Agab se hart nie werklik by afgodery nie. Hy het die heidene slegs ter wille van sy vrou geduld. Hy was uiteraard die een wat Elia se uitdaging aanvaar en die volk byeen laat kom het. Gevolglik het hy die uitslag aanvaar.
NOG 'N KLAG TEEN ANC SE LULU
HNP lê ’n klag van haatspraak teen ANC se minister
Die voorsitter van die HNP, mnr Peet Joubert, het vandag ’n klag van Crimen Injuria en haatspraak teen Lulu Xingwana, ANC-minister, gelê oor haar uitspraak dat jong Afrikaner-mans in die Calvinistiese geloof opgevoed is en daarom glo dat hulle vrouens en kinders besit en daarom hulle lewens kan neem omdat dit hulle besit is.
Die HNP het met afsku kennis geneem van dié uitlating van die ANC-minister. Hierdie is 'n direkte aanval op die lewensbeskouing en wese van die Afrikanervolk. Dit is bewys daarvan dat sy geen kennis of begrip van die Calvinisme as lewenswyse of van die Calvinistiese geloof het nie.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (15)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Boy Mussmann vertel verder:Ek vra toe: "Oom Klasie hoe lyk dit vorentoe?" Hy sê: "Môre is ons tussen die blouklippe. Maar wat ek nie verstaan nie, is dat ek sien hulle jaag so uitmekaar weg van ons en dan kom hulle terug met twee blou perde, twee bruin perde en een skimmelperd. Dan kom hulle tussen ons in."
Ons trek die nag van Rooidam weg. Die volgende more net toe die son uitkom, kom ons by 'n plaas (Geluk) aan. Ons sien daar 'n aantal perderuiters. Ons steek hul onder die koeëls want water en kos moet ons kry. Hulle het eers in die kraal skuiling gesoek. Toe hul sien ons kom nader en nader toe slaan hul op die vlug en jaag uitmekaar sodat ons nie altwee in een skoot kan raakskiet nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (17)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
CHRISTIAAN DE WET: RUITERBEELD, BLOEMFONTEIN
Ligging: In die noordwestelike hoek van die Vierde Raadsaal-terrein op die hoek van Pres. Brand- en Charlesstraat.
Toegang: Die standbeeld is nie omhein nie en permanent toe-ganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthulling: 1954 deur Izak de Wet, enigste oorlewende seun van Christiaan de Wet.
Christiaan de Wet was op sy dag een van die mees bekende en gerespekteerde lede van die Afrikanergemeenskap - 'n man wie se roem tot buite die Afrika-kontinent gestrek het.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (47)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
ELIA TREE TEEN DIE AFGODSDIENS OP
1 Kon 16:29-34; 17-18
1. Die regering van Agab
Israel se afgodery het gemaak dat Elia teen sy koning moes optree. Nadat Agab Isebel as vrou geneem het, het hy weer die Kanaänitiese kalwerdiens ingevoer. Sy was die dogter van Et-Bäal, die koning van Sidon, ʼn Fenisiese gebied. Et-Baäl het in Tirus gewoon nadat hy Hiram, ʼn bekende uit die dae van Dawid en Salomo, opgevolg het ( 1 Kon.5:1). Die Fenisiërs het die Baäls so vurig aanbid, dat Fenisië die land van die Baäls genoem is.
Agab se Fenisiese vrou het van meet af aan die septer in Israel geswaai. Sy het selfs ʼn Baältempel in Samaria laat bou en so God geterg.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (16)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Verkeersvloei van die lewe
Dit is vroegoggend. Duisende motoriste is op pad werk toe. Hier en daar sien jy die rustige soort wat vir genoeg tyd voorsiening gemaak het om rustig en versigtig te kan ry. Die meeste bestuurders sit egter met strak gesigte en soek na 'n opening in die linkerkantste of regterkantste baan, om moontlik tot by die volgende verkeerslig een motorlengte te wen. As daar net genoeg ruimte is om te waag, vlieg hy skielik uit en duik in daardie ruimtetjie in, al is dit teen die risiko van 'n botsing. Daaroor sal hy hom later bekommer.
HEILIGE HAAT
Ds AE van den Berg
Ps.139
"As jy sê dat jy God liefhet, durf jy nie sy vyande liefhê nie, want dan weerspreek jy jouself! ’n Lojale onderdaan sal nooit vriendelik met sy koning se vyand wees nie. Die koning sal dit as verraad beskou."
Leuens is nie noodwendig die grootste vyand van die waarheid nie. Mites rig soms groter skade aan, veral as dit in kerke aanvaar word. Een van die gewildste kerklike mites is die mite dat Christene verplig is om alle mense ongekwalifiseerd lief te hê. Dit staan nêrens in die Bybel nie! Hoor wat skryf Dawid, die man na God se hart: “HERE, sou ek nie dié haat wat vir U haat en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!” (Ps.139:21,22).
Heilige haat is so Skriftuurlik soos Jesus se opdrag om die Evangelie te verkondig. Nogtans swyg die meeste kerke hieroor omdat dit geen gewilde onderwerp is nie. Daarbenewens het die liberale teologie mense al so gebreinspoel om almal lief te hê, dat dit as Evangelie aanvaar word!
ONS TYD VAN SIEK LERINGE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie….en die oor sal afkeer van die waarheid….”- 2 Tim.4:3,4
Is godsdiens vir jou belangrik? Vir mense wat weet dat hulle eendag gaan sterf is godsdiens baie belangrik. Dis nie net een van ons diepste versugtinge nie, maar ook die steenwerk wat ’n gemeenskap aan mekaar hou. As die steenwerk van ’n gebou nie reg is nie, kan dit mense se dood veroorsaak. Ook godsdiens as dit nie reg (eg) is nie. ’n Siek godsdiens is skadelik.
In die tyd van Jeremia was Juda se godsdiens ook siek. Die priesters het koning Jerobeam gebuikspreek deur dit wat die koning behaag het te preek. Hulle het ’n nuwe soort godsdiens verkondig wat baie vreemd aan die oue was. Die gevolg was dat die waarheid gesneuwel en die godsdiens baie siek geword het. Geen godsdiens oorleef sonder die waarheid nie.
GIFTIGE 'ORGANIESE' KOSSE UIT SJINA
AKTUEEL: SJINA EN SY SOGENAAMDE ORGANIESE KOSSE
Kriewelkop
Sjina het die laaste jare ook Suid-Afrika se industrieë soos Siener voorspel het, soos 'n "geel
slang" ingesypel. Nie net besit die Sjinese reeds onrusbarende hoeveelhede nywerhede in ons land nie, maar word 'n groot verskeidenheid produkte vanaf Sjina ingevoer waaronder ook hulle sogenaamde organiese voedsel. Persone wat in alle erns verantwoordelikheid neem vir hulle gesondheid, konsentreer juis op die gebruik van organiese voedsel al is dit duurder, om sodoende spuit- en gifstowwe te vermy.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (16)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
NASIONALE VROUEMONUMENT - BLOEMFONTEIN
Ligging: Ingang uit Monumentstraat.
GPS-koördinate: S29°08.397, E26°12.569.
Toegang en geriewe: Daar is toegangsbeheer by die monument, maar dit is bedags oop. Geen toegangsfooi word gehef nie. Daar is geriewe soos toilette en 'n kafeteria.
Een van die mees ingrypende en terselfdertyd tragiese gebeure in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap was die dood van bykans 30 000 vroue en kinders tydens die Tweede Vryheidsoorlog, waarvan 90% in konsentrasiekampe gesterf net. Die Britse militêre owerhede het altesaam 50 sodanige kampe spesifiek vir blankes opgerig. Daar is by die meeste van hierdie kampe steeds begraafplase en/of gedenktekens.
Daarbenewens is daar in talle dorpe en stede in Suid-Afrika huldebetuigende strukture vir die slagoffers van die Britse konsentrasiekampstelsel opgerig. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is die grootste asook die bekendste van daardie strukture.
VOLKSVERRAAD (35)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
IN DIE BUITELAND PROMOVEER PIK BOTHA SE DEPARTEMENT DIE REGERING SE VERSKUILDE AGENDA OOR POLITIEKE VERANDERINGE
In Oktober 1989 het die Departement van Buitelandse Sake 'n regeringsbeleid begin verkondig wat die Regering se geheime agenda verteenwoordig. In dié verband het die Departement aan die internasionale media gemeld dat die regering noodwendig met die Demokratiese Party sal moet saamwerk sodat hulle 'n verenigde front teen die regses kan vorm. Voorts het die Departement aangedui dat F.W. de Klerk in die nabye toekoms die vereiste dat die ANC geweld moet afsweer, sal laat vaar en slegs sal eis dat die ANC 'ernstig en vredeliewend' moet onderhandel. Ons sal sien dat dit inderdaad op 2 Februarie in F.W. de Klerk se 'Rooitoespraak' sou reflekteer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (46)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
ASA EN SY TYDGENOTE
1 Kon 15:9-15;25-16:7; 2 Kron 14:9-15; 1 Kon 16:8-28;
2 Kron 16:12-14; 17:1; 18:1
1. Asa se hervorming
Abia het sy vader Rehabeam as koning in Juda opgevolg en deur God se mag ʼn groot oorwinning oor Jerobeam (Israel) behaal. Abia was egter nie ‘n gelowige nie. God het hom slegs ter wille van Dawid geseën. Jerobeam is twee jaar nadat Asa vir Abia as koning in Juda opgevolg het oorlede. Abia is egter jonk oorlede en deur sy jonger broer Asa opgevolg.
Asa was ‘n gelowige soos Dawid en gedoen wat reg was. Hy het vir 41 jaar regeer. Die eerste 10 jaar was rustig omdat Israel baie verswak was. In hierdie tyd het Asa hom met godsdienstige en militêre aangeleenthede besig gehou. Hy was ʼn hervormer en het al die vreemde altare en heidenhoogtes laat verwyder. Daarna het hy tempelprostitute belet en afgode vernietig.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (14)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die rooi kombers
Boy Mussmann vertel verder:
Voor sononder staak die regering hulle skietery. Ons word uit die kringetjie waar ons verdedig, geroep. (Ek het van Witsand se osse voor die motor gespan, want my broer, Piet Mussmann, lê van Kuruman af gewond in die motor). Ons kon 'n blaaskans kry. Genl. Kemp het rapporte uitgestuur dat die burgers by sy motor moes bymekaarkom.
Toe ek by die motor kom, sit Siener op die treeplank. Genl. Kemp kom gelyktydig ook daar aan.
Genl. Kemp vra aan Siener: "Toe, ou Nieklas, hoe lyk dit nou met jou?"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (45)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
VYANDSKAP TUSSEN ISRAEL EN JUDA
1 Kon 12:21-33; 13; 14:1-20
1. Rehabeam en Jerobeam versterk hul posisies
Israel en Juda het hul onderskeie ryke versterk en vestings gebou waarin voedsel- en wapenvoorrade geberg is. Die Leviete wat dwarsdeur die land stede en weivelde gehad het, het dit alles laat staan en na Juda getrek. Talle burgers van Israel wat in die ware godsdiens volhard het, het Israel verlaat en hulle in Jerusalem gaan vestig. Jerobeam het in Sigem gaan woon.
2 . Goue kalwers
Baie van Jerobeam se mense het na Jerusalem verhuis omdat die stad en die tempel hulle bekoor het. Jerobeam het nie daarvan gehou nie en ʼn plan gemaak om dit te probeer stop. Hulle moes nie langer vir godsdiensdoeleindes Jerusalem toe gaan nie. Daarom het hy vir hulle twee goue bulkalwers laat maak om te aanbid. Hy was nie verniet ʼn hele paar jaar in Egipte nie!
VOLKSVERRAAD (34)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TOTALE OORGAWE
"Ons sal hier sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne die Afrlkaner Broederbond daarop uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan."
Voordat ons die TOTALE OORGAWE deur FW de Klerk behandel, 'n kort terugblik op die era van PW Botha:
Die Illuminati het in die P.W. Botha-era daarin geslaag om met die stigting van die Southern African Development Coordination Conference 'n streeksliggaam daar te stel wat later kon lei tot 'n super ekonomiese regering vir die Suidelike halfrond van Afrika. Tog slaag die Illuminati daarin om ná 1980 die era van liberalisme vir Suid-Afrika in te lyf, wat geskoei was op radikale politieke veranderinge. Geheime gesprekke is met die ANC gevoer en die Suidwes- en Angolakwessies is in 'n grootmate besweer om die weg te baan vir politieke oorgawe aan 'n ANC Swart meerderheidsregering.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (15)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
SAREL CILLIERS GELOFTEMONUMENT: KROONSTAD
Ligging: Voor die Nederduits Gereformeerde Kerk, Crossstraat.
GPS-koordinate: S27°40.033, E2714.061.
Toegang: Hierdie terrein is omhein, maar die monument is goed sigbaar van buite indien die terrein gesluit is. Daar is voldoende parkering.
Geriewe: Geen op die terrein, maar voldoende in die nabye omgewing.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: 16 Desember 1950, deur die Minister van Finansies, N.C. Havenga.
Die aflegging van die Gelofte van Bloedrivier is een van die mees deurslaggewende gebeurtenisse in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap.