Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SO WERK DIT
'n Regering wat by Koos steel om dit aan Sipo te gee kan altyd op die steun van Sipo staat maak... - George Bernard Shaw
KORSIES VAN PASTEI
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (68)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
HARDE SEUN
Die tawwe Argentynse voorryman Federico Mendez was net 18 jaar oud toe hy sy eerste smakie van internasionale rugby gekry het, maar hy was nooit deur die groot oomblikke oorweldig nie.
In 'n toets teen Engeland in 1990 het hy geen respek vir ouer spelers getoon nie toe hy die 6 voet 6 lange slot Paul Ackford so uit soos 'n kers geslaan het. Mendez se beswaar was dat 'n Engelse speler hom eerste getrap het, maar dit was eintlik Geoff Probyn en nie Ackford nie.
Toe Ackford later deur die pers hieroor uitgevra is, het hy laat hoor: "I didn't see the punch until it was shown on TV!"
ALLE SLIM MENSE VERLANG NA APARTHEID
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Wie se skuld? Apartheid: Nee! ANC: Ja
Die ANC-staatshoof se soveelste aanval op apartheid is net nog ‘n sadistiese haat teen die Witman van Suid-Afrika.
Zuma se uitspraak dat apartheid steeds te blameer is vir wat nou in Suid-Afrika gebeur, is om van naar te word.
Eerstens moet duidelik gedefinieer word dat apartheid reeds na die moord op dr Verwoerd in 1966 stelselmatig deur die Nasionale Party van mnr John Vorster afgebreek is. Die era van apartheid was dus tydens die roemryke bewindsjare van wyle dr HF Verwoerd.
Dit was gekenmerk met uitermate groot sukses. Suid-Afrika was onder die top tien Westerse lande op ekonomiese gebied. Daar was wet en orde vir al Suid-Afrika se mense. Suid-Afrika het die sterkste weermag op die Afrika-kontinent gehad. Die land was onaantasbaar. Die Rand Daily Mail het geskryf: Verwoerd can snap his fingers at the United Nations.
Almal kon in vrede leef. Plaasmoorde het nie plaasgevind nie. Werkloosheid het nie bestaan nie en 74% van nuwe arbeid kon in die formele sektor geakkommodeer word. Die woord korrupsie was nie in regeringskringe geken nie.
DIE LOON VAN VERRAAD
VOLKSVERRAAD (44) SLOT)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad- die boek
"Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder 'n pennie skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sê hy daar gaan 'n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sê hy weer daar sal nie 'n druppel bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord: "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier... van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."
Op die pad van verraad, is die Afrikanervolk herhaaldelik en skandalig met valse beloftes deur F.W. de Klerk en die NP op dwaalweë gelei; en juis wanneer daar 'n verkiesing of referendum op hande was, het hulle die vals noot aangehef: stem NP, stem vir eie skole, eie woongebiede, eie kultuur, eie taal! Maar dan het geen haan ooit weer daarna gekraai nie! En verder swyg hulle soos die graf oor sake wat vir die Afrikaner nog van belang is, waarskynlik omdat hulle nou 'n reënboognasie het om na om te sien.
VOLKSVERRAAD (43)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
"Met die toetrede van F. W. de Klerk tot die politieke toneeI, is die pad finaal geopen vir die totale oorgawe van Suid-Afrika aan die barbaar en sy Kommunistiese broer. Die 94-verkiesing was nog skaars verby of die buitelandse pers het met groot fanfare aangekondig: 'Die Boerevolk is dood! Lank lewe Mandela se Democratic South Africa!' Dit was inderdaad vir hulle 'n dag om oor te juig, want meer as 'n honderd jaar lank het hulle tevergeefs kragte saamgespan om die Boerevolk uit te wis. En wie sou ooit kon raai dat Afrikanerleiers uiteindelik die knoop vir hulle sou deurhaak? "
DIE ONTBINDING VAN DIE AFRIKANER BROEDERBOND
Die Afrikaner Broederbond het hom in Maart 1991ten gunste van regstellende maatreëls, 'n handves van menseregte (in besonder die van die regstaat) en herverdeling van inkomste in die Nuwe Suid-Afrika uitgespreek. In Mei 1993 het die Broederbond tydens 'n vergadering in Oudtshoorn formeel besluit om die Broederbond in sy huidige vorm te ontbind.
OM DIE KRUIS OP TE NEEM
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Markus 8:34 – 38
Vers 34: “…Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
In hierdie gedeelte van vers 34 word daar vir ons 3 opdragte/voorwaardes gegee om Jesus te volg:
1. Jy moet jouself verloën
2. Jy moet jou kruis opneem
3. Jy moet Hom volg
1. Jouself verloën – dit beteken jy moet eers die eerste gebod in die Wet kan nakom, nl. om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand asook al jou krag. M.a.w. jy moet die Here jou God liewer hê as wat jy jouself het. Jy moet bereid wees om jou behoeftes en begeertes ondergeskik te stel aan sy Wil vir jou.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (2)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
DIE ONDERGRONDSE KERK - RUSLAND
Christene vergader in ’n woud. Die polisie omsingel hulle. Verskeie van hulle probeer vlug, maar hulle word deur honde gevang.
Baie kry kort gevangenisstrawwe: vyftien dae, maar hulle moet losies betaal in die gasvrye inrigtings waar hulle gevange gehou word, ’n swaar las vir ’n gesin van arm Sowjet-burgers.
’n Christendame veg met die polisie. Sy weier om van haar gesangboek afstand te doen. Sy het dit al vir veertig jaar en kan dit nie vervang nie. Sy bloei, want haar neusbeen is gebreek en sy het ook beserings aan haar arms. Stel hierdie toneel vir uself voor. Fisiese geweld word verduur om die besit van ’n boek met lofprysinge aan God, terwyl ons gesangboeke het en nooit sing nie, behalwe in die kerk (as ons wel gaan).
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (23)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Kaapstad: Bartolomeu Dias-standbeeld
Ligging: Op 'n verkeerseiland in die sirkel waar Adderley- en Coen Steytlerstraat kruis.
Toegang: Die standbeeld is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geriewe in die nabyheid.
Beeldhouer: Salvador Carvao de Silva Barata Feyo. Onthulling: Hierdie standbeefd is in 1960 deur die Portugese regering aan Suid-Afrika geskenk en in die Kompanjiestuin in Kaapstad opgerig. Dit is later na sy huidige staanplek verskuif.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (3)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
KRODODIL EN LUIPERD
Teen die rand van die eilandjie naby die bo-punt van die kuil, het die krokodil die nag deurgebring, kake en voorlyf gestut teen die hellende kant, terwyl die stert op die water dryf. Aan die oorkant van die eiland lê ’n gesin seekoeie —- pappa, mamma en kalfie; af en toe kruip ’n waterskilpad so sukkel-sukkel uit die water, steek die eilandjie oor en gly anderkant terug in die kuil in. Maar die krokodil steur hom aan niks; hy slaap.
Namate die duister dieper word, ontwaak die lewe en geluide van die nag. Uit die verte, waar die vlakte anderkant die bome geleidelik opskiet na die voet van die berge, kom nou en dan die kort, diep gegrom van ’n leeu wat sy prooi soek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (60)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
JOAHAS EN JOAS KONINGS VAN JUDA
LES 9
II KON 13-14:16
1. ʼn Goddelose lewenshouding
Terwyl Joas koning van Juda was, het Joahas sy vader Jehu as koning van Israel opgevolg. Hy was goddeloos en ʼn aanhanger van die kalwerdiens, die sonde van Jerobeam, Israel se eerste koning ná die skeuring van die ryk. Dit het tot sinkretisme gelei; die vermenging van meer as een godsdiens.
Dan was daar ook die heilige boomstamme, ʼn ander vorm van Baäldiens wat net so ʼn gruwel in die oë van God was. Desondanks al die gruwels het Joahas, toe God hom straf, om genade gesmeek en genade ontvang. Hy is die enigste koning van die tienstammeryk wat verhoring op sy gebede verkry het.
DAAR ÍS HULP VIR JOU!
Ds AE van den Berg
“My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het” - Ps.121:2
Ps.121 is ’n Bedevaartslied, ’n lied wat pelgrims op pad na die groot Joodse feeste in Jerusalem gesing het. Die Psalm vertel van die gevare op pad. Ja, daar was destyds ook rowers. Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel van ’n Jood wat na ’n rooftog vir dood agtergelaat is.
Vers 1 is nie ’n belydenis van geloof nie, maar eerder ’n uitroep van wanhoop; ’n man wat bang is om op pad te wees. Hy vertel van die gevaar wat in die heuwels skuil en rowers wat wag om moeë reisigers te beroof omdat die booswigte geweet het dat hulle geld by hulle gehad het. As so ’n reisiger aangeval is, waar sou hy hulp vandaan kry? Beroofde mense is dikwels aan hul eie lot oorgelaat.
VOLKSVERRAAD (42)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE AANLOOP TOT DIE STIGTING VAN DIE VRYHEIDSFRONT
Op 15 November 1993 het die lede van die AVU, FAK en akademici (waaronder Marinus Wiechers van Unisa en Lawrence Schlemmer van die RGN) in die Sinodale Sentrum in Pretoria ontmoet. Schlemmer het getoon hoe die NP tydens die onderhandelinge in duie gestort het, en hy en prof. Johan Heyns van die FAK het 'n nuwe politieke party om Afrikanerbelange te bevorder, aanbeveel. Heyns het hom sterk uitgespreek ten gunste van die beleid van die AVU en vermeld dat Mandela dieselfde sentiment deel. Daar is besluit dat Viljoen genader moes word word vir die skep van 'n slenterparty. Viljoen het op 16 November 1993 saam met Heyns, Attie van Niekerk en Gerdus Kruger by Kruger se huis bymekaar gekom. Daar is groot gewag gemaak van Heyns en Viljoen se gemeenskaplike bande met die NG kerk en hulle bande met die Broederbond. Toe Viljoen die noodsaak van 'n slenterparty opper, het Heyns en Kruger hom daarop gewys dat dit die rol is wat van hom verwag word.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (2)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
KROKODIL BLAAS DIE AFTOG
Die wild op die oewer en op die vlakte het ook gevind dat die kom van mense die bedreiginge van hulle bestaan vermeerder het. Die swart inboorlinge laat geen doodmaak-kans verbygaan nie. Dikwels, soos hulle voortstryk, gaan hulle staan wanneer hulle klein bokkies in die oog gekry het, sprei geruisloos in ’n diep halfsirkel uit, trek nader deur die gras, omsingel ’n afgekeerde bokkie en maak hom dood. Skaars ’n dag gaan verby sonder dat die gewig van lasdraers se bondels vermeerder word deur vleis vir die pot, buitgemaak deur die gewapende voorlopers.
Op ’n dag het ’n trop waterbokke, wat al verskeie van sy maats verloor het, getrek na ’n klompie bome, ’n halfmyl verderweg van die brug af.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (59)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
JOAS KONING VAN JUDA
2 Kon 11:4-21; 12 en 2 Kron 23-24
1. Joas word koning
Joas, ʼn seun van Ahasia, is vir ses jaar deur sy tante Joseba en haar man, die priester Jojadja, weggesteek. Daarna het Jojadja die kind na vore gebring om koning te word. Dit het moed gekos omdat Atalia nog regeer het en hewige teenstand van haar verwag moes word. Dit was ʼn geloofsdaad waarin hy die steun van die Leviete en die meeste van die familiehoofde in Juda gehad het. Die familiehoofde het hom gesteun omdat hulle die Dawidshuis in ere herstel wou hê. Die Leviete het hom weer ondersteun omdat hulle teen Atalia en haar Baälaanbidding gekant was.
Ter voorbereiding van die staatsgreep, het Jojadja offisiere van twee militêre groepe na hom laat kom - die Kariërs en die hardlopers. Eersgenoemdes was huursoldate wat in diens van Atalia was. Dawid het ook huursoldate gehad tewel die Kreti en die Pleti asook Gittiete (2 Sam.15:19). Die Kariërs het onder die offisiere van Juda gedien. Die hardlopers was lyfwagte (1 Kon.14:27). Toe die twee groepe by Jojadja kom en hy die seun aan hulle wys, het hulle besluit om vir hom te veg.
Die staatsgreep is vir ʼn feesgeleentheid beplan waartydens al die familiehoofde en Leviete in Jerusalem byeen was.
MANDELA SE SIEKTE
Daar is genoeg kere die afgelope jare wolf-wolf geskreeu waarop die blanke in hierdie land telkens in 'n staat van angs verkeer het. Dit is juis nie die doel met die aanhaal van hierdie skrywe van Vaandel Uitgewers nie. Dit is egter nodig om deurlopend ingelig en op alle gebiede paraat te wees. Jesus self het ons in Mattheus 24 geleer dat ons bedag moet wees op die tekens van die tye; dat daar tans duidelike tekens is van 'n gewelddadige tyd wat vir ons wag, is nie te betwis nie - sorg dat u te alle tye veilig, versorg en paraat is.
VN berei moontlik voor vir Mandela se begrafnis
Sedert die plasing van die blog-artikel, VN magte reeds in SA (12/7/2012), het ons talle versoeke ontvang vir opvolginligting met meer resente gegewens.
Ons het sedertdien verskeie berigte ontvang dat daar in Kimberley-omgewing ‘n Fema-konsentrasiekamp bestaan, maar kon dit tot dusver nog nie bevestig nie. Indien van ons lesers dalk oor meer inligting (of selfs foto’s) beskik, ontvang ons dit graag vir plasing op die blog.
Dat daar egter geheime Amerikaanse, Britse en selfs VN bedrywighede in Suid-Afrika aan die gang is, is lankal nie meer te betwyfel nie. Ons kry kort-kort berigte van betroubare bronne wat dit bevestig. Amerikaanse en Britse soldate in uniform is die afgelope tyd veral in Natal opgemerk, terwyl die VN op sy beurt by militêre operasies betrokke is.
Ook die Chinese het hulle reeds hier ingegrawe en soldate (mans sowel as vroue) ontvang militêre opleiding in en om Johannesburg, Bloemfontein, Durban, naby Sasolburg, en selfs in die Langkloof naby Mosselbaai.
Suid van Sasolburg is daar al sedert 2008 ’n Chinese vesting by ’n ou uitgewerkte myn. Die Chinese het ’n permit van die ANC regime bekom om 35 000 van hul landgenote daar te vestig. Groot hoeveelhede wapens word in reuse vraghouers op ’n Chinese plaas daar afgelewer.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
DAL, RIVIER EN KROKODIL
Die mens, wat die woeste streke van die aarde een na die ander in besit neem en die wildernis laat plek inruim vir weiland, die oerwoud vir huise en strate, het op daardie dal nog nie sy stempel afgedruk nie; geen paaie of brue of huise was te sien ergens tussen die gebroke reeks rante wat dit na die suide begrens, en die berge aan die noordekant nie. Drie myl na die weste, op die oop vlaktes anderkant die laaste rant, was ’n inboorlingdorpie geleë; nog een het teen die voetheuwels van die berge gelê. Maar altwee het kos en water byderhand gehad, en hoewel daar af en toe ’n klompie inboorlinge mag afgekom het na die rivier wat die middel van die dal afstreep, het die golwende hange aan elke kant van die water die ongestoorde gebied van wilde diere gebly.
JESUS KOM WEER!!
Ds AE van den Berg
"Geen deel van die Christelike leer word so aangeval soos Jesus se opstanding nie. Waarom gebeur dit? Omdat die opstanding die pen is wat ons geloof vashou. As daardie pen uitgetrek word, stort die hele Christelike leer soos ’n kaartehuis in duie! Waar staan jy in hierdie teologies waansinnige wêreld met sy geleerdes wat die opstanding van Jesus as simbolies en ’n storie afmaak?"
“En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê….” Joh.20:5
Ek het onlangs in ’n dokumentêre film gesien hoe die lyk van ’n gebalsemde man na 20 jaar opgegrawe is. Die liggaam het merkwaardig goed bewaar gebly; selfs die klere waarmee hy begrawe is. Toe dink ek aan ’n ander graf wat nie deur mensehande oopgemaak is nie, maar deur God self. ’n Graf met geen liggaam in nie, slegs grafklere; die graf en klere van ons Here Jesus wat uit die dood opgestaan en by sy graf uitgeloop het. Al wat in die graf oorgebly het, ja, die enigste getuienis dat Hy wel in die graf was, was die grafdoeke.
LEUENS
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
Die Boerevolk het voor ‘n groot keuse te staan gekom - om òf volgens die Woord van God òf dié van heidene te leef.
"Sonde is om nie vir God te kies nie"
"Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verander in dié wat teen die natuur is; net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand; manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hul dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid om te doen wat nie betaam nie” (Rom.1:26-28).
Ons leef in ‘n wêreld van leuens, ook van sagte leuens – leuens wat goed op die oor val.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (1)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
EPISODES UIT DIE GESKIEDENIS VAN DIE ONDERGRONDSE KERK
Hierdie is een episode uit die geskiedenis van die Ondergrondse Kerk. Dit het in 1969 gebeur.
In Noord-Korea het min werkers ’n vry dag. Hulle werk van die le Januarie tot die 31e Desember. Die rewolusionêre feeste word deur verhoogde produksie gevier. Jy kan alleenlik tuis bly as jy siek is.
In ’n groot steenkool-mynkamp met sowat 40 000 werkers, het dit opgeval dat 1 200 op Sondae altyd as siek aangemeld word. Dit het die owerhede se agterdog gewek en hulle vind toe uit dat die afwesiges om die beurt in private huise of, gedurende die gunstige jaargety, in die woude vergader het. Hulle pastoor sou ’n gesang opgee maar omdat die gevaar om gehoor te word, te groot was, het niemand gesing nie. Hulle sou slegs almal terselfdertyd in stilte die onderskeie liedere uit handgeskrewe gesangboeke lees. Dan sou hulle bid, ook in doodse stilte. Die pastoor sou ’n paar Bybelverse lees en ’n baie kort boodskap bring wat dan deur die hele gemeente in stilte oordink word. Daarna sou hulle in klein groepies uitmekaar gaan, terwyl hulle rondkyk om seker te maak dat niemand hulle sien nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (58)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
DIE KONINGSKAP EN EINDE VAN JEHU
1 Kon 10-11:1-3
1. Samaria gee oor
Ten tye van Jehu se sameswering het Agab 70 volwasse seuns in Samaria gehad. Jehu het briewe aan verskeie owerhede in Samaria geskryf en voorgestel dat hulle een van hierdie seuns as koning moes kies omdat hulle in ʼn vesting met wapens, strydwaens en perde was. Hy het slegs ʼn handjievol manskappe by hom gehad. Alhoewel dit baie ridderlik geklink het, was dit eintlik ʼn uitdaging. Twee konings kon nie eens teen Jehu standhou nie! Gevolglik het die owerhede in Samaria eerder aan Jehu trou gesweer en hom ʼn vrye hand gegee om na goeddunke te handel. Daarna het Jehu ʼn brief aan hulle geskryf waarin hy hulle versoek het om as blyke van gehoorsaamheid die hoofde van die familie (Agab se seuns) die volgende oggend na hom in Jisreël te stuur.
Wat het hy met hoofde bedoel? Was dit die aanvoerders van die koninklike familie of die koppe van die 70 seuns?