Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer God na die mensdom kyk, sien Hy sy Christelike Kerk – anders as ons wat ons blind staar teen tydelike lewensbande van families, volke en state.
OUERS VANDAG PLEEG KONTRAKBREUK
Ds AE van den Berg
“En kyk, Ek is met jou en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het” Gen.28:15 .
Die verhaal in Genesis 28 is ’n vreemde verhaal. Dat God met iemand soos Jakob bemoeienis maak, maak nie so mooi sin nie. Hy is die laaste persoon met wie ons reken God iets mee sou kon uitrig. Jakob was alles behalwe ’n goeie mens. Van sy geboorte af het dinge verkeerd geloop. Daarbenewens beteken sy naam in Hebreeus bedrieër - presies wat hy was!
Jakob het op slinkse wyses God se beloftes bekom om homself te bevoordeel en te verryk. Hy het nie eens sy bejaarde vader ontsien nie en openlik bedrieg om sy broer se seën te steel. Jakob was selfgesentreerd, egoïsties, impulsief en eiegeregtig. As ’n sielkundige verslag oor Jakob se persoonlikheid opgestel kon word, sou daarop gestaan het - psigopaat!
Eiegeregtige mense buig nie voor God nie. Jakob kon vir die saak van God afskryf word.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(6)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"NI het sy geheime agente in die African National Congress (verwysende na Tambo Mbeki en Jacob Zuma) vir hierdie gesprekke beskikbaar gestel. Ons kan amper sê dat binne hierdie intelligensieraamwerk van NI, kollegas [spioene en agente van NI] met mekaar gesels en meegewerk het, om beslag te gee aan die NP se post-Apartheid politieke oorgawe."
WAAROM IS VOLKSVERRAAD GESKRYF?
Alles het begin by die Nasionale Intelligensiediens (NI) se koverte; betrokkenheid by die oorgaweproses en FW de Klerk se politieke oorgawe. NI het die koverte magstryd met Militêre Inligting (en meer bepaald Direktoraat Koverte Inligting) gewen toe FW de Klerk in Augustus 1989 sy staatsgreep op die PW Botha-bewind uitgevoer het. Toe MI tydens die PW Botha-bewind (1978-1989) die leidende rol in die Veiligheidsgemeenskap gehad het, is veiligheidsmaglede met ’n konserwatiewe agtergrond gewerf, soos ek byvoorbeeld. Ons is gewerf om die ANC, die SAKP, die PAC en die vreemde intelligensiedienste as vyande of opposisie van die staat te beveg. Met die oorgaweproses het die regering ons as Veiligheidsmaglede nie meer nodig gehad nie, omdat ons toe te 'konserwatief' was om in te pas in hulle profiele vir lede van die veiligheidsmagte.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (7)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Die Tronkbewind
Ons sou die bewind in Sowjet-tronke uit berigte wat deur die Ondergrondse Kerk uitgesmokkel word, kon beskrywe, maar dit mag as bevooroordeeld beskou word. Daarom verkies ek om ’n Kommunis toe te laat om die storie te vertel.
Onder die bewind van Dubcek was daar ’n kort verandering in Tseggo-Slowakye. Jy kon ’n bietjie van die waarheid vertel. ’n Sekere Loebl, ’n eertydse Kommunis, ’n hooggeplaaste amptenaar van die Departement van Buitelandse Handel, het toe die verhaal vertel hoe hy deur sy eie kamerade onder Novotny gemartel is in ’n tyd toe die Tseggiese Geheime Polisie deur Russiese spesialiste gelei is. Loebl se verhaal, wat deur ander Kommuniste, wat dieselfde beproewing deurgemaak het, bevestig is (sien The Confession van Arthur London en mev. Slanski se boek oor haar man wat deur sy eie kamerade gehang is), sal ons ’n prentjie gee van wat ons broeders in die Sowjet- tronke moet deurmaak en ons die geleentheid gee om die gebod: "Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is” (Hebr. 13:3), na te kom.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (77)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
ESTER RED HAAR VOLK
ESTER 4-8; 9:1-5, 10:1-3
1. Ester moet praat
Die Jode was hewig ontsteld en het rouklede (saq) aangetrek. Daarna het hulle in sak en as gaan sit. Saq was ʼn growwe materiaal waarvan rouklede gemaak is. Mordegai het ook een aangehad en het met as op sy kop deur die stad geloop en hardop geweeklaag. Toe hy by die haremhuis kom, het hy boodskappers na Ester laat stuur om vir haar volk by die koning in te tree.
Ester was aanvanklik onwillig omdat sy 30 dae laas ʼn bed met die koning gedeel het. Sy het dit as ʼn baie ongunstige teken beskou. Indien sy hom ongevraagd sou nader, kon dit haar dood beteken mits hy sy septer na haar uitsteek. Toe het Mordegai weer ʼn boodskap na Ester gestuur en haar laat weet dat sy dit buitendien nie sou oorleef nie. Al was sy koningin was sy Joods. Al uitweg was om met Ahasveros te praat!
SONDER JOU IN HEILIGHEID AF
VERMANING OM HEILIG TE LEWE
Lees reeks by Hannes Ollewagen
2 Kor. 6:11-18
In hierdie gedeelte vermaan Paulus ons met erns om afgesonderd en heilig vir God te probeer lewe. Die eerste reaksie van mense is mos natuurlik dat dit nou weer ‘n stel van “moets” en “moenies” is wat tog so kenmerkend van die konserwatiewe Christelike geloof is. Dit is egter nie die geval nie.
Inteendeel. Wanneer VERMAAN ‘n mens iemand? Vermaan jy elke tweede persoon met wie jy in gesprek tree? Glad nie! Ek vermaan net diegene vir wie ek lief is en vir wie ek omgee, omdat ek nie wil hê hulle moet seerkry of skade ly nie. Dit is presies net so wanneer God ons vermaan om weg te bly van die sonde - Hy weet watter verpletterende gevolge die sonde het. Hy moes immers die volle prys vir sonde betaal en daar is dus niemand met ‘n meer grondige kennis van sonde (en die leed wat daarmee gepaard kan gaan) as Hy nie.
SOORT SAL ALTYD SOORT SOEK!
Mediaverklaring
Boere-Afrikaners in Kleinfontein
Herstigte Nasionale Party
Mens staan eenvoudig verstom oor die naakte rassehaat wat straal uit die kommentaar van die Regering se Kommunikasie en Informasiestelsel se Hoof Uitvoerende Beampte, Phumla Williams, oor Kleinfontein.
Terwyl die ANC se Grondwet waarop sy haar beroep,
- elkeen se "reg op vryheid van assosiasie" erken (art 18);
- uitdruklik bepaal dat "Persone wat aan ’n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, nie die reg ontsê mag word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap, hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie" (art. 31); en
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (76)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
DIE BOEK ESTER
LES 1
ESTER
ESTER 1-3
1. Die begin van Ahasveros
Nadat Darius deur sy seun Ahasveros (Xerxes) opgevolg is, het dié ʼn veldtog na Egipte onderneem en deur Palestina getrek. Daar het die teenstanders van die Jode na hom gekom en teen die opbou van Jerusalem beswaar gemaak. Hy het na hulle geluister en beveel om alle werk aan die stad onmiddellik te staak. Ahasveros was bang dat ʼn sterk Jerusalem haar by Egipte kon skaar. Gevolglik was die Jode se eerste ervaring met hom glad nie goed nie.
2. Ahasveros se fees
In die derde jaar van sy regering het Ahasveros ʼn groot ete vir sy dienaars in die vesting Susan laat voorberei. Sy magsgebied het op daardie stadium tot in Afrika gestrek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (75)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DIE TEMPEL WORD VOLTOOI
ESRA 4-6
1. Die tempelbou word vertraag
Met die bou van die tempel het daar by Serubbabel mense aangekom wat die wenkbroue laat lig het. Hulle was afstammelinge van die mense wat ná die wegvoering van Israel in ballingskap deur die koning van Assirië in Samaria gevestig is en afgode gedien het (2 Kon.17). Gevolglik was dit vreemd dat hulle met die tempel wou help. Hulle het egter aangevoer dat hulle God gedien het. Dit kan in ʼn sinkretistiese sin waar wees – Hy was net nog ʼn god by hulle versameling!
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (74)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boek esra
DIE TERUGKEER UIT BALLINGSKAP
LES 1
Kores
ESRA 1, 2:68-3:13
1. Die edik van Kores
Esra begin waar Kronieke eindig en melding maak van die edik van Kores wat die Jode in Babilon en Assirië toegelaat het om na hul land terug te keer. Die 70 jaar wat God die Babiloniese ryk toegelaat het om wêreldheerser te wees, was verby en die Perse baie anders as die vorige twee wêreldheersers.
God het aan Kores groot oorwinnings gegee om die stigter van die Persiese ryk te word. Dit was alles ter wille van Israel (Jes.45:1-8). Kores het dan ook erken dat God al die koninkryke van die aarde aan hom gegee het en die opdrag om vir Hom ʼn huis in Jerusalem te bou. Ná die wrede regering van die vorige twee wêreldryke het God van Kores ʼn vredevors en herder gemaak (Jes.44:28). Dit sê egter nie dat hy ʼn gelowige was nie. Wat hy vir die Jode gedoen het, het hy ook vir Babel gedoen deur hul afgodsdiens te herstel. Sy seun het weer die Egiptiese godsdiens en ʼn tempel herstel. Kores wou seker maak dat die gode van die onderskeie lande hom goedgesind was.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (6)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Alle kerkgenootskappe word vervolg
Die sluiting van kerke, die gevangeneming van Christene, die wegneem van kinders - dit alles blyk ontoereikend te wees vir die Kommuniste. ’n Ondergrondse dokument deel ons mee hoe die bejaarde Ortodokse nonne, Morozova, Cherasimbhuk en Korolenko, verkrag is by die klooster van Pochaev. Tomakova is verkrag en om die lewe gebring. Die skrywer, Galanski, wat hierdie nuus in sy geheime tydskrif, Phoenix (’n mitologiese voël wat weer opstaan uit sy as, wat as simbool van die Saligmaker in die katakombes gebruik is), geplaas het, het hiervoor tronk toe gegaan.
Die Moskouse Uitgewersmaatskappy het ’n boek, Psigo- sd en Godsdiens, uitgegee. Hulle sê dat alle pogings om Christene met argumente te oortuig, misluk het. Christene moet as geestelik siek beskou word en in sielsieke inrigtings opgeneem word.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (5)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
DIE ROOIBOKKIE
Namate die dag ouer word, soek troppe antelope en gasèlle stadigaan hulle pad na die skaduwee van die bome toe. Wei-wei kom ’n trop van veertig sebras oor die vlaktetjie, en ’n twaalftal rooibokke met ’n bejaarde ram vooraan, volg dig opmekaar kort agter hulle. Met die neus na die grond gerig, stap die sebras ongeërg aan, met die uitsondering van twee wat op ’n klein afstand tred hou met die tropwagte, altyd op die uitkyk na gevaar. Maar die rooibokke neem self geen voorsorgmaatreëls nie; hulle maak staat op die groter trop om hulle te waarsku. En hoewel hulle ywerig wei, is hulle opgeruimd en vrolik, speel onder mekaar en kom spring- spring, vooruit en agteruit, aan.
Die jongste lid van die trop is nog maar ’n paar weke oud en sy is uitermate sierlik, met haar slank bene en nekkie, ligte kleur, dun, breë ore en fyngespitste koppie. So jonk is sy nog dat sy maar gister vir die eerste maal met gevaar kennis gemaak het toe sy, saam met ander van haar trop, op die sandbank vertoef het om water te drink en, skielik haar kop opgelig en oor die kuil gekyk het. Uit die water was ’n vreemde dier aan die opstyg. Dit het meedoënloos nader gekom met klein, glurende ogies wat boosaardig en afskuwelik gelyk het. Benoud van angs, het sy weggespring, die ander rooibokke kort op haar hakke.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (27)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Gideon Scheepers-monument: naby Arnot-kragstasie
Ligging: Hierdie gedenknaald staan in die familiekerkhof op die plaas Roodepoort. Dit is moeilik om te bereik.
Aanwysings: Draai noordwaarts uit die N4 by afrit nommer 153 na die Arnot-spoorwegstasie se kant toe. Draai regs na Wonderfontein by die T-aansluiting. Ry verby die Mafube myn. Draai links op 'n grondpad by die Arnot-stasie/Uitkyk afrit. Draai links by 'n watertenk wat met Ndebelekuns versier is, duskant die spoorlyn en ry weswaarts al langs die treinspoor af. Gaan oor die spoor en ry steeds langs die spoorlyn, maar nou in 'n ooswaartse rigting verby die stasie. Volg die grondpad tot by 'n grondpad (die D1048) wat regs afdraai. Dit is 6,2 kilometer van waar mens die spoorlyn kruis tot hier. Die bordjie lees Wapadrand. Draai regs (ooswaarts) en volg die pad vir 1,4 kilometer. Draai dan regs in (suidwaarts) op 'n plaaspad waar die naambordjie lees Oosthuizen (BNB1). Ry vir 900 meter aan op hierdie plaaspad verby die opstalle en die voerkrale. Die begraafplaas is aan die linkerkant langs die voerkrale. Daar is 'n muur random die begraafplaas gebou maar die gedenknaald steek bo dit uit. Sophie en Geelbooi Sindane versorg die begraafplaas van die Scheeperse en sal moontlik opdaag en 'n fooitjie vra.
GPS-koordinate: S25"44.390, E28°48.669.
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (5)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Wat Diana nooit voor haar dood geweet het nie, was dat twee mans met oorfone in die kelderverdieping van die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) se kantoor in Washington gesit en na elke woord van haar geluister het. Hulle het ook elke ander oproep van haar afgeluister."
SKAKELING TUSSEN GEHEIME DIENSTE EN DIE INTERNASIONALE VEILIGHEIDSGEMEENSKAP
Intelligensiedienste maak periodiek met mekaar kontak om bepaalde inligting uit te ruil en kruisbeïnvloeding vind plaas rakende hulle onderskeie verwysingsraamwerke rakende die veiligheidstand van wêreldstreke en die Nuwe Wêreldorde. Die RSA het in 1993/94 die leiding geneem om ’n streeksveiligheidsgemeenskap totstand te bring (Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe). Dit vorm deel van pogings van die Suid-Afrikaanse burokrasie om ’n Suidelike Afrika Veiligheidsgemeenskap daar te stel.
TOPPUNT VAN OPTIMISME...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Wat is 'n agtergeblewene?
Iemand wat tevergeefs by die bushalte staan en wag vir die bus wat hy gister aan die brand gesteek het...
DIE WONDERBOME IN ONS LEWE
DANKBAARHEID VIR GOD SE GOEDHEID
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Jona 4:1 – 11
Vers 2: “Toe bid hy tot die Here en sê: Ag, Here, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.”
Jona wil in hierdie gedeelte vir God daarop wys dat die rede vir sy ongehoorsaamheid (deur na Tarsis te vlug nadat God hom na Ninevè gestuur het), is dat hy geweet het God ‘n barmhartige God is en uiteindelik nie die stad sal verwoes nie. Hy kan egter nie verstaan waarom God hom dan nou sou stuur om te gaan voorspel en hulle te waarsku dat Hy die stad gaan verwoes as Hy dit dan nie gaan deurvoer nie (en sodoende Jona se kosbare tyd mors?) Met ander woorde, Jona probeer hier vir God voorskryf hoe Hy moet optree – ek was mos nou gehoorsaam om na Ninevè te gaan, nou móét U die stad verwoes soos U gewaarsku het. Die wonderbare feit dat ‘n hele stad met ongeveer 120 000 siele hulle tot God bekeer en hul ongeregtighede bely het, gaan ongesiens by Jona verby.
NIKS ONTBREEK NIE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“Die Here is my Herder, niks al my ontbreek nie” (Ps.23:1)
In die Louvre kunsmuseum in Parys was daar tot onlangs toe ‘n skildery getiteld Skaakmat. Dit het Satan uitgebeeld wat selfvoldaan bo sy opponent uittroon omdat hy sy siel met ‘n skaakspel gewen het. Laasgenoemde is as ‘n jongman, uitgebeeld met ‘n kop wat hang; verneder en verslae. Satan, daarenteen, het smalend gelag. Alhoewel daar nog paar skaakstukke op skaakbord oor was, was die spel verby. Die jongman kon nie verder beweeg nie. Dit was skaakmat!
By geleentheid het ‘n ou man die skildery aandagtig bekyk en skielik uitgeroep: “Dis ‘n leuen!” Toe die besoekers nader staan, het die kurator kom verneem wat die fout is. Die ou man was ‘n skaakkampioen en kon aan die oorblywende skaakstukke sien dat die spel, alhoewel dit op die oog af so gelyk het, in werklikheid nie oor was nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIS GROOT WERK!
Die gereelde kliënt kom in die kannibaalrestaurant ingestap en sien die spyskaart het hierdie drie nuwe geregte op: 'Gekookte Sendeling $12.00; Geroosterde Leeujagter $14.00; Gestoomde Politikus $198.50'
Die kliënt vra vir die eienaar: "Hoekom is die gestoomde politikus soveel duurder as die ander twee?"
Eienaar: "Het jy al ooit probeer om een skoon te krap?"
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (6)
... DEUR AAN DIE WOORD VAN DIE LEWE VAS TE HOU
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“...deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” Filippense 2:16.
Om vir Jesus se skyn deur selfondersoek (1), met vrees en bewing (2), deur God in ons toe te laat (3), sonder teëstribbeling (4) en soos kinders sonder gebrek te wees (5) is iets baie belangrik nodig, iets waarsonder ons lig nie kan skyn nie; die woord van die lewe. Soos wat ’n lamp nie sonder olie kan skyn, kan ons lig nie sonder die olie van die Woord van die Here skyn nie. Soos olie vir die lamp, is die Woord van God vir getuienis!
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (5)
... SOOS KINDERS SONDER GEBREK
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“...sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte” Filippense 2:15.
Om vir Jesus te skyn, gee Paulus vir gelowiges nie net rigting en hoop nie, maar ook ’n waarskuwing. Rigting deur selfondersoek, hoop deur ons daaraan te herinner dat God ons die nodige krag gee en ’n waarskuwing om nie te kla nie. Maar, waarom al hierdie voorskrifte? Sodat ons soos dit kinders van God betaam, onberispelik en opreg in ’n verworde wêreld kan leef.
Ons moet anders as die wêreld wees, omdat die wêreld nie onberispelik en opreg is nie. Kinders van God bevind hul onder ’n krom en verdraaide geslag. Mense wat anders leef, het ’n positiewe invloed op hul gemeenskap.
Wat beteken dit om sonder gebrek te wees?
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(4)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Die Round Table is in 1891 gestig om Pax Britannica [wêreldvrede onder die Britse vlag] te bevorder. Genl. Jan Smuts, wat ook lid van die binnekring van hierdie geheime organisasie was, was ’n selferkende Britse Israeliet... Die Joodse Illuminati volg sedert die begin van die twintigste eeu ’n program om rassevermenging te bevorder. Dit is een van hulle hoofdoelstellings om die blankeras deur verbastering te vemietig."
Satan is die God van die Vrymesselary
Albert Pike het die werklike natuur van die Orde van die Vrymesselary aan die topvlakke van die Organisasie onthul. Sy doelwit was dat die vlakke onder die 30e vlak, net moes dien as ’n opleidingskool om sodoende die massa te kondisioneer en voor te berei vir die finale aanvaarding van die Luciferiese inlywing.
Die sukses van enige sameswering is om die waarheid weg te steek vir die laer vlakke waarvan die hierargie die kandidate keur om die hoogste geheimhouding van die Orde te verseker.