Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die fout wat baie lidmate maak is om nie te besef dat die kerk 'n loopgraaf in die voorste linie is nie – hulle gebruik dit vir 'n slaapsaal en ruskamp.
WAAGHALSIGE AVONTURE
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
Hierdie verhaal kom uit die boek Kommandant Danie Theron opgestel deur dr. J.H. Breytenbach.
"'n Paar van ons burgers skree dat die sinkgebou eintlik antwoord gee: 'The Boers rule! The Boers rule! The Boers ... rule ...!' Die kakies was skoon oorbluf. Die manne moes gedink het dit is 'n naderende Boeremag met bulderende kanonne."
Sowat twee weke het die korps gerus - 'n week by Mooiriviersoog op 'n beskutte, bosryke plek tussen 'n paar rante en, toe die wêreld daar te onveilig word, op 'n plaas agter die rante ten suid-ooste van die stasie Welverdiend. Daarna het die gees oor die rustelose Danie vaardig geword om nog eens skrik onder die kakies te gaan verwek. Eintlik het die korps - en veral die perde, wat baie afgewerk was - nog heelwat meer rus nodig gehad, maar die los praatjies van een van die Hollanderlede van die korps het 'n verdere verblyf in die rante onraadsaam gemaak. In 'n roes van windmakery het hy hul skuilplek in 'n nabygelee Jode-winkeltjie gaan verklap, en dit het Danie laat besluit om weer aktief te begin optree.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (2)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Deeglike probleem
Jan Spies
Daar in die Boesmanlandse wêreld het Visser-mense gewoon. En hulle het - dit was nog in die oudae - ’n geweldige groot plaas gehad, met net een water op.
In die groen tyd as die veld volop is, het dit goed gegaan. Dan kon daar direk van die huis af geboer word. Maar in die droë tyd was dit lastig, want dan moes die wagter met die vee so ver van die huis af gaan wei dat hulle dikwels ’n aand moes uitslaap, of soos dit ook genoem word “buitekant oorstaan”. Gewoonlik is daar vir dié doel in die buiteveld veewerwe gemaak, met natuurlik by die tydelike kraal ook ’n soort van skerm waarin die wagter kon oornag.
En so kom dit dat die Vissers een jaar baie skrappies reën kry en dat die inkomstetjie maar effens was. Ou-oom Visser het toe op die pad gaan werk en hulle oudste seun, met die naam van Klasie (so ’n opgeskote knaap), moes die vee oppas omdat hulle nie anders kon nie, en hulle moes die wagter laat loop.
Een middag kom Klasie toe met die vee uit die veld terug.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NIE VANDAG OP HOK...
Die seuntjie kom die middag na skool by die huis en vertel vir sy ma dat die skool ‘n besoek van die Burgemeester gehad het.
Die ma kan haar nuuskierigheid nie bedwing nie en vra: “Is hy wit of swart?”
Die seuntjie antwoord: “Hy is swart, ma.”
Die ma is nog nie tevrede nie: “Het hy sy ketting aangehad?”
Seuntjie ewe onskuldig: “Nee ma, hy het sommer so los rondgeloop.”
KYK, ONS LIG KOM!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Ons land het baie donker geword. Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie. Die kerklike terrein is die hartseerste! Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is. Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink môrester nie!"
“…..Ek is die wortel en geslag van Dawid, die blink môrester” Openb.22:16
Die môrester is die helderste ster van almal. Dit flikker of verdof nie soos die ander sterre nie. Dis altyd ’n soliede lig. Daarom het die ou Grieke dit die koningin van die nag genoem. Hulle het dit bewonder omdat dit ’n lus vir die oog was. Die Grieks vir môrester is fosforo, die woord waarvan fosfor afgelei is. Fosfor is ’n stof wat in die donker glim. So skitter die môrester in die donkerte met ’n boodskap: Die son gaan binnekort sy verskyning maak.
Die teksvers sê dat Christus die blink môrester is. Hy het dieselfde uitwerking op die mens se siel as wat die môrester op die natuur het; dit verlig donkerte. Jesus Christus is ’n soliede Lig wat ook mense gebruik om in ander se lewens te skyn.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (1)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Stemme uit die Vrouekampe bestaan uit ’n aantal beëdigde verklarings wat die vergruisende geweld van die Britse Imperialisme in al sy wreedheid en sinneloosheid beskryf. Dit vertel die verhaal in hul eie woorde van die vroue se bomenslike heldhaftigheid en diepe gelowigheid, van die tere medemenslikheid van vriend en soms selfs vyand, asook die skandelike verraad vanuit eie geledere. Die getuienisse bewys onteenseglik dat die eenheid van ’n volk nie verydel kan word deur die verdelende aanslae van verraaiers nie. Trouens, dit bevestig dat daar slegs een maatstaf vir die identiteit van ’n volk is, en dis vervat in die eis dat elkeen hart en siel moet deel in die eeu-oue strewe wat die volk tot volk maak: die onkeerbare drang na vryheid. Wie die vlam van vryheid bewaar, verseker sowel sy Afrikanerskap as ’n vrye toekoms.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (1)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Berg is nie 'n molshoop nie
Jan Spies
Ek is eenkeer met vakansie daar in Albertinia se omgewing, toevallig in ’n tyd toe die streek wat daar die “Duinewêreld” genoem word, heel deur die molle ingeneem is. Dis so ver as jy kyk, die een molshoop op die ander.
En dit was pure molle. Ek het nie self van hulle gesien nie, want ’n mol is vir die oog mos ’n skaars ding. Maar volgens die mense my vertel het, moes party amper so groot soos dassies gewees het.
Nou ja, ’n sekere oubaas, ’n ene oom Toppie, met wie ek baie lekker gesels het, vertel my toe dat hy na ’n groot gesukkel darem sy grondjie skoon gehad het van die molle. En hy was nie danig trots daarop nie.
En een ding was wis en seker: oom Toppie se plasie sou sonder molle bly. Want hy het geweet hoe om ’n mol se sake te werk. As daar een inkom, lê hy hom voor, en as die mol skop, dan skiet oom Toppie met sy .22-geweer net onder die bokant van die hopie grond — so van tien, vyftien tree af. En dan is dit verby met die mol.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(9)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
" MI sit wel agter Chris Hani se dood. Die dood van Hani was ’n guns aan die ANC. Hani het groter gehore as Nelson Mandela getrek wanneer die swart volke toegespreek is, hierdie mededinging kon nie toegelaat word nie."
VISIOENE VAN SIENER VAN RENSBURG
Adriaan Snyman het reeds met sy eerste publikasie, Profeet vir sy volk, oor die visioene van die welbekende Oom Niklaas (Siener) van Rensburg my Boerehart warm laat klop. Hy het met sy publikasies as’t ware ’n “Siener van Rensburg bewonderaarsklub” in regse geledere laat ontstaan. Dit was duidelik dat sy publikasies linksgesindes bekommerd gemaak het.
Siener van Rensburg
Die politieke oorgawe van FW de Klerk aan die Swartes wat aan die gang was, is reeds vroeg in die 20e eeu deur Siener van Rensburg voorspel. Hy het verder voorspel dat die land eendag vir ’n kort rukkie deur die Swartes regeer sal word. In daardie tyd sal swart en wit deurmekaar lewe. Die Afrikaner sal erg verdeeld wees en dan sal daar ’n donker tyd vir die volk voorlê. Die volk sal leierloos wees. Hy sien dat die volk eers weer wanneer hy hom voor God verootmoedig, die regering met die hulp van Duitsland sal oorneem. Dan sal die volk homself regeer.
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK...
...FEIT OF FABEL?
Ds AE van den Berg
"Net voor Jesus se wederkoms gaan die wêreldtoneel drasties verander. Satan gaan losgemaak word om vir ’n baie kort tydjie volke en nasies teen die kerk te laat saamspan. Dit gaan ’n pynlike dog noodsaaklike siftingsproses wees."
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook - ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
Die sewe kandelare het die Christelike kerk van daardie tyd voorgestel. Hoofstukke 4-5 vertel van Christus wat koninklik in die hemel heers en hoofstukke 6-11 van sy eerste oordele wanneer die sewe seëls oopgemaak word. Hoofstukke 12-19 maak gewag van die stryd tussen Christus wat sy kerk bewaar en Satan wat dit wil vernietig en eindig met die oordeel oor Rome (Roomse Kerk) wanneer die dier en die valse profeet in die hel gewerp word. Hoofstuk 20 gee ’n panoramiese visie van die oordeel oor Satan self wat vir ’n simboliese 1000 jaar gebind was en toe vir ’n kort tydjie losgelaat is.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(8)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Die Nag van die Generaals
" Die nag van 17 November 1993, voordat die tussentydse grondwet in die World Trade Centre in Kempten Park onderteken is, het Joe Slovo gejubel: “Ons het die stryd om uitvoerende gesag op grond van ’n gewone meerderheid gewen—iets wat ons nooit verwag het nie.” Die volgende dag is die vermelde grondwet ondertekening... ... Die punt wat ons hier wil maak, is dat Pax Americana gewen het en nie die sogenaamde Super Afrikaners of die ANC/SAKP-alliansie nie. Anglo-Amerikaanse instellings domineer vandag Suid-Afrika se interne—en eksterne beleid. Suid-Afrika vorm nou as’t ware deel van die 'informele Anglo-Amerikaanse koloniale ryk'. Dit wil sê ons is onwetend ingetrek in ’n sataniese kultus wat denkbeeldige kettings of bindings op ons verstand plaas."
Die finale besluit van FW de Klerk om die ou weermag tydens die onderhandelingsproses te “suiwer” deur die summiere ontslag van 23 senior offisiere, is geneem nadat ’n klein groepie kabinetslede : 'n skerp meningsverskil daaroor gehad het. Die lede van die groepie—wat hulleself as ’n uitgesoekte “superkabinet” beskou het— was FW self, Kobie Coetzee, Hernus Kriel en Roelf Meyer. Gene Louw, wat toe vir ’n kort termyn minister van verdediging was, is uit hoofde van sy amp betrek, hoewel hy nie gewoonlik lid van die “superkabinet” was nie.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (7)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
DIE LEEUTJIES
Vir die klein leeutjies het alles skielik anders gelyk, en hulle kon nog nie so reg begryp wat dan eintlik gebeur nie. Hulle was digby die wyfie aan speel op die gras, ’n entjie van die lêplek af, toe die mannetjie plotseling opdaag en met sy opgewonde geknor die wyfie dadelik op die been bring. Toe is hulle daar weg, baie vinnigeras wat hulle met gemak kon draf, na ’n groot stapel kliprotse toe. Die wyfie het hulle met die neus ’n rotsopeninkie ingehelp en hulle verplig om te bly in die heel agterste hoek daarvan, waar dit so laag was dat hulle skaars regop kon staan. Sy het voor hulle gaan lê, en toe hulle van nuuskierigheid om die beurt op mekaar se rug klouter, kon hulle by die ingang die mannetjie in gebulte houding sien, sy rugspiere trillend van opgewondenheid.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (9)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Die Christelike Kerk teen Middernag
’n Vlugteling in Hongkong vertel dat ’n klein selgroepie Christene in die distrik waar hy tot dwangarbeid geforseer is, baie vroeg in die oggend in ’n kelderverdieping byeengekom het voordat hulle gaan werk het. As hulle nie in staat was om bymekaar te kom nie, sou hulle in die vroeë oggend twee-twee saam loop werk toe en onder die voorwendsel van ’n gesprek, sou hulle saggies verse uit die Skrif vir mekaar aanhaal. Hoe goed is dit vir hulle wat ’n skat uit die woord van God in hulle harte versamel het!
Hierdie klein selgroepie is deur die Kommuniste ontdek. Die vlugteling en sy vriend is in die tronk gestop waar sy vriend gesterf het.
Chinese tronke is ware plekke van verdoemenis: vuil, klam, koud en vol insekte.
‘n GEOPENDE DEUR
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"So is talle Suid-Afrikaanse kerke mislei om hierdie noodlottige sleutels ter hand te neem en hul vir ‘n reënboognasie te beywer. Toe die Marxistiese versoeningsvirus kerke beetgepak het, is duisende mense deur die mite van universele broederliefde oorrompel en het hulle ontspoor. Die Boerevolk is willens en wetens in ‘n noodlottige eksperiment ingelei. Daarna het ontspoorde kerklui lidmate se gewetens begin tiranniseer en hulle verplig om in ‘n beswyming van berou oor hul kerklike verlede te gaan."
“Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee....”(Openb.3:8)
Dis wonderlik om na baie jare weer met iemand wat jy vroeër geken het te praat. Dit het met die dissipel Johannes gebeur toe Jesus na meer as 60 jaar weer met hom gepraat het. Tydens Jesus se aardse bediening het Johannes oral met Hom saamgegaan. Hy was selfs saam met Hom op die Berg van die Verheerliking (Mt.17) en ook een van die laastes wat die kruis verlaat het. Die laaste wat Johannes Jesus gesien en hoor praat het, was met sy hemelvaart.
Die meerderheid dissipels het ‘n marteldood gesterf. Johannes het egter genade ontvang, baie oud geword en tot sy dood in die diens van Jesus gestaan. Johannes was die leraar van Efese toe hy in 95nC na Patmos verban is (Openb.1:9). Hy was toe ongeveer 90 jaar oud en het seker maar aanvaar dat hy daar in die vreemde sou sterf.
Kort na sy aankoms op die eiland het daar een Sondag ‘n wonderlike ding met hom gebeur.
ONS BERUS NIE - REPUBLIEK SAL HERLEEF!
Republiekdag 2013
Gawie
Wanneer Suid-Afrika vandag met die republiek van 50 jaar gelede vergelyk word, is daar bitter min ooreenkomste. Suid-Afrika in 1963 was ‘n toonbeeld van vrede, voorspoed en veiligheid, terwyl die land vandag ‘n rommelhoop is. Feit is, swart regering het misluk. Swartes is inherent nie in staat om ‘n westerse demokrasie in stand te hou nie. Brittanje weet dit, maar dit pas hulle dat Milner se begeerte om die Afrikanerdom te vernietig nou deur Swartes namens hulle voltrek word.
Ondanks die realiteit van die huidige situasie is die liberalis steeds besig met sy knoeiwerk om volksgenote te oortuig dat die alternatief “too ghastly to contemplate” was. Ons situasie is nou selfs erger as op 31 Mei 1902. Daardie Afrikaners het hulle selfrespek behou; ons s’n is aan flarde. Ons het vandag niks om te vier nie. Ons land is oorgeneem deur ‘n terroristebende wat nie in staat is om ‘n munisipale rioolstelsel in stand te hou nie, laat staan nog ‘n land. Hulle gee natuurlik nie ‘n flenter om nie. Die barbaar stal maar net sy ware kleure uit.
ONS SAL WEER 'N VRY REPUBLIEK WEES!
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Herdenking van die Republiek van Suid-Afrika
Dit is vandag 52 jaar nadat Suid-Afrika op 31 Mei 1961 ’n Republiek geword het. ’n Republiek vry van Britse oorheersing waar die Afrikaner as ’n volk oor homself kon regeer.
Terwyl Afrikaners hierdie sukses van Republikeinse vryheid herdenk, is dit vandag slegs ’n herinnering. Maar dit is ook ’n herinnering aan die enorme sukses wat hierdie Republiek aan die Suidpunt van Afrika in so ’n kort tyd tot sulke enorme hoogtes kon voer. Sukses in veral die vreedsame naasbestaan van volke, maar ook die enorme sukses in finansiële groei en totale afwesigheid van werkloosheid.
Hierdie oordaad van sukses deur die regering van wyle dr HF Verwoerd is stuk vir stuk deur sy opvolgers afgebreek.
GEBRUIK JOU GENADETYD REG
My Talente
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Matt. 25:14-30
Ons is van kleintyd reeds geleer: saam met ‘n bevoorregte lewe kom spesifieke verantwoordelikhede. Daar is weliswaar altyd verantwoordelikhede wat hand-aan-hand met al jou handel en wandel gaan.
Wanneer laas het jy jou lewe in oënskou geneem om te besin oor die voorregte en talente wat deur ons Meester aan jou toevertrou is? Lees weer hoe die heer in die Skrifgedeelte talente aan sy diensknegte toevertrou het. Is ons nie almal diensknegte van die Allerhoogste wat ook deur ons Meester met wonderlike talente toevertrou is nie?
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (7)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
FW DE KLERK SE POLITIEKE OORGAWE
" FW de Klerk het toe van die Burgerlike Samewerkingsburo verwag om bepaalde vooraanstaandes in regse kringe ekonomies en polities te destabiliseer. Daar bestaan ’n paar sulke voorbeelde waaronder die beëindiging van Andrew Ford se staatskontrak om bordkryt aan skole in die RSA te verskaf en die sabotering van Werner Webber se besighede in Oos-Transvaal."
Die eertydse Abe Baily beurshouer en handperd van Anton Rupert en Harry Oppenheimer, FW de Klerk, se post-Apartheids-politieke oorgawe behels ondermeer die ontbanning van die ANC, PAC en die SAKP en die vrylating van Nelson Mandela en ander politieke gevangenes. Hierdie verraad van FW de Klerk het hy in 1988 met mening begin propageer en toe het dit eers sigbaar geword.
Sedert 1988 is daar deur die Verligte Aksie oftewel die Binnekring (in samewerking met NI) met ’n aanslag begin om FW de Klerk se beeld as toekomstige Staatspresident te bevorder. FW de Klerk se aansien het in die NP se kieskollege toegeneem. Die leierskapstryd in die NP het vroeg in 1989 ’n werklikheid geword en dit sou lei tot FW de Klerk se staatsgreep op die PW Botha-bewind in 1989.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (6)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
DIE VELDBRAND
Die nag was bitter koud. Toe die môre kom, pak die bobbejane op die lyste teen die rotsmuur saam om die warmte van die son te vang. Half verkluim sit hulle eers doodstil, maar na ’n rukkie, toe die warmte van die son toeneem, begin party van die jonger outjies ’n speletjie waarby hulle mekaar van ’n kleiner rotsblok afstamp, om terug te klouter en elkeen op sy beurt nogeens te stamp of afgestamp te word; die ou leier het reeds weer sy pos as brandwag ingeneem, en nou het twee ander mannetjies ook op rotspunte stelling ingeneem om die vallei onder en die grashang agterom dop te hou.
Sedert die nagtelike besoek van die luiperd heers daar ’n gees van onrus op die kop. Die wyfies babbel en steun meer as wat hulle onder gewone omstandighede doen en pas hulle kleintjies beter op.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (8)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Rooi China
’n Vindingryke persoon het bereken dat as ’n man langs ’n pad moes staan en die hele bevolking van China verby hom moes sien loop teen die snelheid van een individu per sekonde, meer as twintig jaar sou verloop voor die laaste lid van die optog verby is. Maar in hierdie groot en steeds toenemende menigte, sou baie min Christene wees.
Selfs vóór die Kommunistiese oorname, was daar in China slegs een Christen vir 475 nie-Christene. Ons moet bewus wees van die kwantitatiewe onbeduidendheid van sendingwerk. Tien persent van die wêreldbevolking is Engelssprekend. Hulle het negentig persent van die predikers en pastore. Slegs tien persent van die predikers werk tussen die negentig persent van hulle wat die sonde gepleeg het om nie-Engelssprekend te wees en daarom aan die geestelik onderontwikkelde volke behoort.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (80) (SLOT)
(NEHEMIA EN MALEAGI AS SLOT VAN HIERDIE REEKS)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
NEHEMIA SUKSESVOL
NEHEMIA 8-9
1. Die samekoms by die waterpoort
Nadat die mure van Jerusalem opgebou is, is ʼn groot volksvergadering op die eerste van die sewende maand gehou waartydens die volk soos een man op die plein voor die waterpoort byeen gekom het. Esra het na vore gekom en op ʼn houtverhoog gaan staan waarna hy vir hulle van vroegdag tot die middag toe uit die wet van Moses voorgelees het. Terwyl die volk eerbiedig na hom geluister het, het Leviete tussen die volk beweeg om aan hulle die woorde van Esra te verduidelik. Hulle het basies die Hebreeus in Aramees, die taal van die volk, vertaal.
Hierdie voorlesing het so ʼn diep indruk op die volk gemaak dat hulle skuldbewus gehuil het.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (78)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
TERUG BY ESRA
LES 1
DIE JODE ONDER ARTASASTA
ESRA 7; 8:18-36; 9; 10:1-17
- 1. Esra word na Jerusalem gestuur
Nadat Ahasveros in 464vC vermoor is, het sy seun Artasasta (Artaxerxes) koning van Persië geword en vir 40 jaar regeer. In die sewende jaar van sy regering het Esra uit Babel na Jerusalem verhuis. Hy was ʼn afstammeling van Aäron en dus uit die hoëpriesterlike geslag. In Esra se geslagsregister kom daar dan ook name van talle bekende hoëpriesters soos Sadok, uit die tyd van Dawid (2 Sam.8), Hilkia uit die tyd van koning Josia (2 Kon.22) en Seraja uit die tyd van Nebukadneser (2 Kon.25) voor.
Alhoewel Esra amptelik na Jerusalem gestuur is, was dit sy hartsbegeerte om terug te gaan.