Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die mooiste toneeltjies in die lewe is 'n Christenman wat nederig langs die Christenvrou van sy keuse voor die kansel kniel om God se seën op hulle eenwording te ontvang.
BEDIENING VAN DIE VERSOENING
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“En dit alles is uit God wat ons met Hom versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Kor.5:18-20)
‘n Mens leef slegs eenmaal op die aarde. Dan sterf jy. Daarna gaan jy vir ewig na een van twee plekke; hemel of hel. Nie een van die twee word op ‘n mens afgedwing nie. Elkeen kies self waarheen hy wil gaan. Die meeste mense kies die hel. “....want breed is die poort en wys is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mt.7:13).
Hoe kom ‘n mens egter in die hemel? Kan jy self daar kom?
VOLKSVERRAAD (41)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Die mobilisasie het egter nooit werklik van die grond af gekom nie. Op daardie stadium het Groenewald deur middel van 'n komitee die 'generaals ' begin help om aan die leiding van die volksfront te staan. Die Komitee van Generaals, bestaande uit Viljoen, Groenewald, Bisschoff en Kobus Visser het laat in April 1993 tot stand gekom. In 'n onderhoud met The Johannesburg Sunday Times van 2 Mei 1993 het Groenewald gemeld dat die koms van die Komitee van Generaals die resultaat was van maandelange beplanning agter die skerms.
Dr. A.P. Treumicht is deur Groenewald as 'n struikelblok in die weg van die 'generaals' se toetrede tot die politiek geïdentifiseer. Wat vertroulik en onbevestig berig word, is dat dr. Treurnicht op 23 April 1993 op 'n onnatuurlike wyse aan sy einde gekom het.
KOU JY GRUISKLIP?
- maak kopskoon saam met Klaagliedere en kry weer hoop.
Johannes de Koning
(Lees meer van hierdie skrywer by skattegemynuitgodsewoordintsumeb. blogspot.com
Daar kom tye ook in die lewe van ’n gelowige dat dit werklik ellendig gaan…Alles loop skeef, alle hoop vervaag... die ergste is dat ek beleef dat die Here se hand teen my is. Hierdie skrywer was in so ’n posisie: “Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan”. (Klaagliedere 3:1) Hy het lyding in die uiterste vorm ervaar. Hierdie swaarkry was so erg dat dit geblyk het dat bid nie eers meer help nie! “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (3:8) Daar was net geen uitkomkans nie. Het jy al só vasgekeer gevoel in ellende met geen uitsig op verlossing nie? “Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie.” (3:9) Dit voel vir jou of jy klippe kou en jou tande besig is om een vir een te breek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (57)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
JEHU KONING VAN ISRAEL
2 Kon 8-9
1. ʼn Vrou kry haar eiendom terug
By geleentheid het Elisa die seun van ʼn Sunamitiese vrou uit die dood opgewek. Sy en haar man het hom dikwels herberg verskaf. Kort na haar man se dood het daar hongersnood in die land gekom en het Elisa haar aangeraai om vir ‘n tyd lank in die land van die Filistyne te gaan woon waar daar volop kos was (Rigt.15:5). Daar word nie gesê dat die hongersnood weens droogte was nie. Oorlog, strooptogte en sprinkane het ook hongersnode veroorsaak.
Hoe sy haar eiendom verloor het, word nie gesê nie. Eiendom wat vir ‘n lang tydperk alleen gelaat is, het staatseiendom geword. Toe sy later terugkeer, moes sy ʼn beroep op die koning doen om haar eiendom en die opbrengs van haar grond terug te kry.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (18)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
DRUIP WISKUNDE, MAAR SLAAG LOGIKA...
Die sin vir waardes raak dikwels, selfs aan opvoedkundige inrigtings, 'n probleem.
Vir die Amerikaners is voetbal dikwels die oorheersend belangrike saak wat alle ander waardes oorheers. Dit suur deur na skole en universiteite. Soos hier te lande dan ook gebeur, "koop" hulle goeie voetbalspelers met beurse en ander voorregte om aan hulle universiteite te "studeer" en sommer "terloops" ook vir hulle voetbal te speel. Daar bestaan egter 'n reël dat hierdie "studente" af en toe toetse moet slaag en "vordering" moet toon.
Aan een van hierdie universiteite was daar ook so 'n student wat 'n uitmuntende voetbalspeler was. Hy het egter 'n groot probleem gehad. Die vermoë om met sy studie te "vorder", het ontbreek.
VOLKSVERRAAD (40)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
VOLKSEENHEIDSKOMITEE AS REGERINGSFRONT EN BOUSTEEN VIR DIE AFRIKANER VOLKSFRONTEugene Terre' Blanche is deur die Afdeling Militêre Inligting se Kommunikasie Operasie (Kom.ops.) aangesê om 'n geheime vergadering te hou sodat die AWB se verhouding met die staat opnuut gekonstitueer word. In November 1991 hou Terre' Blanche so 'n vergadering en stig hy die Volkseenheidskomitee. Vervolgens rapporteer die Weekend Star van 1-2 April 1995 op bladsy 3 in sy artikel: "AWB formed by Voster government: Plan backfired and resulted in rise of militant neo-Nazis, says secret document.
".... Years later, Terre' Blanche became involved in a power struggle with other council members and it was apparently demanded in 1990 that he resign his post as leader. He refused with the result that several AWB members then resigned. Terre 'Blanche is then said to have called a secret meeting to reconstitute the AWB and this was held in Kiber Park, Johannesburg, in November 1991.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (20)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
" Smuts is 'n geel hond met 'n wit halsband. Hy is kompleet Engelsman, en het net ‘n Boerenaam (wit halsband)... "
Generaal Botha se einde
Die uitbreek van die Groot Griepepidemie in 1918 het 'n tragiese begin en ewe tragiese einde gehad.
Hierdie gegewens kom grootliks uit geskrifte in privaatbesit.
'n Vriend en vertroueling van oom Nicolaas vertel dat Siener hom reeds vóór die uitbreek van die Eerste WêreldoorIog gewaarsku het dat genl. Louis Botha nog eendag sy rug op die Afrikaner sou keer. Hy vertel as volg:
Toe ons in 1910 selfregering kry, toe hou ons volk bidure sodat die Heer vir ons die regte man as Eerste Minister moet aanwys.
Destyds moes ons tussen Botha en Merriman kies. Botha val toe uit met die verkiesing. Maar ons gee hom Losberg en maak hom Eerste Minister. Vier jaar later (1914) laat skiet die einste Botha toe die Boeregeneraals wat in die Tweede VryheidsoorIog hul plig gedoen het omdat hul nie onskuldige bloed wou vergiet en landpale wou verruk nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (56)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
GOD VERLOS WONDERBAARLIK
2 Kon 6 -7
1. ʼn Byl dryf op water
Toe die blyplek van die profeteseuns in Jerigo te klein word, het hulle ‘n paar bome by die Jordaanrivier gaan afkap om dit te vergroot. Hulle was sterk genoeg om self die werk te doen (2 Kon.2:16). Elisa is gevra om saam te gaan. Toe een van die profeteseuns se byl breek en die kop in die water val, was hy in die verknorsing. Dit was ‘n geleende byl! Elisa het nadergekom, ʼn stok afgesny en dit in die rigting van die byl gegooi waarna die byl op die water gedryf het. God gee selfs in daaglikse klein dingetjies uitkoms!
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (22)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
JAN MARAIS-STANDBEELD - STELLENBOSCH
Ligging: Op die Jan Marais-plein in die middel van die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, bokant die biblioteek.
Toegang: Dit word deur die Universiteit van Stellenbosch beheer. Geen toegangsfooi nie.
Geriewe: Toilette en kafeterias op die Universiteitskampus.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: In 1950, deur sy eggenote, mev. E.J.H. Marais.
Op die voetstuk van hierdie monument; standbeeld staan die volgende opskrif: "J.H. Marais. Ons weldoener." Johannes Henoch (Jan) Marais was 'n Stellenboscher in murg en been. Hy is in 1851 op die plaas Coetzenburg in Stellenbosch gebore en het sy opleiding aan die Stellenbosch-Gimnasium ontvang.
GOD HEERS OOR ALLES
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pitkos vir die siel
" Watter boodskap het Jes.7:18 vir die Boerevolk? Dat ons die vyand van God nie durf vrees nie. Hulle het, soos Babel, slegs politieke mag en nie almag nie."
“En in dié dag sal die Here vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is...” (Jes.7:18)
Wat ‘n eienaardige vers! ‘n Mens kan amper nie glo dat daar so iets in die Bybel staan nie! Ons lees gereeld dat God praat of roep, maar nooit dat Hy fluit nie. Slegs in Jes.7:18. Hierdie teks beklemtoon ‘n baie groot waarheid - alles is aan God onderworpe hetsy goed of sleg. Hy stel selfs aan Satan perke. Luister hoe sidder die bose geeste voor Christus: “En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie” (Luk.8:31). God beheer alles, goed en sleg.
In die gelese gedeelte bevind Juda hulle op die vooraand van ‘n nasionale ramp – ballingskap.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (55)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
NAäMAN WORD GENEES
2 Kon 5
1. ʼn Klein getuie in ʼn groot huis
Israel het nooit goeie verhoudinge met Aram gehad nie al het hulle soms teen vyande saamgespan.
Ná Agab se dood het Hahadeser, die koning van Aram, Israel nie aangeval nie omdat hy hulle in sy stryd teen die Assiriërs nodig gehad het. Tydens ʼn strooptog het van die Arameërs wel ʼn Joodse dogtertjie weggevoer en haar aan Naäman as slavin gegee. Hy was ʼn gesiene man wat na ʼn skitterende oorwinning oor die Assiriërs naam gemaak het.
God het nie net oor Israel se toekoms gewaak nie, maar ook ander volke se lotgevalle bestuur.
VANWAAR KOM DIE REVOLUSIE?
Deur Gawie
Idealiste glo dat ‘n revolusie ontstaan as gevolg van die massas se ontevredenheid met ‘n sekere regeringsvorm. So glo baie steeds dat die revolusie in Rusland ontstaan het weens die ontevredenheid met die outokratiese regering van die tsaars.
Dit was eers later dat ingesien is dat die revolusie na Rusland “ingevoer” is. Wladimir Lenin het hierdie revolusie van buite gestook en die massas onder die indruk gebring het dat hulle toestande verbeter sou word. Karel Marx se sosialisme is gebruik om die Russe en al die volkere rondom Rusland te verkneg, terwyl mense vas geglo het dat hulle die ideale wêreld sou betree. Min het hierdie niksvermoedende volke geweet dat hierdie revolusie bekook is deur die geldmagte.
Die vraag wat gevra moet word, is waar hierdie linkses, waaronder kommuniste, multikulturaliste en sosialiste, die fondse gekry het, want daarvan was daar deurentyd oorgenoeg. Hulle het altyd fondse tot hulle beskikking gehad, maar was self nie in die vermoë om dit te voorsien nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (54)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
ELIA EN ELISA
2 Kon 2; 4:1-37
1. Elia word in die hemel opgeneem
Elia het Elisa op God se bevel as sy opvolger aangewys. Alhoewel Elisa sy dienaar was, het Elia grotendeels alleen opgetree. Op pad na Gilgal was hulle vir die eerste en laaste keer saam. Hierdie Gilgal was nie die stad by die Jordaan nie, maar een noord van Bet-el, naby Silo. God het die doel van hul reis nie vooraf bekend gemaak nie. Dit was te groot. Elia sou ten hemele vaar!
Elia wou aanvanklik alleen gaan en Elisa gevra om te bly. Elisa het egter gesweer om hom hierdie keer nie te verlaat nie. Elia het daarin berus. Gevolglik het hulle saam in Bet-el aangekom en profeteseuns teëgekom wat deur God oor die komende gebeure ingelig was. Elisa het hulle egter gevra om eers daaroor te swyg.
NIE TOT DIE DOOD NIE...
TOT VERHEERLIKING VAN GOD SE NAAM
Hannes Ollewagen
Joh. 11:4: “En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”
Onmiddellik bely Jesus dat hierdie probleem waarmee die mense na Hom toe kom, nie eintlik ‘n “probleem” is nie, maar veel eerder ‘n geleentheid waardeur God se Naam verheerlik kan word.
Ek kan nie anders as om dadelik te dink aan ons volkslewe en die “siekte” wat ons volk tans het, nl. om ons harte aanhoudend teenoor God te verhard en te weier om ons van ons verkeerde weë te bekeer en nie voor Hom te wil verootmoedig nie – ten spyte van al die swaarkry en hartseer wat oor ons kom – ook nie tot die dood is nie, maar tot die heerlikheid van God. Net soos wat die Bloedrivier, die Majuba, ens. nie siektes/probleme tot die dood toe was nie, maar veel eerder tot die heerlikheid van God.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (19)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die brakdakhuisie
Oom Nieklas se kleindogter, Ria James en mnr. Boy Mussmann skets die omstandighede en leefwyse van die Van Rensburg-gesin na afloop van die Eerste Wêreldoorlog:
"Op Rietkuil, distrik Wolmaransstad, in 'n vaal brakdakhuisie met plankvensters (en kleimure), het Nicolaas Petrus Janse van Rensburg 'n eenvoudige bestaan gemaak. Agter die eenvoudige ou huisie was 'n rantjie en as 'n mens op die rantjie gestaan het, kon jy die gras plek-plek op die brakdak sien groei. Dit was op hierdie einste rantjie dat Siener in sy laaste dae vele ure met sy Bybel deurgebring het.
"Op 'n skaapvelletjie langs 'n riempiesmat-voustoeltjie voor die huisie, omring van sy skoenmakergereedskap, was oom Nieklas se geliefkoosde sitplek. Daar het hy hom besig gehou met die herstel van sy eie en die kinders se skoene; daar het hy aan sy baie besoekers - sommige wat honderde my le ver gekom het, van sy gesigte vertel."
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (21)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
HUGENOTE-MONUMENT - FRANSCHHOEK
Ligging: Oorkant die suidoostelike punt van Hugenootstraat, langs Lambrechtstraat.
Toegang: Daar is toegangsbeheer by die monument, 'n toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette by die monument.
Beeldhouer: Coert Steynberg (met die argitek J.C. Jongens as mede-ontwerper).
Inwyding: 17 April 1948.
In Frankryk was die Rooms-Katolieke Kerk in die sewentiende eeu die oorheersende kerk en is Franse Protestante (wat Hugenote genoem is) op allerhande wyses benadeel, al was daar amptelik godsdiensvryheid.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (18)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
In die gevangenis
Na die mislukte Rebellie van 1914 beland Siener van Rensburg as selmaat saam met die joernalis, Harm Oost, in die tronk op Boksburg, en sy eerste woorde aan die koerantman was: "Ek het geweet ons sal mekaar sien." Toe kyk hy op en voeg by: "Ek kon dit nie verstaan nie. Daar het 'n swart muil aan my mou gelek, en ek moes deur 'n digte doringbos gaan. Maar ek het anderkant uitgekom ..." Die 'swart muil' was die tronkowerheid en die 'digte doringbos' die smaad en lyding wat hy moes deurmaak.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (53)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
JORAM KONING VAN JUDA
2 Kon 8:16-29; 2 Kron 21,22
1. Twee swaers
Daar was nie net een Joram nie, maar twee; een in Israel en die ander in Juda. Toe Ahasia, die seun van Agab, sonder ʼn seun sterf, het sy broer Joram koning van Israel geword. Ná Josafat se dood het sy seun, ook ʼn Joram, koning van Juda geword. Hy was goddeloos en het die Baäldienste in Juda hervestig. Sy naamgenoot in Israel het weer die Baäldienste afgeskaf.
Die skrywer van Kronieke teken afgodsdiens as geestelike hoerery aan. Dit herinner sterk aan die prostitusie wat in die Baäldiens bedryf is. Die agtergrond van hierdie uitdrukking is interessant. Die verhouding tussen God en sy volk is telkens met die verhouding tussen ʼn huwelikspaar vergelyk (Eseg.16:8). Dit kom veral in die boek Hosea sterk na vore. Wanneer Israel ander gode gedien het, was sy soos ʼn losbandige vrou.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (17)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
KREFIES LOOP REGUIT...
Toe sing die sangeres, Ronel Erasmus, dit hard en duidelik oor die SAUKtelevisie:
"Krefies loop reguit en krappies loop skeef. Daarom mag jy nie met haar trou."
Hard en duidelik vir elkeen om te hoor.
Ek wonder wat die sogenaamde "Raad" van die SAUK van hierdie "oorskryding" van alle perke van misleiding te sê gehad het, of het hulle dit nie eers opgemerk nie. Miskien was hulle te besig om te dink waar hulle die Boerevolk en sy taal nog verder kan probeer verneder.
Soos krefies en krappies nie trou nie, trou die leeus nie met die tiers in die wildtuin nie, trou die olifante nie met die kameelperde nie en trou die rooibokke nie met die bosbokke nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (20)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
AFRIKAANSE TAALMONUMENT - PAARL
Ligging: Op die Paarlberg, by die bopunt van die Gabbema Doordriftpad.
Toegang: Die monument staan in omheinde gebied en is net bedags oop. 'n Toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette by die monument.
Ontwerper: Die argitek Jan van Wijk.
Onthul: 10 Oktober 1975 deur die Eerste Minister, BJ. Vorster.
Monumente om spesifieke tale te huldig is geen algemene internasionale verskynsel nie. Tog is daar in Suid-Afrika minstens 30 gedenktekens om die ontstaan en vestiging van die Afrikaanse taal te gedenk. Die mees sigbare en indrukwekkende daarvan is ongetwyfeld die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg in die Kaap. Dit is opgerig om aan die behoefte te voldoen om 'n waardige monument vir die ontwikkeling van Afrikaans tot skryftaal en die vertaling van die Bybel in Afrikaans in herinnering te roep.