Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar sál weer 'n Nuwe-nuwe Suid-Afrika met 'n Christen-regering kom; hou vas aan hierdie belofte: "Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder dié wat val; in die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE" – Jeremia 8:12.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat is dit?”
Langs ‘n grondpad, lanklaas geskraap en duidelik die afgelope tyd in onbruik, maak Max ‘n tydelike kamp, tussen ‘n paar doringbome, lae struike en ‘n paar nabome aan die Noordekant. Die wolke het weer saamgepak en is donker en dreigend.
“Dit is ‘n elektroniese baken. Dis vir ‘n absolute noodgeval, maar dit lyk my ons het nou een. ‘n Noodgeval, bedoel ek.”
“Wat doen dit?”
“Dit gaan ons presiese ligging aan my mense deurgee. Die probleem is dat dit dalk ook deur ander mense opgspoor kan word, maar ons gaan nou in elk geval dit nodig hê.”
*
“Dooms?”
“Nee, Leroy. Nie nou nie. Ek wil niks weet van ander mense se probleme en moeilikhede nie.”
“Ek dink dis nogal belangrik.”
“Jy weet, elke keer as jy hier aankom en so begin, weet ek ons gaan nou weer op ander mense skiet en hulle op ons.”
“Jammer, man.”
Nicodemus sug.
“Vertel maar.”
“Max se baken het begin flits.”
“Waar?”
“So ‘n ent anderkant Warmbad, of soos hulle nou sê, ‘Bela-Bela’.” Weereens is Leroy se “Bela-Bela” smalend en sarkasties. Hy glo dat alles waarvan die naam verander is onder ANC bewind, se einde aangekondig word met die nuwe naam.
“Dit beteken iemand moet hulle gaan haal en hy weet as hy die ding aanskakel, moet dit absolute nood wees.”
“Die ding is, Dooms, ek hoor Skeermes en kie wil in elk geval min of meer daarheen ry.”
“Min of meer?”
“Ja, ek hoor so met die bostelegraaf dat hulle Kaap toe wil ry om iets te gaan haal.”
“En hulle het nog nie gery nie?”
“Nee. Moet ek hom gou laat roep?”
“Asseblief... nee, wag ek loop self daarheen. Sal jy asseblief saamkom, Leroy?”
Skeermes, Arno, Maya, Kleinskeer en Basjan, onder andere, is besig om die voertuie gereed te maak. Die olie en water word nagegaan, ekstra kanne petrol en diesel word agterop die twee bakkies gelaai en dan volg genoeg droë rantsoene, water, kos, sakke met persoonlike items en natuurlik die vuurwapens.
Skeer loop na waar die voertuie, ‘n Land Cruiser enkelkajuit V6 4.0 liter, ‘n Nissan Navara V6, ook 4.0 liter outomaties, Isuzu Mux Dmax 4X4 en die oudste van die spul, ‘n Ford Ranger 3.2 dubbelkajuit gestoor is. Herrie se “Jeep” gaan ook saam.
“Jy het hulle ‘n aanbod gemaak wat hulle nie kon weier nie?”
“Netso. Maar dit was darem heel billik. Ek kom agter dat die mense meen hierdie chaotiese toestand waarin ons nou is, gaan nie vir altyd hou nie en dan is goud en silwer belangriker as ou karre.”
“Dit lyk nie vir my juis na ou karre nie.”
“Die Ranger is. Ek dink dis ‘n 2018 model.”
“En watter een is myne?”
“Jy kry voorkeur, Arno. Maar ek dink die Isuzu sal by jou pas.”
“Waarom staan al sy deure oop, selfs die agterste flap?”
“Ons het hom gewas. Dit het aan ‘n inheemse man behoort, wat dit nie meer nodig gaan kry nie.”
“Ek gaan nie eens vra waarom nie. Hoekom sou jy dink is oom Nicodemus Verwey en Leroy oppad hierheen?”
Arno sug. Alhoewel hy, Skeermes en die ander vir Nicodemus al lank ken en selfs saam teen die stropers en uitbuiters van die Groot Moeilikheid baklei het, en hulle goeie vriende is, laat Nicodemus hulle grootliks begaan om op hulle eie die situasie uit te ry. En tog, elke keer as Nicodemus hule persoonlik kom opsoek, beteken dit meer kere as nie, dat daar moeilikheid wag.
Hulle deel inligting, is vir mekaar beskikbaar, vul mekaar op vele terreine aan en help mekaar met raad, maar Nicodemus besef die waarde van veral Skeermes en Arno om onafhanklik te werk te gaan.
“Ek hou van julle karre! Ek sien julle het die geld goed gespandeer. Wat van hierdie aborsie met die Jeep sierrooster? Leroy het my vertel julle gaan nou al ry?”
“Dis reg. Ek aanvaar Charl Scheepers het nog die inligting.”
Nicodemus kyk na die voertuie. Hulle is nie aan die buitekant gewas nie en hier en daar is iets blinks verwyder, sommige van die blinkgoed met swart matverf verdof, maar die windskerms is skoon en sover hy kan sien is die bande nuut en opgepomp. Die bagasie binne en agterop die voertuie verklap wat hulle doelwit is.
“Ek het julle hulp nodig. Indien Charl nog die boks met inligting het, sal ‘n dag of twee later nie saakmaak nie. Skeer, jy onthou vir Max?”
“Natuurlik. Hy en – wat is haar naam nou weer – Bella Vos?”
“Dis reg. Maar Bella is nie saam met hom nie. Hy moes ‘n ander vroutjie, ‘n ingenieur, gaan help, wat baie vertroulike inligting het oor ‘n uitvindsel wat sy gemaak het, aangaande waterstof-gedrewe voertuie.”
“Nicodemus, jy vergeet dat ek by was toe daardie manne met die donkerbrille en silwer penne hier was.”
“Nee, ek vergeet nie. Ek herinner net. Nouja, Max se elektroniese baken het begin flits. Jy weet mos hoe dit werk – jy het immers al self een gebruik. Max mag dit net aanskakel as hy geen ander opsie het nie, amper soos die Amerikaanse ‘Broken Arrow’.”
“Waar?”
“Naby die ou Warmbad oftewel, hoe noem jy dit Leroy?”
“Bela-Bela”, sê Leroy in ‘n oordrewe sarkasme.
“Kan julle hom en die meisie op julle pad gaan haal en saamvat?”