NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ook tot in julle ouderdom is Ek die HERE, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red – Jesaja 46:4

BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (6)

Sodra mag aan verkeerde mense oorgedra word, sal hulle die regte van burgers stukkie vir stukkie wegkalwe, dit vervang met onbillike wette, wat selfs aanvanklik aanvaar sal word as iets wat skynbaar goed is vir almal. Heel demokraties en selfs goedguns vanaf die heersers, sou sommige glo. Wanneer dit egter sy negatiewe uitwerking begin wys, is dit gewoonlik te laat om dit te herroep. Die owerhede maak dan maklik nuwe wette om die eerstes te verskans en selfs meer legitiem te laat voorkom. Die moderne burger is makliker verleibaar as dié in die verlede, grootliks omdat hy lui geword het om te dink. Selfs kinders en jongmense het opgehou om speletjies uit te dink, om fisies deel te neem, en sal eerder hulleself laat oorneem deur rekenaarspeletjies en elektroniese sosiale media. ‘n Gebrek aan spasie, gevaar om buitentoe te gaan en blote paranoia speel ook aanleidende rollle. Dit bring ‘n “dumbing-down”-effek mee.

In ‘n tydvak waar daar meer mense op aarde is as ooit vantevore, is dit nie vreemd nie dat meer en meer mense van die samelewing begin onttrek, nie noodwendig na ‘n allenige bestaan in ‘n afgeleë plek soos die pioniers van twee honderd jaar gelede nie, maar in ‘n kluisenaarsbestaan binne die sentrum van die stad of dorp.

‘n Werksgeleenheid, waar hy noodgedwonge aan die samelewing blootgestel word, is vir so ‘n mens bloot ‘n inkomste om sy alleenheid te finansier. Elektronika is ‘n wonderlike ding. Dit kan van ‘n onaansienlike, oorgewig of ondergewig tiener ‘n superheld maak as hy sy virtuele kostuum aantrek en ‘n held word in ‘n fantasieverhaal wat in ‘n ewe virtuele milieu afspeel.

Niemand vra hoe hy of sy werklik lyk nie, wat sy sosiale vaardighede en intelligensie is nie, maar sy waarde word bloot gemeet aan die behendigheid waarmee hy ‘n elektronies-geïnduseerde vyand van die gras kan afmaak.

Indien daar nog tyd in die dag oor is, sal die persoon hom of haarself laat wegvoer in die fantasieë van die televisie, waar fiktiewe vermaak en die nuus nie wesenlik van mekaar verskil nie. Hier – in die speletjies - geld normale wette nie en kan geweld en doodmaak tot die uiterste toe gevoer word, sonder dat dit onwettig is. Sielkundiges maan dan juis oor ‘n toekoms waar fantasie en realiteit nie meer van mekaar sal verskil nie. Dis juis ook een van die aanleidende beweegredes van massaskietery onder jeugdiges, veral in die VSA.

Wanneer die elektriese voerkrag egter onderbreek word, sal ouer mense smag na ‘n koppie warm koffie, ‘n ete, stort of bad, lig en selfs hitte. Iemand wat sy toevlug neem tot ‘n virtuele werklikheid sal tydelik van sy identiteit ontneem word, totdat die selfoon of rekenaar se battery gelaai is, die Wi-Fi weer herstel en die ontvlugbare kwasi-werklikheid weer herstel is.

Die owerhede sal hierdie nuwe manier van lewe maklik manipuleer om die intelligensie-verontneemdes geleidelik, maar onverpoos te bombardeer met ‘n nuwe werklikheid, nuwe standaarde en ‘n nuwe etos, waar niks meer bevraagteken word of gemeet word aan ouer norme nie. So word die ankers van die verlede, soos Godsdiens, die familie, gesin, kerk uit die mens se bestaan weggeneem en word vervang met ‘n meta-realiteit.

Wanneer die virtuele realiteit egter ineenstort, soos dit noodwendig sal gebeur wanneer die elektrisiteitsverskaffer sy kaarte uiteindelik van die tafel af stoot, word die ontvlugteling, net soos die riële mens, met die werklikheid gekonfronteer. In hierdie realiteit kan jy nie ontvlug deur ‘n rukkie te pouseer en ‘n toebroodjie of koeldrankie te gaan neem nie, terwyl jy die “reset” op die program in werking gestel het.

Jy kan nie die “level” of vlak oordoen totdat jy dit uiteindelik bemeester en na die volgende een aanskuif of gepromoveer word, waar jy met meer lewens en beter wapens toegerus word nie. Om te verloor is finaal en onherhaalbaar. Dis dan wanneer die water ophou vloei in die krane, die nag donker word en die kos nie vanself aangery word deur vragmotors nie. Die toilette sal ophou spoel en die stank in die lug hang.

Wannneer dit plaasvind is die pes wat in die donker loop werklik en hy gaan jou lewe finaal neem. Dan skakel jou rekenaar onkeerbaar totaal af, soos Stephen Hawking oor die dood gepraat het. Jy word ontneem van jou elektroniese lyfpantser, jou helm en jou nagvisie en nag bly donker, met onsigbare vyande wat net buite jou sig wag.

Dit is die tyd wanneer die onafwendbare natuurwette die onrealistiese regeringswette vervang. Skielik word jy aan die naakte onsimpatiekheid van realiteit blootgestel en jy moet oorleef.

Selfs vir mense wat met albei voete in die werklikheid vasstaan, is dit ‘n bestaanskok wat neig om jou hoop in wanhoop, hooploosheid en uiteindelik in desperaatheid verander. Die mate waarmee dit die ontvlugteling gryp, is soveel erger. In hierdie desperaatheid sal mense enigiets doen en hoop om selfs die skyn daarvan te herstel.

Die samelewingsnorme wat intussen plek gemaak het vir fantasievlugte, waar die speler sonder konsekwentuele reaksie ‘n nuwe waardesisteem geskep het, ontneem die gemeenskap van orde, meegevoel en reg. Desperaatheid word tot nuwe hoogtes gedryf, vergesel met ongebreidelde geweld.

*

“Stadig, vriend, ek kom in vrede,” sê Cas Blake.

“Lig maar in elk geval jou hande,” kom die antwoord van Calvyn af, waar hy agter die Colt lê.

“Haal daardie skietyster van jou lyf af en sit dit saggies op die grond neer,” gaan hy aan.

Cas haal die Beretta van sy borsharnas af en sit dit op die sementvloer neer.

“Jy lyk nie te lekker nie, ou maat. Ek sal ook bly wees as ek kan inkom, ek voel nie veel beter as wat jy lyk nie.”

Calvyn laat sak die swaar pistool, maar hou dit steeds naby sy bors. Hoe kon hy binne so ‘n klein tydsbestek so swak word?

“Nou kom sit. Kry vir jou ‘n slukkie water, of nog beter, kry vir ons ‘n paar bottels daar uit my Cruiser. Kry sommer ook iets om te eet, maar loop so dat ek jou heeltyd kan sien. Ek ken jou nie en ek vertrou jou ook nie.”

Wanneer Cas met die water en eetgoed – beskuitjies, sjokolade en biltong terugkom, is dit sonder om in die wapen vas te kyk. Hy gaan sit op die vloer langs Calvyn, gee die eetgoed aan en wag dat hy iets aangebied word.

“Kom nou. Ek is nie jou kelner nie. Vat en eet.”

Vir ‘n volle tien minute sê niemand iets nie. Hulle is te besig om die beskuitjies en biltong met lou water af te sluk.

“Cas Blake,” sê hy en hou sy regterhand uit. Onwillekeurig vat Calvyn dit.

“Calvyn,” antwoord hy. “Bly te kenne.”

“Hoe lank lê jy al hier?”

“Ek weet nie. Tyd het verbygegaan.”

Daar is weer ‘n paar minute stilte, terwyl hulle die sjokolade geniet.

“So, Cas Blake, wat bring jou hier na my nederige tuiste?”

“Tuiste, sê jy? Lyk maar nie asof jy goed is met binnenshuise versiering nie. Ek was op pad met my fiets, toe iemand ‘n kabel oor die pad gespan het. As ek laer gesit het, was my kop af, ek sweer!”

“Seergekry?”

As antwoord trek Cas sy baadjie, trui en hemp uit. ‘n Bloederige streep lê dwarsoor sy bors. Weerskante van die streep is dit blou en pers. Hy vat versigtig aan die seerplek en trek ‘n skewe bek van die pyn.

“Smeer ‘n bietjie van die anteseptiese salf aan en drink ‘n pynpil. Stadig net, ons het nie baie nie.”

“Ons?”

“Ja, wel. Jy is nou hier, jy het my kos opgeëet – nou moet ek jou seker maar verdra, of hoe?”

*

Robyn het uiteindelik die formule gekry. Dis nie ingewikkeld nie en behels grootliks dat sy die polistireen in die petrol oplos, totdat dit ‘n baie dik pasta maak. Stef het nog twee maal teruggegaan na die kitskoswinkel en al die orige polistireen-bakkies gaan haal. Hy help ook om ‘n baie vlak, smal slootjie, nie net om Robyn se huis te grawe nie, maar sodat dit ook hulle s’n insluit. Hulle rol die pasta uit in lang worse, wat hulle in plastiek en aluminium foelie toedraai. Onseker oor die betroubaarheid van die goed, hoe lank dit sou vat vir die petrol om uit die mengsel te verdamp en hoe vining dit gaan brand, rol hulle hierdie worse op en bêre hulle dit in lugdigte plastiekhouers, waar Robyn se man vantevore kos in geberg het. Sy is seker dat as die gevaar te groot word en hulle dit moet gebruik, kan sy dit redelik vining in die slootjie lê.

“Stef, vat jy helfte en as dit nodig word, dan sit jy dit uit van julle kant af.”

“Dink Tannie dit gaan werk?”

“Ek hoop so. En hou op om vir my ‘Tannie’ te sê.”

“Ja, Tannie.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1643 gaste aanlyn