NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het ander mense in ons lewe nodig om hulle liefde te kan gee en om liefde te kan ontvang, mekaar te bemoedig in ons lewensstryd, en om te ontdek dat ons aanvaarbaar is. Meer belangrik nog, ons het ook hier op aarde iemand nodig om mee te kommunikeer. Daaroor het God ons as groepsgebonde mense geskape.

BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (7)

“Ek is sò moeg!” prewel Hermaans en gee homself oor aan selfbejammering. Sy kos is feitlik klaar, die water wat hy gedrink het smaak na modder en hy is moeg, so moeg soos wat hy nog nooit vantevore was nie. Dit voel vir hom asof sy binneste aan die ruk gaan van uitputting.

Hy het sleg geslaap, met die ongemak van die buitelug en die koue wat tot in sy been en murg ingedring het. Vanoggend het hy van die vuil water warm gemaak op ‘n vuurtjie en gedrink, net om iets warm in sy lyf te kry. Die trane wel op in sy oë en hy vee dit sommer met sy mou af. Dit kos hom amper sy lewe.

Die vier makkers wat vroegdag sy effense vuurtjie geruik het, het dadelik daarheen begin beweeg. Dis nie baie ver om te loop nie, maar dis gebroke terrein, besaai met klippe van alle grootte. Die skuinstes bestaan uit klip op klip en selfs vir ‘n mens is dit moeilik om te loop. Hier en daar moet hulle hande-viervoet uitklim om net later op hulle boude aan die ander kant af te seil. Tussen die laaste helling en Hermaans self is ‘n paar digte struikbosse en as dit nie daarvoor was nie, sou hulle mekaar vroeër in die oë kyk.

 Met oë wat nog half swem in die selfbejammeringstrane, kyk Hermaans na sy regterkant toe en sien ‘n paar klippe afrol tot nie meer as tien meter van hom af nie. Hy staan op, pluk die Heym se slot agtertoe en druk ‘n rondte in die loop sodra die eerste man opstaan van sy boude af.

Sonder om te huiwer trek hy die skoot en die swaar rondte tref die ou op die krop van sy maag, dring deur en tref die een agter hom in die heup. Die volgende man is by hom, asof hy nie eens die skoot gehoor en die skade gesien het nie. Terwyl Hermaans spook om weer oor te haal, gryp hy die voorkant van die loop vas en stoei om die geweer af te vat.

In plaas van in die teenoorgestelde kant te trek, stamp Hermaans die geweer vorentoe en dit tref die makker op sy bo-lip, skeur die vel van sy lip oop en breek ‘n voorstand. Die bloed loop vryelik uit sy mond en verskrik los hy die geweer. Hy val agteroor op die grond, met sy hande agter hom en kry ‘n vuis-grootte klip in die hande.

Sy maer, seningrige lyf wip op en hy bring die klip agter sy rug om te gooi. Hermaans skop na die man en tref hom tussen die bene. Hy vou onwillekeurig dubbeld, trek sy knieë op en brul van die pyn, terwyl hy met albei hande gryp na waar dit seer is. Hermaans het dit nie so beplan nie, maar is beïndruk met die resultaat. Die vierde man sien dat sy makkers se stryd gewonne is en hardloop weg.

“Staan, of ek skiet!” bulder Hermaans agterna, maar die man luister nie. Indien enigsins moontlik, hardloop hy vinniger. Hermaans besluit om ‘n skoot langs die ou te skiet, om hom nòg vinniger en verder weg te kry, maar in sy haas rol ‘n klip onder sy skoen uit en hy slaan neer, presies daar waar Hermaans die skoot plaas. Dit tref hom agter, waar sy nek en skouers bymekaar kom, trek deur sy lyf se lengte en kom op sy lae abdomen uit.

Hermaans gee die een op die grond ‘n vennynige skop onder die sitvlak.

“Kom, ou vieslik. Maak dat jy wegkom. Ek is nie meer lus vir julle aanjagery nie. Eers neuk julle die land op en dan pla julle my vir brood. Ek is sommer lus en skiet jou net hier!”

Hy vat sy geweer, druk vars rondtes by die magasyn in, haal oor en korrel na die man, wat nie meer as drie tree van hom af lê nie.

“Nee, askies Oubaas! Jammer Oubaas, ek sallie weer nie. Ek sweer, jy sal my nie eers weer sien nie, ek sweer.”

“Nou ja, gaan sweer daar anderkant die berg. Voetsek!”

“Ek voetsek, Oubaas!” skreeu die man benoud, terwyl hy sy hoedjie van die grond af raap en wegskarrel.

Hermaans besef sy aanvallers is weg of plat, gryp sy karige besittings en spaander self so vining hy kan, die berg in. Nog hoër en nog verder. Na vyf minute se hardloop en klim is hy uitasem en gaan staan stil. Terwyl hy rus teen ‘n groterige klip, besef hy dat hy nie meer huil nie.

‘n Uur later sien hy die rook. Teen sononder kan hy oor die plaas kyk. Die drie huise en al die buitegeboue is almal aan die brand. Een opstal is duidelik baie oud, en die ander twee, een na die westekant en een suid, is baie nuwer.

Selfs van hier af kan hy die lyke deur die teleskoop sien. Dis van vier vroue en een man. Die man herken hy as ‘n bekende jagter van die omgewing – ‘n frisgeboude man in sy middeljare. Sy hare is gekoek met bloed en stukkies skedelbeen.

Die ironie is dat die vrugtebome hierdie jaar goed gedra het en ten spyte van die Covid-regulasies en die dreigende oorlog in Europa, weet hy hulle het ‘n goeie oes gehad. Die twee uitgebrande lorries, perde met sleepwaens en kalfies, se seile het afgebrand en die kratte vrugte verbrand saam.

Die hoë stapels bloekom en dennestompe staan onaangeraak.

*

“Ons kan nie hier bly nie. Een of ander tyd gaan meer mense as wat ons kan hanteer, hierdie plek ontdek en dan is dit verby met ons.”

“Ek het jou nie gevra om hier te kom intrek nie. Niks keer jou om jou skoeter te vat en te ry nie.”

“Dis waar. Dit lyk net vir my asof jy moed opgegee het. Jy sal eerder hier lê en vrek van ellende en selfbejammering, as om op jou tande te byt en te ry.”

“Gestel jy is reg. Kom ons neem so aan. Waarheen gaan ons? Ons kan nie terug stad toe nie, die see is te ver en hoe meer ons noord ry, hoe meer mense gaan ons kry. Ek kan jou ‘n papiertjie gee dat honderde duisende mense besig is om land-uit te vlug. Lesotho kan net sòveel mense hanteer, so ook Swaziland en Botswana. Namibië is uit die pad uit en die enigste werkbare roete is deur Zimbabwe, so ver as wat ‘n mens kan gaan vir tien duisend kilometer. En moenie dink ons swartmense is so dom dat hulle dink hierdie bakleiery gaan goed vir hulle eindig nie. Hulle sal altyd bang wees vir die blankes.”

“Dink jy so? Hulle is vyftig miljoen teen vier. Selfs al veg ons tot die laaste koeël, sal hulle ons steeds met getalle toegooi. Ja, ek weet nie waarheen om te gaan nie, maar soos die kraai vlieg is ons nie meer as vyf en twintig kilometer van die N1 af nie. Ons kan nie hier bly nie – dis nie ‘n opsie nie.”

“Wag nou eers. Jy sê getalle? Ja, daar is baie. Maar van die vyftig miljoen waarvan jy praat, is ten minste dertig miljoen vroue. Dit los ons met twintig miljoen. Daarvan is sekerlik tien miljoen kinders. Kyk net hoe het hulle die afgelope jare aangeteel. Ek weet ek skat wild en wakker, maar ek dink nie ek is ver uit nie. Nou ja, kinders kan ook doodmaak en vroue natuurlik ook, maar ek weet dis by hulle die uitsondering. Ons is wel, soos jy sê net vier miljoen en daarvan is ‘n beduidende aantal liberale en lafaards. Selfs al het ons, deur die land versprei, net een miljoen mense wat kan baklei, sal ons steeds aan die wenkant wees.”

“Wat maak jou so seker? Ons jongmanne het slap geword. Die ou manne, dié wat nog soldate was, is oud en oor die muur. En moenie met daardie storie kom van die ou manne wat in die Boere-oorlog baklei het saam met die tieners nie. Daardie ou manne was gehard, van die veld, jagters en plaasboere. Hulle het van kleins af leer skiet en het die veld geken. Dis nie meer so nie.”

“So, wat stel jy voor – dat ons maar net oorgee? En ek verskil van jou. Ja, baie van ons het in die stad grootgeword en ons ken nie meer die veld so goed nie. En dit sal natuurlik moeilik wees om aan te pas, maar het ek en jy nie dit reeds gedoen nie? En jy vergeet van ons vroue. Daar is baie van hulle wat net so goed soos enige man kan skiet, wat intelligent is, dapperder as baie manne en nooit sal opgee nie. Om die waarheid te sê, ek dink vroue sal harder veg as manne, want hulle sal soveel meer verrinneweer word as hulle in die hande van die barbare val.”

“Miskien, maar ek waarborg jou dat daar al baie van jou vier miljoen doodgemaak is en dat min van hulle ingegrawe is op ‘n plek waar hulle kan terugveg. En hoeveel wapens is oor? Weet jy hoe baie is ingegee die afgelope tyd, waarvan die lisensies verval het of bloot net nooit gelisensieer was nie? En dié ouens wat wapens het, mag net twee honderd rondtes per lisensie hê. Twee honderd! Weet jy hoe vining skiet ‘n mens dit uit? Nee, ons moet nie ‘n plek kry waar ons kan terugveg nie, maar eerder gaan wegkruip.”

“Weet jy wat Cas? Ek is spyt dat jy hier aangekom het. Kamstig groot meneer, met jou BMW en Beretta en houding. Ek is baie ouer as jy, maar kom die tyd, sal ek bly staan, as julle sawwe outjies lankal gehensop het. Gee pad, dat ek kan opstaan!”

“En dan?”

“Dan ry ek totdat ek iemand kry wat saam met my kan baklei!”

“Ek dog jy is te siek en seer om te ry. Jy het ‘n halfuur terug nog so gesê.”

Calvyn kyk vir Cas ongelowig aan.

“Jou blikskottel! Dis net ‘n plan gewees om my te laat opstaan!”

“En verder te ry.”

“Nou laai die kar dan maar as jy so op en wakker is. Of wag jy dat ek dit ook moet doen?”

‘n Halfuur later vertrek die twee voertuie by die gehuggie uit.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1632 gaste aanlyn