NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Abraham Lincoln het gesê: ’n Mens is so gelukkig as wat hy besluit om te wees. Jy kan ook op net soveel geluk aanspraak maak as wat jy bereid is om te gee; nie meer nie!

BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (9)

Calvyn en Cas Blake het nie ver gery daardie eerste dag nie. Selfs die lang bladvere van die Nissan-onderstel en die groot bande kon die gestamp nie heeltemal demp nie. ‘n Gesonde en onbeseerde mens kom dikwels nie die op-en-af beweeg van ‘n voertuig so intens agter nie en onbewustelik absorbeer ‘n mens se liggaam dit ook, maar ‘n beseerde mens, veral een wat soveel fisiese trauma soos die twee manne deurloop het, voel elke stampie, hobbeltjie in die pad of oppervlak met pyn. Nie dat hulle juis op ‘n werklike pad ry nie. Hulle hou by tersiêre en so af en toe sekondêre paaie, met sinkplaatoppervlak, slaggate, selfs vlak slote en klippe, wat hulle gang versteur.

“Dink jy nie ons kan vir ‘n rukkie aftrek en rus nie?”

“Ek is sò bly jy praat. Ek is seer tot in my siel. Selfs my seer is seer.”

Natuurlik is daar nie oral goeie rusplek nie en hulle ry stadig aan tot hulle ‘n half-afgebreekte gebou aan hulle regterkant sien. Hulle moet van die pad afdraai daarheen, maar sodra hulle naby kom, peul daar ‘n groep mense oral uit; by die deure en openinge, ‘n paar jonger manne spring selfs deur die glaslose vensters uit en hardloop om hulle af te sny.

Nog ‘n ander groep hardloop agter hulle aan en dis duidelik dat hierdie mense dit al voorheen gedoen het. Calvyn trap die versneller dieper in en die kleinerige diesel tel stadig, maar gewillig spoed op.

Hy skakel twee ratte terug en dit gaan vinniger, al is die ewenaarverhoudings relatief laag, maar die groot bande hou hulle terug. Hy het die Colt reeds gereed gehou om die eerste paar manne te skiet, toe hulle net-net betyds by hulle verby is. Die manne hardloop ‘n ent in hulle stof agterna en ‘n klip tref die agterkant van die Land Rover se laaibak, maar dan is hulle verby en veilig – vir nou.

Albei het vir ‘n paar benoude sekondes van hulle seerplekke vergeet, maar die pyn kom nou terug en hulle soek na ‘n paar kilometer weer vir ‘n afdraai en rusplek.

*

Hy het die smal, vlak stoompie begin volg van onder die kranse af. Dit maak nie ‘n watervalletjie oor die rotse nie, soos wat ‘n mens byvoorbeeld by Lajuma kry aan die Westekant van die berg nie, waar die water vir meer as tagtig meter in ‘n smal stroompie val en die boer selfs ‘n mini-hidroliese aanleg gemaak het met ‘n waaier, ‘n spoel en ’n lorrie se alternator. Maar hier loop dit kronkelend waar dit die minste weerstand vind, soos die natuur se wette dit bepaal.

Hermaans loop versigtig, want al is dit nie direk by hom nie, maak die water die smal spruitjie se kante modderig en die klippe is hier en daar klam en glad. Spoed en afstand kan nie meeding teen veiligheid nie. Om hier ‘n been of enkel te beseer se gevolg is ‘n gewisse dood. Niemand weet hy is hier nie en niemand sal hom dus kom soek nie. Hy is ook te hoog in die berg dat mense hier verby sou kom – in elk geval, waarheen sou hulle wil gaan, hier is niks behalwe berge en nogmaals berg nie.

Daar is ‘n lae watervalletjie aan sy linkerkant, seker nie meer as sewe meter hoog nie en die water het ‘n vlak poeletjie uitgekalwe in die rots, waar dit al vir honderde jare val. Dit veroorsaak ‘n fyn sproei wat koel en verfrissend net bokant dit hang. Hy kan dink dat dit heerlik moet wees om hier te kom uitspan in die somer.

Hermaans oorweeg dit om hier te oornag, maar besluit om eerder nog aan te gaan; nòg hoër, nòg dieper die berg in, verder weg van die moontlikheid van mense af. Hy is ook nie teleurgesteld as hy vyftig minute later en dertig meter hoër, by ‘n klein, groen, grasperkie kom nie. Dis amper asof iemand dit aangeplant het en in stand hou, soos dit partymaal gebeur hier in die berg. Die fonteintjie spruit hier uit die middel van die gras, nie ‘n spuitfontein nie, maar dit borrel net ‘n paar sentimeter hoog uit die grond, kartel dan skuins van hom af, en verder teen die berg af.

Hermaans sit die twee gewere neer, ver genoeg van die fontein af, sodat hulle nie klam kan word en dalk roes nie, sak op sy knieë af in die klammigheid van die gras langs die fontein, hou sy mond oop, sodat die koel, vars, heerlike fonteinwater daarin vloei. Hy het lanklaas iets so lekker geproe as hierdie onbesoedelde, onbehandelde en chemikalieë-vrye water.

‘n Mens wat lank genoeg op sy eie is en in die natuur beweeg en oorleef, ontwikkel amper iets soos ‘n sesde sintuig. Hy voel onrustig, amper asof iets of iemand vir hom kyk. Hy lig sy kop op en kyk vas in die geel, deurdingende oë van ‘n uitgegroeide mannetjies-luiperd. Hy weet nie of die dier nog die hele tyd hier was en of hy saggies nadergesluip het toe hy hom gewaar het nie. Hermaans weet dat die Soutpansberg daarvoor bekend is dat dit op plekke die grootste konsentrasie luiperds huisves, maar is nogtans geskok as hy die dier sien.

Hy besef instinktief die gevaar daaraan verbonde, want ‘n slegte byt of krap sal onafwendbaar sleg word en hy het niks om dit mee te behandel nie. Netso kan die dier hom maklik doodbyt en opvreet, maar hy dink nie eens daaraan nie. Net so seker as wat ‘n verstuite enkel of ‘n knie wat ontwrig is, sy lewe kan kos, so sal dit ook gebeur as hy ‘n sny, krap of bytplek kry.

Vir ‘n paar baie lang sekondes kyk hy en die luiperd mekaar in die oë en dan lig die mannetjie sy lippe om die skerp, gevaarlike tande te ontbloot. Sy neus verkreukel en diep uit sy binneste rys ‘n swaar en lae gegrom. Soos enige ander kat, piets sy stert heen en weer.

Die oomblik toe Hermaans agtertoe gaan sit op sy voete, maak die luiperd gereed om te spring. Hermaans weet hy kan onmoontlik een van die gewere betyds oplig en trek so vinnig hy kan die rewolwer uit die skede aan sy sy.

Hy het nog nooit vantevore ‘n skoot met die Ruger geskiet nie en is half onkant gevang as hy die erge terugskop in sy hand voel. Hy weet nie of hy getref het nie, want die volgende oomblik is die kat op hom, hy val agteroor en ruik die stank van die oop mond, sentimeters van sy gesig af. Instinktief bring hy sy linkerarm op om sy gesig en kop te beskerm, voel hoe die dier se tande in die dik baadjie inboor, die kat se voete met die skerp, lang kloue op en af teen sy baadjie vasskop om sy maag oop te skeur, maar die dik hooibelt keer dit effens, genoeg dat die baadjie skeur, maar nie sy velle nie.

In absolute paniek bring hy die rewolwer op, druk dit teen die kat se kop en trek die skoot. Bloed en stukkies been spat oor sy hand en gesig en die luiperd verslap op hom, genoeg dat hy hom onder die ding kan uitwikkel met krag wat uit angs en paniek gebore is. Eers as hy hygend opstaan, skiet hy nog drie skote in die borsgedeelte van die dier. Dis egter nie nodig nie – hy is dood.

Hermaans voel ‘n seer lamheid in sy linkerarm en koue skok trek weereens deur hom. Hy pluk die baadjie angstig uit trek sy hempsnou op sover as moontlik en verwag die ergste. Daar is duidelike bytmerke aan sy arm, wat sekerlik blou gaan word, maar dit het nie deur die vel gedring nie – die baadjie het gekeer. Hy voel sy bene lam word, maar gaan sit nie dadelik nie.

Hy strompel ‘n paar tree eenkant toe en val dan op sy boude neer. Met bewerige vingers swaai hy die rol van die wapen uit, druk die leë doppies uit en laai ses vars rondtes in.

*

Ten spyte van al die voorbereidings wat haar man gemaak het, maak Robyn ’n bestek-opname van alles wat geberg is, nie net in die huis se spens en die pakkamer nie, maar ook bo-in die hangkaste, onder die beddens en die pakplek onder die twee buffette. Daar is nog heelwat nie-bederfbare kos, medisyne en noodhulpvoorraad, bottels water, diesel vir die kragopwekker, genoeg (hoeveel is genoeg?) ammunisie vir die wapens en seep.

Daar is egter ‘n beperkte voorraad toiletpapier en tandepasta, miskien omdat die toiletpapier soveel plek opneem en om een of ander rede het Reiner gedink vyf buisies tandepasta is genoeg. Sy onthou nou ook hoe die mense inderhaas toiletpapier gaan soek het en die rakke leeg gekoop het met die vorige dreigende noodtoestand, nie net hier nie, maar veral ook in Australië.

Robyn het iewers gehoor wat ‘n mens kan doen om jou eie tandepasta en toiletpapier te maak, maar sy onthou nie die metode of die resep nie. Sy besluit om weer iewers in die nabye toekoms die huis te verlaat en vir papier, enige papier, te gaan soek.

Indien sy wel in die toekoms kan onthou hoe om die witgoud te maak, sal gewone papier sekerlik die vertrekpunt moet wees. Hoe het mense hulleself afgevee in die honderde eeue voor papier gebruik is, wonder sy. Sy kan ook nie by die bure gaan bedel nie, want hulle huis is nou tot oorlopens toe vol met die nuwe kuiergaste, wat wie-weet-hoe-lank daar gaan bly.

Sy oorweeg vir ‘n paar minute om van die mense te nooi om by haar te kom intrek, al is dit net tydelik en sy staan selfs reg om die deur oop te maak om daarheen te gaan, as sy haarself bedink. Iets hou haar teë, al kan sy nie ‘n vinger daarop lê nie. Sy skryf dit maar af as ‘n begeerte om haar privaatheid te beskerm, wat nie heeltemal verkeerd is nie. Sy het die afgelope maande geleer om alleen te bly, net vir haar en die diere te sorg en sy kan nie bekostig om soveel mense met haar beperkte voorraad te onderhou nie. Tog knaag ‘n stukkie selfverwyt ook aan haar.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1628 gaste aanlyn