NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het geen behae in die dood van die goddelose nie maar dat hy hom moet bekeer. Wat doen ons om mekaar te waarsku teen verkeerde dinge? Sluit ons liewe  vredesonthalwe ons oë toe vir ons kinders en geliefdes se sondige lewens? God sê dat daardie verlore siel se bloed dan aan ons hande sal wees. As ons die persoon wel waarsku en hy gaan voort om in goddeloosheid te leef, sê God dat ons daardeur ons eie siel gered het (Eség 33).

BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (10)

Die wind fluit onophoudelik, met stukke boom, los asblikdeksels, selfs sinkplate van die ander huise wat teen die kante van die huis vasslaan, en doof alle ander geluide uit. Selfs die honde, wat vir die geringste geluidjie in die nag sou opspring, hoor net die geweld van die storm.

Die eerste gewaarwording wat Robyn het, as sy skielik uit diep slaap wakker word, is die silhoeët van Bossman Gumede as hy afgeëts deur ‘n weerligstraal teen die venster, voor haar staan. Sy gryp instinktief na die haelgeweer op haar skoot, maar hy is vinniger, pluk die wapen weg en gooi dit eenkant, waar dit op die vloer val. Hy skop vir Bella en haar maat weg, en as sy weer op hom afstorm, slaan hy haar met die graaf, wat hy steeds in sy regterhand vashou.

“Come to me, my love, I’ve been waiting for you for so long!”

In sy fantasie-waan het Bossman homself voorgestel dat die vrou maar te gewillig sou wees om sy plesiere te deel. Hy pluk die kombers van haar af, gooi dit op die haelgeweer en tree nog nader.

Robyn sien die man effens teen die venster, ruik sy stink asem en nat, ongewaste lyf, en ervaar die skok van sy woorde. Die eerste gedagte wat by haar opkom is hoe het hy ingekom? Sy was so seker dat sy alles gesluit het. Hoe het die honde nie wakker geword nie?

Bossman Gumede sien die skielike flits voor hom, hoor ‘n knal wat harder is as die weerlig en donderweer, wind se geraas en die val en klap van voorwerpe teen die huis. Vir ‘n oomblik weet hy nie wat gebeur het nie, maar sy liggaam is tot stilstand geskok.

Robyn haal die groot .44 Magnum weer oor, die een wat onder die kombers op haar skoot gelê het en skiet weer. Bella kom grommend en woedend aangestorm, gryp na die man se hand, maar dis nie nodig nie.

Robyn neem die klein tweerigting-radiotjie en roep:

“Jaap, kom help, as jy kan!”

Binne twee minute is ‘n haastig-aangetrekte Jaap en sy twee seuns by haar. In die lig van sy helder flits sien Jaap die bebloede, nat en uiters dooie man voor Robyn op die vloer lê.

“Ai, Robyn, as jy iemand skiet, vat jy nie kanse nie, nê?”

Robyn antwoord nie, maar druk die twee leë doppies uit die rewolwer en vervang hulle met vars rondtes. Sy tel die haelgeweer op, vee ‘n paar druppels bloed van die kolf af en sit dit op haar stoel. Haar hande bewe net effens.

*

Geld kan nie liefde koop nie, ook nie geloof, genade en helaas, ook nie smaak nie. Aan die noord-oostelike deel van die dorp, aan die suidelike hang van die berg, is die helling die afgelope twintig jaar in terrasse gelykgemaak en ‘n nuwe skuldbult het verrys, waar daar vantevore net plantasie, inheemse bome en struike was. Spottenderwys word na hierdie woonbuurt, wat uitsluitlik deur swartmense bewoon word verwys as “Corruption Heights”, omdat die meeste, indien nie al nie, die huise gebou is met tendergeld.

Dit kos ‘n klein fortuintjie om die grond gelyk genoeg te maak om op te kan bou en ‘n baie groter fortuin om die huise op te rig. Die meeste hiervan is op kleinerige erwe gebou en die huise self beslaan die meeste daarvan, sodat daar tussen die geboue maar ‘n paar meter spasie is en dit al meer begin lyk na stegies (met kunsgras langs die mure).

Hierdie huise is feitlik sonder uitsondering dubbel en selfs drie-verdieping huise, met pilare, kolomme, boogvormige koepels bokant elke buitedeur en portale wat ‘n kombinasie blyk te wees van Gotiese boustyl, Neo-Doriese, kwasi-klassieke, nagemaakte Barok en met die eienaar en bouer se oordadige gebruik van eenrigting glas vir die reuse vensters, vlekvryse staal rame en boë, vanaf spierwit, tot donker pers geverf en kan beskryf word as Afrika-Parnevu boustyl. Die huise begin op sowat vyf miljoen en hou nie op na dertig miljoen rand nie.

Lucky Mpembe het ‘n tender ingesit vir ‘n paar kilometer se pypleiding vanaf die dorpsdam na die pompstasie. Hy het ‘n berekening probeer maak van hoeveel dit sal kos, by ‘n duimsuig bedrag gekom (hy is eintlik ‘n pompjoggie en nie ‘n kontrakteur nie, maar ken iemand in die munisipaliteit), ter wille van veiligheid dit met ses gemaal en sy tender geplaas.

Sy tender was verreweg die hoogste, maar die ander tenderaars het om die een of ander tegniese rede nie voldoen aan die vereistes nie (soos byvoorbeeld dat hulle wel aan die BEE en BBB-E standaarde voldoen het, maar nie ge”connect” was nie). Die munisipale bestuurder (‘n verlangse neef van Lucky se vrou) het die twaalf miljoen rand weereens met twee vermenigvuldig, met die voorwaarde dat hy sy bakhandjie-vol kry, natuurlik gewas deur die boeke van ‘n plaaslike kerk, wat ook hulle deel gekry het – ‘n Mercedes C320 Cdi vir die pastoor – en die tender is goedgekeur deur die munisipale bestuurder, wat natuurlik sy geskenkie van ‘n halfmiljoen gekry het.

Lucky Mpembe het beweer hy het nie die kapitaal om mee te begin nie en is die volle bedrag vooruit betaal. Die feit dat hy tot en met die uitreiking van die tenderaansoek ook nie ‘n maatskappy besit het nie en ‘n oorhaastige een vinnig deur ‘n amptenaar by CPIC geregistreer gekry het, twee dae na die tenders gesluit is, was nie van belang nie. Ook nie dat hy behalwe ‘n ou beton-kruiwa, ‘n verweerde pik en twee grawe geen konstruksie-toerusting besit het nie, maak ook nie ‘n verskil nie.

Hy het sy ou Corolla Pietersburg toe bestuur, dit ingeruil vir ‘n Mercedes Gelandewagen 6.3 AMG en dadelik ‘n erf aangeskaf, wat goedgunstiglik deur die munisipaliteit geskenk is, heel bo-aan Corruption Heights. Die duur grondverskuiwingsmasjiene het die baie steil skuinste gelyk gemaak, groot genoeg vir ‘n ses honderd vierkante meter huis op die sewe honderd vierkante meter erf. Die agterkant van die erf is vertikaal en meer as tien meter hoog.

Nadat Lucky ‘n vyftig meter-lange sloot na die pompstasie gegrawe het, het hy eers besef hoeveel die staalpyp gaan kos, sy berekeninge oorgemaak en met die hulp van die Hoof Finansiële Beampte en die munisipale bestuurder nog vyf miljoen bygekry het, waarvan twee miljoen weereens hulle pad na die “begunstigdes” (entitleds) gekry het, het hy tot sy sinne gekom, beide projekte laat vaar, sy wettige vrou en ses kinders aan hulle eie lot oorgelaat, sy minnares saamgeneem en oornag uitgewyk na Dubai.

Die kaalgestroopte stuk erf, met net die slote van die fondasies klaar gegrawe en ‘n klompie duisend bakstene op die sypaadjie afgelaai, het so bly staan vir ses maande.

Sikloon Hermas het ver bokant Limpopo verbybeweeg, maar as ‘n volsterkte kategorie vyf sikloon, het selfs die periferiese winde verwoed gewaai oor die dorp, het bome ontwortel, dakke weggevee, huise platgeslaan en miljoene tonne water oor die berg uitgestort.

Die leë erf waar Lucky se huis moes kom, is ontbos, maar nie gerehabiliteer nie. Die stortende reën het oor die naaste kruin van die berg gevloei, saam met dié wat direk daarop val en het die vertikale, skoongemaakte wal van vyftien meter deurdrenk, in ‘n modderhoop verander en dit het begin beweeg. Dit gebeur eers stadig, amper te stadig vir die oog om dit te volg, maar ’n diep grom uit die papnat helling moes gewaarsku het.

Sewentig ton kleigrond het begin verskuif. Dit lyk soos ‘n massiewe, donkerbruin, modderige wors wat aan die onderkant van die wal uitstulp, en uiteindelik op homself inval. Iemand wat die skouspel sou dophou, sou miskien verlig wees oor die vierkantige hope bakstene langs die pad en sou hoop dit stuit die beweging, maar dit word bloot saamgesleur.

Die modderstorting kry momentum, loop oor die teerpad en hoop op teen die naaste ander huis se baksteenmuur (dis vreemd hoe hoog die noveu riche hulle heiningmure bou) en stoot dit na ‘n halfuur om. Die eerste domino het geval en die modder, nou aangehelp die die steeds-stromende reën, loop eers half om die swakgeboude, maar imposante drieverdieping nabootsing van die paleis van Verseilles, maar vind dan ‘n swakplek, vergroot dit eers vanaf ‘n kraak tot ‘n skeur, uiteindelik na ‘n gaping en stoot die buitemuur om.

Die dak hang vir ‘n oomblik skeef, die té vlak fondasie gee mee en die hele gebou plof in, asof ‘n demolisiekontrakteur dit platskiet. Die bourommel word nou deel van die storting, loop die huis onder hom plat en brei dan uit kante toe.

Die momentum is nou geweldig en een na die ander huis en heiningmuur word deel van die brander, wat die hele buurt verswelg. Dit loop oor die teerstraat en oor helfte van die gelykte op die park aan die onderkant.

Onder normale omstandighede sou honderde mense in die puin vasgeval wees. Daar sou ook onmiddellik deur die rampbeheerspanne begin word om oorlewendes te soek, maar daar is nie meer iets soos rampbeheer nie en gelukkig is die meeste van die huise leeg, soos die inwoners reeds lank voor die storm padgegee het na ‘n meer verwelkomende Afrika, noord van die Limpopo.

Wanneer Robyn die volgende oggend die huis se gordyne oopmaak, groet ‘n vreemde gesig haar na die noorde toe: waar die nuwe skuldbult was, is ‘n halfmaanvormige gat teen die berg, asof ‘n reuse TLB dit met een skep weggehap het.

Die reën het nog geensins bedaar nie, inderwaarheid voel dit vir haar dit kom harder af as ooit vantevore, so al asof die natuur die aaklige skending daarvan probeer wegwas. Die modder kom to so naby as dertig of veertig meter van haar huis af. Dit is meer as drie honderd meter wyd, amper soveel diep na die berg se kant toe en op plekke seker baie hoog.

Hier en daar steek ‘n paar stukke beton, boomstamme, glas en selfs ‘n kar se dak uit. Verder is dit glad, asof iemand dit so gesmeer het teen die plek waar die huise gestaan het.

Dit is nie vir haar ‘n skok nie. Niks kan haar meer skok nie. Sy wonder onwillekeurig hoe lank dit gaan neem vir die natuur om hieruit en bo-op bome, struike, gras en ander plante te groei.

Sy sien die bure staan ook die skouspel en dophou, maar dit reën nog te hard vir hulle om mekaar te kan hoor.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1636 gaste aanlyn