NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons volk se harte nie gaan verander nie, sal niks verbeter nie, eerder versleg! God gee ons ʼn kragtige Gees om ons te help om ons harte skoon te maak – die Heilige Gees.  Laat jou hart in lyn met God se doel kom.  Daarvoor moet ons wakker wees en nie toelaat dat verkeerde dinge ʼn tuiste in ons hart vind nie.   Dis ʼn daaglikse stryd wat ons slegs met die hulp van die Heilige Gees kan stry.

BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (1)

Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)

Darius Maxim, oftewel, Max, soos almal hom ken, sit op die harde, halfverweerde parkbankie reg oorkant die Pretoriase stadsaal, naby die standbeeld van Andries Pretorius en sy perd.

Dis ‘n laat wintersdag, met die Augustuswinde wat vroeg vanjaar opgesteek het. Hy het ‘n ou, lang weermagjas wat uit sy neef se dienspligdae dateer aan, een wat by die ou soldate bekend was as ‘n “aapjas”, met die wollerige voering aan die binnekant en ‘n kappie aan die bokant, amper soos die nuwerwetse “hoodies” wat deesdae mode is, veral onder die jeug.

Max het die afgelope tyd van al sy vooropgestelde idees van ‘n reënboognasie ontslae geraak, grootliks as gevolg van sy ervarings saam met Bella Vos, wat hy uit die berge in die Wes-Kaap gaan haal het, nadat sy haar voet gebreek en amper verkluim het as gevolg daarvan.

Die land het die afgelope tyd al meer in chaos verval en daar is selfs gedeeltes in Johannesburg en Durban waar die veiligheidsmagte uitgeban is. Dis asof die land asem ophou, met sommige stadsbewoners wat reeds padgegee het na die platteland toe, ander wat onverbiddelik vashou aan bekende omgewings en die grootste hoeveelheid wat bloot verward is.

Pretoria verval ook sporadies in tydelike anargie wanneer die mense hulle woede strate toe neem. Voorheen was hierdie onluste amper op die ingewing van die oomblik en spontaan, maar dis duidelik dat dit deesdae georganiseer en doelbewus plaasvind, om nie net die bestaande regering te ondermyn nie, maar ook om vrees te skep en aan die organiseerders ‘n magshouvas op die gepeupel te gee.

Ver af in die straat is dit duidelik dat ‘n klein groepie die straat binnemarsjeer en soos dit vorder, word hulle al meer. Nicodemus het vir Max vertel hoe dit in sy dienspligtyd gebeur het, met die onluste aan die Oos-Rand, dat sommige onluste duidelik georganiseer was, met aanhitsers en opruiers, hier en daar versprei onder die gepeupel, maar dat dit ander kere half spontaan ontstaan het.

Max weet hierdie een is georganiseer en dit is juis waarom hy hier is. Waar hy sit, kan hy ongemerk die klein Zeiss verkykertjie uit die aapjas se groot buitesak haal en as hy die fokus effens verstel, sien hy die figuur van ‘n medium-lengte, maar sterk geboude man met ‘n kaal kop en swart, ruie baard, wat selfs teen sy donker gelaatstrekke uitstaan, nie reg in die middel van die voorste ry nie, maar so ‘n derde van die linkerkant.

Hy trek die aapjas se kappie oor sy kop, sodat sy gelaatstrekke verberg is en sodra die eerste polisie-Nyalas en Casspirs opdaag, weet hy wat volgende gaan gebeur.

Die onlustegangers het nou aangegroei tot ‘n paar honderd en Max merk op dat die man wat hy dophou, Jubal Kennedy, wat hy volgens inligtingsbronne weet nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie, maar ‘n Amerikaner van Nigeriese oorsprong, nou na reg in die middel van die groep verskuif het.

Waar regerings tot ‘n val gebring word en ‘n nuwe een geskep word, is die CIA onverbiddelik teenwoordig. Hierdie een wat hulle in 1994 tot stand gebring het, is ‘n volslae mislukking en hulle moet nou een kry wat meer na hulle pype dans. Die afgelope jare het die ANC immers gewys waar hulle lojaliteite lê: by die Palestyne, Russe, Iranese en Chinese en nie by Amerika, wat hulle aan bewind gebring het nie.

Max se mense – sommige sou dit ‘n organisasie wou noem – bestaan uit manne en vroue wat besef dat die tyd voor ‘n volskaalse ineenstorting van stelsels baie min is, maar steeds probeer om die aankomende skade sover as moontlik te beperk, en weet dat Kennedy se marionettemeesters superwelgestelde en invloedryke mense is, met ‘n agenda wat ver wyer strek as die plaaslike politiek, waar daar ‘n magstoutrekkery tussen die grootste politieke partye, die ANC, die IVP, DA, VF+, EFF en MKP is. Hulle is almal maar stukke op die internasionale skaakbord, wat, as die tyd aangebreek het, summier van die bord afgevee sal word.

Aan die groot toedrag van sake kan Max en sy mense nie veel doen nie, maar plaaslik kan hulle die skade soveel as moontlik beperk, met die tyd wat vinnig besig is om uit te loop.

Dit beteken dat hulle die prominente politieke rolspelers sover as moontlik met rus laat, maar die ondergrondse opstokers, aanhitsers en moeiliheidmakers is, soos die Engelse sê: “Fair Game.” As jy nie omgee vir ander se lewens nie en dit in gevaar stel ter wille van jou meesters se agenda, stel jy jouself ook aan gewelddadige optrede bloot. Later mag hulle aksie boontoe loop na meer senior mense.

Natuurlik sny die dolk weerskante toe en Max besef dat hy ook die gevaar loop om sy lewe of ten minste sy vryheid, in die proses te verloor.

Met al die aandag wat op die protesteerders gevestig is, wat ookal hulle klagte kan wees, wag Max vir die eerste sirenes om die geraas te verdoof, voordat hy opstaan. Die geboue weerskante van die pad is verwaarsloos, met die hoofkwartier van die vloot wat nou verlate is en die ou sinodale gebou wat uit kantoorspasie bestaan. Die mense daarbinne klap die vensters, waar hulle uitgeloer het, toe en verskuil hulleself aan die binnekant, sover as moontlik van die buitemure af. Ook hulle weet wat kom.

Met sy byna wegsmeltende jas, dit wil sê ‘n verbleikte bruin-groen een, en die kappie oor sy kop, is hy maar net nog iemand in die omgewing, iemand wat die ander nie juis sal onthou nie. Hy is nie lank nie, ook nie kort nie, maar net so 1,85 meter, maar die oplettendes sou merk dat sy skouers baie breed is vir sy lengte.

Die eerste Nyalas hou ‘n ent voor die skare stil, met Max tussen die aankomelinge en die polisie. Feitlik onmiddellik vlieg traangasgranate (cannisters) met ‘n boog en die meeste land voor die onlusmakers. Dit word gevolg deur rookgranate; grys, geel en groen. Hier en daar knal ‘n skokgranaat, maar dis duidelik die polisie het nie meer veel daarvan oor nie.

Met die eerste walms wat hom ontvou, plaas Max ‘n gasmasker oor sy gesig en loop dan die rook binne. Sodra hy agterkom dat hy naby die skare is, haal hy ‘n Walther P38 9mm Parabellum uit sy binnesak, skuif ‘n knaldemper oor die loop en druk die veiligheidsknip vorentoe en op. Die wapen is gelaai met 127 grein koeëlpunte en skiet dus effens stadiger as die normale 115 grein ammunisie – net onder die snelheid van klank.

Alhoewel sy oë effens traan van die eerste asems traanrook en hy die geneigdheid om te hoes onderdruk, kan hy genoeg sien om Jubal Kennedy te eien. Hy loop tot binne twee meter van die man af, met die mense wat verward begin hoes en skreeu van woede. Hy lig die wapen en trek drie skote. Die eerste twee tref Kennedy in die borsgedeelte en die derde een in die voorkop.

Max beweeg na die kant van die skare, terwyl hy die wapen se knaldemper verwyder en die twee voorwerpe in die jas se binnesakke bêre. Hy is oor die lae ketting wat die plein afsper en sodra hy anderkant die plein is, trek hy die jas uit, versigtig dat die inhoud van die sakke nie uitval nie. Hy loop vinnig, maar nie haastig nie, na die parkeergarage naby die stasie, waar hy sy daklose Isuzu Frontier 320 V6 kry. In die bakgedeelte is ‘n ou weermagtrommel vasgebout, sterk gesluit met ‘n draaislot.

Hy plaas die aapjas daarbinne, met die Walther en knaldemper steeds in die binnesak, en haal sy ander wapens uit. Hy sit die CZ aan sy sy en die spaar magasyne in die konsolekassie. Agter die siplek is sy lang geweer, die Ruger Hawkeye in .338 Winchester Magnum.

Net na elfuur die aand en ‘n hele tenkvol petrol verder, daag hy by sy bestemming op.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1820 gaste aanlyn