Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gelowige volksleiers het ‘n sterk sin vir reg en geregtigheid wat nie deur wette bepaal word nie, maar deur die Woord van God en die lewens-insig wat Hy aan gelowiges gee. Gevolglik kan ‘n gelowige volksleier hom nie met ‘n teenstrydige waardesisteem versoen nie. Hy laat hom nie deur onregsdienaars beïnvloed nie en lei eerder self onreg as om volksgenote te veronreg.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (3)
-Robert F. Kennedy
*
Afrika het ‘n baie swakontwikkelde begrip van die toekoms. Dis nie ‘n kritiek op hulle as ras nie, maar eerder op hulle kultuur. Dit is waarom nou belangriker as môre is, waarom vandag se onbedagte seks nie rekening hou met die feit dat ‘n kind verwek kan word, gebore sal wees en grootgemaak sal word nie en dat daar moontlik nie geld is om hom of haar te versorg nie.
Dis hierdie selfde argeloosheid wat maak dat feitlik geen Afrikaland werklik kan ontwikkel anderkant kolonialisme nie. Inderwaarheid het van die 63 lande waar swartmense aan bewind gekom het, nog nie één na al die jare van “onafhanklikheid” dieselfde standaard herwin as wat dit gehad daarvoor nie en gedurende kolonialisme.
Tereg kan dit ook gehang word aan die smagting om geëer te word en daarom sal senior amptenare eerder in luuksheid lewe as om ‘n skool of hospitaal te bou. Dit is waarom Suid-Afrika se president ‘n groot salarisverhoging eis, terwyl die res van die staatsamptenare se verhogings gevries word.
Miskien was dit die ANC en hulle meesters se bedoeling om net aanvanklik hulleself te verryk en daarna die fisikus te gebruik om in stand te hou en te bou, niemand kan werklik weet nie. Die feit van die saak is dat die pandoraskissie oopgemaak is en niemand kon dit weer toekry nie. Die trogvreters het nie versadig geraak nie, en meer en meer van hulle staan in die ry om elkeen sy deel te kry. Daarby is daar soveel skelette in die kas en diegene wat daarvan weet, moet omgekoop word om stil te bly.
*
Die GPS waarsku vir Max dat daar ‘n groep karre voor in die pad is. Normaalweg sou hy aanvaar dat dit verkeerspolisie is en dat daar ‘n snelstrik is, maar nou kan hy nie die kans daarvoor vat nie. ‘n Honderd meter voor hulle is daar ‘n oorbrug en hy hou daar onder stil.
“Wag hier vir my, asseblief, Cornelle. Ek sal nie lank wees nie.”
Hy klim teen die wal uit en as hy bo-op die dwarspad kom, kan hy sien dat hulle reeds verby die stoppergroep is, waar die vorige oorbrug-aansluiting nie meer as vier honderd meter agter hulle is nie. Hy kan ook twee polisie en weermagvoertuie sien op die dwarspad, sowat twee honderd meter na weerskante toe. Inniglik verwens hy homself dat hy so maklik in ‘n lokval geloop het en aan die ander kant is hy beïndruk met die optrede van die uniformmagte.
Terug by die voertuig vra hy weereens dat Cornelle vir hom sal wag, krap in die trommel aan die agterkant van die bak en haal ‘n sterk draadtang uit. Hy het al lankal geleer dat dit een van die mees bruikbare stukke gereedskap is wat ‘n mens kan besit.
Dis reeds sterk skemer en Max maak staat op die gebrek aan lig, as hy langs die pad terugloop na waar hulle vandaan kom. Dis nie ongewoon dat daar voetgangers selfs op die N1 is nie en hy hoop hy word as een geëien. Hy het die kappie van sy baadjie oor sy kop getrek en kan ook nie op hierdie afstand eens as ‘n blanke geëien word nie. Na ‘n sestig meter loop hy tot by die draadheining en maak asof hy daardeur klim. Versigtig gaan sit hy en knip die doringdraad.
Hy loop aan die ander kant van die hoofweg terug na die brug en klim in die Isuzu. Versigtig, wanneer ‘n ander voertuig verbykom en hy hoop die aandag is daarop gevestig, ry hy agteruit na waar hy die draad geknip het.
Skielik sien hy beweging by die een groep aan die bokant van die oorbrug. Of die stoppergroep sy truligte gesien het, of hulle bloot die beweging raakgesien het of wat, sal hy nie weet nie.
Met die wete dat hulle raakgesien is, gooi hy alle versigtigheid oorboord, draai om, met sy voertuig se neus na die aankomende verkeer en ry so vinnig as moontlik die paar meter na die opening wat hy geknip het. Tussen die teerpad en die opening in die heining is ‘n sement afvoersloot en ‘n kort, maar steil wal.
Max het nie tyd om die kar se voorste nawe te sluit nie, maar skakel die ewenaargrendel aan en loop beide die hindernisse storm, met genoeg spoed om daardeur en oor te kom, maar nie te vinnig nie, sodat hy die voorsuspensie beskadig.
Na ‘n paar meter deur die ruwe veld is hy by ‘n plaasgrondpad en hy val daarin met eweneens genoeg spoed om weg te kom, maar versigtig genoeg vir groot klippe, gate of slote.
*
“Waar gaan julle nou?”
Die opruimingswerk is verby. Dit het baie lank geneem, want na die lang ontploffing deur die lengte van die hoofstraat, het bloed en stukke soldaat oral heen getrek en baie daarvan is eers na ‘n paar dae gevind, nadat dit begin sleg ruik het. Die lang sloot wat die tuisvervaardigde “plofadder” gemaak het, het die begraafplaas vir die vyandige soldate geword, is opgevul en die pad herstel so goed onder omstandighede as moontlik. Die ongevalle aan burgerlike kant is gering teenoor die verlies aan die soldatekant van Klaus Von Kleibel se mense.
Die verslane leër se wapens is bymekaargemaak en slegs dié wat in die ontploffing beskadig is, is uitmekaargehaal ter wille van onderdele, maar daar is baie gewere, ‘n aantal handwapens, RPG’s en diesmeer wat herwin is, tesame met baie rondtes ammunisie.
LeRoy het ‘n algemene berig geplaas en selfs so ver as drie honderd kilometer van Vuilbaardsvlei het versetgroepe aangekom om daarvan te koop of te ruil en waar daar niks is wat hulle kan gee of ruil nie, word dit verniet aan hulle verskaf.
Soos die mense aangekom het, is inligting uitgeruil, wat wissel van baie sleg, waar klein en selfs minder klein dorpies totaal en al uitgeroei is, tot goeie nuus waar ander gemeenskappe hulle rug styfgemaak het en nie net die wolf van die deur af weggehou het nie, maar selfs verpletterend verslaan het.
Slegs in en naby van die groter metropole is die regering nog in beheer, met slegs die oorblyfsels van die SAPD wat daar nog funksioneer. Natuurlik is hulle en die ou SANW se getalle aangevul met lojale burgerlikes, wat selfs nog meer elemente van ISIS, Boko Haram en ander moslemgesindes insluit. Ook Lesufi se privaatleër is geïnkorporeer en wat hulle aan kundigheid, vaardigheid en opleiding verloor, wen hulle in getalle.
“Ons gaan terug Soutpansberge toe. Dis ons tuisveld en ons ken dit, weet hoe om die terrein te gebruik, waarheen om te vlug as dit nodig is, om water te kry en skuiling. En natuurlik is daar nog baie van ons mense in en rondom die dorp. Gaan julle verder kan regkom?”
Nicodemus sê nie die logiese byvoegsel: “sonder ons” nie.
“Ja, ons sal. Ek kan my nie voorstel dat hulle sal waag om weer te probeer nie.”
“Hoe lank dink jy gaan hierdie oorlog aanhou?”
“Niemand kan sê nie. Die regeringsmagte het dieselfde fout gemaak as wat die Engelse gedoen het met die aanvang van die Boereoorlog. Hulle het gedink drie maande op die uiterste. Buller het selfs gesê hy dink hulle sou teen Kersfees van daardie jaar in Engeland terug wees. Toe neem dit drie jaar. In ons geval moet jy onthou dat die wrewel ‘n baie lang pad geloop het, woede het toegeneem en uiteindelik het dit in haat omgeswaai. So, ek weet nie, maar ek dink ons kan reg maak vir ‘n baie lang oorlog – miskien gaan ek en jy, Klaas, nie eens die einde daarvan in ons leeftyd sien nie.”
“Is julle seker julle wil nie eerder maar bly nie?”
“Nee, ons moet regtig teruggaan. Miskien, as ons die geleentheid kry, kom kuier ons.”
“Of as ons julle weer nodig kry?”
Ben maak ‘n paar voorstelle oor hoe hulle hulle veiligheid kan aanvul en opgradeer.
Wanneer mense saam deur so ‘n trauma gegaan het, is daar ‘n onbreekbare band wat tot die dood toe nie gebreek kan word nie. Die afskeid word uitgestel en uiteindelik klim die klomp traag in die voertuie, wat met plaasdiesel waar moontlik, aangevul is.
Uiteindelik gaan Giel, WP, Janah, Dons en nog ‘n paar ander ook saam met Nicodemus en sy mense. ‘n Dag later is hulle terug by die Berg.
*
Max is bewus van die feit dat die polisie en weermag nie enige diensbare helikopters het om hulle uit die lug te bespied nie, maar hy weet nie of daar eksterne magte, dit wil sê vanuit die buiteland, dit dalk kan verskaf nie. Ook neem hy in gedagte dat, met die oorlog in die Noordelike halfrond, alle vaste en draaivlerk vliegtuie ‘n premie daar sal geniet. Dit laat die enkeles in privaatbesit.
Daarby neem hy in ag dat niemand werklik weet waar Cornelle haar bevind nie, dat daar geen bewyse of selfs vermoede is dat sy saam met hom, Max, in die voertuig is nie. Tog kan hy nie enigeen van hierdie faktore heeltemal in die wind slaan nie. Die mense wat op haar spoor is, is uiteraard ontsaglik ryk, is desperaat om haar op te spoor en stil te maak, en het natuurlik elke moontlike moderne stuk tegnologie aan hulle kant.
In hulle guns is die feit dat hulle geen stukkie opspoorbare tegnologie in hulle besit het nie, dat die voertuig een van miljoene ander is, dat hy wat Max is, nie net bewapen is nie, maar beter bekwaam daarin as die meeste ander mans, dat hy al deur etlike gevegte is en ten laaste dat Cornelle nie maar net ‘n naïewe laboratoriumvrou is nie.
“Cornelle, voor ons uit hierdie gemors kom, sal ons flink en vernuwend moet dink. Enige voorstelle?”
“Soos?”
“Byvoorbeeld om tegnologie aan ons kant te kry.”
“Nie sommer so nie, maar laat ek dink. Jy besef ook dat tegnologie nie uit sy eie kom nie, maar saam met harde werk om dit te implimenteer? So, tussen hakies, watse werk doen jy, of is dit bloot om sluipmoordenaars te agtervolg?”
Max lag.
“Nee, dis maar net my nuwe nering. Glo dit as jy wil, maar tot ‘n paar maande gelede, was ek ‘n karbouer. Ek het vierwieldrywe gebou en ombou. Dis waar hierdie aaklige voertuig vandaan kom.”
“Het jy hom gebou?”
“Nee, ek het hom net ombou. Daar is ‘n groot verskil.”
“Ek is beïndruk. Wat was dit oorspronklik?”
“’n Isuzu Frontier. Ek het dit vir ‘n kliënt gebou, maar hy is dood voor hy kon betaal. So, toe erf ek die ding.”
“En die skietery, waar het jy dit geleer?”
“Dit het natuurlik gekom. Ek sal jou eendag die volle storie vertel.”
“Was daar ‘n meisie in die storie?”
“Bella Vos? Ja, sy was die eintlike storie.”
“En waar is sy nou?”
Max kyk na Cornelle.
“Ek weet nie regtig nie. Ek hoop en bid sy is veilig.”
Hulle ry ‘n paar minute in stilte. Wanneer Cornelle praat, sien sy ‘n glimlag om Max se mondhoeke.
“Is sy mooi? En wat lag jy?”
“Ek lag omdat jy nog die hele tyd so, hoe sal ek sê, wetenskaplik en tegnies voorkom, maar nou vra jy ‘n tipiese vroulike vraag. Om jou te antwoord: ja, sy is mooi, maar nie besonder baie nie. Nie so mooi soos jy nie, maar daar is iets spesiaal aan haar. Sy het baie persoonlikheid, is selfstandig en kan vir haar self sorg. Behalwe toe sy haar voet gebreek het in die koue op die berg.”
“Is jy lief vir haar?”
Max lag weer. Nie smalend of uittartend nie, maar met werklike humor.
“Dis die tweede vroulike vraag in twee minute. Ek weet nie. Ek het haar gaan help en daar was ‘n besondere band tussen ons van toe af, maar nee, ek sal nie sê lief soos in verlief nie.”
“Dis goed.”