Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meeste mense dink die doel van die lewe is om gelukkig te wees. Hiermee mis hulle hul eie lewensdoel. Die doel van die lewe, en van jou lewe, is om 'n positiewe verskil te maak, om bruikbaar vir die saak van die HERE te wees, om produktief te wees.
BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (6)
“Laat ons onsself toewy aan wat die antieke Grieke soveel jare gelede geskryf het, om die wreedheid van die mens te tem en die lewe van hierdie wêreld sag te maak. Laat ons onsself daaraan toewy.”
― Robert F. Kennedy
*
Namibiese prokureur Anton Lubowski.
Acheson was 'n Ierse huurmoordenaar, na bewering deel van 'n geheime Suid-Afrikaanse militêre organisasie bekend as die Burgerlike Samewerkingsburo (CCB). Op 12 September 1989 het Acheson na bewering vir Lubowski buite sy huis in Windhoek doodgeskiet. Bure het beweer dat hulle eers gedink het die skote was vuurwerke. Acheson, wat voorheen in die Rhodesiese Leër gedien het, is met die moord verbind deur die motor wat hy vir die operasie gehuur het. Toe Acheson in Windhoek in hegtenis geneem is, het die polisie 'n stuk papier met nommers gevind wat hulle na sy hanteerders gelei het. Ten spyte van oorweldigende bewyse teen hom, is Acheson na agt maande in aanhouding vrygelaat.
Geen poging is ooit aangewend om Acheson aan Namibië uit te lewer om verhoor te word nie en in 1991 is Acheson as 'n ongewenste vreemdeling na Ierland gedeporteer. Acheson het na sy aankoms in Ierland uit die openbare oog verdwyn en sy lot bly onbekend. Let wel: hierdie datum is omstrede, aangesien een bron beweer dat dit in April 1991 was.
Verwysings
Ramaphosa, N., Donderdag 30 Maart 1995, uit ANC Daily Newsbriefing, [aanlyn], Beskikbaar by www.e-tools.co.za [Besoek: 12 Maart 2014] English!nfo, Burgerlike Samewerkingsburo, uit English info, Evelyn Groenink Dulcie, Hani, Lubowski - 'n Storie wat nie vertel kon word nie 24 April 2013.
*
Daar is nie veel wat hy kan doen om die fiets sterker en vinniger te maak nie. Hy weet nie vreeslik baie van motorfietse nie en dis eers as hy navraag doen, dat hy besef die wegneemeteplek het ‘n skaars, baie gesogte fiets hiervoor gebruik. Dit het padbande op en die saal is korter gemaak om die kas te maak pas.
Nadat hy die kas verwyder het, het hy met moeite ‘n nuwe saal gemaak, met veselglas, spons en ‘n stuk kunsleer. Die probleem was bande. Die goed wat nou daarop is, is nie veel werd in die veld nie en is in elk geval glad. Na ‘n lang rondvra koop hy ‘n veldfiets sonder ‘n enjin en ratkas, met ‘n geknakte raam en ingebuigde voorvurk. Wie ookal hiermee gery het, het seergekry, dis vir seker!
Dit maak nie veel saak nie, al wat hy nodig het is die bande, wat baie meer geskik is vir die veld en modder. Hy verwyder al die blink goedjies, wat hy versigtig wegbêre vir later – hy weet nog nie wat “later” behels nie, behalwe dat dit ‘n vae verwagting van die toekoms kan wees – en verf die ding met spuitblikkies ‘n dowwe groen, bruin en swart. Aan die geraas van die uitlaatpyp kan hy nie veel doen nie.
Danny prakseer ‘n lang skede vir die geweer, weereens met die veselglas, wat hy aan die binnekant so glad as moontlik skuur met ‘n stuk skuurpapier aan ‘n ou mophandvatsel geheg en natuurlik aan die buitekant ook. Dit maak hy op sò ‘n manier vas, dat dit soos ‘n outydse saalskede aan ‘n perd werk. Op die handvatsels maak hy ‘n sponsmatras, seil en slaapsak vas.
Waarheen nou? Hy sit lank in die donker kamer, voordat hy ‘n besluit neem.
*
“Het julle al ‘n oplossing?”
“Waarvoor?”
“Vir ‘n nuwe regeringsvorm.”
“Kan ons nie maar terugkeer na hierdie demokratiese Westministerstelsel nie?”
“En dit maak werk?”
“Ja. Dit werk tog op ander plekke?”
“Soos?”
“Europa. Selfs Japan en in sekere Suid-Amerikaanse state.”
“Julle weet dat selfs Jacob Zuma en sy party van demokrasie wil afstand doen en terugkeer na die ou konings en stamhoofdestelsel?”
“Ja, maar dis iets anders. Hy wil net nie meer onder die reg val nie, want uiteindelik sal hy sy dag in die hof kry, al stel hy dit so lank uit.”
“Jy mag reg wees, maar hoe sal ons demokrasie kan maak werk in ons land? Die voorbeelde wat jy genoem het, het almal een ding in gemeen en dit is dat dit ‘n homogene samelewing is. Hongarye en Poland weier om immigrante in te neem, Japan natuurlik ook en so ook Rusland. In China is die nie-Chinese inwoners so min, dit maak nie ‘n verskil nie. Maar ja, neem Europa as voorbeeld en veral lande soos Holland, Frankryk, Italië, Duitsland en Groot Brittanje.
“Gooi ook sommer die VSA in die pot. Kyk waar het demokrasie hulle die afgelope tyd geneem. Daar is sommige streke in al hierdie lande waar Moslems oorgeneem het en waar dit gebeur, stel hulle nie belang in die Romeins-Hollandse reg of enige variant daarvan nie. Sodra hulle die meerderheid is, stel hulle sharia-wette in en te duiwel met demokrasie en die bestaande regstelsel. Kyk wat gebeur in Amerika – dis ‘n ope geheim dat die politiek geskoei is nie op demokrasie nie, maar eerder op ‘n mamonokrasie, waar geld bepaal wie wen. Ek het lankal gelees die regstelsel by hulle beteken twaalf manne en vroue besluit wie het die duurste prokureur. Wie ookal wen in die kiesstelsel is grootliks wie het die meeste geld om stemme te koop.”
“Nou wat het daar gebeur?”
“Europa het in wese ‘n segregasiestelsel gehad, waar hulle grense hulle van die derde wêreld afgeskei het, so ook Engeland. Toe die linkses daarop aandring dat hierdie grense oopgegooi word en die immigrante verwelkom is, het hulle besef dit gaan nie werk nie. In baie gevalle miskien te laat.”
“Jy klink maar baie negatief oor alles.”
Dis laatmiddag en die klomp sit om die vuur, al het hulle ‘n heel dienlike saal om in bymekaar te kom. Tog, na ete in die saal, is dit steeds die tradisie om om die vuur te kom sit, waar die jongmense skelm mekaar se hande sal vashou, die oumense hulle moë ou bene kom verwarm en die res sit en gesels.
Sommige is al moeg vir die praatjies rondom politiek en skuif na die vérkant van die vuur, sodat hulle nie naby Nicodemus, Tamar en sy vriende sit nie. Aan die anderkant is daar sommige wat eers eenkant gesit en luister het, maar nou nader beweeg en hulle stuiwer in die armbeurs kom gooi.
“Nee, nie oor alles nie. Maar kyk wat het by ons gebeur. Ek neem aan dis duidelik, as ons terugkyk, dat die onderhandelaars by Kodesa reeds voor die aanvang daarvan, genoeg geld gekry het om die ANC aan bewind te plaas? Nou goed, die myn en persmagnate het elke verkiesing van 1994 af tot nou in hulle guns probeer koop. Hulle het nie besef dat die korrupsie ook hulle gaan raak nie en dat die vakbonde en linkse partye dit so moeilik gaan maak om profyt te lewer, dat hulle ook uiteindelik die skerpkant van die swaard moes ervaar. Die meeste myne het al hulle skagte oorgelaat aan die zama-zamas, die groot nywerhede het moed opgegee en selfs die koerante moes destyds al hulle gedrukte weergawes sluit. Mettertyd het die gewone leser hulle nie meer vertrou nie, verkope het afgeneem en selfs die Rapport is vanaf 2025 net in e-vorm beskikbaar.”
“So, as ons kyk wat het intussen gebeur, met ‘n oorlog waarin daar nie oorwinnaars gaan wees nie, maar net verloorders, wat stel jy voor?”
“Ek verskil van jou,” sê Lara. Sy is nog jonk, maar het reeds bewys dat ‘n bedorwe dogter van Waterkloof ‘n gedugte kryger kan wees. Sy het die respek van die ouer mense, manne vroue en soldate verdien en hulle luister na wat sy sê.
“Ek, Robin, oom Rambo-Bob, Jana en die ander was uiters geskok toe die geweld ons oorweldig, maar ons het daaruit gekom. Ons het intussen gesien hoe ‘n handjievol manne, vroue en selfs kinders nie net hulleself kan verdedig nie, maar oor en oor die bose mense wegdryf. Een van die dae sal hierdie oorlog ophou en ons sal definitief as oorwinnaars anderkant uitkom.”
Daar is ‘n hele paar minute stilte as hulle wat Lara gesê het indrink. Sy gaan voort, al is dit minder driftig, maar met net soveel oortuiging.
“Dis reg wat oom Nicodemus met ons doen. Hy laat ons nie net dissipline en skiet en baklei met gewere leer nie, maar hy het vir ons weer selfrespek gegee, sodat ons nie meer die Jannie-jammergatte van Suid-Afrika is nie, maar uiteindelik in ‘n magsposisie gaan plaas, sodat ons weer ‘n samelewing kan hê wat sal werk.”
‘n Hele paar mense begin gelyktydig praat, maar Ben hou sy hand op vir hulle om stil te bly.
“Wag, ek wil weet wat Lara, as jongmens, wat sekerlik een van die toekomstige leiers gaan wees, vir ons wil sê.”
“Dankie oom Ben. Ek wil hê julle moet mooi verstaan – ons klomp jonges het uit ons droom van voorspoed en euforie wakkergeword met ‘n skok. Ons het geglo in demokrasie, in die regering en die regstelsel, want ons ouers se geld het ons teen die realiteite van die land beskerm. Ons het geglo dat die ANC mettertyd sal omswaai vanaf ‘n rewolusionêre organisasie na ‘n volwaardige regering. Intussen moes ons net die nuwe realiteite aanvaar, rassisme op elke vlak bestry en uiteindelik sou alles regkom.
“Weet julle hoe is dit om uit ‘n uiters beskermde situasie in ‘n ander een te kom waar manne jou voor die voet wou verkrag, martel en doodmaak? Ons het nie die luukse gehad van ‘n tydperk waarin ons ingelei kon word in die gemors nie. Dit het letterlik binne ‘n paar ure gebeur. Ek het nie eens geweet hoe om ‘n wapen te hanteer nie. Ek het binne ‘n dag mense doodgeskiet om te oorleef.”
Robin lag. “Ja, en vir twee weke van ou brood, blikkieskos en haar pa se duur wyne oorleef. Het ek julle al vertel dat sy die toilet met landgoedwyn gespoel het?”
Nadat die gelag bedaar het, gaan Lara voort.
“Ek het intussen besef ek is onkundig oor wat in die wêreld aangaan en waarom hierdie dinge gebeur. Ek het van oom Nicodemus se boeke gelees en het by die ander ou soldate en slim ooms en tannies geleer. Mag ek maar sê wat ek dink?”
“Natuurlik! Asseblief, Lara,” sê Tamar en sy gee Nicodemus se been ‘n harde druk, sodat hy nie die jongmeisie in die rede val nie.
“Nou goed, soos ek dit sien – iemand het netnou gepraat van ‘n mamonokrasie, waar ek veronderstel dit kom van Mammon af, die god van geld? Ons kon ook al, soos in die verlede, praat van ‘n oglokrasie, waar die ongeskoolde gepeupel heers, ‘n kleptokrasie, waar net gesteel en nie gedien is nie en dis alles waar en goed. Maar ek het ook gelees van Plato, wat ‘n boek geskryf het, sowat drie honderd jaar voor Christus, naamlik ‘Die Republiek’, waarin hy die Grieke aan demokrasie voorgestel het. Hulle het aanvanklik gedink dis ‘n goeie plan, beter as die stadstate en konings wat op hulle eie mishoop kraai. Ongelukkig het dit ook, en Plato self gebruik die woord, ‘n oglokrasie geword. Philipppus van Macedonië het ‘n nuwe stelsel, wat ons ‘n meritokrasie sou noem, ingestel en binne vyftig jaar was Griekeland ekonomies en staatkundig so sterk, dat hulle ‘n man met die naam Alexander die Grote, Philippus se seun, kon voortbring, wat met al die geld ‘n leër kon uitrus wat die hele bekende wêreld binne tien jaar kon verower.”
“Ek het nie geweet ‘n jong meisie kan soveel weet nie.”
“Kan ek aangaan? Weet julle wat het hulle destyds hierdie stelsel genoem? ‘n Aristokrasie, waar die bestes op elke gebied in beheer daarvan gestel is. En as hy nie na ‘n jaar dit goed gedoen het nie, is hy afgesit en is op al sy en sy familie se besittings beslag gelê. Ek dink China doen dit ook. Die vreemdheid is dat ons ‘n soortevan aristokratiese stelsel in Suid-Afrika gehad het, voor die geldmag en Broerderbond, wat net hulle skoothondjie was, ingeklim het. Die buiteland het hierdie aristokrasie ‘Apartheid’ genoem.”