NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn en lyding het al menige mens se ore vir die stem van God geopen.  Dis die megafoon waarmee God ‘n dowe wêreld wakker wil maak.

BROKKIES UIT DIE BOEK - MAX (10)

  Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)

Max besef skielik hulle is omring deur mense wat blyk hulle nie goedgesind te wees nie. Hy weet nie of dit almal huurmoordenaars is, soos die spul wat op hulle spoor was nie, en of dit bloot mense is wat toevallig daar is. Dit maak nie saak nie – daar is geen uitkomkans vorentoe of agtertoe, links of regs nie.

‘n Ligte reënbui sak uit en dit gee Max kans om die omgewing goed deur te kyk. Hy besluit op ‘n vlak, smal, kort skeur onderkant ‘n groterige rots. Met die gekamoefleerde seil oor die sloot getrek en aan die onderkant van die rots ingewig, laat hy vir Cornelle onder die seil inkruip en, seker dat niemand hom sien nie, klim hy ook in, sodat hy langs en teenaan haar lê. Die beperkte ruimte na die kante toe laat hom geen opsie nie. Hy probeer vir haar wys om stil te bly, maar dit is te donker daarvoor en hy druk sy wysvinger sag oor haar lippe. Teen haar oor sê hy sag genoeg dat net sy kan hoor.

“Sjjj. Moenie roer nie!”

Ten spyte van die reën wat nog uitsak, soms sag en later meer dringend, met die gedruis op die seil bokant hulle koppe, wat natuurlik harder klink, omdat die klank onvermydelik versterk is in die holte waar hulle lê, hulle asemhalings wat onnatuurlik hard klink in die klein ruimte, kan hulle die versigtige bewegings van etlike mense naby hulle ervaar.

Max beweeg sy hand stadig en kalm en haal die Walther P38 onder sy linkerarm uit. Met stadige, dog besliste bewegings, haal hy die lang buis van die klankdemper uit en skroef dit ewe versigtig in die donker aan die tromp van die loop. Met sy linkerhand oor die meganisme om die effense klikgeluid te demp, haal hy die haan oor. Hy is versigtig om nie sy snellervinger naby die sneller te bring nie. Hy ervaar die spanning waarmee Cornelle worstel aan die manier waarop haar bors dieper en vinniger beweeg soos sy asemhaal.

’n Koue straaltjie reënwater loop naby hulle koppe by die seil in en Max besef dis as gevolg daarvan dat iemand ook teen die rots, waaronder hulle lê, gaan sit het en per ongeluk ‘n stukkie van die seil met sy stewel weggestoot het.

Max beweeg sy regterhand stadig, totdat die tromp van die loop presies wys na waar hy glo die man moet sit. Cornelle knyp haar oë styf toe en onwillekeurig gryp sy Max se sy so styf vas dat hy haar naels deur die klere kan voel.

Na ‘n paar minute beweeg die man weer sy voet effens, miskien om dit meer gemaklik te maak, maar in die proses druk hy die seil met sy hak verder weg en tot sy verbasing sien hy iets onder die seil wat nie vir hom reg is nie. Hy haal ‘n klein flitsie uit en skyn onder die opening wat die seil gemaak het, in.

Vir ‘n flietende oomblik sien hy die matswart tromp van die knaldemper, voordat die koeël hom teen die voorkop tref. Hy val vooroor op Max en Cornelle en Max moet haar styf vashou om te verseker dat sy nie beangs opvlieg nie.

“Sjuuut!”

Skielik is dit baie koud en nat in die modder onder in die sloot. Max besef hulle sal nie veel langer hier kan stillê nie. Versigtig, om nie te veel aandag te trek nie, druk hy die dooie, swaar liggaam van die man weg. Van die bietjie bloed uit die wond in die man se kop loop oor Cornelle se wang en sy is nou desperaat om uit die plek te kom. Dit verg al Max se krag om haar onder bedaring te hou en terselfdertyd die dooie man weg te druk. Dit moet hy stadig en versigtig genoeg doen om nie aandag te trek nie.

Met ‘n enorme poging stoot hy die seil weg en die man se liggaam rol van hulle af. Onmiddellik kom Max regop en besef dadelik dat daar nog twee manne is wat langs hom regop kom. Voordat hulle tot verhaal kan kom, tref twee skote hulle elkeen in die bors en een in die kop.

“Kom!”

Hy gryp sy geweer en Cornelle se hand om haar op te tel. Sy het ongemaklik gelê en haar regterbeen is vir die oomblik doodgelê, tog is hy sterk genoeg om haar regop te tel. Met genoegdoening sien hy dat sy steeds haar geweer vashou.

’n Weerligstraal skeur die hemel oop en in die knal en donderslag kan Max hom en Cornelle uit die voete maak.

*

Potchefstroom 2022

“So, jy gaan nie aan my raak nie? Nie soen of net bietjie vashou nie”

Herrie lê al vir meer as twee ure wakker en kyk na waar die dak moet wees. Die wind het vroegaand opgekom en waai soos dit net kan in die ou Wes-Transvaal, nou Noord-Wes Provinsie.

Hy is al ‘n hele ruk lank alleen nadat Stella oorlede is en hy het daaraan gewoond geraak. Hy het sy eie dinge wat hom besig hou, soos lees, skyfskiet, aan sy “wrak” soos hy die absurde ding noem, werk, iets nuuts aanpak, iets nuuts studeer. Hy vermy meeste mense se geselskap, nie omdat hy ‘n nors ou man is nie, maar bloot omdat hy van sy eie geselskap hou. Hy bly fiks, oefen gereeld in sy tuisgimnasium, rook glad nie en sal nie meer as twee of drie maal per jaar iets drink met alkohol in nie. Hy pla niemand en niemand pla hom nie.

Hy is baie spyt dat hy hierdie nostalgiese reis aangepak het en neem homself voor om so gou as moontlik terug te gaan na sy huis toe – dis nou as die plek nog staan.

“Hoe bedoel jy?”

“Ek bedoel, Herrie, jy het my vandag van ‘n gewisse trauma gered. Weet jy wat is die diepste wens van enige vrou?”

“Nie werklik nie.”

“Jy was getroud en jy weet nie? Ek sal jou sê: dis om die heldin in haar eie verhaal te wees. Eintlik is ‘heldin’ nie die regte woord nie. Eerder ‘eensame prinses’, wat deur die held gered word. Waarom dink jy is sprokies soos Rapunzel en die Slapende Prinses so gewild? Of die Barbara Cartland-boeke? Mills and Boone? Jy moet ‘Die Ongetemde Hart’ van John Eldredge lees.”

“Ek het geen idee nie.”

“Dis omdat diep in elke vrou se hart sy wag vir haar prins op ‘n perd. En weet jy wat nog? Elke man is in sy wese ‘n held wat die skone prinses wil gaan red. En vandag het jy my gered.”

Herrie lê ‘n paar lang minute stil, so stil dat Tertia dink hy het aan die slaap geraak. Dan antwoord hy.

“Jy weet, Tertia, jy is miskien die mooiste vrou wat ek nog ooit gesien het. Ek het dit nie geweet toe die taxi-manne jou gegryp het nie, maar daarna kon ek dit mos sien. Jy is nie net mooi nie, maar vir my die epitoom van reinheid. Daarom...”

“Daarom wat?”

“Ek het nie veel in die lewe oor nie. My kinders is ver en het hulle eie lewens waarmee hulle aangaan. Ek het nie eintlik vriende nie, is nie ryk nie, maar het genoeg geld om gemaklik te lewe vir die res van my jare. Ek het hierdie ou kar hierbuite, ‘n armvol vuurwapens, ‘n paar ander goed wat meer sentimentele waarde het as wat dit geld werd is. Die enigste ding wat ek nog regtig het wat vir my saakmaak is my selfrespek en trots. Jy is wat – dertig jaar jonger as ek? Sê nou net ek raak verlief op jou, wat baie maklik kan gebeur, en ons het fisiese omgang vanaand, wat sekerlik ‘n diepe begeerte is by my, wat dan? Dan is ek nie meer ek nie, maar ‘n skaaperige ouman met ‘n jong blaartjie. Ek het nog nie, maar een of ander tyd gaan ek oumensskete begin kry, miskien tande verloor, my arms gaan slap begin hang, ek gaan bedags op my stoel aan die slaap raak en snork.”

“Ek gee nie om nie!”

“Maar ek doen! Ek gee om dat jy my dan sal minag. Jy sal saam met vriende van jou eie portuur wil gaan dans of braai of kuier by plekke waar jongmense gaan. Jy gaan my meet aan jong, viriele manne en my begin verwens.”

“So, wat gaan jy doen?”

“Ek gaan my hart bewaak, soos die Bybel sê, vroegoggend my goed vat en teruggaan na my huis toe.”

“Waar is dit?”

Herrie draai op sy sy, vat saggies aan haar wang en lê weer op sy rug.

“Ver genoeg dat ek na jou gaan verlang en wonder wat kon gebeur, maar ek gaan my menswaardigheid behou.”

“En wat van my?”

“Jy sal my gou genoeg vergeet.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1369 gaste aanlyn