NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons glo gewoonlik dat ons lewe bepaal word deur ons omstandighede, die buurt waarin jy woon, jou werk, geld, besittings; maar dis 'n leuen want ons leef nie van buite af nie maar van binne jouself na buite: verander net jou ingesteldheid, en jy sal vind dat alles rondom jou verander!

WOLF BOU HUIS

BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Ou Jakkals se streke het veroorsaak dat hy en ou Wolf nooit opregte vriende kon word nie.  Ou Wolf was tog só bedaard en was altyd besig om iets nuttigs te doen.  Maar ou Jakkals was altyd tog so slu.  Hy was gedurig sonder werk en het hom nooit daaroor bekommer nie.  Die enigste tyd wanneer hy iets gedoen het, is wanneer hy kliphard besig was om werk wat hy moes doen, te ontduik.  Ou Wolf het gereeld gaan jag om kos in die hande te kry, terwyl ou Jakkals luilekker in die sonnetjie gesit en bak het en skelmpies planne beraam het hoe om gratis etes te bekom. Dit het altyd botsings tussen die twee veroorsaak, soos daardie keer toe ou Wolf ‘n huis gebou het.

Hy was daardie tyd so vurig soos gemmer om met mejuffrou Wolfina te trou.  Maar hy kon nie met haar in die huwelik tree voordat hy nie vir haar ‘n huis gebou het waarheen hy haar kon bring nie.   Daarom werk hy toe aan daardie huis amper dag en nag en gun homself geen tyd om iets vir die pot te gaan vang nie.  Hy eet skaars iets vir brekvis  -  hy het niks van ontbyt geweet nie  -  en gooi die bene en vleis wat oor is in  die pot en laat dit stadig kook sodat hy dit twaalfuur kan eet.  Intussen werk hy soos vuur wat in droë gras brand.

Toe hy besig is om die dak te dek, kom ou Jakkals ewe ongeërg daar aangestap en ruik die vleis wat so geurig in die pot prut.  Voor jy kon sê knipmes, het hy die deksel af en loer in die pot.

“Allawêreld, maar dit ruik lekker,” sê hy.

Ou Wolf het die deksel gehoor klink en hy kyk net betyds om.  Hy skreeu:  “Hier jy, vir wat kyk jy in my pot, hê?”

Hy kry die balk met sy hande beet en trap met een voet op die muur, asof hy met één sprong op ou Jakkals se nek gaan land.

“Goeie môre, oom Wolf,” sê ou Jakkals so vrolik asof die son besig is om op te kom.  “Ek is so bly om jou te sien.  Ek het só lank vanmôre vir ‘n brekvis gewag dat my maag al dink my keel is afgesny.”

“O jy is agter ‘n brekvis aan, né?  Daar is nie ‘n brekvis hier nie.  Daar is net ‘n dinner en dit is myne.”   Ou Wolf het nie die woord “middagete” geken nie.     “Die vleis in daardie pot is die dinner.  Ek het nie tyd om vir ander mense te gaan jag nie.  Ek het beter dinge om te doen.”

Ou Jakkals sit die deksel weer op die pot.  Hy trek ‘n suur gesig en loer so onderlangs na ou Wolf om te sien of hy regtig vir hom die hoenders in is.  Hy sal sy kaarte mooi moet speel, of hy kry nie vandag daardie brekvis nie.  Toe daar weer so ’n lekker vleis-walmpie onder die pot se deksel uitslaan, was die koeël deur die kerk.  Niks, nie eers vier mans en ‘n hond sal hom vandag van daardie brekvis af wegdryf nie.

“O, jy het iets beters te doen, né?” sê hy met ‘n treurige uitdrukking op sy bakkies.  “Jy is seker met ‘n verskriklike ding besig wat jou so knorrig maak dat jy nie eers bly is wanneer ‘n ou vriend jou kom besoek en jy die voorreg het om vir hom ‘n brekvis te gee nie.”

Ou Wolf begin sommer sleg voel, maar hy dink aan Wolfina en dat hy hierdie huis moet klaarkry.

“Ek gee nie om nie,” sê hy nors.  “Die huis moet klaar en ek het nie tyd om vir ander te gaan jag nie.  Ek is te besig en ek is ook honger.”

“Wel, wel,”  sê ou Jakkals en hy skud sy kop asof hy skoon verbaas is.  “Dit moet darem ‘n gewigtige ding wees wat jou so hard laat werk.  Waarom is jy so haastig om die huis klaar te kry?”

Ou Wolf wou dit nie vertel nie, maar toe kon hy nie anders nie en hy sê:  “Ek gaan trou; dis die rede.”

“Ag so?” sê ou Jakkals en hy lag.  “Is dit nou iets om oor nors te wees!  Nou sê ek geen woord meer nie.  Ek kom jou help.  As jy moet trou, moet ons hierdie huis klaarkry.”  Hy trek ‘n gesig asof hy ‘n slim toespraak gemaak het.

Maar ou Wolf glo nie ‘n woord wat ou Jakkals sê nie.  Hy ken hom te goed.  “Kyk hier, daardie vleis is my dinner.  Dis nie jou brekvis nie.”
Maar ou Jakkals se vel is so dik soos ‘n renoster s’n.  Ou Wolf kan maar raas, net so lank as wat hy tog maar net ‘n reukie kan kry van wat in daardie pot aangaan.  “Kyk ou kêrel, jy hoef nie bang te wees nie.  Ek wil nie jou vleis hê nie, al wil jy dit vir my gee.  Ek is nie so gulsig nie.  Jy het dit nodiger as ek.  Jy werk hard en jy sal netnou baie honger wees.”

Die ou skelm loer na sy eie stert en knik met  sy linkeroog.  Hy trek sy baadjie uit en gooi dit op die grond neer.  “Ek kom jou met die dak help, dat die huis kan klaarkom.”

Ou Wolf weet toe nie wat hy moet doen nie.  Hy wens ou Jakkals wil val en sy nek breek, maar hy klim so flink met die steier op soos ‘n vink in ‘n perskeboom.

“Kyk man, ons sal hierdie ou stukkie werk klaarhê voor jy kan sê knipmes.”  Hy gee ou Wolf so ’n hartlike klop op die skouer dat dit die frons op sy gesig skoon afskud.  “Jy is te stadig om jou eie skaduwee te roer.  Kyk, ek gaan hier van onder af begin dek en jy van bo af.”

Hy gooi ‘n bondel dekgras na ou Wolf toe en knyp een onder sy been vas.  “Jy is net soos ou miesies Korhaan met haar gepraat, praat, praat.”

Ou Wolf was glad nie tevrede met hierdie affêre nie, maar hy het nie geweet hoe hy van ou Jakkals onslae kan raak nie.  Hoe harder hy werk, hoe harder dink en wonder hy wat se kattekwaad ou Jakkals al weer in die mou voer en hy dink só hard dat hy skoon vergeet om te loer wat die ou skelm besig was om aan te vang.

Ou Jakkals dek een laag gras en voel baie in sy skik daarmee.  Toe hy die tweede laag begin, verskyn daar ‘n skelm glimlaggie op sy bakkies.  Toe hy die derde laag dek, kan hy hom skaars inhou.  Sy oë blink en hy swaai sy stert heen en weer om te keer dat hy nie uitbars van die lag nie.

Ou Wolf sit al die tyd nog met sy rug na ou Jakkals toe en wonder watter streke die ou skelm nou weer aanvang, maar hy kom nie so ver om te kyk nie.

Met die vierde deklaag begin ou Jakkals baie bedaard te werk,  maar hy lyk so skelm asof hy iets gesteel het,  onderwyl hy met sy jakkalsstreke besig is.  Ou Wolf hou maar aan om te werk en te dink, maar skielik hoor hy hoe die potdeksel opgelig word en ruik die heerlike geur van die vleis wat die wind boontoe waai.  Hy draai sy kop en sien ou Jakkals met die deksel in die hand en sy neus in die lekker vleisgeur wat uit die pot wasem.  Ou Wolf gee net ‘n halwe skreeu:  “Hier jy, wat maak jy al weer by daardie pot?”
Ou Jakkals steek een oor op om te hoor en loer met een oog op om te sien en sê:  “Hierdie pot is nie daardie pot nie en hierdie kos in nie ‘n dinner nie; dis maar net ‘n brekvis.  Jy het niks hieroor te sê nie.”

Ou Wolf duik sommer van bo af grond toe om ou Jakkals beet te kry, maar hy kom nêrens te lande nie.  Dit voel of hy dwarsdeur sy vel gespring het.  Toe kom hy agter dat hy in die lug hang.  Hy begin te skop en te spartel vir ‘n vale.  Iets hou hom vas en hy kan nie sien wat dit is nie, want sy kop hang na onder, omtrent twee meter van die grond af en hier sit ou Jakkals reg onder hom by die pot en smul heerlik aan ‘n stuk vleis!” Toe ou Jakkals daardie vierde laag gedek het, het hy ou Wolf se  stert  deeglik  vasgedek.    Hoe  hy  ook  al skop en spartel, loskom is min.  Jy moes gehoor het hoe hy skree en skel.  “Maak my los, of ek sal so en so met jou maak!”

Ou Jakkals kyk hom verbaas aan en sê: “Hoekom wil jy loskom?”  Hy steek ‘n stuk vleis uit die pot met die vurk en lek sy lippe af.  “Dit het niks met jou te doen nie.  Jy wil ‘n dinner hê en hierdie is net ‘n brekvis.  Kyk self.”

Hy smul tog te lekker aan die vleis en ou Wolf kry byna die stuipe.  Hy word sommer so swart in sy gesig en skree:  “Maak my los!  Ek sal jou wys of dit ‘n dinner of ‘n brekvis is!  Dis my vleis wat jy hier sit en opvreet!”

Ou Jakkals se oë glinster.  “Ja oom Wolf, miskien is dit waar.  Ons kan maar gerus saameet.  Hier is joune.”  Hy eet die vleis van ‘n kortrib af en gooi ou Wolf met die been.  Dit tref die arme ou teen die kakebeen.

Toe is ou Wolf se tong behoorlik los.  Jou hare sou gerys het as jy kon hoor wat hy alles kwytraak.  Maar ou Jakkals steur hom nie daaraan nie.  Hy vertel vir ou Wolf hoe lekker hierdie brekvis vir hom is.  Hy wens ou Wolf sal om twaalfuur net so ’n lekker dinner geniet, “want jy het netnou gesê jou pot staan ook hier êrens met jou dinner vir jou en wag,” en hy gooi ou Wolf weer met ‘n been. Toe die pot leeg is, vat hy ‘n riet en begin om ou Wolf daarmee op die neus te tik.

Ou Wolf is rasend en hy spartel so geweldig dat die balke begin skud.  Ou Jakkals besluit toe dat dit tyd is om te laat spaander voor ou Wolf hom dalk losruk en toe slaan hy maar ysterklou in die grond.

En daar hang ou Wolf.  Sal hy ooit bly lewe om die huis klaar te bou sodat hy en juffrou Wolfina kan trou?  As iemand hom nie red nie, gaan hy van honger sterf en uitdroog, sodat ou Jakkals hom vir biltong kan kom opvreet.

Toe kom Wolfina daar aangestap om te kom kyk hoe ver die huisbouery al gevorder het en daar sien sy ou Wolf met die kop na onder hang en sy gesig lyk al pikswart.  Sy skrik haar boeglam en gee net een skree en storm die huis in om hom te help.  Sy kon hom nie bykom nie, maar sy spring en kry sy ore beet.   Daar hang sy toe aan hom en sy dink dat sy hom op hierdie manier help.

Arme ou Wolf!   Hy is so verlief op haar dat hy nie eintlik iets wil sê nie, maar hy voel of sy stert uit sy lyf geruk word en sy ore wil afskeur.  Naderhand kry hy dit reg om ‘n paar geluide te maak:  “Klim … asseblief … tog … op die dak … en maak my stert los,”  gorrel hy dit saggies uit.

Toe Wolfina hom hoor praat, gil sy:  “O, hy is nie dood nie, hy lewe nog!”  Sy is so bly dat sy hom vaster gryp en met hom heen en weer begin skoppelmaai.  Arme ou Wolf voel hoe sy stert begin kraak.  Hy voel hy gaan flou word, maar toe brul hy dit uit:  “Los my, los my!  Klim op die dak en maak my stert los!”

Uiteindelik begryp Wolfina wat aangaan.  “O, is dít wat jou makeer?”  Sy klim op die dak, maar toe sy sien hoe stewig sy stert saam met die gras vasgedek is, wonder sy hoe dit kon gebeur.  Onderwyl sy besig is om dit los te vleg, vra sy vir ou Wolf hoe op dees aarde dit kon plaasvind.  Hy was dom genoeg om vir haar die waarheid te vertel.

Miskien het Wolfina hom baie lief gehad, of dalk wou sy maar net graag ‘n eie huis hê.  Maar sy het baie van haarself gedink en toe word sy vreeslik kwaad toe sy ontdek hoe ‘n  onnosele ou stommerik ou Wolf is.  Sy los alles net so en vlieg van die dak af.  Sy gee ou Wolf ‘n vuishou teen sy ribbekas.  “Jou  swaap!”  skree sy en klap hom teen die kop.  “Jou stomkop!”

Ou Wolf skree eina en spartel so woes dat sy stert loskom.  Hy val kaplaks op sy kop.  Toe Wolfina hom sien afkom, probeer sy hom regop hou om hom beter met haar vuiste by te kom.  Maar sy verloor haar balans en slaan neer met haar kop op sy maag.  Ou Wolf was skoon wind uit en hy dink hy is dood,  maar hy kom weer reg toe Wolfina se vuishoue op hom begin reën.  Toe weet hy hy lewe nog en gee net één skreeu en maak dat hy uit die halfklaar huis wegkom.  Hy nael vir al wat hy werd is, met sy seer stert al wapperende in die wind totdat hy die veiligheid van die wag-’n-bietjie-bosse bereik.

Daar sit hy toe sy wonde en lek.   Hy probeer om te dink, maar sy kop is te seer daarvoor.  ‘n Ruk daarna voel hy darem beter en onderwyl hy wegstap, brom hy:  “Ja, wag maar ou Jakkals, jou ou skelm.  Ek sal jou nog kry.  En as ek jou nie goed laat les opsê nie, is my naam hond se kind.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3168 gaste aanlyn