NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het.    Ware bekerings hou stand!

OORTJIES

Dr JP Botha

(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)

BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES

Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies

'n Triestige motreëntjie sif sag oor die bome heen en laat die haak-en-steekboompies dof en vaal in die ligte druppelgordyn vertoon.  Dis reeds laat in die môre, maar die wolke bedek die son en die wind sny koud oor die veld.

Tussen die haak-en-steek, onder 'n groot stinkgraspol, sit Oortjies die hasie en lek besorg die druppeltjies van haar vaal-grys pootjies af.  So 'n dag verdra sy nie.

Dis nie eens meer winter nie en voel tog hoe koud waai die wind deur die gleufies teen haar aan.  Kort-kort skud sy 'n paar druppels van haar af, wat bo in die haak-en-steek aan die blaarpunte soos veelkleurige diamantjies gehang het.  Dit laat haar kouerig inmekaar krimp en besorg deur die opening van die bome heen loer.

'n Klein entjie daarvandaan, weet sy, het sy haar kleintjie veilig versteek in sy nessie tussen die ruie gras wat dig tussen een van die haak-en-steekbossies deurgevleg het.  Sy weet dat hy daar gehoorsaam sal bly lê en op die geringste teken van gevaar doodstil inmekaar sal krimp met sy oortjies plat teen sy wollerige lyfie gedruk.

Hy word al groot genoeg om vir homself te begin sorg en eersdaags sal hy nie meer in die nessie hoef  te bly nie.  Saans trippel hy al alleen rond en eet oral aan die fyn, groen grassies wat naby die haak-en-steekbossie staan.

'n Skemer-vaal mistigheid hang oor die veld en hul die bome in 'n somber sluier sodat alleen die naaste omgewing sigbaar is.  Daar vér tussen die bome doem stadigaan die swart gestaltes van 'n aantal beeste, soos groot gevaartes, in die mistigheid op.  'n Entjie agter hulle fluit die wagter.  Oortjies sit nou gespanne en loer en luister of sy nie ander verdagte geluide kan gewaar nie.  Die trop wei langsaam verby totdat hulle weer heeltemal in die verte in die digte mis verdwyn.  Maar Oortjies voel nog nie heeltemal gerus nie.

Skielik sien sy 'n entjie van haar af 'n snuffelende hond deur die boompies sluip.  Hy gaan skuins by haar verby, reguit in die rigting van die bossie waar sy haar kleintjie versteek het.  Eers het sy dieper onder die graspol ingekruip sodat hy haar nie moet sien nie,  maar die gedagte dat haar kleintjie daar anderkant in lewensgevaar verkeer, laat haar soos 'n warrelwind onder die graspol uitwip en sy nael in volle vaart enkele treë voor die hond verby om sy aandag af te lei.  Hy spring met 'n luide geblaf agter haar aan en die twee snel tussen die bome deur.  Oortjies besef dadelik dat die baie gras en bossies haar vaart oneindig belemmer, want sy moet oor alles heen wip, terwyl die hond sommer onverskillig die gras en struike platloop.  Sy swenk vinnig linksweg om op die oop vlakte te kom.  Die hond kom met 'n woeste blaftjank agterna gesnel en wen aanvanklik ook 'n paar tree op die haas.  Maar toe Oortjies uit die boompies te voorskyn spring en oor die vlakte heen koers, begin hy langsamerhand agter raak.

'n Goeie seshonderd tree duur die wedren voort.  Oortjies mik nou reguit na die enkele blinkblaar-wag-'n-bietjies toe, daar voor waar 'n ander kol hoë gras begin.  Toe sy ligvoets, met opgewipte sterkwas, tussen die boompies deursnel, is die hond al 'n goeie vyftig tree agter.  In die gras swenk sy onmiddellik regs en sit haar vlug voort, so vinnig as wat die hinderlike gras dit wil toelaat.  Haar ore is plat teen haar rug getrek.

Die hond storm hygend tussen die blink-blaarboompies voort en koers reguit deur die gras.  Met kop omhoog gelig, steek hy naderhand vas toe hy niks gewaar nie en begin ywerig rondsnuffel na die verlore spoor.  Maar hy is reeds by die plek verby waar Oortjies koers verander het.  Gou-gou word hy moeg van die nodelose gesoek en draf stadig terug oor die vlakte, met jaende asem, terwyl sy tong hygend by sy bek uithang.

Oortjies wip reeds daar vér anderkant oor die veld met 'n groot omweg terug na die kol haak-en-steekbome toe.  Eindelik nader sy versigtig die nessie in die graspol en piep saggies om die outjie te roep.  'n Opgeskote hasie draf opgetoë onder die grasbedekking uit en skuur liefkosend teen sy ma aan, onderwyl sy hom toelaat om te drink.  Daarna kruip hy weer ewe tevrede onder die grassies in en Oortjies loer onrustig rond om te sien of daar nie dalk 'n paar vyandige oë is wat hulle uit die struike dophou nie.  Dan draf sy versigtig weg om 'n klein endjie verder weer onder 'n ander graspol te gaan sit en waghou en tewens ook te wag dat die lang dag wat tog so vol allerhande gevare is, moet verbygaan.

Die mis het stadigaan met die ouerword van die dag gewyk.  Naderhand vertoon die omgewing helder sigbaar en die mistige wolkies dryf uitmekaar en gee die son 'n kans om lekker op die aarde neer te skyn.

Nou voel Oortjies sommer baie minder swaarmoedig as vanmôre.  Dit duur nie lank nie of al die spore van nattigheid op die blare is weggedroog.  Oortjies sit nou lekker en skuil onder 'n oorhangende pol want die son skroei reeds warm neer en dwing haar om die koelte op te soek.

Dofweg word die veraf geblaf van die hond weer verneem en die singende stem van die klonkie by die beestrop.  Dit herinner Oortjies weer aan die onplesierige ondervinding van die oggend.  Sy kyk onrustig rond, maar alles skyn veilig en doodstil te wees.  Dit duur nie lank nie of sy vergeet die voorval en sit naderhand gemaklik inmekaargekrimp en slaap.  Dis nie die vaste slaap wat voortduur onder die grootste rumoer nie, want selfs die sagte geluid van 'n tor wat brommend oor die bossies heen snor, laat die groot oë onmiddellik oopgaan en haar ore aandagtig spits.

Laat in die middag draf sy weer weg om haar te gaan vergewis van haar kleintjie se veilighed en laat hom weer 'n slag drink.  Nog 'n paar uur van volkome rustigheid gaan verby, waarin die hasie haar heerlike slapie geniet.

Die son wil al ondergaan.  Oortjies strek haar luilekker uit en stap weer na die nessie toe.  Sy roep die hasie en die twee begin versigtig tussen die boompies rondstap.  Die outjie eet al net fluks en pluk oral aan die sagte rosyntjiebessieblare.  Dit lyk of hy hom nie meer veel aan sy ma steur nie en sy dink self ook dat dit darem al tyd word vir hom om alleen klaar te kom.  Sy roep hom nie terug toe hy al verder deur die gras aan die wegwei raak nie.

Oortjies voel vanaand weer in haar die ou natuurlike verlange na maats opborrel.  'n Paar keer het sy al op haar agterpootjies gaan sit en haar ore luisterend heen en weer geroer.  Die son het reeds ondergegaan en die skemer begin verdonkerend oor die omgewing sprei.

Skielik begin Oortjies, sonder om op die jong hasie ag te slaan, deur die veld wegdraf.  Daar bo teen die bult weet sy uit ondervinding, sal sy volop geselskap aantref.  Intussen het die skemer al sterk toegeneem.  Die vlieserige wolke wat so ewe nog laag in die ooste gehang het, het verdwyn en bied die volle maan 'n gulde kans om agter die helder horison statig, soos 'n groot, goue bal te rys.

Oortjies draf 'n bultjie uit en gaan sit ewe op haar gemak regop met opgeligte ore na die maan en tuur.

'n Entjie daarvandaan kom 'n groot haasmannetjie in die paadjie aangespring,  Sy skerp ogies loer vanaand verlangend deur die skemer heen, want dis nou byna drie maande gelede dat die gevreesde hond sy wyfie gevang het en sedertdien dwaal hy nog alleen rond.  Al die ander hasies van die haak-en-steekgemeenskap is geholpe; net hy alleen moet wewenaar speel.

Meteens steek hy vas en tuur verwonderd voor hom uit.  Hier vlakby hom op die bultjie gewaar hy die silweromrande silhoeët van Oortjies teen die volle maan, wat soos 'n helder keerkring om haar heen straal en veroorsaak dat sy buitengewoon groot vertoon.  Dit maak die mannetjie effens twyfelmoedig, maar gou-gou skep hy moed en tree manhaftig vorentoe.  Toe gewaar Oortjies hom en sit hom nuuskierig en beskou, onderwyl hy skaam-skaam met 'n flikflooierige stemmetjie nadertree.  Toe hy by haar kom, sien hy sommer dat sy hom goedgesind is en skuur homself vriendelik-liefkosend teen haar aan.  Oortjies gee 'n speelse klappie met haar opgeligte voorpootjie na haar nuwe vryer, waarop hy kastig ernstig koes, en toe draf die twee aan na die paadjie waarlangs die mannetjie so pas gekom het.  Hulle ontmoet nog ander hasies en speel-speel voer die geselskap 'n rukkie later 'n trippeldans op die kaalte uit.

Oortjies en haar maat begin aanstryk na die laagte toe, waar die lande dof  in die maanlig lê.  Daar staan heerlike groen ertjies wat sappig en soet onder die kake kraak as jy so heen en weer deur die paradysie wei.

Hulle nader die heining versigtig, maar toe hulle aan die kant van die lande kom, sien hulle reeds die dowwe wit van ander hasies wat reeds besig is om van die boer se lekker groente te geniet.  Oortjies en haar maat wei so 'n endjie van mekaar af.  Die sagte peule smaak vorentoe, en al wat haas is in die omgewing, geniet die feesmaal terdeë.

'n Paar wolke wat nog die hele aand lank in die lug gehang het, het stadig afwaarts beweeg en die maan in sy opwaartse pad ontmoet.  'n Somber donkerte versprei oor die ertjieland en laat die omgewing spookagtig vertoon.  Die hasies loer onrustig rond.  Dis nie so veilig in die donker as in die helder maanskyn nie.  Na 'n rukkie word hulle weer gerus en duur die fees in die ertjieland maar weer onvermoeid voort.

Opeens verskyn daar aan die kant van die ertjies 'n helderskynende lig wat soos 'n son in die nag sy strale oor die land gooi.  Die ligstreep gly heen en weer oor die plante.  Die mannetjie voel die helderheid daarvan op hom gerig en gaan nuuskierig reop sit om die eienaardige verskynsel beter te beskou.  Die ander hasies in die donker sit ook doodstil en verstaan maar nie wat nou aangaan nie.  Hulle sien die duidelike figuur van die mannetjie soos hy daar in die ligstreep reop sit en sy oortjies nuuskierig heen en weer roer...

Skielik knal 'n geweldige donderslag en die gefluit van goedjies wat vinnig deur die lug vlieg, word gehoor.  Die ander hasies sien hoe die groot mannetjie met 'n kreun hulpeloos omtuimel en swakkies lê en skop.  Daarop beweeg die lig vinnig nader en die hasies spaander verward in alle rigtings weg.

Oortjies kom eindelik weer op die bultjie aan waar sy haar minnaar vroeër die aand ontmoet het.  Sy voel verdrietig en bang.  Sy het gesien hoe hy flus deur die donderslag gedood is.  Sy voel 'n vae nuuskierigheid in haar opwel om te weet wat dan die oorsaak daarvan is.  Die lig moes ook seker iets daarmee te doen gehad het, reken sy.  Sy ag dit 'n besondere ongelukkige aand vanaand; sy het 'n mannetjie en ook 'n heerlike fees aan groen ertjies verloor.  Al wat nou oorbly, is om maar hier tussen die grassies te wei totdat sy versadig is voordat sy na die haak-en-steekboompies toe teruggaan.

Sy ontdek 'n plekkie waar volop bossie- en graskalkoentjies staan en sy eet lekker aan die sappige stingels.  Om sommige is die grond nie so hard nie en met 'n bietjie gekrap van die voorpote grawe sy die smaaklike bolletjies oop.

Die maan het agter die wolke uitgeklim en skyn nou helder neer oor die veld.  Oortjies voel veiliger en wei maar rustig voort.  Hoër op in die bulte word die gelag van 'n jakkals verneem en onmiddellik daarna die krasgeskree van 'n korhaan wat lawaaierig opvlieg en op die maat van sy kortaf gekrak-krak voortvlieg in die maanlignag totdat hy netnou stil raak en iewers op die vlakte neerflap.

Oortjies staan 'n rukkie stil en luister.  Sy hoor dofweg die klaende geween van 'n aantal kiewiete wat ook deur die een of ander ding in hul nagrus versteur is.  Skrikwekkend dreun opeens weer die donderslag wat nog so vars in Oortjies se geheue is, vér anderkant die ertjieland.  Sy spring verskrik weg en nael 'n entjie voort deur die gras, maar gaan staan gou weer om aandagtig te luister.  Toe die stilte voortduur, begin sy weer aan die grassies knabbel.

Die ure van die nag gaan langsaam verby.  Die maan het al na die hoogte geklim en skyn vriendelik neer.  Oortjies sien 'n paar tree voor haar twee witruggestaltetjies in die maanlig heen en weer waggel en herken dadelik die twee muishonde wat die stinkgrasbultjie lankal reeds tot hul tuiste gemaak het.  Sy het een aand skielik op hulle afgekom waar hulle besig was om die nessie van 'n grasvoëltjie in een van die polle te stroop.  Die twee het hulle dreigend op haar gewerp en sy moes verward, maar vinnig, omspring om nie deur die twee astrante goed gebyt te word nie.

Oortjies sit doodstil om te sien wat hulle vannag weer gaan aanvang.  Skielik vlieg 'n kiewiet voor hulle met groot lawaai op en begin boos bokant hulle in die rondte maal.  Die twee het reeds haastig vorentoe gestrompel en die nes op die kaal grond ontdek.  Het die kiewiet bly sit, sou hulle miskien onbewus van haar verbygedraf het.  Die gesteurde voël vlieg elke maal rakelings oor hulle heen, maar al wat sy ontlok is 'n boosaardige gesis uit die muishondkele.  Hulle byt die twee klein voëltjies dood en lek feitlik net die bloed op voordat hulle moorddadig verder draf.

Oortjies staan nog lank en luister na die geweeklaag van die kiewietjie.  Toe besluit sy om maar stadig na die kolletjie haak-en-steekbos toe terug te wei.  Vannag het sy darem genoeg gehad.  Die wilde kalkoentjies en ertjies saam was 'n heerlike fees.

'n Endjie laer af sien sy, onderwyl sy op 'n afstand verbydraf, 'n ystervarkfamilie wat ook ywerig besig is om kalkoentjies uit te grawe.  Vanjaar sal die boer se mielies dit maar weer ontgeld, reken Oortjies.

Sy word naderhand haastig en spring ligvoets voort, met haar wippende stertkwas regop en wit in die maanskyn.  Daar voor gaan die voetpaadjie deur 'n kol hoë gras en 'n endjie daarvandaan staan 'n groot doringboom.  Meteens sien Oortjies hoe 'n paar groot vlerke op die boom ontvou.  'n Reusagtige, gespikkelde arenduil wip geluidloos van die tak af en laat hoor die volgende oomblik 'n onheilspellende "hoe-oeoe...!" onderwyl hy na onder duik en meedoënloos op haar afswenk, snawel en kloue na vore.  Skrikbevange seil Oortjies halsoorkop onder 'n doringboompie in en lê roerloos en bewe.  Sy was net betyds om die grypende geweld te ontvlug.  Die volgende oomblik klap dit agter haar soos die groot horinguil 'n paar sentimeter bokant die grond verbygryp en boosaardig-krassend, met wydgesperde oë, weer die lug inskiet.  Oortjies hoor sy ontevrede "hoe-hoeoe..." wegsterf in die nag en bewe nog van die buitengewone skrik.  Sy kruip bangerig onder bossies uit en sit 'n hele rukkie doodstil en luister.  Dan draf sy weer versigtig voort deur die gras.

Die maan hang al laag aan die westerrant en Oortjies verneem dof in die verte reeds die hoendergekraai by die huis van die boer, asof  hulle weet te vertel dat die dag nou al gaan breek.  Al die nagdiertjies wat van sononder af aan die wei en kossoek was, begin aanstalte maak om na hul gate en skuilplekke terug te gaan.

Eindelik draf  Oortjies deur die plaat haak-en-steekbossies na haar lêplek.  Toe sy by die boompie kom, wip die jong hasie haar kwiekend tegemoet asof hy sy ma wil verwyt dat sy hom so skandelik in die steek gelaat het.  Maar hy is tog te bly om haar weer te sien.  Oortjies ontvang hom hartlik en skuur saggies teen hom aan.  Hy begin weer drink en sy laat hom maar toe, ondanks haar besluit van vanaand met sononder.

Dan kruip die twee onder die grassies in om geduldig te wag totdat die rooidag weer in die ooste breek.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3169 gaste aanlyn