NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn is nie net sleg vir jou nie, dit laat mens baie dink oor baie aspekte van die saak, en denke gee 'n mens nuwe wysheid, en wysheid bring vrede. Verdra dus jou pyn met die wete dat daar 'n groter saak aan verbonde is.

GELOFTEFEES 2025 – VILJOENSKROON (SLOT)

Dewald Schoeman

In die een hand het ons God se belofte aan die Afrikanervolk, soos in Josua: "Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.”

In die ander hand het ons Satan se belofte aan die Zoeloes. Doen vir my ‘n duiwelse ritueel van 3dae, eer my wat Satan is en ek gee vir julle medisyne wat julle in staat sal stel om die veldslag te wen.

Vriende, hier kan ons baie duidelik die twee koningkryke sien bots, die Koningkryk van die Lig en die koningkryk van duisternis.

Die aanvalstaktiek van die Zoeloes het gewoonlik ‘n oskop, bors en horings uitgebeeld.  Die twee horings, links en regs, was jonger en meer gevegslustige krygers. Hierdie horings sou dan die vyand vleuel en probeer omsingel. Hulle was ook met werpassegaaie bewapen en kon so ‘n assegaai dan akkuraat oor ‘n afstand van 50m gooi.

Die kop wat bestaan het uit meer ervare krygers sou dan ná die omsingeling instorm en met die vyand kontak maak. Hulle het eerder steek-assegaaie gedra en wou naby kom om fisies met die vyand slaags te raak.

Die bors was die mees ervare krygers en ‘n tipe reserwe mag. Hulle groot doel was ondersteuning en dan om seker te maak dat geen regiment mag huiwer en terug val nie. Eers as die vyand gebreek het, sou hulle instorm en vlugtendes afmaai. Die respek van die Zoeloe-leër vir hierdie bors-divisie was uitsonderlik.  Geen Zoeloe-kryger van die horings of kop, sou dit waag om terug te val nie, want die bors-krygers het enige huiweraar summier vermoor. Die aanvallers was dan banger vir die vernederende dood in die geval van ‘n terugval as wat hulle vir die vyand was. Hou hierdie inligting in gedagte.

Elke een van hierdie vier divisies het uit ongeveer 4000 soldate bestaan, die hele Zoeloe-leër wat op Bloedrivier ontplooi was, het uit tussen 16 en 20 000 soldate bestaan. Dingaan het net sy uitgesoekte beste regimente vir die konfrontasie opgeroep. Dit is ook ‘n bewys van hoe oortuig die Zoeloes van oorwinning was, dat hulle nie die hele weermag ontplooi het nie.

Die een klein verskil aan hierdie leër-orde by Bloedrivier was dat die linkerhoring wat gewoonlik uit jong, onervare krygers bestaan het,  by dié geleentheid uit ervare krygers wat gewoonlik in die kop geveg het, bestaan het. Die rede hiervoor was dat die krygers op ‘n vorige veldslag vir Dingaan teleurgestel het;  hy het hulle toe gedemofeer na gewone horing-krygers. ‘n Groot vernedering.  Dis waarom die linkerhoring tot so naby aan die laer gevorder het deur die vroeë oggend ure van 16 Desember 1838. Hulle was gretig om met hulle dapperheid Dingaan se guns terug te wen.

Die Zoeloes het die laer vanuit die suid-ooste benader.

Op die oggend van 16 Desember 1838 is die manskappe binne in die laer ongeveer 2 ure voor dagbreek wakker gemaak. In die nag kon hulle duisende Zoeloes hoor skuifel oor die vlaktes rondom die laer, hulle kon ook die vetgesmeerde lywe ruik. Almal het in afwagting gesit vir dagbreek sodat hulle kon sien wat om hulle aangaan. Dit was ‘n Sondag en as ‘n gevolg van die Trekkers se agting vir die Sabbat, sou hulle nie graag wou oorlog maak op dié dag nie.

Die mis was nogsteeds stikdig op hierdie oggend en die Voortrekkers was bekommerd dat dit kon begin reën. Dit het dan ook die vorige 2 dae gereën. Soos ek vroeër genoem het, sou dit katastrofies wees as die kruit natgeword het.

Ons sien nog ‘n wonderwerk toe hierdie digte miskombers eweskielik teen dagbreek opklaar, voordat die son nog kans gehad het om oor die horison te loer.

Tot die Trekkers se verbasing, kom hulle agter nadat die slagveld sigbaar raak, dat die Zoeloes se linkerhoring in die nag tot ongeveer 50m van die laer af gevorder het en op hulle skilde gaan hurk het. Hulle het deur die donga geklim en wes van die laer posisie ingeneem.

Die Zoeloes was ook effens onkant gevang en het nie geweet dat hulle so naby aan die laer posisie ingeneem het nie. Hulle besef toe onmiddellik dat hulle binne reikafstand van die voorlaaiers is en besluit om te storm voordat Dingaan se hoofmag nog op die veld was. Hulle vasberadenheid om Dingaan se guns terug te wen het ook ‘n rol gespeel.

Die veldslag begin eweskielik in volle vaart. Die Zoeloes gee ‘n oorverdowende kreet en die linkerhoring, wat nou eintlik ervare krygers was, daal onverskrokke op die laer neer, omtrent 4000 krygers.

Pretorius se bevel is om te wag dat die krygers ongeveer 10m van die laer af kom voordat die voorlaaiers losbrand. Dit word so uitgevoer en die eerste sarsie lopers saai verwoesting in die Zoeloe range. Op die nat en taai potklei val daar nou Zoeloe-krygers in hope morsdood neer voor hulle makkers wat nog van agter af aanstorm. Die lyke breek die terrein al hoe meer en die Zoeloes kan nie op vaart kom nie. Hierdie linkerhoring huiwer nie en met baie om te bewys, stuur hulle aanval op aanval elkeen meer doodsveragtend as die vorige een.. Binne in die laer is dit ‘n gedruis, voorlaaiers word aan gegee, skote volg kort op mekaar. Die westelike kanon word ook ingespan, en skiet kanale deur die Zoeloes. Kort voor lank is die rookwolk van die swartkruit so dig dat die Trekkers nie meer kan sien waar die Zoeloes is nie, hulle voorlaaiers het ook begin warm word. Pretorius beveel dat die skietery gestaak moet word. Dit het ongelukkig vir die Zoeloes ‘n blaaskans gegee om te hergroepeer en weer te storm.  Die Zoeloes sloer toe egter net genoeg dat die rook damp wegtrek en die Trekkers weer die slagveld kon sien.

Toe die Zoeloes weer storm is die Trekkers reg vir hulle. 10 meter van die laer af, tref gedissiplineerde geweervuur die Zoeloes soos ‘n lood muur. Honderde sterf. Na ongeveer 2 ure se heen en weer het die linkerhoring genoeg gehad, hulle gees was gebreek.

Tydens hierdie geveg het die regterhoring gepoog om ook in posisie te kom. Oor die rivier in vloed was, moes die krygers ‘n entjie noord van die laer deur ‘n drif die rivier oorsteek. Hulle het dan op die oostelike oewer noordwaarts beweeg om op die slagveld te kom.

Terselfdertyd breek die linkerhoring se aanval en Pretorius gee bevel dat ‘n perdekommando van ongeveer 200 man die vlugtendes agterna moes sit. Baie Zoeloes van die linkerhoring spring in die donga en hardloop wanordelik weg. Die Trekkers saai verwoesting van die hoë walle af, en skiet baie Zoeloes binne in die donga dood. ‘n Deel van die kommando staan ook op die Westelike oewer en skiet op die aankomende regterhoring, wat die rivier wil oorsteek.

Soos al hoe meer Zoeloes toe wel slaag om weer aan die suidweste kant oor die donga en oostekant oor die rivier te vorder word die Trekkers terug in die laer in gedwing. Dit blyk nou asof die intensiteit van die stryd afgeneem het. Dit was vir die Trekkers ‘n groot risiko om die geveg uit te rek tot die aand. Die Zoeloes, nou effens gedemoraliseer na die oggend se gebeurtenisse sover, het nou begin planne maak. Voordat algehele orde in die Zoeloe-geledere herstel word, beveel Pretorius dat vyf man, waaronder Bart Pretorius, Andries Pretorius se broer, die Zoeloes moet gaan uitdaag om nog ‘n stormloop te ontlok.

Bart was dan ook vlot Zoeloe magtig en het die Zoeloe-slagordes gaan uitdaag. Hy het onder andere vir hulle gesê dat hulle baie dapper was toe hulle teen die weerlose vrouens en kinders by Bloukrans wou baklei, maar nou dat hulle teen die regte manne kragte meet, skiet hulle kamtige manhaftigheid ver tekort.

Dit ontketen reaksie van die Zoeloes en Bart Pretorius en sy vier manne storm die laer in met nog ‘n Zoeloe-stormloop kort op hulle hakke.

Niemand is vandag doodseker nie, maar hierdie stormloop lyk asof dit nou deur gemengde divisies bestaan het. die Zoeloe-leër het nie tyd gehad om weer te hergroepeer in horings, kop en bors nie.  Dit kan wel aanvaar word dat die resewe-mag van die bors nog nie ten volle toegetree het tot die geveg nie. Hulle doel was ondersteuning en om te verhoed dat krygers begin terugval – veral op hierdie belangrike veldslag was hulle waarskynlik op die moontlike terugval roetes geposisioneer. Hulle dissipline was ook ongetwyfeld die sterkste in die hele leër. Hulle het nog onder Shaka geleer hoe om oorlog te maak.

Net soos vroeër die oggend word hierdie stormloop ook teruggeslaan met onverbiddelike geweer- en kanonvuur.   Die posisie van die laer het die Zoeloe-bevelstruktuur heeltemal raadop. Na hierdie laaste gefaalde stormloop het die Zoeloes weer ordelik teruggetrek en gewag vir opdragte. Weereens het Pretorius geen blaaskans vir die Zoeloes gegun nie. Hy gee bevel dat sy kanon, ‘n 3 ponder wat ‘n 3 pond (1.3kg) loodbal sowat een kilometer ver kon slinger op die Zoeloe-hoofbevel struktuur gerig moet word. Hierdie Zoeloe-bevelkwartier was sowat 2 km suidoos van die laer geposisioneer om ‘n goeie uitsig oor die hele slagveld te kon kry.

Die kannoniers, waarskynlik van Pretorius se eie manne wat hy van Graaf Reinette saamgebring het, het vir Pretorius gesê dat die kanon nie so ver kan skiet nie. Pretorius het geantwoord: “Hierdie kanon mòèt vandag so ver skiet.”

Klippe is onder die kanon gepak dat hy hoër kon mik. Hulle het die kanon ook met ‘n dubbel lading kruit gelaai. Die kanon is gerig en die skoot het oor die vlakte geknal. Die kanonskoot tref in die middel van die Zoeloe hoofbevelstruktuur.  Drie Zoeloe prinse is opslag doodgeskiet.  Dit ontketen ‘n woede onder die ganse Zoeloe-leër. Byna onmiddellik storm elke kryger op die slagveld soos een man op die laer af. Die vasberadenheid en doodsveragting van hierdie stormloop moes die dapperste manne laat bewe het.

Net soos vroeër die oggend wag die Trekkers vir die Zoeloes en brand los toe hulle naby kom. Stormloop na stormloop weer die voorlaaiers en kanonne die Zoeloes af. Die Zoeloes was dié keer egter meer vasberade as ooit om binne in die laer te kom en wraak te neem vir hulle prinse wat nou gesneuwel het.

Die Trekkers se voorlaaiers het begin warm word en ammunisie-voorrade het gevaarlik laag gedaal.  Iets moes nou gedoen word, die laer se verdediging kon nie meer lank uithou nie.

Na ‘n ruk van hierdie onverpoosde geweer vuur het Pretorius ‘n huiwering in die Zoeloes se stormlope bemerk; hy het besef dat die nekslag nou toegedien moes word.

Hy beveel nog ‘n teenaanval met 160 ruiters wat hy self lei om die Zoeloes te bestorm. Die ruiters wat deur die rookwolk eweskielik met volle vaart op die Zoeloes afstorm moes ‘n belewenis gewees het. Ons sien nog ‘n wonderwerk toe die Zoeloes groot skrik en wanordelik begin retireer… Toe die Zoeloe-hoofbevel sien wat gebeur, stuur hulle die reserwe-mag in om die saak te probeer red. Die vlugtende kop en horing divisies hardloop binne in die bors-divisie vas. Algehele pandemonium breek los, ‘n geweldige tussengeveg ontstaan tussen die Zoeloes, met die bors-reserwe mag wat die vlugendes links en regs uitmoor om hulle terugval te probeer stuit. Dit help niks.

Die teenaanval-geselsskap laat nie op hulle wag nie en laat lees met die voorlaaiers tussen die deurmekaar Zoeloe-range in. Dit saai nog meer paniek. Van die manskappe, waaronder Sarel Cilliers, verlaat die laer te voet en gaan maai vlugtende Zoeloes in die donga af. Ander ruiters skiet soveel Zoeloes aan die oostekant in die rivier dood dat die water in bloed verander. Dit is dan ook hierom dat die slag sy naam gekry het – Bloedrivier.

Die Zoeloe mag word geheel gebreek; verskeie ruitergroepe het die Zoeloes in verskillende rigtings agterna gesit. Teen ongeveer 12 uur die middag het die groepe ruiters een na die ander na die laer teruggekeer. Hulle ammunisie was op en hulle was pootuit na die dag se gebeure.

Pretorius het opdrag gegee dat gewere skoongemaak moes word en dat hulle moes herbewapen. Hulle het ook nuwe lopers gegiet omdat voorrade nou gevaarlik laag was. Pretorius het weer ‘n sterk kommando uitgestuur om die Zoeloes so ver as moontlik te agtervolg, maar die kommando kon die Zoeloes nie inhaal nie.  Hulle het laatmiddag weer by die laer aangesluit.

Die slag van Bloedrivier was beklink…

Net ná die slag word aangeteken deur Bantjes, Pretorius se sekretaris, direk vertaal uit Nederlands: “...met offerende gebede en danksegging tot God dat die oorwinning aan ‘n Hoër Mag toegeskryf word.”

Nie vir een oomblik het die Trekkers gedink dat hierdie oorwinning uit hulle self was nie, maar het alle eer aan God toegeskryf.

Jare later vertel Zoeloe-krygers wat aan die geveg deelgeneem het dat hulle nie so bang was vir die 160 ruiters wat op hulle  afgestorm het uit die laer uit nie, maar dat angs hulle oorweldig het toe perderuiters in die lug bo die laer ook op hulle afstorm.  Hierdie ruiters was so vreesaanjaend vir die Zoeloes dat hulle eerder die onverskrokke bors divisie sou aanpak, as om enigsins weer op die Trekkers af te storm. Vandag kan ons dit net verklaar as engele wat deur God gestuur is om die Trekkers te beskerm.

Bloedrivier was nie die eerste veldslag waar ons God se hand in die oorlewing van ons Afrikaner volk kan sien nie, ook nie die laaste nie. Maar Bloedrivier het ons aan God verbind. Ons het vir Hom ‘n geloftevolk geword.

Te maklik kyk ons vandag terug na ons roemryke geskiedenis en verklaar ons ons volk se heldemoed, ons volk se gevegskuns, ons volk se dapperheid as redes vir ons talle oorwinnings.   En dit is waar… ons volk is dapper, vaardig en bekwaam.

Maar al hierdie vaardigheid, al hierdie dapperheid, is genadegawes van God wat Hy aan ons gee sodat ons tot eer van sy Naam sy Koningkryk hier op aarde kan uitbou –nie sodat ons onsself kan vereer nie.

Vandag is ons in net so ‘n vernederde posisie soos die Voortrekkers na Bloukrans, ons word uitgemoor en ekonomies gaan dit al hoe swaarder met ons volk.  Menslikerwys lyk die stryd verlore.  Baie volksgenote gooi dan ook handdoek in en vlug, die wêreld in, opsoek na ‘n beter toekoms.

Hoe is dit moontlik dat daar vandag ‘n heidense nasie oor ons regeer. Onbevoegde luibuike dwing nou die eens dapper, trotse Afrikanervolk op sy kniee…

Die Here wys ons dat ons nie so groot en sterk is soos ons dink nie, as ons dan wil aanhou om die buiteland te smeek om hulp, of hierdie heidense regime bly soebat vir ‘n stukkie grond in die Noordkaap – ons swaarkry sal nie einde kry nie.

Eers wanneer ons tot God keer en opreg omverskoning vra oor ons verwaandheid en Hom vra dat Hy vir ons die weg moet aanwys omdat net Hy ons kan verlos.  Vriende ,dan verklaar ek vandag dat as dit die Here se wil is, ons net soos voor Bloedrivier slegs een wonderwerk weg is van ware VRYHEID. 

Vir die Slag van Bloedrivier, die slae vooraf en al die veldslae na die tyd, ook vir al die veldslae wat dalk nog mag kom:   ALLE EER AAN GOD.  Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2642 gaste aanlyn