Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om as kind van die HERE jou selfbeeld in perspektief te kry moet jy van jouself wegkyk en jou liefde vir jou naaste gee. Dit bring bevryding van jouself en jy word só 'n spieëlbeeld van Christus – geen beter beeld kan jy vra nie!
1905: ONDERWYSUNIE (SAOU) WORD GESTIG
KULTUURDAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gedurende die laaste dekades van die 19e eeu is daar aan die Kaap 'n taalstryd gevoer – aan die eenkant die stryd van die Afrikanervolk vir gelyke regte van die volkstaal met dié van Engels en aan die anderkant die stryd onder Afrikanertaalmanne oor wat die voertaal moet wees: Patriot-Afrikaans soos voorgestaan deur die Genootskap van Regte Afrikaners, of Nederlands.
In 1819 kom dr Kollewijn in Holland met die voorstel dat Nederlands vereenvoudig moet word en hier te lande vind die gedagte 'n ywerige dissipel in dr WJ Viljoen van die destydse Victoria Kollege en later Superintendent-Generaal van Onderwys in Kaapland. Op Dinsdag 4 April 1905, om 10:00, kom 56 persone byeen in die saal van die Hugenote-gebou in Kaapstad.
KULTUUR- DAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Kmdt Gideon Jacobus Scheepers, ZAR-staatsartillerie-heliografis en intrukteur by die OVS telegrafie-afdeling tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is op hierdie dag in 1878 op die plaas Roodepoort naby Arnot in Transvaal gebore.
2. Prof Henry Allan Fagan, joernalis (Die Burger) kabinetsminister, professor in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Afrikaanse dramaturg, vertaler en digter, en hoofregter van Suid-Afrika, is op hierdie dag in 1889 in Tulbagh in die Kaap gebore. Sy gedig, Huisie by die See, is getoonset en deur die Afrikaanse sangeres, Laurika Rauch gesig. Prof Fagan was die eerste regter wat sy ampseed in Afrikaans afgelêhet. Hy was ook die vertaler daarvan uit Engels.
3. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) word in 1905 in Kaapstad gestig.
4. Die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) kom in 1913 tot stand. Dit word later die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
1866: GENL JBM HERTZOG GEBORE
KULTUURDAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Barry Munnik Hertzog is op Soetendal, distrik Wellington, gebore. Sy hoërskoolopleiding ontvang hy op Stellenbosch waar hy in 1889 die graad BA behaal. Hy kies die regte as studierigting en studeer verder aan die Universiteit van Amsterdam waar hy in 1892 sy doktorsgraad verwerf.
Terug in Suid-Afrika vestig hy hom in Pretoria as advokaat, maar toe hy in 1895 regter word, verhuis hy na Bloemfontein waar hy baie jare lank woon. Die Tweede Vryheidsoorlog het 'n ingrypende verandering in sy lewe veroorsaak want hy verlaat die regsbank om krygsman te word, aanvanklik as regsadviseur in die veld maar later as krygsman, en teen die einde van die oorlog was hy tweede in bevel in die hele Vrystaat.
KULTUUR- DAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Eugène Ney Terre'Blanche, eerstydse lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, boer, Afrikaanse digter, kultuurleier en politikus (stigter van die Jonge Afrikanerharte en die Afrikaner Weerstandsbeweging – AWB) word op 69 jarige ouderdom hierdie dag in 2010 wreedaardig op barbaarse wyse vermoor deur Swartes op sy familieplaas Villana buite Ventersdorp. Daar is rede om te glo dat hierdie nie net nog een van die duisende moorde op Blanke plaasboere sedert 1994 was nie maar 'n fyn beplande politieke moord as strategie-skuif deur die vyande van die Afrikaner. Op 3 April 2011, berig die Afrikaanse TV-nuus dat daar minstens vyf Blanke boere elke maand vermoor word maar dat talle ander nooit die nuus haal nie, sê hulself. Op 3 April 2012 wil die media feitlik nie meer berig oor die getalle blankes wat vermoor word nie aangesien dit groter weerstand met opstand tot gevolg onder die witman kan bring. Op 3 April 2014 is in daardie week 4 boere op hulle plase vermoor en nog 'n paar plaasgesinne wreedaardig aangerand. Op 3 April 2015 berig die media liewer nie veel oor die aantal plaasmoorde nie en word mense soos Sunette Bridges wat uitgesproke telling daarvan hou, gedagvaar oor haar webblad se inhoud.
2. Genl JBM Hertzog is op hierdie dag in 1866 gebore. Lees meer hieroor in die hoofartikels.
NET VIR ONS!
Ds A.E. van den Berg
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes.53:5).
Dis vandag Goeie Vrydag, ’n Christengedenkdag wat in kerke met Nagmaal gevier word. Op hierdie dag dink gelowiges in besonder aan Jesus se sterwe ter versoening van sonde. Dink ook daaraan dat met elke Goeie Vrydag die dag van die wederkoms van dieselfde Jesus al hoe nader kom. Alhoewel ons nie die presiese dag van sy wederkoms weet nie, gee die Bybel voortekens waaraan ons moet weet dat die tyd naby is.
Een daarvan is ’n wêreldwye verval in godsdiens met hoofstroomkerke wat die rug op die Bybelse waarheid keer. Daar word gedurig in daardie kerkkringe bespiegel of Jesus werklik gekruisig is, uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar het. Die gevolg is dat waar die dood in die kerklike murg beland, spoedig net ʼn leë dop oorbly. Dit wat in kerke gebeur, ontstel gelowiges enersyds. Andersyds moet ons besef dat ons ʼn eindtyd-teken waarneem!
KULTUUR- DAGBOEK 2 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1595: C DE HOUTMAN VERTREK OP SY SEEREIS
Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met 'n eerste Nederlandse vragvloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië) vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en op 11 Augustus by Mosselbaai aan land gegaan. Hier is skape en beeste van die Hottentotte geruil. Met sy terugreis het hy op 7 Mei 1597 by die Kaap verby gevaar, maar weer nie aan land gegaan nie. Die onderneming was die begin van talle verskillende handelsendings na die Ooste, waaruit in 1602 die VOC ontwikkel het. Op 21 November 1598 het admiraal De Houtman weer om die Kaap gevaar, maar dié keer by Tafelbaai aan land gegaan en vee geruil. Met sy aankoms in Atjeh, is hy in September 1599 vermoor. Sy eerste tog het nietemin blywende belangstelling gewek. Die groei van die VOC het toe ook in 1652 'n verversingspos aan die Kaap genoodsaak. Vir ons is Cornelis de Houtman derhalwe van groot waarde. Sy kennissoeke, waarnemingsvermoë en avontuurgevoel was tipies van die soort Wes-Europese Renaissancegees in die sewentiende eeu.
1 APRIL 1882: REPUBLIEK LAND GO(O)SEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het 'n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor 'n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorlingleiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier.
KULTUUR- DAGBOEK 1 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Nasionale Pers (Naspers) neem die Van Schaik-groep in 1987 oor en word alleeneienaar van die weekblad Rapport in 1999.
2. In sy wese was die stigting van die 'Midland Ladies Seminary' op 1 April 1867 die voorloper van onderwysers-opleiding in Graaff-Reinet. Die kollege het egter sy beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het.
3. 'n Groot ideaal van die NH Kerk is op die dag in 1917 verwesenlik toe hy sy eie predikante aan die Teologiese Fakulteit aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege (van die Universiteit van Pretoria) kon begin oplei.
4.Die Republiek van Land Go(o)sen word in 1882 onder leiding van NC Gey van Pittius gestig.
BOEKRESENSIE
UBUNTU; Herbedink
Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.
Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.
Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.
Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented
KULTUUR- DAGBOEK 31 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1965: PE SE UNIVERSITEIT OPEN
Die Universiteit van Port Elizabeth is op 31 Maart amptelik geopen met 320 studente, 10 professore, 8 senior lektore en 7 lektore, en met prof Ernst Marais as eerste rektor, in geboue in die middestad. In 1970 is begin bou aan die nuwe kampus by Somerstrand langs die see en in 1974 is die eerste geboue betrek. Dit was die eerste tweetalige universiteit in Suid-Afrika, en in elke vakkomitee is die helfte van die kursusse in Afrikaans en die ander helfte in Engels aangebied. In die vroeër oorwegend Engelse hawested was dit 'n besondere Afrikaanse deurbraak.
2. 1900: OORWINNING BY SANNASPOS
Na die verowering van Bloemfontein het lord Roberts 'n Britse mag onder bevel van genl RG Broadwood besluit om na Bloemfontein terug te keer.
NOG STERFTES DEUR INENTING
WAAROM MENSE NIE DIE WAARHEID OOR DIE INENTINGS INSIEN NIE
Op 16 Maart 2021 het 19 Europese lande asook Thailand die gebruik van die entstof van AstraZeneca opgeskort na aanleiding van berigte oor dodelike bloedklonte.
Op 2 Maart 2021, is Britse data vrygestel wat aangedui het dat die AstraZeneca entstof verantwoordelik was vir 77% meer newe-effekte en 25% meer sterftes as die Pfizer-entstof, wat in die VSA verbind is met 'n meerderheid sterfteverslae in die Vaccine Adverse Reporting System (VAERS).
Die entstof van AstraZeneca het toestemming vir gebruik in Europa ontvang, maar nie in die VSA nie, waar Pfizer-, Moderna- en Johnson & Johnson-entstowwe beskikbaar is. Anders as die Moderna- en Pfizer-entstowwe, gebruik die AstraZeneca- en Johnson & Johnson-entstowwe 'n virale vektor (‘n DNS-molekule wat as voertuig gebruik word om vreemde genetiese materiaal in ‘n ander sel in te voer), om dubbelspiraal DNS vir die SARS-CoV-2-proteïen in die selle af te lewer.
Business Insider het 'n vergelykingstabel van die vier entstowwe opgestel –Moderna, Pfizer, AstraZeneca en Johnson & Johnson.
Noorweë veral het dit duidelik gemaak dat dodelike bloedklonte met AstraZeneca-entstof verbind word. Terwyl feitlik alle sterftes ná inenting tot dusver as toevallig afgemaak is, selfs wanneer dit by gesonde individue in hul twintigs en dertigs voorkom, het dokters van die Oslo-universiteitshospitaal nou aangekondig dat ernstige bloedstollingsversteurings ervaar word deur talle ontvangers van die AstraZeneca-entstof.
1966: ALGEMENE VERKIESING
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tot in hierdie jaar het interne sake in ons politiek die gemoed van die kieser op die stemdag die meeste beïnvloed. Op hierdie dag het buitelandse aangeleenthede egter meer as ooit vroeër ook 'n uitwerking gehad. Botter-en-brood-sake het geen rol gespeel nie. Die Afrikaner, en vir haas die eerste keer ook die nie-Afrikaanse kieser, het besef dat premier Verwoerd na binne die orde handhaaf, en dat hy in sy buitelandse betrokkenheid binnenslands polities sterk gesteun moet word, ten einde ons vaderland se internasionale staatkundige posisie te help bevestig.
Die swart state van Afrika, ons groter skakeling met Europa en nie hoofsaaklik net met die Verenigde Koninkryk nie, die Rhodesiese eensydige onafhanklikheidsverklaring van 1965 en die gevorderde selfsbestuur wat aan die Transkei toegeken is, het alles ons interne politiek geraak. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd, bekend as volksgetrou, het met hierdie laaste verkiesing van hom presies bewys dat vriend en vyand agting het vir iemand wat sy kultuurerfenisse bewaar en bevestig, ongeag ander terreine van samewerking. Vandaar die landwye verbystering toe juis hierdie man, en wel by sy werkbank in die Volksraad op 6 September 1966 vermoor is.
KULTUUR- DAGBOEK 30 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Noodtoestand word in 1960 in Suid-Afrika afgekondig. Dit volg twee maande nadat nege polisiemanne by Cato Manor in Natal deur 'n swart skare wreed opgekap en vermoor is, en nege dae ná 'n optog deur die PAC in Sharpeville in Transvaal oor paswette, waar 69 swartes deur die polisie doodgeskiet is uit selfverdediging toe hulle die polisiestasie wou aanval en omdat die gebeure by Cato Manor nog vars in die geheue was. Die gebeure lei tot Suid-Afrika se onttrekking uit die Statebond in 1961.
LANKMOEDIGHEID – ‘n STILLE KRAG
Hannes Ollewagen
Núm. 14:1-45
“Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.” (:18).
Hierdie gelese gedeelte is maar een van vele gedeeltes waarin ons leer dat God lankmoedig is. Ja, sy kneg, Moses, getuig van hierdie lankmoedigheid van God in Exodus 34:6.
”...HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;”.
En so getuig Dawid ook in Psalm 103:8 van die HERE se lankmoedigheid.
“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.”
Ons vind ook hierdie getuienis van God se lankmoedigheid deur die mond van die apostel Petrus in 2 Petrus 3:9.
“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”
KULTUUR- DAGBOEK 29 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Louis Hendri Meurant (Klaas Waarzegger), skrywer van die eerste boek in Afrikaans, is in 1893 oorlede.
2. Eugène Nielen Marais, joernalis, vrederegter, advokaat, digter, skrywer, mediese, natuur- en dierekenner, sterf op hierdie dag in 1936 in Hartbeespoort, Transvaal.
3. Dr Gerard Leendert Pieter Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek, (oa die Voortrekkermonument in Pretoria), is in 1958 in Nylstroom, Transvaal, oorlede. Sy ouers was immigrante uit Holland en hy is as 10jarige saam met sy gesin in die Standertonse konsentrasiekamp aangehou tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erelidmaatskap en deur die Universiteit van Pretoria met 'n eredoktersgraad.
WAT IS DIE NUT VAN DIE BYBEL?
Ds A.E. van den Berg
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”(2 Tim.3:16,17).
As jy by ʼn groot boekwinkel instap, vind jy altyd boeke wat jou vertel hoe om baie geld te maak of om geld voordelig te belê. ʼn Mens wonder of die skrywers nie eerder uit hul boekverkope ryk word nie? Twee vrae wat oor sulke boeke gevra moet word, is eerstens hoe betroubaar is dit en kan ek alles glo wat daarin geskryf staan? Is dit tweedens op my spesifieke situasie van toepassing?
Die probleem met sulke boeke is dat dit veronderstel dat baie geld op jou wag as jy net wil waag. Nee dankie, ek vertrou nie sulke boeke nie. Wys my eerder ʼn boek wat onomwonde as eg en betroubaar bewys is en ek koop dit!
KULTUUR- DAGBOEK 28 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Siegfried Charles Ferdinand Mynhardt, Suid-Afrikaanse verhoog- en filmakteur, is in 1996 op 90jarige ouderdom oorlede.
2. Dr Abraham Fauré, NG-predikant te Graaff-Reinet en Kaapstad, en stigter van De Kerkbode in 1849, is in 1875 te Leuwen Rust, Tuine in Kaapstad, oorlede.
3. Tielman Roos, vroeër meer volledige berig oor hom geplaas in kultuurdagboekinskrywings, is op hierdie dag in 1935 oorlede.
IS JY DALK TE KOOP?
DIE EUWEL VAN OMKOPERY
Ds A.E. van den Berg
Inleiding
Omkopery is so oud soos die mensdom en kan as die aanbieding of ontvang van wettige en/of onetiese voordele waardeur die reg verdraai word omskryf word. Ten spyte daarvan dat streng boetes daarvoor in oud-Rome opgelê is, het voornemende politieke kandidate gereeld steun gekoop. Dit as sulks het baie van hulle so diep in die skuld laat beland, dat hulle maklike prooi vir omkopery geword het.
“Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen” (Deutr.27:25).
God se wet teen omkopery is telkens met ernstige gevolge verbreek. Die twee valse getuies het Nabot se lewe gekos (1 Kon.21). Diegene wat teen Stefanus getuig het, was waarskynlik omgekoop (Hand.8).
2 Afvalligheid
Omkopery veroorsaak geestelike afvalligheid soos wat in Juda gebeur het. Jerusalem het in die tyd van Jesaja ʼn plek van opstand, moord en diewery geword omdat haar leiers omgekoop is:
KULTUUR- DAGBOEK 27 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 'n Verdiepingbus van Hoërskool Vorentoe oppad skooltoe bars op hierdie dag in 1985 deur 'n draadheining en stort in die Westdene-dam in Johannesburg, 'n ramp waartydens 42 skoolkinders sterf.
2. Genl Piet Joubert, Voortrekker wat die Groot Trek meemaak in die Retief-trekgeselskap, boer, ZAR-volksraadslid, krygsman, een van die Driemanskap van die Suid-Afrikaansche Republiek saam met Paul Kruger en MW Pretorius, vise-president en kommandant-generaal (ZAR), en opperbevelhebber tydens die Tweede Vryheidsoorlog in veldslae by Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba, sterf in 1900 in Pretoria. Hy is op Rustfontein, distrik Wakkerstroom, begrawe.
1916: STUDENTE VIER HELDEDAG
HELDEDAGWORD IN KAAPSTAD GEVIER
KULTUURDAGBOEK 27 MAART
Op dié dag berig De Burger onder 'n groot banieropskrif "Heldedag te Kaapstad – Jong Suid-Afrika op mars". De Burger skryf dat Blanke studente en leerling op Saterdag 25 Maart 1916 in hul duisendtalle in Kaapstad by die stasie vergader en in 'n optog met Adderley- en Darlingstraat langs na die stadhuis gestap het om Heldedag te vier. Vooraan die optog was 'n groot banier met die woorde "Jong Zuid-Afrika – Wij zullen handhaven". Agter op die banier was geskryf "Eer uw helde".
Dit was 'n pragtige, treffende skouspel toe die jong mense die stadhuis volpak. Die byeenkoms is gereël deur die Studenten – Werda-Komitee wat Afrikanerstudente in Kaapland verteenwoordig het. Die komitee is in 1912 gestig om "te waken over de taalbelangen van Jong Zuid-Afrika".