Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Satan sê: Tel jouself op en lê die kruis neer. Jesus sê: Lê jouself neer en tel die kruis op. Wie lg doen, is ’n Christen.
1921: ALGEMENE VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 8 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pas nadat 'n algemene verkiesing op 10 Maart 1920 gehou is, is die kiesers op hierdie datum weer na die stembus. Na 1915 was dit vir premier Louis Botha duidelik dat die politiek langs die taalgrens afgeskeur het. Hy was gevolglik verplig om die sterk Britse element van Unioniste onder Thomas Smartt by die Suid-Afrikaanse Party te betrek, ten einde polities te bly regeer.
In Augustus 1919 is hy oorlede, en genl. Smuts, wat tussen 1915 en 1919 jare lank buite die land was, moes as premier oorneem. Sy wêreldwye en veral Londense verbintenis het dit vir hom onmoontlik gemaak om met genl. Hertzog en die Nasionale Party saam te werk.
1881: SLAG BY SKUINSHOOGTE
KULTUURDAGBOEK 8 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die skitterendste oorwinnings in die Transvaalse Vryheidsoorlog is op Skuinshoogte deur genl. Nicolaas Smit en sy ongeveer 100 man oor genl. Colley en sy ongeveer 600 man, bygestaan deur 'n ruitery en vier kanonne, behaal. Die slag het tussen ongeveer 09h00 en 19h00 plaasgevind. Agt Boere is in die slag dood en 'n paar is gewond. Daarteenoor is daar van Colley se mag, nadat baie lyke in die nag van die koppie of verwyder is, 205 dooies en gewondes die volgende oggend getel. Die Boeremag was gewapen met gewere, 'n ou koperkanon en 'n ander ou kanon, waarvan nie een meer as sowat 100 meter ver kon skiet nie.
1837: VOORTREKKERS KIES 1e KERKRAAD VD VOORTREKKER- KERK
KULTUURDAGBOEK 8 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat die Trekgroep reeds oor die Oranjerivier was, is oorgegaan tot die daarstelling van 'n amptelike bestuur vir die Voortrekkers. Aangesien die Trekkers besiel was met die gedagte dat “de openbare Godsdienst de eerste grondslag moet zijn waarop een Christelijke Maatschappij moet gegrondvest worden", sou hierdie amptelike bestuur ook 'n verenigde kerkorganisasie veronderstel.
1862: C.W.H. KÖHLER – STIGTER KWV
KULTUURDAGBOEK 7 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Charles William Henry Kohler is op Calvinia gebore. Ná sy skoolopleiding in Kaapstad het hy as tandarts gepraktiseer, maar met die ontdekking van goud verhuis hy in 1886 na die Witwatersrand, waar hy betrokke was by die stigting van verskeie suksesvolle mynmaatskappye.
Ná ‘n besoek aan Europa en Amerika in 1889 vestig hy hom op die plaas Riverside, naby Simondium. As Boer het hy hom deur twee beginsels laat lei — enersyds dat slegs produkte van gehalte verseker is van 'n toekoms, en andersyds dat die swak ekonomiese posisie van die wynboere alleen opgelos kan word deur doeltreffende organisasie.
1838: PIET RETIEF VERMOOR
KULTUURDAGBOEK 6 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkerleier, Pieter Retief, het na lang oorweging besluit om hom in Natal te vestig. Hy en vyftien man het toe in Oktober 1837 na Dingaan as Zoeloekoning vertrek. In Port Natal het hy met van die Engelse aldaar gesprek gevoer en op 5 November 1837 in Umgungundluvu aangekom. Kort hierna het Retief sy oogmerk aan Dingaan herhaal, naamlik om wettiglik grond vir sy mede-Trekkers te bekom. Dingaan het ingestem om die grond tussen die Tugela- en die Umzimvuburivier te staan, mits Retief die vee wat deur Sekonyela van Dingaan geroof is, terugneem en aan Dingaan besorg.
1915: SUID-AFRIKA EN SUIDWES- AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 5 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl. Louis Botha vertrek op 5 Februarie 1915 na SuidwesAfrika om bevel oor te neem oor die Unietroepemag wat die gebied van Duitsland sou verower. Daardeur is Suidwes-Afrika aan Suid-Afrika verbind en is 'n informele verbintenis wat reeds lank tussen die twee gebiede bestaan het op 'n formele grondslag geplaas.
Die Kaapse burger, Jacobus Coetsé, het op 14 Julie 1760 van sy woonplaas by die Piketberge vertrek op 'n reis wat hom na sowat 50 dae tot aan die Bunsenberg (deur hom Swartberg genoem) net noord van Warmbad in die huidige Suidwes-Afrika gevoer het.
BID VIR NUWE LEIERS
Misdaad vier hoogty, geweld neem toe, vrouens en kinders word daagliks verkrag en vermoor. Mense leef in vrees vir hul lewens, selfs in hul eie huise. VIGS rig verwoesting aan, barbaarse optrede het gangbaar geword, dwelmverslawing neem epidemiese afmetinge aan. Politici plunder die staatskas en werk saam met die geldmagte ter wille van enorme omkoopbedrae; korrupsie is aan die orde van die dag, selfverryking het mode geword en verantwoordelikheid het verdwyn. Gesonde werksetiek het skaars geword en werkloosheid neem toe. Die landsadministrasie gaan sienderoë agteruit en onderwys het ’n laagtepunt bereik. En die ergste van alles is dat ’n geslag van jongmense besig is om sonder kennis van die Bybel groot te word!
Die gevolg van hierdie teologiese rewolusie aan die suidpunt van Afrika is dat Suid-Afrika in ’n morele moeras beland het. Die mens wil sy eie God wees en self besluit wat reg en wat verkeerd is. Van objektiewe, bindende voorwaardes soos in die Bybel vervat is, wil hy niks weet nie. Hy sal self besluit wat reg of verkeerd is en hoe hy die Skrif wil verstaan. Hy wil ’n god maak soos hy Hom wil hê. Dieselfde ding het met Israel tydens die maak van die goue kalf gebeur – ’n god na hulle smaak.
1939: OSSEWA-BRANDWAG
KULTUURDAGBOEK 4 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Ossewa-Brandwag (OB) as kultuurorganisasie is formeel op hierdie dag in Bloemfontein gestig met kol J Laas as leier.
Die oogmerk was om in die gees van die Ossewatrek van 1938, wat ter herdenking van die Groot Trek 'n eeu tevore onderneem is en waartydens Afrikaner-nasionaliste ongekende hoogtes bereik het, te bestendig.
Die OB het die Unie se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog heftig bestry en sover moontlik probeer ontwrig – optredes wat onder andere internering van regeringskant ontlok het.
1838: RETIEF- DINGAAN- TRAKTAAT
KULTUURDAGBOEK 4 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Piet Retief het in November 1837 vir die eerste keer met Dingaan onderhandel oor 'n grondgebied in Natal vir die Voortrekkers. Hoewel Dingaan gewillig was om grond aan die Voortrekkers af te staan, het hy dit as voorwaarde gestel dat Retief die Zoeloes se beeste wat Sikonyela se mense geroof het, moet terugbring.
Nadat hierdie taak suksesvol afgehandel was het Retief en sowat sewentig blankes en dertig gekleurde agterryers op 3 Februarie 1838 weer by Dingaan se hoofkraal Umgungundluvu aangekom. By hom het Retief 'n traktaat, gedateer 4 Februarie, gehad waarvolgens Dingaan die gebied tussen die Tugela- en Umzimvuburivier aan die Voortrekkers sou afstaan.
1848: TRANSGARIEP TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 3 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die begin van die negentiende eeu was die streek tussen die Oranje- en Vaalrivier, Transgariep, met uitsondering van klein klompies Boesmanjagters, vir die allergrootste gedeelte onbewoon. Geleidelik het stamme soos die Korannas in die weste, die Griekwas in die suidweste en die Bantoe in die ooste die gebied binnegedring, terwyl die Barolong en ander kleiner stamme hul in die middel gevestig het. Sendelinge het hul onder hierdie inboorlinge begin vestig en aansprake op grondgebiede gesteun wat nooit op enige tydstip bewoon is nie.
Sedert die begin van die twintigerjare het Kaapse veeboere, vanweë droogtes en sprinkane, seisoenmigrasies na die onbewoonde suidelike dele van Transgariep onderneem, maar vanweë veeverliese met die heen-en-weer-trekkery oor die Grootrivier, het hulle hul teen die dertigerjare permanent in die gebied gevestig – en om praktiese redes hul steeds as troue Britse onderdane beskou.
1488: DIAS LAND IN MOSSELBAAI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dias se karvele kon nie deur die sterk suidoostewind vaar nie, en met 'n roete-aanpassing het hulle om Kaappunt gevaar.
Dias se geselskap het òf by Visbaai òf Mosselbaai hul eerste tree op die suidkus van Afrika gegee. Hier het die eerste skermutseling tussen Westerling en die Hottentotte plaasgevind. Daarna het die twee skepe verder in 'n oostelike rigting gevaar tot by die Bahia da Lagoa (lagune), die baai wat nou Algoabaai heet. Hier wou Dias se matrose omdraai maar Dias het hulle oortuig om nog verder te vaar.
OP DIE TRANSHUMANIS- TIESE NWO-PAD
ONS IS NET KNOPPIES OP HUL KONTROLEBORD
COVID-entstof is 'n bedryfstelsel, sê Moderna, die vervaardigers daarvan. Ja, u kan dit self gaan lees op Moderna se webblad by www.modernatx.com
‘n Bedryfstelsel is nie ‘n entstof of ‘n ‘vaksiene’ nie, om dan die anglisisme te gebruik. ‘n Bedryfstelsel is in Engels ‘n “operating system”; of te wel ‘n stelsel wat deur iemand bedryf, bestuur of beheer moet word.
Die COVID mRNA-entstof is 'n bedryfstelsel wat u eie DNA kan programmeer en ú liggaam dus kan programmeer. Is dit ‘n oordrewe stelling? Nee! Want Moderna sê op hul webwerf dat hul mRNA-tegnologieplatform die “sagteware van die lewe” is en dat dit baie soos 'n bedryfstelsel op 'n rekenaar funksioneer. Dit staan só op hul webwerf geskryf:
“Dit is so ontwerp dat dit met verskillende programme kan wissel en speel. In ons geval is die 'program' of 'app' ons mRNA-middel – die unieke mRNA-volgorde wat wat kodes gebruik om 'n proteïen te kry.”
Die Geldmag se spelplan maak dus van elke mens net 'n digitale knoppie op die beheerstelsel se kontrolebord.
Ons beweeg vinnig na die wêreld van transhumanisme waar ons natuurlike biologiese liggame gekaap en met sintetiese dele waaronder patogene wat siek maak, geïnfiltreer word. Die Nuwe Wêreldorde (NWO) se base wil 'n soort Microsoft-kantoorstelsel of te wel ‘sagteware’ in u liggaam en brein aflaai en u aan die JEDI- en / of Amazon-CIA-wolk koppel, sodat hulle direkte toegang tot u brein het. Dan kan hulle 'entstowwe' wat nie entstowwe is nie, uitrol om u voortdurend op te dateer, net soos rekenaarsagteware gereelde opdaterings kry – dit het Bill Gates al male sonder tal self gesê, dat daar veelvuldige inentings vir elke persoon beoog word. Daarom sal die ‘virus-pandemie’ nooit stop nie, mense moet blywend siek en oortuig voel dat hulle die ‘inentings’ nodig het.
1937: DIE BRANDWAG VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die verskyning van Die Brandwag in 1937 (eers as 'n tydskrifbylae by die dagblad Die Vaderland, en vanaf September daardie jaar as selfstandige tydskrif) herleef die strewe van die eerste Afrikaanse weekblad van hoë gehalte in die Noorde. Dit het ook onder dieselfde naam, van 1910 tot 1922, die eerste pioniersbydraes in die ontwakende jong taal Afrikaans gepubliseer.
Hierdie nuwe Brandwag, begin met mnr OE Schwellnus as redakteur, het spoedig, ook onder redakteurskap van mnr AM van Schoor, gebloei tot een van die twee grootste weektydskrifte in Afirkaans. Dit het bestaan tot September 1965 toe dit as tydskrifbylae by die Sondagblad Dagbreek en Landstem in gelyf is.
VOORWAARDE VIR LANDSVREDE
Ds. A.E van den Berg
“ ...(as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”(2 Kron.7:14).
Inleiding
Die Bybel leer dat staatkundige onrus dikwels die gevolg van geestelike afvalligheid is soos in die tyd van die OT se profete duidelik laat blyk. God het bv. vir Esegiël gebruik om Juda tydens die ballingskap tot bekering op te roep. Hulle moes goed verstaan waarom God hulle gestraf het – hul godsdiensafvalligheid!
Esegiël het oor God se onttrekking van sy guns aan Juda, gepreek sonder dat die woord ingang by die ballinge gevind het. Dit kon die profeet maklik moedeloos laat word en ophou preek het. God het hom egter ʼn toekomsgesig van Juda se vrylating en terugkeer na Jerusalem gegee wat hom met sy prediking laat volhard het.
'n Groot deel van die bemoedigende toekomsgesig handel oor die herstel van die tempel in Jerusalem. Daarom het Esegiël ten spyte van die uiters ongunstige omstandighede waarin die ballinge verkeer bly profeteer dat hulle op God se tyd na Jerusalem sou terugkeer om die verwoeste tempel en stadsmure te herstel.
1891: ONZE TAAL GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie Rederykerskamer is gestig met die doel om "die welsprekendheid van die Hollandsche taal" te beoefen en "de bevordering van gezellige verkeer in kleine kring".
Op 18 Maart 1891 is die eerste uitvoering van hierdie vereniging se ideale met voordrag van gedigte en musiek gelewer. Veral die invloed van D Balfoort en sy eggenote het 'n groot rol in die lewering van pragtige musiek en sang gespeel. Dit was net so 'n geslote vereniging soos die gewone Rederykerskamer van later jare. Die vergaderplek is deurgaans aangegee as die Good Templars Hall.
GEEN EENHEID MET ONGELOWIGES
Ds AE van den Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
1938: NEDERLAND EN SUID-AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In hierdie Eeufeesjaar van die Afrikaner toe hy die Groot Trek herdenk het, is kroonprinses Beatrix van die Nederlande gebore. Die Afrikanervolk het in sy eie jubeling saam met die Nederlandse vorstehuis gejuig, want oor en weer is besef dat daar altyd bindinge tussen ons as Dietse eenhede sal bestaan. Dit was immers koningin Wilhelmina, ouma van Beatrix, wat in Oktober 1900 aan Paul Kruger die Gelderland beskikbaar gestel het om hom na Europa uit Britse vyandshande te vervoer. Dit was Nederlanders wat in die Engelse Oorlog aan Boerekant geveg, ons saak in Europa bepleit en noodhulp aan ons Konsentrasiekampvolk verleen het.
1922: AVBOB GESTIG
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Afrikaanse Verbond Begrafnisondememing Beperk, die bekende begrafnisonderneming en versekeringsaak, word gestig uit 'n vereniging bekend as die Afrikaanse Verbond, wat reeds in 1918 in Bloemfontein 'n voorsorgfonds vir sy lede daargestel het, en word so nie net een van die Afrikaanse pioniersake-ondernemings in die Oranje-Vrystaat nie, maar geniet spoedig erkenning dwarsdeur die land, waar AVBOB gehelp het aan die bou van Afrikaner sake-individualisme.
1841: GROOTE KERK, KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe daar in 1835 ernstig aan die vervanging van die dak van die Kaapse kerkgebou uit 1704 gedink moet word, blyk dit dat die ou fondamente die beplande hoër mure en nuwe dak nie sal kan dra nie. Gevolglik word die historiese ou gebou, buiten die toring, tot groot ontevredenheid van 'n deel van die gemeente gesloop en word die latere Groote Kerk, grotendeels onder die leiding van die bekende boumeester-argitek Herman Schütte, op die plek van die oue opgerig.
WANDEL LANGS DIE WEG VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Spreuke 3:1-35
“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (:6).
Ons moet baie versigtig wees hoe ons met hierdie woorde van God handel, geliefdes. ‘n Mens sien so maklik dat mense ‘n mooi belofte soos hierdie, ‘n wonderlike versekering soos hierdie, kan probeer buig om hul in die gehoor te streel. Maar tog, geliefdes, die mens kan probeer buig en verander aan God se woorde soos hy wil, daar is geen sterfling wat Hom daardeur sal kan dwing om na die mens se hart te handel nie. Daar is geen wese wat God sal kan dwing om te doen wat nie in sy hart is nie. En daarom is dit belangrik om die Woord van God te gebruik om daaruit te leer wat in God se hart is sodat ons daarvolgens voor sy Aangesig kan wandel. Ja, dit behoort ons eerder te doen as om die Woord van God te probeer misbruik en teksverse te probeer verdraai om God te vertel wat Hy eintlik behoort te doen. Het die mens werklik so verwaand geraak dat ons dink ons kan die Heilige en Almagtige God wat die hemel en aarde geskape het as raadgewer bystaan?