Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jy ook stukkend, soos almal van ons? Bid dan saam:
My God, ek is so stukkend, daar is soveel gate in my lewe en ek wil só graag weer héél wees.
Weet jy wat die HERE se antwoord is? :
"My kind, as daar nie gate in jou lewe was nie, wáárdeur sou my LIG dan kon skyn?"
Dankie Here, dat U elkeen van ons aanvaar net soos ons is, of ons slim of ryk of oulik of gewild of heeltemal niks is nie!
WIE IS 'N CHRISTEN?
Ds A.E. van den Berg
“En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.” (Hand.11:26).
Daar word beweer dat Suid-Afrika nagenoeg 80% Chistene het. Niks is verder van die waarheid nie! Waarom? Omdat Christene nooit 'n Christen-grondwet met 'n wêreldse (sekulêre) grondwet sou vervang soos wat in 1996 in Suid-Afrika gebeur het nie. Daarbenewens sal Christene nie gruwels soos aborsie en homoseksualisme goedpraat nie en sal hulle bande met kerke wat enige gruwel goedpraat, verbreek.
Ons moet duidelikheid hê oor wie werklik 'n Christen is. Is dit iemand wat gedoop is en later lidmaatskap van 'n kerk verkry het? Is dit iemand wat gereeld kerktoe gaan en die sakramente gebruik? Wat leer die Bybel ons? Hand.11 vertel van gelowiges wat in Antiochië vir die eerste keer in die geskiedenis Christene genoem is.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (2)
083 444 7672)
Die storie volg onder die inligtingstuk
Die Reg Op Lewe
Ingevolge artikel 12 (1) (c) van die Grondwet van die Nuwe Suid Afrika, wet 108 van 1996, het elke persoon die reg “om vry te wees van geweld, hetsy openbare, hetsy private oorsprong”.
-Genl Roland de Vries
*
Cape Town - Seventeen SA National Defence Force bases will be put on the market from January, Public Works Minister Stella Sigcau has announced in Parliament.
The disused bases, worth a few million rand, should attract private buyers because many border urban areas and can be converted for business, industrial or residential use. Some run to hundreds of hectares.
Answering a question, Sigcau said comprehensive guidelines were being drawn up by private consultants, funded by the World Bank with a view to civilian applications.
Guidelines have already been completed for 11 bases: Pomfret and Klippan in North West; Langefontein base, George Women’s Army College and Saldanha’s Tooth Rock shooting range in the Western Cape; Hoedspruit and Bourke’s Luck in Mpumalanga; Zwartkop and Devon in Gauteng; Soekmekaar in Northern Province; and Port St Johns in the Eastern Cape.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Verskillende bevolkingsgroepe reageer ewe verskillend op chaos. So byvoorbeeld het die Japannese na die geweldige storm by Fukushima saamgestaan en van die eerste oomblik af die hand uitgesteek om vriend en vreemdeling te red, te versorg en beskikbare hulpmiddele te deel. Nie een geval van huisbraak, stroping, aanranding, verkragting of moord is aangemeld nie. Die inwoners het mekaar in alle opsigte bygestaan en na die tyd gehelp met huisvesting, kos, water, mediese hulp en om te herbou, met en sonder regeringshulp.
Na die orkaan Katrina die Noord-Amerikaanse vasteland getref het en spesifiek New Orleans, het ‘n paar duisend mense hulle heenkome gevind in ‘n voetbalstadion. Duisende mense is aangerand, vroue verkrag, honderde doodgemaak vir die beskikbare kos. Die stadion is in ‘n groot mate verwoes agtergelaat. Die polisie kon nie die stropers en misdadige bendes keer nie en die Nasionale Wag (National Guard) moes ingeroep word om te probeer om orde en reg teweeg te bring.
In Suid-Afrika, gedurende die opstande van Julie 2021, primêr in Natal, maar ook later in Gauteng, was die polisie en die weermag nie net onkant gevang betreffende inligting en dus vooraf waarskuwing nie, maar was hulpeloos tydens die gebeure (en die polisie was deel van die stropers – red.) Miljarde rande se skade is deur brande en stropery aangerig, en meer as 350 mense is gedood.
KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE
Hannes Ollewagen
Lev. 25:23-55
“Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.” (:42).
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55).
Ons almal is seker vertroud met die definisie van ‘n kneg. Dit is, eenvoudig gestel, iemand wat dien – een wat gehoorsaam opdragte uitvoer. ‘n Kneg wat weier om sy heer te gehoorsaam sal bes moontlik nie lank onder sy heer se hand vertoef nie.
Die teksverse van ons oordenking pas seker nie te goed in by die hedendaagse “hoofstroom teologie” nie. Die “nuwe evangelie” wat vandag verkondig word, is mos een waarin die mens nie die term diensbaarheid en gehoorsaamheid hoor nie. Wel, hierdie term is ten minste nie op die mens van toepassing nie. Dit is eerder God wat volgens hierdie teologiese dwalinge die mens moet gehoorsaam. As ons ‘n bepaalde hoeveelheid mense by ‘n byeenkoms byeenbring dan SAL God se hand beweeg. Wat ‘n onbybelse en verwaande stelling! Benewens Christus se woorde dat waar twee of drie in sy Naam vergader Hy in hul midde sal wees, lees ons van Daniël se gebed in sy eensaamheid eerder as saam met ‘n massa mense. En hierdie opregte gebed van Daniël, wat homself ‘n kneg van God noem, is verhoor! Daniël se ingesteldheid was nie op homself nie, maar op die koninkryk en wil van God en daarom is sy gebed verhoor. “Hoor dan nou, ons God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.” (Dan. 9:17).
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (EPILOOG)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die soewereiniteit van die ZAR word deur Brittanje erken met die ondertekening van die Verdrag van Londen, in 1884, presies drie jaar na Majuba.
*
Noord-Oos van Pietersburg, en Noord van Magoebaskloof.
Agt maande na die slag van Majuba beweeg die drie waens (Jan het nog een gekoop en nog ‘n span osse) en die perdekar tussen die twee groot, hoë koppe, waarvan die hoogste dele ver bokant die plantegroei; struike, gras en rotsvye uittroon. Voor hulle is ‘n groot vlakte, seker meer as drie honderd morge, met goeie gras, bome vir koelte en ‘n spruit wat van die kant van een van die fonteine hoog op die bergtop afloop. Die water is helder en vars. Die hele plaas, berge en koppies ingesluit, is meer as vier duisend morg.
“Is dit ons nuwe tuiste, Jan?”
“Dit is. Jy kan besluit waar ons die huis moet bou. Dan bou ons dit so, dat ons kan aanbou, soos die kinders meer word.”
KAMPE VAN DIE HEL (2)
Uit: Onskuldige Bloed, geskryf deur dr Gustav Norval – u kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
*Strignien: Hobhouse meld in haar boek “The brunt of the war” dat ‘n apteker uitgevang was wat besig was om strignien in die vrouens en kinders se kos te plaas. Blykbaar het die Britsgesinde dr. Malan van Bloemfontein-kamp ‘n bottel medisyne in ‘n tent gevind wat verdag voorgekom het. Hy het die medisyne weggeneem en die apteker se stoor deurgekyk en op strignien (wolwegif) afgekom. Strignien was ‘n stof wat in rotgif voorgekom het en algemeen beskikbaar was. Die vent was voor een of ander raad gedaag en uiteindelik ontslaan, in plaas daarvan om gehang te word vir moord en poging tot moord. Strignien kom voor in die Asiese gifappel (Strychnos) en veroorsaak simptome soortgelyk aan die van klem-in-die-kaak, spierspasmas, asemnood en dood.

Rotgifbottels
*Mev. Susarah Elizabeth Nel (geb. Lange, 1869) was in die Mafeking kamp en skryf dat rooi poeier periodiek op hul tente deur hensoppers van die kamp, gegooi was. Haar suster was moeg van die besigheid en het een hensopper ‘n vuishou toegedien dat hy lê. Sy het hom verder op die grond karnuffel en hom gewaarsku:
“Volgende keer is jy ‘n kind des doods, hoor jy hanskakie!”
REGSE VERRAAD (Deel 5)
Opsommend
In die voorafgaande gedeeltes het ons na ‘n breë omskrywing gekyk van die verraad wat in die aanloop tot die onwettige oorgawe van mag in 1994 deur regse leiers gepleeg is. Dit staan bekend as die IDASA-komplot omdat dit deur die Conservative Dialogue Program vanuit IDASA beplan en georkestreer is. Die suksesvolle operasies wat hulle van stapel sou stuur het bewerkstellig dat die leiers van die Volksfront betrek is by geheime samesprekings met die ANC (wat ná die 1994-verkiesing politieke beheer oor ons land sou kry). Daarmee is die Volksfront-ondersteuners verraai deurdat hul leiers die doel waarvoor die Volksfront in die lewe geroep is, versaak het.
Afrikaners gereed om ons land met hul lewe te verdedig
Aan die begin van 1994, met die “eerste demokratiese verkiesing” wat oor net 4 maande sou plaasvind was die lede van die Volksfront gereed om tot gewapende verset oor te gaan ten einde die oordrag van mag te verhoed. Die dreigende geweld wat deur ontstoke volksgenote as laaste uitweg sou uitbreek was inderdaad goed beplan en ingeoefen. Dit is ook in ‘n gesprek tussen genl. Viljoen en die hoof van die Weermag, generaal George Meiring, bevestig – dat op daardie tydstip ‘n geslaagde militêre staatsgreep uitgevoer sou kon word, maar wou Meiring by Viljoen weet: wat doen jy dan die volgende dag? Dit laat mens onwillekeurig dink aan die einste Constand Viljoen se woorde aan mnr. Jaap Marais nadat saamgestem is dat die De Klerk-regering in ‘n algemene verkiesing verslaan sou kon word: maar wat doen jy dan?
KAMPE VAN DIE HEL (1)

Uit: Onskuldige Bloed, geskryf deur dr Gustav Norval – u kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Volgens die oorlewendes se getuienis soos vervat in verskeie boeke oor die Britse konsentrasiekampe, asook die simptome wat beskryf was en volgens die chemiese stowwe en voorwerpe wat in die meel, suiker en boeliebief deur die vroue gevind was, kan daar met redelike sekerheid verklaar word dat daar ‘n agenda was om vrouens en kinders in die kampe te verhonger en te vergiftig met verskeie gifstowwe. Dit dui dus op ‘n chemiese oorlog en massa-volksmoord. Afgesien daarvan, het die kamprantsoene (“resjins”) uit “vrekvleis” van siek diere, swart suiker, akkerkoffie, meel met larwes, kalanders, vishoeke en glassstukke bestaan. Die volgende chemiese middels was in die rantsoen in verskeie verklarings geïdentifiseer:
*Blouvitrioel (kopersulfaat): Kroniese inname veroorsaak spierspasma, blou urien, spierselle wat afsterf, naarheid, braking, anemie, diarree, nierskade, geelsug a.g.v. lewerskade (gelerige vel en oë), bloedarmoede, brandmond-sindroom, miskrame en neurologiese afwykings te wyte aan die koper in die formule (www. Copper sulphate poisoning). Sommige meelmonsters het tot sowat 20% kopersulfaat-kristalle bevat, genoeg om groot metaboliese skade te veroorsaak.
DIENSBAAR MET HART EN MOND
Hannes Ollewagen
Klaagl. 3:1-66
“Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê: Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.” (:40-42).
’n Goeie ding wat die afgelope dekade onder ons volk te sien was, is die gedurige bespreking van verootmoediging voor God. ’n Mens sien en hoor dikwels van mense wat hieroor praat en ook selfs van byeenkomste in hierdie verband. Ek dink dat die woorde uit 2 Kron. 7:13-15 selfs ’n betreklike bekende teks onder ons volk geword het. “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.”
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (19)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
MAJUBA
Om eenuur die middag het die burgers die kruin van die berg bereik. Dit was vir die Britte ʼn totale verrassing. Die voorste burgers het dodelik op die verdedigers van die Noordelike kruinrand begin skiet. Die Britse soldate was so verbaas dat hulle verskrik na die middel van die kruin gehardloop het. Die Britte was hierna vir die res van die geveg op die agtervoet.
Die geveg het nie lank geduur nie – tussen 10 en 20 minute. Die Boere het aanhou skiet op die Britte wat teruggeval het. Colley het probeer om ʼn verdedigingslinie op te stel. Dit was egter gemik daarop om die aanvallers van die Noorde af te keer. Hierdie poging het geëindig toe die Boere die Oostelike kruinrand berek en op die verdedigingslinie se flank begin skiet het. Hierna het die Britse verdediging totaal verbrokkel.
Teen 12:45 het die Boere met hewige geweervuur op Gordon se koppie losgebars en dit verower. Gedurende die volgende uur het die Boere oor die kruin gestroom en die Britte met akkurate skietwerk groot verliese toegedien. Daar was groot verwarring en die Britte het na die suidekant van die bergtop begin vlug.
STATEBYBEL MET AFRIKAANSE KANTTEKENINGE!
HIER IS IETS WAT DIE MOEITE WERD IS OM TE ONDERSOEK EN BYDRAES TE LEWER:
Liewe vriende,
Die dag waarvoor ons al só lank gewag het, is uiteindelik hier!
Die webblad met die Statebybel se kanttekeninge in Afrikaans is gereed en oop vir die publiek. U kan dit gebruik in die huisgodsdiens, Bybelstudie en ondersoek van die Woord van die Here.
Op die webblad deel ons ook meer van die geskiedenis van die kanttekeninge en vordering van ons projek. U kan gerus daar kommentaar lewer, sodat enige foute reggemaak kan word voordat dit in boekvorm gepubliseer word.
Groete,
Stigting Reformatoriese Getuienis
REGSE VERRAAD (Deel 1-4)
Lank lewe die Afrikaner-nasionalisme!
Die onlangse herontwaking van nasionalisme in ons volk laat tans koue rillings langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!
Hierdie artikel is ‘n oorsigtelike begrip van die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van ons land se mag, die weggee van ons eiendom sonder ons toestemming, moontlik te kon maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot – intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf moet en sal word. In geheel sal hierdie artikel uiteindelik een van die heel belangrikste openbaringsgeskrifte van die grootste verraad in ons geskiedenis word en sal elke konserwatiewe ware Afrikaner dit in besit en in begrip moet neem om uiteindelik die volle waarheid van die verraad van sy eie blanke leiers te verstaan. Mag God die nog ongeopende oë van talle Afrikaners hierdeur open!
In hierdie aflewering word die 1e vier dele geplaas om ‘n geheeloorsig oor die geraamte te verkry waarna meer vlees mettertyd ingevoeg sal word.
Regs en Links
Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke in twee groepe verdeel – dié wat konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 1800’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak. Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (18)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley was die opperbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika, asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, 'n briljante man met 'n uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan die Sandhurst Militêre Akademie in Engeland. Hy het 'n opmars van Natal na Pretoria begin om die garnisoene te ontset. Hy het met 1200 troepe kamp opgeslaan op die plaas Mount Prospect, suid van Laïngsnek.
Laïngsnek was 'n strategiese plek waar die roete tussen Pietermaritzburg (in Natal) en Pretoria (in Transvaal) oor die Drakensberge gegaan het. 'n Boeremag van 1500 man onder Kommandant-generaal Piet Joubert het hulle op die lang rug van Laïngsnek, net Oos van Majubaberg, ingegrawe om Colley se opmars te stuit.
Op 28 Januarie 1881 met die Slag van Laïngsnek het Generaal Colley se magte probeer om Laïngsnek te verower, maar moes die aftog blaas nadat Kolonel Deane en baie van sy troepe gesneuwel het. Op 8 Februarie 1881 met die Slag van Ingogo, ook bekend as die Slag van Skuinshoogte, het Colley se troepe weer onsuksesvol met die Boere onder Generaal Nicolas Smit slaags geraak.
OORDEELSDAGKLOK AL NADER AAN MIDDERNAG
“Ek weet nie met watter wapens die Derde Wêreldoorlog geveg sal word nie, maar die vierde Wêreldoorlog sal met stokke en klippe geveg word.” – Albert Einstein (1879-1955), Duits-gebore teoretiese fisikus, (in 'n onderhoud in 'Liberal Judaism', April-Mei 1949)
Die wêreld word toenemend 'n meer chaotiese en gevaarliker plek as ooit. Dit het baie te doen met die huidige gebrek aan kernafskrikkingsooreenkomste tussen groot kernmoondhede. As een kernland 'n aanval met 'n kernwapen sou loods, kan dit 'n eksistensiële bedreiging vir honderde miljoene inwoners van die planeet skep. As leiers van nasies met kernwapens voortgaan om met 'n volskaalse kernoorlog te dreig en die idee te fantaseer dat hulle 'n kernoorlog kan 'wen', kan die wêreld reguit op pad wees na 'n uitgebreide katastrofe. ’n Verwoestende kernoorlog sou tragiese menslike gevolge en groot ekonomiese verval meebring. Dit sal 'n groot vermorsing van hulpbronne wees, maar dit kan ook 'n kernwinter skep met skadelike uitval op gewasse wat lei tot langdurige hongersnood, met erge lugbesoedeling.
‘n Bevestiging van die besef oor die gevare van kernoorlog, is die ‘Bulletin of the Atomic Scientists’ se simbool van die ‘Doomsday Clock’ wat in 1947 geskep is – dat dit in Januarie 2023 op 90 sekondes voor middernag gestel is. Dit is in Januarie 2024 op daardie hoogtepunt gehou omdat die mensdom 'n al hoër vlak van gevaar beleef in drie hoofgebiede:
- die grootste is die risiko van kernoorlogvoering,
- die voortdurende negatiewe gevolge van klimaatsverandering
- en die nuwe bedreiging van Kunsmatige Intelligensie.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (17)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die eerste paar myl gaan vinnig verby. Franci se aandag word afgetrek deur die omgewing, Oubaas se manewales voor die perd uit, waar hy so af en toe ‘n fisant uit die lang gras opjaag, agter ‘n trop tarentale aanhardloop en hy verras ‘n vlakhaas amper, voordat laasgenoemde in ‘n gat af verdwyn, waar hy probeer om agterna te gaan, besef die gat is te klein, dan met sy voorpote grawe en tjankies van frustrasie maak. As Franci hom roep, kom hy aangehardloop, die haas vergete.
Middagete is eenvoudig, met ‘n stukkie biltong, wat sy met Oubaas deel, ‘n beskuit wat sy sommer so hard en droog eet. ‘n Paar slukke uit haar watersak en sy ry verder.
Sy slaap die aand in ‘n smal klofie anderkant die Suikerbosrante. Dis koud, maar sy trek haar kombers styf en as Oubaas nadersluip en haar met ‘n growwe voorpoot krap, maak sy die kombers oop en hy klim styf teen haar rug in.
Die gedagte aan Emma maak ‘n dowwe kol op haar maag, amper soos ‘n stuk lood wat daar lê en met ‘n snik op haar lippe en ‘n diepe sug uit haar binneste, raak sy aan die slaap. ‘n Paar skelm trane loop uit haar oë.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (16)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Sy het self die klein, eenvoudige houtkissie gedra vanaf die kerk na die begraafplaas, of te wel die kerkhof. Francesca is uitgehuil, met die trane van rouverdriet wat spore oor haar wange gelos het, haar oë effens pofferig gelaat het en ‘n lewensmoegheid wat onbeskryflik is en wat onverstaanbaar is vir enige mens wat nog nooit ‘n kind aan die dood afgestaan het nie.
Later jare sal iemand die verskillende fases van rou beskryf, met skok, ontkenning, woede, onderhandeling (bargaining - met God) en uiteindelik aanvaarding. Daarvan weet Francesca natuurlik niks en het sy na die aanvanklike skok en ontkenning by woede vasgesteek. Dis die maklikste emosie om op te gaan rus en aan die gang te hou.
Sy is nie kwaad vir die Here nie, ook nie vir die siekte of noodlot nie. Sy verwyt nie haarself dat sy nie vroeër opgelet het Emmatjie is siek nie, of Oudokter Maarschalk nie. Natuurlik ook nie vir Tant Ralie nie en vir Jan omdat hy nie daar was in haar nood nie. Sy is kwaad vir die Engelse, omdat hulle die siekte aangedra het.
"GOD VERHOED DIT!"
Ná dr Verwoerd se dood het Suid-Afrika baie vinnig die vernietigingspad gestap onder verraderlike nuwe leiers in samewerking met die Geldmag. Vir 30 sikkels silwer het hierdie 'leiers' Suid-Afrika in 1994 sonder slag of stoot finaal aan 'n Swart kommunistiese owerheid oorhandig, 'n regime wat tans besig is om deur korrupsie die land in 'n ekonomiese krisis en groot revolusionêre ontwrigting te dompel. Pas nadat Mandela en sy terroristebende tronktoe gestuur is in 1964, het sogenaamde vryheidsvegters verklaar dat Mandela dalk nog met 'n swart kommunistiese regering Suid-Afrika eendag sou regeer. Dr Verwoerd se woorde hierop sal nog lank en hard in die aangesig van ons mense se huidige lyding onder hierdie bestel teen die kranse weergalm: "GOD VERHOED DIT!"
DIE ONSE VADER (VI)
Ds A.E. van den Berg
“En vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (:12)
Gelowiges streef na 'n heilige lewe. Ongelukkig heers daar by talle 'n misverstand oor wat heiligheid beteken. Die Bybel sê baie duidelik dat alle wedergeborenes heilig is. Let gerus op diegene aan wie die meeste van die NT-skrywers briewe rig – aan die heiliges.
Wanneer mense die woord heilig hoor, dink baie aan hul sondigheid en diskwalifiseer hulle as't ware hulself en sê: “Hoe kan die Here my as heilig beskou, terwyl ek so vol sonde is?” Was die gelowiges van die NT dalk 'n geestelike trappie hoër as hedendaagse gelowiges? Nee, let op die gelowiges in Korinthe. Al was hulle redelik onkundig oor die werking van die Heilige Gees, word hulle nogtans as heiliges aangespreek.
Die Grieks vir heilig is hagios. Dit beteken nie om volmaak te wees nie, maar om opsygesit of eenkant geplaas te wees. Dis waarom God self die Heilige is, omdat Hy van alle sonde, onreg en onreinheid afgesonder is. Die rede waarom alle gelowiges ook in beginsel heilig is en heiliges genoem word, is omdat God hulle as beklee met Jesus sien.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (4)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die ondersoek
Die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe op 9 April 1960 in die Milnerpark-arena in Johannesburg was deur ’n man wat later as geestelik versteurd aangedui is. Die man wat dr. Verwoerd ses jaar en vyf maande later in die Volksraad vermoor het, is ook as ’n geestelik versteurde gesertifiseer.
David Beresford Pratt het kort voor sy daad op 9 April 1960 intieme verbintenisse met die verlinkse politiek in Brittanje gehad. Daar is berig dat hy enkele maande voordat hy dr. Verwoerd in Johannesburg geskiet het, geld vir die Liberale Party in Engeland ingesamel het.
Demitrios Tsafendas was ’n kommunis - van sy jeugjare af totdat hy sy afgryslike daad in Kaapstad gepleeg het. Die verhaal van sy lewe toon ’n volgehoue verbintenis met die linkses en die kommuniste. Hy was lid van die Kommunistiese Party.
Net soos David Beresford Pratt was Demitrios Tsafendas ook in Engeland waar hy steun onder die verlinkses gewerf het vir ’n opstand in Suid-Afrika en Mosambiek. Dit was kort voordat Pratt onder die ver-linkses van Engeland beweeg het.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (3)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die daad
Die sluipmoordenaar het veertien sekondes gehad om die raadsaal van die Volksraad binne te glip nadat die aanvangsklokkies opgehou lui het en tot by dr. Verwoerd se bank te beweeg. Met afgemete presiesheid het hy dit gedoen.
Enkele oomblikke tevore het verskeie Volksraadslede die man in die donkerblou bodepak in die wandelgang sien staan en wag - totdat dr. Verwoerd opgedaag het. Hy het nie dikwels daar gekom nie, want sy werk was om die persmanne in ’n ander deel van die gebou te bedien. Tog het hulle dit nie vreemd gevind dat hy op daardie oomblik daar was nie. Bodes in die Volksraad beweeg vryelik sonder om agterdog te wek.