Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dis nutteloos om met mense wat voortdurend strydlustig is iets te doen te hê. Paulus het aan Titus gesê om hom van sulke mense te onttrek na een en nie meer as 'n tweede vermaning nie. Sulke mense verwek partyskap, twis en haat, en is op die verkeerde pad met hierdie sonde waarin hulle selfveroordelend staan. Ons moet met hulle niks te doen hê nie.
WAAROM POETIN SO GEHAAT WORD (1)
Tucker Carlson dink hy weet:
“... Demokrate in Washington het vir jou gesê dit is jou patriotiese plig om Vladimir Poetin te haat. Dit is nie 'n voorstel nie. Dit is 'n mandaat. Enigiets minder as haat vir Poetin is verraad.”
Baie Amerikaners was hierdie opdrag gehoorsaam. Hulle haat nou Vladimir Poetin uit pligsgetrouheid. Om Poetin te haat het die sentrale doel van Amerika se buitelandse beleid geword. Talle uitsendingskanale in Amerika word nou daaraan gewy en hierdie haatveldtog teenoor Vladimir Poetin vanuit die Verenigde State kan 'n skielike konflik in Oos-Europa bring.
Voordat dit gebeur, is dit dalk die moeite werd om te vra: Waaroor gaan dit regtig? Waarom haat mense Poetin so? Vra dan ook: het Poetin jou al ooit 'n rassis genoem? Het hy gedreig om jou uit jou werk te laat ontslaan omdat jy nie met hom saamstem nie? Het hy elke middelklas-werk in jou dorp gesteel? Het hy 'n wêreldwye pandemie vervaardig wat jou besigheid verwoes en jou twee jaar lank binnenshuis gehou het? Leer hy jou kinders om rassediskriminasie te omhels?
Is Carlson reg, haat Amerikaners Poetin omdat die media en die politieke klas in Washington hulle aangesê het om dit te doen?
Ja en nee. Ja, die media en die politici het 'n groot rol gespeel in die demonisering van Poetin. Maar, nee, hulle is nie die hoofdrywers van hierdie smeerveldtog nie. Dié benaming behoort aan die plutokrate agter-die-skerms wat die media gebruik om Poetin aan te val ten einde hul eie globalistiese agenda te bevorder. Dit is wat regtig aangaan; die nuus word gevorm om die belange van die elite te bevorder.
LAAT ONS GEREED WEES
Hannes Ollewagen
Matt. 25:1-13
“DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.” (:1).
“Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” (:12&13).
Ons leer soveel uit hierdie wonderlike gelykenis wat Christus in Matt. 25 aan ons gee. Hy begin om in die eerste vers aan ons te verduidelik dat daar ‘n ontmoeting moet plaasvind. En die tien maagde het op hierdie ontmoeting met die bruidegom gewag. Daar was vyf van hierdie maagde wat hierdie ontmoeting met die bruidegom só belangrik geag het dat hulle nie alleen hulle lampe saamgeneem het nie, maar hulle het ook ekstra olie vir hul lampe geneem sodat hulle nie onkant betrap sou word en op hierdie ontmoeting met die bruidegom uitmis omdat hulle nie genoeg olie byderhand het nie. Alhoewel die ander vyf maagde ook opgegaan het om die bruidegom te ontmoet, was hulle nie so voorbereid soos die vyf verstandige maagde nie. Hierdie optrede getuig daarvan dat hierdie ontmoeting met die bruidegom by hulle nie dieselfde prioriteit geniet het as by die vyf verstandige maagde nie.
ONS LAND SE VERVAL
Toe die boek van apartheid toegemaak is, is die boek van verval oopgemaak, Strategiese instellings soos hospitale, lugdiens, spoorweë, poskantoor en ander belangrike dienste het ineen begin stort. Dis so eie aan Afrika. Elke paradys wat in hierdie vasteland van eienaar verwissel het, het ʼn eietydse hel geword!
Die ANC se onbevoegdheid as verantwoordelike regering het tot mislukte planne en teleurgestelde verwagtingsgelei en ons land groter skade as Covid 19 aangerig. Waarom sê ek so? Omdat Covid 19 gekom en met lewensverlies gegaan het. Die ANC het egter gekom maar nie gegaan nie. Te oordeel aan die jongste misdaadstatistieke het dit meer lewens as die sogenaamde pandemie vernietig!
Een stuk geskiedenis wat die ANC nooit sal kan verander nie, is hul volslae mislukking om sinvol te regeer. Elke staatsinstelling waaraan hulle die hand geslaan het, is tot skroot afgetakel. So ook meganismes om te kan produseer. Dit het hulle nie lank geneem om die broodmandjie van die land eiehandig tot ’n bankrotplaas om te skoffel nie.
MISDAAD, KORRUPSIE, ONREG
Toe chaos toegedraai in ʼn bont vlag in Suid-Afrika afgelaai is, het dit een van die gevaarlikste lande ter wêreld geword. Waar apartheid misdaad in die verlede hokgeslaan het, is hierdie hek oopgemaak en het mense slagoffers van booswigte met barbaarse neigings geword – die nuutste statistiek nou in November deur die swart regime self vrygestel is: 80 moorde per dag en elke 5 minute ‘n verkragting.
Daar is destyds gesê dat die jammerlike toedrag van sake die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was en spoedig sou verdwyn. Dit was nie groeipyne nie maar die verfoeilike optrede van mense met barbaarse neigings.
Misdaad en geweld trek sedertdien soos ʼn doodsengel deur ons land. Meer as 40 nuwe misdade wat voorheen onbekend was, is sedertdien aangeteken. Geweld is dan deel van die ANC se politieke mondering. Hoe kon mense dit nie verwag het nie! En ons het nog nie die punt van die ysberg gesien nie, hier kom die ergste geweld denkbaar!
MISLUKTE DEMOKRASIE
Ds A.E. van den Berg
Daar word allerweë gesê dat die geskiedenis homself herhaal. Dit lyk nogal so, want wat destyds met ons volkgebeur het, het hom na baie jare herhaal. Ons het weereens die prooi van politieke veronregting in ons eie land geword; dié keer nie deur ʼn koloniale moondheid nie maar deur ʼn swart diktatuur wat in die naam van demokrasie aan bewind geplaas is. Let wel - geplaas is!
Vandag regeer hulle vir geen ander rede as dat hulle ʼn getalle-meerderheid is nie. Desondanks word dit as ʼn oorwinning vir demokrasie opgehemel. Ironies genoeg is Afrika demokrasieë hoofsaaklik klug-demokrasieë. Swartes is nie demokraties nie maar sosialisties. Hulle eeu oue stamgebruike getuig al te duidelik hiervan. ʼn Sosialistiese regering in ʼn demokratiese mondering is soos ʼn pedofiel in ʼn Kersvadergewaad!
Swart politici het meesterlik daarin geslaag om hul bose strewes agter die masker van demokrasie te verberg en die buiteland te laat glo dat hul stryd teen apartheid ʼn stryd om die vestiging van demokrasie was. Nee, apartheid is beveg omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie!
Daar word na al die jare nog gereeld teen apartheid vuur gespoeg terwyl dit op ʼn goddelike skeppingsdaad gegrond is. Alle volke is as sondaars voor God gelyk. Dit beteken egter nie dat hierdie gelykheid na alle fasette van die lewe deurgetrek moet word nie.
TROOS WANNEER HEL LOSBREEK
Ons kry die afgelope dae kommerwekkende boodskappe dmv sosiale media wat ons waarsku dat ons naby die ysberg is wat die ANC eiehandig veroorsaak het. Die vermoede is dat dit nou nie meer net 'n teorie is dat Eskom gaan afskakel nie want ons het mos reeds die pad met hulle gestap en gesien wat hulle planne is.
Indien Eskom finaal afskakel (wat ons weet hulle van plan is om te doen omdat Cyril en sy bende reeds kontrakte met die buiteland geteken het om te deel in sy beplande kragmaatskappy wat nie vir Suid-Afrika bedoel is nie), weet ons ook dat ons binne twee dae nadat die krag afgeskakel is, geweld, plundering, moord en groot brand in ons land sal beleef. Dit is hoe Afrika werk.
Ons weet nie watter datum dit gaan begin nie maar dat dit in die volgende weke of dalk 2 maande op ons gaan toesak is die grootste waarskynlikheid. Wat mens dalk ‘n bietjie meer koers gee is dat die christen, Siener van Rensburg, ‘n sekere volgorde van dinge gesien gebeur het. Voordat die emmer bloed omval, het hy gesê, sal daar die grootste stakings ooit in ons land plaasvind. Ons moet dit dus nog eers beleef, en dit is naby want dit is reeds beplan deur die swart unies. Daarna is die geelperskereën die volgende teken en dit gebeur gewoonlik in Februarie. Daarna beleef Suid-Afrika ‘n bloedbad soos nooit tevore.
GEDAGTE VIR DIE DAG
Selfs die geestelik-volwassenens onder ons hou maar nog daarvan dat ander ons goeie dade raaksien. Soms is ons behoefte aan daardie aandag so groot dat ons nie sien hoe krater ons van onsself in die proses maak nie. Mt 6:3 sê vir ons dat selfs jou linkerhand nie moet weet wat jou regterhand doen nie, nog basuin ons graag ons weldade aan almal uit. Kom ons oefen om 'n gesindheid van offervaardigheid te bekom waarin ons geen beloning verwag nie - dit kan jy net regkry as jy die HERE as Bron van krag, genade en seën oor jou vertrou.
MY INDRUKKE VAN JANUZ WALUS
MEDEWERKER
Januz Walus is weer in die nuus. Daar is nou die dispuut of hy op parool vrygelaat moet word en of die vorige besluit om hom nie vry te laat onwettig was.
Ek het verskeie gesprekke met hom gehad. Dis nonsens dat hy en Derby-Lewis eintlik "pionne" in die hande van die ANC was om van Hani ontslae te raak. Dit was 'n naïewe swak-deurdinkte plan om regse verset te probeer aanwakker.
Walus is geen Kommunis nie, wel 'n hardekop Pool wat, as hy eers 'n plan in sy kop gekry het, deur niemand van stryk kon bring word nie.
Dat dit die ANC bevoordeel het deur van Hani ontslae te raak en deur die NP in ‘n hoek te druk by die onderhandelinge was 'n gevolg wat nie deur Derby-Lewis of Hani beplan of voorsien was nie. Hulle het geen voordeel uit hulle daad gekry nie. Weliswaar laat dit my dink aan die Kennedy-sluipmoord wat nie deur Harvey-Oswald beplan is nie. Hy was 'n "patsy" in die hande van die Joodse magte (Mossad) wat, en alhoewel hyself skote afgevuur het, is die doodskoot nie deur hom afgevuu nie.
Dan, die vraag: Was Derby-Lewis en Walus "patsies"? Dis wel moontlik. Daar kon dus 'n derde party betrokke gewees het wat hulle aangehits het, 'n agent van die CIA.
Ek dink dis wat ondersoek moet word wat myns insiens nooit gedoen is nie.
CYRIL IS CIA-SPIOEN, SEG JACOB ZUMA
Medewerker
Met die nuutste relletjie waarin Jacob Zuma aanvoer Cyril Ramaphosa is 'n spioen van die Amerikaanse inligingsdiens, die CIA, moet die kanse dat Ramaphosa op die ANC se jaarkonferensie in Desember weer tot die ANC se leier verkies sal word, 'n aardige knou gekry het.
Die Randse koerant The Star skryf (sien iol.co.za/the-star/news/ramaphosa-is-a-spy) Zuma het op 'n ANC-jeugligakonferensie op Philippi naby Kaapstad verklaar daar is 'n brief van die militêre veterane van MK, die gewapende vleuel, waarin die geskorste ANC-hoofsekretaris Ace Magashule versoek is om die bewerings te ondersoek.
Zuma voeg by hy glo een van die redes waarom die ANC Magashule geskors het hierdie bewerings is.
'n Bron van The Star-koerant het aan die nuusblad gesê so 'n brief is in 2018 geskryf. Hierdie bron wou glo nie verder uitbrei nie en het verklaar 'n telefoniese gesprek daaroor is nie gerade nie.
OORLOGFONDSE “VERDWYN”
Amerikaanse hulp aan Oekraïne word belê in korrupte Crypto FTX-skema.
Waar daar geld te maak is, is daar skurke en skelms. Elke land het sy eie hoeveelheid daarvan in verskillende vorme en gedaantes. Maar soms werk hulle skelmstreke ten goede vir hulle opponente uit soos nou weer gebeur het met ‘n skielike ineenstorting van 'n kripto-uitruil gekoppel aan die Demokratiese Party in die VSA. Rusland het beslis hierby gebaat!
Dit het aan die lig gebring dat FTX tans tot $50 miljard se laste en feitlik geen bates het nie. En onder daardie aanspreeklikhede is "beleggings" wat deur die Oekraïne se leierskapskliek gemaak is. In plaas daarvan om die beweerde fondse te gebruik om Rusland te beveg, is die geld eerder in die FTX Ponzi-skema belê. Uit die bankrotskap-indiening is dit duidelik dat hierdie geld nou verdwyn het.
Die maatskappy FTX het in sy bankrotskapaansoek bevestig dat hulle blykbaar tientalle miljarde dollars Amerikaanse “militêre hulp” van die Oekraïne gehad het.
"In plaas daarvan om Amerikaanse militêre hulp te gebruik om Rusland te beveg, het die Oekraïne 'n gedeelte of alles daarvan 'belê' in FTX, en op die oomblik lyk dit of al die geld weg is," het Hal Turner, 'n bekende Amerikaanse radiogasheer, gesê.
NG KERK BELY EN ROU WEER (2)
Alhoewel Skriftuurlike dwaling sonder twyfel die primêre oorsaak is dat die NG Kerk leierskap op ‘n glybaan van geestelike afvalligheid beland het, moet daar met groot hartseer erken word dat ook ons behoudende leraars en lidmate bewustelik of onbewustelik meegewerk het dat fondamente ondermyn is (Ps 11:3).
- Deur aan die AS bevoegdheid te gee om bindende besluite te neem oor gemeentes wat nie op die AS verteenwoordig is nie. Die AS is ‘n sinode van sinodes maar neem besluite wat vir lidmate en gemeentes bindend is;
- Deur versuim is afwykende en liberale Skrifbeskouings, lering en praktyke toegelaat om te infiltreer. Dit het grootliks daartoe bygedra dat kerklike vergaderings toenemend deur liberale leierskap oorheers word.
- Deur versuim is toegelaat dat die Kerkorde, reglemente en sinodale besluite in kerkvergaderings soms voorkeur geniet bo die kerkregering van Christus deur Sy Woord en Gees.
- Deur versuim is strukture geskep wat oneffektief en duur is, en eerder ‘n las vir die geloofsgemeenskap is.
- Deur versuim, eie belang en apatie het die oproep tot radikale reformasie sover slegs ‘n beperkte impak gemaak.
- Deur versuim en dubbele standaarde is ekumeniese bande met verskeie liberale kerkgroeperinge soos bv. die WRK gesluit, maar verhoudinge met behoudende groepe in ons midde is ernstig verwaarloos.
- Deur versuim, en strewe na internasionale erkenning, het ons teologiese fakulteite van die NG Kerk verval in ‘n teelaarde van liberale denke en afwykende teologiese indoktrinasie;
- Deur versuim, en apatie het leraars en kerkrade die toerusting van ampsdraers en kategete, asook die amp van gelowige, so verwaarloos dat die NG Kerk al meer ontaard het in ‘n kragtelose “dominees-kerk”.
GELOOFSGENESING
Ds A.E.van den Berg
“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid bewerk”(Mt.7:22,23).
Charismatiese kerke maak baie van “geloofsgenesing”. In Amerika is daar selfs van hulle wat lidmate ontmoedig om mediese hulp te verkry, Hulle veroordeel dit as ʼn voortsetting van heksery en duiwelskuns. Alhoewel baie Charismate nie hierdie siening huldig nie, is sommige skepties oor die mediese wetenskap en vertrou eerder hul sg. geloofsgenesers. Die vraag is: Is daar so ʼn iets soos geloofsgenesing?
Die Bybel dui drie kategorieë geestelike gawes aan.
NG KERK BELY EN ROU WEER…
…Hierdie keer dalk ten goede
Toe die NG Kerk destyds in berou bely het dat apartheid ‘n sonde was en toe sommer die daad by die woord gevoeg het om soveel onskriftuurlike prosesse soos “gay” predikante op die kansel toe te laat en veel ander godslasterlike dinge in te stel, het talle mense gesien hoe hulle al dieper in die gat van sonde val.
Tans is daar meer as 100 gemeentes wat hieroor rou en ‘n amptelike status van dolering verteenwoordig. Dit is verblydend om te sien dat daar werklik duisende lidmate is wat nie met die verval wil saamgaan nie; daarom is die volgende rouklag opgestel.
• As Bruid van Christus erken en bely ons dat ons deur versuim, eie belang en apatie teenoor die Here en teenoor mekaar gesondig het (Num 32:23); en
• onderneem ons om as deel van ons interne radikale reformasie-proses op ‘n beplande maar doelgerigte wyse en o.l.v. die Heilige Gees so gou doenlik aandag te gee aan wat verkeerd is in die NG Kerk.
Wat presies is verkeerd met die NG Kerk?
Sekerlik die hele Algemene Sinode (AS) wat besluite namens gemeentes neem wat onskriftuurlik tot nadeel van die reeds rouende gemeentes strek. Die lidmate dra nie kennis van al die besluite nie want die AS verswyg hulle onchristelike besluitneming sover moontlik. Maar nou is daar ‘n punt bereik waar sommige gemeentes asook die Kairos Netwerk genoeg van die verval van die NG Kerk verduur en ‘n skriftelike verslag opgestel het oor waarom hulle nie meer aan die AS verbind kan wees nie en wat hulle beplan om daarvan los te maak.
GEHEIME HEERSERS (2 - SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Soos reeds gesê, het die publikasie van die "Protokolle" in Engeland wêreldwye belangstelling ontlok. Vanaf daardie tyd (1920) is dit skaars moontlik om Joodse sake in die openbaar saaklik te bespreek sonder om jou bloot te stel aan 'n georkestreerde beswadderingskampanje waarin 'n mens belaster word met so baie effektiewe skeldname soos anti-Semiet, Jodehater, Nazi of Fascis. Douglas Reed skryf daaroor (bl.212): "Aan die begin was die besprekings nog vry en lewendig maar in later jare het die aanvalle so hewig geraak dat dit gelykstaande aan hoogverraad was om net daaroor te praat en vandag is daar skaars enige bekende publieke persoon of geskrif wat dit durf waag om die 'Protokolle" te noem sonder om hulle as "vervals" of "skandelik" te bestempel ('n onderwerpingsdaad wat in die dokument self voorspel word)."
GEHEIME HEERSERS
Klaus Dieter Vaqué
"Die wêreld word deur heeltemal ander vooraanstaande mense regeer as wat 'n mens dink, as jy nie agter die skerms kan inkyk nie." – Benjamin Disraeli, Britse staatsman (1804-1881)
Ongeveer 200 jaar gelede het die politieke strukture van die Westerse beskawing onder die invloed van liberale kragte begin vloeibaar raak en toe verander. Die resultaat van hierdie verandering was die sogenaamde demokratiese regeringsvorms, waarin (minstens teoreties) die mag moes uitgaan "van die volk."
'n Mens kan natuurlik oor die voor- en nadele van demokratiese regeringsvorms verskillende opinies daarop nahou, maar wat in elk geval vasstaan, is dat onvoorspelbare moontlikhede daardeur geskep is om draers van politieke beslissings, wat dikwels net enkele jare die mag in hande het, te beïnvloed en te kontroleer. Die deure is wyd oopgemaak vir die moontlikheid van korrupsie, afpersing, baantjies vir boeties en magsgierigheid.
JODE SE SWART MAG TEEN BLANKE BELANGE (1)
“No black man becomes a millionaire without friendship in the Jewish community.” - Minister Louis Farrakhan
In reaksie op 'n Amerikaanse basketbalspeler wat 'n onlangse film op Amazon vir die publiek aanbeveel het om te kyk – From Hebrews to Negroes, - het die Joodse CHEKA, ook bekend as die Anti-Defamation League, (ADL) – Anti-laster Liga – die speler Kyrie Irving se kop op 'n skottel geëis, wat daartoe gelei het dat die NBA (National Basket Assosiation) – Nasionale Basketbalvereniging – hom vir vyf wedstryde geskors het. Daar is ook 'n sespuntplan uitgereik wat hy moes nakom voordat Adam Silver, die Jood wat aan die hoof van die NBA was, hom sou toelaat om na die liga terug te keer.
Na veral die Tweede Wereldoorlog het die Joodse Mag 'n metode waarin die Swart Mag as stormram teen Blanke belange aangewend is, behendig ingespan. Is die nuwe verwikkelinge dalk 'n keerpunt?
VSA-VERKIESING WEER ‘N KLUG
Daar word tans ernstig besin oor die 2022-middeltermynverkiesing in Amerika. Sommige beweer dis alweer ‘n gesteelde verkiesing soos wat met die Trump/Biden-verkiesing gebeur het. Maar oor die algemeen kom die boodskap sterk deur dat die nuwe Kongres ‘n blote aanhangsel van Wall Straat is.
Die verkiesing het ‘n skerp boodskap aan die Amerikaanse volk gebring. Dat die Republikeinse en Demokratiese Partye slegs marionette vir miljardêrs en multinasionale korporasies is, is baie opsigtelik. Al wat die Biden-regime sover gedoen het was om 'n poppespel vir die publiek op te voer met gevolge wat al meer téén die burgers as vir hulle uitspeel. Daar is geen teken meer van enige besorgdheid oor die bevolking van Amerika nie, en die Grondwet en die oppergesag van die Reg is opsigtelik in 'n vlak graf begrawe.
SOOS KLEI IN SY HAND
Hannes Ollewagen
Jer. 18:1-23
“En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk – soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker – maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Sal ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:4-6).
Jeremia gaan in opdrag van die HERE na die huis van die pottebakker. Hy sien dat hierdie pottebakker besig is om ‘n werk op die pottebakkerswiel te maak en neem die man se werk waar. En Jeremia sien hoedat hierdie werk misluk. ‘n Teleurstelling. Maar die pottebakker staak nie sy werk nie. Die pottebakker gooi nie die klei na eenkant en storm in ergernis uit nie. Die pottebakker gaan sit nie op ‘n hopie en kry homself die res van die dag jammer nie. Die pottebakker ken sy lees. Dit is hoe dit gaan. Die klei werk nie altyd saam nie. Maar die oplossing is dan om die mislukte werk van voor te begin en te probeer om ‘n ander voorwerp daaruit te maak soos wat dit in die pottebakker se oë reg is. Ja, die pottebakker weet presies wat om met hierdie misvormde stuk klei, hierdie mislukte voorwerp te doen.
GOEIE LEWENS RED GEEN MENS
Ds A.E. van den Berg
“... Menere, wat moet ek doen om gered te word?Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word....” (Hand.16:30,31).
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen... En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:12,15).
Omdat die lewe relatief kort is, smag elke eerbare mens na ʼn goeie lewe wat met goeie dade gevul is. Goeie dade verskaf lewensvreugde maar slegte dade nie, vra maar vir enige gevangene! Goeie dade maak die lewe vir onsself sowel as vir ander mense beter, ongeag of ons ’n vragmotor of ʼn besigheid bestuur.
Maar, wat is die heel beste ding wat jy vir jouself kan doen? Om sekerheid van ʼn ewige saligheid na jou dood te verkry terwyl jy leef. Hoe kry jy dit? Moet jy iets doen om hierdie saligheid te beërwe? Die tronkbewaarder van Filippi vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?”
ONS IS LIEFDE AAN MEKAAR VERSKULDIG
Hannes Ollewagen
Rom. 13:8-14
“WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” (:8-10).
Ek dink dat die meeste van ons nie daarvan hou om aan ‘n ander iets te skuld nie. Dit is vir die meeste van ons hinderlik. Dit is iets waaraan ons gereeld dink. Daar kan so maklik iets onvoorsiens gebeur en dan kan ek nie die skuld betaal nie. En wat ‘n verleentheid sal dit nie wees nie! Hoe sal ek weer die ander party in die oë kan kyk? Ons word dan ook uit Rom. 13:8 aangeraai om nie aan ‘n ander iets te skuld nie, want dit kan so maklik verhoudings versuur wanneer ons nie hierdie skuld kan betaal nie. Daar word egter ‘n enkel uitsondering in Romeine 13 gemaak. En hierdie uitsondering is dat ons liefde aan mekaar verskuldig is. En wanneer ons mooi daaroor dink, besef ons dat verhoudings ook baie skade ly wanneer ons nie hierdie skuld (van liefde) aan mekaar betaal nie.