Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vrede word nie in raadsale of deur ooreenkomste gesluit nie. Vrede is ook nie iets waarvoor jy wens nie. Vrede kom uit die harte van mense. Dit is iets wat jy maak, wat jy doen, iets wat jy is en wat jy weggee.
SNELWEG OF AFDRAAIPAD?
Ds. A.E van den Berg
“.... Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel ....“ (Jer.6:16)
Ons land verkeer tans in ʼn gesag– en sedelikheidskrisis soos nog nooit tevore nie. Die stygende misdaadsyfer en die gewelddadige aard daarvan getuig van ʼn gees van eiegeregtigheid, onverdraagsaamheid, selfsug, materialisme en grootskaalse korrupsie wat ons land beetgepak het.
Bybelse opdragte oor seksualiteit, menswaardigheid, gesinsverhoudinge, opregtheid, eerlikheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid word geminag. Mislukte huwelike engesinsverbrokkeling is aan die orde van die dag; die
wrange vrugte van 'n samelewing wat God se Woord verlaat het.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 18
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Ons kan in hierdie hoofstuk sewe kenmerke uitken wat die persoonlike verhoudings van ’n volgeling van die Here Jesus raak:
- In verse 1 tot 4 sien ons wat Jesus sê van nederigheid. Slegs wanneer ons die nederigheid van ’n kind het, kan ons ’n burger van God se koninkryk wees. Persoonlike ambisie, prestasie, belangrikheid ensovoorts, het nie ’n plek in ’n Chisten se lewe nie.
- In verse 5 tot 7 sien ons hoe groot ’n Christen se verantwoordelikheid teenoor ander mense is. Die grootste van alle sondes is wanneer iemand ’n ander persoon leer om te sondig, veral as dit ’n swakker of jonger broer of suster is.
WAAR IS ONS GEDAGTES?
Hannes Ollewagen
Ps. 94:1-23
“Die HERE ken die gedagtes van die mense – dat hulle nietigheid is.” (:11).
Geliefdes, hoe onbegryplik vir ons om te bedink dat daar vir die HERE absoluut niks, niks op hierdie aarde verborge is nie. Ja, ons diepste gedates is nie eers vir Hom verborge of ‘n geheim nie. God weet nie alleen wat in ons gedagtes omgaan nie, maar Hy hou ons gedagtes met belangstelling dop – Hy toets ons gedagtes!
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps. 139:23&24).
Die HERE verstaan dan ook beter as enigeen hoedat verkeerde gedagtes die mens se lewe beïnvloed – en bederf! Ja, sedert die vroegste tye van die mens se bestaan hier op aarde het die mens met hierdie probleem van verkeerde gedagtes te kampe gehad.
POLITIEK MAAK MENSE DOM
Ds. A.E van den Berg
“Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr.14:12).
Sommige mense glo dat politieke mislukkings hoofsaaklik aan oningeligte kiesers te wyte is en dat beter inligting sinvoller politieke besluite sal oplewer. Dit werk ongelukkig nie so nie. Baie kiesers stem bewustelik teen die waarheid. Hulle weet wat waar is, aanvaar dit nie en stem blind lojaal vir ʼn bepaalde politieke party – die weg van die minste weerstand en om aansien in hul gemeenskap te verwerf.
Hierdie kiesers stem vir dit wat vir hulle voorgesê word sonder om vas te stel of dit feitelik korrek is. Hulle hoor die waarheid, besef die nut daarvan maar glo nogtans die leuen. Die invloed wat welsprekende misleiers op mense het wat geen snars van politiek weet nie, is vir enige land rampspoedig.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 17
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 17:1-8 Die wonderlike tyd wat Jesus saam met sy dissipels deurgebring het in Sesarea Filippi, word nou opgevolg deur hierdie hoogtepunt van verheerliking op die berg. Ons is nie seker op presies watter berg dit plaasgevind het nie, maar dit moes heel waarskynlik teen die hange van die pragtige en statige Hermonberg gebeur het. Dit was heel moontlik nag gewees, want Lukas vertel vir ons dat die dissipels aan die slaap geraak het (Luk 9:32). Die volgende dag het hulle van die berg afgegaan, toe die vader van ’n seun met epileptiese aanvalle, hulle ingewag het (Luk 9:37).
AUSTRALIË: DIE HELE KABAALVERHAAL
As u hierdie dokumentêre video oor Australië se ervaring en hantering van die Viruskabaal van die begin tot nou wil kyk, ruim 'n uur of so in en hou 'n paar sneesdoekies byderhand, want hier sal u die patriotiese stryd van die dapperstes in die volk met eerbied en waardering sien. Deur en te midde van elke inperking en drakoniese toegevoegde maatreëls soos deur die regime van Dan Andrews toegepas, het die nasionalisme vir hulle eie land en volk met weerstand teen die regime, gegroei tot 'n hoogtepunt waar hulle uiteindelik toegelaat is om vredevolle openbare protesoptogte te hou, en nie meer deur die polisie aangerand en doodgeskiet word nie. Dit is 'n verhaal wat in 'n fiksieboek hoort, tog is dit die werklikheid en die einde is nog nie in sig nie.
Wat ons behoort te weet is dat elke land min of meer dieselfde fasette en tragedies gaan beleef as gevolg van die Wêreldgeldmag se sug na mag en rykdom en dat ons nie moet dink die volle omvang hiervan kan ons nie tref nie. Ons kan wel bid en pleit dat ons Almagtige Vader in die hemel sy kinders in hierdie land daartydens sal beskerm en betyds tot ons redding sal kom.
Indien die bg skakel in WA nie as skakel werk nie, gebruik eers www.gelofteland.org as skakel en kliek dan op die webblad op die lang skakel hierbo.
NUUTSTE WAPEN: WATERBOTTELS!
As dit nie so snaaks was nie kon 'n mens maklik daaroor huil want hierdie gebeure verteenwoordig die algemene wyse waarop ons arme land "bestuur" word.
Die stadsraad van Johannesburg het glo verlede week 'n raadsvergadering gehou wat so hande uitgeruk het dat die swart lede mekaar met waterbottels begin gooi het. Die verwoesting was van so 'n aard dat die vergadering na hierdie week uitgestel is. Die res is eintlik voorspelbaar: daar was hierdie keer nie bottels water by die sitplekke nie aangesien "bottels water 'n gevaarlike wapen is". 'n Mens kan veronderstel dat enige voorwerp in hulle hande 'n gevaarlike wapen kan word...
En toe besluit die raadslede om te loop want hulle kan nie vergadering hou sonder bottels water nie!
As dit nie so laat in die dag was nie sou 'n mens wou uitroep: Red nou 'n land met so 'n bestuur!!
DIE GAWES UIT SY HAND
Hannes Ollewagen
1 Tim. 6:3-21
“Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, en vir hulle 'n skat weglê, 'n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.” (:17-19).
Geliefdes, gee tog ag op die kosbare lering uit die Woord van die HERE. Hy leer ons so ‘n kosbare les rondom die hantering van die gawes wat ons uit sy hand ontvang. In ons teksgedeelte handel dit hoofsaaklik oor hoe ons rykdom behoort te hanteer wanneer Hy dit aan ons skenk.
COVID-KONSENTRASIEKAMPE NOU OOK IN AMERIKA
Eers was dit Australië waar dié kampe lankal in gebruik is. Duisende mense sterf daar en ons hoor dit nie in die hoofstroommedia nie, wat kop in een mus met die Geldmag is, maar daar is reeds talle video-materiaal wat dit bevestig. Nou lê Demokrate in die staat Washington 'n wetsontwerp voor, WAC 246-100, wat "gesondheidsbeamptes" (Demokratiese Gifstof-Gestapo) sal magtig om enigiemand met 'n vuurwapen te oorweldig en in die covid-konsentrasiekampe te gooi. Die mense wat onder hierdie tirannieke reël geteiken word, hoef geen tekens van siekte of infeksie te toon om uit hul huise en gesinne geruk te word nie.
ERVAAR JY WARE GELUK?
Ds A.E. van den Berg
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele”(Mt.5:3).
ʼn Leraar se intreepreek sê baie van sy voornemende prediking in ʼn gemeente. Jesus het ook so ʼn preek gehadwat die basis van sy bediening gevorm het nl. die Bergrede. Hy begin die preek met die woorde:
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele”.
Wat beteken arm van gees? Om tot die besef te kom dat jy volkome afhanklik van God is. Die woord arm beteken meer as om bloot hulpbehoewend te wees. Dit dui op 100% afhanklikheid van God.
NOODTOESTAND VERLENG
https://lovinglifetv.com/the-real-reason-the-state-of-emergency-is-renewed-in-south-africa/
Die ANC-regime het die "Stae of Emergency" met voorlopig nog 'n maand verleng. Dit sal ook nie net by 'n maand bly nie want as hierdie sogenaamde noodtoestand opgehef word is die tyd vir die gifinspuiting verby omdat daar dan geen rede daarvoor is nie, en dit mag volgens die Geldmag nie gebeur nie. Gaan luister gerus by bg skakel wat dr Robert Malone, gerespekteerde wetenskaplike, daaroor te sê het.
NEE VIR?...
...vir Bybelgegronde teologiese opleiding!
Ds. A.E van den Berg
“Een duiwel in die kerk is meer werd is as ʼn duisend daarbuite!”
Die NG Kerk se algemene kuratorium wat oor studente se teologiese opleiding toesig hou, het onlangs gesê dat teologiese studente wat by die APKerk of Gereformeerde Kerk se teologiese akademies opgelei is nie in die NG Kerk beroepbaar sal wees nie. Die NG Kerk se opleiding gee bewustelik voorkeur aan swart teologie, bevrydingsteologie en feministiese teologie. Dit, saam met verskeie dosente se eiesinnige teologiese sienings, maak van die kerk se teologiese opleiding ʼn speelgrond vir dwaalleer.
Die NG Kerk se probleem met die APK is dat hul teologiese uitgangspunt eksklusiwiteit vir blankes is. Die Gereformeerde Kerk daarenteen laat weer nie vroue tot die amp toe nie terwyl meer as 50% van die NG Kerk se huidige teologiese studente vroue is.
DIE R1,35 MILJOEN PARTYTJIE
- The R1.35 million party in South Africa the host did not even attend
Gaan kyk hoe lyk 'n R1,35 miljoen partytjie. Die storie dat swartes minderbevoorreg is en so swaarkry geld net vir 'n deel van hul bevolking terwyl die res geld teen die mure uitstrooi.
DIT IS TYD
- It’s time – message to the world – prepare to rise up against tyranny
Kyk na hierdie video en sien hoe 'n nasie saamstaan teen die tirannie van hul regering.
GOD SELF SLUIT SOMMIGE SE OË
Collette Martin, 'n praktiserende verpleegster wat reeds sewentien jaar in die VSA in hospitale werk, het vroeër hierdie maand tydens 'n Louisiana Health & Welfare-verhoor gepraat oor wat sy tydens die COVID-plandemie in die hospitaalstelsel gesien het.
Collette sê sy en haar kollegas het angswekkende reaksies op die COVID-gifinspuitings gesien, maar hul kommer oor die ‘entstowwe’ word geïgnoreer.
Collete het vertel dat databasisse vir entstofbeseringsverslae soos VAERS so min gebruik word dat die meeste dokters en verpleegkundiges nie eers weet dat dit bestaan nie, wat nog te sê hoe om 'n verslag in te dien.
“Die meerderheid van ons verpleegsters, verpleegbestuurders en sommige dokters weet nie eers wat VAERS is nie. Ek het met ons hoof-medisynebestuurders en ander verpleegkundiges gepraat oor hoekom ons nie aan VAERS rapporteer nie, en die mees algemene reaksie is: ‘Wat is VAERS?’.”
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 16
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 16:1-4 Die Fariseërs en die Sadduseërs was twee groepe wie se geloofsieninge lynreg teenoor mekaar gestaan het. Die Fariseërs het die skriftelike, sowel as die mondelingse wet tot in die fynste besonderheid onderhou, terwyl die Sadduseërs net die geskrewe wette in die Bybel aanvaar en onderhou het. Die Fariseërs het aan die bestaan van engele en aan die opstanding na die dood geglo, terwyl die Sadduseërs glad nie daaraan geglo het nie. Paulus het van hierdie verskil in hulle geloofsiening gebruik gemaak toe hy voor die Sanhedrin moes verskyn (Hand 23:6). Die Fariseërs het glad nie ’n politieke belangstelling gehad nie en was bereid om onder enige regering te staan wat hulle toegelaat het om hulle eie godsdienstige wette en rituele na te kom. Die Fariseërs was op die uitkyk vir hulle messias wat moes kom, en het daarna verlang, terwyl die Sadduseërs glad nie belang gestel het daarin nie. Dit was amper onmoontlik om twee meer uiteenlopende groepe mense te vind, maar in hulle vyandigheid teenoor Jesus, het hulle saamgestaan en bymekaar gekom om te besluit hoe hulle vir Jesus gaan elimineer.
ROKKIES WOU HY DRA...
Tutu se rokke
Ds. A.E van den Berg
Slegte mense besmet dikwels goeie plekke. Jesus het in die Bergpredikasie teen die skynheilige optredes van die Fariseërs en skrifgeleerdes gewaarsku wat met hul goeie dade gesien en geëer wou word (Mt.6:1-6). Die skrifgeleerdes was die godsdiensleiers van Jesus se tyd wat mense aan die hand van die Skrifte leiding moes gee. Hulle het hulself beter as ander mense geag, godsdiensrokke gedra en mense met hul openbare gebede probeer beïndruk.
“CLOT SHOT” MAAK MENSE MAL
Ons sien nou die voorspelde tekens van die gevreesde “entstof” wat die zombie-apokalips inlei.
Jy het dit waarskynlik gesien in van jou vriende, familielede of kollegas wat die wonderlike “jab” geneem het. Dalk nog nie so veel hier in Suid-Afrika nie maar dit is oppad. Voor die inspuitings was hulle normale, gesonde, gelukkige mense. Toe neem hulle die sg inentings en dinge begin afdraand gaan. Talle van hulle begin persoonlikheidsveranderinge, verhoogde aggressiwiteit en 'n wending na dierlike/zombie-agtige gedrag toon.
Dit alles is tekens dat bloedklonte in hul brein begin vorm, wat die suurstof afsny na die dele van die brein wat verantwoordelik is vir die verwerking van hoër kognitiewe funksies. In wese ontaard hulle in “entstof”-zombies, en hulle besef dit nie eens nie.
Dit is belangrik om te verstaan dat hoe verder hul persoonlikheid verander, hoe meer bloedklonte vorm in die brein. Gevolglik, hoe minder tyd het hulle oor om te lewe.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 15
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 15:1-9 Alhoewel hierdie vreemde en moeilike verse is om te verstaan, is dit ’n baie belangrike gedeelte van die hele evangelieverhaal. Dit verteenwoordig ’n openlike botsing met die leiers van die Joods Ortodokse geloof. Sommer in die eerste sin al sien ons dat die skrifgeleerdes en Fariseërs ál die pad van Jerusalem af, spesiaal na Galilea gekom het om vrae aan Jesus te vra. Dit lyk nie asof die skrifgeleerdes en Fariseërs in hierdie stadium al kwaadwillige bedoelinge gehad het met hulle vrae nie. Dit lyk asof hulle eerlikwaar veward was. Die eintlike belangrikheid van hierdie gedeelte lê daarin dat dit nie ’n persoonlike botsing of verskil was nie, maar dat hier ’n botsing van twee sieninge van geloof in God plaasgevind het. Dit was ook baie duidelik dat daar geen moontlikheid van enige samewerkingsoorkoms of kompromie tussen hierdie twee sieninge van geloof was nie.
IS JY BANG VIR 2022?
Ds A.E. van den Berg
“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? .... want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het..... Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:31-33).
Die jaar 2021 was ʼn moeilike jaar met baie vertwyfelings en onsekerhede wat gelowiges opnuut laat besef het dat die wêreld einde se kant toe staan en Jesus se wederkoms naby is. Wat die toekoms vir ons in 2022 inhou, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat hierdie jaar teen 60 sekondes per minuut gaan plaasvind, ongeag wat mense doen. En dit maak mense bang vir die toekoms. En jy?