Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volk moet sy leiers versigtig kies. Wie dit nie doen nie se lugkastele verander altyd in puinhope en hul dagdrome in nagmerries.
UKRAÏENE EN RUSLAND
KORT BERIG
Baie lesers het die verloop van Rusland se inval in die Ukraïene die afgelope weke gevolg. Ons hoor nie altyd die waarheid rondom dié gebeure nie, veral nie deur die linkse media nie. Maar soms word daar feite deurgegee wat geglo kan word.
So het die linkse Fox News pas 'n onderhoud met Steve Harrigan, 'n joernalis wat vir Fox News werk en pas teruggekeer het van die Ukraïene, gevoer. Volgens Harrigan wat pro-Ukraïene en sy verpotte president Zelensky is, is die Ukraïene letterlik platgeslaan en het reeds die oorlog verloor. Harrigan se haat jeens Vladimar Poetin skyn duidelik in die onderhoud en hy glo Poetin se mense gaan hom uitgooi deur middel van 'n staatsgreep en dat sy dae getel is. In dieselfde asem vertel Harrigan hoe suiwer en opreg die nar, Zelensky, is. Dalk besef hy nie dat die wêreld daarvan bewus is dat Zelensky 'n komiese akteur was voordat hy met die VSA se hulp president van die Ukraïene geword het en die mees korrupte president ooit was nie.
U wonder seker nou waarom ons dan Harrigan se woord oor die oorwonne Ukraïene glo. Baie maklik; hy sou wat wou gee om tuis te kon rapporteer dat Rusland verloor het maar dit is die een leuen waarmee hy nie sou kon wegkom nie: die puin van die Ukraïene lê oop vir almal om te sien.
Laat ons hoop dat daar ook vrede en samewerking tussen Rusland en die Ukraïene sal kom; oorlog is van die mees verwoestende dinge wat met 'n land en sy mense kan gebeur!
GEBED VIR DIE WEEK
Here, wees my genadig en bewaar my van versoeking wat so maklik by deure inkom wat opsetlik oopgelaat is. Soos wat geen sandkorrel te klein is om ʼn horlosie te beskadig nie, so ook nie ʼn sonde om my siel te skaad nie.
Sonde neem ʼn mens na plekke waar jy nie wil wees nie en hou jou langer as wat jy wil bly. Dit kos jou ook meer as wat jy bereid was om te betaal. Help my Here, dat sonde nie verder as ’n bekruiper in my lewe gaan nie. Gee dat ek gereeld hand in eie boesem steek en my oortredinge bely. Laat niks my groter genoegdoening gee as om versoekings te weerstaan en op die satan se mees gehate lys te beland.
Laat my my siel met die nuwe lewe in Christus opbruis en dat ek hierdie week liefde sal betoon asof niemand my ooit te na gekom het nie, u lof besing asof niemand my hoor nie en leef asof die hemel alreeds hier op aarde verwerklik het. Aan U al die eer!
Amen
AS GOD DIE DAG SWYG
Ds A.E. van den Berg
“En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie. (Luk23:9).
Mense beland dikwels in die nood hetsy geldelik, gesondheidsgewys, of in verhoudings. Die ergste nood waarteen ʼn mens hom kan vasloop, is ʼn swyende God wat niks wil hoor, niks wil weet of niks wil sê nie!
Die OT vertel van die Baalpriesters in die tyd van die profeet Elia wat op die berg Karmel tevergeefs na hul afgod geroep, geskreeu en hulself later stukkend gekap het om reaksie te verkry. Dat die afgodsdienaars geen antwoord van Baal gekry het nie, kan verstaan word. Maar wat gebeur as die swyende God die Here Jesus is?
“En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.”
Dis nie ʼn terloopse opmerking nie maar veelseggend!
WAARIN Lê ONS KRAG?
Hannes Ollewagen
2 Kor. 12:1-10
“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (:9&10).
Geliefdes, dit klink asof daar nie sin is in dit wat Paulus in hierdie brief aan die Korinthiërs skryf nie. Hoe kan ‘n mens sterk wees wanneer jy swak is? Maar, soos met elke gedeelte uit die Woord van God, lê hierin vir ons ‘n kosbare skat wat met verdere ondersoek ontdek kan word. Hierdie saak waarvan Paulus spreek, is geen geïsoleerde geval nie. Daar is talle voorbeelde uit die Woord wat hierdie stelling van Paulus uit ons gelese gedeelte bevestig.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, wees my genadig en bewaar my van versoeking wat so maklik by deure inkom wat opsetlik oopgelaat is. Soos wat geen sandkorrel te klein is om ʼn horlosie te beskadig nie, so ook nie ʼn sonde om my siel te skaad nie.
Sonde neem ʼn mens na plekke waar jy nie wil wees nie en hou jou langer as wat jy wil bly. Dit kos jou ook meer as wat jy bereid was om te betaal. Help my Here, dat sonde nie verder as ’n bekruiper in my lewe gaan nie. Gee dat ek gereeld hand in eie boesem steek en my oortredinge bely. Laat niks my groter genoegdoening gee nie as om versoekings te weerstaan en op die satan se mees gehate lys te beland.
Laat my my siel met die nuwe lewe in Christus opbruis en dat ek hierdie week liefde sal betoon asof niemand my ooit te na gekom het nie, u lof besing asof niemand my hoor nie en leef asof die hemel alreeds hier op aarde verwerklik het. Aan U al die eer!
Amen
SKADE VAN DIE COVID-BEDROG
BY NASKOUE...
Daar was toe nooit ‘n pandemie nie, soos baie van ons reg van die begin af gesê het. Die destabilisering van die sosiale, politieke en ekonomiese struktuur van 190 soewereine lande was ‘n verwoestende agenda van die globaliste. Dit het mense se lewens en die burgerlike samelewing vernietig.
Die leuens is volgehou deur 'n massiewe media-disinformasieveldtog met 24/7 onophoudelike en herhalende "Covid-waarskuwings" in die loop van die afgelope twee jaar. Die historiese inperking van Maart 2020 het wêreldwyd ekonomiese en sosiale chaos veroorsaak. Dit was 'n daad van "ekonomiese oorlogvoering": 'n oorlog teen die mensdom.
Vanaf 11 Maart 2020 is nasionale regerings versoek om die PCR-RT-toets op 'n massiewe skaal te implementeer, met die oog daarop om die aantal covid-positiewe gevalle wêreldwyd op te stoot. Dit het bygedra tot 'n golf van bankrotskappe. Dit het mense wêreldwyd verarm. Dit het gelei tot 'n toenemende dollar-gedenomineerde globale skuld.
DIE BEELD VAN GOD IN ONS
Hannes Ollewagen
Rom. 3:21-31
“...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (:23&24).
Geliefdes, ons lees in Génesis 1 dat God die mens na sy Beeld geskape het.
“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;...” (Gén. 1:27).
En in Ps. 8:6 stel Dawid dit as volg:
“U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.”
Ons lees dan ook hiervan in 1 Kor. 11:7:
“Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is...”
GEBED VIR DIE WEEK
Here, vervul my hierdie week met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en dat ek onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en weet dat my lewe in die hande van Een is wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
JESUS DIE ENIGSTE PAD HEMEL TOE
“Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word....” (Joh.10:9).
Daar is na beraming 10,000 godsdienste in die wêreld. Hoe het godsdiens as sulks ontstaan? By mense se bewuswording van iets groter en heiliger as hul eie bestaan; iets buite hul normale begripsvermoë. En so het godsdienste deur die eeue ontstaan, elkeen met sy eie gode en volgelinge. Te midde van al die verskille het alle godsdienste iets in gemeen – die hoop op ʼn lewe na die dood.
Desondanks is daar net een godsdiens wat ʼn lewe na die dood waarborg – die Christendom. God het dit so beskik dat sy verlossingsplan vir die mens slegs deur die bekering tot Jesus Christus geskied. Geen ander godsdiens bied verlossing en ʼn ewige lewe nie; slegs die Christendom met Jesus as die enigste brug tussen God en mens. Jesus sê self:
“... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).
Maar waarom juis Hy? Omdat God Hom deur Jesus aan mense bekend gemaak het. By geleentheid vra Filippus vir Jesus:
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, dankie vir die gawe van die lewe. U is die Lener en ek die ontvanger daarvan. U Woord is duidelik dat daar ʼn dag kom dat ek dit moet teruggee en verslag daarvan aan U sal moet doen. Gee dat ek nooit vergeet dat alles wat ek is en het net genade is nie. Maak my derhalwe nederig sodat U grootheid in my nederigheid sal skitter en van my hart die mooiste tempel vir U maak.
Seën my met lewensvreugde en leer my dat vreugde ʼn vrug van die Gees en nie ʼn byproduk van stoflike welvaart is nie. Herinner my om voortdurend bly te wees oor die redding van my siel en laat my blydskap nooit van omstandighede afhang nie.
Laat my geloof in U soos die son wees wat opkom en my mooi dinge rondom my laat raaksien. Seën my so Here, dat my lewe ook vir ander tot seën sal wees. Maak my lewe vry haat; my gedagtes vry van kommer en laat ek meer gee en minder verwag.
Reinig my lewenspad deur u Woord en Gees sodat ek ʼn goeie voorbeeld vir ander sal wees en nooit ʼn wrede waarskuwing word nie. Laat my reinheid ander se onreinheid soos waarskuwingsligte laat brand .
Amen
MENSVLEIS IN PLEK VAN BEESVLEIS!
Bewyse dat “The Great Reset” vinnig nader kom, kan gesien word in die onlangse besluit deur die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie om diervleis te verbied, en as die geskiedenis enige aanduiding is, sal dieselfde besluit ook vir ander lande geld. Die Amerikaanse verbod sal na verwagting op 1 April 2024 in werking tree. Ander lande volg gewoonlik daarna in sy spore.
Dié besluit kom op die hakke van herhaalde openbare beroepe deur Bill Gates op die Westerse wêreld om op te hou om regte vleis te eet en oor te skakel na laboratorium-gekweekte sintetiese "beesvleis".
'n Uittreksel uit “Bill Gates & His Fake Solutions to Climate Change," is deur The Defender in April 2021 gepubliseer:
"Een van Bill Gates se mees onlangse promosies is sy voorskrifte van sintetiese voedsel vir ontwikkelde lande as 'n manier om klimaatsverandering te bekamp. In 'n onlangse onderhoud met MIT Technology Review, sê Gates hy dink 'alle ryk lande moet na 100% sintetiese beesvleis oorgaan."
BESTE GETUIENIS IN VERHOOR TEEN GELDMAG!
Indien u belang stel om die wêreldverhoor teen die kriminele dade van die Geldmag te volg, sal u die video by die skakel hieronder geweldig interessant vind. Dit is met groot respek dat mens na die ingeligtheid en integriteit van dokters wat verdoemend getuig, luister. Bid asb dat hierdie mense wat soveel dapperheid openbaar nie ook soos baie ander getuies vermoor word nie. U hoor dit nie want dit word nooit in die openbaar verkondig nie maar talle dokters, verpleegsters en andere wat oor die leuens van die pandemie getuig het, is stil-stil uit die weg geruim.
Hierdie video is seker een van die belangrikste in die geskiedenis van die Wêreld; moet dit nie mis nie!
PCR-TOETS ONGELDIG VERKLAAR...
...behalwe vir die agtergeblewenes
Almal weet, so sou mens hoop, lank reeds dat die PCR-toets nie gebou was om virusse op te spoor nie en dit nooit kon doen nie. Dr. Kary Mullis, Nobelpryswenner en uitvinder van die RT-PCR, is in Augustus 2019 misterieus oorlede nadat hy te hard probeer het om te keer dat die PCR vir virusopsporing aangewend word. Dit alleen behoort die hele storie van magsug, geldsug en leuens te vertel.
Nog het die wêreld se gesondheidsorganisasies wat almal kop in een mus daarmee was, die leuen laat voortduur tot hulle nie meer die teenaanslag kon afweer nie.
En toe, vanaf 31 Desember 2021 het die CDC die PCR-toets nie meer in die VSA as geldig beskou nie. “Die CDC het beslis erken dat die PCR-toets nie effektief onderskei tussen Covid-19 en Seisoenale Griep nie. Dit impliseer nie 'n Covid-19-bevestigde saak nie. Dit kan griep of 'n korona-verkoue wees.” (maar dit het darem die wonderlike vermoë om 'n bok en 'n papaja positief te toets...) Die besluit is ondersteun deur talle studies asook die WGO. Die CDC het gevra dat die onttrekking effektief wees op 31 Desember 2021.
Die sogenaamde “bevestigde positiewe" Covid-19-gevalle beloop biljoene wêreldwyd. Navorsing vertel dat tot 99% daarvan vals was. En daar is nóu nog mense wat glo hulle moet getoets word!
Die RT-PCR-toets is gebruik om elke beleidsmandaat, insluitend inperkings, sosiale distansiëring, die dra van maskers, inperking van die arbeidsmag, sluiting van ekonomiese aktiwiteite, die skending van 'n groot aantal grondwetlike regte en uiteindelik die gifinspuiting te regverdig.
En nou ploeter ander lande soos Suid-Afrika steeds voort met hierdie belaglike toetsmetode net om almal sover te kry om die gifinspuiting te kry (sodat ons onder die mag van ‘n eenwêreldregering moet kom). Dit wil voor kom of ons dit verdien om agtergeblewe genoem te word, of minstens ‘n klÓmp in hierdie land!
TRANSHUMANISME 'N WERKLIKHEID
Die meeste van ons is seker al siek en sat vir die woorde virus, Nuwe Wêreldorde en “inentings”, en dit is met reg. Maar daar sal altyd fasette van die virussage wees waaroor almal nie duidelikheid het nie. Ongelukkig moet ‘n mens die hele prentjie verstaan om te weet wat regtig vir ons beplan word en dat die sogenaamde pandemie die begin van inwerkingstelling daarvan was.
Iets wat maar min in breë trekke bespreek word, is die saak van transhumanisme. Volgens Klaus Schwab, stigter en uitvoerende voorsitter van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), is die groot ideaal komende uit Die Vierde Industriële Rewolusie om mens en masjien saam te smelt; dus wil die Kabaal nou God se werk oorneem en die mens hervorm.
GEBED VIR DIE WEEK
Dankie vir die wonder van die uitverkiesing en gevolglike redding van my siel. U raak mense in genade aan wat vir ander onwaardig lyk en maak hulle lewens nuut soos U met my gedoen het. Laat my derhalwe nooit op my goedheid roem nie. Goedheid hou mense uit die tronk maar net die bloed van Jesus hou mense uit die hel.
Hou my dus gehoorsaam aan u Woord en help my om te stop waar dit sê om te stop. Laat my nooit met dinge wat verkeerd loop saamloop nie. As daar iets in my lewe ontbreek, bid ek vir krag en insig om dit reg te stel. Help my ook om nie te ver vorentoe of agtertoe nie, maar eerder op te kyk.
U Woord sê dat U gelowiges nooit sal verlaat nie. Dankie dat ek dit elke dag in my lewe ervaar. Vestig ‘n afwagting op die wederkoms van Christus by my en my geliefdes; ʼn dringendheid om reg te leef Laat ons met geduld op die wederkoms wag, maar ook met verlange daarna uitsien.
Amen
ONS KRAG IS IN HOM
Hannes Ollewagen
Lukas 4:1-13
“EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is;…”(:1&2).
Geliefdes, ons lees in 1 Kor. 15:45 van die eerste Adam en die laaste Adam wat teenoor mekaar gestel word.
“So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.”
En dit laat ons dan ook dink aan die versoeking van Adam & Eva in die tuin van Eden wanneer ons vandag van die versoeking van Jesus lees. Die eerste Adam is versoek en hy het voor hierdie versoeking geswig. So is Christus tydens sy lewe op aarde ook in versoeking gebring, maar sonder om te swig; sonder om aan die begeerlikhede van die vlees toe te gee.
WAAROM MEDIA SO LIEG
Die Departement van Gesondheid en Menslike Dienste (GMD) in die VSA het inligting aan TheBlaze-radionetwerk vrygestel in reaksie op 'n versoek van die Wet op Vryheid van Inligting. Die inligting het getoon dat die Federale regering advertensies gekoop het vir die bedrag van $1 miljard belastingbetalerdollars as deel van 'n mediaveldtog om “entstof”-vertroue te bou.
In dokumente wat vanaf die GMD gestuur is, het TheBlaze gevind dat honderde organisasies in die nuusmedia betaal is om TV-, gedrukte, radio- en sosiale media-advertensies te vervaardig waarin die publiek aangespoor word om die “jab” te kry.
Die Amerikaanse regering het ook met sosiale media-beïnvloeders saamgewerk om “gemeenskappe wat kwansuis swaar getref is deur COVID-19” aan die publiek uit te wys. Daar is ook “kundiges” betrek om onderhoude te voer en die massa-inspuitingsveldtog in die nuus te bevorder. Een van daardie “kenners” was die direkteur van NIAID en hoof mediese adviseur van die Wit Huis, Anthony Fauci. Ons praat dus van Fauci, die man wat die "gesig" van COVID-19 in 2020 en 2021 was, wat ewe arrogant na homself verwys het as "die wetenskap".
NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT
‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:
‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL
VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT
Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys.
Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing.
As alternatief tot die kapitalisme word ʼn gilde-bestel (oftewel korporatisme) gestel. Gildes (ook bekend as korporasies) moet vir elke belangrike ekonomiese sektor tot stand gebring word. Die gildes verkies vervolgens verteenwoordigers na ʼn laer wetgewende gesag, bekend as die Raad van Gildes. Elke gilde neem wetgewende besluite aangaande sy bepaalde ekonomiese sektor, wat beteken dat elke gilde sy bepaalde ekonomiese sektor regeer.
WAS JESUS WERKLIK GOD... (2)
...en het Hy fisies opgestaan uit die dood?
Anita Joubert
DEEL TWEE
Ooggetuies
Wat maklik vergeet word, is dat die Bybel ’n samestelling van persoonlike getuienisse is van ’n aantal persone wat dít self beleef, gesien, ervaar en op skrif gestel het. In enige aardse hof sal die getuienisse van sewe persone wat presies dieselfde getuienis lewer, as baie geloofwaardig en gesaghebbend aanvaar word. Dit is die aantal persone wat almal oor Jesus se opstanding getuig het. Matteus, Lukas en Johannes is die drie dissipels wat elkeen ‘n Evangelie geskryf het. Markus was nie self ‘n ooggetuie nie, maar het sy Evangelie geskryf na aanleiding van wat deur die ander skrywers aan hom vertel is en hy het vermoedelik ook gebruik gemaak van losstaande aantekeninge van ooggetuies wat in omloop was.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, U het my nie gemaak om by die wêreld in te pas nie maar om uit te staan en nie aan die wêreld gelykvormig te word nie. Daarom gee ek U nie aandele in my lewe gee nie, maar die beherende belang van A tot Z. U is my hoop in my diepste ellende, my Lig as dit donker om my word, my krag in tye van swakheid en my Trooster in tye van beproewing.
Dankie dat U niks van my wegneem sonder om iets beter te gee nie. En as Ustorms in my lewe laat ontstaan, is dit nie om my om te bring nie, maar eerder nader aan U te trek en vorentoe te laat beur al moet ek kruip.
Laat die gehalte van my geloof in die onweersdae in my lewe duidelik word en u genade die weligste in die winter van my lewe groei. Dankie dat die reus voor my nooit groter as U by my is nie en laat ek altyd die reënboë en nie die donderstorms in my lewe tel nie. Mag die hemelse vrede wat alle verstand te bowe gaan hierdie week met my familie en vriende wees.
Amen