Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Laat ons ons vertroue in God stel, en laat ons troos vind in die wete dat alles wel sal wees, as dit geskied volgens die wil van God. Want Hy weet wat die beste is vir ons tydelike en ewige welsyn.
COVID-19, ‘N BIOLOGIESE WAPEN (2)
In hierdie artikel volg ons dr Shankara Chetty, 'n mediese dokter en biologiese wetenskaplike in Suid-Afrika wat diep betrokke was by die behandeling van COVID-19 in sy land, se getuienis en bevindinge. Sy getuienis is soortgelyk aan dié van baie ander in soortgelyke posisies, en is kragtig en direk.
Dr. Chetty het gesê dat byna alles oor COVID-19 vir hom uit die staanspoor verdag gelyk het. Hy het beweer dat dokters hard gedruk word om 'n PCR-toets te gebruik wanneer "hierdie soort toets nooit as 'n diagnostiese hulpmiddel gebruik word nie". En dit het hom bekommerd gemaak dat die resultate van hierdie onvanpaste toets gebruik word om openbare gesondheidsmaatreëls te bepaal. Daar was twee sake wat hom besonder bekommer het; een was dat die regering vir siek mense gesê het om nie na 'n dokter te gaan nie, maar om by die huis te bly en, as hulle ernstig of kritiek siek word, hospitaal toe te gaan. Net so is dokters aangesê om nie pasiënte te behandel nie omdat daar glo geen behandeling was nie. Die regering het veral dokters en hospitale gelas teen die gebruik van hydroxychloroquine en ivermektien, wat normaalweg die voorkeurbehandeling sou wees.
COVID-19, ‘N BIOLOGIESE WAPEN
Larry Romanoff
As ek 'n diktator was, sou een van my eerste voorskrifte wees dat elke volwassene ten minste een kursus op universiteitsvlak in logika moet neem. In vandag se wêreld, wat deur internasionale kriminele elemente beheer word, wat publieke persepsie doeltreffend bestuur deur middel van hul hefboomwerking oor die massamedia, sal lesers geweldig baat by 'n mate van blootstelling aan die beginsels van logika.
Oorweeg vir 'n oomblik die "Sjina-virus", die Wuhan-laboratorium se lek-teorie, die talle ander aansprake van Sjina wat die wêreld met COVID-19 besoedel en Amerikaanse groepe wat selfs op dramatiese wyse vals regsgedinge teen Sjina ingedien het. Dit was alles nonsens.
Kom ons hersien iets baie basies. COVID-19 het in Wuhan ontplof en begin versprei, dus het die gesondheidsowerhede Wuhan eers geïsoleer en toe die hele provinsie Hubei toegesluit. Die patogeen het uit Wuhan ontsnap, maar nie uit Hubei nie. Byna al die infeksies en byna elke sterfgeval was in Wuhan en Hubei. Die virus het nie ontsnap om enige ander stad of provinsie in Sjina te besmet nie. Naby Sjanghai was slegs 'n paar infeksies en sterftes terwyl 'n groot aantal stede en provinsies geen voorvalle gehad het nie, en dit het vinnig geëindig.
WAS JESUS WERKLIK GOD...
...en het Hy fisies opgestaan uit die dood?
Anita Joubert
DEEL EEN
The Da Vinci Code?
Dan Brown beweer in sy boek, The Da Vinci Code, dat daar wel so ’n persoon soos Jesus Christus bestaan het, maar Hy is om politieke redes deur keiser Konstantyn vergoddelik omdat laasgenoemde voordeel wou trek uit die geweldige invloed wat Jesus gehad het. Hy het nie regtig opgestaan uit die dood soos die Bybel dit verkondig nie, meen Brown. Hy was glo net ’n wyse leermeester en ’n goeie man wat deur ‘n sameswering van die Romeinse Keiser in die vierde eeu na Christus, Goddelike status verkry het. Volgens Brown is die Sinodesitting van Nicea deur Konstantyn in 325 n.C. bymekaar geroep, en daar is alles geswaai deur ‘n stemming sodat Jesus soos ‘n God begin lyk het. Die boodskap van die boek is dat dit ‘n openbaring van die bes bewaarde sameswering en geheim in die geskiedenis van die bestaan van die mensdom is. Hierdie geheim is toegesmeer en weggesteek deur ‘n geheime organisasie in die Rooms Katolieke Kerk, genoem “Opus Dei”. Volgens die boek het verskeie groot denkers en kunstenaars deur die eeue leidrade geplant ten spyte van die feit dat die Roomse Kerk probeer het om die ware feite weg te steek. Die skrywer beweer dus dat:
SO EENVOUDIG EN LOGIES
Daar is so baie misverstande omtrent die inval van Rusland in die Oekraïne. En eintlik het dit ‘n eenvoudige oorsaak met ‘n eenvoudige einde as Oekraïne se nar-president net een maal soos ‘n regte president wil optree.
President Poetin wil net vier dinge hê om die oorlog te beëindig. Die 2e, 3e en 4e dinge hieronder genoem is ook die rede vir die oorlog want daarsonder is Rusland in groot gevaar:
- Eerstens wil hy dat Oekraïne onmiddellik moet ophou veg.
- Tweedens wil hy versekerde neutraliteit van Oekraïne hê, dit wil sê, hulle stem in om nooit by NAVO of die EU aan te sluit nie. Hy wil ook hê dit moet in die Oekraïense Grondwet geplaas word.
- Derdens wil hy dat Oekraïne Russiese eienaarskap van die Krim moet erken.
- Ten slotte wil hy dat Oekraïne die onafhanklikheid en selfbeskikkingsreg van die Luhansk- en Donetsk-streke moet erken.
As in ag geneem word wat dit vir Rusland se veiligheid sal beteken, sou mens weet dat dit ‘n verantwoordelike leier is wat hierdie vier dinge vra om sodoende sy land en sy mense te beskerm. So eenvoudig en logies is dit.
DIE HUWELIK – ‘N GESKENK VAN GOD
Hannes Ollewagen
Genésis 2:4-25
“Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.Toe het die Here God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (:18, 21-24).
Geliefdes, in die vorige hoofstuk lees ons van die skeppingsverhaal soos wat dit elke dag afgespeel het. En dit is opvallend hoedat God telkens terug kyk oor die werk van sy hande en sien dat dit goed was. Daarom dat dit ons ook opval wanneer ons in die tweede hoofstuk van Genésis lees van iets wat God bestempel as “nie goed nie” – die mens wat alleen is. Die mens wat nie ‘n maat het nie. God los dit dan ook nie net so nie. Hy besluit om Self iets daaraan te doen. Hy besluit om vir die mens ‘n hulp te maak – een wat by hom sal pas. En hierna kyk God weer terug oor die werk van sy hande en Hy beskou dit nie net as goed nie, Hy bestempel dit as baie goed.
'N STAP NADER AAN NWO-REGERING
Die volgende stap nader aan ‘n wêreld onder beheer van die Nuwe Wêreldorde het gister, 21 Maart plaasgevind. En soos ons met die gifinspuitings gesien het hoe mense se oë toe is vir die waarheid, sien ons dit ook nou met mense se hartlike verwelkoming van kripto-geldeenhede.
Sjina het gister die stap geneem om 'n sekere kripto-geldeenheid as Sjina se amptelike muntstuk aan te neem.
Die voorkeurfirma vir die aankoop en bemarking van hul nuwe muntstuk is die YuanPay Group en die muntstuk, die yuan, is tans gelyk aan R1.44 in ons Suid-Afrikaanse geldeenheid. Maar elke keer as 'n groot korporasie selfs net 'n klein vennootskap met 'n individuele kripto-geldeenheid aankondig, skiet daardie munt se waarde die hoogte in. Nou sal Sjina se muntstuk van baie mense feitlik oornag miljoenêrs maak.
SHARPEVILLE 21 MAART 1960
In 1960 het daar 'n splitsing plaasgevind in die ANC wat intussen al meer in die vaarwaters van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party geraak het. Vir die Swart Radikaal-Sosialis, Robert Sobukwe, was die ANC nie militant genoeg nie en het te veel die stempel van Blanke Kommuniste gedra. Hy het 'n verskerpte konfrontasie met Blank- Suid-Afrika gesoek en het in 1959 die "Pan-African-Congress" (PAC) gestig. Daarna het hy die Swart massas opgeroep om die paswette te negeer wat hulle slegs toegelaat het om in gebiede te woon waar hulle huisvesting en werk gehad het. Hy het hulle versoek om hulle passe te verbrand en voor polisiestasies te "demonstreer".
RUSLAND ONTTREK AAN RAAD VAN EUROPA
Rusland het hom amptelik aan die Raad van Europa onttrek en dit uit vrye wil. Dit laat mens dink aan dr H.F. Verwoerd wat Suid-Afrika in 1961 uit die Britse Statebond “in die belang van Suid-Afrika se eer en waardigheid” onttrek het. Suid-Afrikaners het toe nie besef hoe ‘n ontsaglike groot guns dr Verwoerd die land gedoen het nie maar waarvoor Suid-Afrika later dankbaar sou word vir die voorspoed en veiligheid onder ‘n leier van formaat!
Onttrekking aan die Raad van Europa is die wetlike en politieke proses waardeur 'n lidstaat van die Raad van Europa die Statuut van die Raad van Europa onttrek. Die betrokke land hou dus op om 'n lid van die raad te wees. Dit word gedoen onder Artikels 7 & 8 in Hoofstuk II van die Statuut wat lidmaatskap noem. Dit bepaal dat enige land wat wil onttrek, 'n kennisgewing aan die Raad van Europa se sekretaris-generaal moet stuur, en die land se lidmaatskap sal dan teen die einde van die jaar herroep word.
GOD BEDOEL WAT HY SÊ
Die oordeelsprofesie teen die stad Tirus in Esegiël 26.
Anita Joubert
Een van die interessantste en ongelooflikste profesieë in die Bybel, is dié een wat die profeet Esegiël teen die stad Tirus uitgespreek het in ongeveer 597 v.C., toe die Suidryk van Israel in ballingskap weggevoer is na Babel. Die profeet Esegiël is saam met die ballinge na Babel weggevoer, en het daar as profeet opgetree.
God het Israel gestraf vanweë hulle eeuelange volgehoue sonde. Ons lees in die Bybel van vyf profete wat die volk Israel gewaarsku het dat hulle volgehoue sonde gaan veroorsaakdat hulle in die hande van hulle vyande oorgelewer gaan word. Moses het hulle gewaarsku, reg aan die begin. Lees gerus Deuteronomium 28: 47 tot 68. Miga was ’n tydgenoot van Jesaja en ons lees van sy waarskuwingsprofesie in Miga 4:10 tot 14. Hy het selfs ook hulle redding uit die ballingskap geprofeteer. Habakuk het hulle gewaarsku en Jeremia het vir 23 jaar lank probeer om die volk tot inkeer te laat kom. Sy eie mense het hom met stokke geslaan, hom in ’n modderput gegooi, later in die tronk. Hulle het alles probeer om van hom ontslae te raak behalwe om te luister na wat die Here vir hulle sê. Hulle is baie swaar gestraf.
GOEDERTIEREN IS GOD OOR ONS!
Hannes Ollewagen
Jona 2:1-10
“Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.” (:8).
Geliefdes, ek dink nie dat ons onsself Jona se situasie kan indink nie. Koud, nat, benoud. Oomblikke vantevore was hy benoud dat hy sou sterf net voordat hy van ‘n skip af in die see gewerp is. Maar toe het hy nog gelewe en seker gedink dat dit net ‘n kwessie van tyd was voordat hy sou sterf. Hy kon sekerlik wonder waarom die HERE hom nie net laat sterf het sodat die angs van die dood nie so uitgerek sou wees nie. En sekerlik het hy gemengde gevoelens gehad. Hy was seker enersyds dankbaar dat sy lewe gespaar is. Maar andersyds moes hy gewens het dat sy weg na die dood nie so uitgerek sou wees nie. Daar waar hy hom binne in die ingewande van ‘n vis bevind het, het hy tog seker geen vooruitsig van lewe meer gehad nie? Maar daar waar Jona in sy benoudheid sit, dink hy oor sy lewe. Hy dink oor die verkeerde besluite wat hy geneem het wat tot sy benarde situasie aanleiding gegee het. Hy dink aan sy ongehoorsaamheid aan die HERE. En hy ervaar die eensaamheid en angs wat laasgenoemde vir hom tot gevolg het.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, wees my hierdie naweek genadig en bewaar my van versoeking wat so maklik by deure inkom wat opsetlik oopgelaat is. Soos wat geen sandkorrel te klein is om ʼn horlosie te beskadig nie, so ook nie ʼn sonde om my siel te skaad nie.
Sonde neem ʼn mens na plekke waar jy nie wil wees nie en hou jou langer as wat jy wil bly. Dit kos jou ook meer as wat jy bereid was om te betaal. Help my Here, dat sonde nie verder as ’n bekruiper in my lewe gaan nie. Gee dat ek gereeld hand in eie boesem steek en my oortredinge bely. Laat niks my groter genoegdoening gee nie as om versoekings te weerstaan en op die satan se mees gehate lys te beland.
Amen
SIES SOLIDARITEIT, ALWEER!
Ons lees die afgelope tyd van al die verraad en korrupsie wat die Amerikaanse regering teenoor sy eie mense pleeg maar weet ons hoeveel verraad hier in ons Afrikanergeledere plaasvind? Een van die ergste organisasies wat kwansuis vir die blanke Afrikaner veg maar inderwaarheid agente van die Nuwe Wêreldorde is, is Solidariteit, wat pas weer een van die belangrikste kwessies oor gedwonge inenting, in die Arbeidshof opgefoeter het; so erg dat dit moeilik sal gaan om die saak om te swaai.
Kyk na die video hieronder en luister na wat Schalk vd Merwe daaroor te sê het.
https://lovinglifetv.com/schalk-van-der-merwe-is-not-happy-with-solidarity-find-out-why/
TIEN UIT TIEN VIR POETIN!
Dit is nie net Amerika wat sankies kan toepas nie, so het hulle pas self uitgevind. Rusland het Dinsdag die Amerikaanse president Joe Biden (bo-aan lys), dan Tony Blinken, minister van buitelandse sake, Lloyd Austin, minister van verdediging, stafhoof-voorsitter genl. Mark Milley, nasionale veiligheidsadviseur Jake Sullivan, CIA-direkteur William Burns, en die Withuis se perssekretaris Jen Psaki op hulle sanksielys geplaas. Verder op die lys is die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton en Biden se seun Hunter – wie se transaksies met 'n Oekraïense energiefirma voorheen bevraagteken en gekritiseer is. Nog agt ander administrasie-amptenare en politieke figure word genoem. Die persone op hierdie lys word toegang tot die Russiese Federasie geweier. Die Kremlin se verklaring het egter gesê dat Moskou nie kontak met Amerikaanse amptenare sal uitsluit "as hulle aan ons nasionale belange voldoen nie."
HET JESUS WERKLIK BESTAAN?
Anita Joubert
Wonder jy soms of Jesus werklik bestaan het? Daar word gesê die Bybelverhale is mites wat deur mense uitgedink is.
Die Christus-mite?
Die feit dat Jesus se letterlike, fisiese bestaan in ons tyd ontken word, het as die “Christus-mite” bekend geword. Volgens Ellen Johnson, president van die Amerikaanse Ateïstiese Vereniging, bestaan daar nie een enkele sekulêre bewys dat daar ooit ‘n Jesus Christus geleef het nie. Volgens haar is Jesus ‘n samevoeging van ander gode wat dieselfde oorsprong en dood as die mitologiese Jesus Christus gehad het. Net jammer dat sy nooit die moeite gedoen het om die ware feite te soek nie.
Die vraag is hoe ons ‘n mitologiese karakter van ‘n werklike persoon onderskei. Wanneer ons byvoorbeeld na die lewe van Alexander die Grote kyk, dan is die vraag, watse bewyse het historici oortuig dat hy werklik geleef het? Hy en Jesus word albei as sterk leiers beskou, albei het kort loopbane gehad en in hul dertigerjare gesterf. Alexander was ‘n man van oorlog wat deur sy swaard regeer het, maar Jesus was ‘n man van vrede wat deur liefde regeer het.
NUWE WÊRELDORDE WIL POETIN VERMOOR
Dit het aan die lig gekom dat agente van die Nuwe Wêreldorde gereed staan om president Poetin van die gras af te maak. Nee, dit is nie 'n soort samesweringsteorie nie. Dit is ook nie wetenskapfiksie nie. En as jy so dink, sal jy moet gaan sit met 'n voormalige senior intelligensie-agent wat betrokke was by 'n geheime operasie vir Frankryk se Algemene Direktoraat vir Eksterne Veiligheid. En as jy nie daardie geleentheid kry nie kan jy bietjie wyer lees oor gesprekke wat hieroor gevoer is.
Daar was ‘n agent wat naamloos wou bly. Hy het gevra: "Kan president Poetin werklik vermoor word?"
Die ander agent wou ook nie sy naam bekend maak nie, heeltemal verstaanbaar as mens na sy antwoord luister; ons weet net hy is die senior intelligensie-agent:
“Wel…die operasie is op elke intelligensie-agentskap se ontwerptafel. Ek weet dit omdat ek hulle voorheen beplan het.”
Republikeinse speldekoppe soos Marco Rubio en Lindsey Graham het dieselfde mening uitgespreek:
"O, sal dit nie wonderlik wees as iemand intern net hierdie ou uithaal en hom uitskakel nie!"
WAT KOM NÁ COVID?
Die internasionale geldmagte, ook genoem die Illuminati en sy seekatarms, is agter die skerms hard besig met hulle volgende fase van wêreldoorname, wat soos die sogenaamde Covid-19–pandemie, binnekort vir almal sigbaar sal wees. Hierdie keer speel die totaal korrupte Wêreldgesondheidsorganisasie ‘n prominente rol daar in en wag daar vir die lande waarin hul plan slaag, die grootste ellende nog!
In 'n artikel van 18 Februarie 2022, het dr. Peter Breggin, skrywer van ‘COVID-19 and the Global Predators: We Are the Prey’, gewaarsku dat die volgende stap in die globaliste se oorlog teen die mensdom is om beheer oor die gesondheidsorgstelsels van die hele wêreld te verkry.
"Ons het die volgende stap van die globale roofdiere ontdek – wat reeds aan die gang is in hul toenemende aanvalle teen individuele en politieke vryheid. Die volgende groot aanslag op menslike vryheid behels 'n gewettigde oorname van nasionale gesondheidsorgstelsels deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
OEKRAÏNE IN RAND CORP-PLAN
Wat nou in die Oekraïne gebeur, het ernstige geopolitieke implikasies. Dit kan ons in 'n Derde Wêreldoorlog scenario lei. Maar laat ons eers kyk hoe lank gelede die plan met die Oekraïne en Rusland neergepen is en wat dit behels.
Die strategiese plan van die Verenigde State teen Rusland is drie jaar gelede deur die Rand Corporation uitgewerk (Die manifes, Rand Corp: How to bring Russia down, 21 Mei 2019).
Die Rand Corporation, met sy hoofkwartier in Washington, DC, is "'n wêreldwye navorsingsorganisasie wat oplossings vir beleidsuitdagings ontwikkel". Dit het 'n leër van 1 800 navorsers en ander spesialiste wat uit 50 lande gewerf is, wat 75 tale praat, versprei oor kantore en ander plekke in Noord Amerika, Europa, Australië en die Persiese Golf. Rand Corp se Amerikaanse personeel woon en werk in meer as 25 lande.
POETIN BESKERM RUSLAND MET REG
Uit die mond van die hoofstroommedia hoor ons gewoonlik net die een kant van ‘n saak wat dan ook mooi geplooi word om van die slagoffer die monster te maak. Dit is dan ook presies wat Media24 met die Rusland-inval doen. Rusland word die skuldige aggressor en Oekraïne is die arme slagoffer, met Washington wat al die toutjies trek maar niemand maak daarvan melding nie!
Amerika is op ‘n vernietigingsoorlog uit. Sy doel is om Rusland totaal te vernietig, dws al sy mense en grense. Dit word gedefinieer as 'n geradikaliseerde vorm van oorlogvoering waarin "alle psigo-fisiese grense" afgeskaf word en die strategiese doelwitte nagestreef word op enige manier wat nodig sal wees. Dit is oorlog sonder reëls en morele beperkings. Die Verenigde State is in die vroeë fases van 'n oorlog teen Rusland wat die totale vernietiging van die ekonomie, die kultuur, die bevolking en die nasie ten doel het.
GEBED VIR DIE WEEK
Here, op hierdie Maandag is ek ontsteld oor die gebrek aan geloof by baie van my volksgenote. My hartstog vir die waarheid en geregtigheid vir my volk laat my vir ʼn geestelike ontwaking onder hulle pleit. So baie van hulle is wreed mislei en het derhalwe hul seile in verraderlike winde ontplooi. Here, my hart is net te groot is om die volksvyand te bevoordeel en my volk leed aan te doen.
Ek is hartseer oor misleiers wat my volk na plekke geneem waar hulle nie wou wees nie, langer daar gehou as wat hulle wou bly en meer gekos het as wat hulle bereid was om te betaal. My volk se vryheid is fyngetrap en kan net met u genade herwin word. Ons het geen groter begeerte as om as ʼn vrye volk op ʼn vrye volksbodem U as die Drie-enige God te aanbid nie. Wees ons genadig!
Amen
BRING ONS DIE OU-OU TYDING
Ds A.E. van den Berg
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?” (Rom.10:14).
God maak Hom op twee maniere aan die mens bekend; eerstens deur die natuur en tweedens deur die Bybel. Vir Bybel-openbaring het Hy skrywers begeester om heilige geskrifte te skryf en sekere mense tot sy diens geroep om dit aan mense te verduidelik. Dit maak van prediking ʼn heilige beroep.
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom.10:14).
Prediking is ʼn ontmoetingsgeleentheid tussen God en mens met die doel om hulle insig in die dinge van God te gee. Daarom vind swak prediking geen ingang by mense nie. So ʼn leraar is soos ʼn dokter wat met ʼn pasiënt oor sy swak gesondheid praat, maar hom sonder ʼn voorskrif huistoe stuur. Hy het die dokter gesien en die dokter het hom gesien en dis al!