Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, dankie vir die gawe van die lewe. U is die Lener en ek die ontvanger daarvan. U Woord is duidelik dat daar ʼn dag kom dat ek dit moet teruggee en verslag daarvan aan U sal moet doen. Gee dat ek nooit vergeet dat alles wat ek is en het, net genade is nie. Maak my derhalwe nederig sodat u grootheid in my nederigheid sal skitter en van my hart die mooiste tempel vir U maak.
Seën my met lewensvreugde en leer my dat vreugde ʼn vrug van die Gees en nie ʼn byproduk van stoflike welvaart is nie. Herinner my om voortdurend bly te wees oor die redding van my siel en laat my blydskap nooit van omstandighede afhang nie.
Laat my geloof in U soos die son wees wat opkom en my mooi dinge rondom my laat raaksien. Seën my so Here, dat my lewe ook vir ander tot seën sal wees. Maak my lewe vry van haat; my gedagtes vry van kommer en laat ek meer gee en minder verwag.
Reinig my lewenspad deur u Woord en Gees sodat ek ʼn goeie voorbeeld vir ander sal wees en nooit ʼn wrede waarskuwing word nie. Laat my reinheid ander se onreinheid soos waarskuwingsligte laat brand.
Amen
OORLOG EN KUBERAANVALLE
Of mense dit besef of nie, The Great Reset is 'n globalistiese plan wat teen beligtingspoed vorentoe beweeg. Die COVID-19-pandemie was deel van daardie plan, soos uiteengesit in Klaus Schwab se boek, COVID-19: The Great Reset. Maar om werklik die tegnokrate se ambisies te vervul, is 'n oorlog van een of ander aard waarskynlik nodig. Soos gerapporteer deur Dr. Vernon Coleman tydens The Exposé:
“Noudat die meeste mense agter die bank of onder die bed inkruip weens die vals COVID-bedreiging, het die globaliste twee nuwe dreigemente op die spyskaart bekendgestel: oorlog en storms ... hulle was altyd van plan om dit te doen ... Om ons op ons tone te hou, sal sommige van die storms hewig wees. Dit sal waarskynlik mensvervaardig wees. En daar sal hittegolwe wees, swaar sneeu val en waarskynlik 'n tsoenami of twee (maklik geskep met 'n onderwater-ontploffing). Jy kan natuurlik nie miljarde doodmaak met slegte weer nie, maar jy kan die pryse van voedsel en energie opstoot en miljoene doodmaak deur verwoeste ekonomieë, armoede en hongersnood.”
DIE VOLLE VERHAAL...
Luister by die skakel hieronder na die hele waarheid oor die Russiese oorlog, deur ontleding van die leuens van Amerika wat die hele oorlog van Rusland beplan het en veel meer...
OORLOG IN DIE OEKRAÏNE…
…vanuit ʼn Bybelse perspektief
Anita Joubert
Om hierdie oorlog wat nou op almal se lippe is vanuit ʼn Bybelse perspektief te sien, is dit nodig om te gaan kyk hoe die Here met volke in die tyd van die Ou Testament gewerk het. Hy het nog nooit verander nie. Dit is presies dieselfde God wat ons vandag nog aanbid. Hy is nog steeds in beheer van hierdie skepping wat Hyself geskep het, al dink Satan dat dit aan hom behoort om te verwoes en te vernietig en uit te deel, soos wat hy probeer het met Jesus toe hy vir Hom, in die woestyn, al die koninkryke van die wêreld wou gee, as Jesus net sou neerval en hom aanbid.
Satan het wel vir ʼn tyd lank beheer oor die aarde verkry – Jesus self het hom die owerste oor hierdie wêreld genoem– net sodat God sy volmaakte raadsplan kan voltooi, en dan gaan Satan in die bek geruk en baie swaar gestraf word. Elke volk, en veral sy leiers, sal nog steeds verantwoordelik gehou word vir hulle dade voor die God van Geregtigheid, en wanneer hulle beker van sonde en ongeregtigheid volgeloop het, gaan God hulle nog steeds straf net soos wat in die Ou Testament gebeur het. Die King James-Vertaling praat van die “cup of iniquity.” Ons lees onder andere in Genesis 15:16, toe die Here ʼn verbond met Abraham gesluit het en Hy vir hom sê dat dit eers sy vierde geslag sal wees wat na die land sal terugkeer, want eers dan sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.
IS RUSLAND SE OORLOG GEREGVERDIG?
Deur Internasionale Juris
As mens die Westerse media lees of moet glo wat Biden, Johnson, Macron en andere vir jou vertel sal jy, soos meeste mense doen, Rusland veroordeel vir sy inval in die Oekraïne. Dat dit mense nie opgeval het dat die lotjie amper besete raak in die proses en dit daarom rooiligte moet laat flikker nie, verstom ‘n mens.
Kom ons gaan kyk wat is die posisie in die internasionale reg wat betref die soewereiniteit van ‘n staat en wat die regsposisie is met betrekking tot invalle in state. Uiteraard moet mens in die proses kyk wat ‘n staat soos die VSA doen as hulle van mening is dat ‘n ander staat ‘n bedreiging vir hom inhou.
Die reg op gebruik van geweld het twee aspekte en is gekodifiseer in die internasionale reg en uiteengesit in die Handves van die Verenigde Nasies. Dit staan ook algemeen bekend as die reg op selfverdediging.
Die VN-Handves is die primêre dokument wat die reg op die gebruik van geweld reguleer. Nasiestate het nie die reg op gebruik van geweld teenoor ander soewereine state nie behalwe in uitsonderlike gevalle.
Vóór die twee Wêreldoorloë was die situasie natuurlik anders, maar dis juis as gevolg van hierdie oorloë dat die situasie dramaties verander het en is aggressie teenoor state verbied.
DIE LIEFDE VAN DIE MEESTE SAL VERKOEL
Hannes Ollewagen
Matt. 24:1-14
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” (:11-13).
Geliefdes, sien ons nie in ons dae hoe toepaslik hierdie waarskuwing van Christus is nie! Ons sien baie valse profete. Ons sien hoedat hierdie valse profete mense mislei. Ons sien hoedat die ongeregtigheid van mense deur hierdie dwaalleringe aangehelp word. En dan is dit bitter hartseer om te sien dat namate die ongeregtigheid vermeerder word, die liefde van soveel mense verkoel. Ten spyte van die waarskuwing aan die mens dat dit hom duur te staan kan kom!
“Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” (Open. 3:15&16).
VSA BEFONDS OEKRAÏENSE BIO-LABORATORIUMS
Daar is baie vals inligting die afgelope tyd oor die Oekraïense inval rondgestuur. Talle videos word versprei van ‘n gans ander toneel in ‘n totaal ander tyd. Geen wonder dat selfs die waarheid nou ook as vals en samesweringsteorie verwerp word nie. Maar vir dié wat bereid is om navorsing en moeite te doen is daar altyd die beloning van die waarheid.
Toe die Russiese troepe die Oekraïne inval het die regering in Kiëf die "noodvernietiging” van patogene, insluitend pes en miltsiekte, by Amerikaans-befondsde laboratoriums naby die Russiese grens afgedwing. Vroeëre gerugte dat die Russiese weermag bio-laboratoriums wat deur die VSA bestuur word teiken, is aanvanklik as samesweringsteorieë afgeskryf, maar die Russiese ministerie het belowe om sy bewerings daaroor met dokumente te bewys.
"Ons het dokumentasie van werknemers van Oekraïense bio-laboratoriums oor die noodvernietiging op 24 Februarie ontvang van veral gevaarlike patogene van pes, miltsiekte, tularemie, cholera en ander dodelike siektes," lui die verklaring.
GEBED VIR DIE WEEK
Here, vervul my asseblief hierdie week met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en weet dat my lewe in die hande van Een is wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
KOMPAS NA DIE HEMEL
Ds A.E. van den Berg
“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad”(Ps.119:105).
Ps.119 is baie anders as enige ander psalm. Dis baie langer, selfs langer as twee van die langste psalms as dit saamgevoeg sou word. Alhoewel die digter nie vermeld word nie, lyk dit asof dit Dawid kon wees wat by geleentheid al sy kort geestelike gedagtes wat hy neergeskryf het as ʼn geheel saamgevoeg het. Ps.119 is egter nie ʼn ketting met ʼn klomp saamgevoegde goue skakels nie, maar eerder ʼn skatkis met goud wat op elke toegewyde leser wag om ontdek te word.
In vers 19 skryf die psalmdigter:
“Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie”.
Dis so waar, ons is reisigers op die aarde en word soms genoodsaak om in die donkerte van die lewe ons lewensreis voort te sit. Om dit sonder die liggewende Woord van God aan te pak, is rampspoedig. Daarom het God vir ons die Bybel as ʼn lig vir ons lewenspad gegee en aan die hand daarvan ons ewige bestemming te bereik nl. die Nuwe Jerusalem. Wie dié lig gebruik, verdwaal nie. Wie dit nie gebruik nie, verdwaal en beland op die ou einde soos die ryk man in Luk.16 in die ewige duisternis met geween en gekners van tande.
OKRAÏNE KINDERS MILITÊR OPGELEI TEEN RUSLAND
Dit het reeds in 2015 bekend geword dat die Amerikaanse regering finansiële ondersteuning, wapens en opleiding aan 'n Neo-Nazi-entiteit voorsien wat deel is van die Oekraïne Nasionale Wag. Hulle staan bekend as die Azov-bataljon. Kanada en Brittanje het toe reeds bevestig dat hulle ook ondersteuning aan die Nasionale Wag bied.
Die Azov-bataljon -wat "amptelik" die Nazi SS-embleem vertoon word deur die Kiëf-regime beskryf as "'n vrywillige bataljon van territoriale verdediging". Dit is 'n Nasionale Wag-bataljon onder die jurisdiksie van die Ministerie van Binnelandse Sake, die ekwivalent van Amerika se Binnelandse Veiligheid.
Die Azov-bataljon, wat amptelik in Berdyank aan die See van Azov gebaseer is, is deur die regime gevorm om die opposisie-opstand in die Donbass-streek te beveg. (Oos- en Suidelike Oekraïne).
Die Azov-bataljon wat deur sy Westerse vennote ondersteun word, is nie net betrokke by para-militêre operasies in Oos-Oekraïne nie. Volgens berigte, insluitend die Kyiv Post (Oekraïne se hoofstroommedia), bestuur dit 'n Somerkamp Militêre Opleidingsprojek vir jong kinders as deel van sy breër opleiding- en indoktrinasieprogram.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, vervul my hierdie naweek met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en weet dat my lewe in die hande van Een is wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
HET ONS OORLOG OP HANDE?
Op hierdie oomblik is die gebeure in die Oekraïne gehul in die rookwolk wat oorlogspropaganda kenmerk.
Om die rol van elkeen van die teëstanders te verstaan, wat elkeen van hulle wil hê, en hoe ver hulle kan gaan, moet ons die oorsprong van wat nou 'n uiterste konflik is, ondersoek.
‘n Week gelede het dit alles begin agv twee doelwitte wat deur die Europese Unie en die Verenigde State gedeel word.
Een daarvan is die ekonomiese uitbreiding van die EU (gelei deur sy groot moondhede, veral Duitsland) na die ooste. Die Oostelike Vennootskap het ten doel gehad om lande so uiteenlopend soos Georgië, Armenië, Azerbeidjan, Moldawië, Wit-Rusland en die Oekraïne in die Europese wentelbaan te trek – alles op Rusland se suidelike en westelike grense.
'n Tweede doel is militêre uitbreiding van die Westerse blok, met behulp van NAVO om die omsingeling van Rusland se grense te voltooi. En dit is veral hier dat die belang van die VSA as die dominante mag in hierdie geval, gelei het tot 'n huwelik met die ekonomiese ambisies van die EU.
SJINA VRA VREDE TUSSEN RUSLAND & OEKRAÏNE
Dialoog is die sleuteloplossing vir spanning tussen die twee nasies, beweer Beijing.
Moskou en Kiëf se top-amptenare moet aan die onderhandelingstafel gaan sit om 'n pad na de-eskalerende aggressie te bewerkstellig, het een van Beijing se top-diplomate gesê.
Sjina se permanente verteenwoordiger by die VN, Zhang Jun, het Maandag tydens 'n noodsessie gepraat oor hoe hy glo spanning tussen die twee voormalige Sowjetrepublieke kan verlig word.
"Die belangrikste ding op die oomblik is om terug te keer na die spoor van diplomatieke onderhandelinge en so gou moontlik 'n politieke skikking te skep om die situasie te help de-eskaleer," het hy beweer.
Hy glo dit is ‘n definitiewe manier om die konflik op te los. Zhang het ook gesê dat die internasionale gemeenskap "streekvrede, stabiliteit en die universele veiligheid vir almal moet prioritiseer."
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 27 & 28
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 27 Omdat die ondergenoemde drie Skrifgedeeltes alles oor Jesus se verhoordeur Pilatus handel, word dit in een bespreking hanteer.
Matteus 27:1-2 Jesus word aan Pilatus uitgelewer
Matteus 27:11-14 Jesus voor Pilatus
Matteus 27:15-26 Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word
So gou as wat dit lig was, het die Sanhedrin bymekaar gekom om dit wat hulle gedurende die nag besluit het, te bevestig. Hulle kon nie self die doodstraf uitvoer nie. Dit was ’n uitspraak wat net deur die Romeinse Goewerneur gelewer kon word en deur die Romeinse owerhede uitgevoer kon word. Die Sanhedrin moes dus ’n klag formuleer wat hulle voor Pilatus kon gaan lê, om Jesus se doodstraf te vereis.
TREK JOU KONTANT NOU...
...EN KOOP DADELIK IETS WAT JOU INFRASTRUKTUUR VERSTERK!
ONS VIR JOU SUID-AFRIKA!
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-1-march-2022-ons-vir-jou-suid-afrika/
Luister hoe ons mense oor Suid-Afrika voel!
PASOP POETIN, SA OPPAD!
https://lovinglifetv.com/ranting-winston-coetzee-warns-putin-about-south-africas-secret-weapon/
VIND BY BOSTAANDE SKAKEL UIT WAT SUID-AFRIKA SE GEHEIME WAPEN IS, SEKERLIK DIE ENIGSTE TER WÊRELD, WAT DIE MAGTIGE RUSLAND KAN UITROEI!
GEBED VIR DIE WEEK
Here, vervul my hierdie week met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en weet dat my lewe in die hande van Een is wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 26
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 26:1-5 Jesus se dood word beplan
Jesus lig sy dissipels hier weereens in van die groot tragedie wat gaan kom. Hy het die afgelope paar dae wat verby is, met soveel weerstand opgetree, dat hulle gedink het Jesus gaan die Joodse owerhede trotseer. Hier maak Hy dit egter opnuut aan hulle bekend dat dit sy doel is om gekruisig te word.
Terselfdertyd is die Joodse owerhede besig om hulle komplot te smee en ’n klag teen Jesus te formuleer. Josef Kajafas was die hoëpriester. Vroeër is die amp van die hoëpriester deur opvolgende generasies oorgeërf, en dit was lewenslank. Toe die Romeine egter Palestina oorgeneem het, het die Romeinse Regering hoëpriesters die een na die ander aangestel soos wat dit hulle gepas het. Kajafas was hoëpriester vanaf 18 n.C tot 36 n.C. Dit was ’n besondere lang tydperk en is vir ons ’n bewys dat hy die kuns om met die Romeinse owerhede saam te werk, baie goed bemeester het.
BID, BID, BID!
Hannes Ollewagen
Luk. 18:1-8
“EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1).
Dit is interessant hoedat die skrywer, Lukas, begin deur aan ons die rede agter hierdie gelykenis van Christus te verduidelik. Dit is dus belangrik dat ons weet waarom Christus hierdie gelykenis vertel het. Ons moet verstaan dat dit vir die HERE belangrik is dat ons bid. Ja, dit is nie net belangrik om te bid nie, maar dat ons dit op gereelde grondslag moet doen – dat ons gedurig moet bid sonder om moedeloos te word. Hierdie opdrag word aan ons nie net in hierdie gelykenis gegee nie, geliefdes. Die HERE onderrig ons op verskeie plekke in sy Woord in hierdie verband. Luister maar na die maklik verstaanbare en duidelike opdrag uit 1 Thes. 5:17.
“Bid sonder ophou.”
En ook in Lukas 21:36 vind ons hierdie opdrag in geen onduidelike taal nie.
“Waak dan en bid altyddeur ...”
En dan word hierdie saak ook in die brief aan die Romeine aangeraak.