Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy is gedurig in jou Skepper se lewe; Hy vergeet nooit van jou nie al besef jy dit nie altyd nie. Hy is nooit te besig met al die ander mense se probleme om aan jóu aandag te skenk nie. Nou is die vraag: is Hy gedurig in jóu gedagtes? Of is jý te besig met ander mense om Hom die tyd te gee wat Hom toekom?
BETAAL AAN ELKEEN WAT HOM TOEKOM
Hannes Ollewagen
Rom. 13:1-7
“Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.” (:7).
Ons moes oor die afgelope paar weke sien hoedat regerings regoor die wêreld allerhande maatreëls in reaksie op die COVID-19 virus instel. Ons is hier ter plaatse nie die skade en histerie gespaar nie. Inteendeel, soos dit maar in Afrika gaan, is daar talle maatreëls en wette ingestel wat ‘n mens maar net kopskuddend ontvang het. Die sinvolheid en waarde is vir menige van ons glad nie duidelik nie.
GEPEUPEL
Ds A.E. van den Berg
ʼn Regering wat deur geweld ontstaan, stort maklik weens die optrede van ʼn gepeupel ineen. Dis die skuim wat opborrel sodra ʼn volk begin kook; dwase wat van die ordelike samestelling van ʼn beskawing ontslae wil raak en hul eie mense in vrees en vullis laat voortleef.
Omdat geweld die hoofdis op sulke mense se spyskaart is, wil hulle altyd alles in hul pad vernietig sonder om oor die gevolge na te dink. Sodra mense se emosies sterker as hul verstand is, trek ʼn volk aan die kortste end. Hulle kom in die hoogste versnelling voordat hulle verstand in rat is.
VANDAG IS HEMELVAART...
...WAT SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Dr Johan Celliers
Vandag is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring.
Al is dit hierdie jaar buitengewone omstandighede, kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan. Ons kan ons besighede sluit en op hierdie wyse aan diegene rondom ons toon dat ons te midde van 'n ekonomiese krisis steeds op God vertrou deur gehoorsaam aan sy Gebooie te wees en Hom die eer en respek wat Hom toekom daardeur betoon.
WAT IS DIE BETEKENIS VAN HEMELVAART?
Gedurende ons herdenking van hemelvaart fokus ons gewoonlik op die feit van die nut van hemelvaart of ons vestig die aandag op die opdrag net voor die hemelvaart, naamlik om dissipels te maak, maar dink ons ooit na oor die getuienis van hemelvaart? Dit is of ons soms in die Twaalf Artikels vassteek by die opvaar na die hemel, en dan vergeet ons van die "sit aan die regterhand van God..."
Die hemelvaart getuig ook van Christus se koningskap. Die Here Jesus sê net voor Hy opgeneem is: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde (Mt 28:18), en beklee met hierdie mag het Hy aan die regterhand van God gaan sit (Efés 1:20). Dit is die strategiese posisie vanwaar Hy alles regeer. Onder sy hoofskap word alles in die hemel en op aarde verenig.
HEMELVAART IS 'N CHRISTELIKE DAG
LEEF DAN SOOS KONINGSKINDERS!
Ds Andrè van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote vandag Jesus se hemelvaart herdenk? Ek wil waag om te sê dat die oorgrote meerderheid onverskillig teenoor hierdie dag staan. Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, was dit ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magsoorname in 1994 het booswigte dit afgeskaf. Ek is dankbaar vir mense wat nog waarde daaraan heg.
Ons kan die belangrikheid van Goeie Vrydag en Paassondag nooit genoeg beklemtoon nie.
Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Jesus vir 40 dae sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna na die hemel opgevaar. Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur Jesus se volgelinge versprei is. Paulus skryf : “Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).
WAAROM VIER ONS MORE HEMELVAART?
HEMELVAART
Ascensionis Domini (Latyn vir Hemelvaart)
Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar ..."
Op Hemelvaartdag herdenk Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding na die hemel opgevaar het en woon talle van hulle deesdae weer 'n herdenkingsdiens by.
Hemelvaart beteken in die Christendom die terugkeer van Jesus van Nasaret na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná veertig dae styg Hy na die hemel op en word die sig daarvan dan deur 'n wolk belemmer terwyl sy volgelinge toekyk.
Hemelvaartdag vind altyd op die veertigste dag plaas gereken vanaf Eerste Paasdag, vandaar dat die datum elke jaar verskil. Hemelvaartdag is wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartdag is tien dae vóór Pinkster.
GRU-GRENDEL-GEBEURE (3)
Lees daaroor by Gru-Grendel-Gebeure
Elkeen van die gebeure in hierdie reeks speel af in die inperkingstyd vanaf 26 Maart 2020 en is opgevolg om seker te maak dat dit volkome waar is
‘n Ou vriend van Gelofteland het besluit om te kom inloer. Hy vertel dat hy verlede naweek darem weer ‘n slaggie met sy dogter kon kuier. Sy is ‘n mediese dokter werksaam in die Helen Joseph Hospitaal in Auckland Park, die staatshospitaal daar.
Hulle kon weer oor alles en wat mens nie oor die foon durf nie, gesels. Hy vra haar toe hoeveel Covid-19-pasiënte daar by hulle in die hospitaal is. Sy sê Pa, glo dit as jy wil, daar is nie ‘n enkele een nie. Maar ons word gedwing om op elke doodsertifikaat van ander sterftes te skryf: Rede vir dood: Covid-19. Dit is ‘n opdrag van heelbo wat niemand mag verontagsaam nie.
Hierdie praktyk is klaarblyklik in elke hospitaal oor die wêreld aan die gang. ‘n Paar dae gelede is Amerika deur die media beskuldig dat ook hulle roekeloos aanteken dat Covid-19 die oorsaak van bykans alle sterftes is.
Hierdie streep bedrog herinner aan die man wat verlede week sy 80 jaar-oue pa hier in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal bygestaan het toe dié sy jarelange stryd teen kanker gewonne gee. Groot was die man se skok toe daar op sy pa se doodsertifikaat aangedui word dat die oorsaak van sy dood Covid-19 is. Hy het dadelik die betrokke medici gaan spreek en verduidelik dat sy pa nie eers getoets is vir die virus nie; maar nee, niemand wou sy standpunt behoorlik aanhoor of verstaan nie en so moes dit bly.
Maak die dokter in Helen Joseph Hospitaal se weergawe nou sin?
AS DIE WAARHEID POLITIES INKORREK WORD
Ds. A.E van den Berg
Ons leef in ʼn polities korrek-vertrapte land met mense wat toenemend oneerlik word. Politieke korrektheid is ʼn dwangbuis wat mense aanhits om verkeerd te dink en op te tree. Dis ʼn vorm van moderne sensuur wat mense die waarheid, uit vrees vir moontlike verguising, laat verswyg en gemaklik met die leuen omgaan. Waar dit vastrapplek kry, daal sedes en styg korrupsie.
Politieke korrektheid is tirannie met ʼn kunsmatige vroom gesig wat nêrens ter wêreld iets ten goede verander nie. Dis ʼn wapen teen reg en geregtigheid en veroorsaak ontwrigting. Dit werk geen verdraagsaamheid in die hand nie, maar wel rassehaat. Hieraan is die vrysinnige media met hul oppervlakkige polities-korrekte woordeskat baie skuldig. Dis ʼn taalkundige oorlogvoering om mense anders te laat dink.
DIE MAN WAT ONS TEEN KORONA WIL INENT?
Met dié woorde: “We must make this the decade of vaccines”, het Bill Gates in 2010 ‘n verdere 10 miljoen dollar aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie geskenk. Inderdaad het Gates dit ‘n dekade van inentings gemaak want sy doel was, soos hyself in ‘n Ted Talk op Amerikaanse TV gesê het: “ ...it could reduce population.”
In dieselfde jaar, 2010, was die Gates Foundation aan stuur van ‘n drie fase proefneming om malaria te bekamp toe 151 babas in Afrika aan die entstof gesterf het. Die res van die 6,000 kinders het ernstige gevolge soos verlamming, konvulsies en ernstige epileptiese aanvalle oorgehou.
In 2014 doen Gates dit weer toe 23 000 jong meisies in Indië teen die Human Papilloma Virus (HPV) ingeënt word. In Suid-Afrika het die advertensie gelui: “Moeders, beskerm julle dogters teen servikale kanker deur middel van inenting.” 1 200 Indiese meisies het vrugbaarheid- en ernstige ander -afwykings getoon insluitende outo-immuunsiektes. Sewe is dood voor die regering Gates laat ondersoek het vir ernstige oortreding van etiese praktyk toe weerlose meisies geforseer is om ingeënt te word onder andere deur middel van vervalste toestemmingvorms asof van hul ouers. Daarby is mediese hulp agterna aan die beseerde meisies geweier. Hierdie saak gaan steeds voort in die Hooggeregshof.
BILL GATES SE 10 miljoen OMKOOPGELD...
...VIR GEFORSEERDE INENTING IN NIGERIË
Die Opposisie Party in Nigerië, CUPP, het ‘n intelligensieverslag van hulle regering onderskep wat openbaar gemaak het dat die Huis van Verteenwoordigers gelei deur die Speaker, Femi Gbajabiamila, vir 10 miljoen dollar deur Bill Gates omgekoop is om die bevolking van Nigerië te forseer om ‘n inentingsprogram te ondergaan terwyl daar nog nie eers ‘n entstof teen Covid-19 bekend gemaak is nie. Gbajabiamila het teen die reëls van hulle regstelsel opgetree toe hy die inentingsprogram, genoem die Control of Infectious Diseases Bill 2020, oorweeg het.
Die Opposisie verwerp die plan en dring aan dat alle lede die Speaker konfronteer oor sy plan om die Bill, soos die plan in kort genoem word, onwettig uit te voer. Dit word as ‘n bose plan beskou wat verban moet word.
Nigeriërs word daaraan herinner dat daar nog geen inentingstof vir Covid-19 ontwikkel is nie en dat hierdie program nie die ineengestorte ekonomie sal herstel nie. Die Opposisie is bereid om alle parlementêre reëls te verontagsaam en die Huis onderstebo te keer as dit is wat dit verg om die geforseerde inenting te keer.
Intussen het die Speaker 12 lede aangestel om die aantygings dat hy en ‘n paar van sy parlementêre lede 10 miljoen dollar as omkoopgeld ontvang het, te ondersoek...
WGO SE 20miljoen OMKOOPGELD...
...VIR PRESIDENT VAN MADAGASKAR
Die President van Madagaskar, Andry Rajoelina, het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) van sameswering beskuldig waartydens daar gepoog sou word om die Covid-19 Organics, die “kuur” wat in Madagaskar vir die virus gebruik word, met gif te besmet.
Rajoelina beweer die WGO het hom 20 miljoen dollar aangebied om die medisyne met gif te besmet sodat Madagaskar se bevolking nie van Covid-19 herstel nie.
Die drankie wat as kuur vir die virus gedrink word, is gemaak van die Artemisia-plant wat suksesvol teen malaria gebruik word. Die plant is in die sewentigerjare van Sjina na Madagaskar gebring spesifiek om malaria te genees. Volgens President Rajoelina word Covid-19-pasiënte wat die kuur gebruik binne 10 dae gesond.
Die WGO het nie die resep van die kuur of die plantjie vir die President van Madagaskar gevra nie; hulle wou doodeenvoudig hê die kuur moet die mense nie gesond maak nie.
AS DIE ROOILIGTE BRAND
Sedelike verval
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
ʼn Volk se geestesgesondheid word aan sy sedelike peil gemeet. Van die 22 beskawings wat al van die wêreldtoneel verdwyn het, het 19 weens sedelike verval ten gronde gegaan. Dieselfde rooi ligte brand ook aan die suidpunt van Afrika. Indien die sweer van sedelose verrotting nie uitgesny word nie, sal die gat in die morele osoonlaag groter word en ʼn beskawing verdwyn.
Geen volk oorleef sonder sterk morele grondslae nie. Ons volk het in die verlede sy naam altyd in die diepte van sedelikheid geanker en min probleme met sedeloosheid ondervind. Daarna het verraderlike politici en onverskillige kerklui ʼn gees van ongebondenheid ontketen wat ongekende ontwrigting veroorsaak het. Niks wat sedelik verkeerd is, kan ooit polities reg wees nie en laat telkens booshede soos ʼn stofwolk oprys.
IS ONS OOK BEKOMMERD?
Hannes Ollewagen
Ps. 38:1-23
“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).
Ek wonder hoeveel van u vandag met kommer in u hart sit? Daar is seker nie ‘n enkele volwassene wat nie die betekenis van bekommernis verstaan nie. Die vraag vandag is egter meer spesifiek: Waaroor is u vandag so uiters bekommerd?
Ek is seker daar is vandag duisendtalle mense wat bekommerd is oor die moontlikheid dat hulle hul werk kwyt is. Ek is ook seker dat daar vandag duisendtalle mense is wat oor hul finansies bekommerd is. En ek is seker dat daar vandag duisendtalle mense is wat oor hul kinders bekommerd is. Daar is seker ook duisendtalle mense wat hulle oor hul veiligheid bekommer. Ek is egter onseker of daar mense in hul derduisende is wat hul vandag oor hul sonde bekommer. En hierdie gebrek aan kommer is nie omdat daar soveel heilige en sondelose mense op aarde is nie, maar omdat dit hulle nie hinder om in hul sondigheid voort te leef nie.
SA REGTER: INPERKING IS ONWETTIG
Uiteindelik staan ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse regsgeleerde op en sê prontuit wat hy van die huidige toestand in ons land as gevolg van die virus-sage dink. Mag hy nie dieselfde pad gaan as sommige van sy eweknie in Amerika wat net so dapper was en daarom vandag nie meer met ons is nie... Die Voorsitter van die FMF Rule of Law Board of Advisors en voormalige Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, Regter Rex van Schalkwyk, meen dat die inperking wat ons tans beleef, veral ons “huisarres” soos hy dit noem, ‘n onwettige instelling van die huidige regime is.
Regter Van Schalkwyk sê toepassing van die Reg is ‘n buffer wat die publiek teen tirannie moet beskerm. Die wettig- of onwettigheid van die inperking moet gesien word in ooreenstemming met die reëls van die Reg.
Hy meen huisarres is ‘n algemene vorm van straf vir ‘n veroordeelde krimineel en hierdie straf kan slegs wettig toegepas word op ‘n persoon wat ‘n regverdige verhoor gehad het.
GRU-GRENDEL-GEBEURE (2)
Lees daaroor by Gru-Grendel-Gebeure
Elkeen van die gebeure in hierdie reeks speel af in die inperkingstyd vanaf 26 Maart 2020 en is opgevolg om seker te maak dat dit volkome waar is
‘n Leser skryf: Ons is deel van ‘n groep boere naby ‘n grens van Suid-Afrika waar op groot stukke grond geboer word. Elke jaar hierdie tyd, reeds vir ‘n hele paar jare, maak elke boer ‘n groot klomp van sy oes bymekaar en bring ons dit na ‘n wit plakkerskamp waar die nood maar hoog bly. Ons het ‘n persoon wat die organisasie van die skenkings behartig en ons almal skakel wanneer die tyd aanbreek.
Hierdie jaar het hy nie gebel nie. Toe sommige van ons met hom kontak gemaak kry het hy in groot angstigheid gesê dat ons nie hierdie jaar soontoe moet kom nie want die polisie wag ons in om ons te arresteer. Op watter klagte sal hulle alleen weet!
Ons het egter soos een man besluit ons gaan nou eers bymekaar kom en pakkies opmaak met iets van elkeen se produk daar in. Dan sal ons weer met ons skakelpersoon kontak en vra dat hy die inwoners van die kamp aansê om op ‘n spesifieke dag en tyd gereed te staan sodat wanneer ons die pakkies aflaai, hulle dit met groot spoed sal gryp en laat spaander. Hopelik sal ons gou genoeg daar wegkom sonder arrestasie en sonder dat die polisie hulle gulsige vingers op die pakkies kan lê.
Is dit nie verskriklik dat ons nie eers ons medemens in nood meer kan help sonder om in die tronk in hierdie polisiestaat te land nie!
GRU-GRENDEL-GEBEURE (1)
Lees daaroor by Gru-Grendel-Gebeure
Elkeen van die gebeure in hierdie reeks speel af in die inperkingstyd vanaf 26 Maart 2020 en is opgevolg om seker te maak dat dit volkome waar is
‘n Leser vertel: Ons het ‘n klein sake-onderneming op die platteland. Een van ons gereelde kliënte kom ‘n paar dae gelede redelik bleek daar ingestap en ons spot hom oor die grendeltyd saam met sy vrou hom so uitgeput laat lyk.
Hy sê nee, dis nie dit nie! Hy kom nou vanaf ‘n Indiërwinkel waarvan hy gehoor het hy sigarette te koop kan kry. Hy sê ‘n vriend wat net so desperaat vir rook was het hom aanbeveel om soontoe te gaan.
Hy kom toe daar maar die Indiër-eienaar sê sy voorraad is uit, hou nooit lank nie, maar sy volgende vrag is oppad en amper daar; hy moet glo net bietjie wag.
Die man gaan sit toe in sy motor buite en wag terwyl hy wonder wat op aarde vang hy nou aan want sy hele selfbeeld is daarmee heen – nog nooit het hy so eenvoudig en afhanklik gevoel nie!
Hy het nie lank in sy motor gesit nie toe daar ‘n polisiemotor langs hom stilhou. Hy skrik hom byna van sy sitplek af want die spul is seker gekontak om hom nou te kom arresteer. Maar nee, die drie poliesmanne maak die kattebak oop en haal ‘n yslike groot sak uit wat hulle aldrie saam optel en binne die winkel indra. Na ‘n rukkie kom hulle weer uit, klim in die polisiemotor en ry weg.
Na nog ‘n klein rukkie kom die Indiër-eienaar uitgestap en sê hy kan maar binne kom, die voorraad het gekom. Die man stap in en sowaar, daar is ‘n hele vrag sigarette op die toonbank uitgegooi uit die sak wat die polisiemanne ingedra het!
Nodeloos om te sê dat die goedkoopste pakkie sigarette hom R80 uit die sak gejaag het want ons kan raai wie moet nou almal in die winste deel...
WIE MAAK ONS GELD? (9)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
BREINSPOELING: DIE GROOT TOWERLAMP EN HOE DIT WERK
"The vested interests of our age. . . have constructed a wonderful machine, which we shall call the Great Steriopticon (Magic Lantern). It is the function of this machine to project selected pictures of life in the hope that what is seen will be imitated. All of us of the West who are within the long reach of technology are sitting in the audience. We are told the time to laugh and the time to cry, and signs are not wanting that the audience grows ever more responsive to its cues. . . The Great Steriopticon like most gadgets has been progressively improved and added to until today it is a machine of three parts: the press, the film pictures and the radio." [1] (Die gevestigde belange van ons eeu. . . het 'n wondermasjien opgebou wat ons die Groot Towerlamp sal noem. Die masjien se werk is om uitgesoekte voorstellings van die lewe te projekteer met die hoop dat wat gesien word, ook nagevolg sal word. Al ons Westerlinge binne bereik van die tegnologie, sit binne die gehoor. Daar is geen gebrek aan tekens nie dat ons, die gehoor, al vatbaarder word vir sy aanwysings oor wanneer om te lag en wanneer om te huil.
DIE MAG VAN DIE PERS...
... is skrikwekkend en dit dring deur tot die privaatheid van byna elke huis, elke volk, elke land, soos nou weer gesien word met die virus-sage. As dit nie vir die media was nie, het ons vandag 'n normale lewe voortgesit sonder die ongesonde gebruik van gesigmaskers; het ons ekonomie nie totaal ineengestort nie (ons sal binnekort die gevolge hiervan sien); het duisende klein besighede nie gevou nie; het miljoene mense nie hulle werk verloor nie en het ons besef dat ons 'n normale griepseisoen beleef soos dit elke jaar gebeur. DIT, IS WAT DIE PERS AAN ONS GEDOEN HET - sonder hulle was die Geldmag se hande afgekap!
DIE PERS ONDERSTEUN...
... elke poging om die doodstraf af te skaf, agiteer vir hervorming van die wette op wapenbesit en -gebruik (voorspraak vir ontwapening van die gemeenskap), publiseer talle artikels waarin verdraagsaamheid en begrip vir buite- en voorhuwelikse seks, gebruik van dwelms, sodomie, lesbianisme en ander perversiteite bepleit word - JOSEF IRSIGLER
DIE PERS ONDERMYN...
...die regses en die morele onderbou van 'n volk deur die gebruik van sinspeling, smeertegnieke, skeltaal en herhaalde koppeling aan "Nazi'sme", sodat ferme, korrektiewe optrede teen ondergrawing onmoontlik gemaak word. Die pers ondersteun alles wat liberaal, vuil, vervalle en onsedelik is - JOSEF IRSIGLER