Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Goeie leiers voel nie bedreig deur ervare ondergeskiktes nie – hulle versamel ervare mense rondom hulle.
WIE MAAK ONS GELD? (10) (SLOT)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
'N TERUGBLIK
Heelwat tyd het verloop sedert "Wie Swaai die Septer?" oorspronklik geskryf is. Hierdie hoofstuk van "Wie maak ons Geld", bevat gedagtes oor sake van die dag en onlangse gebeure.
Een ding is van deurslaggewende belang en dit moet by herhaling beklemtoon word: Die mag van emosionele oortuiging oortref redelikheid en logika. Die eerste en belangrikste taak van die konserwatiewe patriot is om die Pavloviaanse kondisioneringsmag in homself te erken en te identifiseer en dan die krag van hierdie aangeleerde reflekse in homself en in die massa te neutraliseer. Dit is met inspanning moontlik. Die leuen vergaan, terwyl die waarheid bly staan. Tensy ons dit regkry, is al ons geskrifte, artikels, feitelike gegewens, vertolkings, verduidelikings, voorspellings en waarskuwings soos kaf in die wind.
DIE KERK VAN SATAN
Bruid in swart
Ds. A.E van den Berg
“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8).
Inleiding
Bose dinge kom dikwels in golwe voor, selfs in kerklike kringe. Al hoe meer kerke beskou Satan bloot as ʼn mitologiese figuur en ouderwets om hom as ʼn werklikheid te ag. Die Bybel praat anders oor hom, veral die boek Job wat lesers insig in die karakter en optrede van God se teenstander gee.
Daar is egter ook groepe soos die Tempel van Satan wat hom met aggressiewe ywer aanbid en onlangs ʼn groot standbeeld van Satan in Detroit (VSA) sonder noemenswaardige teenstand opgerig het.
Sataniste is by verskeie heavymetal musici betrokke. In 2016 het Behemot, ʼn Poolse groep, in Suid-Afrika gereis en musiek uit hul album The Satanist gespeel. Gedagtig aan die ontsteltenis wat satanisme ʼn paar jaar gelede in die land veroorsaak het, is dit bedenklik dat so ʼn groep in die land toegelaat is!
Die SA Polisie het destyds ʼn okkulte-ondersoekeenheid op die been gebring en verskeie sataniesverwante rituele moorde suksesvol ondersoek. Dit was die enigste geregtelike eenheid in die wêreld wat vanuit ʼn Christelike standpunt gewerk het. Dis egter in 2006 ontbind nadat die SA Pagan Rights Society daarin geslaag het om dit as diskriminerend te laat beëindig en ʼn oorwinning vir Satan en sy magte.
DIE ROOI WÊRELDPARLEMENT (1)
Lees reeks by Die Rooi Wêreldparlement
Klaus Dieter Vaqué
"Ons gaan 'n een-wereldregering kry, of u dit nou ook al wil hê of nie, — met geweld of met instemming." – James Paul Warburg (Bankier)
Daar bestaan geen moontlikheid dat die ou Vrymesselaarsdroom van 'n demokratiese wêreldrepubliek volgens die patroon van die Verenigde State ooit werklikheid sal word nie.
Daarteenoor lyk dit of die totstandkoming van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldrepubliek nog net 'n kwessie van tyd is.
Dit is die gevolgtrekking wat elkeen wat opmerksaam die gebeure van ons tyd gevolg het en weet van die allesomvattende netwerk van 'n internasionale sameswering wat uit Amerika beheer word, behoort te maak.
Ná die geslaagde Oktober-rewolusie in Rusland het die internasionale bankiers verder gewerk aan die plan om 'n bo-staatlike regering oor al die nasies daar te stel wat die voorloper sou word van die wêreldregering waarna hulle strewe.
So is, as 'n neweproduk van die vredeskonferensie van Versailles, in 1919 die Volkerebond gebore. Dit het egter geblyk dat hierdie eerste poging 'n mislukking was.
Omdat die plan reeds vooruit bekendgemaak is, het baie opmerksame burgers wantrouig geraak en 'n voorgevoel gehad van die gevaar wat daarin geskuil het. Boonop het daar (in daardie tyd nog) sterk teenkanting gekom van die kant van die Amerikaanse senaat.
Die buitengewoon geslepe finansstrateë het hulle egter nie deur hierdie terugslag van stryk laat bring nie. Hulle het geweet dat dit vir hulle planne van algehele beheer oor alle nasies van die wêreld absoluut noodsaklik was om 'n superinstansie in die lewe te roep van waar die wêreld regeer kon word.
Om 'n herhaling van die mislukking te voorkom, het hulle die moontlikheid beplan om hulle eie mense in te bring in die Amerikaanse regering en in al die belangrike bestuursposte.
HY SOEK JOU SIEL!
...Satan, die vader van die leuen
Dit is baie duidelik dat die hele Korona-klug eers deur sielkundiges se hande is; spesialiste in breinspoeling, mense wat weet hoe om ‘n sielkundige oorlog te beplan. Om die griepvirus, Korona, soos dit deur eeue bekend staan, te neem en met leuens ‘n wêreldwye, kapende paniek te skep, verg uitstekende kennis van die psige van die mens, amper soveel soos wat Satan, die magtige vyand van God en God se skepsels, het.
Maar die statistiek wys dat die Koronavirus geen pandemie tot gevolg het nie. Sommige dokters erken nou dat daar bitter min sterftes as gevolg van die virus is, dat dit soortgelyk is aan elke jaar se grieptydperk. As hulle dapper genoeg is sal hulle ook erken dat die hele ding gemanipuleer is en dat daar buitensporige korrupsie plaasvind om die syfers te laat styg. Maar dokters en verpleegsters is met afdanking gedreig indien hulle met die media sou praat. ‘n Paar het egter naamloos erken dat die hospitale geensins so besig is as wat die media uitbasuin nie. Volgens die eerlikes was daar slegs ‘n geringe aantal Korona-griepgevalle. En die mense wat daaraan sterf is mense met hartsiektes, diabetes, longprobleme, ens. Die res van die sterftesyfers is gekook op soveel wyses dat mens ‘n boek daaroor alleen behoort te skryf. Tot op persone wat selfmoord gepleeg, aan kanker oorlede is, aan hartaanvalle gesterf het, se doodsertifikate staan geskryf: Oorsaak van dood: Koronavirus.
SAMESWERING VAN DIE BANKIERS (SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Sameswering van die bankiers
Wat was daar nou eintlik vir die bankiers te wen toe hulle met hulle finansiële hulp die Russiese rewolusie tot stand gebring het?
Wel, vir hulle plan vir onderwerping van die hele wêreld moes hulle om te begin 'n vastrapplek daarstel, 'n geografiese hinterland, vanwaar die bedreiging van alle ander nasies van die wêreld 'n aanvang kon neem. Om dit kort te stel, hulle moes 'n vyand in die lewe roep en opbou, wat as hulle verlengde arm aktief kon raak.
'n Paar van die rykste en magtigste manne van die wêreld het dus 'n beweging gefinansier, waarvan dit die uitgesproke doel is — so lyk dit in elk geval — om juis sulke mense soos die Rothschilds, Rockefellers, Schiffs, Warburgs, Morgans, Harrimans en Milners van hulle rykdomme te beroof. So lyk dit, maar dit is nie so nie. Waaraan is dit egter toe te skryf dat hierdie superrykes vir die internasionale Kommunisme geen vrees het nie? — We!, die rede is eenvoudig: omdat hulle dit beheer! Kan dit op enige ander manier logies verklaar word?
SAMESWERING VAN DIE BANKIERS (2)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Sameswering van die bankiers
Vandat die internasionale bankiers dit reggekry het om 'n note-uitgifte-bank in die vorm van die "Federal Reserve System" in die Verenigde State op te rig, het hulle vir alle praktiese doel onbeperkte geldvoorrade wat hulle kan uitleen tot hulle beskikking. Aan hulle is naamlik deur die wetgewer ook die alleenreg toegesê om banknote te druk wat prakties beteken dat hulle soveel soos hulle wil, kan druk, terwyl die staat se hele eiendom en belastings die waarde waarborg en daarvoor instaan. (Dit is soos 'n pa met onbeperkte rykdomme, die staat, wat aan sy minderjarige seun, die bankier, die reg gee om uit sy pa se tjekrekening soveel te trek soos hy wil.)
Hierdie absurde situasie het meegebring dat die internasionale bankimperiums deur die gedurig stygende rente-inkomste reuse hoeveelheid eiendomme kon ophoop. Die posisie was naamlik dat die regering aan die bankiers rente moet betaal vir die geld wat hulle van die bankiers leen — geld wat die bankiers nie vir diens kry nie, maar wat hulle eenvoudig (met toesteming en op gesag van die lenende regering) met drukwerk uit papier vervaardig.
GOD SE WOORD BLY EWIG STAAN
Ds Andrè van den Berg
“Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mark.13:31).
Hoe belangrik is die Bybel vir jou? Jou antwoord sê alles van jou lewensgang en het ewige gevolge. As die Bybel vir jou belangrik is, sal jy dit bestudeer, gehoorsaam en God se beloftes daarin vertrou. Wie dit veronagsaam gaan die ewigheid in die hel deurbring. Die Bybel en boek van die lewe in Openbaring het verband:
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb. 20:15).
Die Bybel leer ons om God te ken. Dat Hy die Bybel gegee het, bewys sy liefde vir ons want dit vertel wie God is en om in die regte verhouding met Hom te leef. Daar is egter ʼn voorwaarde hieraan verbonde: Om sinvol te leef, moet ons ʼn liefdevolle verhouding met Hom wat dit gegee het, hê.
DIE KLEED WAT MET SONDE BEVLEK IS
Hannes Ollewagen
Judas : 17-25
“...maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (:23).
Die propaganda van die Nuwe Wêreldorde leer ons dat ons alles en almal moet liefhê en alles en almal moet verdra. Hierdie is gewoon ‘n baie slinkse plan van Satan waarin hy sy dienaars inspan om enige weerstand teen en weersin in sonde en ongeregtigheid af te breek. Hy weet dat indien hy hierin sou slaag hy die mens kan oortuig dat hy nie eintlik ‘n vyand van die mens is nie. Hy sal homself voordoen as hierdie gawe een wat jou nie veroordeel nie en jou net altyd in die gehoor streel. Hy laat jou goed voel oor jouself deur aan jou te vertel wat jy wil hoor – of dit tot jou beswil is of nie. Hy sal homself as ‘n engel voordoen waarvoor die mens geen vrees hoef te koester nie.
“En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.” (2 Kor. 11:14).
Wee hom wat nie op sy hoede is vir hierdie bedrieglike vyand nie! Is dit nie presies op hierdie wyse dat die satan vir Eva verlei het nie? Hy het homself nie as ‘n skadelike gedrog voorgedoen waarvoor sy onmiddellik op vlug geslaan het nie!
KERNOORLOG EN ONS TOEKOMS
Die afgelope maande word daar baie gepraat oor ‘n derde wêreldoorlog en die besef dat dit ‘n kernoorlog sal wees. Te veel lande besit tans groot hoeveelhede kernwapens om te wil glo dat ‘n volgende oorlog nié ‘n kernoorlog sal wees nie. En oorlog sal daar wees: as dit nie Trump is wat Sjina treiter deur skepe in Sjina se water te laat vaar nie, is dit Sjina wat Trump dreig om hulself met oorlog te verdedig. Rusland bly ook nie agter om te reageer wanneer Trump hulle met oorlog dreig nie. Daar heers so ‘n gespanne atmosfeer dat ‘n volgende wêreldoorlog ‘n noodwendigheid raak.
Ons lees ook in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n
fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
LEUENS, LEUENS, LEUENS...
Het u geweet dat mense wat nie eers getoets is vir die “dodelike” virus Covid-19 nie, en slegs ‘n gewone lugwegontsteking het, nou volgens wetgewing in Amerika as ‘n Covid-19-geval geklassifiseer word? Dit is net nog een van die kunsmatige wyses wat gebruik word om die besmettingsyfers op te jaag.
Diegene vir wie die hoë syfers so belangrik is, vind kort-kort ‘n nuwe skuiwergat om dit te kan opskuif, veral omdat die waarheid hulle nou seermaak: die afgelope 10 weke bly die sterftesyfers afkom en is al so laag dat dit nie eers ‘n epidemie genoem kan word nie, wat nog te sê van ‘n pandemie – wat dit ook nooit was nie want daar moet darem rondom 12% van ‘n bevolking sterf voordat dit ‘n pandemie genoem kan word. Maar met ‘n duiwelse agenda moet daar gelieg en die waarheid verberg word; die sterftesyfer vir persone onder 45 jr is nou feitlik nul en vir diegene tussen 45 en 70jr wissel dit tussen 0.05% en 0.3%. In ander woorde, die feit dat dié onder 45 jr in strepe en op hope positief toets, is nie ‘n teken van ‘n wagtende doodslag onder hulle nie maar onder andere, volgens navorsers, ‘n teken dat die normale immuniteit teen die virus besig is om sterk te ontwikkel. Maar die grootste rede vir al die “positiewe” toetse is die leuens wat daarmee gepaard gaan.
“NEE” KON DIT GEKEER HET!
Het u geweet die veelbesproke virus kan lees? Hy sien wanneer die taxi waarin hy sit langafstande ry. Dan bespring hy die insittendes en besmet hulle! Dis nou as hy nie by die oop vensters uitgewaai het tydens die kortafstand nie... Groot oop vensters in die middel van die koue winter; nogal ‘n slim plan van die ANC-president. En ons dink tog nie dat dit nié met voorbedagte rade beplan is nie? As Covid-19 dan nie vinnig genoeg wil werk nie, laat die massas sommer net griep of verkoue deur blootstelling kry sodat hulle op die Covid-lys kan kom! Die syfers moet hoër, hoër, hoër want elke “geval” bring nog geld van die wêreldgeldmeesters in en ons weet in wie se sakke dit beland!
Wie is hierdie Ramaphosa wat mense so aan hulle neuse rondlei? Hy is die leier van die mees korrupte en barbaarse nasie wat daar bestaan. Maar dalk moet ons eers vra wie is die blanke in hierdie land wat so gerus sit terwyl hulle belieg, bedrieg en uitgebuit word? Dink ons ons is wakker, intelligent en verhewe? Nee, ons blankes is die groep wat deur barbare en hulle korrupsie beheer word! Vrywilliglik – behalwe diegene wat in 1992 NEE gestem het. Lees weer wat in Beeld by hierdie skakel geskryf staan: Beeldberig
OM SY NAAM TE VERHEERLIK
Hannes Ollewagen
2 Sam. 12:1-31
“Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.” (:14).
Die profeet Natan stel dit duidelik aan Dawid dat God sy berou oor sy misdaad raakgesien het. En hy stel dit ook aan Dawid dat God hom sy oortreding vergewe het. Desnieteenstaande stel God dit pertinent dat Hy vir Dawid ‘n swaar straf gaan oplê. God sou hierdie kind van Dawid met die dood tref a.g.v. die oneer wat hy God se heilige Naam aangedoen het. Natan stel dit ook pertinent aan Dawid dat die kind sou sterf omdat die vyande van die Here deur Dawid se optrede aanleiding gegee is om teen God te laster. Hierdie reaksie van God se kant stel dit vir ons duidelik hoe belangrik die heiligheid en eer van God se Naam vir Hom is. Dit word immers ook vir ons ewe duidelik in God se wet gestel.
EK KEN JULLE NIE
Die afgelope maande het ons deeglik kennis gemaak met leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met die satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te vat. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie en dit sal maak dat hulle ook eendag die woorde sal hoor: “Voorwaar Ek sê vir julle, Ek ken julle nie”.
Maar dit is nie nodig om so deur die leuen mislei te word nie. Daar is een vaste bron waarop ons kan staatmaak om ons oë vir die waarheid oop te maak. Om die waarheid van die leuen te onderskei, is ʼn deeglike kennis van die bron van die waarheid (Bybel)nodig.
HUAWEI 5G-TEGNOLOGIE ONTBLOOT
Die VSA beskuldig Sjina dat hulle sy tegnologie steel. Indië voel ook so. Sjina se grootste uitvoerproduk is sy Huawei 5G-tegnologie. Sjina word beskuldig dat sy tegnologie aangewend word om op ander lande te spioeneer. Intussen het Engeland besluit om nie voort te gaan met Sjina se 5G-tegnologie nie. Australië, Kanada, die VSA en lande in die EU het ook so besluit. Dit is ’n geweldige terugslag vir Sjina en kan die einde van Huawei beteken. Engeland se Konserwatiewe Party het intussen besluit om Sjinese produkte te boikot.
Hoera en geluk aan al die lande wat teen die gebruik van 5G besluit het. Dit mag wees dat hulle dit vir ander redes besluit het maar hulle sal nooit spyt wees wanneer hulle sien hoe siek die mense van lande wat dit wel sal gebruik, gaan word nie. In 2015 het 230 wetenskaplikes met navorsing mbt biologiese en gesondheidsfaktore van bestraling deur elektromagnetiese velde begin. Twee jaar later het 180 dokters en wetenskaplikes ‘n petisie begin om wetgewing ingestel te kry vir die verbod op installering van 5G weens die gevare wat dit vir mens en dier inhou. Dit wil voorkom of hierdie navorsing begin vrugte afwerp en inslag vind by sommige owerhede.
ONS BROOD EN SIRKUSSE
Panem et circenses
‘n Romeinse skrywer en digter, satirikus Juvenalis, het in die tyd van Nero met veragting gepraat oor hoe maklik ‘n volk hulle deur hulle regering, die Romeinse Ryk, laat mislei het. Sy gewaarwording was dat die volk net twee basiese dinge nodig het om tevrede te wees: genoeg om te eet, en om vermaak te word, dit, terwyl die kostes daarvan deur die mense se belastings betaal word, dus hulle eie geld! Die oomblik as die verarmde volk in opstand was is hulle onmiddellik suksesvol gepaai met nog “gratis” kos en veral vermaak. Hierdie behandeling het gemaak dat die bevolking ‘n totaal morele laagtepunt bereik het waar hulle vir niks anders omgegee het as vir kos en vermaak nie. Hulle was ongeletterd, en geestelik en letterlik onopgevoed. Hulle het later nie eers besef dat hulle geen vryheid het nie en ook nie omgegee dat hulle slawe van ‘n stelsel van geld en magsug was nie, solank hulle kon eet en vermaak word.
Kom ons kyk hoe dit vandag afspeel: jy het pas die laaste heerlike happie van jou wegneemete afgesmul en daarin verstik oor jy uit jou maag lag vir die komedie op TV. En net toe jy ophou hoes en verder wil kyk, kry jy ‘n WhatsApp-boodskap van ‘n vriend. Jy kyk vlugtig na die inhoud en sien hoe hy gal braak oor die korrupte regering wat niks van hulle beloftes nakom nie en alweer ‘n ton geld verduister het, jou belastinggeld. Maar in plaas van jou vriend te antwoord, sit jy jou foon se klank af en kyk verder na die komiese gebeure op TV want dis te moeilik om op ‘n vol maag en met jou aandag by jou vermaaklikheid kwaad te raak oor die onreg teen jou en jou volk.
DIE GROOTSTE DEPRESSIE
Daar word die afgelope tyd dikwels gepraat oor ‘n depressietydperk wat vir Suid-Afrika en waarskynlik vir die hele wêreld voorlê. Min van ons wat vandag leef het al ‘n ernstige depressie beleef en weet werklik nie wat vir ons wag nie. Daarom is dit goed indien ons die oorsake, verloop en gevolge van ‘n moontlik baie groot depressie van nader bekyk.
Maar eers moet ons begryp wat die BBP van ‘n land beteken. ‘n Land se Bruto Binnelandse Produk (BBP), is die meganisme waarmee die sterkte of grootte van die ekonomie gemeet word en word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale produkte en dienste wat in ‘n land in ‘n sekere tydperk geproduseer word. Gewoonlik word dit per jaar met syfers en dan in persentasie bereken.
Wanneer die ekonomie in voorspoed uitbrei, is dit ‘n positiewe persentasiegroei; wanneer die ekonomie versleg, word dit in negatiewe persentasiegroei bereken en met erge agteruitgang word dit ‘n resessie genoem. Wanneer die agteruitgang buitensporig in ‘n negatiewe persentasiegroei rondom -10% is, word dit ‘n depressie genoem.
Vir die jaar 2019 was Suid-Afrika se BBP in geldterme op R5 968.58 biljoen bereken. Hierdie syfer is deur die Wêreldbank en per handelsekonomie bereken. Dit is maar 0.29% van die hele wêreld-ekonomie.
WANDEL WAARDIG VOOR GOD
Hannes Ollewagen
1 Thes. 2:1-16
“Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, hoe ons, soos julle weet, net soos ‘n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.” (:10-12).
Geliefdes, roep vanoggend saam met my u lewenswandel van die afgelope week in u gedagtes op. Dink ‘n bietjie aan dit waarmee u besig was van die begin van hierdie week tot vanoggend. En dink spesifiek hoe u met hierdie dinge besig was. Hoe waardig het u in die afgelope week met God gewandel? As dit u laaste week op aarde was en u binne die volgende uur voor die Regterstoel van Christus moes verskyn – sou u lewe dieselfde gelyk het of sou u baie dinge baie anders gedoen het?
WÊRELDREUS TOT ASHOOPROMMEL
Ons sien vandag ons eens Eerste Wêreldland as ‘n vuil, vernielde stuk ashooprommel, nie net op ‘n gewone rommelhoop nie maar met dubbele rommelstatus. Wie sou ooit kon dink dat ons hier sou land na die uitmuntende prestasies wat Suid-Afrika onder ‘n bekwame regering in die verlede behaal het? Ons raak so gewoond aan al die vervallenheid rondom ons dat dit aan breinspoeling grens. Met hierdie kort artikel word gepoog om die omvang van die afbreek van ‘n wêreldleierland na ‘n stuk ashooprommel te begryp in die hoop dat dit sommige se oë sal oopsluit.
Onder ‘n bekwame blanke regering produseer Suid-Afrika ‘n skrale vyf jaar voor oorgawe aan ‘n korrupte swart regering meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.
Die RSA huisves toe binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, besit 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike bruto-nasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.
LAAT ONS TREK!
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.
Ons volk het volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie hiervan wegstap nie, sal lei na volkome volksmoord waarna ons vinnig oppad is soos ons hierdie week weer gesien het hoe ons mense deur barbare aangerand en vermoor word.
LEED IN ONS MUSIEKWÊRELD
Die Kaapstad se Filharmoniese Orkes
Daar word heeltemal te min geskryf oor die skade wat die inperking aan ons land doen. Die media noem wel dat daar miljoene mense hulle werk verloor het maar geen fyn besonderhede daarvan word aan die publiek gegee nie. Intussen is dit hartverskeurend hoe mense op ons straathoeke vir ‘n aalmoes versamel. En moenie dink dit is net gewoonteboemelaars wat daar staan nie – ‘n baie groot aantal wat nou daagliks daar vermeerder, is mense wat vóór die inperking nog selfversorgend was en nou deur die ANC-regime se kortsigtigheid geen keuse het as om te bedel nie.
Om te demonstreer hoe maklik dit is om tot bedelstand verlaag te word kan ons luister na wat Bernhard Gueller, hoofdirigent van Kaapstad se Filharmoniese Orkes, oor die orkes se huidige situasie vertel. Hy glo dat die hou van simfonie-konserte met fisiese afstand as gevolg van die inperkmaatreëls nie standhoudend van aard is nie.