Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jósafat waarsku in II Kronieke die regters van die volk teen partydigheid en "aanneming van geskenke" – omkopery. Dit sien ons deesdae elke dag in ons eie land. Calvyn verklaar indien regters iets verkeerd doen, is hulle nie alleen onregverdig teenoor die mense wat hulle wederregtelik krenk nie, hulle verag ook God. Wat word van 'n land waar die 'leiers' en regters God verag? Verwonder ons ons dan dat dit met Suid-Afrika so sleg gaan?
AS DIE STERT DIE HOND SWAAI
Die wet op homoseksuele huwelike
Ds. A. E van den Berg
2005 was vir homoseksueles ʼn jubel- en vir gelowiges ʼn hartseerjaar. Spanje en Kanada het pas dieselfde geslag huwelike gewettig toe die grondwetlike hof in Suid-Afrika hul voorbeeld gevolg en in 2006 huwelike van dieselfde geslag goedgekeur het. Daarmee is sodomie gewettig en alle eertydse teen-sodomie wette ongrondwetlik verklaar.
Ongelowiges het dit as ʼn stap uit die “donker eeue”verwelkom en hul verheug toe hierdie karikatuur van ʼn heilige instelling in sekere kerke voltrek is. Verloopte kerklui het gretig op die homoseksuele agenda ingeteken.
’n Onlangse opname het skokkende statistiek aan die lig gebring. In Spanje was 91% van die ondervraagdes positief oor homoseksualisme, 87% in Duitsland, 86% inFrankryk, 81% in Brittanje en 60% in die VSA. Dit sê baie van ʼn wêreldwye weerstand teen God se wil!
AFRIKA EN DIE WÊRELD
Dis nie my gewoonte om op bydraes in Gelofteland kommentaar te probeer lewer nie. Veral nie as daar geen datum by 'n artikel verskyn nie en 'n nie-gereelde leser moet raai wanneer dit geskryf is. 'n Onlangse artikel deur ds André E. van den Berg en 'n tweede met verwysing na die Floydstorie wat blykbaar die VSA en die wêreld op horings het, het my egter laat besluit dat dit miskien tyd geword het om hard-op oor dié sake te dink.
Die eerste artikel gaan oor die agter-geblewendheid van Afrika, of dan van die subkontinent, suid van die Sahara waar die wiel ook blykbaar nie vir die eerste keer sy rol gekry het nie. Of dit altyd die geval was weet 'n mens natuurlik nie, aangesien daar bv sedert die Drakensberge ontstaan het, baie waters in verskeie oseane gevloei het. Maar die verre verlede daargelaat.
WAAR IS ONS PROTESTANTE KERKE?
‘n Stem van rede uit die Rooms-Katolieke Kerk
Op 8 Mei 2020 het aartsbiskop Carlo Maria Viganò‘n appèlgerig tot die Vatikaan en die wêreld “en alle mense wat die suiwere en goeie wil daartoe openbaar” (en geteken deur verskeie kardinale en biskoppe). In die skrywe die volgende:
Daar is rede om te glo, gebaseer op die "amptelike" sterftesyfer van die Covid-19-pandemie, dat daar magte hieragter sit wat wêreldwyd paniek probeer saai met die doel om die wêreldpopulasie onder hul mag te kry om sodoende permanente beheer oor al hul doen en late uit te oefen. Oplegging van hierdie inperkende maatreëls is die voorspel tot ‘n Een Wêreldregering met totale beheer oor alles.
Dit is voorwaar aanbevelenswaardig, veral as mens dink dat sodanige optrede eerder uit die geledere van Protestante verwag sou word.
Op 29 Mei 2020 het die aartsbiskop ‘n stap verder gegaan en die top-hiërargie van die kerk beskuldig dat hulle hulleself:
...openlik beskikbaar stel tot diens van Satan deur die eise van die Verenigde Nasie te gehoorsaam ter wille van die globalistiese agenda, die Vrymesselaars, die Malthus ekologie en etniese oorname.
IS GEORGE FLOYD DIE BEGIN HIERVAN?
Rick Joyner se visioen
(wat reeds in die 90's ter skrif gestel is)
Op die 16e Mei 1993 het ek ‘n visioen gehad waarin etniese geweld ‘n onbeskryflike impak op die voortbestaan van Suid-Afrika en die hele wêreld gehad het. Swartes het Blankes, en op hul beurt Blankes weer Swartes by die duisende doodgemaak. Die regering het totale beheer oor die situasie verloor en daar het onkeerbare anargie dwarsdeur die land losgebars.
Ek het ook ‘n magtige Blanke leër in leiding gesien wat so uitstekend soos ‘n moderne weermag georganiseerd is en met die dissipline en strategie van ‘n weermag geveg het. Hulle was vol selfvertroue dat hulle in beheer is en ek het besef dat hulle almal en alles sal doodmaak wat nodig is om die geveg te wen. Ek kon aanvoel dat hulle nooit sou oorgee nie. Hulle was magtiger as wat enigiemand gedink het.
Die Swartes was deur opsweping en woede egter ook gedetermineerd om nie toe te gee nie en die konflik en geveg tot die dood het gegroei groter as enigiemand kon glo moontlik was. Die strategie was doodeenvoudig om soveel as moontlik van die ander dood te maak.
WÊRELD SE NUWE CHRISTUS
“WHITE LIFES ALSO MATTERS”
Johan Hack
"Die ANC, SACP en Cosatu het selfs met president Ramaphosa se ondersteuning sover gegaan om ‘n “Black Friday”-aksie in werking te stel waar gevra is dat die publiek van nou af swart klere op ‘n Vrydag moet aantrek om sodoende solidariteit te toon met die Swart Amerikaners."
Op 25 Mei 2020 sterf ‘n swart man sterf weens hardhandige behandeling van die polisie in Amerika.
Wie sou kon dink dat die kettingreaksie op dié voorval sulke ernstige gevolge sou hê, nie net vir Amerikaners nie maar ook vir alle blanke gemeenskappe wat opnuut die teiken van rassehaat is.
Die liberale hoofstroom-media is net te bly om hierdie voorval uit te saai en al hoe meer ophef daarvan te maak want dit pas so in hulle kraal.
Slagspreuke soos “Black lives matter” verskyn nou as slagspreuke op hemde terwyl die ‘plunder en roof ‘-mentaliteit weereens sterk na vore kom tydens betogings.
ALLES WERK TEN GOEDE
Ds Andrè vd Berg
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).
Jare gelede vertel ʼn boer van die Sederberge my van sy dogter wat in Japan sendingwerk gedoen en eenmaal in vier jaar huistoe gekom het. Haar broer in Kaapstad het haar dan plaastoe geneem. So kom dit toe dat sy net voor Kersfees 1987 sou kom. Dinge verander toe so gunstig, dat sy einde November kon kom.
Sy reël toe met haar broer om haar vroeër te kry, maar hou dit vir haar ouers as ʼn verrassing. Die dag van haar vlug was daar ʼn verkeersknoop op pad lughawe toe. Toe die huurmotor uiteindelik by die lughawe kom, moes sy teleurgesteld sien hoe die Boeing opstyg – die Helderberg SAL 295. Eers die geweldige teleurstelling en daarna ontsettende dankbaarheid want sy is sodoende van ʼn gewisse dood gered!
‘n HEILIGE LEWENSWANDEL
Hannes Ollewagen
1 Thes. 4:1-12
“Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.” (:7&8).
Daar is deesdae soveel mense wat voorgee dat hulle oor die gawe beskik om die uitsonderlike wil van God te verstaan. En hulle hoor glo gereeld die stem van God. “Die HERE het vir my gesê . . . “ is ‘n stelling wat sonder die nodige respek en agting gebruik word. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n baie bekende man in Suid-Afrika wat so ‘n paar jaar gelede blykbaar op God se stem reageer en gepoog het om 1 miljoen mense vir ‘n gebedsbyeenskoms in Bloemfontein byeen te roep. Hy het openlik verklaar dat hierdie byeenkoms die toekoms van Suid-Afrika ingrypend ten goede sou verander. Daar is nie by hierdie byeenkoms die moeite gedoen om ongelowige leiers in die samelewing tot orde te roep en aan te spreek oor hul ongehoorsaamheid aan God nie. Nee, daar is veel eerder saam met hierdie ongelowige mense gebid asof dit God sou behaag!
DIE HONGER-PANDEMIE
Teen die einde van 2020 sal baie meer mense van honger, lyding en selfmoord gesterf het as wat die Koronavirus ooit kan doen. Dan sal ons dit ‘n werklike pandemie kan noem, die Honger-Pandemie. En hierdie pandemie sal nie die nuusdekking kry wat die virus kry nie want dit pas die Geldmag nie.
Intussen speel die geldbase nie net met menselewens nie maar ook met miljoene dollars. Dr Senator Scott Jensen van Minnesota het in ‘n onderhoud met Fox News lig gewerp op die growwe manipulasie in Amerika om geld te maak met Covid-19-pasiënte. Jensen sê elke hospitaal ontvang 13,000 US dollars as “subsidie” vir elke pasiënt wat met Covid gediagnoseer word. En as die pasiënt op ‘n ventilator geplaas word is die bedrag 39,000 dollars. Nou kan ons die histerie rondom die verskaffing van ventilators beter begryp asook die geweldige omvang van bedrog met die Covid-syfers.
Wat die Honger-Pandemie betref, dit is reeds goed op dreef met duisende mense wat hulle werk en behuising verloor het omdat hulle nie die paaiemente kon betaal nie as gevolg van die grendelstaat. Verder moet hulle raap en skraap om iets te ete te kry maar sonder inkomste is daar net een van twee: strate toe om te bedel of diefstal. Kan u dink hoe die straathoeke binnekort gaan lyk? Geen voertuig sal mettertyd waag om by robotte en stopstrate heeltemal tot stilstand te kom nie.
HOMO- SEKSUALISME
’n Oorlogsverklaring teen die huwelik
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die verwording van die mensdom besmet alle fasette van die lewe. Terwyl wetenskaplikes naarstiglik na ʼn homoseks-geen soek om homoseksualisme mee te probeer regverdig, beskerm wetgewers gruwelgeeste met misplaaste regte. Die vermaaklikheidbedryf talm ook nie met homoseksuele karakters nie. Specter, ʼn homoseksuele polisiebeampte, is die nuutste homoseksuele karakter in die Walt Disney rolprent Onward. Verder is elke TV-sepie deesdae besoedel met sy deel van homoseksuele karakters wat “geliefde” rolle vertolk sodat kykers daarmee kan identifiseer.
Geen sonde kry soveel blootstelling as homoseksualisme nie. Dis alles pogings om ʼn verworde leefstyl in mense se kele af te druk. Tragies genoeg regverdig talle hoofstroomkerke dit selfs met skeefgetrekte Skrifverklarings.
SODOMIE EN DIE BYBEL
Ds. A.E van den Berg
“Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word;...” (Openb.22:11).
Inleiding
Namate die wederkoms van Christus nader kom, word die mensdom al hoe boser. Euwels soos aborsie word gewettig en onreinheid ontsondig om die egtheid en goddelikheid van die Bybel in twyfel te trek en mense te verwar:
“Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike kettery heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ʼn vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die Weg van die waarheid gelaster word.” (2 Pet.2: 1,2).
WAT MOET MENS VAN SJINA GLO?
“China’s been ruled by a brutal, authoritarian regime, a communist regime since 1949. For several decades, we thought the regime would become more like us through trade, scientific exchanges, diplomatic outreach … (but) that didn’t happen.
“We greatly underestimated the degree to which Beijing is ideologically and politically hostile to free nations. The whole world is waking up to that fact.” –Die Staatsekretaris van die VSA, Mike Pompeo
Die Covid-19 gebeure het aan die Westerse wêreld opnuut die geleentheid gegee om Sjina in die spervuur te plaas, soos die irrasionele uitlating van Mike Pompeo die pas afgelope week getuig. Met die propaganda-masjien van die Weste wat in snelrat is word Sjina beskuldig as sou hy kop in een mus met die WGO is, die besonderhede en veral die gevaar van die virus aan die wêreld verswyg het, en word sommer in die proses ‘n klomp ou koeie uit die sloot gegrawe – soos dat dit te alle tye te wagte kan wees van ‘n diktatorskap en ‘n kommunistiese staat. Dis nou dieselfde Weste wat graag produkte in Sjina laat maak maar ook koop wat in Sjina vervaardig word.
DIE MENS SE OPDRAG
Hannes Ollewagen
Gén. 1:1-31
“En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (:28).
God het die mens met ‘n spesifieke doel en opdrag geskape. Hy het na die aarde gekyk nadat dit geskape is en daarna die mens na sy Beeld geskape. En wel vir die doel dat die mens oor die werke van God se hande sou heers. Hy moes na alles wat God geskape het, omsien. Die mens is as hoof en heerser oor God se handewerk in sy skepping aangestel.
“U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel.” (Ps. 8:7).
‘n Deeglike begrip van hierdie Skeppingsopdrag van God laat ons dan seker ook meer verstaan waarom Jesus so baie gelykenisse van rentmeesters, bestuurders, diensknegte ensomeer vertel het. Dit bring tog vir ons ‘n beter begrip van ons verhouding met God.
DOKTER VERTEL HOE VIRUS-DATA GEMANIPULEER WORD
I’ve signed death certificates during Covid-19. Here’s why you can’t trust any of the statistics on the number of victims – Dr Malcolm Kendrick
Hier volg ‘n direk-vertaalde brief van die Britse dokter Malcolm Kendrick, wat as algemene praktisyn in die Nasionale Gesondheidsdiens in Engeland werk. Hy is ook die outeur van “Doctoring Data – How to Sort Out medical Advice from Medical Nonsense”, waarvan die titel ons dadelik duidelikheid oor die inhoud gee.
As ‘n dokter in die Nasionale Gesondheidsdiens (NGS) het ek talle mense sien sterf wat gelys word as slagoffers van die Koronavirus sonder dat hulle getoets is daarvoor. Maar sonder akkurate inligting sal ons nie presies weet wat het die meeste sterftes veroorsaak nie: die siekte of die grendelstaat.
Ek veronderstel meeste mense sal verbaas wees om te weet dat die oorsaak van dood soos aangedui op doodsertifikate, meesal ‘n raaiskoot as ‘n ingeligte besluit is. Mense sterf wanneer hulle oud is, meesal oor tagtig jaar en daar word amper nooit ‘n na-doodse ondersoek uitgevoer nie wat beteken dat, as ‘n dokter na die persoon se simptome van die laaste week of twee kyk, jy moet teruggaan na jou notas om seker te maak van die laaste mediese toestande wat gewoonlik iets is soos ‘n vorige beroerte, diabetes, hartsiektes, bloedklonte, Altzheimers en dies meer. En jy gesels met die naasbestaandes en versorgers en probeer uitvind wat hulle gesien het. Het die pasiënt gesukkel om asem te kry? Het hy geleidelik of skielik agteruit gegaan? Het hy opgehou eet en drink?
ONS VOLBLOED KOMMUNISTIESE STAAT
DIE HOUTPERD IN SUID-AFRIKA
Met dank aan Prof H.G. vd Westhuizen
Suid-Afrika is uiteindelik ‘n volbloed kommunistiese land terwyl talle intelligente hoë profiel-persone dit nie besef nie. In ons land is die ateïstiese Kommunisme aanvanklik bestry en die lafhartige terreurgroep, die ANC, ook. Onder nasionaal-gesinde Afrikanerleiers is die gevaar ingesien. Die terroristiese aanslae op ons land, op die grense en binnelands, was effektief geneutraliseer. Vandag onder die hiel van daardie selfde terroriste se regime wat ook die Wêreld Geldmag met al sy leuens, selfs oor ‘n virus, terwille is, kyk ons met ontnugtering terug hoe ons van ‘n nasionaalgesinde Eerste Wêreldland tot ‘n kommunistiese Derde Wêreldland in dubbele rommelstatus verval het.
Volgens oorlewering het die inwoners van Troje gedink dat die Griekse houtperd in hulle midde die gode se seën op Troje impliseer. Die waarheid was gans anders, dit het Troje se eie ondergang bewerk. Toe die tyd geleë is, in die nag, het die vyand letterlik uit die houtperd gestroom en Troje se poort van binne af oopgemaak sodat die vyand die stad van buite kon oorstroom en oorweldig.
COVID-19 STERFTESYFERS GEDOKTER...
Most people are more likely to wind up six feet under because of almost anything else under the sun other than COVID-19 - Daniel Horowitz
By Gelofteland is daar net vrywilligers en uitgawes, en daardie uitgawes word aangegaan omdat ons so graag die waarheid by ons volksgenote wil tuisbring in die hoop dat ons tog eendag weer vry in ons eie land sal kan asemhaal. Daarom kan u maar aanvaar dat Gelofteland die waarheid najaag in beste belang van ons mense, en dit met hulle hier deel omdat almal nie die tyd en moeite doen om die waarheid na te vors nie.
U sal in die volgende dae al meer hoor hoe dramaties die sterftesyfers agv Covid-19 dwarsdeur die wêreld styg. Daarvoor is ‘n spesifieke rede: die katrol moet ingetrek word sodat mense se paniekvlakke styg tot waar hulle sal smeek vir die entstof teen die virus.
‘BIG BROTHER’ WIL JOU KONTANT VAT
Daar is ‘n ou uitdrukking wat so lui: moet nooit ‘n goeie krisis vermors nie; in ander woorde: gebruik die skuiwergate in ‘n moeilike tyd tot jou voordeel. Sommige gaan selfs so ver dat hulle self die krisis skep sodat daar skuiwergate kan ontstaan. Dit is presies wat die internasionale geldmag gedoen het met die Koronavirus-sage. Terloops, die ou mediese handleiding AMA 1989 gee op bladsy 1051 ‘n skematiese uitleg van verskeie virusse en langsaan beskrywings van die siektes wat elkeen veroorsaak. Langs “Coronavirus” is die enigste beskrywing “Common cold”. Daar het ons dit uit die perd se bek!
Terug na skuiwergate: die superrykes wat die wêreld probeer voorberei vir die Nuwe Wêreldorde waar hulle volle beheer oor elke lewende siel en dooie voorwerp wil uitoefen, het die gewone verkouevirus in ‘n laboratorium aangepas sodat dit meer aansteeklik is en mense ernstiger as gewoonlik aantas, en daarmee het hulle ‘n hele paar skuiwergate geskep. Die belangrikste skuiwergat is natuurlik die entstof wat nou inderhaas “ontwikkel” moet word sodat hulle daarmee saam ‘n mikroskyfie kan inspuit wat hulle toegang tot digitale beheer gee oor elkeen wat dit gaan ontvang. Nog ‘n skuiwergat wat hulle hiermee geskep het, is die versnelling van hulle plan om ‘n kontantlose wêreld te skep. Almal sal met ‘n digitale kaart/foon/mikroskyfie toegerus word waardeur die geldmag presiese beheer kan uitoefen oor elke sent wat jy toegelaat sal word om te spandeer.
OPGEVOED OF OPGEFOETER?
Ds. A. E van den Berg
Van al God se gawes aan die mens is kinders van die grootstes. Wie hulle eerbaar opvoed, betuig hul dank teenoor Hom want dis waaruit gesonde gemeenskappe gevoed word. Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar en is sommige ouers aan die ontsporing van hul kinders aandadig. Hulle word nie so gebore nie, maar so grootgemaak.
God verwag van ouers om hul kinders reg op te voed want opvoeding sonder streng geestelike waardes maak van kinders slim duiwels. Dit gebeur gereeld met ouers wat hul doopbelofte nie nakom en die doop net as ʼn kerkformaliteit beskou. Van hierdie kinders lê later selfs belydenis van geloof af, maar ontspoor as hulle die ouerhuis verlaat.
SOOS ʼn ENGEL VAN DIE LIG
Homoseksuele leraars
Ds. A.E van den Berg
Louis van der Riet, die NG Kerk se eerste openlik homoseksuele leraar, het ʼn tyd gelede sy dank teenoor die kerk betuig wat die huwelik nie as die enigste plek vir seksuele verhoudings verklaar het nie. Hy vind glo geen Skriftuurlike gronde dat die huwelik alleen heilig en Godgegewe is nie; komende van een wat behoort te weet dat die Skrif anders oor sedelike reinheid praat. 1 Thesss.4:1-8 is een van die duidelikste wekroepe tot seksuele reinheid.
Geen ware kerk durf ʼn persoon wat onrein leef tot teologiese studie toe te laat, nie eens van die bediening te praat nie. So ʼn persoon het nooit tot bekering gekom nie en kan Jesus nie sy Verlosser noem indien hy die teenoorgestelde doen as wat Hy eis nie. Die Bybel waarsku:
WAT BETEKEN DIE NUWE “NORMAAL”?
Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na “normaal” terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer op Sondae kerktoe kan gaan, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer soos voorheen skooltoe kan gaan, ons aan sport kan deelneem en na ons gunsteling sport op televisie kan kyk. Ons sien reikhalsend uit dat alles sal terugkeer na “normaal”.
Steeds verbysterd oor wat met ons gebeur het en te midde van ‘n oorvloed van leuens wat aan ons opgedis is en steeds word, glo ons steeds daar sal ‘n dag kom wat alles weer sal wees soos voorheen. Maar nou hoor ons dat ons in “fases” regeer sal word en dat “ongehoorsaamheid” kan beteken dat jy en jou stad of dorp sommer gou weer na ‘n “erger” fase verplaas kan word. Ons is dus wat ons bewegings betref, volkome afhanklik van ‘n regering wat in 26 jaar alles waarop hulle hulle hande gelê het, vernietig het. Hulle sal bepaal hoe ons vryheid gaan lyk. Wat “normaal” is aan ‘n toestand wat deur die grille en giere van ‘n onbevoegde en korrupte regering bepaal word, is bitter moeilik om in te sien. Dit word boonop gedoen terwyl niemand kan aandui wanneer ons van die “virus” ontslae gaan wees nie. Intussen moet ons blykbaar op die bona fides van ‘n regering staatmaak wat juis nie vertrou kan word oor enige saak nie.
SUID-AFRIKA IS VOLBLOED KOMMUNISTIES
‘n Predikant van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes, ds Faan Visser, het aan Cyril Ramaphosa geskryf oor die sluiting van kerke, en dat dié saak belangriker is as baie ander sake wat nou reeds verslapping van maatreëls ervaar. Ds Visser raak hier die kern van die saak aan waar hy meen dat daar ‘n duistere rede is waarom kerke nog gesluit moet bly. Die ooglopende rede is die staat van kommunisme wat nou in Suid-Afrika toegepas word waarin daar nie plek vir Christene sal wees nie, nie nou nie en ook nie later nie.
Mnr Ramaphosa,
Ten opsigte van die staat van inperking, die volgende opmerkings:
Daar is reeds en word steeds baie wyd verwys na die inkonsekwentheid en vreemdheid ten opsigte van die regulasies wat van die begin af aangekondig is en steeds aangepas word. Wat baie opvallend is en vreemd opval, is die feit dat massas mense oënskynlik ongehinderd voortgaan en toegelaat word om die regulasies ten opsigte van die dra van maskers en afstande wat tussen persone gehandhaaf moet word, te verontagsaam. Hierdie gedrag word oral op kamera vasgevang en op sosiale media geplaas, veral waar dit gereeld in groot winkelsentrums geskied. Telkens is daar polisielede teenwoordig wat sonder enige aksie die gebeure gade slaan.