Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God wil hê dat ons soos diamante in sy Koninkryk skitter. Daarvoor word die hitte van beproewing dikwels benodig. Daar sou geen diamante gewees het as daar nie hitte was nie. Sulke beproewing is ook die diamantstof waarmee God sy juwele poets.
DIE DOOD
Kom ons praat oor die dood
Ds.A.E van den Berg
Inleiding
Die lewe is nie ʼn besitting nie, maar ʼn lening. Ons is huurders en God die eienaar. Hy kan die huur enige tyd opskort waarna ons die lewe moet teruggee. Hierdie teruggee is die dood. Daar is niks so seker as dat ons dit eendag sal moet teruggee nie en gevolglik huiswaarts reis.
“...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)
Daarom gaan daar vir elkeen ’n nuwe jaar aanbreek waarvan hy die Oujaar nie sal sien nie. Niemand gaan ʼn ooreenkoms met die dood aan nie. Dit het ʼn duisend deure wat die lewe uitlaat en sny selfs koppe af wat krone dra. Die Arabiere sê dat die dood soos ʼn swart kameel is wat op een of ander tyd by elkeen se tent inloop.
Die Bybel sê dat die dood die kleedkamer is waar ons vir die ewigheid aantrek:
DIE KEISER IS KAAL!
“Plaaslik word hier ook groot voorbereidings daarvoor getref. Die Rothschild-stigting het pas een van sy lede, Martin Kingston, as nuwe uitvoerende voorsitter van die raad aangestel. Kingston het aan die media gesê die Business for SA Initiative bestaan uit sewe werksgroepe wat nou saam net die ANC-regime werk betreffende ekonomiese sake en dat die land geen ander keuse sal hê as om ‘n “aggressiewe ekonomiese herstrukturering” na afloop van die virus-sage te ondergaan nie. Dit gaan onder andere meebring dat privaatbesit grootliks afgeskaf gaan word. “
"Die Geldmag hou egter nie rekening met die Afrika-kultuur van roof, moor en vernietig nie. Nog minder met die bandeloosheid en onbetroubaarheid. Soos die ANC pas uitgevang is dat hulle die kospakkies wat vir die mees behoeftiges bedoel was, gesteel en selfs verkoop het, so sal hulle ook nie in staat wees om gehoorsaam aan groter magte oor hulle te wees nie. Hulle sal voortgaan om van die minder bevoorregte lede van hul eie volke te steel en een of ander tyd sal daardie situasie soos ‘n sweer oopbars."
Lees hierdie kort voorafgaande verhaaltjie sodat u beter kan begryp in watter noodtoestand ons volk en land verkeer.
DIE KEISER SE NUWE KLERE
Baie jare gelede was daar ‘n keiser wat so lief was vir nuwe klere dat hy amper al sy geld net aan klere en tooisels bestee het. Hy het elke uur van die dag ander klere aangetrek. So erg was dit dat sy mense hom die bynaam “Keiser van die Klerekas” gegee het.
BITTEREINDER, BLY STAANDE DEUR JOU GELOOF!
"Dis met Covid-19 weer duidelik hoe die hensoppers met vrees in ‘n rigting gemanipuleer word net soos hulle met vrees tot totale oorgawe in 1992 gemanipuleer was sonder dat ‘n skoot geklap het. Die hensopper is nie heeltemal tevrede met hoe dinge is nie, maar hy maak darem ‘n bestaan en sy kinders kan darem skoolgaan... Het van die hensoppers nou al agter gekom wat hulle met hul kinders se toekoms gemaak het? Watse onbybelse, humanistiese en kommunistiese drek hulle kinders en kleinkinders nou by die skool geleer word? Jou kind word beslis nie van die Here geleer en dat jy op Hom alleen moet vertrou nie! Besef die henssoppers nou darem watter wolwe in skaapklere hulle kom verskeur het? Weet hulle dat dit net kon gebeur omdat hulle nie die Goeie Herder se stem ken nie?"
Sir Arthur Conan Doyle, skrywer van Sherlock Holmes het onder andere oor die Boer die volgende geskryf:
STOP HIERDIE WAANSIN!
Liewe lesers, lees asb hierdie en ander artikels oor hierdie onderwerp en stuur die boodskap per WA of SMS aan al u kontakte sodat hierdie waansin kan ophou voordat ons hele land onherstelbaar ineen stort. Die sukses daarin sal afhang van wydverspreide inligting.
In 1989 het die Berlynse Muur geval. Dit was die begin van die einde van Kommunisme. En in die herfs, op 17 November 1989 op Studentedag in Tjeggoslowakye het miljoene mense op die Wenceslas en Letnapleine in Praag byeengekom. Vreedsaam. Maar die boodskap was duidelik. Hulle het ook genoeg gehad. In wat later as die Velvet Revolution (weens die vreedsame wyse waarop daardie revolusie voltrek is), bekend sou staan, is Kommunisme ook daar tot ‘n val gebring. Die wêreld het dramaties verander in daardie jaar – 1989.
Nou, te midde van die grootste krisis dalk ooit in die wêreld, doen die geleentheid hom voor vir die mensdom om weer op te staan teen dit wat in Kommunisme se plek gekom het, naamlik globalisme. Globalisme wat net ‘n nuwer vorm van verslawing is en nou sy finale hou wil slaan en absolute onderdanigheid van elke staat wil afdwing.
ONBESKAAMDE AFGODERY
ʼn Roomse dwaling
Ds. A.E van den Berg
“Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God ...” (Ex.20:3-5)
Inleiding
Satan probeer van meet af aan om die kerk te vernietig en sal daarmee volhard totdat hy tydens die laaste oordeel in die hel gewerp word:
“En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is...” (Openb.20:10).
Toe geloofsvervolging teen die vroeë Christenkerk nie slaag nie, het Satan met dwaalleer in die kerk opgeduik en dit met ʼn skyngodsdiens vol heiden-elemente besmet – die Roomse Kerk (RK). Hierdie kerk is ʼn reuse sisteem van gekunstelde afgodery en voer sondaars verby die reddende genade in Christus.
WEES BLY IN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Ps. 104:1-35
“Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is. Mag my oordenking Hom welgevallig wees, ék sal bly wees in die HERE!” (:33&34).
Luister na die pragtige woorde van die psalmdigter – “ék sal bly wees in die HERE!”. Geliefdes, ons behoort ook vandag stil te raak en onsself te ondersoek of die blydskap in die Here nog in ons lewens teenwoordig is. Die wêreld waarin ons leef raak toenemend oppervlakkig en van God vervreem. Die mens soek sy blydskap in aardse en verganklike dinge. Die mens soek sy blydskap in sy rykdom. ‘n Ander dink dat hy blydskap in sukses en prestasie of die roem van mense sal vind. Die volgende dink dalk dat sy haar blydskap in ‘n gelukkige liefdesverhouding sal vind. En talle is gedurig op soek na blydskap in die oppervlakkige en verspotte vermaak van ons tyd wat in oormaat beskikbaar is. Ons moet oppas dat ons nie die koninkryk van God misloop in ‘n soeke na hierdie dinge nie!
“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” (Rom. 14:17).
ONS ALMAL IN DIESELFDE BOOTJIE?
Wee o wee...
Ons hoor heeldag, te midde van die Covid-19 fiasko, “ons is almal in dieselfde bootjie, ons moet nou net saamstaan”. Dit gee blykbaar vir mense bietjie gerusstelling te midde van die afgrond waaroor hulle stort – dit laat die landing selfs aantreklik lyk! So asof ons op “dag-watsenaam” as die grendeltyd uiteindelik gelig word in ‘n Utopie gaan wees. Dalk, wie weet in Alice se Wonderland.
Die waarheid is egter ver daarvandaan. Terwyl daar baie meriete in ‘n saak is waar mens gesamentlik stry vir ‘n gemeenskaplike doel, is hier van ‘n gemeenskaplike oogmerk geen sprake nie en behoort die stryd op ‘n gans ander doelstelling gerig te wees.
Ons hoop moet veel eerder gerig wees op ons oorlewing as Godvresende volk. En op realiteit, nie op die leuens wat die Covid-19 kenmerk nie. Dit is wel verblydend om te sien dat van die leuens ontmasker word. Vir die breindood Afrikaners wat die Kerkstraatbom-brigade vertrou om hulle uit te red in hierdie droewige tyd lê daar hierdie keer die ontnugtering van hulle lewe voor. Die skape gaan behoorlik van die bokke geskei word.
WEES NIE BEVREES OF VERSKRIK NIE
Hierdie ekonomiese oorlog wat tans deur die Illuminati (die wêreldgeldmag) teen ons land en die hele wêreld gevoer word kan alles verander indien hulle slaag. Ons wat reeds so naby aan ‘n ekonomiese ineenstorting was sal slegs met God se genade weer ‘n bestaan kan maak wanneer hierdie aanslag afgeweer is. Ons is soos meeste ander lande in ‘n grendeltydperk, daar word kwarantyn toegepas, talle besighede wat forseer word om gesluit te bly sal nie die ekonomiese aanslag oorleef nie, die landsburgers is onder polisie en militêre bewaking met talle gevalle van aanranding en selfs persone wat gedood is deur die “bewakers”. Intussen staar ons grootskaalse plundering en anargie in die gesig want daar is al geruime tyd miljoene hongeres sonder salarisse en lone daar buite; daarby word die “normale” aanslag teen die blanke ook nog voortgesit.
DIE NUWE WÊRELDORDE IS HIER
"Die Nuwe Wêreldorde is hier. Die vraag is wat ons gaan doen om daaruit te kom? Want binne daardie orde met sy kontantlose samelewing, ‘n entstof met ‘n 'bio-chip' om jou dop te hou, beperkte voorregte in plaas van Godgegewe regte, ‘n welsynsloon (fooitjie) en ‘n woning en foon wat deurentyd gemonitor word, wil ons beslis nie bly nie. Laat die wat saamstem dan eerder begin werkaan ‘n teen-offensief eerder as om alles gelate te aanvaar".
Terwyl ons almal in 2020 klaarblyklik “kenners” geword het oor ‘n virus wat mikroskopies klein is,
“The size of the COVID-19 virus is 70 to 90 billionth of a meter, or bio-chip- nm (one nm = 0.000000001 m). Scary. You don’t see it, but people could transmit it – invisibly too.”
https://www.globalresearch.ca/corona-aftermath/5708875
en waaroor hooggeleerde medici nie eers saam stem nie,
https://off-guardian.org/2020/03/24/12-experts-questioning-the-coronavirus-panic/
kyk baie van ons die groter prentjie mis. Cui bono?, moet die vraag wees!
Wie in God glo, weet dat niks op aarde toevallig gebeur nie. Alles wat gebeur, ook die slegte, is gewil. In die geval van die Korona-virus (of dan Covid-19), is dit deur Satan gewil. Satan is owerste van hierdie wêreld (Joh 14:30). God laat hom wel toe om ons aan te val, in hierdie geval deur ‘n virus te gebruik vir sy eie bose planne.Hy sal uiteindelik gestuit word, maar dit sal egter vir ons baie laat in die dag wees, daarvan kan ons reeds op hierdie vroeë stadium seker wees.
BOSE GEESTE AGTER DIE SKERM
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
Ons kyk teen die wêreld rondom ons vas. Dis al wat ons met die oog sien. Die Bybel sê dat daar nog ʼn wêreld is. Dis onsigbaar maar ʼn werklikheid. En vandaar voer die Satan met ʼn leër van bose geeste ʼn geestelike oorlog teen Jesus en die gelowiges. Die uitslag daarvan is egter reeds bekend – Jesus en die gelowiges sal oorwin.
Omdat Satan weet dat hy gaan verloor en saam met sy onheilige leër in die hel gewerp gaan word, probeer hy om soveel as moontlik mense saam met hom hel toe te neem. Vandaar die onsigbare oorlogvoering waarby gelowiges lewenslank betrokke is. God gee egter aan hulle die nodige wapenrusting om enduit suksesvol te veg (Efes.6:10-18).
ANDER STERFTESYFERS...
...LAAT COVID-19 NA 'N KINDERPARTYTJIE LYK
Waarom gaan die wêreld so te kere oor Covid-19 terwyl daar talle ander en duisendmaal meer dodelike oorsake is?
Kom ons kyk na die sterftesyfers van ‘n paar verskillende oorsake vanaf 1 Januarie tot 30 Maart 2020.
COVID-19 35 016
Selfmoord 262 441
Malaria 240 056
Padongelukke 330 367
VIGS 411 415
Kanker 2 009 990
Seisoengebonde griep 118 980
Sigaretrook 1 223 439
Alkohol 612 105
Moeders tydens geboortes 75 645
Oordraagbare siektes 3 177 081
Aborsies 10 402 251
Begryp u nou dat daar ‘n agenda agter die verskyning van en bohaai oor COVID-19 is, een wat wêreldwyd uitgevoer moet word om beheer oor ieder en elk uit te oefen waarvan COVID-19 sover 'n uitstekende oefenlopie was en steeds is? Met hierdie virus het die Wêreld Geldmag bepaal hoeveel mag hy werklik reeds oor verskillende state het sodat sy finale oorname tot 'n Een Wêreldregering foutloos kan verloop.
Maar, Suid-Afrika is nie soos ander lande nie. Die verskeidenheid van volke hier bring telkens verrassings en sal ons hierdie keer ook nie teleur stel nie. God sal hierdie situasie gebruik om ons land weer te reinig van al die onheil en afgode, op sy eie tyd. Wees net geduldig.
DIE BEKER VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Matt. 26:17-30
“Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (:27&28).
Die Here Jesus Christus gee aan sy dissipels die beker met die opdrag om almal daaruit te drink. Hierdie instelling word deur ons Heer en Meester self gegee sodat ons deurgaans daaraan herinner kan word dat ons aan Hom deel het. Ons behoort hierdie beker uit die hand van die Here met dankbaarheid, met nederigheid aan te neem. En ons is terselfdertyd veronderstel om hierdie beker te neem tot nagedagtenis aan Hom. “Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” (:25).
Dit gebeur so maklik dat iets, ja ook selfs die mooiste instellings, vir ons as mense net ‘n gewoonte word. Dit word ‘n gebruik – iets wat ons maar met vasgestelde tydintervalle doen. ‘n Ritueel. Dink maar hoeveel gebede voor ete maar net uit gewoonte gedoen word, omdat mense so grootgeword het.
HET JY GEWEET?
Die geforseerde ophef wat van die Koronavirus se aantal sterftes gemaak word kan ons verstaan want ons weet wat die beweegrede van die wêreldgeldmagte daartoe is – méér geld en totale beheer deur die Een Wêreldregering waarin die individu geen sê oor sy eiendom en lewe sal hê nie.
Ons glo dat die syfers so eerlik as moontlik weergegee word, al is dit nog laer as talle griepvirusse wat ons gereeld tref maar waaroor nooit enige bohaai gemaak word nie.
Wat die verstand egter te bowe gaan, is dat die mens self elke dag talle meer mense laat sterf as wat die virus kan doen. En nou praat ons van aborsies. Maar vóór ons die syfers vergelyk moet ons dalk net gou die ewige argument naamlik of aborsie moord is of nie, uit die weg ruim.
- Het jy geweet die oomblik wat’n vrou en ‘n man met die daad besig is kry die baba alreeds sy/haar samestelling van die kleur van sy/haar oë, sy/haar hare, en die lengte wat die baba eendag gaan wees? Dus, die oomblik wat bevrugting plaasvind is daar reeds deur God ‘n unieke mens geskape.
- Het jy geweet op 18-25 dae na bevrugting begin die hart te klop? Wanneer ‘n volwassene se hart ophou klop word hy dood verklaar - die teenoorgestelde is ook waar: wanneer daar hartklop is, is daar lewe.
WIE IS JESUS? (2)
Ds A.E. van den Berg
2. Jesus is God met mag oor die dood
“...en ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ’n kruishout op te hang. Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het”(Hand.10:39-41).
Het Jesus uit die dood opgestaan soos wat die Skrif en die belydenisskrifte leer of was dit ʼn klug soos ongelowiges en verraderlike teoloë vandag voorgee? Nee, Jesus het wel uit die dood opgestaan. Talle ooggetuies het dit destyds bevestig. Die wonder van sy opstanding uit die dood bevestig sy aanspraak dat Hy waarlik God is. Indien Hy nie uit die dood opgestaan het nie, sou die Christendom moontlik verdwyn het.
COVID-19 SAL ANC SKEUR
Te midde van die Covid-19 paniek-demie is spanning besig om breekpunt binne die ANC te bereik. Alles dui daarop dat die ANC se linkervleuel, aangevoer deur die “melkboer” van die Vrystaat, Ace Magashule, en ondersteun deur COSATU en die SAKP, in die komende dae en maande ‘n staatsgreep binne die ANC gaan probeer uitvoer en moontlik vir Julius Malema gaan betrek. Moet nie verbaas wees as die geniale houtwerk-matrikulant voor die einde van die jaar as nuwe president van die land houtwerk-take uitdeel nie!
Die tafel vir ekonomiese ineenstorting van die land was reeds gedek vóór die Covid-19 gebeure ook ons land ingesluk het. Ons ekonomie was weens wanbestuur, ANC-korrupsie en gewone onbevoegdheid lankal bestem om te sink. Nou is die sneller getrek en is daar net een pad – afwaarts.
Moody's en Fitch het Suid-Afrika se kredietgradering nog 'n “rommelstatus” laer gemaak, met ander woorde, onherstelbaar met net drastiese ingryping wat die situasie kan beredder. En dis juis hierdie ingryping waaroor die breuk binne die ANC gaan kom.
‘N BEKER VAN HEIL...
...OF ‘N BEKER VAN ONHEIL?
Hannes Ollewagen
Matt. 26:17:30
“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (:28).
Daar is ‘n dwaling in ons tyd dat die sterwe van ons dierbare Here Jesus Christus vir elke liewe mens ‘n plek in die hemel verseker het. Die dwaling lê daarin dat elke mens kwansuis gered is omdat Jesus Christus aan die vloekhout gesterf het, ongeag.
Die woorde van ons Verlosser, Jesus Christus, uit Matt. 26:28 stel die volgende baie duidelik:
- Sy bloed is die bloed van die nuwe testament, m.a.w. die bloed van die nuwe verbond;
- Sy bloed word vir baie uitgestort;
- Sy bloed is uitgestort tot vergifnis van sondes.
Wanneer ons kyk na sy bloed wat die nuwe verbond verseël, het ons natuurlik met ‘n ooreenkoms te doen. En in enige ooreenkoms is daar gewoonlik twee partye wat tot die ooreenkoms of die verbond toetree en wilsooreenstemming bereik.
HOOR JY DIE PAASFEESKLOKKE?
Hoor jy die Paasfeesklokke? Hul lui van vroegdag af; hul jubel oor die wêreld: Die Heer is uit die graf! Hy, Christus, die oorwinnaar, is uit die donker uit! Die Heer, die sleuteldraer, sal ook my graf ontsluit.
Hoor jy die Paasfeesklokke? Die Heer het opgestaan! Hy het vir al ons sonde Hom aan die kruis laat slaan. In Hom is nuwe lewe, sy graf is leeg en oop. Hy gaan ons voor – verheerlik – en ons kan op Hom hoop!
Vanoggend sal duisende Afrikaners nie die gebruiklike nagmaal op hierdie Goeie Vrydag gebruik nie, net soos hulle eerskomende Sondag nie kerk toe sal kan gaan nie. Dit gebeur vir die eerste keer in ons volk se geskiedenis in hierdie land. Ons volk is onderwerp aan ‘n goddelose regering wat ons beveel het om in ons huise teen ‘n virus te skuil. Hierdie optrede is ‘n verloëning van God, al wil ons dit nie graag erken nie.
WANNEER DIE VIRUS VERDWYN...
Wanneer die paniek-demie van COVID-19 uitgespeel het sal ons die nuwe wêreld betree wat die Joodse revolusionêres vir ons beplan het. ‘n Wêreld waar ons regte onder ons neuse weggevat is, ons soewereiniteit as volk finaal gestroop is en ons verbondenheid aan ‘n regering wat glo hy het die antwoord vir al ons probleme, ja ook ons bestaansmiddele, bestendig is.
Kom ons kyk vir ‘n oomblik na die regerings van state se planne om geld beskikbaar te stel; sogenaamde stimulus-planne. Regerings vind dit nou goed om skielik geld te druk en word daar selfs van triljoene gepraat.
Gaan lees gerus die volgende twee berigte:
https://www.businessinsider.co.za/business-insider-daily-update-2020-1-60
In laasgenoemde berig word ondermeer die volgende gesê:
COVID-19 – EKONOMIESE OORLOGVOERING (2)
Die vraag moet gevra word: wie en wat sit agter die buitengewone, opgeblaasde media propaganda wat die totale westerse sosio-wêreldekonomie nou op sy knieë dwing; ‘n treurmare vol lyding, sterftes en armoede erger as die Groot Depressie van 1928/1929?
As iemand nog wonder waar die virus sy oorsprong het, hoor dan wat Amerika se Staatssekretaris, Mike Pompeo, kwytgeraak het toe hy op 21 Maart die Amerikaanse volk toegespreek het: “This is not about retribution, we are in a live exercise here…”, menende ‘n militêre oefening, ‘n oorlogspel.
En Donald Trump wat langs Pompeo gestaan het fluister in lg se oor: “You should have let us know”. Dis moeilik om te glo dat Trump nie daarvan geweet het nie; heel moontlik het hy sy gewone narrespel gespeel.
Hierdie militêre oefening het verreikende implikasies; dit is ‘n ekonomiese oorlog wat die hele wêreld kan verander. Feitlik elke land op hierdie planeet is in ‘n grendeltydperk, kwarantyntoepassing, besighede wat gesluit is, die landsburgers onder polisie en militêre beheer met talle gevalle in elke land waar mense aangerand en geboei word indien hulle dit op straat waag – die volkome toepassing van krygswet. Dit is veral erg in Frankryk waar die onbeheerste brutaliteit van polisie onuithoudbaar geword het.
DIE NUWE GROOT DEPRESSIE...
...WAAROM LAAT ONS DIT TOE?
Vir mense wat die moeite doen om wyer te lees as die propaganda van die massamedia was dit van die begin af duidelik dat die Covid-19 “pandemie” ‘n bedrogspul is wat net een doel het, naamlik om die mensdom te verslaaf. Ons loop blindelings in ‘n tragedie in en is klaarblyklik magteloos om iets aan die situasie te doen. Nou sit mense soos gevangenes in hulle eie huise en word verbied om ‘n bestaan te maak. Dis mos absoluut krimineel wat aan ons gedoen word!
Die menings van wetenskaplikes en kenners wat verskil van die hoofstroom-media word eenvoudig nie gepubliseer nie. Dis feitlik krimineel om anders te dink en te praat as wat die regering voorskryf. Daar word op ons gespioeneer en ons word gearresteer. Terwyl ons gesus word dat hulle in ons beste belang optree spreek die feite van presies die teenoorgestelde. Elke dag wat hierdie misdryf teen die mensdom voortduur is ‘n tree nader aan die Nuwe Wêreldorde waarin 1984 van George Orwell se 1984 in 2020 ten volle bewaarheid word.