Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nêrens word ons verbied om te lag of versadig te wees of nuwe besittings by die ou besittings van ons voorvaders te voeg of om wyn te drink nie. Dit is weliswaar so; maar waar daar 'n oorvloed is waarin jy jou aan plesier oorgee en waarin jy kan verswelg, waarin jy jou verstand en hart met die genietinge van hierdie wêreld beskonke kan maak en altyd na nuwes kan hyg – sulke dinge is ver van die regmatige gebruik van die gawes van God.
IN WATTER GROEP IS JY?
Dr Nicholas M Butler, eerstydse President van die Columbia Universiteit het die wêreldpolitiek korrek opgesom toe hy gesê het:
“Die wêreld bestaan uit drie mensegroepe:
- 1.‘n Baie klein groepie wat met opset die dinge laat gebeur wat gebeur;
- 2.‘n Ietwat groter groep wat sien dat daar iets gebeur;
- 3.En die groot massa wat nie agterkom dat daar mense is wat die dinge laat gebeur nie.”
Met die huidige probleme in die wêreld, of dit nou ‘n dreigende 3e wêreldoorlog is, en of dit die Geldmag van die wêreld is wat poog om die hele wêreld met mag onder ‘n Eenwêreld Regering in te trek met pogings soos virusse en entstowwe, daar is nog steeds net hierdie drie groepe mense:
- die wat agter die sluiers werk;
- die wat daarvan bewus is;
- en die wat geen benul het wat aangaan nie.
DIE WÊRELD SE ‘INTELLEKTUELE PROSTITUTE’
Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.
Die stand van die media is in 1914 deur John Swinton, toe hoofredakteur van die New York Times, in ‘n toespraak by die jaarlikse banket van die American Associated Press, so beskryf:
“Van ‘n onafhanklike pers... kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele van julle waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente en vasalle van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons tyd, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne – ons is intellektuele prostitute.”
Dit is duidelik dat sekere persmanne nie baie geneë is met hulle onderdanige posisie nie. Het hulle al ooit gedink watter mag in hulle hande lê om soos een man op te staan vir die waarheid! Natuurlik staan hulle ook onder die mag van geld en is bevrees om hulle werk te verloor, en natuurlik is daar nooit eenheid onder enige groot groep mense nie. So jammer dat hulle nooit eers sal besef dat hulle die mag gehad het om die hele wêreld se “Korona-krisis” te ontbloot vir wat dit werklik is nie, en dat daar geen pandemie sou wees as hulle vir die waarheid sou opstaan nie!
Wat noem John Swinton hulle, homself ingesluit, intellektuele prostitute?
LOS DIE TAAL VAN DIE 'HELLE WAARONDER ONS LY!'
Daar bestaan ‘n sterk band tussen ‘n volk se nasionalisme en sy taalgebruik. Wanneer ‘n volk sy nasionalisme met trots uitleef gebruik hy graag sy taal suiwer.
Verdeeldheid in ons eie volk het dikwels in ons geskiedenis ons taal op meer as een manier skade aangedoen. So is die teenoorgestelde ook waar: wanneer sterk nasionalisme sigbaar was het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. Huidiglik toon ons allesbehalwe 'n sterk nasionalisme en trots op wat ons eie is en kan dit duidelik aan ons taalgebruik gehoor word. Ons staan vandag verdeeld en verskeurd in verskeie kampies net soos ons volksvyande dit beplan het sodat ons geen weerstand kan bied nie terwyl hulle ons land van sy rykdomme stroop en ons volk van sy selfrespek. En sonder volkstrots is daar vir ons geen rede om ons taal te bewaar deur dit suiwer te praat nie want maak dit tog saak? Min wetende dat as ons minstens vir ons taal wou veg, ons dalk ‘n eensgesindheid sou terugwen wat ons die krag en moed sou gee om ook vir ons land te veg.
AS RASSESPOKE OPGEJAAG WORD
Ds. A.E van den Berg
Agterlike rasse vertolk graag die verlede in ʼn vyandige rassepatroon en jaag daarmee rassespoke op soos met die Black Lives Matter-debakel van onlangs. Vooruitstrewende rasse word met hierdie politieke knuppel bygekom om onder andere die onreg van reëls vir blankes en uitsonderings vir swartes te regverdig.
Black Lives Matter is ʼn politieke haatvertoning wat rassepolarisasie die hoogte in laat skiet. Om wetteloses se regte hoog aan te skryf en eerbare burgers in die modderpoel van onregskepping te versmoor, is gif vir goeie rasseverhoudings soos die onreg van regstellinge aksie duidelik blyk te wees.
Hierdie politieke pessiekte laat verdienste tweede viool speel en kundiges die land teen ʼn ontstellende tempo verlaat. Om een ras se lig dood te maak ten einde ʼn ander een s’n beter te laat skyn, maak van ʼn regering ʼn georganiseerde roof-organisasie. Om een ras se geluk op ʼn ander ras se vernietiging te bou, is noodlottig en skakel nooit die lig van ʼn regverdige bedeling aan nie.
Geen regering wat diegene wat hard vir hul voorregte werk en dwing om dit met diegene te deel wat feitlik niks doen nie, moet goeie rasseverhoudingsverwag nie. Selektiewe rassisme is verbloemde rassehaat.
LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van 'n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
GOD IS ‘N LEWENDE WERKLIKHEID
Ds A.E. van den Berg
“Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie – dit is al sy gedagtes!” (Ps.10:4).
Jare gelede sê ʼn man vir ʼn gelowige Skotse myner: “God bestaan nie!” waarop dié antwoord:
“Dit kan nie wees nie!”
“Ek sê jou, God bestaan nie!” sê die ongelowige vererg.
“Wel, ek sê jou, dit kan nie wees nie!” sê die myner driftig.
“Wat maak jou so seker dat God bestaan?” vra die man.
“Ek het vanoggend nog met Hom gepraat” antwoord die gelowige myner.
Waarom het die myner sy geloof in ʼn lewende God so sterk verdedig? Omdat hy ʼn ervaring van God in sy lewe gehad het wat by die ongelowige ontbreek het. God was vir die myner ʼn werklikheid.
“Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien” (Job.42:5).
ONGEREGTIGHEID VOOR GOD NIE VERBORGE
Hannes Ollewagen
Job 31:1-40
“...as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!” (:33&34).
Job raak in die gelese gedeelte ‘n baie belangrike saak aan, naamlik die mens se reaksie teenoor sonde. Job verwys terug na die eerste geskape mens, Adam, en sy reaksie teenoor sonde. Adam het sy sonde, sy ongeregtigheid teenoor God, probeer verberg. Hy het vir God probeer wegkruip en nadat hy nie hierin kon slaag nie het hy sy eie ongeregtigheid agter Eva probeer verberg.
“En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” (Gén. 3:12).
God maan die mens van die vroegste tye af alreeds om nie iets vir Hom te probeer verberg nie. Hy maan die mens daartoe om opreg en eerlik met Hom te wees. En so vermaan Hy die mens om sy ongeregtighede nie te probeer verberg of goed te praat nie, maar om dit voor Hom te bely en dit te laat staan.
DIE OORDEELSDAG-HORLOSIE
Die Bulletin of the Atomic Scientists is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat fokus op drie belangrike punte naamlik kerngevaar, klimaatsveranderinge en ontwrigtende tegnologie. Hulle glo dat hulle ‘n rol kan speel om die negatiewe aspekte in bogenoemde te verander na ‘n positiewe werklikheid.
Die Bulletin of the Atomic Scientists het ‘n oordeelsdag-horlosie. Die horlosie het internasionaal die aanwyser geword van die omvang van wêreldkatastrofes met betrekking tot kernwapens, klimaatsveranderinge en tegnologiese krisisse.
Die organisasie het die horlosie in 1947 die eerste maal ingestel deur dit op sewe minute voor middernag te stel. Middernag is veronderstel om die begin van die Slag van Armageddon en die begin van die einde van die wêreld aan te dui wanneer daar met bloedvergieting, swael, vuur, en sekerlik kernwapens, vernietiging van die aarde sal begin plaasvind.
BEGIN VAN 3e WÊRELDOORLOG?
Wat sal dit verg om die Derde Wêreldoorlog te begin? Iets relatief klein soos die konfiskering van ‘n Voortrekkerwa was die sneller vir ‘n jarelange oorlog – kan mens dan die ernstige kernaanval in Beirut waarin meer as 25 000 mense nou dakloos gelaat is, duisende beseer is en oor ‘n honderd gesterf het, ignoreer of is dit die begin van die Derde Wêreldoorlog, ‘n oorlog waarvan ons weet dat dit ‘n kernoorlog sal wees?
Israel het nou erken dat hy Beirut met’n kernmissiel op 4 Augustus aangeval het. Daarby het infrarooi fotos van twee verskillende kameras die missiel pragtig blootgelê en word al die leuens dat dit bemestingstowwe was wat aan die brand geslaan het daarmee in die kiem gesmoor. Verder kan mens op films wat van die ontploffing geneem is en bietjie stadiger gespeel word, duidelik die sampioenvormige kernwolk wat in die lug vorm sien. Slegs kern kan so ‘n geweldige ontploffing, hoë hitte en koepelwolk meebring.
‘n Generaal in die Libanese Weermag het in ‘n verslag erken dat Israel taktiese kernwapens op die hawe van Beirut afgegooi het. Die rede daarvoor volgens hom, is om die huidige politieke regime ineen te laat stort en president Hesbollah te verwyder, dit terwyl Beirut steeds gebuk gaan onder bomskade deur Israel in 2006. Die mense van Beirut meen self dat hulle nou genoeg gehad het van die lui en korrupte regering – klink baie soos hier in Suid-Afrika...
BILL GATES EN BENDE WIL MENSE UITWIS
Dit was nogal goed om die groot meneer Bill Gates so te sien sukkel om die vrae van ‘n joernalis te antwoord. Met sy gewoonlik gladde bek en vloeiende leuenvloed het hierdie onderhoud ‘n verfrissende moontlikheid vir die waarheid ingehou toe sy hom peper met vrae in verband met die nuwe entstof teen die Koronavirus nadat 100% van die proefkonyne bitter siek geword het tydens die pas afgelope navorsingseksperiment.
Tussen Gates se gestorter het dit duidelik deurgekom dat dit nie juis ‘n probleem is nie want die Food & Drug Administration (FDA) sal sorg dat die dinge regkom. Niemand weet hoe nie maar dit moet net, meen hy, want daar is reeds iets soos 1,6 biljoen verkope in die pyplyn. Hy het egter nie gesê dat daar nog navorsing gedoen sal word nie en het dit laat klink of die biljoene eenhede entstof reeds vervaardig is. Ons kan aanneem dat dit reeds begin versprei word. Ook Suid-Afrika staan in die ry vir die aankoop van miljoene eenhede entstof volgens die minister van Siektes...
Maar wat Gates nie vertel het nie is die interessante geskiedenis van navorsing vir ‘n teenmiddel vir die Koronavirus. Ons moet onthou daar is meer as een tipe Koronavirus, selfs die gewone verkouevirus is ‘n Koronavirus. En hierdie virus pla die mensdom al vir baie dekades. Daarom is daar jare lank al navorsingsprojekte om ‘n teenmiddel daarvoor te ontwikkel.
GEHEIME HEERSERS (2 - SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Geheime heersers
Soos reeds gesê, het die publikasie van die "Protokolle" in Engeland wêreldwye belangstelling ontlok. Vanaf daardie tyd (1920) is dit skaars moontlik om Joodse sake in die openbaar saaklik te bespreek sonder om jou bloot te stel aan 'n georkestreerde beswadderingskampanje waarin 'n mens belaster word met so baie effektiewe skeldname soos anti-Semiet, Jodehater, Nazi of Fascis. Douglas Reed skryf daaroor (bl.212): "Aan die begin was die besprekings nog vry en lewendig maar in later jare het die aanvalle so hewig geraak dat dit gelykstaande aan hoogverraad was om net daaroor te praat en vandag is daar skaars enige bekende publieke persoon of geskrif wat dit durf waag om die 'Protokolle" te noem sonder om hulle as "vervals" of "skandelik" te bestempel ('n onderwerpingsdaad wat in die dokument self voorspel word)."
GEHEIME HEERSERS
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Geheime heersers
"Die wêreld word deur heeltemal ander vooraanstaande mense regeer as wat 'n mens dink, as jy nie agter die skerms kan inkyk nie." – Benjamin Disraeli, Britse staatsman (1804-1881)
Ongeveer 200 jaar gelede het die politieke strukture van die Westerse beskawing onder die invloed van liberale kragte begin vloeibaar raak en toe verander. Die resultaat van hierdie verandering was die sogenaamde demokratiese regeringsvorms, waarin (minstens teoreties) die mag moes uitgaan "van die volk."
'n Mens kan natuurlik oor die voor- en nadele van demokratiese regeringsvorms verskillende opinies daarop nahou, maar wat in elk geval vasstaan, is dat onvoorspelbare moontlikhede daardeur geskep is om draers van politieke beslissings, wat dikwels net enkele jare die mag in hande het, te beïnvloed en te kontroleer. Die deure is wyd oopgemaak vir die moontlikheid van korrupsie, afpersing, baantjies vir boeties en magsgierigheid.
Vir baie politici beteken demokrasie byna altyd ook gebruikmaking van 'n kort, kosbare tydjie by die middels tot magsuitoefening en by die staatsmiljoene van die belastingsbetalers. 'n Mens kry dan reise en spyse verniet, skenk "ontwikkelingshulp"-miljoene aan Swart despote en korrupte generaals, laat jou deur die massastroom meevoer en bied aan die volk so veel "brood en sirkusse" tot die staatskas leeg is. Die hoofsaak is dat jy weer die verkiesing wen.
‘N SAGMOEDIGE KONING
Hannes Ollewagen
Matt. 21:1-11
“Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.” (:5).
Onse Here Jesus Christus stel vir ons so ‘n wonderlike voorbeeld met sy intog in Jerusalem. Sy nederigheid en sagmoedigheid raak ‘n mens diep. Hy wat die Seun van God, die Allerhoogste van die heelal is, verhef Homself nie by elke geleentheid wat hom voordoen nie. Nee, op nederige en sagmoedige wyse ry Hy Jerusalem op die rug van ‘n esel binne om hiermee die woorde van die profeet Sagaria in vervulling te bring.
“VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.” (Sag. 9:9).
DOODSTRAF IS SKRIF- GEFUNDEERD
Ons het die afgelope week kennis geneem van nog ‘n plaasmoord op Hartswater waar drie Blankes letterlik uit hulle huis ontvoer en op ‘n ander plek gemartel en vermoor is. Ons het ook gesien hoe die inwoners van Hartswater tydens protes aandring dat die doodstraf teruggebring moet word. Die Bybel is duidelik oor hierdie saak en ons kan op verskeie plekke lees dat die doodstraf geregverdig is vir dade soos hierbo.
Selfs oor minder enstige dade word die dood van die misdadiger nie as ‘n sonde beskou nie. So lees ons in Exodus 22:2 dat ‘n dief dalk die gevolge van sy dade met die dood kan dra:
“As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie.” – Ex 22:2
Wat het die moordenaars in Hartswater met die slagoffers gedoen? Hulle het die drie Blankes letterlik uit hulle huis gesteel. Dit was diefstal. Sou die boer paraat was en die inbrekers doodgeskiet het, het hy heeltemal geregverdig opgetree volgens die Woord van God. En noudat die inbrekers ook moordenaars is behoort daar net een straf te wees: die doodstraf. Maar lewenslange gevangenisstraf word beskou as 'n mensliewender soort straf as die doodsvonnis. Of lewenslange gevangenisstraf in die oorvol en sindikaatbeheerde Suid-Afrikaanse tronke werklik mensliewender as die doodstraf is, is egter 'n debatteerbare punt.
SIGARETTE MAAK DIE REGERING VET...
Het u al gewonder waarom die ANC-regering so gemaklik voortgaan om die verkoop van sigarette te verbied ten spyte daarvan dat hulle miljarde rand aan belasting daarop verloor? Kom ons kyk wat agter hierdie bravade sit.
Wat is meer voordelig as die smokkel van kokaïen, heroïen, dagga of selfs wapens? Sigarette! Nie net vir die regering nie maar ook vir sekere tabakmaatskappye. Vir baie jare reeds is hierdie tabakbase met smokkelhandel besig want daarmee maak hulle groot geld. Nou het die virus-kabaal die ideale geleentheid geskep om dit grootskaals te doen.
Een manier om nog groter winste te maak is die verkoop van ‘nagemaakte’ sigarette. ‘n Nagemaakte sigaret word baie goedkoper vervaardig omdat dit uit ‘n spul gemors gemaak word. Die Internasionale Kamer van Handel het al bestanddele daarin gevind wat wissel van dooie vlieë en muf tot menslike afval. Dit bevat ook ‘n baie hoër dosis van die wettige giftige bestanddele.
VERRADER MONSTER, VLOEK DER AARDE!
Ons het die afgelope tyd weer gesien hoe verraaiers lyk toe die sportmanne een vir een op hul een knieg in aanbiddende ootmoed namens die ‘arme swart lydendes’ van Black Lives Matter (BLM) gaan staan het. Ons moet dalk net eers die definisie van ‘n verraaier duidelik maak: dit is iemand wat aan jóu volk behoort. Wanneer hy aan ‘n ander volk of ras behoort is hy met optrede soos die ondersteuners van BLM, jou volksvyand. Ons het dus die afgelope weke behoorlik kennis geneem van volksvyande en volksverraaiers, ewe gevaarlik, alhoewel ons die vyand ken en sy optrede verwag, maar wanneer jou eie volksgenote jou volk verraai kom dit telkens weer as ‘n skokkende ervaring. Seker daarom dat die land vol manne is wat hulle rugby- en kriekettruie opgeskeur en in die straat gaan hang het vir almal om te sien hoe hulle oor die ‘sporthelde’ voel. En dit is ‘n goeie ding, dié oë wat oopgegaan het sodat daar moontlik in die toekoms nie meer ‘n afgod van die sport in ons land gemaak sal word nie – juis die ding wat ons volksvyande gebruik om ons volksgenote besig te hou terwyl hulle op die werklike oorlogsveld ons ondergang bewerk.
Verraaiers was nog altyd met ons.
AS KERKE HUL GREEP VERLOOR
Ds. A.E van den Berg
Ná die onbesonne prysgawe van staatkundige mag in 1994 het volksgenote al hoe meer begin verwêrelds. Na die versaking van die Christelike grondwet in 1996 het Suid-Afrika formeel-grondwetlik 'n wêreldlike staat geword waarna die beoefening van Christengodsdiens in openbare ruimtes feitlik tot stilstand gekom het. Min openbare vergaderings is daarna weens die teenwoordigheid van heidene met Skriflesing en gebed geopen.
Die chaos en ontwrigting wat die skrikbewind daarna veroorsaak het,het die meeste hoofstroomkerke ernstig geskaad. Duisende lidmate het hul kerklike bande weens hierdie kerke se gebrek aan profetiese visie verbreek en het die behoefte om ʼn lidmaat te wees, gekwyn en ʼn gevoelige funksieverlies vir kerke beteken. Mense het gevra waarvoor kerke nog daar is. Dis nie die enigste plek vir 'n ontmoeting met God nie. Daar is ook geestelike vervulling buite die kerk.
DIE ROOI WÊRELDPARLEMENT (SLOT)
Lees reeks by Die Rooi Wêreldparlement
Klaus Dieter Vaqué
Reeds in 1985 het 17 onderkomitees van die VVO hulle besig gehou met anti-Suid-Afrikaanse programme; dit het die Wêreldorganisasie (en dus eintlik die belastingbetalers van die Weste) in die jare 1984/1985 glo 41 miljoen dollar gekos.66
Volgens die "S.A. Observer" van Julie 1987 het die aktiwiteite van die VVO toe toegeneem tot 120 "anti-apartheid"-komitees en -onderkomitees, wie se invloed in elke hoekie van die wêreld merkbaar word.
VVO-geld gaan buitendien ook direk na sulke vyande van die land soos die "African National Congress" (ANC), 'n bommeplantende, Marxisties-gedomineerde terreurorganisasie, wie se bestaan deur die VVO as ordentlike politieke organisasie ten volle erken word. Daarby kom nog 25 internasionale radiostasies, wat dag na dag haatpropaganda teen Suid-Afrika uitsaai.
GEVOELSGODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“...want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede , en hul oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4)
Dwaalleer trek tans soos ʼn plaag deur ons land en laat duisende volksgenote geestelik ontspoor. Gevoelsgodsdienste staan hier kop en skouers uit. Wat hulle so gevaarlik maak, is hul nadruk op geestelike ervarings, iets wat vir hulle belangriker as Bybelse waarhede is. Baie mense verlaat die gesonde leer vir hierdie leuen. Hierdie kerke bars uit hul nate van die geld wat hulle dikwels op bedenklike wyse van lidmate afpers. Daarmee word groot kerksentrums gebou en leef baie van die leraars uitspatting.
Gevoelsgodsdienste verskil wesenlik niks van kultusse nie. Die manier waarop die predikers mense met emosionele prediking betower, stem met dié van kultusleiers ooreen. Hulle word as gesante van God beskou wat gelowiges na iets nuuts moet lei - die sg.volheid van die koninkryk van God op aarde.
DIE LOF EN EER WAT HOM TOEKOM
Hannes Ollewagen
1 Kron. 29:10-30
“Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.” (:11-13).
Koning Dawid, ‘n man wat onder sy tydgenote uitgestaan het. Hy was ‘n bekende naam in sy tyd. Koning Dawid, ‘n magtige heerser, ‘n groot koning oor ‘n groot volk. En wat hierdie man in die oë van God nog groter gemaak het, was juis sy nederigheid voor God. Ons lees in hierdie gedeelte hoedat hierdie groot, suksesvolle, roemryke koning aan die einde van sy lewe en regering die lof en eer van sy oorwinnings en prestasie voor die Here lê. Hy roem nie in sy eie krag, grootheid, vernuf of vermoë nie, maar erken dat hy hierdie dinge uit die Hand van God ontvang het. En God het hierdie man vir sy nederigheid liefgehad. God het ‘n afkeer in eiewaan, hoogmoed en ‘n mens wat in homself roem.