Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer jy siek is, is jou hele menswees siek, ook jou verstand, jou emosies en jou gees. As jy na die Here vra wanneer jy siek is kan jy seker wees dat Hy nooit ver van jou af is nie. Skep moed, vra God wat sy doel met jou lyding is, en jy sal nuwe sin in die lewe vind as gevolg van hierdie moeilike tyd.
GEHEIM VAN SUKSES
Ons leef net een maal op die aarde en is dit derhalwe belangrik om suksesvol te wees. Sukses is geen kitsgeluk nie en gevolglik nooit teen winskooppryse beskikbaar nie. Dis ʼn vrug wat stadig ryp word, ʼn reis en nie ʼn eindbestemming nie. Om hierdie reis te begin, moet ʼn mens die eerste tree gee en dan aanhou loop.
Sukses het hoë standaarde wat nie verlaag word om mense tegemoet te kom nie. Mense moet daarheen opklim. Die hysbak na sukses is altyd buite werking. Trappe moet geklim word; een op ʼn slag en nie met hande in die broeksak nie.
Die sonskyn van sukses is egter nooit sonder wolke nie en word sukses dikwels deur mislukkings vooraf gegaan.
GEEN HULDEBLYK VIR 'N TERRORIS
DENIS GOLDBERG
Dit gebeur maar selde dat ʼn landsvlag vir ʼn oorledene halfmas gehang word en dis gewoonlik net vir uitsonderlike mense. Ongelukkig het dit ook ongure karakters soos Denis Goldberg te beurt geval wat op 29 April 2020 oorlede is. Die reënboognasievlag is vir vier dae halfmas gehang.
In April 1963 het die polisie ‘n klomp terroriste en samesweerders waaronder Goldberg, by ‘n huis in Rivonia in hegtenis geneem op twee aanklagte van sabotasie.
In die klagstaat word ook die name genoem van mense wat met die beskuldigdes saamgewerk het maar nie voor die hof verskyn nie. Arthur Goldreich en Harold Wolpe is twee van die sogenoemde samesweerders. Hulle sou saam met Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Kathrada, Bernstein en Mhlaba, lede van die Umkhonto We Sizwe se "National High Command”, die Opperbevel, gewees het.
MAGMISBRUIK BRING OPSTAND!
Dit is duidelik Ramaphosa het tans beheer aan sy ministers oorgelaat terwyl sy volle aandag nou by die implimentering van die Een Wêreldorde in Suid-Afrika is, soos in sy toespraak op You Tube gehoor kan word by die skakel https://youtu.be/WryOfFx57e0
En natuurlik is een na die ander van hierdie ministers nou besig om hulle mag te misbruik. Covid-19 het ‘n heerlike skuiwergat geword vir die eens non-entiteite om nou hul goedgevonde magsposisies aan te wend om beter oor hulle eie onvermoëns te voel. Dit is ook so dat sulke persone nie in staat is om te besef dat ander dwarsdeur hul fasade sien nie.
Neem byvoorbeeld Bheki Cele, die ANC se minister van Polisie, wat besluit het dat die polisie en nie die howe nie, tussen reg en verkeerd sal oordeel.
U sal onthou dat Cele nog deur Jacob Zuma as polisie-kommissaris aangestel is, waarna Cele baie vinnig aan homself die titel Generaal toegeken het, dadelik die ou militêre range in die polisie infaseer het en die polisie aangesê het om “dodelik op te tree wanneer nodig.”
KAN AMERIKA SINK?
Gaan die virus Amerika op sy knieë bring?
Teen 30 April 2020 het die Covid-19 virus reeds 61 500 Amerikaner s se sterftes veroorsaak. Dis nou as mens in aanmerking neem dat derduisende sterfgevalle aan die virus toegeskryf word wat beslis nie die geval was nie. Hoe dit ookal sy, Amerika het ook hier die “wêreldleier”geword, iets wat hy nie werklik wou wees nie.
Dit het ook die ergste ekonomiese insinking in Amerika veroorsaak sedert die Groot Depressie bykans 90 jaar gelede. Trouens, meer as 30 miljoen Amerikaners is reeds binne net 6 weke werkloos en die einde is nog nie in sig nie.
Die Spaanse Griep van 100 jaar gelede het 500 miljoen mense getref en tussen 20 en 50 miljoen sterftes veroorsaak waarvan 675 000 Amerikaners. Volgens Roger McGrath van Chronicles:
“Adjusting for the difference in the size of the American population then and now, that number will be equivalent to two million deaths today.”
WANDEL MET GOD (1)
Ds A.E. van den Berg
1. Maak vrede met God
Miga 6:1-8
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (vers 8).
Die Bybel maak dikwels melding van mense wat ʼn besondere verhouding met God gehad het omdat hulle baie na aan Hom geleef het. Hulle verhouding met die Here word as ʼn wandel met God beskryf. Wat was hulle geheim? Hoe kon hulle so naby aan God leef? Enersyds omdat die Heilige Gees kragtig in hulle gewerk het om God op ʼn baie besondere wyse te volg. Andersyds was dit ʼn wilsbesluit. Elkeen van hulle het bewustelik gekies om God so te volg.
‘Ν BETROUBARE MAN
Hannes Ollewagen
Spr. 28:1-28
“’n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.” (:20).
Hoeveel betroubare mense ken u? Dit is eintlik skrikwekkend, né? Wanneer u op hierdie oomblik dink aan al die honderde, dalk duisende mense met wie u bekend is en hoe min name na vore kom wanneer u na ‘n betroubare karakter moet wys.
Wanneer ek hoor van betroubaarheid, van getrouheid, is die bekende gesegde van CJ Langenhoven dikwels in my gedagtes:
“Gee my ‘n man wat sê wat waar is as die duiwel daar is; wat doen wat reg is as die regter weg is; wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry.”
Hierdie tipe mense is yl gesaai. En dit is juis hierdie soort manne, betroubare manne wat ‘n volk nodig het om hom stewig te anker. Dit is betroubare manne wat in ‘n volkshuishouding ‘n goeie voorbeeld stel en sterk leiding neem.
VIRUS NIE DIE PROBLEEM...
... DIE MAGTE AGTER DIE VIRUS WEL.
Met Donald Trump se uitlating dat die Covid-19 virus sy ontstaan in’n laboratorium in Wuhan, Sjina het, beweeg ons dalk nou nader aan die waarheid. Maar dalk is die volle waarheid dat dit wel in ‘n laboratorium sy ontstaan het, maar afkomstig uit die VSA! Hopelik sal die “volle” waarheid wel aan die lig gebring word in die maande en jare wat voor ons lê.
Intussen sal die hoofstroom-media in die westerse wêreld uiteraard vir Sjina blameer. Die virus sou daar ontstaan het, hulle het versuim om die WHO betyds in kennis te stel, hulle weerhou die feite, ensomeer. Maar wat indien dit juis Amerika is wat die outeur (ontwerper) van die virus was? Wat Sjina (wat Amerika as ekonomiese reus onttroon het) op sy knieë wou bring en toe so bietjie nalatig was in die proses? U weet, die boemerang-effek…
Een kommentator het dit baie goed opgesom:
NET SOMMIGES KAN SAAMSTAAN
Ons hoor die afgelope tyd knaend hoe Zorro Ramaphosa en sy bendelede beklemtoon hoe ons tydens hierdie virus-sage “almal moet saamstaan” te midde van die mees absurde maatreëls wat nou een vir een die lig sien. Of sy “Skop-en-Donnerbende” hiermee saamstem is te betwyfel. Ramaphosa se redes daarvoor en sy perspektief daaroor verskil natuurlik ook hemelsbreed van dié van u wat nou hier lees maar daar is tog sekere mense wat weet wat werklike saamstaan beteken. Ons kan iets leer uit sommige Amerikaners se reaksie op belaglike maatreëls spruitende uit die virus-sage. Lees wat skryf ‘n raadslid van Michigan:
“Kwarantyn is wanneer siek mense se bewegings ingeperk word. Tirannie is wanneer gesonde mense se beweging ingeperk word. Alle mense met verstand weet dat daar sosiale afstand in hierdie tyd moet wees maar ons het nie nodig om soos in ‘n tronk te leef nie.” - Meshawn Maddock, Michigan Konserwatiewe Koalisie, VSA.
Die gort is goed gaar in Michigan waar massas protesteerders, hoofsaaklik blankes en sommige selfs gewapen, ‘n 2e keer na die hoofstad Lansing opgeruk het om hulle goewerneur Gretchen Whitmer te spreek nadat sy verlede week ‘n 15 dae verlenging van die grendeltyd aangekondig het.
AS JOU SKADUWEE JOU VERLAAT
Beproewing bring genesing
Ds A.E. van den Berg
“Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my” (Ps.23:4).
Skaduwees verdwyn met die donker en keer met die lig terug. Dis ook hoe dit in die lewe gaan. Die lewe is soos ʼn klavier met wit en swart note; vreugdes en beproewings en beide noodsaaklik vir die musiek van die lewe.
Al kan gelowiges nie altyd keer wat met hulle gebeur nie, kan hulle wel verhoed dat beproewings nie hul geestes gesondheid skaad nie. Christus het immers nie na die aarde gekom om sy kinders se leed weg te neem nie, maar om hul lewens met sy teenwoordigheid te vul. Hy is in die lig sowel as in skaduwees met ons:
“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Mt.28:20).
God beproef dikwels sy kinders om hulle vir groot dinge in die lewe voor te berei. Sommige moet soms eers ʼn laagtepunt in hul lewe bereik voordat hulle ʼn les leer wat hulle andersins nie sou leer nie. Daarom val dinge vir hulle soms eers uitmekaar voordat dit in plek val. Jona is ʼn voorbeeld hiervan. Hy moes byvoorbeeld eers in ʼn groot vis beland voordat hy na God geluister en die heidene na wie God hom getuur het, hul bekeer het:
SWEDE ‘N VOORBEELD VIR ONS
Soms is die beste ding om te doen, om heeltemal niks te doen nie. Neem nou vir Swede waar die regering besluit het om niks toe te grendel nie, veral nie die ekonomie nie! Swede is vir elke land ‘n voorbeeld hoe om ‘n goeddeurdenkte balans te handhaaf. Skole, restourante, winkels en gimnasiums funksioneer soos normaalweg. Terselfdertyd het die regering die bevolking goed ingelig en op hoogte gehou van die werking en risiko’s van Covid-19 waardeur hulle die kans op besmetting tot die minimum beperk sonder dat hulle onder huisarres hoef te wees.
Swede se sterftesyfer is laag in vergelyking met die meeste lande en 99,980% mense het nie gesterf nie. Hiermee bewys hulle dat daar ‘n beter manier is om publieke gesondheidskwessies aan te spreek as om ‘n roekelose polisiestaatbeleid wat die ekonomie onherstelbaar skaad, in te stel.
KEN JOUSELF
Ds A.E. van den Berg
Kennis van jouself is die begin van wysheid en wie homself vind, bly in ʼn huis waarin hy vir die res van jou lewe gelukkig is. God het nie ʼn fout begaan toe Hy jou gemaak het nie. Sien jouself derhalwe soos wat Hy jou sien - ʼn siel met ʼn liggaam en nie ʼn liggaam met ʼn siel nie.
Niemand is soos jy nie en dis juis jou krag. Maak derhalwe vrede met jouself en aanvaar wat jy is asook dit wat jy nooit in die lewe kan wees nie. Wees net jouself. ʼn Oorspronklike dokument is altyd beter as ʼn kopie.
Om jouself te ken, is egter nie maklik nie en by tye selfs ongemaklik. En dis hier waar selfdissipline deurslaggewend is - die vermoë om in rat te bly ongeag omstandighede. Wie in hulself glo, verrig selfs verstommende dade!
AMERIKA EN RUSLAND IN ONRUSLAND
Die geskiedenis tussen die VSA en Rusland spreek van vyandskap en negatiewe aksie. Daarom is die nuwe verwikkelinge wat tot groot dinge kan lei en die hele wêreld kan verander, geen verrassing nie.
Beide Amerika en Rusland betree nou ‘n fase waar hulle nuwe strategiese kernwapens ontwikkel om die ouer stelsels te vervang. Hierdie wapens gaan triljoene dollars kos om te ontwikkel en te vervaardig en sal nog ‘n paar jaar neem om tot die punt te kom waar dit in gebruik geneem sal kan word. Na verwagting sal die voorgenome vyf jaar verlengtyd van New START beide die lande genoeg tyd gee om die behoefte aan ‘n meer gemoderniseerde kernstelsel te verantwoord.
New START (Strategic Arms Reduction Treaty) is ‘n ooreenkoms tussen die VSA en die Russiese Federasie met die formele naam Measures for the Further Reduction and Limitation of Strategic Offensive Arms wat op 8 April 2010 in Praag onderteken is. Die verwagting was dat die ooreenkoms tot minstens Februarie 2021 van krag sou wees. Of dit wel die geval sal wees sal die tyd ons moet leer.
AANGENAME KENNIS...
Johan Hack
‘n Ferm handdruk met skouers gelig, oogkontak en ordentlike bekendstelling soos “Goeiedag, ek is Karel, aangename kennis”, skep ‘n goeie eerste indruk van ‘n persoon.
Wanneer ‘n groep mense bymekaar kom, hoe stel jy jouself voor? Wat ‘lees’ mense in jou bekendstelling?
Hulle gaan na ‘n rukkie se gesprekvoering agterkom watter waardes en norme vir jou belangrik is. Maak jy ‘n positiewe indruk of verval jy in ‘n gesprek met kru taal en grappies oor God?
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;” Ps 1:1
“Moenie dwaal nie; Slegte gesprekke bederf goeie sedes.” 1 Kor. 15:33
Dit is so belangrik vir ons om in vandag se tyd met eensdenkende mense in aanraking te kom, mense met ‘n sterk gevoel van hul nasionaliteit, geloof, taal, kultuur en geskiedenis. Dit skep weer die gevoel van eenheid, broederskap, toekomshoop en trots (nie hoogmoedigheid nie).
COVID-19-FIASKO MISDRYF TEEN MENSDOM
Daarom is dit weer tyd vir ‘n Nuremberg-verhoor!
Die Covid-19-fiasko is 'n misdryf teen die mensdom en daarom 'n internasionale misdryf. Daar sal dringend begin moet word om die outeurs hiervan tot orde te roep want die skade is reeds katastrofaal en word elke dag groter. Daar behoort nou reeds begin te word om 'n gestelde saak voor te berei ingevolge waarvan almal wat hieraan meegedoen het voor die Internasionale Strafhof gedaag behoort te word.
Waarom hierdie stelling? Want die hele sage is beplan, dis nie toevallig nie.
Bill Gates, die WGO, die Wêreld Ekonomiese Forum, Sjina en ander rolspelers sal ondersoek moet word vir die paniek (deur propaganda) wat veroorsaak is gegrond op vals data en die verklaar van 'n voortydige pandemie. Daarby ander rolspelers wat meegewerk het om mense se lewens te verwoes deur hulle die reg op werk te ontsê, een van die mees basiese regte wat mens het, en wat aan jou, jou gesin en jou kinders lewensmiddele daar moet stel om te kan oorleef in hierdie wêreld. En dis maar net een reg wat ontneem is onder omstandighede wat met krygswet vergelyk kan word.
Die skade is feitlik onberekenbaar en dit vergroot daagliks. Kinders se lewens en toekomsverwagtinge is geskaad, mense ly honger, baie sterf, en baie meer vir redes wat met die virus niks te make het nie, wel met die belaglike stappe wat as gevolg daarvan geneem is.
VERSLAWING DEUR 'N VIRUS!
1984… EN 2020
“The old world is dying, and the new world struggles to be born. Now is the time of monsters.” - Antonio Gramsci
Aan die einde van George Orwell se boek, 1984, het slawerny vryheid geword, twee plus twee was gelyk aan vyf en Winston Smith is lief vir Big Brother. In ons eie land is ons nou self in ‘n toestand van slawerny, maar as mens so om jou kyk lyk dit of hierdie toestand baie meer geniet word as werklike volksvryheid in ‘n eie land. Die sommetjies tel ook nie meer op nie, maar wie gee om, en o ja, ons is darem so lief vir Cyril en Kolisi en elke volksvreemde “held” wat aan ons gegee word. Alles gratis.
Feit is ons breine is “gespoel”, ons geheues is uitgewis en ons omhels enige narratief wat aan ons opgedis word. Dat dit verslawing is kom nie eers by ons op nie, ons sal dit hewiglik ontken. Verslawing wat stelselmatig afgedwing word in ‘n sielkundige oorlog het presies dieselfde resultaat as verslawing deur ‘n oorlog met wapens en is boonop gevaarliker juis omdat dit na bevryding lyk. Nou het ons verslawing deur ‘n virus. Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar!
BID VIR DIE GEESTELIKE DOOIES IN ONS VOLK
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” Miga 6:8
Die Bybel maak dikwels melding van mense wat ʼn besondere verhouding met God gehad het omdat hulle baie na aan Hom geleef het. Hulle verhouding met die Here word as ʼn wandel met God beskryf. Wat was hulle geheim? Hoe kon hulle so naby aan God leef? Enersyds omdat die Heilige Gees kragtig in hulle gewerk het om God op ʼn baie besondere wyse te volg. Andersyds was dit ʼn wilsbesluit. Elkeen van hulle het bewustelik gekies om God so te volg.
God het ʼn behae in almal wat met Hom wandel. Daarom het Hy deur die eeue mense geroep om op ʼn baie besondere manier met Hom te wandel, veral in moeilike tye soos dié van Miga. Miga tree in ʼn tyd op toe Israel geestelik so veragter het, dat sy kwalik as die uitverkore volk geëien kon word en min van die heidendom verskil! Hosea, ʼn tydgenoot van Miga, skryf van misdaad in Israel wat die hoogte ingeskiet het - bedrog, inbrake en rowers wat mense aanval. Dit klink baie modern!
‘n LEWE SAAM MET CHRISTUS
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:1-11
“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.”
Wat ‘n wonderlike voorreg – ‘n lewe saam met Christus. Ek wonder egter hoeveel mense waarlik in hierdie gawe van God deel . Daar is baie wat weet van, en dalk ook hoop, op ‘n ewige lewe saam met Christus in die hemele. En dit is inderdaad ‘n toekoms waarna gelowiges kan uitsien – ‘n ewige lewe in die heerlikheid van God na ‘n beproewende lewensreis hier op aarde. Dit is egter verkeerd om net daarna uit te sien om eers eendag, nadat ek hier op aarde gesterf het, saam met Christus te leef. Gelowiges in Christus Jesus het die voorreg om alreeds hier op aarde hul lewe in Christus, saam met Hom, te leef. Hy het aan ons immers sy teenwoordigheid tot en met sy wederkoms beloof.
OORLOG KAN TRUMP RED
Soos ons weet is die VSA en Iran al jare lank met ‘n skadu-oorlog besig. Die grootste rede hiervoor is die poging van beide die lande om die sterkste beheer en invloed op die Irakese regering uit te oefen. Amerika is veral onsteld oor die rol wat Iranese militante ondersteuners soos Khaitab Hezbollah speel. Laasgenoemde is verantwoordelik vir ‘n reeks aanvalle op die VSA-basisse in Irak waartydens verskeie Amerikaners gedood en talle gewond is. Dit het Trump natuurlik aangespoor om nog groter militêre operasies op die been te bring om Khaitab Hezbollah te probeer vernietig. Dit sluit moontlik ook aanvalle op Iran in wat kan lei tot die omvergooi van die Iranese regering.
Intussen het die inperking as gevolg van Covid-19 Amerika sleg getref wat die olieprys betref.
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
"Vir sover dit die Afrikanervolk betref, het meeste reeds afgedwaal; is daar dalk aan sommige geen keer meer nie. Hulle is op hulle eie missie. Vir die res van ons in hierdie heidenland is trek dalk nou onmoontlik, maar daar mag dalk ‘n dag aanbreek dat trek nie net noodsaaklik sal wees nie, maar die enigste opsie soos dit was vir die gelowiges van Jerusalem. "
“... en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.” (Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle OuTestamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefus in detail in “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
GENOEG IS GENOEG!
Te midde van klagtes oor die brutaliteit van sommige van die 2,820 reeds ontplooide SA Weermaglede teenoor lede van die publiek, het Cyril Ramaphosa nou opdrag gegee dat daar ‘n bykomende 73,180 Weermaglede ontplooi moet word. Dit sluit in die Staande mag, Bystandsmag en die Reserwe mag. ‘n Reserwe mag bestaan uit gewone burgers wat hulself in tyd van oorlog beskikbaar stel om saam met die Weermaglede te veg en word in Wikipedia soos volg beskryf:
A military reserve force is a military organization composed of citizen-soldiers of a country who combine a military role or career with a civilian career. ... The existence of reserve forces allows a nation to reduce its peacetime military expenditures while maintaining a force prepared for war.
Die Weermag is reeds besig om veldhospitale en mobiele lykshuise gereed te maak onder die skyn van bystandhulp met Covid-19 se gevolge. Die werklike rede kan egter niks anders wees as dat daar ‘n groot vrees by die regering bestaan dat mense in massas teen die geforseerde grendelregulasies in opstand gaan kom nie. Dat hierdie magte gereed maak om tot minstens 26 Junie ontplooi te bly spreek boekdele van die regering se planne. Indien daar nog beskikbare Weermaglede sou wees, wat daar nie is nie, sou Ramaphosa hulle sekerlik ook laat ontplooi het.