Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om dood te gaan is nie 'n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns, die beste kry dit nie goed reg nie, sê onse Neelsie. Langenhoven se siening oor hoe moeilik dit is om nie 'n nuttelose lewe te lei nie laat mens onthou hoe die Psalmdigter bid: Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Om u bevele uit te voer is my hele lewe. Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.' Ps 119.
DIE PERS, SOOS DIT VANDAG...
... misbruik word, is om die volke vir oorname sag te maak, sodat fisiese botsing tot die minimum beperk kan word. Moderne oorlog word met die verstand en oneerlikheid gevoer. As 'n volk oor 'n lang tydperk oordeelkundig ondermyn kan word, is die oorwinning verseker. 'n Ontmoedigde, verwarde en skuldbewuste volk bied maar swak weerstand - JOSEF IRSIGLER
NAPOLEON HET BY GELEENTHEID...
...gesê dat hy liewer voor 'n duisend bajonette as voor vier vyandiggesinde nuusblaaie staan. In die lig van wat die pers reeds sedert sy dae aangevang en bereik het, is sy opmerking vir hierdie eeu sag gestel - JOSEF IRSIGLER
VANDAG IS ONS OPGESAAL...
... met 'n verwarde en ontwortelde massa mense wat deur die media tot 'n ellendige sedelike verval gebring is. Geestelik het die groot Towerlamp die mens verarm, sy lus vir ondeug en verwording geprikkel, sy intellek en instink benewel, die voortreflikheid van materialisme besing en hopeloosheid en wanhoop ontketen - JOSEF IRSIGLER
DIE MEDIA IS EEN VAN DIE DROEWIGSTE...
... moderne voorbeelde van 'n potensiële mag ten goede, wat vir die bose aangewend word. Die wagwoord van sommige koerante mag wel wees: ‘Watter dinge ook al oneerbaar is, water dinge onrein, watter dinge lelik, bepeins dit’. – W D CHALMERS
DIE TOWERLAMP...
...het 'n skemerwêreld geskep waarin die grense tussen werklikheid en fantasie in die skadu’s verlore geraak het. Ons begrip van die wêreld en die gebeure van ons dag, ons idees, verwagtinge en aspirasies, ons verontwaardiging en ons haat, ons meegevoel word vir ons gevorm en gefatsoeneer deur die vier dele van die diaboliese masjien — die pers, film, radio en televisie - RICHARD WEAVER
ONS WORD DEUR DIE PERS...
...duisende brokkies inligting gevoer, party waar, ander vals, sommige ter sake, ander nie, party bevestigend, ander ontkennend. Geen duidelike patroon verskyn uit die mosaïek nie, sodat die gewone man sy skouers optrek en ophou om die wêreldsituasie te probeer verstaan. So word die politiek vir hom iets vreemds, so ook die ekonomie en die buitelandse beleid. Daarom wend hy hom liewer na die sportverslae of bespiegelings oor foto's van die vroueliggaam - JOSEF IRSIGLER
‘N DEPARTEMENT VAN MISLEIDING (Disinformation) ...
...bestaan in baie lande. Sy funksie is die doelbewuste verspreiding van vals gegewens, misleidende inligting, gerugte en botsende verslae. Die benaming is eg, nie satiries nie en getuig van die versiendheid van George Orwell wat in sy boek 1984 'n "dubbelprater" en 'n Vredesdepartement insluit om oorlog te hanteer - JOSEF IRSIGLER
DAAR IS NIE SO DING...
...soos 'n onafhanklike pers nie. . . nie een van ons kan dit waag om 'n eerlike mening te uiter nie. Dis 'n joernalis se plig om te lieg, verguis, om bek te lek en stert te swaai aan Mammon se voete. . . ons is marionette. . . hierdie manne trek die toutjies en ons dans. . . ons is intellektuele prostitute - John Swinton
AS ENIGIEMAND DAARAAN TWYFEL...
...dat die pers wêreldwyd beheer word, moet hy kan verduidelik hoe 'n onbekende figuur soos Steve Biko 'n wêreldbekende martelaar kon word en hoe die aangehitste verontwaardigingskrete nie gehoor word wanneer die kommuniste 'n kwartmiljoen mense in Kambodja vermoor nie - JOSEF IRSIGLER
PERSVRYHEID BETEKEN...
...vryheid om te verdraai, om te lieg, om feite te verberg, vryheid om te beswadder, om te skimp, inbreuk te maak op leed en privaatheid en vryheid om te verwar. - Prof Richard Weaver
Soos daar ook nou rondom die virus-sage gedoen word.
SINNELOOSHEID ONS REDDING
'n Mens kry al ‘n al meer opgewonde gevoel as mens lees van die sinnelose uitsprake en dade van die huidige regime; hierdie keer alweer minister Patel. As dit nie die ban op die verkoop van warm voedsel is nie, is dit voorskrifte oor watter klere verkoop mag word maar die ergste is hoe dit gedra moet word! Ja, nie soos jy wil nie anders mag jy dit nie koop nie. Dis reg, die persoon by die kasregister gaan mos weet hoe jy dit dra en dan vir jou sê: “Nee, jy mag nie hierdie T-hemp koop nie want ek weet jy gaan dit nie onder ‘n langmou baadjie dra nie”. En vir jou vriendin gaan sy sê: “Ja, jy mag hierdie stywe langbroek koop want ek weet mos jy sal dit saam met winterstewels en langkouse dra.” En onthou, as jy nie toegesluit wil word nie, sorg dat jy nie in jou plakkies of sandale gaan inkopies doen nie; trek aan jou toe skoene!
Laat ons net eers die betekenis van ‘sinneloos’ duidelik onderskei van die begrip ‘sinloos’. Laasgenoemde beteken dat iets nie sin het nie, dat dit nie die moeitewerd is om aan te pak te nie, iets wat sinloos is, kan net sowel gelos word want dit mors tyd. Maar...
‘Sinneloos’: die bekende uitdrukking lui: is jy by jou volle sinne? Of as jy nie by jou volle sinne is nie, dan is jy van jou sinne beroof; dit beteken jy is nie by jou volle verstand nie menende dat jy dinge kan doen of kwytraak wat grens aan kranksinnigheid. Maar dit daargelaat...
Kom ons keer terug na die blydskap waarmee 'n mens hierdie sinnelose aankondigings aanhoor:
VREDE-MAKERS, VERBEEL JOU!
Daar is meesal 'n tikkie humor in elke gebeure: Die North Coast Courier, die Natalse koerant wat berig oor die opspraakwekkende video waartydens maskerlose swart offisiere van die metro-polisie mense in Ballito hardhandig in hegtenis geneem het, noem hulle "peace officers". Verbeel jou!
Terloops, die wet is reeds in die Gazette gepubliseer: Dit is 'n kriminele oortreding om sonder 'n masker in publieke plekke te wees; Seksies 6(1)(b) asook 5(4) sê indien jy gevang word kan jy R20 000 of 6 maande tronkstraf of beide opgelê word. Die "peace officers" sonder maskers is op film vasgelê. Nou wat nou?
WIE MAAK ONS GELD? (8)
>
>>>
Ons vra verskoning dat die opvolg van Wie Maak Ons Geld vanaf hoofstuk 8 nie geplaas is nie. Hierdie reeks is juis in hierdie tyd waar die Internasionale Geldmag en sy seekatarms hulle kloue dieper in die wêreld se ekonomieë probeer inslaan, meer aktueel is as ooit tevore. U word aangeraai om die reeks van vooraf te lees om te verstaan wat nou met die sogenaamde dodelike virus/se – daar sal nog kom soos ons vroeër gesê het – en die inperking en ekonomiese verval wêreldwyd as gevolg daarvan, regtig besig is om te gebeur.
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Marten.A. Larson sê: “In die kluise van die New York-tak van die Federale Bank - daar geberg vermoedelik op koste van die Amerikaanse belastingbetalers - lê nagenoeg 18 000 ton stawe goud ter waarde van omtrent $18 biljoen teen $35 per ons ... Niks hiervan behoort aan die Amerikaanse volk of regering nie; dit behoort nie eers aan die Fed nie, dit is eiendom van die vreemde beleggers wat dit teen $35 per ons gekoop het selfs na die werklike waarde daarvan meer as $125 was. Verkoop teen $200, sal dit meer as $100 biljoen inbring (vandag teen $600 meer as drie maal soveel) - ’n meevaller van ongeveer $85 biljoen wat volgens Seksie 895 van ons Binnelandse Belastingskode nie alleen belastingvry is nie maar ook vrygestel van bekendmaking. Dus, wanneer hierdie goud in Amerika herverkoop word, sal nie eers die I.R.S. kan ontdek wie hierdie fantastiese winste gemaak het nie.”
Daar is goeie rede om te glo dat die 18 000 ton goud wat in die kluise v.d. Federale Reserwebank geberg word maar net die spits van die ysberg is. Veel meer sal in die Superbankiers se eie kluise gevind word, in Switserse en ander nasionale banke en in die Rockefeller - Rothschild - Chase - Manhattan - Bank in Moskou. Ons moet ook nuwe skemas soos bankkaarte beëindig wat ontwerp is om privaatbanke te verryk, omdat hulle papier-orders gee as plaasvervangers vir geld, en inflasie aanblaas deur die geldvoorraad te vermeerder.
WANDEL MET GOD (2)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Opreg met God
“Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees” Gen.17:1
Die Bybel praat gereeld van mense wat met God gewandel het. Die eerste een wat vermeld word, is Henog, die vader van Metusalag: “En Henog het met God gewandel en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Gen.5:24). Daarna volg Noag: “Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ʼn regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel” (Gen.6:9). Abraham ontvang selfs ʼn opdrag om met God te wandel (Gen.17:1). Die opdrag om met God te wandel, kom, met geringe verandering, byna 100 keer in die Bybel voor!
DAAR IS VREES, EN DAN IS DAAR VREES
Hannes Ollewagen
Matt. 8:23-27
“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.” (:26).
Ek staan in verwondering oor die wêreld se totale histerie rondom die COVID19 virus. Die oorweldigende vrees wat mense beetpak wanneer hulle met die gedagte van die dood gekonfronteer word. En tot watter opofferings mense bereid sou wees om die realiteit van die dood te probeer ontwyk.
Daar is allerhande teorieë rondom hierdie virus. Hoe dit ook al sy, ons kan verwag dat dit, of dalk eerder die swak hantering hiervan, ‘n aansienlike impak op die samelewing gaan hê. Tewens, dit het alreeds ‘n dramatiese impak op die samelewing. Kinders word verhoed om skool te gaan. Besighede word verhoed om handel te dryf. Mense word belet om eredienste by die kerk by te woon. En u weet van die talle ander beletsels. En al hierdie ontwrigting veroorsaak uit die aard van die saak onsekerheid by mense.
MISLUKKINGS...
... wonde of tatoeëermerke?
Ds A.E. van den Berg
Alhoewel mislukkings nie aangenaam is nie, is dit dikwels baie leersaam. Wonderlike dinge het al op die fondament van mislukkings tot stand gekom; die lont wat iets groots aan die brand gesteek het en derhalwe die eerste stap is na sukses. Mislukking is soms net ʼn tydelike verandering van rigting wat mense op die pad na sukses plaas. As plan A nie werk nie, is daar nog 25 letters van die alfabet oor!
Mislukking is deel van die lewe en die lewe soos om aan ʼn skildery te werk. Alles loop reg tot op ʼn punt, waarna God ʼn streep daardeur trek en dit oorgedoen moet word om nog beter te lyk. Gelowiges misluk ook in tye van geestelike verval omdat daar te veel van hulle en te min van God in hul lewe is.
AS ONS MAAR WEET...
Volgens ‘n onderhoud met Cyril Ramaphosa se twee epidemioloë, die egpaar Karim wat op die raadgewende ministerie dien, sal Covid-19 teen Juliemaand veroorsaak dat ons heelmoontlik na die hoogste vlak van inperking opskuif. Dit kan, volgens hulle, meebring dat Suid-Afrika tot 18 maande in die Covid-19-sage sal meedoen.
Natuurlik sal hierdie winter soos altyd ook ‘n gewone griepseisoen wees waar die aantal sterftes onder persone met swak immuniteit normaalweg jaarliks hoog is. Maar hierdie jaar sal daar nie onderskeid in toetsing tussen Covid-19 en ander griepvirusse gemaak kan word nie want die toetsapparatuur is nie daartoe in staat nie. Dus sal die positiewe toetsingsyfer die hoogte inskiet met “Korona as oorsaak”.
Nie dat die Covid-19-toetsing in enige geval ‘n betroubare toets is nie. President John Magufuli van Tanzania het ‘n goeie sin vir humor en genoeg intelligensie geopenbaar toe hy ‘n aantal toetsapparate ingevoer en verskeie “toetse” laat doen het onder andere op ‘n bok en ‘n papaja. Ja, u het reg gelees, en wie van ons sou nou daaraan gedink het! Die toetse is almal met mensename en ouderdomme benoem en weggestuur vir resultate. Daar is heerlik gelag toe die uitslag arriveer: beide die bok en die papaja se uitslag is positief! Wat sê dit vir ons? Dat die hele toetsding ‘n klug is! Net soos skrywer se swaer met bosluiskoors by die apteek instap, doktersvoorskrif in die hand, voorgekeer word vir ‘n koorstoets en die uitslag negatief is – dié man wat pas uit die dokter se spreekkamer stap met ‘n professionele diagnose van erge koors!
NABYE DOODSERVARINGS
Ds. A.E van den Berg
“Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie” (2 Kor.12:2-4).
Verhale van mense met nabye doodservarings is baie gewild. In 2014 het die film Heaven Is For Real nagenoeg $91miljoen in die VSA ingebring nadat 10 miljoen kopieë van die boek wat in 2010 uitgegee is, verkoop het.
Twee onlangse boeke deur twee dokters se eie ervarings, Proof of Heaven deur dr. Eben Alexander, ʼn neurochirurg, en To Heaven and Back deur Mary Neal, ʼn spinale ortopeed, het bo verwagting verkoop. Daar is ook gevalle van bedrog soos The Boy Who Came Back From Heaven(2010). Die skrywer het later erken dat dit alles verdigsels is.
COVID-19 SE BABA...
...OF WÊRELDGELDMAG S’N?
Onthou u Gelofteland het vroeër geskryf dat daar ‘n opvolgvirus vir Covid-19 sal wees want die Geldmag vereis 65 miljoen sterftes soos hulle verlede jaar Oktober tydens hulle ‘simulasie’ van die proses besluit het net voor hulle Covid-19 vrygestel het? Dalk onthou u ook dat Bill Gates met ‘n glimlag gesê het daar sál nog ‘n virus wees, en dalk nog een...
Nou ja, hier is hy! Covid-19 het glo deur middel van mutasie in ‘n gevaarliker en meer aansteeklike vorm na vore gekom naamlik ‘Spike D614G’.
Dit wil voorkom asof hierdie virus reeds vanaf helfte Februarie in Europa hoogs aktief is en ander virusse binne weke domineer. Daar word sommer ook vroeg in hierdie sage gewaarsku dat Spike D614G meer mutasies en dus nuwe virusse sal voortbring indien dit nie tydens die komende somer in Europa se hittetjies afsterf nie.
GEHEIM VAN SUKSES
Ons leef net een maal op die aarde en is dit derhalwe belangrik om suksesvol te wees. Sukses is geen kitsgeluk nie en gevolglik nooit teen winskooppryse beskikbaar nie. Dis ʼn vrug wat stadig ryp word, ʼn reis en nie ʼn eindbestemming nie. Om hierdie reis te begin, moet ʼn mens die eerste tree gee en dan aanhou loop.
Sukses het hoë standaarde wat nie verlaag word om mense tegemoet te kom nie. Mense moet daarheen opklim. Die hysbak na sukses is altyd buite werking. Trappe moet geklim word; een op ʼn slag en nie met hande in die broeksak nie.
Die sonskyn van sukses is egter nooit sonder wolke nie en word sukses dikwels deur mislukkings vooraf gegaan.