Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As gelowige ervaar ek alles as genade. Dis nie eens asof Christus 'n deur oopgesluit het en ek my hand moet uitsteek en die knop moet draai en ingaan nie. Ek staan alreeds aan die binnekant!
VOLHARD IN DIE WEë VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.” (:2).
Ek en u as Afrikanerkinders is deel van ‘n baie unieke volk aan die suidpunt van Afrika. Ons is deel van ‘n volk in wie se geskiedenis ‘n verhouding met God Drie-enig duidelik sigbaar is. ‘n Volk in wie se geskiedenis die roemryke dade, barmhartigheid en almag van God sigbaar is. Ons is ‘n volk wie se voorsate nie alles reg gedoen het nie, want hulle was ook maar mense. Ons is deel van ‘n volk met individue waarvoor ‘n mens jou behoort te skaam weens hul skandelike optredes en menigmaal veragting en verloëning van die Here. Maar in dieselfde volk was daar mense wie se lewens getuig het van ‘n diepe liefde, ware kennis en nederige ootmoed teenoor God. Diegene wat deur hul Godvresende lewens die barmhartigheid, getrouheid en goedertierenheid van God vir hul nageslagte verwerf het.
“Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9).
WIE IS JESUS? (1)
Ds A.E. van den Berg
1. God met ons
“ Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word”(Joh.3:17).
Ongeveer 700 jaar voor Jesus se geboorte voorspel Jesaja dat Hy uit ʼn maagd gebore sou word (Jes.7:14). Dis in Mt.1:23 vervul:
“Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons” .
Die belangrikste ding om oor Jesus te weet, is dat Hy werklik God is. Toe Hy op die aarde was, het min mense dit aanvaar. Sedertdien het niks verander nie. Jesus het by geleentheid sy dissipels afgesonder om met hulle oor Hom te praat:
“En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filíppi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God” (Mt.16).
As Petrus toe verkeerd was, sou Jesus hom tereggewys het. Maar Hy het nie en Petrus aangeprys. Telkens as Jesus van God as sy Vader gepraat het, het die Jode dit as ʼn gelykstelling met God gesien en Hom verag. Dit het hulle so ontstel, dat hulle besluit het om ter gelegener tyd met Hom weg te doen.
TAAL AS WERKTUIG IN GOD SE HAND
Die vergrieksing van oud-Israel
Ds.A.E van den Berg
Inleiding
Hellenisme is die benaming wat die invloed van die Griekse kultuur op die mense van die Middellandse Seegebiede eeue gelede omskryf. Dis tot in die Ou Nabye Ooste gevoel en het by Alexander die Grote (356-323vC) begin toe hy mag oor Klein Asië, Egipte en etlike gebiede tot by die Indus verkry het.
Hellenisme het die sosiale lewe, politiek, kunste, wetenskap en godsdiens van destyds sterk beïnvloed. Sommige van die onderhorige lande het die Griekse juk met verloop van tyd afgeskud, maar nie Klein Asië, Sirië of Egipte nie. Hul Griekse juk is in die eerste eeu voor Christus met ʼn Romeinse een vervang.
Alhoewel vreemdelinge uit verskeie wêrelddele die Grieke beïnvloed het, het hulle ʼn eie kultuur gehandhaaf wat later sprekend van die Westerse beskawing geword het. Hellenisme is nie oral goed ontvang nie. Die teokratiese Jode het weens hul godsdiensverskille sterk van Hellenisme verskil. Nogtans het die Griekse gedagtegang Judaïsme wel beïnvloed. Dis duidelik aan die Apokriewe wat in Grieks geskryf is te sien.
DIE VIGS/COVID-19-PANDEMIE
Daar word gesê dat persone met onderliggende siektes nie weerstand teen die Covid-19-virus kan bied nie en daarom maklik sterf. MIV-Vigs is ‘n ernstige onderliggende probleem wat ook deur ‘n virus veroorsaak word en die liggaam se immuniteit mettertyd só afbreek dat daar geen weerstand is teen aanslae soos Covid-19 nie. Kom ons kyk na die aantal VIGS-besmettings in ons land en oordeel dan self of u ook glo dat daar binnekort waarskynlik miljoene sterfgevalle agv Covid-19 in Suid-Afrika gaan wees. As mens die Tuberkulose pasiënte hierby insluit sal die uiteinde daarvan ‘n onuitwisbare prentjie in ons geheue laat.
Daar sterf sowat 120 000 mense per jaar aan MIV-Vigs in ons land. Volgens Wikipedia het tussen 12% en 14% van die bevolking MIV-Vigs. Maar In 2010 het ongeveer 280 000 Suid-Afrikaners (2010-projektering) aan vigs gesterf. Tussen 42% en 47% van alle sterftes onder Suid-Afrikaners is vigssterftes. Mens sou graag wou weet wat die persentasie nou tien jaar later is – heel moontlik ‘n verdubbeling of meer van 2010 se syfers, maar in die Nuwe SA raak dit al moeiliker om die nuutste syfers te probeer bekom en sal ons dalk nooit weet nie.
NOOIT WEER NIE?
Van watter waarde is ‘n konstitusionele waarborg as dit sommer so oorboord gegooi word wanneer mense siek is? As dit net so geïgnoreer kan word, is dit NIE ‘n waarborg nie; dit is BEDROG! – Regter Andrew Napolitano, VSA
Hoe het dit gebeur dat ons volk, soos trouens omtrent al die volke in die wêreld, in die bestek van weke hulle vryheid vrywillig prysgegee het? En dit as gevolg van die leuen dat die Covid-19 virus die ergste is wat die mensdom ooit getref het?
Wel, dis eintlik baie maklik om te verklaar. Mense kan nie meer vir hulleself dink nie en het toegelaat dat die massa media (in ons land RSG, Beeld, news24.com en kanaal 144 se nuus op DSTV) vir hulle dink en besluit. Mense het so liggelowig geword dat hulle alles sal glo wat hierdie propaganda aan hulle opdis.
Op 2 April 2020 skryf die skryfster Annelie Botes in Beeld dat sy verstom was om te sien hoeveel mense in Suid-Afrika jaarliks aan tuberkulose (tering) sterf en vra dan die vraag of dit nie ook kwarantyn regverdig nie. Sowat 500 000 kry jaarliks tering in ons land en 89 000 sterf jaarliks. So kan mens dus aantoon dat hierdie virus ook kwarantyn regverdig, en indien nie, regverdig COVID-19 dit ook nie . Tog het almal in die verlede koelkop gebly en voortgegaan met hulle lewens. Gewone waaksaamheid het meestal gesorg dat mense met hulle lewens kon voortgaan.
KYK ONS GOD SE GENADE NOU MIS?
Die allemans godsdiens gevaar
Johan Hack
1 Joh.5: 20,21 “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.”
Daar het onlangs ‘n versoek op sosiale media die rondte gedoen waarin die pous versoek het dat daar ‘n spesifieke tyd opsy gesit word vir gebed deur alle denominasies, selfs ongelowiges. Ons het al gereeld gelees oor die gevaar wat die Rooms Katolieke geloof vir ons as kinders van die Here inhou.
Hier het ons te doen met die Nuwe Wêreld Orde. Die doelstelling daarvan om die Antichris in beheer te kry word bevorder deur die volgende:
- Eenwêreld regering
- Eenwêreld ekonomie
- Eenwêreld godsdiens.
COVID-19 – EKONOMIESE OORLOGVOERING
U sal onthou ons het in ‘n vorige artikel gemeld dat dr Tedros, die direkteur-generaal van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) bekend gemaak het dat daar naastenby twintig farmaseutiese laboratoriums (verspreid oor die wêreld) tans besig is om ‘n entstof teen die Covid-19-vrius te ontwikkel.U sal ook onthou dat daar toe met sekerheid gestel is dat hierdie virus in ‘n hoogsgeheime biologiese oorlogslaboratorium in die VSA ontwikkel is en nie deur die Sjinese soos beweer word, vrygestel is nie maar deur die VSA, en dat Amerikaanse soldate Wuhan besoek en die virus daar vrygestel het.
Nou is die private korporasies koorsagtig in mededinging met mekaar om die eerste te wees om ‘n effektiewe entstof beskikbaar te stel. Hierdie entstof sal gepatenteer word en die ontwikkelaar sal ‘n monopolie daarop hê wat hom ‘n multi trilljoen-doller-inkomste sal besorg. Geen woord kan die chaotiese smag na winsbejag met hierdie poging (wat niks met die bevolkings se gesondheid te make het nie) beskryf. Alles gaan oor geld, honderde biljoene tot triljoene dollers se wins wag vir die farmaseutiese oligargie en hulle bedmaatjies. Daarby sal ‘n geforseerde inentingsprogram bevolkings wêreldwyd se voorland wees en onder polisie en militêre toesig uitgevoer word.
VERDRAAGSAAM- HEID TOPPUNT VAN DWAASHEID
Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is! Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak...
2 Kor 11:19,20
Die menseslagting wat hom in die wêreld gaan afspeel weens die Covid-19 klug – dalk die grootste misdryf wat ooit teen die mensdom gepleeg gaan word – laat mens dink aan Paulus se teregwysing aan die gemeente in Korinte. Sonder verset is die dwaalleraars laat begaan omdat die gemeente gedink het dit is die verstandige ding om te doen. Hierdie verstandigheid was toe al die tyd liggelowigheid. So gesien was die verdraagsaamheid toe veel eerder ‘n bewys van hulle dwaasheid.
As mens sien hoe die Afrikaner die owerheid van die dag gedienstig napraat en selfs met hoë lof, terwyl hulle kennelik nie ‘n idee het wat op hulle wag nie, dan besef mens net weer dat dit ‘n tipiese geval is van tot lof van dwaasheid!
Ons beleef nou krygswet onder die valse voorwendsel dat dit die verspreiding van ‘n virus wat hoogs aansteeklik is sal help bekamp, en vir oues van dae, mense met swak immuniteit en onderliggende mediese toestande, die dood kan beteken.
WAAK EN BID
Hannes Ollewagen
Markus 14:32-42
“Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” (:38).
Die Here Jesus Christus gee in hierdie tyd van sy grootste beproewing hier op aarde aan Sy dissipels die opdrag om teen versoeking te waak. Hy wat die Christus en die Gesalfde van God is, moes in hierdie tyd van sy lewe self ook baie sterk teen versoeking waak. Hy was in ‘n worsteling met God die Vader oor die lyding wat vir Hom voorgelê het. En Hy het teen die versoeking gewaak om nie God se wil te verontagsaam nie.
Wanneer ons sê dat ons teen versoeking moet waak, is dit seker raadsaam om te verstaan wat versoeking is. Is versoeking dinge soos om te steel, valse getuienis van ander te gee en om ‘n ander se eiendom te begeer? Is versoeking net om een van die Tien Gebooie te oortree?
EEN MAAL NIE APARHEID SE SKULD!
Ons weet dat die Wêreldgeldmag reeds eeue lank en deur baie geslagte streef en werk aan hul ideaal om die hele wêreld onder hul beheer te kry in ‘n beheersentrum genaamd die Een Wêreldorde. As Een Wêreldregering lê hul sukses daarin dat die wêreldbevolking moet verminder. Sodoende kan beter beheer oor elke individu uitgeoefen word. Hulle metodes om uiteindelik totale beheer te bekom sluit verskillende werkswyses in, waaronder ook ‘n bio-oorlog teen die mensdom. Verskeie aanslae deur middel van virusse wat hulle in biologiese oorloglaboratoriums kweek is deur die jare geloods waarvan Covid-19 net nog een is.
Die eerste van die twee vlieë wat in een klap raakgeslaan word is die geleidelike vermindering van mense wat te swak is om die aanslae te oorleef. Dit is immers ‘n strewe van die Geldmag om slegs die sterkste en beste gene behoue te laat bly en van swak genetiesbedeelde persone wêreldwyd ontslae te raak.
Die tweede is die ekonomiese verval in wêreldstate sodat die Geldmag hulle eie stelsel daar kan implimenteer.
COVID-19: WAT VOLGENDE?
U sal onthou dat ons hier op Gelofteland al gepraat het oor die ontwikkeling van ‘n entstof teen Covid-19 wat deur die internasionale geldmagte beplan word en hoe hulle dit wil aanwend.
Die inentingsprogram is reeds by Davos tydens die Wêreld Ekonomiese Forum op 21-24 Januarie aangekondig, skaars twee weke nadat die virus deur die Sjinese owerhede op 7 Januarie geïdentifiseer is.
Die leier van hierdie program is die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations (CEPI), ‘n organisasie wat deur die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) en die Bill en Melinda Gates Foundation gefinansier word.
Let op die interessante volgorde van gebeure: die ontwikkeling van die Covid-19 entstof word aangekondig ‘n week vóór die amptelike bekendmaking van ‘n “Worldwide Public Health Emergency” deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie op 30 Januarie toe die aantal positief bevestigde gevalle buite Sjina nog maar 150 was insluitende die 6 in die VSA.
ONS REGTE NUL MET KRYGSWET
NOODTOESTAND EN KRYGSWET IS SINONIEM
Vandag gaan die land se president ‘n belangrike afkondiging maak aangesien ons tans ‘n “state of disaster” beleef, afgekondig na aanleiding van die Covid-19 gebeure. Dit het geskied in terme van die Disaster Management Act. Die president kan ook, in terme van die State of Emergency Act besluit om ‘n noodtoestand af te kondig indien hy van mening sou wees dat die gebeure in die land erger gaan word as wat dit tans is. Na aanleiding van regeringskommentaar dat Covid-19 wel die hoogte gaan inskiet aangesien ons meer as dubbel (gister 240) óór die 100 tal besmetting tel wat na bewering binne 40 dae 1 miljoen sal bereik, kan ons ‘n nasionale afsluit (lock down) verwag saam met, of kort daarna, die afkondig van ‘n krygswet.
In Suid-Afrika sal dit as ‘n “noodtoestand” bekend staan, maar dit is maar net ‘n woord wat dalk beter op die oor val as krygswet, dog dieselfde betekenis het.
Wat is krygswet?
Welcome to Dystopia, a state of emergency – where ‘war is peace, freedom is slavery and ignorance is strength’ – George Orwell
Krygswet beteken basies dat ‘n staat van militêre mag in werking gestel word waar die staat (regering) deur middel van buitengewone magte wat hy vir homself toe-eien, die individu se regte vir alle praktiese doeleindes opskort en die “groter belang” van die gemeenskap voorrang sal geniet. Die veelgeroemde Grondwet met sy handves van regte is dus in sulke omstandighede ondergeskik aan die bepalings wat uitgevaardig word.
GOD IS IN BEHEER
Luister na wat dr Ron Paul, ‘n voomalige kongreslid van die VSA oor Covid-19 te sê het:
“People should ask themselves whether this coronavirus ‘pandemic’ could be a big hoax, with the actual danger of the disease massively exaggerated by those who seek to profit – financially or politically – from the ensuing panic.”
In ‘n vorige artikel is verwys na die uitspraak van president Franklin D. Roosevelt van die VSA:
"The only thing we have to fear is fear itself”,
sy woorde tydens sy inhuldiging in 1933 met die Groot Depressie op sy ergste.
ONS VOLMAAKTE VOORBEELD
Hannes Ollewagen
1 Pet. 2:18-25
“Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;” (:21).
Dit is interessant hoedat Petrus in die gelese gedeelte Christelike diensknegte maan om aan hul here onderdanig en gehoorsaam te wees – selfs wanneer hulle onregverdig behandel word. “DIENSKNEGTE, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.” (:18). Dit blyk ‘n teenstrydigheid te wees met die wese van God. God is dan regverdig. Hoe kan ons vermaan word om onregverdige behandeling te verdra?
Hoe sou ons God se regverdigheid in die marteldood van Jesus Christus verklaar? Was Christus dan nie sondeloos en vlekkeloos voor God nie? Hoe kon God dan toelaat dat Hy tot só ‘n vernederende marteldood gevonnis word? Dit blyk tog ook onregverdig te wees.
COVID-19 SIMPTOME
Alhoewel elke persoon se simptome in ‘n mate sal verskil, is dit tog goed om te weet hoe ander wat die griepvirus opgedoen het, dit ervaar het.
‘n Britse politikus, die 62 jarige Nadine Dorries, en ‘n mediese dokter in Brittanje, die 60 jarige Clare Gerada, het onlangs van die Covid-19 virus herstel. Beide maak daarop aanspraak dat hulle normaalweg fikse en gesonde vroue is.
Nadine vertel dat sy in die begin effens sleg gevoel het maar baie gou koors ontwikkel het. Sy het ook nagtelike sweetsessies deurgeworstel tot op die punt waar sy water uit haar beddegoed kon druk. Haar aanhoudende droë hoes, seer oë, bitter pynlike spiere en lyf het haar laat besef dat sy die virus onder lede het. Nou, na haar herstel, is die hoes nog nie heeltemal oor nie en voel ook haar longe of dit nog nie volkome herstel het nie. Maar, sy is op die pad na volkome herstel.
Dr Clare Gerada het vanaf ‘n konferensie in New York afgekom toe sy baie moeg begin word het. Eers het sy gedink dat dit uitputting agv die vlug was maar kort daarop het sy ‘n koors van 39c gekry en besef dat dit die virus moet wees. Sy het die volgende vyf dae in die bed gebly met koors, ‘n droë hoes, seer keel, erge hoofpyn en spierpyne veral in die bors agv die aanhoudende hoes. Ook het haar eetlus heeltemal verdwyn soos met baie ander pasiënte gebeur het.
MEER OOR COVID-19
HET U GEWEET?
COVID-19 staan vir:
COVI= “CORONA VIRUS”;
D= “DISEASE”;
19= “2019”, die jaar waarin dit na Wuhan geneem en vrygestel is.
Naas die naam het dit ook die beskrywing gekry: AGENDA ID2020 - ID staan vir IDENTITY
Dis ‘n beskrywing van die jaar waarin die plan van die wêreldgeldmag ontplooi sou word.
U mag wonder wat die IDENTITY regtig beteken.
Dit beskryf die doel wat met COVID-19 bereik moet word naamlik om die identiteit van elke individu in die wêreld met ‘n digitale proses oor te neem en te beheer.
Soos Bill Gates self stel:
“Eventually we will have some digital certificates to show who has recovered or been tested recently, or when we have a vaccine, who has received it.”
Hierdie digitale “sertifikaat” sal die skyfie of “chip” wees wat in die menslike liggaam geplant word waarmee die Een-wêreldregering die mensdom sal beheer.
VIRUSSE: LEWENSDUUR OP OPPERVLAKTES
Met die Korona-griepvirus as bedreiging in ons midde is dit nodig om onsself op verskeie wyses te beveilig. Een daarvan is om ingelig te wees oor wat die lewensduur van verskeie virusse op verskillende soorte oppervlaktes is. Hieronder is ‘n tabel wat dit aandui.
Let ook op die afkortings vir virusse en andere hieronder.
| SARS = Severe Acute Respiratory Syndrome; MERS = Middle East Respiratory Syndrome; MHV = mouse hepatitis virus; CCV = canine coronavirus; HCoV = human coronavirus; TGEV = transmissible gastroenteritis virus; RT = room temperature. | ||||||
| Tipe oppervlak | Virus | Stam | Temperatuur | Lewensduur | ||
| Staal | MERS-CoV | HCoV-EMC/2012 | 20°C 30°C |
48 h (uur) 8–24 h |
||
| TGEV | onbekend | 4°C 20°C 40°C |
≥ 28 d 3–28 d 4–96 h |
|||
| MHV | onbekend | 4°C 20°C 40°C |
≥ 28 d 4–28 d 4–96 h |
|||
| HCoV | 229E | 21°C | 5 d | |||
| Aluminium | HCoV | 229E en OC43 | 21°C | 2–8 h | ||
| Metaal | SARS-CoV | P9 | RT | 5 d | ||
| Hout | SARS-CoV | P9 | RT | 4 d | ||
| Papier | SARS-CoV | P9 | RT | 4–5 d | ||
| SARS-CoV | GVU6109 | RT | 24 h 3 h < 5 min |
|||
| Glas | SARS-CoV | P9 | RT | 4 d | ||
| HCoV | 229E | 21°C | 5 d | |||
| Plastiek | SARS-CoV | HKU39849 | 22°-25°C | ≤ 5 d | ||
| MERS-CoV | HCoV-EMC/2012 | 20°C 30°C |
48 h 8–24 h |
|||
| SARS-CoV | P9 | RT | 4 d | |||
| SARS-CoV | FFM1 | RT | 6–9 d | |||
| HCoV | 229E | RT | 2–6 d | |||
| PVC | HCoV | 229E | 21°C | 5 d | ||
| Silikoon rubber | HCoV | 229E | 21°C | 5 d | ||
| Latex | HCoV | 229E en OC43 | 21°C | ≤ 8 h | ||
| Klere | SARS-CoV | GVU6109 | RT | 2 d 24 h 1 h |
||
| Keramiek | HCoV | 229E | 21°C | 5 d | ||
| Teflon | HCoV | 229E | 21°C | 5 d | ||
COVID-19 EN KNOFFEL
Ons nader nou ‘n onrusbarende tyd van onsekerheid oor wat met ons land, sy mense en in die buiteland gaan gebeur. Die koms van die Covid-19 virus is besig om almal histeries te maak sonder dat daar genoeg rede daartoe is. Dit is werklik nie so ‘n dodelike virus as wat wêreldmagte voorgee nie maar ons het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself om ons te beskerm. Daarom word u ten sterkste aangeraai om hierdie artikel deeglik te bestudeer. Dit kan werklik u lewe red en die nagevolge van die virus versag.
Laboratoriumnavorsing het bevestig dat rou knoffel (allium sativum) uitstekende anti-virus, anti-bakteriese en anti-swamwaarde het. Nie net het dit bevestig dat die meeste verkoue- en griepvirusse daardeur vernietig word nie, maar ook dat dit ‘n breë reeks van beide gram-positief en gram-negatiewe bakterieë (dit is twee groot klassifikasies van bakterieë), asook parasiete, gis en swamme vernietig.
Die bestanddeel in knoffel wat hierdie werk verrig is allisien, ‘n organiese chemikalië wat bestaan uit ‘n swael-verbinding wat ontstaan wanneer rou knoffel gesny word. Twee chemikalië in die rou knoffel meng dan met mekaar en ‘n derde ontstaan, naamlik allisien. Daar is ook waargeneem dat allisien binne die eerste 10 minute van sy ontstaan kragtig werk en die werking dan begin verswak.
In hierdie navorsing is ook waargeneem dat die gaarmaak van knoffel die allisien vernietig wat beteken dat gaar knoffel van nul en gener mediese waarde is.
ALLE MENSE MOET STERF...
Alle mense moet sterf, ja. Maar wie wil nie eerder op die regte tyd op 'n natuurlike wyse sy laaste asem uitblaas nie?
Natuurlike oorsake klink ook meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Onnatuurlike oorsake kan ook baie pynvol en wreed wees.
Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde - bekering!
Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang, veral as mens kyk na die losbandigheid en loswees van God, mense wat op dwaalweë beland het en nie wil of kan terugkeer na God nie.
Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
KORONA – WAT MOET EK DOEN?
Te midde van algehele paniek wat ontstaan het oor die Koronavirus-uitbraak is dit dalk nodig om vir ‘n oomblik rustig en nugter te gaan kyk na die feite en dan te oorweeg watter opsies om te volg.
Ten eerste moet verstaan word dat alhoewel ernstig, die hele situasie uit verband geruk is. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) verklaar reeds aan die einde van Januarie dat die uitbraak gevaar inhou vir wêreldgesondheid met ‘n onmiddellike negatiewe impak op wêreldmarkte. Sopas is deur die WHO verklaar dat die uitbraak ‘n pandemie is.
Wat is die verskil tussen ‘n epidemie en ‘n pandemie? Wanneer ‘n buitengewoon groot aantal mense binne ‘n sekere area terselfdertyd simptome van ‘n siekte ontwikkel, word dit ‘n epidemie genoem. As die epidemie handuit ruk en ‘n baie groot deel van die bevolking (pan = almal) word daardeur geraak, word dit ‘n pandemie genoem. ‘n Pandemie ontstaan wanneer meer as 12 persent van die bevolking geïnfekteer word. Op hierdie stadium is minder as 1% van die wêreld se bevolking deur die virus besmet!