Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
VADERLAND EN VOLKSTATE
Dié land is ons land
Om nou grense van 'n deeltjie van die land te trek as “ ‘n volkstaat”, is om onmiddellik alle aanspraak op die hele vaderland prys te gee. Daardeur word die Afrikanervolk se patriotiese sin as 'n essensiële bestanddeel van nasionalisme regstreeks ondermyn.
Ons het reeds die beskamende ervaring gehad van die grense van talle "volkstate"wat getrek is tydens die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP, en wat niks meer was nie as politieke fopspene waaraan Afrikaners in goedertrou gesuig het, terwyl die politieke uitverkoping voortgegaan het.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (21)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Rol van die Cape Liberal Nats
Die oplaaiende stryd en onrus binne die geledere van die AB het nie net gegaan om tendense wat op terreine buite die AB al duideliker waarneembaar geword het nie. Meermale was daar skerp botsings as gevolg van bepaalde gebeurtenisse en optredes van sekere lede van die organisasie.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (20)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
WOELINGE EN STRYD
Die kern van die stryd in die AB wat in 1970 begin het met die skorsing van sekere HNP-leiersfigure se lidmaatskap en twee jaar later op die spits gedryf is, is geleë in die feit dat die Uitvoerende Raad in die politieke stryd tussen die Nasionale Party en die HNP sy grondwet en reglement geïgnoreer en kant gekies het teen die HNP.
HY SIEN IN ELKE HART
Hannes Ollewagen
1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
‘n Mens sou in Engels sê: “Don’t judge a book by it’s cover.” Ons het gelukkig in ons moedertaal ewe mooi uitdrukkings waarmee ons hierdie Engelse gesegde kan verwoord. Ek reken die spreukwoord “dat ’n mens nie ‘n man aan sy baadjie moet takseer nie” in hierdie konteks dalk meer toepaslik sal wees.
Alhoewel ons nie met hierdie lewenswaarheid onbekend is nie is ons tog geneig om telkens daarin te struikel. Ons sal byvoorbeeld geneig wees om ‘n persoon wat finansiëel welaf voorkom anders te behandel (weens ons gebrekkige oordeelsvermoë?) as die volgende persoon met ‘n veel eenvoudiger voorkoms.
DIE VREDE VAN DIE DOOD
Die geskiedenis van ʼn volk is eintlik die verhaal van so ʼn volk se stryd om selfbehoud en selfverwesenliking.
Sy geskiedenis is niks as dit nie die verhaal van stryd, swaarkry, nederlaag, oorwinning, opstaan en weer stry in elke geslag omvang nie.
In hierdie stryd om ʼn volk se selfbehoud en selfvertroue en selfverwesenliking is die grens tussen die politieke en die militêre stryd baie smal. Dikwels is dit so fyn getrek dat ʼn mens nie eens die grens kan onderskei nie.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (19)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Predikante in knegskap
"As predikante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is"
Die breuk tussen die Uitvoerende Raad en die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1970 het die drie Afrikaanse kerke voor hulle ernstigste toets in 'n baie lang tyd geplaas.
DWAALLERAARS VAL ONS KINDERS AAN!
Bethel en vennote
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Mense wat onkundig in die leer van die Bybel is, dwaal maklik. Jesus sê vir die kerklui van sy tyd:
“...Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29). Elkeen wat dwaal, bespoedig die koms van die Antichris en die era van die groot verdrukking.
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).
” Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24) .
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke”(2 Kor.11:13-15).
DIE ONVERGEEFLIKE SONDE
JP Botha
Ons leef in ‘n tyd waar ons daagliks hoor hoe die Naam van die Here gelaster en misbruik word. Ons word so daarmee gebombardeer dat ons nie anders kan nie as om te wonder of dít die sonde teen die Heilige Gees is. Wat presies is die sonde teen die Heilige Gees waarvan Matt. melding maak?
Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. Matt. 12;31
Wat het Jesus met hierdie woorde bedoel? Die oorsaak van hierdie uitspraak van Hom was dat Hy ‘n geestelik versteurde mens weer tot sy sinne gebring het. Die dramatiese verandering in hierdie man se lewe het ‘n diep indruk op die omstanders gemaak, maar die Fariseërs wou die effek van hierdie gebeurtenis neutraliseer.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (18)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
COTTESLOE-KERKEBERAAD
Die Cottesloe-kerkeberaad is van 7 tot 14 Desember 1960 in Johannesburg gehou. Ondanks alle verklarings tot die teendeel was dit 'n berekende poging om vanuit liberale kerklike kringe 'n aanslag op die politieke orde in Suid-Afrika te maak deur die owerheid aan georganiseerde druk van sowel die Afrikaanse as die Engelse kerke te onderwerp om ingrypende politieke beleidsveranderings af te dwing. Terselfdertyd moes dit buite Suid-Afrika se grense die regte atmosfeer skep vir toenemende druk op die Verwoerd-regering om voor die sogenaamde wêreldmening te swig.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (17)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
DIE AB EN DIE KERK
Dit moet vir almal teen hierdie tyd baie duidelik wees dat 'n berekende en tegelyk fyn georkestreerde aanslag vanuit sekere liberale kerklike kringe teen die gevestigde gebruike en beleidsrigtings van die Afrikaner gemaak is. Dit is natuurlik nie 'n vreemde verskynsel in ons geskiedenis dat die kerk hom by geleenthede as instrument deur mense in die politiek laat gebruik het om eintlik die politieke aanslag teen die Afrikanerdom vooruit te loop nie. Wat later meer bekend geword het, is dat predikante en teoloë, sommige van wie prominente lede van die Broederbond was en steeds is, 'n nie onaansienlike rol in hierdie politieke aanslag in naam van die kerk en die godsdiens gespeel het nie.
APARTHEID
Apartheid is nie deur die Nasionale Party van 1948 ingebring nie, maar dit kom uit dae van die Engelse bewind van Suid-Afrika.
Apartheid is in 1894 in die skole in die Kaap ingestel deur Leander Star Jameson van die ‘Progressive Party’.
Die ontugwet was in die jare 1850 reeds in gebruik in Natal, die Vrystaat en in Kaapland. Snaaks genoeg, Transvaal was die enigste provinsie wat nie ’n ontugwet gehad het nie.
Die Indiërs is in 1896 van die kieserslys in Natal afgehaal. Hulle is net afgehaal en nie op ’n aparte kieserslys geplaas nie.
Die 1936-wet is deur die smeltersparty van genls. Hertzog en Smuts aangeneem waar hulle die Swartes van die kieserslys afgehaal het en hulle aparte verteenwoordiging gegee het.
DIE LEWENSBROOD AAN ONS GESKENK
Hannes Ollewagen
Joh. 6:22-59
“Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.” (:26).
In die eerste gedeelte van die boek Johannes (verse 1 tot 15) lees ons hoedat Jesus met vyf brode en twee vissies ‘n skare van omtrent vyfduisend in getal tot versadiging gevoed het. Die volgende dag was die skare op soek na Jesus en wel nie omdat hulle nie voedsel gehad het nie, maar juis omdat hulle honger was na sy Woord – die brood van die lewe waarmee Hy hulle gevoed het.
Die oorgrote meerderheid mense in ons huidige samelewing is só gesteld op die verganklike spys waarvoor gewerk moet word dat hul siele besig is om van honger te sterf. Dit is mos uiters belangrik om elke paar jaar ‘n splinternuwe motor te ry. Wanneer ek nie my kind universiteit toe kan stuur nie is ek mos nie ‘n goeie ouer nie. Ek moet so verskriklik hard werk, want my seun het nou weer ‘n rugbytoer oorsee wat derduisende rande gaan kos. En daarna is dit sussie se hokkietoer wat nog ‘n klein fortuin gaan kos.
NASIE EN RAS
Elke mens word as lid van ‘n volk gebore. Hy kan beweeg word om 'n ander godsdiens en taal en tradisie te aanvaar, maar hy kan nie van 'n ander ras word nie.
Dié begrensing is deur God se skeppingsorde getrek; daaruit kan niemand loskom nie. Die veralgemening kan gemaak word: 'n nasie het 'n nasie geword vanweë die grondgebied waarop hy leef en waarvoor hy bereid is om te sterf. Sonder 'n grondgebied waaraan sy iden!teit gekoppel is, word sy gevoel van eenheid uitgedoof, en al sou die nasie se naam en dié van elke familie daarin bly voortbestaan, die nasie sal sterf.
Elke groep vorm uit die sigbare enersheid van sy lede 'n beeld van sy eie skoonheid en voortreflikheid, en soek in die algemene gebruike en gewoontes die wette van behoorlike gedrag.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (16)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die nuwe grondwet
Op die jaarvergadering van die Broederbond op 1 Oktober 1971 het die AB die Nasionale Party se beleid met betrekking tot die Kleurlinge onderskryf. Dit is daarna in ’n omsendbrief gesirkuleer en onder die volgende hoofpunte saamgevat:
- Dat die Kleurlinge ’n nasie-in-wording is, mense in hulle eie reg en nie ’n aanhangsel van die Blankes nie;
- dat Kleurlinge en Blankes nie inmekaar gevleg moet word nie en nie nader aan mekaar ontwikkel nie, maar elkeen op sy eie baan, langs mekaar, staande op eie bene in sy eie reg;
WAT SÊ DIE BYBEL...
...OOR DIE DOODSTRAF
JP Botha
Daar is lande wat nie meer die doodstraf toepas nie en in Suid-Afrika loop baie moordenaars skotvry rond. Die owerheid weet van hulle en versuim met voorbedagte rade om hulle aan te keer en te vonnis, want die moorde wat hulle pleeg word feitlik deur die regering goedgekeur, omdat hulle daardeur sekere doelstellings van hulle kommunistiese denkrigting wil verwesenlik.
Maar wat sê die Bybel oor die toepassing van die doodstraf? Vir die regverdiging daarvan op Skriftuurlike gronde, is veral twee Skrifgedeeltes ter sake, naamlik die woord van God aan Noag in Genesis 9 vers 6: “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word,” en ook die uitspraak van Paulus in Romeine 13 vers 4, wanneer hy praat van die owerheid en dan sê: “Hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen te straf.”
GOD IS IN ONS MIDDE
HY IS TOG NIE VER VAN ONS AF NIE
Hannes Ollewagen
Handelinge 17:15-34
“...sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.” (:27&28).
Ná die uittog van die volk Israel uit Egipte het God aan Moses verskyn om aan hom sy verordeninge bekend te maak. God het hierdie verordeninge op kliptafels geskrywe. “En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.” (Ex. 31:18). God het ook aan Moses opdrag gegee dat die volk vir Hom ‘n heiligdom moes oprig sodat Hy in hulle midde kon woon. “Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.” (Ex. 25:8). Die volk Israel het dus deur hierdie heiligdom geweet dat God in hulle midde is.
WAT IS ‘N VLOEK?
Andrè van den Berg
ʼn Mens hoor van persone wat vir iemand baie kwaad word en dan van ʼn persoon met magiese krag gebruik maak om ʼn vloek oor daardie persoon uit te spreek. Swartes beskuldig dikwels mense van toordery as ʼn albino of kind met liggaamlike gebrek in ʼn gesin gebore word.
Is dit moontlik dat vloeke wat ander oor jou uitspreek die gewenste trefkrag kan hê? Volgens die Bybel is dit God, en nie die duiwel nie, wat mense vervloek: “Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?” (Num.23:8).
In die Gelykenis van die Talente sê Jesus: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.” (Matt.25:41). Omdat God almagtig is, kan geen booswig God se kinders deur afgodery, toordokters of enige ander okkultiese rituele vervloek en in die ongeluk dompel nie. “Want daar is geen towery teen Jakob of waarsêery teen Israel nie…” (Num.23:23).
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (15)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die ekonomie
Vroeër in hierdie werk is daarop gewys dat namate al hoe meer mense uit die sakelewe tot die Broederbond toegetree het, die waardes en norme van die AB stelselmatig verbuig is om by die waardes van die geldmense aan te pas. Hoe die klemtone geleidelik verskuif is en hoe die nuwe norme van die sakemanne in die Broederbond uiteindelik oorheersend geword het — ook op politieke gebied — kan die beste aan die hand van die AB se eie dokumente geillustreer word.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (14)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die Onderwys
Belangwekkend is ook watter norme op opvoedkundige gebied in die stuk omlyn word. Wat skoolonderrig betref, word teruggeval op die huidige Eerste Minister se Twaalfpuntplan wat lui: “Die aanvaarding van die beginsel van eie skole en gemeenskappe waar enigsins moontlik.” Die gevalle waar dit, volgens die Regering se beskouing nie moontlik is nie, word natuurlik nie vermeld nie.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (13)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
’Diskriminerende’ wetgewing
Die totale vervreemding van sy oorspronklike ideale en die gedienstige napratery van regeringspolitici deur die Uitvoerende Raad van die Broederbond blyk duidelik uit ’n studiestuk van Januarie 1981 aan afdelings getiteld “Die handhawing van spesifieke norme in ’n veelvolkige samelewing.” Saam met hierdie dokument is, ook onder datum Januarie 1981, ’n tweede stuk gesirkuleer getiteld “Verslag van die Taakgroep in verband met die vraag of wetlike beskerming ’n noodsaaklike voorvereiste vir die voortbestaan van die Afrikanervolk en die Blanke is.”