Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Besef jy dat jy elke oomblik van elke dag van jou lewe voor die Heilige, Drie-enige God, Beskikker van volke en nasies aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort, staan? Of dink jy dalk dit is net in die kerk of dergelike plekke waar jy in sy heilige Teenwoordigheid is?
LOOF DIE HERE...
...EN VERGEET GEENEEN VAN SY WELDADE NIE
Hannes Ollewagen
Ps. 103:1-22
“...Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (:1&2).
Daar breek tye in ‘n mens se lewe aan wat jy so moedeloos raak dat jy net geen uitkoms uit jou nood kan sien nie. Alhoewel selfbejammering verkeerd is, is dit tog menslik dat ons soms uiters moedeloos raak. Dink maar aan die moedeloosheid wat vir Elia beetgepak het. “...maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.” (1 Kon. 19:4). U is dalk meer bekend met die moedeloosheid van Job. “AG, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee! En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny.” (Job 6:8&9). Daar was selfs die man na aan God se hart, koning Dawid, wat sy moedeloosheid in Ps. 42:10-12 laat blyk. “Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my?
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (9)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
9. Ontsporing
9.1 Verkrummeling
Johannes sien in ʼn hemelse gesig dat die kerk van die eindtyd ontspoor en die wêreld slaafs navolg:
“En een van die sewe engele... het gekom ... en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer .... en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery ... en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery ...En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus... (Openb.17:1-6).
Ontsporing en verkrummeling is tans aan die orde van die dag. God is nie meer die middelpunt van die kerk nie, maar die mens.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (12)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
SPORTBELEID (2)
Benewens die feit dat die UR die bepalings van die AB se grondwet en reglement minag deur ’n beleid vir ’n politieke party op te stel, is dit ’n beleid wat nie net totaal in stryd is met die ou NP-beleid nie, maar ook totaal in stryd met die vroeëre standpunt van die UR, soos blyk uit die aangehaalde omsendbrief van 1 Augustus 1952. Wat van die “blywende afweer” in daardie omsendbrief van 1952 geword het, blyk as die UR in die stuk oor sy sportbeleid verskonend verklaar: “Sosiale vermenging moet sover moontlik uitgeskakel word.” Let op die woorde “sover moontlik”.
IN GEREGTIGHEID EN HEILIGHEID...
... AL DIE DAE VAN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
Lukas 1:67-80
“...dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.” (:74&75).
Die Afrikaanse spreekwoord stel dat ‘n persoon sy brood aan albei kante gebotter wil hê. Die meeste van ons weet egter dat die lewe van ‘n mens eis om uiteindelik maar te besluit oor watter kant van jou broodjie jy dit gebotter wil hê, want dit sal nie aan beide kante kan wees nie.
Hierdie verskynsel is ook in mense se geloofslewens te bespeur. Mense sal hulself nie heeltemal van die godsdiens distansieer nie, want sou dinge in hul lewens drasties skeefloop, sal hulle darem nie sonder God wil wees nie. Ons almal weet tog dat dit tog net Hy is wat uitkoms uit groot benoudheid kan bewerk.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (11)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die sportbeleid
Deur die jare het die Broederbond die standpunt van geen vermenging van watter aard ook al op sportgebied gehandhaaf. Dit was ook die beleid van die NP-regering. In talle en talle geskrifte het die Uitvoerende Raad van die Broederbond hierdie standpunt van geen vermenging altyd gekoppel aan “die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk.”
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (8)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
8. Welvaart en groei
8.1 Voorspoedteologie
Soos talle ander Charismatiese kerke, leer die NAH ook voorspoed-teologie en verkondig dat God ʼn ryk Koning is wat nie wil hê dat sy kinders arm moet wees nie. En omdat al die goud van die aarde aan Hom behoort, moet sy kinders ook goud dra.
So anders as die Bybel, leer die NAH dat Jesus van sy geboorte tot sy dood baie ryk was en dat sy hemelwoning ʼn plek van ongekende weelde is waarin ryk gelowiges baie tuis sal voel. Gevolglik kan hulle rykdom vergader en ter selfde tyd ook aan die koninkryk van God bou. Dis ʼn leuen!
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (10)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Regering binne Regering
In ’n betreklik vroeë stadium van die Broederbond se bestaan het prof. Joon van Rooy, voorsitter van die AB, die taak van die organisasie soos volg in ’n omsendbrief geskets: “Laat ons in gedagte hou dat die belangrikste punt vir die Afrikanerdom is om sy uiteindelike doelwit van oorheersing in Suid-Afrika te bereik. Broers, ons oplossing vir Suid-Afrika se probleme is dat die Afrikaner-Broederbond Suid-Afrika moet regeer.”
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (7)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
7. Wêreldbeheer
7.1 Nuwe strukture
Die NAH leer dat hul nuwe wyn nie in die ou sakke van gevestigde kerk- en bedieningstrukture sal deug nie. Gevolglik moet gevestigde handelswyses vernuwe word. Daarvoor meng hulle gedurig in interkerklike verhoudings, finansiering van Evangelisasie, sending en veral teologiese opleidingsentra in.
Alhoewel hulle na ʼn losgestruktureerde Charismatiese netwerk lyk, is dit die segment wat tans die vinnigste op die internasionale kerktoneel groei. Dit trek mense omdat dit na groei en beweging op ʼn skynbaar stagnante godsdiensakker lyk. Hulle wen met groot sametrekke baie veld in Suid-Afrika.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (9)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
TROUBREUK EN LEKKASIES
In ’n geheime organisasie soos die Broederbond moet ’n mens verwag dat vertroulike inligting periodiek na buite sal uitslaan en dat sulke inligting deur die media opgeslurp sal word. Dit is nou maar eenmaal in die aard van mense dat hulle ’n onversadigbare nuuskierigheid openbaar om te wete te kom wat agter die skerms in ’n geheime organisasie aangaan. En in enige geheime organisasie is daar altyd mense wat om een of ander rede bereid sal wees om vertroulike inligting na buite te lek. Elke geheime organisasie het nog altyd daardie soort mense gehad.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (6)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
6. Nuwe openbarings
6.1 ʼn Oop kanon
Die kerk van Christus se gesag is alleenlik op die Skrif gegrond (Sola Scriptura) en die kanon derhalwe afgesluit:
“Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” (Heb.11:1).
In stryd hiermee leer die NAH dat God nog steeds direk met mense praat. Gevolglik is die Bybel wat geloofsake, kerkleer en die Evangeliebediening betref, nie genoegsaam nie. Die kanon is oop en ʼn vars stem uit die hemel nie onmoontlik nie. God kan selfs iets sê wat nie met die Woord ooreenstem nie!
TREK JOU FEESKLERE AAN!
Skrif: Mt.22:1-14
Ds Andrè van den Berg
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (:12,13).
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie, maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).
Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis. ‘n Mens sal enigiets doen om die lewe te behou. Wat ‘n heuglike dag as jy na deeglike behandeling die goeie nuus ontvang dat jy kankervry is!
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (5)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
5. Verwarde teologie
5.1 Geestesgawes
Die NAH se hermeneutiek is korrup. Dit laat val die klem op wat die vertolker seën nie op dit wat God sê nie. Hulle noem dit hermeneutiek van die Gees. Daarbenewens is hul klem en aandrang op bedieningspatrone vreemd aan die Bybel. Die Heilige Gees gee aan die kerk gawes en nie bedieningspatrone nie.
“En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid” (Rom.12:6-8).
BABILON EN ROME
DIE VERHAAL VAN TWEE BOSE STEDE
Ds Andrè van den Berg
1. Verborgenheid
Babilon het sedert die Bybelse tyd ʼn ongunstige betekenis gehad. Vanaf die bou van die toring (Gen.11) tot in Openb. 18 staan dit in die teken van opstand teen God. Die Babiloniërs was almal afgodsdienaars met ʼn godsdiens wat om die as van verborgenheid gedraai het. Priesters het mense hierin onderrig en is slaafs nagevolg. Wie kennis van die verborgenheid wou bekom, moes ter voorbereiding ʼn geheime drank drink wat hulle in die mag van die priesters geplaas het. Daarna is hulle stapsgewys in die geheimenisse onderrig.
AS HY DAN ONS VADER IS
Maleági 1:1-14
“’n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag!” (:6)
Die volk Israel word in hierdie gelese gedeelte skerp deur God aangespreek. Hy het ‘n twis met die volk omdat hulle nie aan Hom die nodige eer bewys nie. Die volk se godsdiens het maar vir hulle ‘n blote formaliteit geword. Die minderwaardige offers wat hul aan God gebring het getuig hiervan. “Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik. En as julle ‘n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle ‘n lam of ‘n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy ‘n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.” (:6&7).
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (4)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
Die koninkryk van God
4.1 ʼn Onhaalbare droom
In hul strewe na mag, maak die NAH telkens van die Bybelse metafoor die koninkryk van God gebruik. Dis skynbaar ʼn nuwe aardse gemeenskaporde waarin apostels al die belangrike funksies vervul. Gevolglik vertoon dit sterk parallelle met die teologiese liberalis meen Social Gospel van weleer.
Die droom van ʼn aardse Utopia van vrede en geregtigheid o.l.v. nuwe apostels is die steierwerk van hul toekomsverwagtings. Daarom is kerkgroei nie hul agenda nie; slegs die koninkryk van die apostels. Om dit te verwerklik, moet die demokratiese strukture van die bestaande kerke verander word ten einde ʼn magslustige priesterorde te vestig en te voed. Dis allermins Protestants en eerder Rooms!
HOU AAN TYDIG EN ONTYDIG...
...OM MENSE TE WAARSKU
Ds Andrè van den Berg
“En jy, o mensekind, Ek het hou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku” (:7). Eseg.33:1-9
Wie gee God die reg om mense hel toe te stuur? Hyself. God oordeel alleen as Hy seën of straf uitdeel. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12). Elkeen word geoordeel volgens wat hy met Jesus doen. Wie die regte ding doen, gaan hemel toe en wie die verkeerde ding doen, gaan hel toe.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (3)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
3. Die apostel-amp
3.1 Bedieningsgebiede
Die NAH glo dat God aan sekere mense uitsonderlike genadegawes toevertrou het om die kerk mee te dien. Hiervan is die apostel-amp die grootste. En alvorens dit nie herstel is nie, sal die koninkryk van God nie op aarde verwerklik nie. Die Bybel leer daarenteen dat God met Jesus se eerste koms na die aarde reeds sy koninkryk gevestig het en met sy tweede koms sal afsluit.
DIE SWAARD UIT SY MOND
Hannes Ollewagen
Openbaring 1:9-20
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.” (:16).
Baie mense verkies om die boek Openbaring te vermy. Dit mag wees dat die oordeel en grimmigheid hierin hul dalk verskrik en dat hulle nie daarmee gekonfronteer wil word nie. ‘n Mens hoor ook menige Bybelstudent wat sal sê dat hierdie boek in die Bybel vir hulle moeilik is om te verstaan. Ons moet onthou dat Openbaring deel vorm van die volkome Woord van God en ‘n grondige kennis van die hele Bybel baie van die verborgenhede in Openbaring vir ons sal oopmaak.
AS DIE HERE WIL?
Dit het baie gelowiges al dikwels gehinder dat indien ‘n mens iets van die Here in die gebed vra en jy jou gebed afsluit met: As dit U wil is, spreek jy nie daarmee eintlik al klaar twyfel uit of die gebed verhoor sal word nie?
Daar is min gebede by ‘n siekbed wat hierdie woorde nie bevat nie. Dis by ons ‘n algemene gevoel dat dit so hoort, veral by voorbidding om genesing of verandering van die menslike lot. Ons gereelde gebruik van hierdie woorde in ons gebede kan gegrond wees op die bede in die Onse Vader: “Laat u wil geskied.” Die Here Jesus het ook in Getsémané gebid: “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.”
KOMPAS VIR ONS TOEKOMS
Die geskiedenis is die kompas vir die toekoms
Ons is in 'n voortgaande rewolusie. Weens die bedrog en verraad van NP- en ander Afrikaanssprekende leiers is die Afrikanervolk vir die derde maal 'n verowerde volk.
Dit het op 'n manier gebeur wat van alle eer ontdoen is en in 'n hoë mate die volk se selfrespek en waardigheid geknou het. Daarnaas is Afrikaners polities erg verdeeld en gefrustreerd en verward.
Dié toestand verg nugtere poltieke leiding in die stryd: