Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos ons ouer word verwyt ons onsself dikwels vir tyd wat nie reg gebruik was nie, verlore gegaan het omdat ons onbelangrike dinge gedoen het – baie mense sal eendag by God hoor dat hulle baie dinge goed gedoen het waarvan hulle nooit eers bewus was nie.
ONTMASKER DIE DWAALLERAARS
Aan die hand van die brief van Judas
Ds Andrè vd Berg
Inleiding
Net voor die verskyning van die Antichris gaan godsdiens ontaard. Paulus noem dit “die afval”:
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom.....” (2 Thess.2:4).
Kerke gaan leuens verkondig:
“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels”(2 Tim.4:3,4).
KULTUUR IS RASGEBONDE
Kultuur is rasgebonde. Die swart rasse, die swart volke se kultuur het ʼn soort eenvormigheid.
Die Zoeloes en die Xhosas en die Vendas kan verskil oor kleiner dinge, maar grondliggend het hulle ʼn gemeenskaplike kultuur, net soos die blanke nasies van Europa. Hulle tale verskil, en hulle eetgewoontes verskil, en wat ook al, maar diep onderlangs is die kultuur gebind aan die ras.
Dit is wat vandag waarskynlik ons grootste bedreiging is, dat ons sku gemaak word vir die begrip van ras, en daardeur sku gemaak word vir Witmanskap. Jy mag nie jou Witmanskap voorop stel nie, want dan is jy ʼn rassis.
J A Marais
BLY VLEKKELOOS
Hannes Ollewagen
Jakobus 1:19-27
“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” (:27).
Hierdie duidelike riglyn uit die Woord bring weer perspektief in tye van misleiding en verwarring wat ons samelewing kenmerk. Almal is mos deesdae met een of ander vorm van godsdiens besig. Dank die Here vir hulle wat dit in waarheid doen en besorg is oor siele wat verlore gaan, maar wee hulle wat dit om vuil gewin doen en in die proses soveel verwarring bring.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GENADIGE DOOD
Die blondine gaan na Binnelandse Sake om die dood van haar man te registreer. Dit was in die goeie ou dae toe hulle nog Afrikaans gepraat het:
Klerk: "Volle name van die oorledene?"
Blondine: "Daniël Richard van den Berg."
Klerk: "Geslag?"
Blondine: 'Nee, darem nie; hy's in sy slaap dood!"
VROUE IN DIE BYBEL (3)
ESTER
Die meeste van ons sal nooit so ‘n verreikende invloed soos hierdie pragtige weesdogter hê nie en nog minder kan ons hoop om eendag ‘n koninklike te word. Maar as ons die soewereie hand van God ken, kan elkeen van ons vir seker weet dat waar Hy ons ookal geplaas het, ons bedoel is vir “ ‘n tyd soos hierdie” – Est 4:14. In plaas van om ‘n seën te wees, het haar skoonheid bygedra tot haar swaarkry. Ester se karakter is gevorm in die smeltkroes van teenspoed en tog het dit, nadat dit ten volle ontwikkel het, geskitter soos suiwer goud. Deur haar voorbeeld kan ons die hand van die Voorsienigheid vertrou deur praktiese lesse te leer oor hoe God ons kan gebruik waar Hy ons ookal plaas.
WEES VERGENOEGD
Hannes Ollewagen
1 Konings 21:1-29
“En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.” (:19).
Daar is min dinge wat ‘n mens so ongelukkig kan maak en kan aftakel as onvergenoegdheid. Daarbenewens rig onvergenoegdheid ook groot skade in menselewens aan.
Ons dink maar aan koning Dawid wat Bátseba, die vrou van Uria, begeer het. Hy het nie oor hierdie sondige begeerte wat na hom lê en loer geheers nie. Dit het uiteindelik daartoe aanleiding gegee dat sy begeerte tot bedrog, leuens en moord aanleiding gegee het ten einde hierdie begeerte te voed.
WAT IS WARE AFRIKANERSKAP?
Dit is in tye soos hierdie wanneer Afrikanerskap en Afrikanernasionalisme weer skerp omlyn moet word. Dit is dwingend noodsaaklik dat gevra word:
Wie is die Afrikaner?
Net so belangrik is dit om te vra: Het ons nie te lank gewag om die definisie van Afrikanerskap en ons nasieskap duidelik te stel nie? Is daar nie in die verlede toegelaat dat Afrikanerskap en ons nasieskap te veel kon omsluit ter wille van die vrede nie, en dat ons daardeur ons grense vir verswakking oopgestel het nie?
GEBRUIK JOU TYD REG!
Ds Andrè van den Berg
“Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5).
Paulus skryf hierdie brief aan die Kolossense. Hulle was gelowiges in ʼn groot Griekse stad op Turkse bodem, ongeveer 160km noordwes van Efese geleë. Paulus het nie die gemeente gestig nie. God het ʼn sekere Epafras, ʼn plaaslike gelowige, daarvoor gebruik. Paulus het wel in die drie jaar wat hy in Efese gearbei het, die gemeente gereeld besoek.
Waarom was dit vir Paulus dan nodig om ook ʼn brief aan hulle te skryf? Omdat dwaalleer en kettery die gemeente bedreig het. Die verskil tussen dwaalleer en kettery is dat dwaalleer mense die kerk laat verlaat terwyl ketters dit nie verlaat nie, maar leerstellings wat van die kerk se leer afwyk, huldig en mense verwar.
SOORT SOEK SOORT
Die apartheidsbeleid rus op die lewenswet van soort soek soort.
'n Ras, 'n nasie, 'n volk is die somtotaal van die persone wat hulleself as lede daarvan beskou. 'n Mens is 'n Witman omdat hy een is, omdat hy homself so beskou en omdat hy een wil wees. Net so is hy 'n Afrikaner omdat hy homself as 'n Afrikaner beskou en omdat hy een wil wees.
Net soos 'n mens jou vereenselwig met jou gesin omdat dit jou gesin is, vereenselwig 'n mens jou met jou ras of nasie omdat dit jou ras of nasie is en omdat jy een daarvan wil wees.
AS JOU OOG DAN VERKEERD IS
Hannes Ollewagen
Lukas 11:33-36
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.” (:34).
Hoe kyk u na die lewe? Of anders gestel – wat is u lewens- en wêreldbeskouing? Die regte antwoord is natuurlik dat u ‘n Christelike lewensbeskouing het, maar hoe sou ons hierdie antwoord meet? Dit is mos maklik om te sê dat ek ‘n Christelike lewensbeskouing het. Die toets is egter om te bepaal of my lewenswandel diensooreenkomstig of die teendeel getuig.
OM DIE BYBEL REG TE VERSTAAN
Ds. Andre van den Berg
Mense verwar maklik dwaalleraars se vermoë om Bybeltekste aan te haal met ʼn uitsonderlike kennis die Bybel. Dit word in Engels Bible punching genoem en deur dwaalleraars gebruik om geloofwaardigheid aan hul valse leer te gee. Die enigste teenvoeter hiervoor is ʼn deeglike kennis van die Bybel omdat dit die waaragtige woord van ʼn oneindige God is waarmee Hy sy wil aan die mens bekend maak en uitverkorenes mee red.
God leer gelowiges deur sy Woord om sy Woord reg te verstaan. Daarvoor is daar agt beginsels:
NASIONALISME EN RAS
>
>>
Deur volgehoue propaganda word verwarring geskep oor die begrippe soos nasionalisme en ras. Aan Blankes word voorgegee dat nasionalisme nie op ras gegrond mag wees nie, maar aan Swartes, wat bo-oor etniese en stamverskille verenig in ‘n rewolusionêre beweging teen die politieke gesag van die Blankes, word die naam swart nasionalisme of African nasonalism gegee. Dit is hier duidelik ‘n geval van swart rassisme, want ras is die verenigde faktor in ‘n ati-Blanke agitasie.
Dat tussen ras en nasionalisme ‘n diep verwantskap is, is onbetwyfelbaar.
DIE LIG VIR ONS LEWENSPAD
Hannes Ollewagen
Psalm 119:105-112
“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (:105).
Wanneer ek in die donker moet rondbeweeg, sal ek gewoonlik ‘n lamp of flitslig inspan om my gang te vergemaklik. Hierdie hulpmiddel sal verhoed dat ek dalk in voorwerpe vasloop of oor iets struikel en myself in die proses beseer.
As ons rondom ons kyk, sien ons ongelukkig soveel mense wat in die lewe rondtas asof hulle in die donker beweeg. En ek praat nou nie van vreemdelinge nie, maar sommer van mense uit ons eie volksgeledere– mense uit goeie Afrikanerhuisgesinne.
DIE LOT VAN DWAALGEESTE
Ds. Andre van den Berg
“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”(Mt.7:21-23)
1. Wees gewaarsku
Jesus waarsku in die Bergrede sy volgelinge om nie deur dwaalleraars se voorkoms en optredes geflous te word nie:
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).
Hulle is Satansagente wat keer dat siele gered word.
FINALE BYLAAG TOT DIE AB IN DIE POLITIEK
Die volgende drie dokumente word hier volledig herdruk omdat dit soveel betrekking het op die huidige politieke ontwikkelinge en aantoon hoe slaafs die Broederbond die nuwe politieke beleidsrigtings navolg en in sommige gevalle self die weg daarvoor voorberei:
I DIE HANDHAWING VAN PARTIKULIERE NORME IN ’N VEELVOLKIGE SAMELEWING (GESIRKULEER JANUARIE 1981)
Daar is gevra dat besin moet word oor die neiging van die Afrikaanse gemeenskap om sy norme op andere af te dwing. Die versoek is besonder ter sake aangesien in ’n plurale of veelkulturige staat soos Suid-Afrika die verskynsel van botsende stelle lewenswaardes nie vreemd is nie en daar in so ’n staat selfs ’n ‘stryd’ kan ontstaan oor die waardes wat in die samelewing dominant sal wees. Terwyl dit seker normaal is dat in ’n staat soos Suid-Afrika ’n mate van akkulturasie sal plaasvind en dat kultuurgoedere onderling oorgeneem sal word, kan konflik waarskynlik nie permanent ontwyk word nie. Die vreedsame oorname van kultuurgoedere sal min of meer spontaan geskied en een kultuur sal van ’n ander veral dit wat vir hom aantreklik, nuttig en voordelig is, oorneem. Dit wat egter teen ’n individu se sin op hom afgedwing word, sal merendeels ’n irritasie of aanstoot bly.
AS ONS HOM VERLOËN
Hannes Ollewagen
2 Tim. 2:1-13
“As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.” (:12).
Die Afrikaanse woordeboek omskryf die woord verloën as volg:
1. Nie wil erken nie;
2. Afvallig wees.
En is hierdie definisies nie treffend nie! Dit stel die feit tog duidelik dat enigiemand wat ‘n “tipe evangelie” verkondig waarin Jesus vir almal net goed en liefdevol is en ontken dat die mens gehoorsaamheid en eer aan God verskuldig is, is aktief besig om afval van God te verkondig. Anders gestel, is so ‘n persoon besig om Hom te verloën.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (23) (SLOT)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die skeuring van 1969
Die jaar 1969 het begin, swanger van onheil vir die Afrikaner. Op die kultuurfront het die vlamme oral uitgeslaan, maar dit was veral op gebeure in die Nasionale Party wat alle oë gerig was. ’n Skeuring is immers elke dag verwag. Dat politici pogings sou aanwend om dit te verhoed, was vanselfsprekend en telkens is die kwade dag vorentoe geskuif nadat nuwe be- loftes gemaak is dat daar nie van tradisionele beleid afgewyk sou word nie. Binne die AB het dit al duideliker geword dat die UR in hierdie proses na twee kante probeer speel het, maar baie harder na die een kant toe. Hy wou graag ’n skeuring in die AB self voorkom, maar hy wou ook tot elke prys Vorster ter wille wees.
WANNEER ‘N VOLK ONOORWINLIK IS
In die Afrikanervolk is die wete nog sterk dat ‘n volk wat vasgebind word deur sy geskiedenis, wat deur leiding geïnspireer word, wat met geesdrif sy waardes en sy besittings beskerm, wat met oortuiging veg vir wat hy het en wat hy is, onoorwinlik is. Wapens kan hom nie vernietig nie. Ons het dit gesien in ons eie volk.
Ons het dit ook in die Wêreldoorlog gesien – hoe ‘n groot nasie soos die Duitse volk verpletter is, maar dan weer opgestaan en gegroei het tot ‘n groter mag as diegene wat hom verpletter het. Ons het dit sien gebeur met die Japanse volk wat onder atoomblomme gegooi is en opgestaan het, sterker as wat hy voor die oorlog was.
OP GOD SE TYD
Ds Andrè vd Berg
Skriflesing: Hand.1: 1-14
“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).
1. Selfondersoek
Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.
Hoe begin ‘n mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ‘n nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ‘n nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan geen nuwe begin met God maak as nie met jou verlede vrede gemaak het nie!
GOD SE PLAN
Ds Andrè vd Berg
Ek het God vir verstand gevra om goed te kon presteer
Hy het my eenvoudig gemaak om nederig van Hom te leer
Ek het Hom vir krag gevra om voluit te kon leef
Hy het my swak gemaak om na ewigheidswaardes te streef
Ek het Hom vir rykdom gevra sodat ek niks sou kort
Hy het my arm gemaak sodat ek wys kon word
Ek het vir aansien gevra en om die regte dinge te sê
Hy het my nederig gemaak om meer behoefte aan Hom te hê
Ek het vir geleerdheid gevra om die lewe om te keer
Hy het my swak gemaak om Hom te waardeer
Ek het nooit dinge ontvang wat met rykdom vergelyk
Maar wel hemelse skatte om my siel te verryk
God het my, kortom, van ydele waardes gestroop
Om my lewenspad volgens sy plan te loop!