Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons op ons voete staan, kyk ons vorentoe, maar wanneer ons op ons rug lê, kyk ons boontoe. In sulke tye besef ons dat ons niks anders as Jesus oor het en eintlik niks meer as Hy nodig het nie! Ja, as ons koninkryk wyk, neem God s’n oor!
WIE HEERS IN U LEWE?
Hannes Ollewagen
Génesis 6:1-22
“Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.” (:3)
Die meeste mense, veral kerkgangers, sal sonder huiwering sê dat God in hul lewens regeer. Dit is maklik om met die mond te bely dat God in jou lewe heerskappy voer, maar is dit ook wat jou lewenswandel vertoon?
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (2)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
’n Nuwe Afrikaanse stand
Die stigting van die Reddingsdaadbond (RDB) as front van die Broederbond is van groot betekenis in die beoordeling van die rol van die AB in die Afrikaanse samelewing. Dit was bedoel as ’n poging om aan die Afrikaner ’n vastrapplek in die Engels-oorheersde ekonomiese wêreld te gee. As sodanig was dit ’n verdienstelike oogmerk. Dit was noodsaaklik dat die Afrikaner in sy eie vaderland ook sy regmatige aandeel in die ekonomiese aktiwiteite moes kry en die alleenheerskappy van die volksvreemde instansies op hierdie gebied moes breek. Dat daar nie noemenswaardig in hierdie oogmerk geslaag is nie, word bewys deur die feit dat die ekonomie vandag nog oorheersend in die hande van die volksvreemde instansies is. Tragieser egter is nog die feit dat van die ondernemings wat uit die Reddingsdaadbond gebore is, in hulle strewe na groter geldmaakkanse aansluiting by die vreemde instellings gesoek het en in baie gevalle in daardie vreemde instellings op gegaan het.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (1)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Nuwe norme
Op 5 Junie 1918 is die geboorte van die Afrikaner-Broederbond met die volgende woorde deur sy stigterslede aangekondig: ”Ons moet nie politieke leiers aanhang nie; ons moet beslis non-politiek wees.” Vier en vyftig jaar later, op die Bondsraad van April 1972, verklaar die destydse voorsitter van die Uitvoerende Raad van die AB, dr. P.J. Meyer: ”Ons moet die volgende verkiesing nie alleen nou reeds op positiewe wyse aanpak nie, maar dit onder die banier van ons eendragtige Afrikanerskap tot ’n grootse Nasionale oorwinning deurvoer.”
LAAT U NAAM GEHEILIG WORD
>
Mt.6:9-13
Ds Andrè van den Berg
Ons het gesien dat die Onse Vader, alhoewel dit 'n gebed is, ook vanuit 'n ander hoek bekyk kan word - soos na 'n ID-boekie wat iets van die bidder sê. En dis wat ons nou doen: Ons blaai deur die Onse-Vader-ID-boekie se ses blaaie om op die ses eienskappe van ʼn gelowige te let.
Ons het reeds gesien dat 'n gelowige iemand is wat God die Vader as hemelse Vader ken. Nou blaai ons om na bladsy twee en leer wat dit beteken om God se Naam te heilig. Dit staan, om die waarheid te sê, op elke bladsy voorop want in hierdie gebed gaan dit primêr oor God en nie onsself nie. Die heiliging van God se Naam vorm deel van ʼn Christen se identiteit as Christen.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (49 - SLOT)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Die res van Desember het gekom en gegaan soos een van daardie Japannese super-sneltreine. My moeder het haar 70ste verjaarsdag gevier en die hele familie het bymekaar gekom om haar geluk te wens. Sy is ’n fantastiese persoon. Katy en ek het na Kaapstad gevlieg om na ons huis in Bantry-Baai te gaan kyk en het by Chris en Barbara Barnard gaan eet. Ons het die aand saam deurgebring en die hele saak van kant tot kant bespreek. Ek het belowe om aan hom ’n eksemplaar van my boek te stuur. Ek was geskok om te hoor dat hierdie man, wat meer vir Suid-Afrika se beeld in die buiteland gedoen het as enige ander persoon sedert Paul Kruger,so geminag was in sy eie land.
OPPAS VIR JAN GAPS
Hannes Ollewagen
Ons almal ken die uitdrukking wat lui –“Gee die keiser wat hom toekom”, maar hoe gemaak as die keiser begin om te eis wat hom nie toekom nie?
Die bepaling en beredenering van billike belastingkoerse, betaling en weerhouding van belasting aan ‘n korrupte owerheid en dergelike onderwerpe is sake wat afsonderlike bespreking verdien. Die doel van hierdie artikel is om belastingpligtige volksgenote binne die Republiek van Suid-Afrika se aandag te vestig op aktuele belastingsake wat hul sakebedrywighede en finansiële posisie ernstig kan beïnvloed.
Die huidige minister van finansies het in sy toespraak op 22 Mei 2017 openbaar dat die SAID die taak opgelê is om in die komende finansiële jaar (01/03/2017 – 28/02/2018) belasting ten bedrae van R 1200000000000 (R 1,2 triljoen rand) te vorder. Dit is ‘n noemenswaardige styging van 16,5% op die R 1030000000000 (R 1,03 triljoen rand) wat in die vorige belastingjaar (01/03/2016 – 28/02/2017) ingevorder is.
WANDEL VOLGENS SY VOORBEELD
Hannes Ollewagen
1 Johannes 2:3-17
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (:6).
Die vleeswording van Jesus Christus was nie alleen om vir ons sondes te sterf nie. Hy het ook vir ons die voorbeeld van onberispelike lewenswandel gestel.
Nadat Jesus Christus die smaad van ons sonde gedra en ter wille van ons ongeregtighede gesterf en ook die dood oorwin het, het Hy na die Vader opgevaar. Hy het egter net voor sy Hemelvaart aan sy dissipels die opdrag gegee om die evangelie aan die wêreld te verkondig. Sy opdrag was dat sy dissipels ook van ander mense volgelinge van Hom moet maak. “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, . . .” (Matt. 28:19).
ONS KLEINMOEDIGHEID
Dit is so dat ons waarskynlik in een van die gevaarlikste tye van die stryd lewe omdat dit nie soseer die planne van ons vyande is waarvoor ons bevrees is nie, maar die gevaar dat ons eie kleinmoedigheid ons gaan dwing om die stryd gewonne te gee.
Die grootste enkele probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd ontrek.
ONSE VADER WAT IN DIE HEMEL IS
Mattheus 6: 9-13
Ds Andrè van den Berg
'n Christen is iemand wat God as hemelse Vader ken en Hom so in gebed aanspreek. Die Onse Vader is die modelgebed wat Jesus aan sy dissipels gegee het in antwoord op hulle versoek: “Here, leer ons bid.” (Luk 11:1). Daar is egter ook 'n ander manier om na die Onse Vader te kyk. In hierdie gebed is daar ses kenmerke van 'n Christen se lewe wat hom/haar as kind van God kenmerk, amper soos 'n identiteitsdokument.
Die Onse Vader is ons geestelike ID-boekie. As dit oopgemaak word, sien jy onmiddellik ses kenmerke wat van 'n mens ʼn kind van God maak. Die eerste ding wat opval, is dat die mens God as sy hemelse Vader ken. Noem dit maar die eerste kenmerk van 'n Christen se identiteit. Dit is immers die manier waarop ons Here Jesus hierdie gebed laat begin het: “Onse Vader wat in die hemel is.” Die eerste aanduiding dat iemand tot bekering gekom het, is dat hy God as Vader aanspreek.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (48)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE BETEKENIS VAN VRYHEID
Behalwe vir ’n paar uitstappies buite Pretoria het Katy en ek in ons huurwoonstel in Lynnwood gebly terwyl ons op die saak voor die Appelhof gewag het.’n Swaard van ses jaar gevangenisstraf het oor my kop gehang.
Die uitsig wat ons oor die oostelike voorstede gehad het, het my bekoor. ’n Mens kon al die pad vanaf Libertas, die Eerste Minister se woning, tot by Cullinan sien, ’n afstand van goed 30 kilometers. Ek het dikwels, wanneer ek op die balkon gestaan en kyk het na die blou lug, die wit wolkemassas en die verre horison, teruggedink aan die strakheid van die gevangenisse in Frankryk, waar die enigste uitsig wat ek ooit gehad het, ’n baksteen- of klipmuur was.
OPSOEK NA ANTWOORDE EN GELUK
Hannes Ollewagen
Prediker 2:1-26
“EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.” (:1).
Elke mens wil tog graag gelukkig wees. Dit is natuurlik nie verkeerd nie. Die fout wat baie mense maak is egter om na antwoorde en geluk op die verkeerde plekke te gaan soek. Mense kyk graag na ander se lewens en maak dan afleidings oor wat hulle dink dit is wat ander mense gelukkig maak. Hulle poog dan baie hard om ander mense se lewens na te boots ten einde dit te bereik wat hulle in ander mense se lewens sien met die gedagte dat hulleself dan ook gelukkig sal wees. Daar gekom en menigmaal steeds ongelukkig, word hierdie soektog na geluk voortgesit.
DIE WIT HORISON (17- SLOT)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan twee nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - Oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
November het die Wind gebring, Desember die Polarhav en Januarie die Terugreis
Op 13 Oktober het Hannes verjaar. Weke lank is hy nie in die weerkantoor toegelaat nie, want Chris was daar besig om ’n staanlamp vir hom aanmekaar te sweis en ’n skerm te maak met ’n foto van elke lid daarop. Intussen het ons nege aan die Departement Vervoer in Pretoria ’n versoek gerig dat die nuutgestigte opslagplek naby die berge die naam Hannes la Grange-depot moet kry. Hulle het dit toegestaan en op die verjaardagaand, na die oorhandiging van die lamp, is dit aangekondig. Dit was ’n dolle partytjie. Die volgende oggend het ’n groot gedeelte van die span met ’n groepshoofpyn opgestaan.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (47)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In die daaropvolgende maande het ek met vele joernaliste gepraat met wie ek ’n jaar gelede nie ’n woord wou wissel nie. Ek het geduldig vrae beantwoord. Uiteindelik het ek selfs met Eugene Hugo van die Sunday Times gepraat, alhoewel ek gesweer het dat die man wat die storie oor Suid-Afrika se kontakte met Egipte blootgelê het, verdien om geïgnoreer te word. Maar nou het ek besef dat dit my as persoon nie meer geraak het nie. Ek het nie langer vir die regering gewerk nie. Ek sou nie langer die pers beveg nie maar ek sou ook nie boetie-boetie met hulle speel nie. Ek sal eenvoudig elke versoek op meriete takseer.
DIE KAMP (Irene, Pta)
AG Visser
In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
die ellende genadig gedek deur die nag.
Hier en daar in ‘n tent nog ‘n flou liggeflonker,
waar die Engel van Meely – die Doodsengel – wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
lê ‘n knapie te snik in ‘n troost’loos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
van ‘n weeskind verlate, op die wêreld alleen?
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel;
na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand;
sy en sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
“wees getrou”, het sy sterwend gesê, “aan jou land!”.
DIE OUERHUIS
Red die gesinslewe en red die volk
Ds Andrè van den Berg
1. Vertwyfeling
Suid-Afrika is tans besig om met iets anders as die nag donker te word. Eerbare burgers swem soos drenkelinge teen ʼn magtige stroom van agteruitgang en onreg sonder om land te sien. Terwyl onregsdienaars die soustrein ry, bevind veronregtes hulle op ʼn ander trein in ʼn stikdonker tonnel. Baie van hulle het al afgespring en hul in die buiteland gaan vestig.
Volkswanhoop is niks nuuts nie. Juda het ook by geleentheid so gevoel totdat God vir hulle ʼn ommekeer laat verwerklik het:
“Vir ʼn doringboom sal ʼn sipres opgaan; vir ʼn distel sal ʼn mirteboom opgaan....” (Jes.55:13).
Omdat God se genade altyd helderder as sy oordeel skitter, kan Hy ook die Boerevolk se ellendevaart omkeer. Alvorens dit gebeur, sal daar eers twee dinge moet plaasvind. Hulle sal eerstens berouvol na God en sy Woord moet teruggekeer en tweedens hul verbrokkelde gesinslewe herstel omdat ʼn volk se krag baie sterk van die gehalte van sy gesinsleweafhang.
WIE IS JESUS?
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Eeue voor Jesus se geboorte voorspel Jesaja dat Hy uit ʼn maagd gebore en sterke God en Ewige Vader genoem sal word (Jes.7:14; 9:5). Hierdie profesie is in Mt.1:23vervul: “Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons”
Die eerste en belangrikste ding om oor Jesus te weet, isdat Hy werklik God is. Toe Hy op die aarde was, het baie min mense dit aanvaar. Sedertdien het niks verander nie. Mense glo dat Jesus Iemand baie besonders is, maar nie God nie.
DIE GEESTELIKE TREK
Dit is ’n gemeenplaas om te sê dat die politeke stryd naas oorlog die hardste stryd is wat daar is, omdat die politek so belangrik is in ’n volk.
Die politek is die kroonrat van ’n volk se bestaan.
As dit op die politeke gebied sleg gaan, gaan dit op alle terreine sleg. En net soos daar in ’n oorlog noodwendig ongevalle is, net so is daar in die politeke stryd ook noodwendig en ongelukkig ongevalle. En dit is waarskynlik die onverstandigste ding om te staan en huil by daardie ongevalle.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (46)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In die lig van die nuwe getuienis wat in die laaste maande van 1979 en die begin van 1980 ingewin is, het baie van my vriende en raadgewers soos professor Sas Strauss betoog vir ’n versoek aan die Appèlhof dat die saak heropen moes word. Weer onder Regter Theron, sodat die nuwe getuienis wat die Appèlhof moes bestudeer voordat die saak in Bloemfontein aangehoor sou word, op rekord gestel kon word. Daar bestaan ’n bepaling dat sulke nuwe getuienis voorgelê kan word. Maar Johan Kriegler het aangevoer dat dit om verskillende redes nie nodig was nie. Die belangrikste was dat die hofrekord genoeg bewyse bevat dat ek nooit skuldig bevind moes gewees het nie.
LOOF DIE HERE, O MY SIEL!
Hannes Ollewagen
Ps. 103:1-22
“Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (:2)
Wanneer laas het u die HERE, die Almagtige, uit die diepste van u siel geloof net omdat Hy goed is en net omdat Hy, en Hy alleen, God is? U besef dalk met ‘n ontnugtering dat die antwoord hierop miskien “nog nooit nie” mag wees.
Ons leef in ‘n tyd waarin daar deurgaans op mense se gedagtes beslag gelê word. Allerhande mediums word ingespan, hetsy dit die televisie, nuusblaaie, tydskrifte, radio, televisiespeletjies of die internet is. En die krag van die propaganda wat deur hierdie mediums versprei word, word deur die meerderheid mense onderskat. Die denke van ‘n mens word menigmaal deur hierdie mediums in ‘n rigting gestuur wat uiteindelik daartoe sal lei dat die betrokke individu se optrede beïnvloed sal word. Daar is ‘n treffende Engelse gesegde wat lui: “Where the mind goes, the man follows.”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (45)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
>
>
Die SAL 747 het op Jan Smuts Lughawe neergestryk, ’n klein rookwolkie vanaf die bakboord wiele het gewys dat dit ’n byna foutlose landing was. Die tamaai vliegtuig het in ’n merkwaardige kort tydjie tot stilstand gekom, toe na links weggeswenk van die aanloopbaan en sy stadige aantog na die lughawe gebou begin.
Donderdag, 23 Augustus, 1979.
Die Boeing SP het voor Jan Smuts lughawe se internasionale terminus tot stilstand gekom.